# History Grade 10 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

> Grade 10 History question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-qp-gr10-nov2017-afrikaans/f2ffcf94-0d93-450b-a325-010a14bf632b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/history) › [History Grade 10 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-qp-gr10-nov2017-afrikaans/f2ffcf94-0d93-450b-a325-010a14bf632b)

## About this document

History · Grade 10 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 10

                           NOVEMBER 2017

                             GESKIEDENIS

PUNTE:      150

TYD:        3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 GESKIEDENIS                           (EC/NOVEMBER 2017)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:         TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750

     VRAAG 2:         KOLONIALE UITBREIDING NA 1750

     VRAAG 3:         DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:         TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750
                      DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO-KONINGKRYK ONDER
                      MOSHOESHOE

     VRAAG 5:         KOLONIALE UITBREIDING NA 1750
                      SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOËVELD

     VRAAG 6:         DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE
                      DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
     benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gekry
     word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opsteltipe vrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1      Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste
              EEN moet ŉ opsteltipe vraag wees.

     4.2      Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag
              wees.

5.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
     gebruik.

6.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

7.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringsstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                       GESKIEDENIS                                          3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1: HOE WAS SHAKA IN DIE BOU VAN DIE ZOELOE-NASIE BESKOU?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1 Verwys na Bron 1A

      1.1.1    Wie, volgens die bron, was die TWEE skrywers wie negatiewe dinge oor
               Shaka geskryf het?                                            (2 x 1)           (2)

      1.1.2    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom
               hulle negatiewe dinge oor Shaka in hul boeke geskryf het.           (2 x 2)     (4)

      1.1.3    Onttrek TWEE negatiewe woorde wat in hul boeke gebruik is om Shaka
               te beskryf.                                                   (2 x 1)           (2)

1.2 Raadpleeg Bron 1B.

      1.2.1    Noem DRIE positiewe woorde in die bron wat gebruik word om Shaka
               as ŉ leier te beskryf.                                       (3 x 1)            (3)

      1.2.2    Verduidelik die konsep despoties.                                   (1 x 2)     (2)

      1.2.3    Verduidelik hoe bruikbaar die bron vir ŉ historikus sal wees wat die
               bewind van Shaka bestudeer.                                         (2 x 2)     (4)

      1.2.4    Wat, volgens die bron, was die redes vir die val van Shaka?
                                                                                   (3 x 1)     (3)

1.3 Gebruik Bron 1C.

      1.3.1    Onttrek bewyse uit die bron wat aandui dat dit ŉ populêre reeks was.
                                                                                 (1 x 2)       (2)

      1.3.2    Wat, volgens die bron, was die doel van die reeks?                  (1 x 2)     (2)

      1.3.3    Waarom, volgens die bron, was die reeks gekritiseer?                (1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  GESKIEDENIS                               (EC/NOVEMBER 2017)

1.4 Bestudeer Bron 1D.

     1.4.1    Identifiseer TWEE tradisionele wapens in die foto.                  (2 x 1)     (2)

     1.4.2    Gebruik jou eie kennis en verduidelik die militêre taktieke wat Shaka
              gebruik het om sy vyande te verslaan.                               (2 x 2)     (4)

     1.4.3    Watter boodskap word deur die foto van Shaka oorgedra?              (2 x 2)     (4)

     1.4.4    Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom Shaka besluit het om die
              kortsteel assegaai tydens oorloë te gebruik.                    (2 x 2)         (4)

     1.4.5    Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom krygers die lang skild
              tydens oorloë gebruik het.                                       (2 x 2)        (4)

1.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
    paragraaf van ongeveer ses reëls (60 woorde) om te verduidelik hoe Shaka in
    die opbou van die Zoeloe-nasie aanskou was.                                               (6)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                       GESKIEDENIS                                        5

VRAAG 2:        HOE HET BRITSE BEHEER DIE POLITIEKE, EKONOMIESE EN
                SOSIALE LANDSKAP VAN DIE KAAP VERANDER?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1 Raadpleeg Bron 2A.

      2.1.1    Definieer die historiese konsep slaaf.                            (1 x 2)     (2)

      2.1.2    Hoe, volgens die bron, was slawe behandel?                        (1 x 2)     (2)

      2.1.3    Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Brittanje
               slawe aan die Kaap geëmansipeer het.                              (1 x 2)     (2)

      2.1.4    Watter wet, volgens die bron, het slawerny afgeskaf?              (1 x 2)     (2)

      2.1.5    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die gevolge wat die
               vrystelling van slawe gehad het op:

               (a)    Slawe                                                      (1 x 2)     (2)

               (b)    Slawe-eienaars                                             (1 x 2)     (2)

2.2 Verwys na Bron 2B.

      2.2.1    Haal TWEE woorde uit die bron aan wat aandui hoe slawe hulle slawe-
               eienaars aangespreek het.                                      (2 x 1)        (2)

      2.2.2    Wat, volgens die bron, was Kate Jacob se meester se reaksie op die
               vrystelling van slawe?                                          (1 x 2)       (2)

      2.2.3    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom slawe
               verskillend op die nuus van emansipasie gereageer het.            (2 x 2)     (4)

      2.2.4    Gebruik jou eie kennis en verduidelik of Katie Jacob se toekomstige
               man se reaksie geregverdig was. Motiveer jou antwoord.       (2 x 2)          (4)

2.3 Bestudeer Bron 2C.

      2.3.1    Definieer die term anneksasie in jou eie woorde.                  (1 x 2)     (2)

      2.3.2    Gebruik die bron en jou eie kennis en beskryf die houding van die
               koloniste teenoor die Xhosas.                              (1 x 2)            (2)

      2.3.3    Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom dit moontlik vir die
               koloniste was om die Xhosas se land te annekseer.         (1 x 2)             (2)

      2.3.4    Onttrek die redes vir die Britse anneksasie van die Xhosa se grond uit
               die bron.                                                       (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GESKIEDENIS                            (EC/NOVEMBER 2017)

2.4 Verwys na Bron 2D.

     2.4.1    Wie, volgens die bron, was Sarhili?                             (1 x 1)     (1)

     2.4.2    Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom Sarhili die profesie
              geïmplementeer het.                                        (1 x 2)          (2)

     2.4.3    Gebruik jou eie kennis en verduidelik na watter leuens Sarhili verwys
              het.                                                            (1 x 2)     (2)

     2.4.4    Wat, volgens die bron, het Sarhili verloor omdat hy na die leuens
              geluister het?                                              (3 x 1)         (3)

     2.4.5    Gee die naam van die meisie wie die profesie van die veeslagting
              gemaak het.                                               (1 x 2)           (2)

     2.4.6    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die rampspoedige
              gevolge wat die veeslagting op die Xhosas gehad het.        (1 x 2)         (2)

2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
    paragraaf van ongeveer SES reëls (60 woorde) om te verduidelik hoe Britse
    beheer die politieke, ekonomiese en sosiale landskap van die Kaap verander
    het.                                                                                  (6)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                        GESKIEDENIS                                        7

VRAAG 3: HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG NIE NET DIE
         AFRIKANERS, MAAR OOK DIE SWART SUID-AFRIKANERS
         GEAFFEKTEER?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1 Raadpleeg Bron 3A.

      3.1.1    Haal bewyse aan uit die bron wat die nadelige gevolge wat die oorlog op
               swart families gehad het, aandui.                                (3 x 1)       (3)

      3.1.2    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die lyding wat Swartes
               in die konsentrasie-kampe verduur het.                             (2 x 2)     (4)

      3.1.3    Identifiseer die DRIE tipe swart plaaswerkers wat vanaf die boere plase
               na konsentrasie-kampe geneem is.                                  (3 x 1)      (3)

      3.1.4    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die meeste
               Swartes verkies het om in die Britse leër te werk.              (2 x 2)        (4)

3.2 Verwys na Bron 3B.

      3.2.1    Onttrek bewyse uit die bron wat aandui dat aparte konsentrasie-kampe
               gedurende die oorlog geskep was.                                 (1 x 2)       (2)

      3.2.2    Hoeveel Swartes het, volgens die bron, in die konsentrasie-kampe
               gesterf?                                                        (1 x 1)        (1)

      3.2.3    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat die
               behandeling van Swartes in die konsentrasie-kampe bestudeer. (1 x 2)           (2)

3.3 Bestudeer Bron 3C.

      3.3.1    Definieer die volgende historiese begrippe:

               (a)    Guerilla-taktieke                                           (1 x 2)     (2)

               (b)    Kommando’s                                                  (1 x 2)     (2)

      3.3.2    Hoe, volgens die bron, het Lord Robert die burgers gestraf?        (3 x 1)     (3)

      3.3.3    Gebruik jou eie kennis en noem die beleid wat deur die Britte gebruik is
               om boere se plase af te brand.                                    (1 x 2)      (2)

      3.3.4    Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die Britte besluit het om
               die boere se eiendom te vernietig.                                 (2 x 2)     (4)

      3.3.5    Gebruik jou eie kennis en verduidelik die effek wat die afbrand van plase
               op die boere gehad het.                                            (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  GESKIEDENIS                               (EC/NOVEMBER 2017)

3.4 Lees Bron 3D.

     3.4.1    Onttrek bewys uit die geskrewe bron wat aandui dat vroue en kinders
              ook konsentrasie-kampe toe gestuur is as straf.                 (1 x 2)         (2)

     3.4.2    Hoe, volgens die bron, kon Sarah die Britse magte ontduik?          (1 x 2)     (2)

     3.4.3    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik watter rol vroue tydens
              die oorlog gespeel het.                                             (1 x 2)     (2)

     3.4.4    Verduidelik hoe die geskrewe bron die visuele bron ondersteun ten
              opsigte van die rol wat vroue gedurende die Suid-Afrikaanse oorlog
              gespeel het.                                                     (1 x 2)        (2)

3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
    paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) en verduidelik hoe die
    Suid-Afrikaanse Oorlog nie net die Afrikaners, maar ook die Swart Suid-
    Afrikaners geaffekteer het.                                                               (6)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     GESKIEDENIS                                         9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

VRAAG 4:       TRANSFORMASIE IN SUIDELIKE AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS
               VAN DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER MOSHOESHOE

‘In die opbou van die Sotho-koninkryk was Moshoeshoe ŉ diplomaat.’

Stem jy saam met die hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante
bewyse.                                                                                    [50]

VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN KONFLIK
         OP DIE HOËVELD

Hoe het die koloniale uitbreiding na 1750 tot samewerking en konflik op die Hoëveld
gelei?

Bespreek krities die konflik tussen die Britte, Boere en die Basoetoes en die pogings
aangewend deur Brittanje om dit op te los.                                                 [50]

VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE – DIE NATURELLE
         GRONDWET VAN 1913

‘Die Naturelle Grondwet van 1913 was die finale spyker in die kis vir Swart Suid-
Afrikaners in die 20ste eeu en ŉ stap na Apartheid.’

Bespreek hierdie stelling met verwysing na die sosiale en ekonomiese impak van die
Naturelle Grondwet en hoe dit die fondasie vir die sisteem van Apartheid gelê het.         [50]

                                                                            TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY GR10 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-memo-afrikaans/c30978ce-c343-42bd-aa3d-4f7ddbfdd118) — History · Memo · 2017 · Afr
- [HISTORY QP GR10 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2017-national-november-exam-question-paper-afrikaans/a0fb5f0f-8368-4bcd-ac1d-b7428744e0ff) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY ADDENDUM AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2017-national-november-exam-addendum-afrikaans/2e311075-ed7e-4e29-aea0-77114faf5768) — History · Addendum · 2017 · Afr
- [HISTORY GR10 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2017-national-november-exam-memorandum-afrikaans/d7a5ce8c-3fcc-444e-9f60-b0085496967d) — History · Memo · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR10 ADDENDUM NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-addendum-nov2020-afrikaans/183daafa-93ca-4aa1-a687-f1211be0f3be) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/e617055c-4711-4539-8400-a28a784f20f4) — History · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 10 History

- [Gr 10 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-his-atp-2023-24/77b69460-c4e9-4807-8d15-fdb95c83ebd3) — ATP
- [EC History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/e50c532b-d70e-4ae5-b45d-e752d9219b14) — QP + Memo · 2025
- [LP MW History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-mw-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/1ff6ebbe-b71c-4580-84c5-7daa68b46aeb) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 History Term 1 Controlled Test 2023 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-history-term-1-controlled-test-2023-addendum/ef7a2e5a-0d94-49a0-a5e3-6f048454417c) — Addendum · 2023
- [HISTORY P2 GR 10 NOV2020 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr-10-nov2020-memo-afrikaans/bb5e6e0c-b600-4321-b92b-3bb58ac61341) — Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-addendum-nov2019-eng-d/4b18c1a7-4e17-451a-8471-e72686b424f2) — Addendum · 2019 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
