# Hospitality Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP

> Grade 11 Hospitality Studies question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr11-qp-afr-nov2015/47582938-cdee-4b2e-ac24-e775695c9c02
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr11-qp-afr-nov2015/47582938-cdee-4b2e-ac24-e775695c9c02)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                     NOVEMBER 2015

                  GASVRYHEIDSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                 GASVRYHEIDSTUDIES                 (EC/NOVEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

      AFDELING A: Kortvrae                                                  (40)
      AFDELING B: Kombuis-en restaurantbedrywighede
                  Higiëne, veiligheid en sekuriteit                          (30)
      AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning
                  Voedsel-kommoditeite                                       (80)
      AFDELING D: Sektore en loopbane
                  Voedsel-en drankbediening                                  (50)

2.    Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK.

3.    Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                GASVRYHEIDSTUDIES                                       3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
     (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

     1.1.1     ŉ Mikro-organisme wat nuttig is in die produksie van bloukaas is ...

               A      bakterieë.
               B      skimmel.
               C      gis.
               D      bacillus.

     1.1.2    Petit fours ...

               A      is souterige items.
               B      word bedien by ontbyt.
               C      is klein soet koek.
               D      word met gisdeeg gemaak.

     1.1.3     Salarisse en lone is deel van … -koste.

               A      oorhoofse
               B      arbeid
               C      voedsel
               D      huur

     1.1.4     Dun stroke groentesnitte wat vir garnering gebruik kan word:

               A      Julienne
               B      Chiffonade
               C      Brunoise
               D      Batonnets

     1.1.5     Die proses om vloeistof deur middel van verdamping te verdik is ...

               A       suiwering.
               B       dekstrinasie.
               C       gelatienisasie.
               D       reduksie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                   GASVRYHEIDSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2015)

     1.1.6      Droë gesoute vleis staan as … bekend.

                A      veldkos
                B      biltong
                C      bokkem
                D      boerekos

     1.1.7      … is ŉ soort diens waar kos smaakvol op ŉ tafel gerangskik word
                en gaste hulself kan bedien.

                A      Kafeteria
                B      Familie
                C      Russiese
                D      Buffet

     1.1.8      ŉ ... is verantwoordelik vir die kombuisbedrywighede in die
                afwesigheid van die uitvoerende sjef.

                A      Sjef de Partie
                B      Sjef de cuisine
                C      Sous sjef
                D      Commis sjef

     1.1.9      Die omskakeling van koolhidrate in koolstofdioksied en alkohol
                staan as … bekend.

                A      fermentasie
                B      kogulasie
                C      regstelling
                D      karamelisering

     1.1.10     ŉ Mengsel van rof gekapte uie, wortels en selderye wat gebruik
                word om aftreksel te geur:

                A      Kruiesakkie
                B      Mirepoix
                C      Bondles
                D      Boeljon                                                 (10 x 1)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                GASVRYHEIDSTUDIES                                       5

1.2 EENWOORD-ITEMS

     Gee EEN woord of term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
     regte woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
     ANTWOORDEBOEK.

     1.2.1      ŉ Item wat tussen die entrée en hoofgereg bedien word om die
                verhemelte (smaak) te verfris

     1.2.2      Die term wat gebruik word om die voorbereiding voor of na diens te
                beskryf

     1.2.3      Voedsel wat volgens die Joodse geloof aanvaarbaar is

     1.2.4      Om die pote en vlerke van ŉ hoender vas te bind om dit kompak te
                maak

     1.2.5      ŉ Bonus wat die kelner vir goeie diens ontvang

     1.2.6      Die beginsel om voorraad te roteer

     1.2.7      ŉ Tradisionele Suid-Afrikaanse bees- of lam-gegeurde wors

     1.2.8      ŉ Soort diens waar voedsel vanaf ŉ beweegbare waentjie voorberei en
                bedien word

     1.2.9      ŉ Plek by ŉ tafel gedek

     1.2.10     Skep van gesmelte vet of enige ander vloeistof oor vleis tydens rooster
                                                                                (10 x 1)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                  GASVRYHEIDSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2015)

1.3   PAS-ITEMS

      Kies die beskrywing in KOLOM B wat by die wet/beleid in KOLOM A pas. Skryf
      SLEGS die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.4) in jou
      ANTWOORDEBOEK neer.

                KOLOM A                                     KOLOM B
               WET/BELEID                                 BESKRYWING
      1.3.1    Wet op Basiese           A     Hierdie wet verbied die bedwelming deur
               Diensvoorwaardes               middel van alkohol of medikasie by ŉ
                                              werksplek

      1.3.2    Algemene                 B     Hierdie wet vereis dat werkgewers beleide
               Veiligheidsregulasies          en riglyne oor gesondheid en veiligheid
                                              moet saamstel

      1.3.3    Wet op                   C     Beskerm die werknemers teen finansiële
               Beroepsgesondheid              verlies in die geval van beserings by die
               en -veiligheid                 werkplek

      1.3.4    Higiëne regulasies       D     Dit geld nie by die Nasionale
                                              Verdedigingsmag en Nasionale Intelligensie
                                              Agentskap nie

                                        E     Stipuleer verbod en regulasies vir die
                                              hantering en vervoer van voedsel

                                        F     Hierdie wet vereis dat werkgewers
                                              gestruktureerde loopbaanvooruitsigte moet
                                              hê in die maatskappy se organisatoriese
                                              struktuur
                                                                                   (4 x 1)          (4)

1.4 KEUSE-ITEMS

      Kies SES riglyne wat oorweeg moet word wanneer voedsel in die yskas bewaar
      word vanuit die lys hieronder. Skryf slegs die letter wat ooreenstem met die
      korrekte riglyn in jou ANTWOORDEBOEK neer.

      A       Hou voedsel bedek om uitdroging te voorkom.

      B       Moenie vleis wat moet ontdooi op die boonste rak in die yskas plaas nie.

      C       Bewaar rou en gaar kos apart.

      D       Hou yskas-deure oop vir maklike toegang tot voedselitems.

      E       Hou rakke skoon.

      F       Temperatuur moet altyd laer as 7 °C wees.

      G       Bewaar voedsel met sterk reuke weg van ander voedsel.

      H       Maak altyd seker dat die yskas oorvol is, vir die sirkulasie van lug.
                                                                                       (6 x 1)      (6)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                 GASVRYHEIDSTUDIES                                       7

1.5 PAS-ITEMS

     Kies ŉ eetbare deel in KOLOM B wat pas by die illustrasie in KOLOM A. Skryf
     slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5), byvoorbeeld
     1.5.6 H.

                        KOLOM A                              KOLOM B
                      ILLUSTRASIE                          EETBARE DEEL
     1.5.1

                                                  A     Bolle

     1.5.2
                                                  B     Knolle

     1.5.3

                                                  C     Blomme

     1.5.4
                                                  D     Pampoene en skorsies

     1.5.5

                                                  E     Vrugte

                                                  F     Stingels
                                                  G     Swamme
                                                                                  (5 x 1)   (5)

1.6 Bestudeer die soppe hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     Gazpacho                Roomsampioensop                        Consommé Royale
                  Tamatie en basielie                       Gekerriede skorsie
     Aartappel-en-mielie hartlike sop           Bees-kragsop             Mulligatawny

     Kies die volgende van die bostaande lys:

     1.6.1    DRIE verdikte soppe                                                           (3)

     1.6.2    TWEE spesialiteitsoppe                                                        (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:         40

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2015)

AFDELING B:          KOMBUIS-EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      Die Departement van Gesondheid het ŉ verklaring uitgereik nadat ŉ deeglike
      ondersoek by McDee-plaas buite Queenstown uitgevoer was. Die ondersoek
      het ŉ op-die-perseel besoek en ŉ steekproefvoorbeeld kollektering van die diere
      se ontlasting ingesluit. Dit was bevind dat daar ŉ uitbreek was wat verband hou
      met die ongepasteuriseerde melk wat deur die plaas geproduseer word. Nege
      kinders was sedertdien gehospitaliseer nadat hulle van maagkrampe gekla het.

      2.1.1   Identifiseer die bakterieë wat hierdie uitbreek veroorsaak het.                (1)

      2.1.2   Stel DRIE ander simptome voor wat algemeen vir hierdie bakterieë is.           (3)

      2.1.3   Noem VIER faktore wat die groei van bakterieë beïnvloed.                       (4)

2.2   Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vraag wat volg.

                                 [KRAGONDERBREKING]

      Gee ŉ uitleg van VIER standaardoptredeprosedures wat ŉ restaurant sal volg in
      die bostaande noodsituasie.                                                            (4)

2.3 Beskryf die ontruimingsprosedures wat gevolg moet word as enige noodsituasie
    in ŉ gasvryheidbedryf-onderneming ontstaan.                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)               GASVRYHEIDSTUDIES                                       9

2.4   Streng voorraadbeheer is belangrik in enige voedsel -en drankonderneming.

      2.4.1   Bespreek die bostaande stelling.                                            (2)

      2.4.2   Beveel DRIE skoonheid- en veiligheidsvereistes vir voedselbewarings-
              areas aan.                                                                  (3)

      2.4.3   Dui aan die inligting wat ingesluit moet word wanneer ŉ rekwisisie-vorm
              saamgestel word.                                                            (3)

2.5 Beskryf kortliks riglyne vir die voorkoming van chemiese kontaminasie in die
    kombuisomgewing.                                                                      (3)

2.6 Beveel DRIE reëls aan wat gevolg moet word wanneer voedsel herverhit word
    om die groei van mikro-organismes te voorkom.                                         (3)

                                                             TOTAAL AFDELING B:           30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                                GASVRYHEIDSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2015)

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1 Bestudeer die resepkosteberekeningblaai en beantwoord die vrae wat volg.

      Naam van ŉ dis: Pampoenkoekies
      Porsies: 15 koekies
      Per porsie = 3 koekies
      BESTANDDELE          EENHEDE             AANKOOP-         AANKOOPPRYS
                           BENODIG              EENHEID
      Pampoen                1,2 kg               1 kg               R26,99
      Eiers                     2                Dosyn               R15,45
      Meel                    180 g               1 kg               R32,00
      Sout                   Knippie               ----               ----
      Bakpoeier                6g                 75 g               R12,99
      Suiker                   45 g               1 kg               R21,50

      3.1.1   Bereken die totale koste van bestanddele. Toon ALLE berekeninge
              en formules.                                                            (12)

      3.1.2   Bereken die koste van die bestanddele per porsie. Toon ALLE
              berekeninge en formules.                                                  (4)

      3.1.3   Lys DRIE kostes wat in ag geneem moet word wanneer die prys van
              ŉ resep bepaal word.                                                      (3)

3.2 Bestudeer die onderstaande spyskaart en beantwoord die vrae wat volg.

                                        AANDETE

                                      SPYSKAART

                                   Sampioenroomsop
                                         ****
                                 Gestowe Hoenderkerrie
                                         ****
                     Gestoomde rys       Gestoomde Julienne-wortels
                                    Kapokaartappels
                                       Koolslaai

                                           ****
                                   Malvapoeding met vla
                                                                       08/10/2015

      3.2.1   Evalueer die bostaande spyskaart volgens die volgende opskrifte:

              (a)      Gaarmaakmetodes                                                  (2)
              (b)      Tekstuur van voedsel                                             (1)
              (c)      Kleur van die kos                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)               GASVRYHEIDSTUDIES                                         11

     3.2.2    Vervang al die groentedisse in die hoofgereg met geskikte
              groentedisse.                                                                 (3)

     3.2.3    Evalueer die geskiktheid van die bostaande spyskaart vir ŉ Joodse
              gas.                                                                          (3)

     3.2.4    Vervang die hoender in die hoofgereg met ŉ wildsvoël.                         (1)

     3.2.5    Verduidelik DRIE faktore wat oorweeg moet word wanneer groente vir
              die bostaande spyskaart aangekoop word.                                       (3)

     3.2.6    Noem TWEE reëls wat jy sal toepas om die verlies van
              voedingstowwe te voorkom wanneer Julienne-wortels voorberei word.             (2)

     3.2.7    Identifiseer die sous wat gebruik word om die sop in die bostaande
              spyskaart te maak.                                                            (1)

     3.2.8    Stel TWEE garnerings voor wat vir die sop in die bostaande spyskaart
              gebruik kan word.                                                             (2)

3.3 ŉ Groep oorsese toeriste besoek die restaurant waar jy werk, en hulle stel
    belang om verskillende Suid-Afrikaanse disse te proe.

     3.3.1    Gee ŉ kort beskrywing van die volgende disse om jou gaste te help:

              (a)     Mogodu                                                                (1)

              (b)     Morogo                                                                (1)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                               GASVRYHEIDSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 4

4.1 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

      4.1.1   Noem EEN belangrike voedingstof wat in die bostaande illustrasie
              gevind word.                                                                  (1)

      4.1.2   Klassifiseer die bostaande vis volgens sy vlees.                              (1)

      4.1.3   Verduidelik VIER riglyne wat jy moet oorweeg wanneer jy vis aankoop.          (4)

      4.1.4   Stel TWEE bykosse voor wat met vis bedien kan word.                           (2)

4.2 “Kruie en speserye verbeter die smaak van ons kos.”

      Bespreek die bostaande stelling deur die verskil tussen kruie en speserye uit te
      wys. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                     KRUIE                                SPESERYE
      (i)                                 (i)
      (ii)                                (ii)                                              (4)

4.3 Jou klas berei oliebolle en klein sponskoeke voor vir die skool se jaarlikse
    beheerliggaam teepartytjie.

      4.3.1   Noem die rysmiddel wat in die sponskoeke gebruik word.                        (1)

      4.3.2   Identifiseer die gaarmaakmetode vir die oliebolle.                            (1)

      4.3.3   Gee DRIE eienskappe van ŉ goeie sponskoek.                                    (3)

      4.3.4   Verskaf TWEE redes vir die volgende tegnieke wat gebruik word
              gedurende die voorbereiding van die oliebolle:

              (i)     Knie.                                                                 (2)
              (ii)    Knie af                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                    GASVRYHEIDSTUDIES                                                      13

4.4 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

     4.4.1    Identifiseer die tegniek wat in die bostaande prent gebruik word.                                (1)
     4.4.2    Noem TWEE voordele van die gebruik van hierdie tegniek.                                          (2)
     4.4.3    Beveel DRIE voordele aan vir die ontbening van hoender.                                          (3)
     4.4.4    Vergelyk die Corniese hen en die braaikuiken volgens hulle ouderdom
              en tekstuur. Tabuleer jou antwoord soos volg:

      CORNIESE (‘CORNISH”) HEN                                       BRAAIKUIKEN
     Ouderdom: ...........................      .............................................
     Tekstuur: ..............................   .............................................                  (4)

4.5 Jou graad 11 klas berei ŉ risotto voor.

     4.5.1    Identifiseer die soorte rys wat gebruik word vir die voorbereiding van
              risotto.                                                                                         (1)
     4.5.2    Gee ŉ uitleg van TWEE riglyne vir die bewaring van die bogenoemde
              rys.                                                                                             (2)
     4.5.3    Verskaf redes vir die volgende voorsorgmaatreëls wanneer rys
              voorberei word:
              (a)     Week rys voor kook                                                                       (1)
              (b)     Gebruik ŉ vurk wanneer met ander bestanddele meng                                        (1)
              (c)     Moenie die rys roer nie behalwe wanneer ŉ risotto voorberei word                         (1)
4.6 “ ŉ Suksesvolle risotto vereis ŉ goeie aftreksel.”
    Noem DRIE riglyne oor die instandhouding van ŉ aftrekselpot.                                               (3)
                                                                                                              [40]
                                                                            TOTAAL AFDELING C:                 80

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                               GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2015)

AFDELING D:          SEKTORE EN LOOPBANE VOEDSEL EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1 Bestudeer die volgende advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

      Naam van onderneming: Gateway vyfsterhotel
      Posisie: Stasiekelner
      Vereiste: 3 jaar nasionale diploma in Voedsel- en Drankdiens plus 2 jaar
                ondervinding in die bedryf. Rekenaarvaardigheid is belangrik.

      5.1.1   Noem DRIE verantwoordelikhede van ŉ stasiekelner.                             (3)

      5.1.2   Onderskei tussen universiteite en universiteite van tegnologie.
              Tabuleer jou antwoord soos volg:

              UNIVERSITEIT                  UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE
              (2)                           (2)                                             (4)

5.2 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)              GASVRYHEIDSTUDIES                                      15

     5.2.1    Evalueer die sjef met betrekking tot higiëne en professionele
              voorkoms.                                                                  (3)

     5.2.2    Bespreek hoe spanwerk die vlot verloop van die voeselproduksiearea
              sal verseker.                                                              (3)

5.3 Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid reguleer die veiligheid van alle
    mense (werkgewers, werknemers en gaste) in ŉ gasvryheidsonderneming.

     5.3.1    Dui DRIE verantwoordelikhede aan wat die Wet op Beroeps-
              gesondheid en -veiligheid van die werkgewer vereis.                        (3)

     5.3.2    Verduidelik die boete wat toegepas kan word op ŉ werkgewer indien
              hulle nie aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid gehoor gee
              nie.                                                                       (3)

5.4 Verduidelik DRIE gevolge van swak higiëne in ŉ gasvryheidsonderneming.               (3)

5.5 Noem DRIE soorte eetgerei wat gebruik word wanneer tee bedien word.                  (3)
                                                                                        [25]

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 16                               GASVRYHEIDSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 6

6.1 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

      6.1.1   Identifiseer die soorte diens wat in die bostaande prent uitgebeeld
              word.                                                                      (1)

      6.1.2   Beveel DRIE voordele aan vir die gebruik van die diens in
              VRAAG 6.1.1.                                                               (3)

6.2 Verduidelik VYF riglyne om te oorweeg wanneer ŉ restaurant-atmosfeer
    geskep word.                                                                         (5)

6.3 Beskryf die prosedures om gaste se bestellings te neem.                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)               GASVRYHEIDSTUDIES                                         17

6.4 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

     6.4.1    Identifiseer die tegniek wat in die bostaande prent uitgevoer word.           (1)

     6.4.2    Beskryf die regte prosedure om afkrummeling gedurende voedsel- en
              drankdiens uit te voer.                                                       (5)

6.5 Verduidelik hoe mise-en-place na ŉ funksie uitgevoer word.                              (6)
                                                                                           [25]

                                                            TOTAAL AFDELING D:              50
                                                                GROOTTOTAAL:               200

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [HOSP STUDIES GR11 QP ENG NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr11-qp-eng-nov2015/c847d586-8438-43be-b61e-0759b6eba356) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Eng
- [HOSP STUDIES GR11 MEMO ENG NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr11-memo-eng-nov2015/bd010151-719e-4466-9662-aa814eff4c1d) — Hospitality Studies · Memo · 2015 · Eng
- [HOSP STUDIES GR11 MEMO AFR NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr11-memo-afr-nov2015/61fd2fa8-0793-4f74-8d5d-eba526a59790) — Hospitality Studies · Memo · 2015 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr11-nov2019-afr-d/bfb4d767-ae36-471c-9439-2e43b4960f4f) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr11-nov2019-eng-d/2c612fcb-3e5b-4724-b208-f49b35517f5a) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV AFR](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr11-nov-afr/8027651e-a645-4736-b0a7-631959f39597) — Hospitality Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Hospitality Studies

- [G11T1W1 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w1-offline/6168ec54-a1a2-4866-b172-5f99e7ccf2e8) — Guide
- [G11T1W10 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w10-offline/f1e42c0c-a266-48f4-b63f-02543ac90cca) — Guide
- [G11T1W2 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w2-offline/11cfb2d1-e4d0-471e-89bb-eea7bfd97e50) — Guide
- [G11T1W3 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w3-offline/5bef8446-a1ed-4f6d-a556-90c78c752096) — Guide
- [G11T1W4 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w4-offline/0ab6ca15-6d22-405a-9a49-c103b0e1d0b4) — Guide
- [G11T1W5 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w5-offline/ee1e78d1-87c2-4be0-8f44-0053a083323f) — Guide

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
