# Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/c9a0647f-ae34-4859-8561-d7a0e07d463b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/c9a0647f-ae34-4859-8561-d7a0e07d463b)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2019

                    GASVRYHEIDSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                                    *HOSPA*

                       Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GASVRYHEIDSTUDIES                   (EC/SEPTEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word:

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

      AFDELING A:       Kortvrae (alle onderwerpe)              (40)
      AFDELING B:       Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                        Higiëne, veiligheid en sekuriteit.      (20)
      AFDELING C:       Voeding en spyskaartbeplanning;
                        Voedselkommoditeite                     (80)
      AFDELING D:       Sektore en loopbane;
                        Voedsel- en drankbediening              (60)

 2.   Beantwoord AL die vrae.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 4.   Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 5.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                GASVRYHEIDSTUDIES                                        3

 AFDELING A

 VRAAG 1: KORTVRAE

 1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
        1.1.11 C.

        VOORBEELD:

        1.1.11 ŉ Goeie bron van yster is ...

                  A     melk.
                  B     wortels.
                  C     lewer.
                  D     brood.

        ANTWOORD: 1.1.11 C

        1.1.1    Die inkomste wat jy kry van die verkoop van ŉ produk minus al
                 die uitgawes, word … genoem.

                  A     bruto koste
                  B     netto koste
                  C     bruto wins
                  D     netto wins

        1.1.2    ŉ Geskikte voorgereg vir iemand wat ŉ hoë vet-lae-koolhidraat-dieet
                 volg:

                  A     Avokado Ritz
                  B     Aartappelsop met croutons
                  C     Skilferkorsdoppies met hoender en roomvulsel
                  D     Plaatkoekies met salm en roomkaas

        1.1.3    ŉ Persoon wat aan ŉ hartsiekte ly, behoort … uit hom/haar daaglikse
                 dieet uit te sluit.

                  A     Engelse komkommer
                  B     diepgebraaide hoenderdye
                  C     volkoringbrood
                  D     afgeroomde melk

        1.1.4    Die tipe vegetariese dieet wat vis insluit, staan as ŉ …-vegetariese
                 dieet bekend.

                  A     ovo
                  B     pollo
                  C     lakto
                  D     pesco

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 GASVRYHEIDSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2019)

       1.1.5    Die hoofrede waarom klein gaatjies in ŉ broskorsbasis geprik word
                voordat dit gebak word:

                 A      Verseker ŉ bros tekstuur
                 B      Verhoed die oppof en rys van die deeg
                 C      Bevorder die glasering van die kors
                 D      Dra by tot ŉ skilferagtige voorkoms

       1.1.6    Identifiseer pistasie neute uit die prente hieronder. Dit het ŉ unieke
                groen kleur en word in pasteitjies, tertjies en nageregte gebruik.

                       A                B                 C                  D

       1.1.7    ŉ Restaurantdranklisensie stel die eienaar in staat om drank … te
                verkoop.

                 A      op Sondae saam met ŉ ete
                 B      aan ŉ persoon ouer as 17
                 C      in grootmaat aan gastehuiseienaars
                 D      teen 09:00 in die oggend

       1.1.8    Identifiseer die mees algemene manier om ŉ Bloody Mary te
                bedien en garneer:

                       A                 B               C                    D

       1.1.9    ŉ Wortelkoek lewer 12 porsies. Die totale koste van die wortelkoek
                is R132. Die koste vir EEN porsie is:

                 A      R14
                 B      R22
                 C      R24
                 D      R11

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)               GASVRYHEIDSTUDIES                                           5

       1.1.10    ŉ Wyn geskik om met geroosterde snoek te bedien:

                  A      Shiraz
                  B      Pinotage
                  C      Sauvignon Blanc
                  D      Sjerrie                                                 (10 x 1)   (10)

 1.2 EENWOORD-ITEMS

       Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
       woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK
       neer.

       1.2.1     ŉ Franse term vir ŉ pasta van meel en water; die eerste stadium
                 tydens bereiding van deeg

       1.2.2     ŉ Formele ete wat gewoonlik vir ŉ groot aantal mense wat ŉ
                 spesifieke geleentheid vier, gehou word

       1.2.3     Die bedieningstyl waar kelners uit ŉ opdienskottel voedsel vir gaste
                 met behulp van ŉ lepel en vurk inskep

       1.2.4     Medikasie wat vir die behandeling van MIV gebruik word

       1.2.5     ŉ Wynkenner wat gaste in ŉ restaurant oor die keuse van wyn saam
                 met hul ete raad kan gee

       1.2.6     Die stel reëls van ŉ onderneming wat klere of uniforms wat
                 werknemers moet dra voorgeskryf

       1.2.7     Die minimum getal eenhede van ŉ voedsel-item in die
                 voorraadkamer is bereik en ŉ bykomende hoeveelheid moet bestel
                 word

       1.2.8     Die proses waardeur gesmelte sjokolade so hanteer word dat dit
                 maksimum glans asook die korrekte tekstuur behou

       1.2.9     Die proteolitiese ensiem in rou pynappel wat stolling verhoed

       1.2.10    Die term wat vir klein soet geregte, bv. sjokolade-truffels, wat aan
                 die einde van ŉ maaltyd aan gaste bedien word gebruik word. Dit
                 word gewoonlik nie op die spyskaart aangedui nie
                                                                                 (10 x 1) (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GASVRYHEIDSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2019)

 1.3 KEUSE

      Identifiseer VIER voedselitems in die lys hieronder wat vir ŉ persoon wat aan
      hoë bloeddruk lei, geskik is. Skryf slegs die letters (A–H) langs die
      vraagnommer (1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      A      Laevet-vanieljejogurt
      B      Salami-toebroodjie
      C      Skelvis met kaassous
      D      Kitssjokoladepoeding
      E      Koljanderlensieslaai
      F      Bruinrys en vispaella
      G      Geroosterde hoenderfilet
      H.     Romerige gerookte mosselsop                                       (4 x 1)    (4)

 1.4 KEUSE

      Identifiseer VYF voorbeelde van oorhoofse kostes wat restaurantbestuurders in
      gedagte moet hou. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.4) in
      die ANTWOORDEBOEK neer.

      A      Lone van personeel
      B      Maandelikse huur van gebou
      C      Vervoeronkoste, byvoorbeeld brandstof
      D      Aanlyn aankope van voedselvoorrade
      E      Maandelikse munisipale rekening vir water en elektrisiteit
      F      Inhuur van ekstra kelners vir spesiale geleenthede
      G      Instandhoudingskoste, byvoorbeeld diens van toerusting
      H      BTW                                                               (5 x 1)    (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)              GASVRYHEIDSTUDIES                                           7

 1.5 PASITEMS

       Kies ŉ illustrasie wat die beste by die vleisterme wat hieronder gelys word pas.
       Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.2) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.7 K.

       1.5.1    Lamsrakke

       1.5.2    Kroonbraad

       1.5.3    Blindevinke

       1.5.4    Noisette

       1.5.5    Bardeer

       1.5.6    Paneer

                           A            B                  C                  D

                       E                F                  G                    H
                                                                                 (6 x 1)    (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               GASVRYHEIDSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2019)

 1.6 PASITEMS

      Kies ŉ nagereg uit KOLOM B wat by ŉ gaarmaakmetode in KOLOM A pas.
      Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.6.1 H.

            KOLOM A                               KOLOM B
       GAARMAAKMETODE                             NAGEREG
      1.6.1   Posjeer
                                 A                        E
      1.6.2      Bak

      1.6.3      Diepvetbraai

      1.6.4      Stowe

      1.6.5      Vlakvetbraai
                                 B                        F

                                 C                        G

                                  D

                                                                           (5 x 1)     (5)

                                                         TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)               GASVRYHEIDSTUDIES                                           9

 AFDELING B:          KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                      HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
 VRAAG 2
 2.1 Bestudeer die koerantberig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         Alle werkers van Chippers word heropgelei!
       Chippers sal al sy personeel heroplei nadat 60 kliënte by ŉ restaurant in Kaapstad
       verlede maand siek geword het. Hoofuitvoerendebeampte, Simpiwe Nati, het in ŉ
       verklaring die volgende gesê: “Aan die begin van volgende week sal elke
       werknemer van Chippers nuwe opleiding in voedselveiligheidspraktyke ontvang.”
       Na die bekendmaking van die voorvalle het Chippers se omset landwyd met 8%
       gedaal.
       ŉ Amptenaar van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het
       aangekondig dat ŉ bakterieë wat, Clostridium perfringens genoem word die
       oorsaak was van die kliënte se siekte. Dit word veroorsaak deur kos by onveilige
       temperature te laat.
       Chippers, as restaurantgroep, het ŉ nul-toleransie beleid ten opsigte van werkers
       se voedselveiligheidspraktyke. Sommige van die personeel gaan afgedank word.
       Die Kaapstad restaurant is tydelik gesluit. Die restaurant word skoongemaak en
       ontsmet. Al die kos sal vervang word.
       Nuwe pogings word aangewend om kliënte terug te wen. Onder die nuwe bestuur
       van Nati kan besoekers korter wagtye, verbeterde digitale bedrywighede asook
       nuwe spyskaartitems verwag.
                                                                                 [Eie bron]

       2.1.1    Analiseer die berig. Stel DRIE redes saam waarom dit vir die
                gasvryheidsbedryf so belangrik is om aandag aan voedselhigiëne te
                skenk.                                                                        (3)
       2.1.2    Identifiseer DRIE negatiewe gevolge wat Chippers as besigheid na afloop
                van die insidente van siek klante beleef het.                                 (3)
       2.1.3    Gebruik die inligting uit die koerantberig om ŉ lys van VYF strategieë
                saam te stel wat Chippers in werking gestel het na afloop van die
                insident waar voedselveiligheidspraktyke nie gevolg was nie.                  (5)
 2.2   Bespreek, met behulp van voorbeelde, hoe elk van die volgende tot gaste se
       positiewe vakansie-ervaring, wanneer hulle by ŉ hotel of gastehuis arriveer, kan
       bydra:
       2.2.1    Personeel
       2.2.2    Tegnologie
       2.2.3    Fisiese voorkoms van die gebou                                    (3 x 2)     (6)
 2.3   Elektroniese betaalpuntsisteme (Point of sales) is nou al ŉ alledaagse kenmerk
       in die restaurantbedryf. Lewer krities kommentaar oor hoe dit die verskeie
       aspekte van die bedryf positief beïnvloed.                                             (3)
                                                                TOTAAL AFDELING B:            20
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               GASVRYHEIDSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING C:         VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

 VRAAG 3

 3.1    Bestudeer die onderstaande uittreksel en sigblad en beantwoord die vrae wat
        volg.

        Melanie Davis, ŉ geleentheidbeplanner vir Event Espresso, was gevra om ŉ
        kwotasie vir Esmerelda Fernandez saam te stel. Haar dogter, Ester, trou op
        12 Desember 2019 in Addo.

        Melanie het die sigblad hieronder saamgestel waarin sy al haar uitgawes
        aandui. Sy het dit as ŉ riglyn gebruik toe sy die kwotasie vir Esmeralde
        saamgestel het. In die kwotasie dui sy aan dat die troue R700 per persoon
        sal wees.

        3.1.1   Bereken die totale koste van die geleentheid. Toon ALLE berekeninge.     (3)

        3.1.2   Gebruik die gegewe inligting en bereken die wins wat Event
                Espresso met hierdie geleentheid sal maak.                               (4)

        3.1.3   Nadat Esmerelda die kwotasie bestudeer het en met ander
                troubeplanners syne vergelyk het, het sy vir Melanie gebel en sy het
                mondelings bevestig dat sy die kwotasie aanvaar. Gee ŉ wenk aan
                Event Espresso om te verseker dat hulle geen verliese met
                kansellasies gaan lei nie.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)              GASVRYHEIDSTUDIES                                       11

        3.1.4    Gebruik die bogenoemde inligting om die kwotasievorm hieronder te
                 voltooi. Skryf slegs die vraagnommer (3.1.4) en die word/term langs
                 die letters (A–F) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

                                                                                         (6)

        3.1.5    Dit is belangrik vir ŉ onderneming soos Event Espresso om hul
                 winsgrens hoog te hou. Formuleer VIER duidelike riglyne vir die
                 spysenieringsafdeling wat hulle kan help om hul wins te verhoog.        (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                GASVRYHEIDSTUDIES                             (EC/SEPTEMBER 2019)

 3.2    Bestudeer die prente van twee tipes gelatien hieronder en beantwoord die
        vrae wat volg.

                            A                                    B
        3.2.1   Vergelyk die verskille tussen die twee tipes gelatien deur die
                onderstaande tabel te voltooi.                                                       (8)

                                                                     A                B
                (i)    Tipe gelatien                                      (1)             (1)
                (ii)   Gee stapsgewys riglyne vir die gebruik
                       van elke tipe                                      (3)             (3)

        3.2.2   ŉ Aarbeimousse het in twee lae met ŉ eierwitskuim-laag bo-op gestol.
                Verduidelik waarom dit gebeur het.                                                   (2)
        3.2.3   Voorspel wat die eindresultaat sal wees indien rou vye in ŉ gelatien
                nagereg gebruik word. Gee redes vir jou antwoord.                                    (3)
 3.3    Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           A                                          B
        3.3.1   Vergelyk gereg A en B deur die volgende aan te dui:
                (a)     Die naam van die gereg                                                       (2)
                (b)     Die tipe deeg wat gebruik word                                               (2)
                (c)     Vulsel                                                                       (2)
                (d)     Plek op die spyskaart                                                    (2)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)               GASVRYHEIDSTUDIES                                          13

 VRAAG 4

 4.1 Kies uit onderstaande lys SES items wat geskik sal wees om by ŉ
     skemerkelkpartytjie met ŉ tipiese Suid-Afrikaanse tema te bedien. Daar moet
     VIER soutgeregte en TWEE soetgeregte wees.

                                             SOUT
              Hoenderdye in Rooiwynsous
              Mini Biltong Quichés
              Mieliemeel-en-Marog Poffers
              Mini Hoenderpasteitjies
              Gerookte Salm op Aartappel Rösti
              Pikante Rissie gevul met Roomkaas
              Samoesas
                                            SOET
              Kaaskoek met Vars Vrugte
              Petit Fors
              Klein Melktertjies
              Koeksisters
              Ystervarkies                                                                   (6)

 4.2 Bestudeer die prent van ŉ vleissnit hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       4.2.1    Hoe sal bostaande vleissnit op ŉ restaurant se spyskaart aangedui word? (1)

       4.2.2    Identifiseer die deel van die beeskarkas waarvan bogenoemde gesny
                word.                                                                         (1)

       4.2.3    Stel EEN gaarmaakmetode wat geskik is vir die vleissnit voor.
                Motiveer jou antwoord.                                                        (2)

       4.2.4    Bespreek DRIE voorsorgmaatreëls wat gevolg moet word om die verlies
                van vog wanneer die bogenoemde vleissnit gaargemaak word, te
                voorkom.                                                                      (3)

       4.2.5    Gee die term wat vir die verspreiding van vet in die weefsel gebruik
                word.                                                                         (1)

       4.2.6    Verduidelik wat die rolmerk AAA 333 op die vleis vir die verbruiker sal
                beteken.                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                  GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2019)

 4.3 Beantwoord die volgende vrae rakende chouxdeeg.

      4.3.1    Chouxdeeg is ŉ veelsydige deeg. Motiveer hierdie stelling.                         (2)

      4.3.2    Gee wenke vir die bewaring van:

               (a)    Rou chouxdeeg                                                               (2)

               (b)    Gaar chouxdeeg                                                              (2)

      4.3.3    Gee redes vir die volgende wanneer chouxdeeg voorberei word:

               (a)    Klits eiers een vir een by                                                  (1)

               (b)    Prik die poffertjies aan die onderkant met ŉ vurk nadat dit gebak
                      het en sit dit dan weer terug in die oond                                   (1)

      4.3.4    Voorspel die resultate indien die volgende foute tydens die
               voorbereiding gemaak is:

               (a)    Haal die deksel van die kastrol af in stap een. Kook water en botter
                      vir 5 minute                                                                (1)

               (b)    Bak vir ŉ halfuur teen 160 °C                                               (1)

      4.3.5    Beskryf kortliks die samestelling van die volgende chouxdeeg produkte:

               (a)    Churros

               (b)    Pommes Dauphine

               (c)    Gougère                                                       (3 x 2)       (6)

 4.4 Gee die Franse term vir:

      4.4.1    Bakkersvlavulsel                                                                   (1)

      4.4.2    Eiervla                                                                            (1)

      4.4.3    Soet brosdeeg                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)               GASVRYHEIDSTUDIES                                          15

 4.5 Bestudeer die prent van die appelkooskonfyt hieronder en beantwoord die vrae
     wat volg.

       4.5.1    Dui DRIE metodes aan wat gebruik is om hierdie produk te preserveer.          (3)

       4.5.2    Identifiseer ŉ moontlike teikenmark vir hierdie spesifieke produk.
                Motiveer jou antwoord.                                                        (2)
                                                                                             [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:             80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING D:         SEKTORE EN LOOPBANE
                     VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

 VRAAG 5

 5.1   Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Suzette woon in Jeffreysbaai en beplan om haar dubbelmotorhuis in ŉ selfsorg
       woonstel wat sy Dolphin Dance gaan noem, te omskep. Dit sal in die behoefte
       van gesinne wat bekostigbare akkommodasie benodig, voorsien. Die ligging van
       haar plek is uitstekend. Dit is stapafstand na die strand. Sy het genoeg meubels
       vir die woonstel, maar benodig ongeveer R70 000 vir opknapping, die inrigting
       van ŉ kombuis en badkamer, beddegoed asook nuwe vloerbedekkings. Sy wil ŉ
       Facebook-blad vir haar besigheid skep.

       5.1.1   Suzette het die moontlikheid vir ŉ nuwe sakegeleentheid raakgesien.
               Maak ŉ lys van VYF eienskappe waaroor sy moet beskik om suksesvol
               te wees.                                                                     (5)

       5.1.2   Suzette wil ŉ bank vir ŉ lening nader. Sy moet ŉ sakeplan saamstel.
               Lys al die aspekte van ŉ sakeplan asook die inligting wat hierbo gegee
               word.                                                                        (8)

       5.1.3   Noem DRIE maniere, behalwe haar Facebook-blad hoe Suzette haar
               besigheid kan bemark.                                                        (3)

       5.1.4   Stel TWEE maniere voor hoe Dolphin Dance tot direkte werkskepping
               kan bydra.                                                                   (2)

       5.1.5   Beskryf DRIE indirekte werksgeleenthede wat Dolphin Dance kan
               skep.                                                                        (3)

       5.1.6   Ondersoek die moontlike markkragte wat Suzette se besigheid kan
               beïnvloed.                                                                   (4)

       5.1.7   Gee DRIE riglyne vir Suzette om seker te maak haar Facebook-blad ŉ
               effektiewe bemarkingshulpmiddel is.                                          (3)

       5.1.8   Somtyds is daar kragonderbrekings (beurtkrag) gedurende vakansie-
               tye. Gee TWEE wenke aan Suzette as voorsorgmaatreëls om te
               verseker dat haar gaste nie enige ongerief verduur nie.                      (2)
                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)             GASVRYHEIDSTUDIES                                         17

 VRAAG 6

 6.1    Pedro is ŉ wynkelner by ŉ restaurant. Help hom om die regte glas vir elke
        drankie te identifiseer. Skryf slegs die korrekte letter (A–G) langs die
        vraagnommer (6.1.1–6.1.7) neer.

                  A                B                  C                   D

                  E                F                   G                  H

        6.1.1    Martini

        6.1.2    Vonkelwyn

        6.1.3    Rooiwyn

        6.1.4    Sjerrie

        6.1.5    Whisky

        6.1.6    Bier

        6.1.7    Brandewyn                                                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2019)

 6.2   Bestudeer die wynetikette hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

       Vergelyk die bostaande wyn deur die onderstaande tabel te voltooi:

                                              WYN A          WYN B          WYN C
       6.2.1    Kultivar
       6.2.2    Kleur
                Temperatuur van
       6.2.3
                bediening
                Hoe vol behoort ŉ glas
       6.2.4
                geskink word?                                                              (12)

 6.3   Jy moet ŉ spyskaart vir ŉ huweliksonthaal saamstel. Die bruid wil graag nagereg
       sowel as kaas en beskuitjies op die spyskaart hê. Maak aanbevelings aan die
       bruid rakende die volgorde van bediening van bogenoemde items op die
       spyskaart. Motiveer jou antwoord.                                                        (3)

 6.4   Beskryf VIER prosedures wat kelners tydens die afsluitings mise-en-place
       behoort te volg.                                                                         (4)

 6.5   Verduidelik hoe kelners die volgende situasie behoort te hanteer:

       Die restaurant is baie besig en gaste moet lank vir hul voedselbestelling wag.       (4)
                                                                                           [30]

                                                             TOTAAL AFDELING D:              60
                                                                 GROOTTOTAAL:               200

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [HOSP STUDIES GR12 MEMO SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-memo-sept2019-afrikaans/d831868d-8ed2-4860-a5fe-8fe88c1eebdd) — Hospitality Studies · Memo · 2019 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2019-nsc-november-exam-question-paper-afrikaans/680d333c-cabc-4062-a679-b046b171d9b8) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Afr
- [HOSP ST GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-st-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/11983b69-95c5-4103-a8dc-af66f43a70f7) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES GR12 QP SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-qp-sept-2021-afrikaans/9f434ca0-6e1f-4df2-b554-05443d2a39f7) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept2020-afrikaans/b407324e-2a21-459c-8c86-6a46571f5784) — Hospitality Studies · QP · 2020 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/9e7d85b6-b2f4-4492-a626-06f86191d957) — Hospitality Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-eng/50ef98bf-a40e-4823-a81c-93f1b85e034b) — QP · 2023 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-afr/a97b81fd-5f7e-46f5-bb22-e04f636a263b) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-eng/0a8d29f0-8c1a-4631-915f-d4f87b4fafca) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
