# History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov-2025-afr-watermark/9143c679-6add-4eb7-8a5d-6ef35e708429
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov-2025-afr-watermark/9143c679-6add-4eb7-8a5d-6ef35e708429)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 11

                             NOVEMBER 2025

                            GESKIEDENIS V2

PUNTE:     150

TYD:       3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                   GESKIEDENIS V2                     (EC/NOVEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:        NASIONALISME IN SUID-AFRIKA ‒ SWART NASIONALISME
                     (1902 tot 1940’s)

     VRAAG 2:        NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – AFRIKANER
                     NASIONALISME (1900 tot 1930’s)

     VRAAG 3:        APARTHEID SUID-AFRIKA – (1940’s tot 1960’s)

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:        NASIONALISME IN SUID-AFRIKA ‒ SWART NASIONALISME
                     (1940’s tot 1950’s)

     VRAAG 5:        NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – AFRIKANER
                     NASIONALISME (1930’s tot 1940’s)

     VRAAG 6:        APARTHEID SUID-AFRIKA – (1940’s tot 1960’s)

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
     benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
     word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1    Minstens EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
            moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2    Die DERDE vraag moet óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opsteltipe vraag
            wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
     toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2025)                  GESKIEDENIS V2                                           3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik
moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:      HOE HET DIE OPKOMS VAN SWART NASIONALISME BYGEDRA
              TOT WEERSTAND TEEN DIE UNIE VAN SUID-AFRIKA SE
              SEGREGASIEBELEIDE VANAF 1910 TOT DIE 1920’s?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1 Verwys na Bron 1A.

     1.1.1    Noem enige TWEE Afrikane-leiers wat verantwoordelik was vir die
              vorming van ŉ nasionale organisasie.                          (2 x 1)        (2)

     1.1.2    Verduidelik die implikasies dat die meeste afgevaardigdes
              sendingonderrig ontvang het, op die opkoms van Afrika-nasionalisme
              sou hê.                                                     (2 x 2)          (4)

     1.1.3    Waarom, volgens die bron, het die SANNC sy naam in 1924 na die
              African National Congress verander?                       (1 x 2)            (2)

     1.1.4    Definieer die konsep rasse-ongeregtigheid in jou eie woorde.      (1 x 2)    (2)

1.2 Raadpleeg Bron 1B.

     1.2.1    Noem die plek, buite die dorp, waar swart mense moes woon.         (1 x 1)   (1)

     1.2.2    Verduidelik waarom daar ŉ toenemende aantal swart bevolkings na die
              stedelike gebiede getrek het.                                (2 x 2)         (4)

     1.2.3    Waarom dink jy het vroue besluit om teen die Paswette te protesteer?
                                                                             (2 x 2)       (4)

     1.2.4    Lewer kommentaar oor die historiese betekenis wat die weerstand teen
              die Paswette op die groei van Swart-nasionalisme gehad het. (2 x 2)          (4)

1.3 Bestudeer Bron 1C.

     1.3.1    Waarom dink jy is hierdie foto geneem?                            (2 x 2)    (4)

     1.3.2    Noem TWEE impakte wat passe op die lewens van swart Suid-Afrikaners
              gehad het.                                                (2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                   GESKIEDENIS V2                        (EC/NOVEMBER 2025)

1.4   Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
      bewyse in Bron 1C rakende die reaksie van vroue op die Paswette
      ondersteun.                                                          (2 x 2)       (4)

1.5   Lees Bron 1D.

      1.5.1    Watter geleentheid, volgens die bron, het bierbrouery aan vroue
               gebied?                                                      (2 x 1)      (2)

      1.5.2    Wat, volgens die bron, was die gevolge van die polisieklopjagte?
                                                                             (3 x 1)     (3)

      1.5.3    Lewer kommentaar oor die redes waarom vroue militant teen die
               kantiene/kroeë sou optree.                                (2 x 2)         (4)

      1.5.4    Definieer die term boikot in die konteks van die implementering van
               die Drankwet.                                                 (1 x 2)     (2)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
      verduidelik hoe die opkoms van swart nasionalisme bygedra het tot weerstand
      teen die Unie van Suid-Afrika se segregasiebeleid vanaf 1910 tot die 1920’s.       (6)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2025)                    GESKIEDENIS V2                                         5

VRAAG 2:       HOE HET AFRIKANER-NASIONALISME HOMSELF DEUR
               VERSKEIE ORGANISASIES IN DIE 1930’s EN 1940’s UITGEDRUK?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1    Bestudeer Bron 2A.

       2.1.1    Wat, volgens die bron, het Afrikaner-nasionalisme aangewakker?
                                                                            (3 x 1)        (3)

       2.1.2    Definieer die begrip Afrikaner-nasionalisme in die konteks van die
                opkoms van Afrikaner-nasionalisme.                              (1 x 2)    (2)

       2.1.3    Verduidelik waarom die Afrikaner-publisiste ŉ moderne weergawe van
                ŉ piepklein Afrikaner-Dawid wat die Britse Goliat verslaan, breedvoerig
                sou romantiseer met betrekking tot die opkoms van Afrikaner-
                nasionalisme.                                                    (2 x 2)   (4)

       2.1.4    Wat, volgens die bron, was die drieledige stryd?                 (2 x 1)   (2)

2.2    Lees Bron 2B.

       2.2.1    Wie, volgens die bron, het die Genootskap van Ware Afrikaners
                gestig?                                                      (1 x 1)       (1)

       2.2.2    Waarom dink jy sal die Afrikaners die Afrikaanse taal bevorder?
                                                                               (2 x 2)     (4)

       2.2.3    Wat, volgens die bron, het die wrok tussen die Afrikaanssprekende
                mense en die Engelssprekende gemeenskappe vererger?           (2 x 1)      (2)

       2.2.4    Definieer die term verskroeide-aarde-beleid in jou eie woorde.
                                                                                 (1 x 2)   (2)

2.3    Raadpleeg Bron 2C.

       2.3.1    Wat, volgens die bron, was die gevolge van die depressie van die
                vroeë 1930’s?                                                 (1 x 2)      (2)

       2.3.2    Watter beroepe het manlike Afrikaners, volgens die bron beoefen?
                                                                              (2 x 1)      (2)

       2.3.3    Lewer kommentaar oor wat geïmpliseer word met die stelling dat die
                verarmde Afrikaners vir die volk gered moes word.            (2 x 2)       (4)

       2.3.4    Verduidelik hoe die implementering van volkskapitalisme Afrikaner-
                nasionalisme versterk het.                                    (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                   GESKIEDENIS V2                      (EC/NOVEMBER 2025)

2.4   Gebruik Bron 2C.

      2.4.1    Waarom dink jy is hierdie foto geneem?                      (2 x 2)     (4)

      2.4.2    Verduidelik hoe die regering die kwessie van die armblankes
               aangespreek het.                                            (2 x 2)     (4)

2.5   Vergelyk Bron 2C en Bron 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
      bewyse in Bron 2D met betrekking tot die rol wat verskillende organisasies
      gespeel het om die lewens van arm blankes te verbeter, ondersteun. (2 x 2)       (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
      verduidelik hoe die opkoms van Afrikaner-nasionalisme homself deur
      verskeie Afrikaner-organisasies in die 1930’s en 1940’s uitgedruk het.           (6)
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2025)                    GESKIEDENIS V2                                           7

VRAAG 3:      HOE HET DIE PAN AFRICANIST CONGRESS (PAC) OP DIE
              APARTHEIDSREGERING SE ONDERDRUKKENDE MAATREËLS
              GEREAGEER?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

3.1 Lees Bron 3A.

     3.1.1    Definieer die begrip Apartheid in jou eie woorde.                   (1 x 2)    (2)

     3.1.2    Wie, volgens die bron, was die eerste president van die Pan Africanist
              Congress?                                                        (1 x 2)       (2)

     3.1.3    Verduidelik wat bedoel word met Robert Sobukwe se leierskap van die
              PAC, gebaseer op ŉ visie van ŉ ‘Afrika vir Afrikane’ wat massa-aksie
              teen diskriminasie bevorder het.                           (2 x 2)             (4)

     3.1.4    Gebruik die bron en jou kennis en verduidelik waarom Robert Sobukwe
              teen die beleid van veelrassigheid was.                       (2 x 2)          (4)

3.2 Bestudeer Bron 3B.

     3.2.1    Watter woonboort, volgens die bron, was onaangeraak deur anti-
              apartheid demonstrasies?                               (1 x 2)                 (2)

     3.2.2    Haal bewyse uit die bron aan wat toon dat Sobukwe die moontlikheid
              van geweld wou verminder.                                 (1 x 2)              (2)

     3.2.3    Gebruik die bron en jou kennis om kommentaar te lewer oor die
              implikasies van die veldtogslagspreuk: “GEEN BORGTOG! GEEN
              VERDEDIGING! GEEN BOETE!”                              (2 x 2)                 (4)

     3.2.4    Verduidelik wat die skietery van mense in die rug wys oor die houding
              van die polisie teenoor die Sharpeville-betogers.               (2 x 2)        (4)

     3.2.5    Verduidelik hoe bruikbaar hierdie bron vir ŉ historikus sal wees wat die
              protesoptog op 21 Maart 1960 bestudeer.                           (2 x 2)      (4)

3.3 Verwys na Bron 3C.

     3.3.1    Verduidelik waarom dink jy is hierdie foto geneem.                  (2 x 2)    (4)

     3.3.2    Waarom, volgens die foto, het mense gevlug?                         (1 x 1)    (1)

3.4 Raadpleeg Bron 3D.

     3.4.1    Wie, volgens die bron, het die polisie geloof vir hul optrede?      (1 x 2)    (2)

     3.4.2    Definieer die term noodtoestand in die konteks van die Sharpeville-
              slagting.                                                        (1 x 2)       (2)

     3.4.3    Hoe, volgens die bron, het die regering na die Sharpeville-slagting
              gereageer?                                                        (3 x 1)      (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                 GESKIEDENIS V2                      (EC/NOVEMBER 2025)

     3.4.4   Lewer kommentaar oor waarom die regering die ANC en PAC verbied
             het onder die Wet op Onwettige Organisasies.             (2 x 2)        (4)

3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ŉ
    paragraaf van omtrent SES reëls (omtrent 60 woorde) en verduidelik hoe die
    Pan Africanist Congress (PAC) op die apartheidsregering se onderdrukkende
    maatreëls gereageer het.                                                         (6)
                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2025)                  GESKIEDENIS V2                                         9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
afdeling nie.

VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA ‒ SWART NASIONALISME

Bespreek krities hoe die ontneming van swart Suid-Afrikaners se politieke,
ekonomiese en sosiale regte in die vroeë 1900’s bygedra het tot die opkoms van
Swart-nasionalisme in die 1940’s tot die 1950’s.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                                 [50]

VRAAG 5: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA ‒ AFRIKANER-NASIONALISME

Die begeerte om Afrikaner kulturele identiteit en politieke mag te bewaar, het die
opkoms van Afrikaner-nasionalisme in die 1930’s tot die 1940’s aangewakker.

Stem jy saam met hierdie stelling? Staaf jou antwoord deur na die verskillende vorme
van kulturele en politieke bewegings onder die Afrikaners te verwys.                    [50]

VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA ‒ WEERSTAND IN SUID-AFRIKA

Verduidelik tot watter mate burgerlike ongehoorsaamheid en geweldlose
protesoptogte deur bevrydingsbewegings weerstand teen die apartheidsregering in
die 1950’s versterk het.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                                 [50]

                                                                          TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — History · Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — History · Memo · 2025 · Afr
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — History · Memo · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — History · QP + Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/556b3e5c-28af-4a2b-bab1-588c18c87032) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2023 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2023-english/87880345-6de6-41d9-8db3-7c57d2ac4ec9) — History · Addendum · 2023 · Eng

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [NW 11 HISTORY P2 QP ENG NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-history-p2-qp-eng-nov-2024/8a08c81b-e3a1-492e-a467-3bada91f6c52) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2023-english/67f2f377-77cd-46c9-aa0a-76f3cc6e1fa7) — Memo · 2023 · Eng
- [HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/bc77cb2c-5c79-4e87-9a6b-08ed867d35f9) — Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans/913609d9-e425-430d-8b5a-c6b982311177) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
