# Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2015-afr/a45245b6-c7ff-45c5-8c07-0a7af94fd217
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2015-afr/a45245b6-c7ff-45c5-8c07-0a7af94fd217)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2015

                  GASVRYHEIDSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                                 *HOSPDM*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GASVRYHEIDSTUDIES                  (EC/SEPTEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

      AFDELING A:        Kortvrae (alle onderwerpe)                             (40)
      AFDELING B:        Kombuis- en restaurantbedrywighede
                         Higiëne, veiligheid en sekuriteit                      (20)
      AFDELING C:        Voeding en spyskaartbeplanning
                         Voedselkommoditeite                                    (80)
      AFDELING D:        Sektore en loopbane
                         Voedsel- en drankbediening                             (60)

 2.   Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.   Lees AL die vrae aandagtig deur.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 5.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 GASVRYHEIDSTUDIES                                     3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf SLEGS die letter (A–D) langs die
       vraagnommer (1.1.1–1.1.15) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       1.1.16 C.

       1.1.1      Prik van die basis en kante van ŉ tertdeeg met ŉ vurk sodat
                  vasgekeerde lug kans het om te ontsnap staan as ... bekend.

                  A     glasering
                  B     vasgevangenheid
                  C     docking
                  D     uitvoer                                                         (1)

       1.1.2      Vierkante of strokies chouxpastadeeg diepgebraai en
                  besprinkel met versiersuiker staan as … bekend.

                  A     beignets
                  B     churros
                  C     éclairs
                  D     profiteroles                                                    (1)

       1.1.3      Smelting van geweekte gelatien oor warm water voordat dit
                  gebruik word staan as … bekend.

                  A     vorming
                  B     geltasie
                  C     hidrering
                  D     dispersie                                                       (1)

       1.1.4      … is kaarte wat gebruik word sodat gaste hul plek maklik kan
                  vind.

                  A     Plekkaarte
                  B     Spyskaarte
                  C     Dienskaarte
                  D     Tafelkaarte                                                     (1)

       1.1.5      ŉ Ongeskrewe kode van gedrag en ŉ stel van houdinge wat
                  gevolg moet word deur voedseldienswerkers in die
                  gasvryheidondernemings is ...

                  A     waardes.
                  B     professionalisme.
                  C     voorkoms.
                  D     integriteit.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GASVRYHEIDSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2015)

      1.1.6     Die prys wat vir ŉ kliënt bereken is vir ŉ spesifieke funksie,
                spyskaart of dis:

                 A     Wins
                 B     Kwotasie
                 C     Koste
                 D     Prysing                                                             (1)

      1.1.7     Geel bindweefsel wat uiters elasties is en in ligamente gevind
                word:

                 A     Kollageen
                 B     Gelatien
                 C     Marmering
                 D     Elastien                                                            (1)

      1.1.8     … wyn word produseer deur die byvoeging van alkohol tydens
                fermentasie.

                 A     Vonkel-
                 B     Versterkte
                 C     Gedealkoholiseerde
                 D     Natuurlike                                                          (1)

      1.1.9     Kort boodskappe met kritiese inligting wat geplaas word in
                koerante, tydskrifte of elektronies om produkinligting te versprei
                word … genoem.

                 A     advertering
                 B     verpakking
                 C     bemarking
                 D     verkope                                                             (1)

      1.1.10    ŉ Lys van disse wat beskikbaar is en as een maaltyd bedien
                word:

                 A     Kos
                 B     Dieet
                 C     Spyskaart
                 D     Maaltyd                                                             (1)

      1.1.11    ŉ Vars vrug wat die stolling van gelatienmengsel sal voorkom:

                 A     Appel
                 B     Piesang
                 C     Lemoen
                 D     Pynappel                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                GASVRYHEIDSTUDIES                                         5

       1.1.12     ŉ Simptoom van gastro-enteritis is …

                  A     diarree.
                  B     hoes.
                  C     sweet.
                  D     geelsug.                                                           (1)

       1.1.13     ŉ Vinniger en makliker manier om produkte te koop deur gebruik
                  te maak van die internet staan as … bekend.

                  A     e-pos
                  B     e-verkryging
                  C     e-besigheid
                  D     telebemarking                                                      (1)

       1.1.14     ŉ Alkoholiese drankie wat verkry word deur die sap van vars
                  druiwe te fermenteer staan as … bekend.

                  A     wyndruif-variëteit
                  B     wyn
                  C     bier
                  D     hops                                                               (1)

       1.1.15     Maatreëls wat in plek gestel is om mense en goedere te
                  beskerm:

                  A     Vuurwapens
                  B     Instandhouding
                  C     Delegeer
                  D     Sekuriteit                                                         (1)

 1.2 EENWOORD-ITEMS

       Gee EEN woord of term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
       SLEGS die woord of term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in jou
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1     Mense wat mees waarskynlik ŉ spesifieke produk sal koop

       1.2.2     Reëls wat bepaal wat werknemers van ŉ instelling moet dra

       1.2.3     Borde rou groente wat in klein porsies gesny is en bedien word
                 met gegeurde doopsous

       1.2.4     Voedsel wat wettig en toelaatbaar is volgens Islamitiese reëls

       1.2.5     Koste wat salarisse en lone van personeel insluit

       1.2.6     Die proses waar gis suiker omskakel na koolstofdioksied en
                 alkohol

       1.2.7     Metode om voedsel te preserveer deur die verwydering of
                 vermindering van vog

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2015)

      1.2.8     Om vet of vloeistof oor voedsel te skep terwyl dit gaar word om dit
                vogtig te hou

      1.2.9     Om ŉ skemerkelkie te bedien oor fyngemaakte ys

      1.2.10    ŉ Siekte wat veroorsaak word deurdat die liggaam weier om
                genoegsame insulien te produseer                                        (10)

1.3   PASITEMS

      Pas ŉ term in KOLOM A met die beskrywing in KOLOM B. Skryf SLEGS
      die letter (A–K) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.10) in jou
      ANTWOORDEBOEK neer.

                 KOLOM A                               KOLOM B
      1.3.1     Veroudering             A    plaasvervangerprodukte vir vleis
                                             verkry van proteïen bekom van
                                             sojabone en ander bronne

      1.3.2     Peulgewasse             B    word gemaak deur eierwit met
                                             suiker te tot styfpuntstadium klop

      1.3.3     Marmering               C    bak van ŉ tertkors sonder ŉ vulsel

      1.3.4     Lardering               D    die proses wat toelaat dat
                                             spierproteïen in vleis weens ensiem-
                                             aksie afbreek om vleis te versag en
                                             geur te bevorder

      1.3.5     Blindbak                E    plante met ŉ dubbelsoom-peul wat ŉ
                                             enkel ry saad bevat

      1.3.6     Oksidasie               F    dun pannekoek wat met
                                             lemoensous bedien word

      1.3.7     Crêpe suzettes          G    soorte vla wat stysel as
                                             verdikkingsagent bevat

      1.3.8     Getekstureerde          H    die verspreiding van wit repies vet
                Plantproteïen                dwarsdeur die spier

      1.3.9     Glansering              I    die proses om stroke varkvet in vleis
                                             te druk om dit meer geur te gee

      1.3.10    Meringues               J    die reaksie tussen ensieme en
                                             suurstof wat verandering in kleur en
                                             tekstuur veroorsaak

                                        K    die proses om ŉ klaarproduk met
                                             stroop te borsel om dit ŉ glansende
                                             voorkoms te gee
                                                                           (10 x 1)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             GASVRYHEIDSTUDIES                                    7

 1.4    KEUSE-ITEMS

        Bemarkingsresep bestaan uit VYF konsepte. Kies uit die lys hieronder
        (A–H) VYF konsepte van die bemarkingsresep en skryf SLEGS die letter
        wat ooreenstem met die regte antwoord in jou ANTWOORDEBOEK neer.

        A      Marksegmentasie
        B      Produk
        C      Demografiese faktore
        D      Promosie
        E      Teikenmark
        F      Verpakking
        G      Gedrukte media
        H      Plek                                                    (5 x 1)       (5)

                                                       TOTAAL AFDELING A:            40

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING B:         KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

 VRAAG 2

 2.1 ŉ Hotelbestuurder beplan om twee rekenaars aan te koop om die
     doeltreffendheid van die hotel te verbeter.

       2.1.1   Staaf DRIE voordele vir die gebruik van rekenaars in die kamerafdeling
               van die gasvryheidonderneming.                                                   (3)

       2.1.2   Verduidelik DRIE veiligheidspraktyke wat jy sal volg wanneer jy ŉ
               produk oor die internet aankoop.                                                 (3)

 2.2 Angel is aangestel as die nuwe sjef in Kim se hotel waar jy as ŉ hoofsjef werk.
     Sedert haar aankoms, het jy opgelet dat sy aanhoudend hoes en van borspyne
     kla.

       2.2.1   Identifiseer die siekte wat Angel moontlik mee besmet is.                        (1)

       2.2.2   Stel VIER ander simptome voor wat Angel moontlik mag ervaar het.                 (4)

 2.3   HIV/Vigs is onder andere een van die siektes wat die gasvryheidbedryf direk
       affekteer.

       2.3.1   Verduidelik hoe HIV/Vigs die werkmag sal affekteer.                              (3)

       2.3.2   Beveel aan hoe die verspreiding van HIV voorkom kan word.                        (2)

 2.4   Beskryf VIER maniere hoe die werkers van Kim se hotel ŉ professionele
       voorkoms kan bereik.                                                                     (4)

                                                              TOTAAL AFDELING B:                20

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               GASVRYHEIDSTUDIES                                          9

AFDELING C:           VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING –
                      VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1   Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg.

                  Dis A [Vrugtekebabs]                   Dis B [Beesvleiskebabs]

       3.1.1      Identifiseer die tipe funksie waar die bostaande disse bedien kan
                  word.                                                                          (1)

       3.1.2      Evalueer die bostaande disse met betrekking tot hul geskiktheid vir
                  die bediening aan Hindoes. Motiveer jou antwoord.                              (4)

       3.1.3      Staaf VYF voordele vir die hou van die funksie in VRAAG 3.1.1.                 (5)

       3.1.4      Wys VYF algemene reëls uit wat gevolg moet word wanneer
                  happies vir die bogenoemde funksie beplan word.                                (5)

       3.1.5      Verduidelik hoe jy die lokaal vir die funksie in VRAAG 3.1.1 sal
                  voorberei.                                                                     (5)

       3.1.6      Stel DRIE geskikte drankies voor wat by bogenoemde funksie
                  bedien kan word.                                                               (3)

3.2    Verduidelik VIER dieetriglyne wat deur ŉ persoon met hoë kolesterol gevolg
       moet word.                                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GASVRYHEIDSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2015)

3.3   Lees die volgende inligting oor die banket (buffet) wat bedien was by ŉ
      troupartytjie en beantwoord die vrae wat volg.

      Die banket was bedien vir 75 gaste.
      Die verkoopprys van die spyskaart: R30 000
      Voedselkoste van die spyskaart: R10 500
      Oorhoofse koste: R2 500
      Arbeidskoste: R7 000

      Bereken die volgende en toon ALLE berekeninge:

      3.3.1     Die verkoopprys vir elk gas                                                (2)

      3.3.2     Die werklike totale prys van die spyskaart                                 (4)

      3.3.3     Die netto wins                                                             (2)

      3.3.4     Die bruto wins                                                             (2)

      3.3.5     Stel DRIE oorhoofse koste voor wat ingesluit kan word wanneer die
                verkoopsrys bereken word.                                                  (3)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 GASVRYHEIDSTUDIES                                          11

 VRAAG 4

 4.1    Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

                                            Arbeiroom

        4.1.1     Klassifiseer die bostaande nagereg.                                          (1)

        4.1.2     Stel redes voor vir die volgende voorsorg wanneer die bostaande
                  gelatiendis voorberei word:

                  (i)    Moenie toelaat dat die gelatien tydens dispersie kook nie             (1)

                  (ii)   Laat toe dat die gelatienmengsel verdik tot die dikte van
                         verdikte eierwit voordat stukkies vrugte bygevoeg word                (1)
        4.1.3     Verduidelik hoe om die vormhouer vir bostaande gelatiendis voor
                  te berei.                                                                    (2)

        4.1.4     Gee DRIE riglyne wat jy moet volg wanneer jy die bostaande
                  nagereg aanbied.                                                             (3)

 4.2    Dit word vereis dat jy ŉ blik aarbeie gebruik om aarbeiroom te maak.

        4.2.1     Identifiseer die metode van preservering wat vir die geblikte
                  aarbeie gebruik was.                                                         (1)

        4.2.2     Verduidelik DRIE redes waarom inmaak as ŉ metode van
                  preservering van voedsel gebruik word.                                       (3)

        4.2.3     Gee DRIE voordele van gepreserveerde voedsel.                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2015)

 4.3 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

       4.3.1   Identifiseer die vleisgereg wat in die bostaande prent voorberei is.         (1)

       4.3.2   Noem die vleissnit wat gebruik was om die dis in VRAAG 4.3.1 voor
               te berei.                                                                    (1)

       4.3.3   Stel ŉ geskikte gaarmaakmetode vir die vleisgereg in VRAAG 4.3.1
               voor.                                                                        (1)

       4.3.4   Beveel ŉ geskikte sous aan wat met die dis in VRAAG 4.3.1 bedien
               kan word.                                                                    (1)

 4.4 Verduidelik DRIE voordele van ontbening.                                               (3)

 4.5   Meeste mense verkies om vleisdisse met peulgewasse vir
       gesondheidsredes te vervang.

       4.5.1   Bespreek kortliks ander redes waarom mense vegetariërs word.                 (3)

       4.5.2   Staaf TWEE redes waarom jy droë bone moet week voordat jy dit
               kook.                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   GASVRYHEIDSTUDIES                                         13

 4.6      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         4.6.1        Identifiseer die soorte tertdeeg wat in die bostaande dis gebruik word.          (1)

         4.6.2        Staaf die algemene reëls wat gevolg moet word wanneer die tertdeeg
                      in VRAAG 4.6.1 voorberei word.                                                   (4)

         4.6.3        Verduidelik DRIE kwaliteitseienskappe van ŉ gebakte deeg in
                      VRAAG 4.6.1.                                                                     (3)

 4.7     Jou graad 12-klas beplan om beignets vir hul praktiese les voor te berei.

         4.7.1        Noem die soorte deeg wat gebruik word om beignets voor te berei.                 (1)

         4.7.2        Gee redes waarom wanneer die volgende gedoen word, dit tot ŉ
                      suksesvolle produk sal lei:

                      (i)    Moenie meer meel by die deeg op ŉ latere stadium voeg nie.                (1)

                      (ii)   Prik elke poffertjie met ŉ toetspen om die stoom toe te laat om
                             te ontsnap.                                                               (1)

         4.7.3        Onderskei tussen beignets en churros.                                           (2)
                                                                                                     [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:                80

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                GASVRYHEIDSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2015)

AFDELING D:          SEKTORE EN LOOPBANE – VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1   Jou oom het so pas ŉ gastehuis in die plaaslike gemeenskap geopen. Hy het
      jou gevra om hom te help met die bestuur van sy nuwe besigheid.

      5.1.1     Lys enige DRIE inkomstegenererende areas wat jou oom kan help
                om inkomste te genereer.                                                 (3)

      5.1.2     Verduidelik die verantwoordelikheid van ŉ boekhouer in die
                gasvryheidsonderneming.                                                  (5)

      5.1.3     Staaf VYF karaktereienskappe wat jou oom as ŉ entrepreneur moet
                het.                                                                     (5)

      5.1.4     Evalueer jou oom se besigheidsplan hieronder met betrekking tot die
                inligting wat in ŉ besigheidsplan ingesluit moet word.

                                        BESIGHEIDSPLAN
                                                  vir
                                          Glen se Gastehuis

                Die gastehuis sal in Jamestownstraat in King William’s Town geopen
                word. Dit beoog om beide binnelandse en internasionale toeriste in
                die Oos-Kaap te akkommodeer. Omtrent twaalf mense sal op ŉ
                voltydse basis daar werk. Die gastehuis sal in die plaaslike koerant
                en plaaslike radio geadverteer word.                                     (4)

      5.1.5     Stel VIER maniere voor van hoe jou oom sy besigheid kan bevorder.        (4)

5.2   Beveel enige VIER entrepreneuriese geleenthede in die gasvryheidbedryf
      aan.                                                                               (4)

5.3   Verduidelik VYF riglyne wat gevolg moet word wanneer ŉ effektiewe visuele
      bemarkingsinstrument ontwerp word.                                                 (5)
                                                                                        [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                GASVRYHEIDSTUDIES                                         15

VRAAG 6

6.1    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       ŉ Gas het ŉ bottel Sauvignon Blanc in ŉ restaurant bestel. As ŉ kelner in
       hierdie restaurant, help die gas deur die volgende vrae te beantwoord.

                        Glas A                                  Glas B

       6.1.1      Klassifiseer die tipe wyn wat die gas bestel het.                          (1)

       6.1.2      Identifiseer van die bostaande inligting die tipe glas wat gebruik
                  word om die wyn in VRAAG 6.1.1 te bedien.                                  (1)

       6.1.3      Beveel aan die gas DRIE tipes kossoorte wat met die wyn in
                  VRAAG 6.1.1 bedien kan word.                                               (3)

6.2    Bespreek kortliks hoe jy die wyn aan die gas sal aanbied.                             (4)

6.3    Verduidelik DRIE riglyne wat gevolg moet word wanneer die wyn geskink
       word.                                                                                 (3)

6.4    Onderskei tussen pulp en stroop. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                       PULP                                  STROOP

                                                                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 GASVRYHEIDSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2015)

6.5   Bestudeer die prent van die dekplek hieronder en beantwoord die vrae wat
      volg.

      6.5.1    Identifiseer die tipe funksie vir die bostaande tafeluitleg.                  (1)

      6.5.2    Verduidelik hoe jy die afsluitings mise-en-place vir die bostaande
               tafel-uitleg sal uitvoer.                                                     (5)

      6.5.3    Beskryf kortliks hoe afkrummeling vir die bostaande tafel-uitleg
               uitgevoer kan word.                                                           (4)

      6.5.4    Stel voor VIER voorsorgmaatreëls wat gevolg word wanneer
               afsonderlike eters hanteer word.                                             (4)
                                                                                           [30]

                                                              TOTAAL AFDELING D:            60
                                                                  GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2015-eng/ec04b525-e9f4-41d0-8dab-c4deca0ea59a) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Eng
- [HOSP STUDIES GR12 MEMO SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-memo-sept-2015-eng/40c95941-7abb-47cf-83d5-21149b48e77c) — Hospitality Studies · Memo · 2015 · Eng
- [HOSP STUDIES GR12 MEMO SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-memo-sept-2015-afr/a2dd3fd6-2c61-44a9-a887-838f423cc7fb) — Hospitality Studies · Memo · 2015 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2015-afr/7941595f-aac9-4bb3-90c2-99e22956e558) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2015-eng/50eb45f2-54b6-4936-a184-26420af60788) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Eng
- [Hospitality Studies Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2015-eng/a09749d2-d320-4d9c-8396-f8e308219d03) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
