# History Grade 12 P2 NSC November 2022 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2022-addendum-afr/760e28c1-e299-431a-8ae3-688a1565ae05
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2022 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2022-addendum-afr/760e28c1-e299-431a-8ae3-688a1565ae05)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                 GESKIEDENIS V2

                                 NOVEMBER 2022

                                    ADDENDUM

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   2                                DBE/November 2022
                                          NSS – Addendum

VRAAG 1:             HOE HET DIE MASS DEMOCRATIC MOVEMENT (MDM) IN
                     DIE LAAT 1980's DIE SEGREGASIEWETTE VAN SUID-AFRIKA
                     SE APARTHEIDSREGERING UITGEDAAG?

BRON 1A

Die bron hieronder is 'n uittreksel wat kortliks die stigting van die Mass Democratic
Movement (MDM) in 1989 in Suid-Afrika bespreek en hoe dit die apartheidsregering se
rassewetgewing uitgedaag het.

Die Mass Democratic Movement (MDM) was die naam van 'n informele koalisie
(alliansie) van anti-apartheidsgroepe gedurende die 1970's en die vroeë 1980's. As 'n
formele organisasie is die MDM as 'n anti-apartheidsopvolger vir die United
Democratic Front (UDF) gestig nadat die 1988-noodtoestandbeperkings die UDF en
verskeie ander opposisiepartye prakties verban het. Die UDF het die term 'Mass
Democratic Movement (MDM)' in gebruik geneem en gesê dat die MDM basiese
strukture moes versterk en al daardie organisasies aan die rand (van buite) moes
inbring (insluit) sodat hulle by die stryd betrokke kon raak. Baie groepe wat voorheen
uitgesluit is, onder andere wit groepe en groepe in die tuislande, is in September 1988
na 'n Anti-apartheidskonferensie genooi wat deur COSATU georganiseer is. Die
regering het dit nie goedgekeur nie, en die konferensie verban.

Selfs ná 1988 was die MDM 'n tydelike los koalisie van anti-apartheidsaktiviste met
geen permanente konstitusie nie, geen amptelike ledelyste nie, geen nasionale of
streeksbeheerliggaam nie en geen ampsdraers nie. Net soos die UDF het die MDM
baie van hulle ondersteuning van die swart gemeenskap gekry; 'n voorwaarde vir
affiliasie met die MDM was die nakoming van die voorwaardes van die ANC se
Vryheidsmanifes.

Die MDM het in 1989 op die voorgrond getree (belangrik geword) toe dit 'n veldtog van
burgerlike ongehoorsaamheid georganiseer het met die oog op (hoop) die nasionale
verkiesing wat geskeduleer is om in September daardie jaar plaas te vind. Met
minagting (uittarting) van die noodtoestandregulasies wat op daardie tydstip gegeld
het, het etlike honderde swart betogers hospitale en strande vir 'slegs blankes' betree.
Mense van alle rasse het in daardie maand in verskeie stede vreedsaam teen
polisiewreedheid en onderdrukkende (wrede) wetgewing betoog.

          [Uit https://photius.com/countries/south_africa/government/south_africa_government_mass_
                                                                        democratic_move~2494.html.
                                                                    Toegang op 30 April 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                     3                                 DBE/November 2022
                                            NSS – Addendum

BRON 1B

Die foto (fotograaf onbekend) hieronder is op 2 Augustus 1989 by die Addington
Hospitaal ('slegs vir blankes') in Durban geneem. Dit beklemtoon verset teen
segregasie as deel van die Mass Democratic Movement (MDM) se Oop Hospitale
('Open Hospital')-veldtog.

      [Uit http://146.141.12.32/protest-about-segregation-in-hospitals-at-addington-hospital-in-durban.
                                                                   Toegang op 31 Maart 2022 verkry.]

                                                                     NUSAS ONDERSTEUN
     DESEGREGEER HOSPITALE
                                                                       OOP HOSPITALE

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               4                          DBE/November 2022
                                      NSS – Addendum

BRON 1C

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek wat deur 'n geskiedkundige, A Jeffery,
geskryf is. Dit verduidelik die gebeure op 13 September 1989 tydens die vredesoptog
na die Kaapstad Stadsaal wat deur die Mass Democratic Movement (MDM) teen
polisiewreedheid georganiseer is.

Na die uitkoms van die verkiesing het die MDM onderneem (belowe) om die
uittartingsveldtog te verskerp. Tutu en Boesak het gesê dat hulle 'n optog na die
parlement sou lei wanneer dit op 13 September 1989 hervat om woede teen
polisiemoorde op die dag van die verkiesing uit te druk. Die dag voor die optog het
Tutu aangekondig dat die optog eerder na die Kaapstad Stadsaal as na die parlement
sou beweeg. Hy het bygevoeg dat die optog vreedsaam en gedissiplineerd sou wees,
maar beklemtoon dat dit daar geen twyfel bestaan het dat die optog laat vaar (gestop)
sou word nie. 'Hulle het ons mense doodgemaak,' het hy gesê. Dit het nie saak
gemaak of die dodetal 23, soos hy eers genoem het, of 15 was, soos die polisie gesê
het nie. 'Vyftien is 'n slagting … Selfs al werk ons net met húlle getalle, is dit 'n
skandaal (skande).'

Aangemoedig deur die versekering van ds. Johan Heyns, moderator (onderhandelaar)
van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, dat die optog geweldloos sou wees, het
De Klerk toegelaat dat dit voortgaan en gesê: 'Ons kan nie 'n demokrasie sonder
protesoptogte hê nie.' De Klerk het bygevoeg dat daar geen rede vir mense was om
deur wanordelike verset of oproerigheid aan hulle politieke aspirasies (ambisies) uiting
te gee nie. 'Die deur na 'n nuwe Suid-Afrika is oop. Dit is nie nodig om dit af te breek
nie,' het hy gesê.

Die optog het vreedsaam verloop en het die de facto- (werklike) opheffing van die
verbanning van die ANC aangedui. ANC-vlae het prominent gewapper.

Plakkate met ANC-slagspreuke is openlik vertoon, ANC-vryheidsliedjies is gesing en
ANC-leiers is geprys. Tutu en Boesak het die skare vanaf die balkon van die Stadsaal,
wat met vlae van die ANC en die UDF versier was, toegespreek. 'Walk Cape Town
Open' ('Loop Kaapstad Oop') het die plakkate verklaar. Die polisie het hulle eenkant
gehou en geen stappe is gedoen om die verbod op die ANC of die beperkings op die
UDF af te dwing nie.

       [Uit PEOPLE'S WAR – NEW LIGHT ON THE STRUGGLE FOR SOUTH AFRICA deur A Jeffery]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               5                           DBE/November 2022
                                      NSS – Addendum

BRON 1D

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek wat deur 'n geskiedkundige, A Jeffery,
geskryf is. Dit verduidelik die apartheidsregering se reaksie op die uittartingsveldtogte
wat in 1989 deur die Mass Democratic Movement (MDM) georganiseer is.

Die polisie het toegeslaan en ongeveer 30 MDM-leiers asook talle mense wat hulle
inperkingsbevele oortree (verbreek) het, gearresteer of aangehou. Vlok (Minister van
Polisie) het gesê dat hy deeglik daarvan bewus was dat die doelwit van die
uittartingsveldtog was om die polisie te verplig om wette af te dwing wat
rassesegregasie sou handhaaf en om dan negatiewe publisiteit daaruit te bekom.
Die polisie het egter nie ingetree om apartheidswette af te dwing nie; hulle was eerder
nie bereid om burgerlike ongehoorsaamheidsaktiwiteite, wat tot polarisasie
(verdeeldheid), konfrontasie en geweld lei, te verdra nie. Tutu se vrou is twee keer
tydens onwettige optogte gearresteer terwyl beide Boesak en Tutu aangehou is.

Die kragtige optrede is skerp deur die Amerikaanse administrasie afgekeur wat diep
kommer oor die arrestasie van Tutu en sy vrou uitgespreek het en by die regering
aangedring het om vreedsame uitdrukking van politieke meningsverskille (opposisie)
toe te laat. In die VK (Verenigde Koninkryk) het televisiefilmmateriaal en
koerantdekking op die gevalle gekonsentreer waar die polisie hulle uitweg geneem het
tot traangas, waterkanonne, sambokke en massa-arrestasies om betogings op te
breek.

In die aanloop tot die verkiesing was daar ook 'n aantal geleenthede waar die polisie
se misbruik van mag baie duidelik geblyk het. Dit was op 2 September in Mitchell's
Plain die geval toe die polisie begin het om optoggangers met knuppels en sambokke
te slaan, wat een van hulle lede, Luitenant Gregory Rockman, aangespoor het om te
sê dat sy kollegas soos 'wilde honde met 'n moordinstink' opgetree het. Tutu het
geantwoord en gesê: 'Baie mense beweer dat ons melodramaties (ooremosioneel) is
en dat ons oordryf wanneer ons sê dat … dit byna altyd die polisie met hulle
teenwoordigheid of optrede is wat die geweld veroorsaak. Maar nou het 'n
polisieluitenant die polisie van wreedheid aangekla en gesê wat ons nog altyd gesê
het.'

       [Uit PEOPLE'S WAR – NEW LIGHT ON THE STRUGGLE FOR SOUTH AFRICA deur A Jeffery]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                     6                                DBE/November 2022
                                            NSS – Addendum

VRAAG 2:             WAT KAN SUID-AFRIKANERS LEER UIT DIE ROL WAT
                     AARTSBISKOP DESMOND TUTU, VOORSITTER VAN DIE
                     WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) VANAF 1995
                     TOT 1998, GESPEEL HET?

BRON 2A

Die uittreksel hieronder is geneem uit Aartsbiskop Desmond Tutu se
aanvaardingstoespraak op 16 Desember 1995 by die eerste openbare byeenkoms van
die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) by die Stadsaal in Oos-Londen in die
Oos-Kaap.

Ons is almal bewus daarvan dat ons 'n delikate (moeilike) opdrag gekry het en dat die
uitvoering daarvan, suksesvol of nie, kritieke en verreikende gevolge vir ons land en
nasie gaan hê. Dit is 'n ontsagwekkende (geweldige) verantwoordelikheid. Dit is
belangrik dat ons voortdurend die titel van die Wet wat ons in die lewe geroep het – die
Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening – in gedagte hou.

Die absolute kern van die saak in ons Kommissie se werk is om ons land en mense te
help om ware, werklike en nie goedkoop en nagemaakte (valse) versoening nie, te
verkry. Party mense beskou die Kommissie met heelwat wantroue en, om die waarheid
te sê, met agterdog en selfs vyandigheid omdat hulle hulleself oortuig het dat die
Kommissie in 'n inkwisisie (ondersoek) gaan ontaard (verval), 'n heksejag wat
vasbeslote is om met skurke (oortreders) af te reken.

Ons moet van die begin af 'n stokkie steek voor daardie gerug of agterdog. Ons is
bedoel om 'n deel te wees van die genesingsproses van ons nasie, van ons mense,
ons almal, aangesien elke Suid-Afrikaner tot een of ander mate getraumatiseer
(ontstel) is. Ons is gewonde mense as gevolg van die konflik van die verlede, maak nie
saak aan watter kant ons gestaan het nie. Ons almal het genesing nodig.

Ons is bevoorreg om op hierdie Kommissie te wees om ons land te help sodat ons
mense eens en vir altyd ons donker verlede kan aanvaar. Hulle sê dat diegene wat
aan geheueverlies (vergeetagtigheid) ly, diegene wat die verlede vergeet het, gedoem
is om dit te herhaal.

Dit is hoekom die waarheid so sentraal tot hierdie hele oefening is. Ons sal nogtans
meedoen aan iets wat per slot van rekening diep geestelik, diep persoonlik is. Dit is
waarom ek 'n versoek tot al ons mense rig – dit is nie iets wat net met die Kommissie
te make het nie. Ons is daarin, ons almal saam, swart, wit, Kleurlinge en Indiërs.

                      [Uit The South African Institute of Race Relations – Race Relations Survey, 1990]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   7                               DBE/November 2022
                                          NSS – Addendum

BRON 2B

Die spotprent hieronder is deur J Shapiro, 'Zapiro', vir die Sowetan-koerant geteken.
Dit beeld Aartsbiskop Desmond Tutu uit wat op 29 Oktober 1998 die Waarheids-en-
Versoeningskommissie se verslag by President Nelson Mandela aflewer.

  [Uit Truth Drawn in Jest, Commentary on the Truth and Reconciliation Commission Through Cartoons
                                                                     deur W Verwoerd en M Mabizela]

       SPESIALE AFLEWERING

          WAARHEID                                                   Vertaling:

                                                                        … VAN LINKS,
                                                                        REGS EN IN DIE
                                                                      MIDDEL AANGEVAL,
                                                                      MENEER, MAAR ONS
                                                                       HET DIT GEMAAK!!

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              8                             DBE/November 2022
                                     NSS – Addendum

BRON 2C

Hierdie bron deur A Yates is geneem uit 'n spesiale verslag met die titel 'Justice
Delayed: The TRC Recommendations 20 Years Later'. Dit fokus op advokaat
Ntsebeza (een van die WVK-kommissarisse) se evaluering van die werk van die WVK
gelei deur Aartsbiskop Desmond Tutu, die voorsitter van die WVK.

Die WVK het ongeveer 300 oortreders van menseregteskendings aan vervolging
onderwerp. Tot met die onlangse aankondiging deur die Nasionale Vervolgingsgesag
(NVG) ('NPA') dat 15 sake op hierdie lys vervolg gaan word, is nog net een persoon,
Eugene de Kock, aan apartheidsera-misdade skuldig bevind. Die onlangse herlewing
(oplewing) in WVK-verwante vervolgings is 'n welkome teken dat hierdie aanbeveling
kan realiseer (werklikheid word), hoewel dit stadig is … Die sake van Ahmed Timol, die
Cradock Vier, en ander word tans gelitigeer (hofsake is aan die gang). Baie mense
hoop dat die 15 nuwe sake wat deur die NVG aangepak gaan word, die begin van 'n
lang proses van vervolging van die volledige lys uit die WVK-verslag sal wees.

Sommige van die WVK se doelwitte was suksesvol. Soos Ntsebeza Dumisa (WVK-
kommissaris) met helder (duidelike) detail terugdink, was die eenvoudige stap dat jou
storie in die openbaar bevestig (gestaaf) is 'n belangrike en betekenisvolle stap vir
almal wat daarby betrokke was. Apartheid was 'n tydperk waartydens uitgebreide
(toenemende) waninligting geskep is, op beide nasionale en globale vlakke, oor die
werklikheid van wat in Suid-Afrika besig was om te gebeur. Dit is redelik om te droom
dat ná die afwesigheid van die waarheid, openbare verklarings van feite nie net 'n
herstel van persoonlike waardigheid sou wees nie, maar ook die eerste stap na
nasionale eenheid.

Ntsebeza Dumisa stem saam dat die internasionale relaas (verhaal) dat die WVK
Suid-Afrikaners van hulle verlede bevry het en dat dit 'n sprokiesverhaaleinde vir 'n
massiewe menseregtestryd was, onwaar is. Die idee dat met Desmond Tutu aan die
hoof (in beheer) Christelike waardes oorwin het, en dat vergifnis die trauma van
50 plus jaar se onderdrukking sou uitwis (verwyder), is ook kortsigtig.

                                                      [Uit Daily Maverick, 5 September 2018]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               9                           DBE/November 2022
                                      NSS – Addendum

BRON 2D

Die bron hieronder, deur die Suid-Afrikaanse skrywer en politieke kommentator,
Sisonke Msimang, is op 27 Desember 2021 in die Al Jazeera-hoofartikel gepubliseer.
Dit was 'n huldeblyk aan Aartsbiskop Tutu wat op 26 Desember 2021 oorlede is.

Tutu is nie gemaak of gebreek deur die moeilike gesprekke wat in die konteks van die
Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) plaasgevind het nie. Hy was 'n man met
niks om te bewys nie en hy het die Kommissie bestuur (gelei) met 'n diep gevoel van
liefde en toewyding aan die waarheid praat en vergifnis. Hierdie instink (gevoel) is
soms deur sy land se behoefte aan tasbare (ware) geregtigheid, vir oortreders om tyd
agter die tralies deur te bring, en vir slagoffers om die detail te kry van waar hulle
geliefdes vermoor is, oorskadu (oortref).

Deur te fokus op die verhale van diegene wat duidelik die meeste gely (swaargekry)
het – die familie van die mense wat gemartel en vermoor is – het die Kommissie 'n
geleentheid laat verbygaan om die strukturele en sistemiese (algehele) impak (invloed)
van apartheid te hanteer. Met ander woorde, ten spyte van die hartroerende
(ontstellende) verhale en die tonele van opvallende hartseer, het die WVK nooit 'n volle
mandaat gekry om die groepsgevolge van apartheid te analiseer (ontleed) nie – die
verlies aan geleenthede wat deur naakte apartheid teen geslagte van swart mense
bewerkstellig (plaasvind) het.

Die WVK het 'n lys apartheidsagente (geheime agente), wat daarvan verdink is dat
hulle by die moorde op anti-apartheidsaktiviste betrokke was, aan die Nasionale
vervolgingsgesag (NPA) oorhandig. In die twee dekades sedertdien het die Suid-
Afrikaanse regering niks gedoen om daardie mense voor die gereg te bring nie; hulle
het ook nooit ooreengekom om die vraag na regstelling (herstel) en vergoeding vir al
die slagoffers van apartheid te bekyk nie. Die skuld hiervoor lê nie by Desmond Tutu
nie. Inteendeel, sy dood herinner ons aan die onafgehandelde sake met betrekking tot
die oorgang van apartheid na demokrasie. Dit was nie sy besigheid nie – dit is ons s'n.
Vir dié van ons wat uitgeput is, sal dit goed wees om kennis te neem van die groot
man se woorde. Met sy kenmerkende openhartigheid het Tutu gesê: 'As jy vrede wil
hê, praat jy nie met jou vriende nie. Jy praat met jou vyande.' Hierdie aandrang daarop
om uit te reik, selfs ten spyte van alle soorte verdeeldhede, was die sleutel tot sy
effektiwiteit.

                                                         [Uit Al Jazeera, 27 Desember 2021]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   10                               DBE/November 2022
                                           NSS – Addendum

VRAAG 3:             HOE TOEGEWYD WAS ONTWIKKELENDE LANDE VAN BRICS
                     AAN GLOBALE KLIMAATSVERANDERINGKWESSIES TUSSEN
                     2000 EN 2021?

BRON 3A

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n stelling deur die Suid-Afrikaanse Departement
van Energie wat op 30 November 2011 uitgereik is. Dit beklemtoon Suid-Afrika se
toegewydheid aan die United Nations Framework Convention on Climate Change
(UNFCCC).

Suid-Afrika is deel van beide die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor
Klimaatsverandering ('UNFCCC') en hulle Kyoto Protokol en het in 1997 die Konvensie
aanvaar (ingestem tot) en in 2002 het hulle die Protokol bekragtig (goedgekeur). As 'n
ondertekenaar (deelnemer) moet die land voldoen en deelneem aan vergaderings en
besprekings van die UNFCCC en hulle Kyoto Protokol.

Die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering ('UNFCCC') is
die belangrikste globale reaksie op klimaatsverandering. Die verwante Kyoto Protokol
is 'n internasionale ooreenkoms wat lande klassifiseer volgens hulle vlak van
industrialisasie en verbind sekere lande tot teikens wat verband hou met die
vermindering van kweekhuisgasuitlatings.

Die Suid-Afrikaanse Kabinet het goedkeuring verleen dat Suid-Afrika in Mei 2008
gasheer kon wees vir die Klimaatsveranderingkonferensie ('Climate Change
Conference'), wat die COP17-konferensie van die Verenigde Nasies se
Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering ('UNFCCC') sou insluit. Die UNFCCC
het die land se aanbod aanvaar om in Desember 2008 gasheer te wees.

Die Departement van Omgewingsake ('DEA'), saam met die Departement van
Internasionale Betrekkinge en Samewerking ('DIRCO') is die belangrikste
departemente wat die koördinasie van die konferensie lei. Die Interministeriële
Komitee oor Klimaatsverandering ('Interministerial Committee on Climate Change'),
wat bestaan uit al die ander relevante departemente, is gestig om oor beide die
logistiek en die relevante toepaslike (praktiese) inhoudskwessies rakende gasheer
speel, toesig te hou. Op operasionele vlak is twee tegniese werksubkomitees gevorm
om aan die logistiek en relevante (praktiese) inhoudskwessies onderskeidelik aandag
te gee.

                 [Uit http://www.energy.gov.za/cop%2017/default.htm. Toegang op 15 Mei 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               11                           DBE/November 2022
                                       NSS – Addendum

BRON 3B

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n transkripsie van 'n toespraak wat op
11 Desember 2011 deur Greta Thunberg, 'n Sweedse omgewingsaktivis, by die VN se
25ste konferensie (COP25) in Madrid, Spanje, gemaak is. Dit beklemtoon hoe ryk en
ontwikkelende lande nie besig was om hulle verbintenis (belofte) tot die vermindering
van kweekhuisgasse na te kom nie.

Ek praat al vir ongeveer 'n jaar lank voortdurend oor ons vinnig afnemende
koolstofbegrotings. Maar aangesien dit steeds geïgnoreer word, gaan ek net voortgaan
om dit te herhaal. Die G20-lande is aanspreeklik vir amper 80 persent van totale
uitlatings. Die rykste 10 persent van die wêreld se bevolking produseer die helfte van
ons koolstofdioksied(CO2)-uitlatings, terwyl die armste 50 persent vir slegs een tiende
aanspreeklik is. Ons het beslis werk om te doen, party van ons meer as ander.

'n Handjievol ryk lande het onlangs hulleself daartoe verbind (belowe) om hulle
kweekhuisgasuitlatings met soveel en soveel persent te verminder teen hierdie of
daardie datum of om in soveel en soveel jaar klimaatsneutraal of netto zero te wees.
Dit klink dalk op die oog af baie indrukwekkend, maar selfs al is die bedoelings goed, is
dit nie leierskap nie. Dit is nie lei (bestuur) nie. Dit is misleidend omdat die meeste van
hierdie beloftes nie lugvaart, verskeping, ingevoerde en uitgevoerde goedere en
verbruik insluit nie. Dit sluit egter wel die moontlikheid in dat lande hulle uitlatings
iewers anders kan verplaas (verskuif).

… en sonder daardie besef van dringendheid, hoe kan ons, die mense, verstaan dat
ons voor 'n werklike krisis staan. En as mense nie ten volle bewus is van wat aangaan
nie, dan sal hulle nie druk plaas op die mense wat die mag het om iets daaraan te
doen nie. En sonder druk van die mense, sal ons leiers basies daarmee wegkom om
niks te doen nie, wat is waar ons nou is.

Wel, ek sê vir julle, daar is hoop. Ek het dit gesien, maar dit kom nie van die regerings
of korporasies af nie. Dit kom van die mense af. Die mense wat onbewus was, maar
wat nou begin wakker skrik. En as ons eers bewus is, verander ons. Mense kan
verander. Mense is gereed vir verandering.
                                                             [Uit Express, 13 Desember 2019]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              12                                 DBE/November 2022
                                      NSS – Addendum

BRON 3C

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit die nasionale verklaring wat op 2 November 2021
deur die Indiese Eerste Minister, Shri Narendra Modi, by die COP26-beraad in
Glasgow gemaak is. Dit beklemtoon hoe Indië hulleself verbind het om die
klimaatsveranderingprogramme na te kom.

Toe ek aanvanklik na die Klimaatsberaad in Parys gekom het, was dit nie my
bedoeling om nog een belofte by al die ander wat reeds in die wêreld gemaak is, te
voeg nie. Ek het gekom met 'n bekommernis oor die mensdom. Ek het gekom as 'n
verteenwoordiger van 'n kultuur wat die boodskap 'Sarve Bhavantu Sukhinah' gegee
het, wat 'Blydskap vir Almal' beteken. En daarom was die byeenkoms in Parys vir my
nie 'n beraad nie, dit was 'n sentiment en 'n verbintenis (eed). En Indië het nie daardie
beloftes aan die wêreld gemaak nie, dit was eerder tien miljoene Indiërs wat daardie
belofte aan hulleself gemaak het.

En ek is vandag bly dat 'n ontwikkelende land soos Indië, wat werk aan die opheffing
van tien miljoene mense uit armoede, en wat dag en nag aan die welbehae (vreugde)
van tien miljoene mense werk, ten spyte daarvan dat ons 17% van die wêreld se
bevolking uitmaak en slegs vir 5 persent van die wêreld se uitlatings verantwoordelik
is, geen steen onaangeraak gelaat het om te wys dat ons ons verpligting nagekom het
nie.

Die hele wêreld glo vandag dat Indië die enigste groot ekonomie is wat in letter en
gees aan die Parys-verbintenis gehoor gegee het. Ons is baie vasbeslote en ons werk
hard en toon die resultate. Oor die kwessie van klimaat, beweeg Indië vandag
vorentoe met groot moed en groot ambisie. Indië verstaan ook die swaarkry van ander
ontwikkelende lande, ons deel dit met hulle en sal voortgaan om ook hulle verwagtinge
te verwoord.

In baie ontwikkelende lande neem klimaatsverandering 'n belangrike plek in (dit is 'n
dringende probleem) met betrekking tot hulle bestaan. Ons sal vandag groot stappe
moet doen om die wêreld te red. Dit is wat op hierdie tydstip nodig is en dit sal ook die
relevansie van hierdie forum bewys. Ek vertrou dat die besluite wat in Glasgow
geneem word, die toekoms van ons toekomstige generasies sal red en hulle die gawe
van 'n veilige en voorspoedige lewe sal gee.

                                 [Uit Ministry of External Affairs, Media Centre, 2 November 2021]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            13                          DBE/November 2022
                                    NSS – Addendum

BRON 3D

Hierdie foto deur C Kampfner vir The Times-koerant is op 12 November 2012 geneem
buite die COP26-beraad wat in Glasgow, Skotland, gehou is. Dit toon die betoging
deur Brasiliane teen hulle politieke leiers (Joaquim Leite, Minister van Omgewing, en
Bolsonaro, Brasiliaanse President) omdat hulle nie genoeg doen om die Brasiliaanse
woude te beskerm nie.

                                                          [Uit The Times, 12 November 2021]

                                                     CAATINGA TE KOOP $1,89
   AMASONE OF BOLSONARO

                               JOAQUIM LEITE
                       MINISTRO DO NENHUM AMBIENTE

*AMASONE – Brasiliaanse Reënwoud
*CAATINGA – Brasiliaanse Woud

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              14                          DBE/November 2022
                                      NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Al Jazeera, 27 Desember 2021

Daily Maverick, 5 September 2018

Express, 13 Desember 2019

http://146.141.12.32/protest-about-segregation-in-hospitals-at-addington-hospital-in-
durban.

http://www.energy.gov.za/cop%2017/default.htm.

https://photius.com/countries/south_africa/government/south_africa_government_mass
democratic_move~2494.html.

Jeffery, A. 2009. PEOPLE'S WAR – NEW LIGHT ON THE STRUGGLE FOR SOUTH
AFRICA, Jonathan Ball Publishers (Edms.) Bpk., Kaapstad

Ministry of External Affairs, Media Centre, 2 November 2021

The South African Institute of Race Relations – Race Relations Survey, 1990

The Times, 12 November 2021

Verwoerd, W en Mabizela M. 2000. Truth Drawn in Jest, Commentary on the Truth and
Reconciliation Commission Through Cartoons, New Africa Books, Kaapstad.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2022-english/e5d10556-c154-433f-8fd2-98646e28994c) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — History · Addendum · 2023 · Eng
- [History P2 Nov 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-addendum-eng/becc8caa-ed93-4752-8c5e-f4099e0322d1) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [History P2 Nov 2020 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-addendum-afr/134b494d-b154-4096-829d-f653e284a31e) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-addendum-eng/12189d7f-06ef-4026-899e-44679058dce8) — History · Addendum · 2019 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
