# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afrikaans/8e011298-40e7-4d23-a2c0-604783cf7014
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afrikaans/8e011298-40e7-4d23-a2c0-604783cf7014)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2018

                          GESKIEDENIS V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GESKIEDENIS V2                    (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.      Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

 2.      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:      BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:      DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                       AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                       WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:      BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
                       DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

         VRAAG 5:      DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                       AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
                       OOREENKOMS EN DIE RNE

         VRAAG 6:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                       WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

 2.      AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
         gevind word.

 3.      AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.      Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1    Minstens EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en minstens
                EEN moet ŉ opstelvraag wees.

         4.2    Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag
                wees.

 5.      Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

 6.      In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         toepas.

 7.      Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

 8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

 9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   GESKIEDENIS V2                                         3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
 afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is
 in die ADDENDUM vervat.

 VRAAG 1:        HOE HET STEPHEN BANTU BIKO EN SY SWART-
                 BEWUSSYNFILOSOFIE SWART STUDENTE IN DIE 1970’s
                 BEÏNVLOED?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1     Verwys na Bron 1A.

         1.1.1   Waarom, volgens die bron, was swart Suid-Afrikaners so ontvanklik
                 vir die idees van Swart Bewussyn?                          (1 x 2)        (2)

         1.1.2   Definieer die volgende historiese begrippe in jou eie woorde:

                 (a)   Apartheid

                 (b)   Swart Bewussyn                                            (2 x 2)   (4)

         1.1.3   Verduidelik hoe die Nasionale Party se apartheidsbeleid die groei
                 van die Swartbewussynbeweging (SBB) beïnvloed het.           (2 x 2)      (4)

         1.1.4   Noem die organisasie wat Biko gevorm het nadat hy van NUSAS
                 weggebreek het.                                         (1 x 1)           (1)

         1.1.5   Lewer kommentaar op die stelling dat ‘Biko geen probleem met
                 witmense per se gehad het nie.’                           (2 x 2)         (4)

 1.2     Bestudeer Bron 1B.

         1.2.1   Identifiseer die plek waar Pikoli vir Biko die eerste keer ontmoet het.
                                                                                 (1 x 1) (1)

         1.2.2   Wat, volgens die bron, het gebeur met diegene wat by die SBB
                 aktiwiteite betrokke was?                                  (2 x 1)        (2)

         1.2.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                 waarom Steve Biko en Barney Pityana deur die spesiale taakmag
                 by die SBB vergadering gearresteer was.                        (1 x 2)    (2)

         1.2.4   Wat, dink jy was die impak van die idees van die SBB op studente
                 soos Vusi Pikoli?                                           (1 x 2)       (2)

         1.2.5   Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron aan ŉ historikus wat
                 die reaksie van die apartheidstaat teenoor die idees van die SBB
                 bestudeer.                                                    (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 1.3     Lees Bron 1C.

         1.3.1   Volgens die bron, wat was die onderliggende rede wat
                 veroorsaak het dat die studente van Soweto op ŉ optog besluit
                 het?                                                    (1 x 2)         (2)

         1.3.2   Gee die aantal mense wat tydens die Soweto-opstand gesterf
                 het.                                                  (1 x 1)           (1)

         1.3.3   Lewer kommentaar op wat jy dink deur die stelling geïmpliseer
                 was: ‘As ons Afrikaans moet doen, dan moet Vorster Zoeloe
                 doen.’                                                   (2 x 2)        (4)

 1.4     Raadpleeg Bron 1D.

         1.4.1 Waaroor, volgens die slagspreuk op die plakkaat, was die
               studente ongelukkig oor?                                 (1 x 1)          (1)

         1.4.2 Wat kan jy uit die foto wys raak aangaande die leerders se
               houding teenoor die oplegging van Afrikaans as taal vir onderrig?
                                                                          (2 x 2)        (4)

 1.5     Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
         bewyse in Bron 1D met betrekking tot die Soweto-opstand van 1976
         ondersteun.                                                       (2 x 2)       (4)

 1.6     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ŉ
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe Steve Bantu Biko en sy Swartbewussynfilosofie swart
         studente in die 1970’s beïnvloed het.                                           (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   GESKIEDENIS V2                                          5

 VRAAG 2:        HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
                 (WVK) DIE SLUIPMOORD VAN CHRIS HANI HANTEER?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.

 2.1    Bestudeer Bron 2A.

        2.1.1    Wie, volgens die bron, was Chris Hani?                        (1 x 1)     (1)

        2.1.2    Definieer die begrip amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2)         (2)

        2.1.3    Aan watter politieke party het Clive Derby-Lewis en Janusz Walus
                 behoort?                                                   (1 x 1)        (1)

        2.1.4    Waarom, volgens die bron, het die WVK geweier om amnestie
                 aan Clive Derby-Lewis en Janusz Walus toe te staan?   (1 x 1)             (1)

        2.1.5.   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                 waarom die komitee se bevindings verklaar het dat die applikante
                 se optrede nie in lyn met hul party was nie.                  (2 x 2)     (4)

 2.2    Raadpleeg Bron 2B.

        2.2.1    Wie, volgens die bron, was die leier van die Konserwatiewe Party
                 (KP)?                                                     (1 x 1)         (1)

        2.2.2    Wat, volgens die bron, was die amptelike beleid van die KP met
                 betrekking tot die moord op mense of die gebruik van geweld?
                                                                            (1 x 2)        (2)

        2.2.3    Haal enige TWEE bewysstukke uit die bron aan om te wys dat
                 Clive Derby-Lewis nie namens die KP opgetree het nie.   (2 x 1)           (2)

        2.2.4    Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die
                 KP by mobilisasie-planne betrokke was.                    (2 x 2)         (4)

 2.3    Lees Bron 2C.

        2.3.1    Watter bewyse in die bron dui daarop aan dat Clive Derby-Lewis
                 vir begenadiging aansoek gedoen het?                      (1 x 2)         (2)

        2.3.2    Haal TWEE redes uit die bron aan wat Lewis en Walus gebruik as
                 redes vir die moord op Chris Hani.                     (2 x 1)            (2)

        2.3.3    Verduidelik waarom jy dink die KP die ‘regering van die land’
                 wou oorneem.                                                (2 x 2)       (4)

        2.3.4    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat
                 die WVK se reaksie op die amnestie aansoek van Chris Hani se
                 moordenaars bestudeer.                                        (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.4    Gebruik Bron 2D.

        2.4.1   Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem was.       (2 x 2)     (4)

        2.4.2   Lewer kommentaar oor die slagspreuk op die plakkate wat deur
                die SAKP ondersteuners gedra word.                      (2 x 2)       (4)

 2.5    Vergelyk Bron 2C en 2D. Hoe ondersteun die inligting in Bron 2C die
        bewyse in Bron 2D met betrekking tot die aansoek vir parool?      (2 x 2)     (4)

 2.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
        Waarheid-en-Versoeningskommissie se hantering van die sluipmoord op
        Chris Hani verduidelik.                                                       (8)
                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   GESKIEDENIS V2                                          7

 VRAAG 3:       WAT WAS DIE GEVOLGE VAN GLOBALISASIE OP SUID-
                AFRIKA?

 Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.

 3.1    Lees Bron 3A.

        3.1.1    Wat, volgens die bron, was die hoofdoel van GEAR?            (1 x 1)   (1)

        3.1.2    Identifiseer enige TWEE kapitalistiese kenmerke van GEAR uit
                 die bron.                                               (2 x 1)        (2)

        3.1.3    Noem die TWEE organisasies uit die bron wat nie saam met die
                 ANC se GEAR-program gestem het nie.                    (2 x 1)         (2)

        3.1.4    Wat, volgens die inligting in die bron, was die hoofrede waarom
                 die SAKP en COSATU nie saam met die ANC se ideologie
                 gestem het nie?                                             (1 x 1)    (1)

        3.1.5    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te
                 verduidelik waarom die alliansie-vennote gevoel het dat hulle
                 deur die ANC verraai was.                                  (2 x 2)     (4)

 3.2    Bestudeer Bron 3B.

        3.2.1    Wat, volgens Alec Erwin, het daartoe aanleiding gegee dat Suid-
                 Afrika se nywerhede ‘wakker skrik en dink’?               (2 x 1)      (2)

        3.2.2    Verduidelik waarom mynbou belangrik vir die Suid-Afrikaanse
                 ekonomie is.                                             (2 x 2)       (4)

        3.2.3    Lys enige TWEE produkte vanuit die bron wat die Suid-
                 Afrikaanse mynboubedryf aansienlik aandryf.                  (2 x 1)   (2)

        3.2.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te
                 verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse mynbou voordeel uit
                 globalisasie trek.                                           (2 x 2)   (4)

 3.3    Raadpleeg Bron 3C.

        3.3.1    Wie, volgens die bron, word deur globalisasie verdrink?      (1 x 1)   (1)

        3.3.2    Verduidelik die boodskap wat die spotprenttekenaar met
                 betrekking tot globalisasie probeer oordra. Gebruik die visuele
                 leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.         (2 x 2)    (4)

 3.4    Vergelyk Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die
        bewyse in Bron 3C met betrekking tot die gevolge van globalisasie
        weerspreek.                                                         (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 3.5   Gebruik Bron 3D.

       3.5.1    Watter effek, volgens die bron, het die apartheidsbeleide op die
                Suid-Afrikaanse ekonomie gehad?                             (1 x 1)    (1)

       3.5.2    Verduidelik hoe die apartheidsbeleide die nywerhede gedurende
                die apartheidsjare geaffekteer het.                      (2 x 2)       (4)

       3.5.3    Wat, volgens die bron was die impak van die isolasie-beleide op
                die onproduktiewe vervaardigingsektor?                     (1 x 2)      (2)

       3.5.4    Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die bron vir ŉ
                historikus wat die positiewe impak van globalisasie in die post-
                apartheidsera bestudeer.                                    (2 x 2)    (4)

 3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
       gevolge van globalisasie op die Suid-Afrikaanse ekonomie verduidelik.            (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 GESKIEDENIS V2                                          9

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
 afdeling.

 Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

 VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET IN SUID-AFRIKA: 1970’s TOT 1980’s

 ‘Dit was die bykomende druk van die internasionale gemeenskappe wat die
 ineenstorting van apartheid in die laat 1980’s sou veroorsaak.’

 Bespreek die bogenoemde stelling krities deur te verwys na die aktiwiteite van
 die internasionale gemeenskappe teenoor die apartheidsregime in die 1980’s.         [50]

 VRAAG 5:       DIE KOMS VAN DEMOKRASIE IN SUID-AFRIKA EN
                AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

 ‘Die onderhandelingsproses was byna ontspoor deur geweld en meningsverskille
 oor hoe die toekoms van SA bestuur moes word.’

 Tot watter mate is hierdie stelling ŉ akkurate beoordeling van die gebeure soos
 dit in die 1990’s ontvou het.                                                       [50]

 VRAAG 6:       DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                WÊRELDORDE: 1989 TOT DIE HEDE

 ‘Gorbachev se hervormings en die ondergang van kommunisme in die
 Sowjetunie (USSR) het die weg gebaan vir onderhandelinge tussen die ANC en
 die apartheidsregering na 1989.’

 Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord met relevante historiese
 bewyse.                                                                             [50]

                                                                       TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-eng-d/812c8729-7ad5-4b83-a4e4-b51692a55c08) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
