# History Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2022-afr/8083c38c-e244-4a86-acf8-7b89e0c0d073
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2022-afr/8083c38c-e244-4a86-acf8-7b89e0c0d073)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    EXEMPLAR

                                   GRAAD 12

                                 GESKIEDENIS V2

                                 NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              2                         DBE/November 2022
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:         BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:         DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                          AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:         DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                          WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:         BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                          DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5:         DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                          AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:         DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                          WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1          Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten
                      minste EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2          Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n
                      opstelvraag wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                         DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:             HOE HET DIE MASS DEMOCRATIC MOVEMENT (MDM) IN
                     DIE LAAT 1980's DIE SEGREGASIEWETTE VAN SUID-AFRIKA
                     SE APARTHEIDSREGERING UITGEDAAG?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Bestudeer Bron 1A.

         1.1.1        Watter organisasie, volgens die bron, is in 1988 as 'n anti-
                      apartheidsopvolger vir die United Democratic Front (UDF) gestig?
                                                                                 (1 x 1)        (1)

         1.1.2        Wat, volgens die UDF, is daar van die Mass Democratic Movement
                      (MDM) verwag om te bereik in die stryd teen apartheid?
                      Gee TWEE antwoorde.                                      (2 x 1)          (2)

         1.1.3        Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling: ' 'n
                      voorwaarde vir affiliasie met die MDM was die nakoming van die
                      voorwaardes van die ANC se Vryheidsmanifes', in die konteks van
                      die stryd teen apartheid.                                (2 x 2)          (4)

         1.1.4        Verduidelik die term burgerlike ongehoorsaamheid in die konteks
                      van aktiwiteite wat in September 1989 deur die MDM georganiseer
                      is.                                                      (1 x 2)          (2)

1.2      Raadpleeg Bron 1B.

         1.2.1        Verduidelik die boodskappe wat deur die foto oor die MDM se 'Oop
                      Hospitale('Open Hospital')'-veldtog teen segregasie oorgedra
                      word.                                                     (2 x 2)         (4)

         1.2.2        Lewer kommentaar op die rassesamestelling van die betogers wat
                      aan hierdie veldtog deelgeneem het                      (1 x 2)           (2)

1.3      Verwys na Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse
         in Bron 1B ondersteun met betrekking tot die uittartingsveldtogte wat die
         MDM in 1989 teen segregasiewette georganiseer het.                     (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  4                           DBE/November 2022
                                               NSS

1.4      Lees Bron 1C.

         1.4.1        Waarom, volgens die bron, het Tutu en Boesak op
                      13 September 1989 'n vredesoptog na die parlement gelei? (1 x 1)                (1)

         1.4.2        Verduidelik wat Tutu bedoel het met sy uitdrukking: 'Vyftien is 'n
                      slagting … Selfs al werk ons net met húlle getalle, is dit 'n skandaal
                      (skande)' in die konteks van polisiereaksie op betogers.        (2 x 2)         (4)

         1.4.3        Haal DRIE redes uit die bron aan waarom De Klerk toegelaat het
                      dat die vredesoptog voortgaan.                         (3 x 1)                  (3)

         1.4.4        Waarom, dink jy, het die polisie op 13 September 1989, tydens die
                      vredesoptog na die Kaapstad Stadsaal, 'n lae profiel gehandhaaf?
                                                                                  (1 x 2)             (2)

         1.4.5        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
                      navorser wat die gebeure wat op 13 September 1989 tydens die
                      vredesoptog na die Kaapstad Stadsaal plaasgevind het, bestudeer.
                                                                                (2 x 2)               (4)

1.5      Gebruik Bron 1D.

         1.5.1        Volgens die bron, noem DRIE maniere waarop die polisie teen die
                      MDM-leiers en betogers wat hulle inperkingsbevele oortree
                      (verbreek) het, opgetree het.                            (3 x 1)                (3)

         1.5.2        Definieer die term uittartingsveldtog in jou eie woorde.         (1 x 2)        (2)

         1.5.3        Haal bewyse uit die bron aan wat daarop sinspeel dat die
                      Amerikaanse administrasie teen die streng beperking van Tutu en
                      sy vrou deur die apartheidsregering was.                 (2 x 1)                (2)

         1.5.4        Waarom, dink jy, het Luitenant Gregory Rockman beweer dat sy
                      kollegas soos 'wilde honde met 'n moordinstink' opgetree het?
                                                                                  (1 x 2)             (2)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die MDM in die 1980's die segregasiewette van Suid-Afrika se
         apartheidsregering uitgedaag het.                                                            (8)
                                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                5                            DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 2:             WAT KAN SUID-AFRIKANERS LEER UIT DIE ROL WAT
                     AARTSBISKOP DESMOND TUTU, VOORSITTER VAN DIE
                     WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) VANAF 1995
                     TOT 1998, GESPEEL HET?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Gebruik Bron 2A.

         2.1.1        Watter Wet, volgens die bron, het              die   Waarheids-en-
                      Versoeningskommissie in die lewe geroep?                    (1 x 1)         (1)

         2.1.2        Wat, volgens Tutu, moet die kern van die saak vir Suid-Afrikaners
                      wees in 'ons Kommissie se werk' (WVK)?                     (1 x 2)          (2)

         2.1.3        Verduidelik wat Tutu met die stelling: '… maak nie saak aan watter
                      kant ons gestaan het nie. Ons almal het genesing nodig', in die
                      konteks van versoening en nasionale eenheid bedoel het. (2 x 2)             (4)

2.2       Bestudeer Bron 2B.

          2.2.1       Identifiseer enige VIER politieke partye in die spotprent wat Tutu
                      aangeval het toe hy op 29 Oktober 1998 die Waarheids-en-
                      Versoeningskommissie se verslag by President Nelson Mandela
                      aflewer het.                                                (4 x 1)         (4)

          2.2.2       Verduidelik die boodskappe wat in hierdie spotprent oor die finale
                      WVK-verslag wat op 29 Oktober 1998 aan President Nelson
                      Mandela voorgelê is, oorgedra word.                        (2 x 2)          (4)

          2.2.3       Lewer kommentaar op die beperkings van hierdie bron vir 'n
                      geskiedkundige wat die voorlegging van die finale verslag van die
                      Waarheids-en-Versoeningskommissie navors.                  (2 x 2)          (4)

2.3       Lees Bron 2C.

          2.3.1       Definieer die konsep oortreder in jou eie woorde.           (1 x 2)         (2)

          2.3.2       Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat die NVG op
                      die aanbevelings van die finale WVK-verslag gereageer het.
                                                                                 (2 x 1)          (2)

          2.3.3       Verduidelik wat Kommissaris Ntsebeza met 'openbare verklarings
                      van feite … die eerste stap na nasionale eenheid' rakende die
                      WVK-verhore bedoel het.                                (1 x 2)              (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                6                           DBE/November 2022
                                             NSS

2.4      Raadpleeg Bron 2D.

         2.4.1       Haal enige DRIE stellings aan wat Sisonke Msimang gemaak het,
                     waarin hulde aan Aartsbiskop Tutu na sy heengaan op
                     26 Desember 2021 gebring is.                          (3 x 1)                (3)

         2.4.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                     kommentaar op die stelling: 'die WVK (het) nooit 'n volle mandaat
                     gekry om die groepsgevolge van apartheid te analiseer (ontleed)
                     nie.'                                                      (2 x 2)           (4)

         2.4.3       Verduidelik die term regstelling in die konteks van wat die regering
                     met die WVK wou bereik.                                       (1 x 2)        (2)

         2.4.4       Wat het Msimang met 'sy (Tutu s'n) dood herinner ons aan die
                     onafgehandelde sake met betrekking tot die oorgang van apartheid
                     na demokrasie' geïmpliseer?                              (2 x 2)             (4)

2.5      Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
         bewyse in Bron 2D met betrekking tot die werk van die WVK ondersteun.
                                                                            (2 x 2)               (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         wat Suid-Afrikaners kan leer uit die rol wat Aartsbiskop Desmond Tutu,
         voorsitter van die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) vanaf 1995
         tot 1998 gespeel het.                                                                    (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                7                           DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 3:             HOE TOEGEWYD WAS ONTWIKKELENDE LANDE VAN BRICS
                     AAN GLOBALE KLIMAATSVERANDERINGKWESSIES TUSSEN
                     2000 EN 2021?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Identifiseer TWEE rolle wat Suid-Afrika as 'n ondertekenaar van
                      die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaats-
                      verandering ('United Nations Framework Convention on Climate
                      Change') moet speel.                                     (2 x 1)           (2)

         3.1.2        Definieer die konsep klimaatsverandering in jou eie woorde. (1 x 2)        (2)

         3.1.3        Gee TWEE verantwoordelikhede van die Kyoto Protokol wat in die
                      bron genoem word.                                    (2 x 1)               (2)

         3.1.4        Noem TWEE aktiwiteite in die bron wat aan die Interministeriële
                      Komitee oor Klimaatsverandering gedelegeer is met die oog op
                      gasheer speel vir die UNFCCC in Mei 2008.               (2 x 1)            (2)

3.2      Raadpleeg Bron 3B.

         3.2.1        Watter hoeveelheid CO2-uitlatings word volgens die bron deur die
                      volgende geproduseer:

                      (a)   Rykste 10 persent van die wêreldbevolking              (1 x 1)       (1)

                      (b)   Armste 50 persent van die wêreldbevolking              (1 x 1)       (1)

         3.2.2        Waarom, dink jy, het ryk lande nie daarin geslaag om hulle belofte
                      om hulle kweekhuisgasuitlatings te verminder, nagekom nie?
                                                                                 (2 x 2)         (4)

         3.2.3        Lewer kommentaar op wat Greta Thunberg met die stelling, 'daar
                      is hoop. Ek het dit gesien, maar dit kom nie van die regerings of
                      korporasies af nie. Dit kom van die mense af', bedoel het in die
                      konteks van die hantering van uitdagings wat deur
                      klimaatsverandering gestel is.                            (1 x 2)          (2)

         3.2.4        Verduidelik die betroubaarheid van die bron vir 'n geskiedkundige
                      wat die klimaatsveranderingkwessies tussen 2000 en 2021 navors.
                                                                                 (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                8                         DBE/November 2022
                                             NSS

3.3      Lees Bron 3C.

          3.3.1       Gee TWEE bekommernisse wat die Indiese Eerste Minister, Shri
                      Narendra Modi, met die Parys Klimaatsberaad gedeel het. (2 x 1)           (2)

          3.3.2       Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling, 'daarom was
                      die byeenkoms in Parys vir my nie 'n beraad nie, dit was 'n
                      sentiment en 'n verbintenis (eed)', in die konteks van Indië se
                      betrokkenheid by die Parys Klimaatsberaad.                 (2 x 2)        (4)

          3.3.3       Verduidelik die konsep ontwikkelende lande met verwysing na
                      Brasilië, Indië en Suid-Afrika.                     (1 x 2)               (2)

          3.3.4       Waarom, volgens die bron, het die hele wêreld geglo dat Indië die
                      enigste groot ekonomie is wat in letter en gees aan die Parys-
                      verbintenis gehoor gegee het? Gee TWEE antwoorde.         (2 x 1)         (2)

3.4      Bestudeer Bron 3D.

         3.4.1        Verduidelik waarom jy dink hierdie foto wat op 12 November 2021
                      in The Times-koerant verskyn het, geneem is.             (2 x 2)          (4)

         3.4.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op waarom Brasiliane oor die Amasone- en
                      Caatinga-woude bekommerd was.                         (2 x 2)             (4)

3.5      Gebruik Bron 3B en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die
         bewyse in Bron 3D ondersteun met betrekking tot implementering van die
         klimaatsveranderingooreenkomste.                                  (2 x 2)              (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die
         toegewydheid van ontwikkelende lande van BRICS aan globale
         klimaatsveranderingkwessies tussen 2000 en 2021 te verduidelik.                        (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             9                          DBE/November 2022
                                          NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:         BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

Die filosofie van Swart Bewussyn was suksesvol met die vestiging van trots en
selfvertroue by swart mense om apartheid in die 1970's in Suid-Afrika uit te daag.

Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse.                                                                                   [50]

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                     NA    SUID-AFRIKA      EN    DIE
         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Verduidelik tot watter mate kompromieë deur verskillende rolspelers (politieke partye)
'n hoofkenmerk gebly het wat in 1994 die weg vir 'n nuwe politieke bedeling in
Suid-Afrika gebaan het.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                                   [50]

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE

Die beleidsveranderinge deur Mikhail Gorbachev vanaf 1985 het in 1991 tot die
disintegrasie van die Sowjetunie gelei, alhoewel dit ook positiewe gevolge vir
Suid-Afrikaanse politiek gehad het.

Bespreek hierdie stelling krities. Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse.                                                                                   [50]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr12 History P2 (English) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-english-sep-2022-question-paper/4ecf07fc-c5be-4181-868c-5e74b2676b7a) — History · QP · 2022 · Eng
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P2 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-eng/76d398a5-8995-4b9a-9004-cbf555040073) — History · QP · 2013 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
