# History Grade 12 P2 NSC November 2023 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-afr/308119b8-95be-4b84-9871-07d4923969dc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2023 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-afr/308119b8-95be-4b84-9871-07d4923969dc)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V2

                               NOVEMBER 2023

                                  ADDENDUM

                     Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                           DBE/November 2023
                                       NSS – Addendum

VRAAG 1: HOE HET DIE CONGRESS OF SOUTH AFRICAN TRADE UNIONS
         (COSATU) IN DIE 1980's OP DIE APARTHEIDSREGERING SE
         ARBEIDSHERVORMINGS GEREAGEER?

BRON 1A

Die artikel hieronder is op 6 Desember 1985 in The Namibian-koerant gepubliseer. Dit
verduidelik gebeurtenisse wat tydens die stigtingskonferensie van die Congress of
South African Trade Unions (COSATU) afgespeel het en beskryf ook COSATU se rol
as 'n arbeidsbeweging.

Die Congress of South African Trade Unions (COSATU), wat verlede naweek by 'n
saamtrek van stapel gestuur is en deur meer as 10 000 werkers in Durban bygewoon
is, beloof om die moeilikste uitdaging, wat nog in die geskiedenis van die Suid-
Afrikaanse arbeidsbeweging gesien is, aan die regering en nywerheid te bied. Leiers
van die nuwe superfederasie het reeds gedreig om 'n nasionale staking uit te roep as
die regering sy dreigement uitvoer om trekarbeiders te repatrieer (terug te stuur) en het
onderneem om werkers in die tuislande uit minagting teen beperkings op vakbonde in
hierdie streke te organiseer. In beleidsriglyne wat tydens die stigtingskonferensie
aanvaar is, het die Congress ook na vore gekom ter ondersteuning van disinvestering
(onttrekking van beleggings), sowel as die uiteindelike nasionalisering van Suid-Afrika
se myne en ander groot nywerhede.

Met die klem op die politieke rol wat die nuwe federasie beoog om te speel, het
COSATU se president, Elijah Barayi, gesê die Congress hoop om die vakuum te vul
wat deur die verbanning van die African National Congress (ANC) geskep is en dat dit
tot een-persoon-een-stem in 'n verenigde Suid-Afrika verbind is. Die Congress het ook
'n oproep gedoen om 'n nasionale minimum loon, 'n 40 uur-werkweek teen volle
betaling, 'n verbod op oortyd en die stigting van 'n nasionale werkersvakbond vir
werkloses as 'n affiliasie van die federasie. Met 'n lidmaatskap van 'n halfmiljoen, al die
150 000 lede van die National Union of Mineworkers (NUM) en die 100 000 lede van
die Federation of South African Trade Unions (FOSATU) ingesluit, word die stigting
van COSATU as 'n triomf (oorwinning) vir vakbondwese beskryf.

                                                         [Uit The Namibian, 6 Desember 1985]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  3                               DBE/November 2023
                                         NSS – Addendum

BRON 1B

Die plakkaat hieronder, wat deur COSATU se mediawerker, Patrick Cockayne,
ontwerp is, demonstreer COSATU se verset teen die apartheidsregering se
Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge wat in 1987 voorgestel is.

                 [Uit Red on Black: The Story of the South African Poster Movement deur J Seidman]

                                                              NEE! vir die Arbeidswet
'N ONREG AAN EEN IS 'N
ONREG AAN ALMAL
                                                             NEE! vir beperkings
  VOORWAARTS MET COSATU
      Spesiale Kongres
JOHANNESBURG MEI 14–15 1988

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                4                             DBE/November 2023
                                       NSS – Addendum

BRON 1C

Die uittreksel hieronder, geneem uit The Washington Post, is op 25 Februarie 1988
gepubliseer. Dit verduidelik die apartheidsregering se sterk optrede teen COSATU en
ander anti-apartheidsorganisasies.

Die verordening (wet), wat deur Adriaan Vlok, Minister van Wet en Orde, aangekondig
is, sê dat die United Democratic Front (UDF) en ander ingeperkte anti-
apartheidsgroepe (COSATU ingesluit) mag voortbestaan en nie verbied sal word om
finansiële rekords te hou, administratiewe funksies te verrig of 'n verpligting wat deur of
onder enige wet of geregshof opgelê is, na te kom nie. Maar hulle sal die Minister van
Wet en Orde se toestemming moet kry om enige ander aktiwiteite uit te voer. Vlok het
gesê dat ondanks noodregulasies wat reeds van krag is, sommige opposisiegroepe
volgehou het om 'n revolusionêre klimaat te vestig, in stand te hou en te bevorder.

Johan van der Merwe, Veiligheidspolisiehoof, het in November op die moontlikheid van
sulke sterk optrede gesinspeel toe hy aan verslaggewers gesê het dat wettige radikale
organisasies, soos die UDF en COSATU, 'n groter bron van kommer vir die polisie is
as onwettige groepe soos die African National Congress (ANC).

COSATU, wat begin het om die organisatoriese vakuum te vul wat deur die
aanhouding van die meeste van die UDF se nasionale en streeksleiers geskep is, word
nou verbied om hom te beywer vir die wettiging van onwettige organisasies soos die
ANC, om op die vrylating van aangehoudenes aan te dring, teen boikotte van plaaslike
swart verkiesings en om 'n beroep te doen op disinvesterings of sanksies teen
Suid-Afrika (SA).

                                                  [Uit The Washington Post, 25 Februarie 1988]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               5                               DBE/November 2023
                                      NSS – Addendum

BRON 1D

Die bron hieronder beklemtoon maatreëls wat op 14 Mei 1988 deur COSATU tydens
sy spesiale kongres aanvaar is. Dit was in antwoord op die dreigement wat deur die
apartheidsregering se beperkings en die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge
daargestel is.

Die spesiale kongres is belê in reaksie op twee spesifieke uitdagings aan COSATU:

Die regering se beperkings op 24 Februarie, wat COSATU wetlik beperk het tot 'n
beperkte reeks van fabrieksvloer-vakbondwese en effektief 17 ander organisasies
verbied het, onder wie die United Democratic Front (UDF), 'n nabye en formele
COSATU-bondgenoot; en die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 'n wetsontwerp
wat volgens die Minister van Mannekrag, Pietie du Plessis, ten doel gehad het om die
'balans in nywerheidsverhoudinge ten gunste van die werkgewer te herstel'. Selfs
nadat dit effens versag is in die finale konsep wat 24 uur na die spesiale kongres aan
die Driekamerparlement voorgelê is.

Die wetsontwerp sal werkers se reg om te staak aansienlik beperk, vakbonde oopstel
vir siviele aksie vir verliese gely deur hulle lede se optrede en solidariteitsoptrede in
nywerheidsgeskille verbied. Gesamentlik het die beperkings en die wetsontwerp
gepoog om COSATU 'n reg te ontsê wat in die wese van sy bestaan ingeweef is: die
reg om op die nasionale politieke terrein te werk, beide om sy lede se fabrieksvloer-
eise te volbring, en in hulle breër, politieke belange. ʹGesamentlik verbied die hele
wetsontwerp en die beperkings COSATU effektief,' het Hoofsekretaris Jay Naidoo op
25 Februarie gesê.

Die dubbele bedreiging van die beperkings en die wetsontwerp het verskeie dinge van
COSATU geëis: 'n Onmiddellike en beslissende reaksie as 'n waarskuwing aan
werkgewers en die regering dat COSATU nie sonder 'n stryd sal opgee nie, en om
steun vir verdere weerstand te genereer; voortdurende agitasie en optrede om
spesifiek aan werkgewers te demonstreer dat steun aan die wetsontwerp hulle dalk
meer sou kos as wat dit werd was.

                                        [Uit Work in Progress, Uitgawe Nr. 54, Junie–Julie 1988]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                6                              DBE/November 2023
                                       NSS – Addendum

VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         LEIERS VAN DIE APARTHEIDSREGERING BLOOTGELÊ VIR
         GROWWE MENSEREGTESKENDINGS WAT TUSSEN 1960 EN 1994
         GEPLEEG IS?

BRON 2A

Die bron hieronder is geneem uit 'n biografie van FW de Klerk, die leier van die
Nasionale Party, met die titel A Question of Balance: A Biography of FW de Klerk
geskryf deur John Cameron-Dow.

… Die Nasionale Party het die idee van 'n Waarheids-en-Versoeningskommissie
(WVK) gesteun om verantwoordelikheid te vermy. Hulle benadering was om die
konsep van amnestie gebou. Hulle siening was dat die onthulling van misdade wat in
die verlede gepleeg is, met vrystelling van vervolging vergoed moes word. Dit was nie
so eenvoudig nie; swart Suid-Afrikaners was heeltemal geregverdig in hulle eise vir
verduidelikings. Boonop was die werktuig van hulle vryheid, die African National
Congress (ANC), nou aan bewind. Die omvang en aard van die kommissie sou deur
Mandela en sy regering bepaal word.

Die Waarheids-en-Versoeningskommissie is ná die toepassing van die Wet op die
Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening in 1995 ingestel. Drie komitees is
saamgestel om die kommissie se mandaat uit te voer, deur die Minister van Justisie,
Dullah Omar, beskryf as ' 'n noodsaaklike oefening om Suid-Afrikaners in staat te stel
om op 'n moreel aanvaarbare grondslag met die verlede vrede te maak en om die saak
van versoening te bevorder'.

FW de Klerk volstaan met sy mening dat 'n proses vereis is om Suid-Afrikaners in staat
te stel om met die konflik van die verlede vrede te maak in 'n gees van versoening en
om sonder verwyte met die toekoms voort te gaan. Hy is ook bekend daarvoor dat hy
ten gunste van 'n algemene amnestie vir oortreders van politiek-geïnspireerde geweld
was. ʹn Algemene amnestie het baie teen ANC-denke ingegaan. Dit is nou algemene
kennis dat verskriklike misdade in die naam van staatsveiligheid, veral gedurende die
laaste jare van PW Botha se presidentskap, gepleeg is. Maar hoe kon FW de Klerk, 'n
senior kabinetslid, nie bewus wees van die gruweldade wat gepleeg is nie; daar was
sekerlik 'n gesamentlike sameswering (betrokkenheid) op kabinetsvlak.

                     [Uit A Question of Balance: A Biography of FW de Klerk deur J Cameron-Dow]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 7                                DBE/November 2023
                                        NSS – Addendum

BRON 2B

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek geskryf deur M Meredith, wat in die 1990's
as 'n korrespondent vir die koerante The London Observer en die Sunday Times
gewerk het. Dit fokus op hoe die bevindinge van die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK) die gruweldade wat vanaf die laat 1970's deur die
Nasionale Party-regering gepleeg is, blootlê.

Nadat die kriteria vir aanspreeklikheid vasgestel is, het die WVK sy uitspraak oor die
belangrikste protagoniste (karakters) gelewer. Dit was Botha se regering in die laat
1970's, het die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) verklaar, wat die 'gebied
van kriminele wangedrag' betree het. Vorige regerings het deur onderdrukking regeer,
maar Botha se regering het 'n beleid van die doodmaak van sy opponente aanvaar.
Hulle was ook verantwoordelik vir die wydverspreide gebruik van marteling, ontvoering,
brandstigting en sabotasie. Gedurende vergaderings van die Staatsveiligheidsraad het
van sy vernaamste lede, Botha, Malan, Vlok en die hoofde van die sekuriteitsmagte
ingesluit, terminologie soos 'elimineer, uithaal en uitwis' gebruik, wel wetende dat dit tot
die moord van politieke opponente sou lei.

Die 'gebied van kriminele wangedrag' het tot in FW de Klerk se ampstermyn uitgebrei.
Die WVK was baie krities oor FW de Klerk se mislukking om die probleem van die
'derde mag' – 'n netwerk van sekuriteitsmaglede en verregse groepe wat gepoog het
om enige oorgang wat tot 'n African National Congress (ANC)-regering sou lei, te
ontwrig. Alhoewel die WVK erken het dat FW de Klerk stappe gedoen het om die
nasionale veiligheidsbestuurstelsel, wat hy van Botha geërf het, te ontbind, het die
WVK gesê dat hy 'min duidelike pogings aangewend het om derdemag-aktiwiteite aan
bande te lê' en pleidooie van senior offisiere soos Generaal Steyn, die Weermag Hoof
van Personeel, om 'n deeglike ondersoek in te stel, geïgnoreer het. Hy het nie daarin
geslaag om tot aksie oor te gaan nie, was die slotsom waartoe die WVK gekom het, 'óf
opsetlik óf deur weglating'.

Die WVK het getuienis aangehaal dat hulle gehoor het dat FW de Klerk daarvan
bewus was dat sy kommissaris van polisie, Van der Merwe, by onwettige aktiwiteite
ten opsigte van die bombardement van Khotso House betrokke was, en tog het hy
steeds sy posisie as die mees senior polisieman in die land behou.

                              [Uit Coming to Terms – South Africa's Search for Truth by M Meredith]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                     8                                 DBE/November 2023
                                            NSS – Addendum

BRON 2C

Die bron hieronder is deur Zapiro geteken en vir die eerste keer op 2 Augustus 1998 in
die Sun. Times gepubliseer. Dit beeld die apartheidsregering se kabinetministers uit
wat tussen 1960 en 1994 aanspreeklikheid vir menseregte-oortredings ontduik het.

             [Uit Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years on deur C Villa-Vicencio en F du Toit]

                 Amnestieproses

                 FW de Klerk

                                                                                         PW Botha

                 Adriaan Vlok
                                                                                         Pik Botha
                     TEKS IN SPRAAKBORRELS

  UITEINDELIK, 'N GROTE!                                                                  Magnus
                                                                                           Malan
  JY MOES DIÉ GESIEN HET WAT WEGGEKOM HET …

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                9                             DBE/November 2023
                                       NSS – Addendum

BRON 2D

Die uittreksel hieronder is geneem uit die skuldbekentenisse wat deur P Erasmus, 'n lid
van die veiligheidstak van die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP), gemaak is. Hy lê die
donker geheime van die apartheidsera-polisiëringstelsel bloot, wat in die vroeë 1980's
deur die Nasionale Party-kabinet en die Staatsveiligheidsraad beveel is.

Die leier van die Demokratiese Party, Tony Leon, het dit opgesom toe hy gesê het dat
dit lyk asof die Nasionale Party sy rug gedraai het op die voetsoldate, wat deur hulle
politieke leiers aangemoedig is om terreurdade teen die mense van Suid-Afrika te
pleeg.

Johan van der Merwe het later teen sy voormalige base gedraai en erken dat
FW de Klerk inderdaad oor alle geheime projekte gedurende die laaste vier jaar van sy
regering ingelig is. Van der Merwe het egter ook teen voormalige lede van die Suid-
Afrikaanse Polisie (SAP) gedraai deur sy naam op die kwytskeldingslys (beskerming)
van 3 500 polisiebeamptes te sit wat FW de Klerk goedgekeur het, net voor hy in die
April 1994-verkiesings deur Mandela vervang is. As 'n uitdrukking van solidariteit met
die SAP van sy era het FW de Klerk sy eie naam ook op daardie lys geplaas.

Toe dit gerapporteer is dat FW de Klerk, sommige oud-ministers en generaals wat by
die Staatsveiligheidsraad betrokke was, reeds drie keer ontmoet het en die vierde
vergadering beplan het om hulleself voor te berei vir wat soos die naderende aanslag
van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) moes gevoel het, het ek daardie
ou woede nog so warm soos altyd in my binneste gevoel brand. Seer sekerlik was die
konsep van 'n waarheidskommissie dat elke indiwidu voor die kommissie verskyn en
alleen hulle storie vertel, want dit is wat hulle verkies het om te doen – vir watter rede
ook al.

Ons, die voetsoldate, was beleër (beïnvloed), nie soseer deur ons gewete nie, maar
deur die feit dat ons misken en verwerp is, weggegooi deur diegene wat 'n regering
verteenwoordig het wat ons aangestel het om dood te maak, te vermink (om in stukke
te sny) en te martel. Dit is die waarheid. Ons kon eenvoudig nie daaroor kom nie.

                                         [Uit Confessions of a Stratcom Hitman deur P Erasmus]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  10                               DBE/November 2023
                                          NSS – Addendum

VRAAG 3: HOE HET MAGTIGE INTERNASIONALE FINANSIËLE INSTELLINGS,
         NAAMLIK DIE INTERNASIONALE MONETÊRE FONDS (IMF) EN DIE
         WÊRELDBANK, SEDERT DIE 1980's DIE GEGLOBALISEERDE
         EKONOMIEË GEVORM?

BRON 3A

Die uittreksel hieronder is geneem uit 'n boek deur T Falola en B House-Soremekun.
Dit verduidelik hoe globalisering die Afrika-kontinent negatief beïnvloed.

Globalisering stel Afrika en swart mense as gemarginaliseerd (onbelangrik) voor:
globaliserende ekonomieë soek hulpbronne vanuit alle uithoeke van die wêreld, en
geglobaliseerde ekonomieë trek aansienlike voordele uit hulle ekonomieë en politieke
oorheersing. Die Wealth of Nations, om uit Adam Smith se beroemde boek te leen,
word gebruik, nie net om die hulpbronne binne die grense van nasiestate te ontwikkel
nie, maar ook om die hulpbronne van ander lande te benut. Afrika het meer aan die
buitewêreld gegee as wat dit teruggekry het en die basis gelê om oor die armoede van
nasies te praat, die uiterste hoogtepunt van menslike vooruitgang. Globalisering se
kritici verwys na die vernietiging van die omgewing, klimaatsverandering, uitputting
(vermindering) van natuurlike en minerale hulpbronne, arbeidsuitbuiting …

Afrika is die gevallestudie van beide posisies, wat voorbeelde van die voordele en
probleme van globalisering verskaf. Afrika ervaar globalisering 'van bo af', dit wil sê, 'n
situasie waar magtige lande en maatskappye met meer hulpbronne in staat is om die
hoofaksies en -beleide, wat die eienskappe van globale ontmoetings bepaal, te
beheer. Indien Afrika deel is van die globaliseringsvergelyking 'van onder af', sal enige
bespreking oor sy plek in die globale stelsel ons by aspekte van nasionalisme en
weerstand betrek – hoe Afrikane hulleself kan mobiliseer om mag en voorregte te wen
en hoe internasionale instellings hervorm moet word. Die akteurs wat globalisasie van
bo af beheer, doen 'n beroep op Afrikalande om demokrasie te beoefen, maar
dieselfde demokratiese beginsels is nie op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad
van toepassing nie, waar 'n handjievol lande vetoreg (om te verwerp) het.

       [Uit Globalisation and Sustainable Development in Africa deur T Falola en B House-Soremekun]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              11                                 DBE/November 2023
                                      NSS – Addendum

BRON 3B

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek deur BK Campbell en J Loxley. Dit
beklemtoon die impak van globalisering deur internasionale finansiële instellings,
naamlik die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, in die 1980's op
Afrikalande.

Die voorwaardes waarmee Afrika-regerings op die globale krisis van die vroeë 1980's
moes reageer, het die uitwerking gehad dat hulle deur nuwe vorme van afhanklike
verhoudings met Westerse regerings en internasionale finansiële organisasies
ingesluit is. In besonder het die akute betalingsbalanskrisisse waaronder die meeste
Afrikastate in onlangse jare gely het, en die gepaardgaande ontwrigting van plaaslike
produksie, die kontinent se vermoë ondermyn om buitelandse skuld, wat in beter tye
aangegaan is, te betaal. Baie lande is inderdaad gedwing om skuld aan te gaan in 'n
poging om ekonomiese ineenstorting af te weer (herstel) en/of in 'n poging om
ekonomiese herstel te stimuleer. Hulle het hulle veral na die Internasionale Monetêre
Fonds en die Wêreldbank gewend vir betalingsbalanslenings.

Gewoonlik het hulle dit teen hulle wil gedoen en omdat hulle ander moontlikhede om
finansies te bekom, uitgeput het. Soms dring banke se bilaterale skenkers en ander
bronne van befondsing daarop aan dat Afrika-regerings by internasionale instellings
leen, as 'n voorwaarde om hulle eie bydrae tot betalingsbalanshulp te handhaaf.

Nog nooit tevore het die internasionale finansiële instellings so 'n omvattende invloed
op beleidsformulering in Afrika uitgeoefen nie; nie sedert die dae van kolonialisme het
eksterne magte so kragdadig daarop gefokus om Afrika se ekonomiese struktuur en
die aard van sy deelname aan die wêreldstelsel te vorm nie.

Strukturele aanpassings, soos deur die internasionale instellings bevorder, streef
daarna om groei en stabiliteit te herstel deur relatiewe pryse, plaaslike uitgawes en die
tipe en graad van staatsingryping in die ekonomie te verander.

                                [Uit Structural Adjustment in Africa deur BK Campbell en J Loxley]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             12                             DBE/November 2023
                                     NSS – Addendum

BRON 3C

Hierdie spotprent met die titel ʹAfhanklikheidsteorieʹ ('Dependence Theory') is uit die
boek The Development of Underdevelopment deur AG Frank geneem. Dit werp lig op
'n standpunt ten opsigte van die afhanklikheidsteorie.

                                   [Uit The Development of Underdevelopment deur AG Frank]

            ARM NASIES                                                   RYK NASIES

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              13                                 DBE/November 2023
                                      NSS – Addendum

BRON 3D

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek met die titel Globalisation and Its
Discontents deur J Stiglitz. Dit deel sy persoonlike ervaringe om vir magtige finansiële
instellings te werk.

In 1993 het ek die Academia (universiteit) verlaat om op die Raad van Ekonomiese
Adviseurs onder President Bill Clinton te dien. Na jare van navorsing en onderrig was
hierdie my eerste poging tot beleidsformulering, en meer presies, politiek.
Daarvandaan het ek in 1987 na die Wêreldbank verskuif, waar ek vir ongeveer drie
jaar as hoofekonoom en senior visepresident gedien het, waarna ek in Januarie 2000
weggegaan het. Ek kon nie 'n meer fassinerende tyd gekies het om in
beleidsformulering te gaan nie. Ek was in die Withuis toe Rusland sy oorgang vanaf
kommunisme begin het, en ek het by die Wêreldbank gewerk gedurende die finansiële
krisis wat in 1987 in Oos-Asië begin het en die wêreld uiteindelik omsluit het.

Ek het nog altyd in ekonomiese ontwikkeling belanggestel en wat ek gesien het, het
my standpunte oor beide globalisering en ontwikkeling radikaal verander. Buitelandse
hulp, 'n ander aspek van die geglobaliseerde wêreld, het ten spyte van al sy foute nog
steeds voordele vir miljoene gebring, dikwels op maniere wat amper ongesiens
verbygegaan het: guerrillas in die Filippyne is deur 'n Wêreldbankgefinansierde projek
van werk voorsien toe hulle al hulle wapens neergelê het, besproeiingsprojekte het die
inkomste van boere, wat gelukkig genoeg was om water te kry, meer as verdubbel,
opvoedkundige projekte het geletterdheid na die landelike gebiede geneem, in 'n paar
lande het Vigs-projekte gehelp om die verspreiding van hierdie dodelike siekte te stuit.

Diegene wat globalisering kritiseer, sien dikwels nie die voordele raak nie. Maar die
ondersteuners van globalisering is, indien enigiets, selfs meer ongebalanseerd. Vir
hulle is globalisering (wat tipies verbind word met die aanvaarding van triomfantelike
kapitalisme, Amerikaanse styl) vooruitgang; ontwikkelende lande moet dit aanvaar as
hulle wil groei en armoede effektief wil beveg. Maar vir baie in die ontwikkelende
wêreld het globalisering nie die beloofde ekonomiese groei gebring nie.

                                            [Uit Globalisation and Its Discontents deur J Stiglitz]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             14                           DBE/November 2023
                                     NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Cameron-Dow, J. 2016. A Question of Balance: A Biography of FW de Klerk, JCD
Publishers, VSA.

Campbell, B en Loxley J. 1989. Structural Adjustment in Africa, St Martin's Press Inc.,
VSA.

Erasmus, P. 2021. Confessions of a Stratcom Hitman, Jacana Media, Suid-Afrika.

Falola, T en House-Soremekun, B. 2011. Globalisation and Sustainable Development
in Africa, University of Rochester Press, Verenigde Koninkryk.

Frank, AG. 2005. The Development of Underdevelopment, New England Free Press,
VSA.

Meredith, M. 1999. Coming to Terms – South Africa's Search for Truth, Public Affairs,
VSA.

Seidman, J. 2008. Red on Black: The Story of the South African Poster Movement,
STE Publishers, Suid-Afrika.

Stiglitz, J. 2002. Globalisation and Its Discontents, WW Norton & Company, VSA.

The Namibian, 6 Desember 1985

The Washington Post, 25 Februarie 1988

Villa-Vicencio, C en Du Toit, F. 2006. Truth and Reconciliation in South Africa: 10
Years on, David Phillip, Suid-Afrika.

Work in Progress, Uitgawe Nr. 54, Junie–Julie 1988, Publication of the Southern
African Research Service.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — History · Addendum · 2023 · Eng
- [History P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-afr/1406231f-0475-4c85-8862-7a120bee5f2e) — History · QP · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2023 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2023-sesotho/478b2586-d05f-4248-a960-3b5c744dc151) — History · Addendum · 2023 · Sesotho
- [History P2 Nov 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-addendum-eng/becc8caa-ed93-4752-8c5e-f4099e0322d1) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [History P2 Nov 2020 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-addendum-afr/134b494d-b154-4096-829d-f653e284a31e) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-addendum-eng/12189d7f-06ef-4026-899e-44679058dce8) — History · Addendum · 2019 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
