# History Grade 10 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

> Grade 10 History question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-qp-gr10-nov2018-afr-d/f0c7487c-fccd-4859-bad8-bf529b9d5984
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/history) › [History Grade 10 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-qp-gr10-nov2018-afr-d/f0c7487c-fccd-4859-bad8-bf529b9d5984)

## About this document

History · Grade 10 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 10

                          NOVEMBER 2018

                             GESKIEDENIS

PUNTE:      150

TYD:        3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 GESKIEDENIS                            (EC/NOVEMBER 2018)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is: DRIE
     brongebaseerde vrae onder AFDELING A en DRIE opstelvrae onder
     AFDELING B.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:         TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750

     VRAAG 2:         KOLONIALE UITBREIDING NA 1750

     VRAAG 3:         DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:         TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750: DIE OPKOMS
                      VAN DIE BASOETO-KONINGRYK ONDER MOSHOESHOE

     VRAAG 5:         KOLONIALE UITBREIDING NA 1750: SAMEWERKING EN
                      KONFLIK OP DIE HOËVELD

     VRAAG 6:         DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE: DIE NATURELLE
                      GRONDWET VAN 1913

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
     word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gekry word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1    Ten minste EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
            moet ’n opstelvraag wees.

     4.2    Die DERDE vraag kan óf ’n brongebaseerde vraag óf ’n opstelvraag wees.

5.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
     toepas.

6.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

7.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2018)                       GESKIEDENIS                                            3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie in hierdie afdeling.
Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.

VRAAG 1:      HOE HET SHAKA SE KINDERJARE SY LEIERSKAP VAN DIE ZOELOE-
              NASIE BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 1A, 1B en 1C en beantwoord die vrae hieronder.

1.1   Verwys na Bron 1A.

      1.1.1    Wie, volgens die bron, was Shaka se vader?                              (1 x 1)       (1)

      1.1.2    Hoe, volgens die bron, het die Zoeloes op Nandi se swangerskap
               gereageer?                                                              (1 x 2)       (2)

      1.1.3    Gee bewyse uit die bron wat aandui dat Shaka nie die oorgeërfde opvolger
               sou wees nie.                                                     (1 x 2)             (2)

      1.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe
               Nandi se stelling dat Shaka haar klein vuurgloed was bewaarheid is.(2 x 2)            (4)

      1.1.5    Lewer kommentaar oor hoe Nandi tot die ontwikkeling van Shaka as ’n
               magtige leier bygedra het.                                       (1 x 2)              (2)

      1.1.6    Haal bewyse aan uit die bron wat aandui dat Shaka moeilike kinderjare
               beleef het.                                                        (3 x 1)            (3)

      1.1.7    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die beste mentor wat
               Shaka uiteindelik sou voorberei vir sy leierskapsrol, te identifiseer. (1 x 2)        (2)

1.2   Raadpleeg Bron 1B.

      1.2.1    Wat, volgens die bron, was die eerste ding wat Shaka gedoen het, toe hy
               leier van die Zoeloes geword het?                                  (1 x 2)            (2)

      1.2.2    Identifiseer die naam wat vir ’n regiment Zoeloe krygers gegee word.
                                                                                   (1 x 2)           (2)

      1.2.3    Waarom, volgens die bron, het Shaka mense (opponente) doodgemaak?
                                                                            (2 x 1)                  (2)

      1.2.4    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
               verduidelik waarom die streek ’n onbewoonde, brandende puinhoop van
               krale geword het.                                                     (1 x 2)         (2)

      1.2.5    Definieer die begrip mite in jou eie woorde.                            (1 x 2)       (2)

      1.2.6    Volgens die bron, wat was die taak van die ‘lende’?                     (1 x 2)       (2)

      1.2.7    Lewer kommentaar oor waarom Shaka suksesvol was om ander stamme te
               verslaan.                                                   (2 x 2)                   (4)

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  GESKIEDENIS                               (EC/NOVEMBER 2018)

1.3   Bestudeer Bron 1C.

      1.3.1    Identifiseer enige TWEE militêre wapens wat Shaka tydens sy gevegte
               gebruik het. Gebruik die visuele leidrade.                     (2 x 1)              (2)

      1.3.2    Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom hy die kortsteel-
               assegaai ingebring het.                                           (1 x 2)           (2)

      1.3.3    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
               verduidelik waarom hy die eLangeni-stam eerste doodgemaak het.
                                                                                   (2 x 2)         (4)

1.4   Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
      bewyse in Bron 1C ondersteun met betrekking tot die militêre taktieke wat Shaka
      in die opbou van die Zoeloe-nasie gebruik het.                            (2 x 2)            (4)

1.5   Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ’n paragraaf van
      ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe Shaka se
      kinderjare sy leierskap van die Zoeloe nasie beïnvloed het.                              (6)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                     GESKIEDENIS                                          5

VRAAG 2:      WAT WAS DIE IMPAK VAN BRITSE KOLONIALISME OP DIE
              BEVOLKING VAN DIE KAAPKOLONIE?

Bestudeer Bron 2A, 2B en 2C en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Lees Bron 2A.

      2.1.1 Waarom, volgens die bron, het die Britte besluit om beheer oor die Kaap
            te neem?                                                           (1 x 2)           (2)

      2.1.2 Definieer die term kolonialisme in jou eie woorde.                    (1 x 2)        (2)

      2.1.3 Watter nasie, volgens die bron, het die Kaap in 1652 gekoloniseer?
                                                                                  (1 x 2)        (2)

      2.1.4 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die Khoi-Khoi gemeenskap
            verbrokkel het.                                                 (1 x 2)              (2)

      2.1.5 Lewer kommentaar oor die impak van kolonisasie op die inheemse
            mense van die Kaap.                                            (2 x 2)               (4)

      2.1.6 Noem die Europese tegnologie wat aan die inheemse leiers bekendgestel
            is.                                                            (1 x 1)               (1)

2.2   Raadpleeg Bron 2B.

      2.2.1 Definieer die term vakleerlingskap in jou eie woorde.                 (1 x 2)        (2)

      2.2.2 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom daar na Manisa as ’n
            ‘gewese slaaf’ verwys word.                                       (1 x 2)            (2)

      2.2.3 Haal bewyse uit die bron aan wat bewys dat vroulike slawe ook
            mishandel was.                                                        (2 x 1)        (2)

      2.2.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ’n historikus wat die
            emansipasie (vrystelling) van slawe, bestudeer.                       (2 x 2)        (4)

      2.2.5 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die Britte besluit het om die
            slawe vry te stel.                                                  (1 x 2)          (2)

      2.2.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, en jou eie kennis,
            verduidelik die positiewe gevolge van bevryding op die lewens van slawe.
                                                                                 (2 x 2)         (4)

      2.2.7 Wie, volgens die bron, was Manisa se baas (meester)?                 (1 x 1)         (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS                               (EC/NOVEMBER 2018)

2.3   Gebruik Bron 2C.

      2.3.1    Na watter kolonie verwys Piet Retief in die bron?                    (1 x 2)        (2)

      2.3.2    Lys TWEE klagtes wat deur Retief gemaak word as redes om die
               Kaapkolonie te verlaat.                                      (2 x 1)                (2)

      2.3.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom
               die Boere besluit het om die Kaap te verlaat, behalwe die bevryding van
               slawe.                                                              (2 x 2)         (4)

      2.3.4    Wie is die ‘rondlopers’ na wie Retief in paragraaf 1 van die manifes
               verwys?                                                            (1 x 2)          (2)

      2.3.5    Lewer kommentaar op die Voortrekkers se houding met betrekking tot
               hul toekoms in Suid-Afrika.                                  (1 x 2)                (2)

      2.3.6    Haal ’n frase aan uit die bron wat aandui dat die Boere onafhanklik van
               die Britte wou wees.                                               (1 x 2)          (2)

2.4   Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ’n paragraaf van
      ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak van Britse
      kolonialisme op die bevolking van die Kaapkolonie, verduidelik.                          (6)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                       GESKIEDENIS                                           7

VRAAG 3:       WAT WAS DIE ROL EN ERVARINGS VAN SWART SUID-
               AFRIKANERS IN DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG (1899–1902)?

Bestudeer Bron 3A, 3B en 3C en beantwoord die vrae wat volg.

3.1    Gebruik Bron 3A.

       3.1.1    Identifiseer die primêre bevolkingsgroepe wat oorspronklik by die Suid-
                Afrikaanse Oorlog betrokke was.                                    (2 x 1)           (2)

       3.1.2    Watter ander bevolkingsgroepe, volgens die bron, het ook ŉ rol in die
                oorlog gespeel?                                                  (4 x 1)             (4)

       3.1.3    Noem enige DRIE rolle wat swart Suid-Afrikaners in die oorlog gespeel
                het.                                                            (3 x 1)              (3)

       3.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                waarom daar oorspronklik na hierdie oorlog as die ‘witmansoorlog’
                verwys was.                                                          (2 x 2)         (4)

       3.1.5    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom
                die Boere-kommando’s oorspronklik nie swartes wou bewapen nie.
                                                                                     (1 x 2)         (2)

       3.1.6    Wat, volgens die bron, was die pligte van agterryers?                (3 x 1)         (3)

       3.1.7    Verduidelik waarom ’n historikus die inligting in hierdie bron bruikbaar sal
                vind wanneer hy die rol van swart Suid-Afrikaners in die Suid-Afrikaanse
                Oorlog bestudeer.                                                    (1 x 2)         (2)

3.2    Lees Bron 3B.

       3.2.1    Definieer die begrip ‘krygswet’ in die konteks van die Suid-Afrikaanse
                Oorlog.                                                            (1 x 2)           (2)

       3.2.2    Noem die landdros by wie Abraham Esau om hulp gevra het.             (1 x 1)         (1)

       3.2.3    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Abraham
                Esau ’n spioenasie-netwerk gestig het.                         (2 x 2)               (4)

       3.2.4    Haal bewyse uit die bron aan om te bewys dat daar ook op Abraham
                Esau gespioeneer was.                                         (1 x 2)                (2)

       3.2.5    Hoe, volgens die bron, is Abraham Esau gemartel?                     (3 x 1)         (3)

       3.2.6    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die Britse
                weermag Abraham Esau vereer het.                                  (1 x 2)            (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS                             (EC/NOVEMBER 2018)

      3.2.7    Verduidelik hoe die volgende mense op die dood van Abraham Esau
               sou reageer:

               (a)    Pro-Britse simpatiseerders                                   (1 x 2)        (2)

               (b)    Boere simpatiseerders                                        (1 x 2)        (2)

3.3   Verwys na Bron 3C.

      3.3.1    Verduidelik die boodskap wat die foto oordra. Gebruik die visuele
               leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun.               (1 x 2)          (2)

      3.3.2    Verduidelik waarom jy dink swartes gewillig was om aan die kant van die
               Britte te veg.                                                  (1 x 2)            (2)

3.4   Vergelyk Bron 3A en Bron 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die
      bewyse in Bron 3C ondersteun met betrekking tot swart Suid-Afrikaners se
      bydrae tot die Suid-Afrikaanse Oorlog.                                    (1 x 2)           (2)

3.5   Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ’n paragraaf van
      ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die rol en ervarings van
      swart Suid-Afrikaners in die Suid-Afrikaanse Oorlog bespreek.                           (6)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                    GESKIEDENIS                                         9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

VRAAG 4:      TRANSFORMASIE IN SUIDELIKE AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS
              VAN DIE BASOETO-KONINGKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE

‘Moshoeshoe is as ’n uitgeslape maar wyse staatsman en ’n slim beplanner beskryf.’
Stem jy saam met die hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met ŉ relevante
voorbeelde.                                                                                   [50]

VRAAG 5:      KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN KONFLIK
              OP DIE HOËVELD

‘Die Hoëveld was na 1750 gekenmerk deur konflikte tussen die Boere, Britte en die
Basoetoes.’

Bespreek die stelling krities. Ondersteun jou antwoord met relevante voorbeelde.              [50]

VRAAG 6:      DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE – DIE NATURELLE
              GRONDWET VAN 1913

‘Die Naturelle Grondwet van 1913 is binne drie jaar na die bewindsaanvaarding deur
die Unieregering aanvaar, wat verreikende gevolge vir swart Suid-Afrikaners gehad
het.’

Bespreek hierdie stelling en ondersteun jou antwoord met relevante bewyse.                    [50]

                                                                             TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com



### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [HISTORY QP GR10 NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-qp-gr10-nov2018-eng-d/0af88c2a-c9be-4779-a1b3-0a87f316e3f8) — History · QP · 2018 · Eng
- [HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-addendum-nov2018-afr-d/039021f9-219a-499c-9a03-c2d2b8ca6701) — History · Addendum · 2018 · Afr
- [HISTORY ADDENDUM GR10 NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-addendum-gr10-nov2018-eng-d/cf0801f5-0f6a-44d8-847e-1d5960aa3723) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [HISTORY GR 10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-gr-10-memo-nov2018-afrikaans/0ca849a7-4395-4c79-839b-864d8e9192a8) — History · Memo · 2018 · Afr
- [HISTORY GR10 MEMO NOV2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-memo-nov2018-english/368f705a-8a7a-43ae-803d-44f05c14e845) — History · Memo · 2018 · Eng
- [HISTORY QP GR10 NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2018-national-november-exam-question-paper/21ce3ce3-ab45-47be-b843-4b01ac296e4f) — History · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 History

- [Grade 10 History November 2026 Mock Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-addendum/d566e6d9-8258-4765-b80b-6c83e66b06d6) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-memorandum/041c0977-7ec5-4d80-b3e5-638e7d237765) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock 2 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-2-addendum/69ecae02-9d7e-459d-92de-178ab11c8a56) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-2-memorandum/30206d18-b156-4b6f-81f2-58764be858ea) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 10 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-his-atp-2023-24/77b69460-c4e9-4807-8d15-fdb95c83ebd3) — ATP
- [EC History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/e50c532b-d70e-4ae5-b45d-e752d9219b14) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
