# History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov2022-afrikaans/43fc33cf-1230-4b19-b533-ba8a29c8e3a5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov2022-afrikaans/43fc33cf-1230-4b19-b533-ba8a29c8e3a5)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P2 ADDENDUM GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-gr11-nov2022-afrikaans/30b1426a-6a42-4d8b-8b07-8539250dd975) — Addendum · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                           NOVEMBER 2022

                           GESKIEDENIS V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GESKIEDENIS V2                     (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:        NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – SWART NASIONALISME

     VRAAG 2:        NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE

     VRAAG 3:        APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:        NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – SWART NASIONALISME

     VRAAG 5:        NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE

     VRAAG 6:        APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
     benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
     word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord die DRIE vrae soos volg:

     4.1    Ten minste EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
            moet ’n opstelvraag wees.

     4.2    Die DERDE vraag moet óf ’n brongebaseerde vraag óf ’n opsteltipe vraag
            wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.   In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
     insig toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    GESKIEDENIS V2                                             3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik
moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:        HOE HET DIE ANC-JEUGLIGA (ANCJL) DIE OPKOMS VAN
                SWART NASIONALISME IN DIE 1940’s BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Verwys na Bron 1A.

        1.1.1    Noem TWEE van die persone wat die ANC-Jeugliga gestig het.
                                                                       (2 x 1)             (2)

        1.1.2    Verduidelik wat die stigters van die ANCJL met die volgende
                 stelling: “VRYHEID IN ONS LEEFTYD”, bedoel het.           (2 x 2)         (4)

        1.1.3    Wat, volgens die bron, is oor die jeug se intensies/oogmerke
                 tydens die ANC se konferensie opgemerk?                    (1 x 2)        (2)

        1.1.4    Verduidelik hoe nuttig hierdie bron sal wees vir ŉ historikus wat
                 die invloed van die ANCJL op die beleid van die ANC bestudeer.
                                                                              (2 x 2)      (4)

1.2     Bestudeer Bron 1B.

        1.2.1    Waarom, dink jy, het die Provinsiale Uitvoerende Komitee van die
                 ANC die woorde, “die uur van die jeug het aangebreek” op sy
                 strooibiljette gebruik?                                   (2 x 2)         (4)

        1.2.2    Definieer die begrip Swart Nasionalisme in jou eie woorde. (1 x 2)        (2)

        1.2.3    Wat beteken/impliseer die stelling: “Afrika is die land van ŉ
                 swartman” oor die filosofie/oortuigings van Anton Lembede?
                                                                               (2 x 2)     (4)

        1.2.4    Wat, volgens die bron, was die kritiek van die Jeugliga teenoor
                 die ANC?                                                    (2 x 1)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V2                         (EC/NOVEMBER 2022)

1.3     Lees Bron 1C.

        1.3.1   Waarom, volgens die bron, het mynwerkers besluit om te staak?
                                                                         (2 x 1)          (2)

        1.3.2   Waarom was die mynwerkers teen die kampong-stelsel gekant?
                                                                      (2 x 2)             (4)

        1.3.3   Lewer kommentaar op die stelling van die ou mynwerker: “Ons op
                die myne is alreeds dooie mans.”                         (1 x 2)          (2)

        1.3.4   Wat, volgens die bron, was die gevolge van die staking?      (1 x 2)      (2)

        1.3.5   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                hoe die regering op die staking gereageer het.                (2 x 2)     (4)

1.4     Raadpleeg Bron 1D.

        1.4.1 Watter boodskap word deur die foto oorgedra, rakende die impak
              wat Swart nasionalisme op swart Suid-Afrikaners gehad het?
                                                                        (2 x 2)           (4)

        1.4.2 Noem TWEE eise van die werkers. (Gebruik visuele leidrade op
              die foto om die vraag te beantwoord.)                    (2 x 1)            (2)

1.5     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
        verduidelik hoe die ANC-Jeugliga die opkoms van swart nasionalisme in
        die 1940’s beïnvloed het.                                                        (6)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    GESKIEDENIS V2                                         5

VRAAG 2: HOE HET DIE SESDAAGSE OORLOG VAN 1967 TOT DIE
         KONFLIK IN DIE MIDDE-OOSTE BYGEDRA?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1    Bestudeer Bron 2A.

       2.1.1    Wat, volgens die bron, was die grootste vonk vir die Sesdaagse
                Oorlog?                                                      (1 x 2)         (2)

       2.1.2    Noem die supermoondheid wat Egipte ingelig het dat Israel troepe
                na die noordelike grens van Sirië verskuif.                  (1 x 1)         (1)

       2.1.3    Volgens die bron, hoe het Abdel Nasser se ondersteuning vir sy
                bondgenote direk tot die uitbreek van die Sesdaagse Oorlog gelei.
                                                                             (3 x 1)         (3)

       2.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik wat
                gedurende die Menseslagting (‘Holocaust’) met die Jode gebeur het.
                                                                                 (2 x 2)     (4)

       2.1.5    Lewer kommentaar oor wat die Israeliete bedoel het met die
                volgende stelling: “Laat ons na die oorlog ontmoet. Waar? In ’n
                telefoonhokkie.”                                               (2 x 2)       (4)

2.2    Raadpleeg Bron 2B.

       2.2.1    Hoe, volgens die bron, het die Sesdaagse Oorlog begin?           (1 x 2)     (2)

       2.2.2    Verduidelik of jy saamstem dat Israel die aggressor in die
                Sesdaagse Oorlog was. Staaf jou antwoord met relevante bewyse.
                                                                           (2 x 2)           (4)

       2.2.3    Volgens die bron, lys DRIE lande waar lugbasisse geplaas is.
                                                                                 (3 x 1)     (3)

2.3    Lees Bron 2C.

       2.3.1    Noem die vredebehoudende liggaam wat ’n wapenstilstand op
                10 Junie 1967 bemiddel het.                                   (1 x 1)        (1)
                                                                                     .
       2.3.2    Wie, volgens die bron, het die meeste slagoffers as gevolg van die
                Sesdaagse Oorlog gehad?                                      (1 x 2)         (2)

       2.3.3    Hoe het die volgende lande na die Sesdaagse Oorlog gevoel?

                (a)    Israel                                                   (1 x 2)      (2)

                (b)    Arabiese lande                                           (1 x 2)      (2)

       2.3.4    Verduidelik wat die Arabiese leiers met die volgende stelling bedoel
                het: “Geen vrede, geen erkenning en geen onderhandeling” met
                Israel nie.                                                    (2 x 2)       (4)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    GESKIEDENIS V2                         (EC/NOVEMBER 2022)

2.4    Gebruik Bron 2D.

       2.4.1   Watter boodskap word deur die spotprent aangaande die
               Sesdaagse Oorlog oorgedra?                                      (2 x 2)     (4)

       2.4.2   Noem die land met die dolk in sy hand. (Gebruik ’n visuele leidraad
               uit die bron.)                                                (1 x 2)       (2)

       2.4.3   Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ’n historikus wat
               die redes vir die Israeliese oorwinning gedurende die Sesdaagse
               Oorlog bestudeer.                                               (2 x 2)     (4)

2.5    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
       verduidelik hoe die Sesdaagse Oorlog van 1967 tot die konflik in die Midde-
       Ooste bygedra het.                                                                 (6)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   GESKIEDENIS V2                                          7

VRAAG 3: WATTER ROL HET SUID-AFRIKAANSE VROUE GESPEEL
         OM APARTHEID IN DIE 1950’s TEEN TE STAAN?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

3.1    Lees Bron 3A.

       3.1.1    Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde.               (1 x 2)    (2)

       3.1.2    Lewer kommentaar op wat met die volgende stelling bedoel word:
                “Dit het baie mans, vroue en kinders, slawe in hul eie land gemaak,”
                in die konteks van die gevolge wat apartheid op die lewens van
                swart Suid-Afrikaners gehad het.                               (2 x 2)     (4)

       3.1.3    Noem die haglike omstandighede waartoe swart Suid-Afrikaners
                onder die apartheidsregering gedwing is om in te leef.    (2 x 1)          (2)

       3.1.4    Haal ŉ sin uit die bron aan wat aandui dat hierdie aaklige toestande
                nie deur Suid-Afrikaners aanvaar is nie.                        (1 x 1)    (1)

       3.1.5    Waarom, dink jy, was die weerstand van wit- en swartmense teen
                apartheid verskillend?                                     (2 x 2)         (4)

3.2    Bestudeer Bron 3B.

       3.2.1    Hoe, volgens die bron, het sommige vroue apartheid weerstaan?
                                                                           (1 x 1)         (1)

       3.2.2    Waarom, dink jy, het swart vroue besluit om bier te brou?        (2 x 2)   (4)

       3.2.3    Waarom, volgens die bron, het Black Sash advieskantore geopen?
                                                                          (2 x 1)          (2)

       3.2.4    Lewer kommentaar oor waarom Black Sash nooit deur die
                apartheidsregering verbied/verban is nie.                       (1 x 2)    (2)

3.3    Lees Bron 3C.

       3.3.1    Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom baie vroue nog
                nooit vantevore by politieke protesaksies of betogings betrokke was
                nie.                                                          (2 x 2)      (4)

       3.3.2    Waarom, volgens die bron, het Suid-Afrikaanse vroue so sterk teen
                die Wet betoog?                                              (1 x 2)       (2)

       3.3.3    Noem TWEE vroueorganisasies wat baie betogings/demonstrasies
                buite regeringskantore georganiseer het.               (2 x 1)             (2)

       3.3.4    Lewer kommentaar oor waarom vroue die Uniegebou met ŉ gevoel
                van morele oorwinning verlaat het.                     (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS V2                       (EC/NOVEMBER 2022)

3.4   Raadpleeg Bron 3D.

      3.4.1    Watter boodskap word in hierdie foto rakende die Vroue-optog
               van 9 Augustus 1956 uitgebeeld?                              (2 x 2)     (4)

      3.4.2    Haal bewyse uit die bron aan wat die implementering van die
               paswette vir hierdie betogers sal beteken.                  (2 x 1)      (2)

3.5   Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die
      bewyse in Bron 3D komplimenteer (ondersteun) rakende die redes waarom
      Suid-Afrikaanse vroue apartheid weerstaan het.                        (2 x 2)     (4)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ŉ
      paragraaf van omtrent SES reëls (omtrent 60 woorde) en verduidelik die rol
      wat Suid-Afrikaanse vroue gespeel het om apartheid in die 1950’s te
      weerstaan.                                                                       (6)
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 GESKIEDENIS V2                                         9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
afdeling.

VRAAG 4: SWART NASIONALISME

Bespreek krities hoe Swart Nasionalisme in Suid-Afrika van 1902 tot 1953 versterk
is.

Motiveer jou antwoord met relevante historiese bewyse vanaf 1902 tot 1953.              [50]

VRAAG 5: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE

“Dit was Joodse nasionalisme wat uiteindelik tot die totstandkoming van die staat,
Israel, gelei het.”

Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met relevante bewyse.                 [50]

VRAAG 6: WEERSTAND IN SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s

“Die versetbeweging het in die 1960’s aggressiewer en gewelddadiger protesaksies
teen die apartheidsregime geloods.”

Verduidelik tot watter mate hierdie stelling akkuraat is deur na die verskillende
vorme van weerstand in die 1960’s te verwys.
                                                                                        [50]

                                                                          TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/778cdf0b-5646-4949-aaad-8a3458592e12) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP NOV2016 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-nov2016-afrikaans/03d5f0a3-32e6-4766-8db9-152f983ec11b) — History · QP · 2016 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2022-afrikaans/f993acba-4e18-43d3-be44-054e0b37af1b) — History · Memo · 2022 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-afrikaans/50cf7d7d-7d85-41a3-af10-3803142fe9e5) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-memo-nov2020-afrikaans/7166c7ae-c7cb-421a-97fb-3590b05e422d) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 NOV2016 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-nov2016-memo-afrikaans/1ed4ca55-3418-4e43-9d20-dfb5ed369bbc) — History · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/556b3e5c-28af-4a2b-bab1-588c18c87032) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
