# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr12-sept2021-afr-d/1ee7dfc3-8efe-4f6f-b60c-7108218b22bf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr12-sept2021-afr-d/1ee7dfc3-8efe-4f6f-b60c-7108218b22bf)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2021

                           GESKIEDENIS V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                    *HISTA2*

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ’n addendum van 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    GESKIEDENIS V2                     (EC/SEPTEMBER 2021)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
        voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1:       BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA

        VRAAG 2:       DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                       AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

        VRAAG 3:       DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                       WÊRELDORDE: 1989 TOT DIE HEDE

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 4:       BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
                       DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

        VRAAG 5:       DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                       AANVAARDING VAN DIE VERLEDE:
                       ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE

        VRAAG 6:       DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                       WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.      AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
        benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
        word.

3.      AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.      Beantwoord DRIE vrae soos volg:

        4.1   Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
              moet ’n opstelvraag wees.

        4.2   Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag
              wees.

5.      Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.      In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
        toepas.

7.      Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   GESKIEDENIS V2                                          3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
afdeling nie. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te
beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:        WAT WAS DIE UITDAGINGS WAT DIE SUID-AFRIKAANSE
                REGERING IN DIE 1980’s IN DIE GESIG GESTAAR HET?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Verwys na Bron 1A.

        1.1.1    Definieer die begrip Totale Strategie in jou eie woorde.    (1 x 2)       (2)

        1.1.2    Waarom, dink jy, het P.W. Botha hierdie hervormings ingestel?
                                                                          (2 x 2)          (4)

        1.1.3    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis,
                 lewer kommentaar oor waarom die apartheidsregering die
                 Stedelike Bantoe-Owerheidswet van 1982 ingestel het.         (2 x 2)      (4)

        1.1.4    Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die NP-regering
                 hervormings aan apartheid ingestel het.                  (2 x 1)          (2)

1.2     Bestudeer Bron 1B.

        1.2.1    Watter boodskap word in hierdie spotprent aangaande die
                 implementering van die nuwe grondwet van 1983 oorgedra?
                                                                         (2 x 2)           (4)

        1.2.2    Identifiseer die twee rassegroepe in die bron wat die boonste
                 vertrekke beset.                                           (2 x 1)        (2)

        1.2.3    Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van die inligting in
                 hierdie bron vir ŉ historikus wat die skepping van die Driekamer-
                 parlement ondersoek.                                         (2 x 2)      (4)

1.3     Vergelyk Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die
        bewyse in Bron 1B ondersteun rakende die implementering van
        hervormings deur die apartheidsregering.                           (2 x 2)         (4)

1.4     Lees Bron 1C.

        1.4.1    Waarom, volgens die bron, was die 1980’s gewelddadig en het
                 Suid-Afrika na verandering beweeg?                      (1 x 2)           (2)

        1.4.2    Noem enige TWEE groepe wat volgens die bron verbonde aan
                 die UDF was.                                         (2 x 1)              (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     GESKIEDENIS V2                         (EC/SEPTEMBER 2021)

      1.4.3    Noem die TWEE veldtogte wat die UDF teen die apartheidsregime
               geloods het.                                             (2 x 1)              (2)

               Verduidelik wat word geϊmpliseer met die woorde: ‘Ons wil al ons
               regte hê, ons wil dit hier hê en wil dit nou hê’, in die konteks van
               Allan Boesak se toespraak.                                         (2 x 2)    (4)

1.5   Raadpleeg Bron 1D.

      1.5.1    Wat, volgens die bron, was die griewe van die swart woongebiede-
               (lokasie) inwoners wat tot huurboikotte gelei het?          (2 x 1)           (2)

      1.5.2    Waarom dink jy is swart polisiemanne en raadslede in die swart
               woongebiede (lokasies) aangeval?                            (2 x 2)           (4)

      1.5.3    Verduidelik wat bedoel word met die term Noodtoestand in die
               konteks van die hervormings wat deur P.W. Botha ingestel is. (1 x 2)          (2)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
      uitdagings wat die Suid-Afrikaanse regering gedurende die 1980's in die
      gesig gestaar het, verduidelik.                                                        (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   GESKIEDENIS V2                                          5

VRAAG 2:        HET DIE AMNESTIE-PROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN-
                VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) AAN DIE FAMILIE VAN
                DR. NEIL AGGETT AFSLUITING GEGEE?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1    Bestudeer Bron 2A.

       2.1.1     Definieer die term apartheid in jou eie woorde.                (1 x 2)      (2)

       2.1.2     Wat, volgens die bron, was Neil Aggett ooggetuie van in die
                 hospitale waar hy gewerk het?                                   (2 x 1)     (2)

       2.1.3     Verduidelik wat geïmpliseer word deur die woorde: ‘Aggett het die
                 51ste persoon geword wat in polisie-aanhouding sterf’ in die konteks
                 van politieke aanhoudings.                                     (2 x 2)      (4)

2.2    Raadpleeg Bron 2B.

       2.2.1     Watter boodskappe word op hierdie foto oorgedra?                (2 x 2)     (4)

       2.2.2     Waarom dink jy noem hierdie ondersteuner Neil Aggett, ‘ŉ Ware
                 patriot’?                                                  (1 x 2)          (2)

2.3    Lees Bron 2C.

       2.3.1     Definieer die term menseregte in die konteks van die WVK.       (1 x 2)     (2)

       2.3.2     Noem die TWEE polisiebeamptes in die bron wat as Aggett se
                 martelaars geïdentifiseer is.                              (2 x 1)          (2)

       2.3.3     Waarom, dink jy, het Nick Deetlefs, polisiebeampte van die
                 veiligheidstak, oor die dood van Neil Aggett gelieg?            (2 x 2)     (4)

       2.3.4     Hoe het die familie van Aggett, volgens die bron op Nick Deeflets se
                 toesmeer oor die marteling en moord op dr. Neil Aggett gereageer?
                                                                               (1 x 2)       (2)

       2.3.5     Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat
                 die omstandighede wat gelei het tot die dood van dr. Neil Aggett,
                 bestudeer.                                                     (2 x 2)      (4)

2.4    Gebruik Bron 2D.

       2.4.1     Noem die twee veiligheidspolisiemanne in die bron wat nie om
                 amnestie aansoek gedoen het nie.                            (2 x 1)         (2)

       2.4.2     Lewer kommentaar op die redes waarom aktiviste, familie en
                 ondersteuningsgroepe ŉ tweede ondersoek na die dood van Neil
                 Aggett versoek het.                                        (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2021)

       2.4.3   Hoe het haar broer, volgens Jill Burger gesterf?              (2 x 1)      (2)

       2.4.4   Haal ŉ sin uit die bron aan wat aandui dat dr. Aggett se vader nie sy
               dood kon aanvaar nie.                                          (1 x 2)     (2)

2.5    Vergelyk Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
       bewyse in Bron 2D met betrekking tot die dood van Neil Aggett ondersteun.
                                                                             (2 x 2)      (4)

2.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
       verduidelik of die amnestie-proses van die WVK die familie van Neil Aggett
       afsluiting gegee het.                                                              (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                    GESKIEDENIS V2                                          7

VRAAG 3:        WATTER IMPAK HET DIE GLOBALE COVID-19 VIRUS OP SUID-
                AFRIKA GEHAD?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.

3.1    Lees Bron 3A.

       3.1.1     Volgens die bron, waar is COVID-19 die eerste keer geïdentifiseer?
                                                                              (1 x 1)         (1)

       3.1.2     Noem enige TWEE beperkings in die bron wat op 15 Maart 2020
                 deur president Ramaphosa aangekondig is.                 (2 x 1)             (2)

       3.1.3     Waarom, dink jy, het die president besluit om skole en hoër-
                 onderwys-instellings onmiddellik te sluit?                   (2 x 2)         (4)

       3.1.4     Verduidelik die term grendeltyd/inperkingstyd in die konteks van die
                 COVID-19-pandemie.                                             (1 x 2)       (2)

       3.1.5     Verduidelik aan die hand van die inligting in die bron en jou eie
                 kennis hoe skole die akademiese jaar kon voltooi.               (1 x 2)      (2)

3.2    Verwys na Bron 3B.

       3.2.1     Noem enige TWEE strategieë vir openbare gesondheid in die bron
                 wat tydens die COVID19-pandemie in Suid-Afrika aangemoedig is.
                                                                           (2 x 1)            (2)

       3.2.2     Lewer kommentaar oor waarom jy dink dat ‘dringende en drastiese’
                 maatreëls deur president Cyril Ramaphosa geïmplementeer is.
                                                                           (2 x 2)            (4)

       3.2.3     Verduidelik die nut van hierdie bron vir ŉ historikus wat die gevolge
                 van die inperkingsregulasies op die lewens van Suid-Afrikaners
                 bestudeer.                                                       (2 x 2)     (4)

       3.2.4     Wanneer, volgens die bron, was inwoners toegelaat om hul wonings
                 te verlaat?                                               (2 x 1)            (2)

3.3    Raadpleeg Bron 3C.

       3.3.1     Noem EEN ekonomiese sektor uit die bron wat negatief deur die
                 Covid-19-pandemie geraak is.                              (2 x 1)            (2)

       3.3.2     Wat kon, volgens die bron, gebeur as ŉ persoon/maatskappy nie die
                 inperkingsregulasies nakom nie?                           (1 x 2)            (2)

       3.3.3     Verduidelik die redes waarom die bruto binnelandse produk (BBP)
                 drasties gedaal het aan die hand van die inligting in die bron en jou
                 eie kennis.                                                     (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    GESKIEDENIS V2                        (EC/SEPTEMBER 2021)

3.4   Bestudeer Bron 3D.

      3.4.1    Watter boodskappe word op hierdie foto oor die wêreldwye Derde
               Vlaag Covid-19-virus oorgedra?                             (2 x 2)           (4)

      3.4.2    Hoe, volgens die foto, kan die verspreiding van die pandemie
               voorkom word? Gebruik visuele leidrade op die foto.          (1 x 2)         (2)

      3.4.3    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en
               lewer kommentaar op die gevolge van die Derde Vlaag Covid-19-
               virus as veiligheidsmaatreëls nie getref word nie.               (1 x 2)     (2)

3.5   Verwys na Bron 3B en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die
      bewyse in Bron 3D ondersteun rakende die maatreëls wat getref is om die
      verspreiding van die virus te voorkom.                                (2 x 2)         (4)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak
      van die globale Covid-19-pandemie op Suid-Afrika verduidelik.                         (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 GESKIEDENIS V2                                         9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae, in hierdie
afdeling.

Jou opstel met ten minste DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE
         KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

‘Steve Biko is deur die apartheidsregime as ŉ bedreiging beskou.’

Verduidelik tot watter mate Steve Biko en die Swartbewussynsbeweging die
apartheidsregime in die 1970's uitgedaag het.                                            [50]

VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

‘Dit was De Klerk se besluite wat die weg gebaan het vir ŉ onderhandelde skikking
wat uiteindelik tot die stigting van ŉ demokratiese Suid-Afrika in 1994 gelei het.’

Bespreek die stelling krities. Ondersteun jou lyn van argument deur relevante
bewyse te gebruik.                                                                       [50]

VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

‘Dit was die ineenstorting (ondergang) van kommunisme wat grootliks
verantwoordelik was vir politieke veranderinge wat ná 1989 in Suid-Afrika
plaasgevind het.’

Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou lyn van argument deur relevante
bewyse te gebruik.                                                                       [50]

                                                                         TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2021-english/622702f7-c33f-4046-ba6c-1effad7e7f25) — History · QP · 2021 · Eng
- [History P2 Add June 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-june-2021-english/4b70309f-2760-4254-8778-f8fe061ab26d) — History · QP · 2021 · Eng
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
