# History Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-november-2024-afr/b3aaa5e0-1ab4-4c7e-bcdb-7117e15d6112
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-november-2024-afr/b3aaa5e0-1ab4-4c7e-bcdb-7117e15d6112)

## About this document

History · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               GRAAD 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V2

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V2                             2                          DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                         DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten
                     minste EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n
                     opstelvraag wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V2                                  3                        DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
 VRAAG 1:         HOE HET CIVIC-ORGANISASIES (BURGERLIKE ORGANISASIES)
                  IN DIE 1980's PLAASLIKE GEMEENSKAPPE GEMOBILISEER OM
                  DIE APARTHEIDSREGERING SE STRUKTURE IN SUID-AFRIKA
                  TEEN TE STAAN?     Nov

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1      Gebruik Bron 1A.
         1.1.1       Noem die Wetsontwerp, in die bron, wat in 1980 deur die
                     apartheidsregering voorgelê is om plaaslike owerheidstrukture te
                     skep.                                                    (1 x 1)            (1)
         1.1.2       Haal TWEE voorwaardes van die Wet op Swart Plaaslike
                     Owerhede, vir swart inwoners in townships, uit die bron aan.
                                                                                  (2 x 1)        (2)
         1.1.3       Maak 'n lys van DRIE probleme, volgens die bron, wat pas gestigte
                     civic-organisasies (burgerlike organisasies) veronderstel was om in
                     hulle plaaslike gemeenskappe aan te pak (op te los).         (3 x 1)        (3)
         1.1.4       Lewer kommentaar op wat met die stelling, '… hantering van
                     hierdie oorlewingskwessies   het hulle (civic-organisasies)
                     outomaties na politieke kwessies gedryf', in hulle townships
                     geïmpliseer word.                                     (1 x 2)               (2)
1.2      Raadpleeg Bron 1B.
         1.2.1       Waarom, dink jy, is hierdie plakkaat geskep?                  (1 x 2)       (2)
         1.2.2       Verduidelik waarom dit gedurende die inwonersvergadering vir
                     dr. Motlana belangrik was om oor 'Die Rol van Civic-verenigings'
                     te praat.                                                (2 x 2)            (4)
1.3       Bestudeer Bron 1C.
          1.3.1      Identifiseer die organisasie in die bron wat in die 1980's die huur-
                     en diensteklagtes van die Thembisa-inwoners gesteun het. (1 x 1)            (1)
          1.3.2      Waarom, dink jy, is Jaki Seroke deur die Suid-Afrikaanse
                     Polisiebeampte (Van Niekerk) aangehou 'n dag nadat Thembisa-
                     inwoners 'n optog teen huur en dienste gehou het?     (1 x 2)               (2)
          1.3.3      Volgens die bron, gee enige DRIE bepalings van die Algemene
                     Regswysigingswet met betrekking tot die behandeling van
                     aangehoudenes.                                        (3 x 1)               (3)
          1.3.4      Definieer die term huurboikot in jou eie woorde.              (1 x 2)       (2)
          1.3.5      Verduidelik waarom diegene wat die huurboikot teengestaan
                     het, as marionette ('puppets') van die township-superintendent
                     beskou is.                                              (2 x 2)             (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V2                               4                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

1.4       Lees Bron 1D.

          1.4.1      Haal TWEE redes uit die bron aan waarom township-inwoners in
                     die Vaalgebied dit nie kon bekostig om huur te betaal nie. (2 x 1)        (2)

          1.4.2      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                     kommentaar op waarom daar in 1984 baie township-raadslede was
                     wat bedank het.                                        (2 x 2)            (4)

          1.4.3      Verduidelik die konsep slagting in die konteks van die regering se
                     reaksie op huurprotesgangers (betogers) in Mamelodi.       (1 x 2)        (2)

          1.4.4      Waarom sou 'n geskiedkundige hierdie bron as bruikbaar beskou
                     wanneer die apartheidsregering se reaksie op huurboikotte in
                     townships nagevors word?                               (2 x 2)            (4)

1.5      Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
         bewyse in Bron 1D ondersteun rakende die protesaksies in die 1980's teen
         swart plaaslike owerhede.                                         (2 x 2)             (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe civic-organisasies (burgerlike organisasies) in die 1980's plaaslike
         gemeenskappe gemobiliseer het om die apartheidsregering se strukture in
         Suid-Afrika teen te staan.                                                            (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V2                                5                             DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 2: WAS   DIE  WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         DAARTOE IN STAAT OM VIR DIE FAMILIE VAN SIZWE KONDILE
         AFSLUITING TE GEE OOR SY MOORD IN 1981 AS 'N ANTI-
         APARTHEID-AKTIVIS?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1       Volgens die bron, wanneer het Sizwe Kondile en nog vyf persone
                     'n ondergrondse ANC-sel binne die land gestig?          (1 x 2)               (2)

         2.1.2       Noem DRIE van Sizwe Kondile se sellede in die bron wat besluit
                     het om in September 1980 die land te verlaat.          (3 x 1)                (3)

         2.1.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom Kondile en sy vriend 'n sending onderneem het om heen
                     en weer tussen Lesotho en Suid-Afrika te beweeg            (1 x 2)            (2)

         2.1.4       Definieer die term verraaier in jou eie woorde.                 (1 x 2)       (2)

2.2      Lees Bron 2B.

         2.2.1       Noem DRIE senior offisiere van die Suid-Afrikaanse Polisie in die
                     bron wat erken het dat hulle Sizwe Kondile vermoor het.   (3 x 1)             (3)

         2.2.2       Verduidelik die term getuienis in die konteks van die aansoek om
                     amnestie.                                                  (1 x 2)            (2)

         2.2.3       Lewer kommentaar op die betekenis van die stelling, '… as jy
                     werklik berouvol (jammer) was, sou jy nie om amnestie aansoek
                     gedoen het nie, maar sou jy, in werklikheid, tereggestaan het vir
                     wat jy gedoen het', met betrekking tot Coetzee se versoek om
                     vergifnis.                                                (1 x 2)             (2)

         2.2.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en noem waarom
                     jy dink Charity Kondile tot die gevolgtrekking gekom het dat sy nie
                     vir Dirk Coetzee kon vergewe vir wat hy aan haar seun gedoen het
                     nie.                                                         (1 x 2)          (2)

2.3      Gebruik Bron 2C.

         2.3.1       Verduidelik waarom hierdie           foto   baie   belangrik   vir die
                     Kondile-familie kon wees.                                       (1 x 2)       (2)

         2.3.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                     kommentaar op waarom Vusi Pikoli by die Kondile-familie
                     aangesluit het.                                       (2 x 2)                 (4)

         2.3.3       Lewer kommentaar op of jy dink die geestelike repatriasie van
                     Sizwe Kondile afsluiting vir sy familie kon bring omdat daar geen
                     begrafnis vir hom was nie.                                 (1 x 2)            (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V2                               6                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

2.4      Raadpleeg Bron 2D.

         2.4.1       Haal uit die bron enige VIER maniere aan wat aandui hoe
                     Sizwe Kondile deur die toedoen van die polisie gesterf het. (4 x 1)        (4)

         2.4.2       Lewer kommentaar op waarom 'n geestelike repatriasie vir die
                     Kondile-familie nodig was.                           (1 x 2)               (2)

         2.4.3       Waarom het Masutha geglo dat die seremonie in 2016 ' 'n oomblik
                     van nadenke vir ons almal' was?                          (1 x 2)           (2)

         2.4.4       Verduidelik waarom 'n geskiedkundige dit as 'n betroubare bron
                     kan beskou vir navorsing oor die seremoniële begrafnis van
                     Sizwe Kondile.                                          (2 x 2)            (4)

2.5      Verwys na Bron 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2D van die
         bewyse in Bron 2B verskil oor die verkryging van afsluiting vir die
         Kondile-familie.                                                   (2 x 2)             (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         of die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) daartoe om staat was om
         vir die familie van Sizwe Kondile afsluiting te gee oor sy moord in 1981 as 'n
         anti-apartheid-aktivis.                                                                (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V2                                 7                              DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 3:         WAAROM WAS DAAR IN 2011 WEERSTAND TEEN WALMART SE
                 UITBREIDING NA SUID-AFRIKA?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1       Definieer die term globalisering in jou eie woorde.               (1 x 2)       (2)

         3.1.2       Gee DRIE redes in die bron waarom maatskappye hulle aktiwiteite
                     oor grense heen uitbrei.                                (3 x 1)                 (3)

         3.1.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom Walmart 'n aggressiewe globaliseringstrategie gevolg het.
                                                                                (1 x 2)              (2)

         3.1.4       Noem enige TWEE faktore, volgens die bron, wat dit vir firmas
                     makliker gemaak het om besigheid oor grense heen te bedryf.
                                                                              (2 x 1)                (2)

         3.1.5       Verduidelik die betekenis van die stelling, '... Suid-Afrika (is) relatief
                     oop vir handel', in die konteks van globalisering.                (1 x 2)       (2)

3.2      Raadpleeg Bron 3B.

         3.2.1       Waarom, dink jy, is hierdie foto geneem?                          (1 x 2)       (2)

         3.2.2       Lewer kommentaar op die betekenis van die woorde, 'WALMART –
                     DIE EKONOMIESE KOLONISEERDER!'                         (2 x 2)                  (4)

         3.2.3       Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n navorser wat die
                     impak van globalisering op Suid-Afrika bestudeer.            (2 x 2)            (4)

3.3      Lees Bron 3C.

          3.3.1      Volgens die bron, waarom sou die teenwoordigheid van
                     Walmart in Suid-Afrika die plaaslike indiensneming- en plaaslike
                     vervaardigingsektore negatief beïnvloed? Gee TWEE antwoorde.
                                                                               (2 x 1)               (2)

          3.3.2      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                     hoe Walmart se toetrede tot Suid-Afrika tot disindustrialisasie
                     binne die vervaardigingsektor sou lei.                        (2 x 2)           (4)

          3.3.3      Identifiseer bewyse in die bron wat aandui dat Walmart se
                     teenwoordigheid in die plaaslike mark, toestande vir werknemers
                     sou vererger (versleg).                                   (1 x 2)               (2)

3.4      Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse
         in Bron 3B rakende die reaksie van vakbonde op die samesmelting van
         Walmart en Massmart ondersteun.                                        (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V2                               8                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

3.5      Bestudeer Bron 3D.

         3.5.1       Wat, volgens die bron, was Suid-Afrika se vrees as Walmart, met
                     hulle 'gesofistikeerde (moderne) netwerk om aan te koop', tot die
                     land sou toetree?                                        (1 x 1)            (1)

         3.5.2       Haal TWEE opsies uit die bron aan wat Suid-Afrika gehad het oor
                     hoe om Walmart se bedoeling om in die land uit te brei, te hanteer.
                                                                                 (2 x 1)         (2)

         3.5.3       Lewer kommentaar op waarom jy dink dit vir Walmart nodig was
                     om betroubare plaaslike verskaffers, veral vir bederfbare produkte,
                     te hê.                                                       (2 x 2)        (4)

         3.5.4       Verduidelik die konsep proteksionisties in die konteks van
                     internasionale handelsbetrekkinge.                   (1 x 2)                (2)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         waarom daar in 2011 teenstand teen Walmart se uitbreiding na Suid-Afrika
         was.                                                                                    (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V2                               9                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
         KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Verduidelik tot watter mate Steve Biko en die Swartbewussyn-filosofie swart mense
geïnspireer het om hulleself in die 1960's en 1970's teen apartheid te bemagtig.

Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun.                           [50]

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                         NA   SUID-AFRIKA      EN    DIE
         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Alhoewel die onderhandelingsproses met geweld geteister (versteur) is, was verskeie
politieke partye gewillig om kompromieë aan te gaan (te skik) om in 1994 'n stewige
grondslag vir 'n demokratiese Suid-Afrika te lê.

Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante historiese bewyse om jou
argument te ondersteun.                                                                      [50]

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
         DIE GEBEURE VAN 1989

Gorbachev se politieke en ekonomiese hervormings van die middel 1980's het tot die
disintegrasie en val van die Sowjetunie, en eindelik, in 1991, tot die einde van die Koue
Oorlog gelei.

Bespreek hierdie stelling krities. Ondersteun jou argument met relevante historiese
bewyse.                                                                                      [50]

                                                                              TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — History · Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [Gr12 History P2 (English) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-english-sep-2022-question-paper/4ecf07fc-c5be-4181-868c-5e74b2676b7a) — History · QP · 2022 · Eng
- [History P2 Add June 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-june-2021-english/4b70309f-2760-4254-8778-f8fe061ab26d) — History · QP · 2021 · Eng
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
