# History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov-2019-afr-d/bad6dd30-4701-441d-9e22-2f0480fb83aa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov-2019-afr-d/bad6dd30-4701-441d-9e22-2f0480fb83aa)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                           NOVEMBER 2019

                          GESKIEDENIS V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                  *IHISTA2*

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GESKIEDENIS V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokumet gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:        NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: AFRIKANER
                      NASIONALISME

      VRAAG 2:        NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE

      VRAAG 3:        APARTHEID SUID-AFRIKA: 1940’s TOT 1960’s

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4:        NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: AFRIKA NASIONALISME

      VRAAG 5:        NASIONALISME IN AFRIKA: GHANA

      VRAAG 6:        APARTHEID SUID-AFRIKA: 1940’s tot 1960’s

2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
      word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1    Minstens EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
             moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2    Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag
             wees.

5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      toepas.

7.    Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                    GESKIEDENIS V2                                          3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE
vrae nie. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is
in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1: HOE HET DIE VERSKILLENDE ORGANISASIES TOT DIE
         ONTWIKKELING VAN AFRIKANER NASIONALISME BYGEDRA?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1    Verwys na Bron 1A.

       1.1.1    Wat beteken die konsep Afrikaner Nasionalisme?                  (1 x 2)     (2)

       1.1.2    Wat, volgens die bron, was die reaksie toe die Nasionale Party die
                1948-verkiesing wen?                                          (1 x 1)       (1)

       1.1.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                waarom so baie Afrikaners die Nasionale Party se rassistiese beleid
                ondersteun het.                                                 (2 x 2)     (4)

       1.1.4    Noem enige TWEE organisasies wat Afrikaner Nasionalisme
                bevorder het.                                           (2 x 1)             (2)

       1.1.5    Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom werkersklas
                Afrikaners die swartes as ŉ bedreiging in die arbeidsmag beskou
                het.                                                        (2 x 2)         (4)

1.2    Bestudeer Bron 1B.

       1.2.1    Noem enige TWEE organisasies wat deur die Broederbond gevorm
                is om Afrikaner Nasionalisme te bevorder.              (2 x 1)              (2)

       1.2.2    Wat, volgens die inligting in die bron, het die Afrikaner Broederbond
                beheer?                                                         (2 x 1)     (2)

       1.2.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                wie se belange deur die Broederbond bevorder is.                (2 x 2)     (4)

       1.2.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                waarom die Broederbond nie ŉ demokratiese organisasie was
                nie.                                                            (2 x 2)     (4)

       1.2.5    Onttrek bewyse uit die bron wat aandui dat die Broederbond ŉ
                geheime organisasie was.                                    (2 x 1)         (2)

       1.2.6    Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die bron
                vir ŉ historikus wat die werksaamhede van die Broederbond
                bestudeer.                                                    (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V2                       (EC/NOVEMBER 2019)

1.3   Lees Bron 1C.

      1.3.1    Wat, volgens die bron, was die Ossewabrandwag?               (1 x 1)     (1)

      1.3.2    Noem enige aktiwiteit waaraan die nasionaal-sosialistiese rebelle
               hulself verbind het.                                         (1 x 2)     (2)

      1.3.3    Lewer kommentaar op die redes waarom die Ossewabrandwag
               gekant was teen Suid-Afrika se deelname, aan die kant van
               Brittanje, gedurende die Tweede Wêreldoorlog.             (2 x 2)        (4)

1.4   Raadpleeg Bron 1D.

      1.4.1    Watter boodskap rakende die eeufeesvierings word deur die foto
               oorgedra?                                                 (2 x 2)        (4)

      1.4.2    Noem die organisasie/persoon wat verantwoordelik was vir die
               organisasie van die eeufeesvieringe.                       (1 x 2)       (2)

1.5   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
      verduidelik hoe verskillende organisasies tot die ontwikkeling van Afrikaner
      Nasionalisme bygedra het.                                                         (6)
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                    GESKIEDENIS V2                                          5

VRAAG 2: HOE HET JOODSE NASIONALISME TOT KONFLIK EN LYDING
         VIR DIE MENSE VAN PALESTINA GELEI?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1    Bestudeer Bron 2A.

       2.1.1    Gebruik jou eie kennis om die volgende konsepte te verduidelik:

                (a)   Nasionalisme                                               (1 x 2)     (2)

                (b)   Sionisme                                                   (1 x 2)     (2)

       2.1.2    Wie het die leier van die Sionistiese Beweging geword?           (1 x 1)     (1)

       2.1.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                redes vir die totstandkoming van die Sionistiese Beweging. (2 x 2)           (4)

       2.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                waarom Herzl beweer het dat dit ŉ ‘onafhanklike staat is wat
                Jode regoor die wêreld benodig’.                                 (2 x 2)     (4)

2.2    Raadpleeg Bron 2B.

       2.2.1    Gebruik die inligting in die bron en verduidelik wat ‘Resolusie 181’
                behels.                                                         (1 x 2)      (2)

       2.2.2    Watter land, volgens die bron, het Palestina beheer?             (1 x 2)     (2)

       2.2.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                waarom Resolusie 181 deur die Arabiese Palestyne verwerp
                is.                                                              (2 x 2)     (4)

       2.2.4    Lewer kommentaar op waarom daar ook na hierdie oorlog
                as die ‘Oorlog van Onafhanklikheid’ verwys word.                  (2 x 2)    (4)

       2.2.5    Waarom, dink jy, het die Arabiese Palestyne na die oorlog as
                ‘al-Nakba’(ramp of katastrofe) verwys?                       (2 x 2)         (4)

       2.2.6    Noem enige DRIE Arabiese lande wat Israel tydens die Eerste
                Arabies-Israelse oorlog binnegeval het.                     (3 x 1)          (3)

2.3    Lees Bron 2C.

       2.3.1    Volgens die bron, in watter gebiede het die vlugtelinge hulself
                gevestig?                                                       (2 x 1)      (2)

       2.3.2    Lewer kommentaar oor waarom die vrou die sleutel vir
                vyf-en-dertig jaar saam met haar gedra het.                      (1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    GESKIEDENIS V2                           (EC/NOVEMBER 2019)

       2.3.3   Hoe bruikbaar sal die inligting in die bron vir ŉ historikus
               wees wat die vlugtelinge-kwessie bestudeer?                        (2 x 2)     (4)

2.4    Gebruik Bron 2D.

       2.4.1   Watter boodskap aangaande die Midde-Oosterse konflik word deur die
               foto oorgedra?                                              (1 x 2)            (2)

       2.4.2   Identifiseer TWEE kenmerke op die foto wat aandui dat die
               vlugtelinge gely het.                                              (2 x 1)     (2)

2.5    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
       verduidelik hoe Joodse nasionalisme tot konflik en lyding vir die mense van
       Palestina gelei het.                                                                   (6)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                    GESKIEDENIS V2                                          7

VRAAG 3: HOE HET DIE PASWETTE DIE LEWENS VAN SWART SUID-
         AFRIKANERS IN DIE 1950’s BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

3.1    Lees Bron 3A.

       3.1.1    Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde.                (1 x 2)   (2)

       3.1.2    Noem die wet van 1952 wat veroorsaak het dat die Paswet-stelsel
                strenger toegepas is.                                     (1 x 1)          (1)

       3.1.3    Hoe, volgens die bron, kon ŉ inwoner se reg om in ŉ sekere dorp te
                bly, herroep word?                                          (2 x 1)        (2)

       3.1.4    Lewer kommentaar op die regte wat ‘Seksie 10-mense’ gehad het in
                vergelyking met trekarbeiders wat vanaf die platteland na die stede
                getrek het.                                                    (2 x 2)     (4)

3.2    Bestudeer Bron 3B.

       3.2.1    Wat het die polisieman van Bloke se pa geëis?                    (2 x 1)   (2)

       3.2.2    Lewer kommentaar op die houding van die polisieman teenoor die
                mans in die huis.                                        (2 x 2)           (4)

       3.2.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                effek van die paswet-klopjag op Bloke Modisane.                  (2 x 2)   (4)

       3.2.4    Wat, volgens die bron, was die houding van Modisane se pa
                teenoor die klopjag?                                      (2 x 1)          (2)

       3.2.5    Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die bron
                vir ŉ geskiedkundige wat ŉ studie doen van hoe paswette vir swart
                Suid-Afrikaners geïmplementeer is.                            (2 x 2)      (4)

3.3    Raadpleeg Bron 3C.

       3.3.1    Watter boodskap word in die spotprent met betrekking
                tot die dra van passe uitgebeeld?                                (1 x 2)   (2)

       3.3.2    Waarom, dink jy, was dit ŉ vereiste vir swart Suid-Afrikaners om
                altyd ŉ pas te dra?                                            (2 x 2)     (4)

       3.3.3    Verduidelik wat met swart Suid-Afrikaners wat nie in besit van ŉ pas
                was nie, kon gebeur.                                           (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

3.4   Lees Bron 3D.

      3.4.1    Wat, volgens die bron, was Luthuli se opinie rakende paswette?
                                                                           (3 x 1)        (3)

      3.4.2    Haal ŉ sin uit die bron aan wat aandui dat swart Suid-Afrikaners
               teen die paswette gekant was.                                (1 x 2)       (2)

      3.4.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
               Hoe vrede en harmonie in Suid-Afrika bereik kan word.          (2 x 2)     (4)

3.5   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van omtrent SES reëls (omtrent 60 woorde) en verduidelik hoe die
      paswette swart Suid-Afrikaners se lewe beïnvloed het.                               (6)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  GESKIEDENIS V2                                        9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

VRAAG 4: SWART NASIONALISME

‘Swart Suid-Afrikaners wat ontneem is van hul politieke, ekonomiese en sosiale
regte in die vroeë 1900’s, het die weg vir die opkoms van Afrikaner Nasionalisme
gebaan.’

Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord met relevante historiese
bewyse vanaf 1902 tot 1953.                                                            [50]

VRAAG 5: NASIONALISME IN AFRIKA – GHANA

Verduidelik tot watter mate Kwama Nkrumah beïnvloed is deur Pan-Afrikanisme en
hoe hy Ghana gelei het om die eerste onafhanklike staat in Afrika te word.

Ondersteun jou argumente met relevante bewyse.                                         [50]

VRAAG 6: WEERSTAND IN SUID-AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s

‘Die Nasionale Party-regering het sy apartheidsbeleid so effektief afgedwing dat
daar geen weerstand in die 1950’s plaasgevind het nie.’

Bespreek hierdie stelling krities met relevante historiese bewyse.                     [50]

                                                                          TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [HISTORY P2 QP GR11 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov-2019-eng-d/5ed118b7-6c83-4ee9-9beb-3a83711d3691) — History · QP · 2019 · Eng
- [HISTORY P2 ADDENDUM GR11 NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-gr11-nov2019-eng-d/cb396265-5bb2-43c8-9076-2da20ea3004c) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [HISTORY P2 ADDENDUM GR11 NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-gr11-nov2019-afr-d/53b0447e-9e74-4475-bff1-21beb0e4c877) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-english/1493dcf3-b325-4cdf-99d2-6909baefa024) — History · Memo · 2019 · Eng
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/5a89de2d-3949-454a-ba9f-5c589f67d6ab) — History · QP · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2019-eng-d/46bea365-f37a-4fea-813a-de89c30967ce) — History · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
