# History Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-afr/1406231f-0475-4c85-8862-7a120bee5f2e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-afr/1406231f-0475-4c85-8862-7a120bee5f2e)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    EXEMPLAR

                                  GRAAD 12

                                 GESKIEDENIS V2

                                 NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              2                         DBE/November 2023
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A:      BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:     BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:     DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:     DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                      WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B:      OPSTELVRAE

         VRAAG 4:     BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                      DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5:     DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:     DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                      WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                              DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1: HOE HET DIE CONGRESS OF SOUTH AFRICAN TRADE UNIONS
         (COSATU) IN DIE 1980's OP DIE APARTHEIDSREGERING SE
         ARBEIDSHERVORMINGS GEREAGEER?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Bestudeer Bron 1A.

         1.1.1       Waarom, volgens die bron, het die nuutgestigte COSATU gedreig
                     om 'n nasionale staking uit te roep?                   (1 x 1)                 (1)

         1.1.2       Verduidelik waarom jy dink dat COSATU die disinvesteringsveldtog
                     teen die apartheidsregering ondersteun het.               (1 x 2)              (2)

         1.1.3       Definieer die term nasionalisering in jou eie woorde.            (1 x 2)       (2)

         1.1.4       Wat word deur die stelling, ʹdat dit [COSATU] tot een-persoon-een-
                     stem in 'n verenigde Suid-Afrika verbind isʹ, in die konteks van sy
                     rol as 'n arbeidsbeweging geïmpliseer?                       (2 x 2)           (4)

1.2      Raadpleeg Bron 1B.

         1.2.1       Waarom, dink jy, is hierdie plakkaat geskep?                     (2 x 2)       (4)

         1.2.2       Identifiseer bewyse in die bron wat aandui dat hierdie 'n COSATU-
                     plakkaat was.                                               (1 x 2)            (2)

         1.2.3       Lewer kommentaar op die beperkings van hierdie bron vir 'n
                     navorser wat COSATU se reaksie op die Wysigingswet op
                     Arbeidsverhoudinge bestudeer.                      (2 x 2)                     (4)

1.3      Gebruik Bron 1C.

         1.3.1       Haal bewyse uit die bron aan wat daarop sinspeel dat anti-
                     apartheidsgroepe negatief deur die noodtoestand beïnvloed is.
                                                                                (1 x 2)             (2)

         1.3.2       Noem die TWEE radikale organisasies wat vir die polisie ʹn groter
                     bron van kommer was, volgens Johan van der Merwe.         (2 x 1)              (2)

         1.3.3       Waarom, dink jy, het die regering COSATU verbied om veldtogte
                     vir die ontbanning van die ANC en die vrylating van politieke
                     gevangenes te loods?                                   (1 x 2)                 (2)

         1.3.4       Verduidelik die konsep sanksies in die konteks van COSATU se
                     posisie om weerstand te bied teen die apartheidsregering. (1 x 2)              (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 4                           DBE/November 2023
                                              NSS

1.4      Raadpleeg Bron 1D.

         1.4.1       Wat, volgens die bron, was die TWEE uitdagings waarop COSATU
                     se spesiale kongres op 14 Mei 1988 moes reageer?        (2 x 1)               (2)

         1.4.2       Maak 'n lys van DRIE maniere uit die bron wat toon hoe die
                     Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge werkers en hulle unies sou
                     beïnvloed.                                             (1 x 3)                (3)

         1.4.3       Verduidelik die betekenis van die stelling, COSATU is die ʹreg
                     (ontsê) om op die nasionale politieke terrein te werkʹ, in die konteks
                     van beperkings wat deur die regering afgedwing is.              (1 x 2)       (2)

         1.4.4       Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word met die woorde dat
                     'COSATU nie sonder 'n stryd sal opgee nie', in die konteks van die
                     dreigement wat deur die apartheidsregering daargestel is. (2 x 2)             (4)

1.5      Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse
         in Bron 1D met betrekking tot COSATU se reaksie op die Wysigingswet op
         Arbeidsverhoudinge ondersteun.                                         (2 x 2)            (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʹn
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe COSATU in die 1980's op die apartheidsregering se arbeidshervormings
         gereageer het.                                                                            (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               5                           DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         LEIERS VAN DIE APARTHEIDSREGERING BLOOTGELÊ VIR
         GROWWE MENSEREGTESKENDINGS WAT TUSSEN 1960 EN 1994
         GEPLEEG IS?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Gebruik Bron 2A.

         2.1.1       Waarom, volgens die bron, het die Nasionale Party die idee van 'n
                     Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) ondersteun? (1 x 2)                (2)

         2.1.2       Definieer die term amnestie in jou eie woorde.               (1 x 2)       (2)

         2.1.3       Waarom, dink jy, het swart Suid-Afrikaners verduidelikings van
                     oortreders geëis, en nie net onthullings deur die Nasionale Party
                     nie?                                                       (1 x 2)         (2)

         2.1.4       Verduidelik die implikasie van die Minister van Justisie, Dullah
                     Omar, se stelling oor die WVK: '… om Suid-Afrikaners in staat te
                     stel om ... met die verlede vrede te maak en om die saak van
                     versoening te bevorder'.                                  (2 x 2)          (4)

         2.1.5       Wat, volgens die bron, was die menings van die volgende oor die
                     toestaan van algemene amnestie deur die WVK?

                     (a) De Klerk                                                 (1 x 1)       (1)

                     (b) ANC                                                      (1 x 1)       (1)

2.2      Bestudeer Bron 2B.

         2.2.1       Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat daarop sinspeel dat Botha
                     se regering in die laat 1970's die 'gebied van kriminele wangedrag'
                     betree het.                                                  (3 x 1)       (3)

         2.2.2       Verduidelik die term derde mag in die konteks van die
                     apartheidsregering se manier waarop die ANC hanteer is. (1 x 2)            (2)

         2.2.3       Lewer kommentaar op waarom jy dink De Klerk het nie opgetree
                     na die bewerings wat deur Generaal Steyn oor derdemag-
                     aktiwiteite gemaak is nie.                            (2 x 2)              (4)

         2.2.4       Wie, volgens die bron, was betrokke by die bombardering van
                     Khotso House?                                         (1 x 1)              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               6                           DBE/November 2023
                                            NSS

2.3      Lees Bron 2C.

         2.3.1       Verduidelik die belangrikheid van die frase, 'UITEINDELIK, 'N
                     GROTE!', in die konteks van die amnestieproses.        (1 x 2)             (2)

         2.3.2       Wat is die implikasie van TUTU se woorde, 'JY MOES DIÉ
                     GESIEN HET WAT WEGGEKOM HET …', ten opsigte van die
                     WVK-proses?                                      (2 x 2)                   (4)

2.4      Raadpleeg Bron 2D.

         2.4.1       Wat, volgens die bron, was T Leon se siening oor hoe die
                     Nasionale Party sy voetsoldate behandel het?       (1 x 2)                 (2)

         2.4.2       Waarom, volgens die bron, het P Erasmus genoem dat, '… ek
                     daardie ou woede nog so warm soos altyd in my binneste gevoel
                     brand (het)', met betrekking tot die vergaderings tussen oud-
                     ministers, generaals en die Staatsveiligheidsraad oor hoe om teen
                     die WVK op te tree?                                        (1 x 2)         (2)

         2.4.3       Lewer kommentaar op waarom die voetsoldate gevoel het dat die
                     leierskap van die regerende party deur wie hulle aangestel is, hulle
                     weggegooi het.                                               (1 x 2)       (2)

         2.4.4       Waarom sou 'n geskiedkundige hierdie bron as betroubaar beskou
                     wanneer die aanspreeklikheid van die Nasionale Party-leierskap
                     teenoor die WVK-prosesse nagevors word?                  (2 x 2)           (4)

2.5      Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
         bewyse in Bron 2D ondersteun met betrekking tot hoe die leierskap van die
         apartheidsregering gedurende die WVK-verhore aanspreeklikheid vermy het.
                                                                            (2 x 2)             (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) die leiers van die
         apartheidsregering blootgelê het vir growwe menseregteskendings wat tussen
         1960 en 1994 gepleeg is.                                                               (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                7                           DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 3: HOE HET MAGTIGE INTERNASIONALE FINANSIËLE INSTELLINGS,
         NAAMLIK DIE INTERNASIONALE MONETÊRE FONDS (IMF) EN DIE
         WÊRELDBANK, SEDERT DIE 1980ʹs DIE GEGLOBALISEERDE
         EKONOMIEË GEVORM?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1       Definieer die term geglobaliseerde ekonomieë in jou eie woorde.
                                                                                 (1 x 2)          (2)

         3.1.2       Gee VIER punte van kritiek oor globalisering soos in die bron
                     genoem.                                                (4 x 1)               (4)

         3.1.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                     kommentaar op hoe magtige nasies en finansiële instellings uit die
                     implementering van globalisering 'van bo af' voordeel trek. (1 x 2)          (2)

         3.1.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     hoe die ervaring van globalisering 'van onder af' vir Afrika voordelig
                     sou wees.                                                      (1 x 2)       (2)

3.2      Raadpleeg Bron 3B.

         3.2.1       Haal VIER bewyse uit die bron aan om aan te dui dat Afrika se
                     ervaring van die globale krisis in die 1980's tot 'n afhanklike
                     verhouding met die Weste gelei het.                     (4 x 1)              (4)

         3.2.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom sommige Afrika-lande huiwerig was om hulp van die
                     Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank te
                     aanvaar.                                                   (1 x 2)           (2)

         3.2.3       Wat dink jy is die implikasie van die stelling, '… nie sedert die dae
                     van kolonialisme het eksterne magte so kragdadig daarop gefokus
                     om Afrika se ekonomiese struktuur ... te vorm nie', oor die invloed
                     van die IMF en die Wêreldbank?                                 (1 x 2)       (2)

         3.2.4       Verduidelik die term strukturele aanpassings in die konteks van die
                     beleide van internasionale finansiële instellings ten opsigte van
                     Afrikalande.                                                 (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               8                          DBE/November 2023
                                            NSS

3.3      Lees Bron 3C.

         3.3.1       Verduidelik of jy die opskrif 'Afhanklikheidsteorie' (ʹDependence
                     Theoryʹ) as geskik vir hierdie spotprent beskou.            (2 x 2)        (4)

         3.3.2       Waarom, dink jy, beeld die spotprenttekenaar 'ryk nasies' as
                     oorgewig uit?                                         (1 x 2)              (2)

3.4      Bestudeer Bron 3D.

         3.4.1       Identifiseer TWEE posisies in die bron wat J Stiglitz beklee het
                     voordat hy die wêreld van beleidsformulering betree het.  (2 x 1)          (2)

         3.4.2       Lewer kommentaar op waarom globalisering oor die algemeen met
                     ontwikkeling geassosieer word.                         (1 x 2)             (2)

         3.4.3       Gee TWEE voorbeelde van projekte wat in die bron genoem word,
                     wat uit buitelandse hulp voordeel getrek het.          (2 x 1)             (2)

         3.4.4       Wat word geïmpliseer met die stelling: 'Maar vir baie in die
                     ontwikkelende wêreld het globalisering nie die beloofde
                     ekonomiese voordele gebring nie'?                     (1 x 2)              (2)

         3.4.5       Verduidelik die bruikbaarheid van die bron vir 'n geskiedkundige
                     wat globalisering bestudeer.                              (2 x 2)          (4)

3.5      Gebruik Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C verskil
         van die bewyse in Bron 3D oor die impak van globalisering op die Afrikalande.
                                                                                (2 x 2)         (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik
         hoe magtige internasionale finansiële instellings, naamlik die Internasionale
         Monetêre Fonds en die Wêreldbank, sedert die 1980's die geglobaliseerde
         ekonomieë gevorm het.                                                                  (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             9                          DBE/November 2023
                                          NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

Die Swartbewussynsbeweging het geglo dat swart mense hulself sielkundig moet
bevry en selfstandig moet wees in hulle stryd om die apartheidsregering van die 1970's
uit te daag.

Stem jy met die stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te staaf.         [50]

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                     NA    SUID-AFRIKA      EN    DIE
         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Die pad na demokrasie is gekenmerk deur die voortdurende voorkoms van geweld en
konflik wat nie daarin geslaag het om die eerste demokratiese verkiesings in
1994 in Suid-Afrika te voorkom nie.

Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument
te ondersteun.                                                                            [50]

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
         DIE GEBEURE VAN 1989

Verduidelik tot watter mate Gorbachev se hervormings in die middel 1980's in die
Sowjetunie FW de Klerk beïnvloed het om politieke hervormings in te stel, wat die weg
gebaan het vir onderhandelinge vir 'n demokratiese Suid-Afrika.

Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun.                        [50]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — History · Addendum · 2023 · Eng
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P2 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-eng/76d398a5-8995-4b9a-9004-cbf555040073) — History · QP · 2013 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
