# Hospitality Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2015-afr/1f0ba6ef-c15f-4ff9-9760-7e079d8b3cc2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2015-afr/1f0ba6ef-c15f-4ff9-9760-7e079d8b3cc2)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRADE 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                            SENIOR CERTIFICATE
                                    GRAAD 12

                              GASVRYHEIDSTUDIES

                             FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            2                    DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

       AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)              (40)
       AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede
                   Higiëne, veiligheid en sekuriteit       (20)
       AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning
                   Voedselkommoditeite                     (80)
       AFDELING D: Sektore en loopbane
                   Voedsel- en drankbediening              (60)

2.     Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

4.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            3                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 B.

         VOORBEELD:

         1.1.11       'n Goeie bron van vitamien C is …

                      A    melk.
                      B    lemoene.
                      C    vleis.
                      D    brood.

         ANTWOORD: 1.1.11 B

         1.1.1        'n … verslag het te make met die winsgewendheid en algehele
                      werkverrigting van die hotel.

                      A    Bedryfs-
                      B    Bemarkings-
                      C    Finansiële
                      D    Strategiese                                                       (1)

         1.1.2        'n Program wat gebruik word om 'n kwalifikasie te bekom terwyl
                      daar vir 'n werkgewer gewerk word:

                      A   Studiebeurs
                      B   Vennootskap
                      C   Borgskap
                      D   Leerderskap                                                        (1)

         1.1.3        Fyngemaalde vleis, vis of pluimvee wat in balletjies gevorm en
                      gebraai word:

                      A   Frikkadelle
                      B   Soesji
                      C   Rösti
                      D   Quiche                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                4                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

         1.1.4        Die verskil tussen die koste om 'n item te vervaardig en die bedrag
                      waarvoor dit verkoop word, staan as die … bekend.

                      A    verkoopprys
                      B    bruto wins
                      C    veranderlike koste
                      D    netto wins                                                            (1)

         1.1.5        'n Bykomstigheid by wildsvleis is …

                      A    maroelajellie.
                      B    Yorkshire-poeding.
                      C    appelringe.
                      D    kruisementsous.                                                       (1)

         1.1.6        Pesco-vegetariërs sal NIE die volgende voedsel by hulle dieet
                      insluit NIE:

                      A    Vis
                      B    Eiers
                      C    Hoender
                      D    Suiwelprodukte                                                        (1)

         1.1.7        Die porsie peulgroente wat per dag vir 'n vegetariër aanbeveel
                      word, is …

                      A    1–2.
                      B    6–11.
                      C    3–5.
                      D    2–3.                                                                  (1)

         1.1.8        'n Chardonnay is 'n voorbeeld van 'n …-wyn.

                      A    vonkel
                      B    dessert
                      C    rooi
                      D    wit                                                                   (1)

         1.1.9        'n Voorbeeld van Griekse kookkuns is …

                      A    paella en gazpacho.
                      B    tacos en tortillas.
                      C    carpaccio en lasagne.
                      D    moesaka en dolmades                                                   (1)

         1.1.10       Chouxdeegbolletjies gevul met room en met karamel op mekaar
                      gestapel, word … genoem.

                      A    croquembouche
                      B    churros
                      C    profiteroles
                      D    beignets                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                          5                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

1.2      PASITEMS

         Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die preserveermetode in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–L) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK.

                KOLOM A                                  KOLOM B
              PRESERVEER-                              BESKRYWING
                METODE
         1.2.1 Chemikalieë            A     verwyder en verminder die hoeveelheid
                                            water in 'n voedselproduk
         1.2.2       Kuring
                                      B     suiker, suur, asyn en sout word algemeen
         1.2.3       Uitdroog               gebruik om voedsel te preserveer

         1.2.4       Suiker           C     gebruik om vrugte te kristalliseer

         1.2.5       Pasteurisasie    D     vryf 'n groot hoeveelheid sout op vis

         1.2.6       Inpekel          E     bedek voedsel met asyn, kook en verseël
                                            in 'n houer
         1.2.7       Oksidasie
                                      F     bensoësuur word gebruik om die groei van
         1.2.8       Sterilisering          muf, gis en sekere bakterieë te inhibeer

         1.2.9       Vries            G     ontaktiveer ensieme in melk, vrugtesap en
                                            eiers
         1.2.10 Bymiddels
                                      H     vertraag bakteriële groei op voedsel

                                      I     chemiese reaksie wat die kleur en tekstuur
                                            van voedsel beïnvloed

                                      J     voedsel word met sout of pekel behandel
                                            en dan gerook

                                      K     hoë temperature word gebruik, gevolg
                                            deur die seël van houers om
                                            herkontaminasie van voedsel te voorkom

                                      L     preservering van voedsel vir 'n lang tyd
                                            teen 'n lae temperatuur
                                                                                (10 x 1)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               6                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

1.3      EENWOORDITEMS

         Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.10) in die
         ANTWOORDEBOEK.

         1.3.1       'n Meringue waarby suikerstroop gevoeg word terwyl die eierwitte
                     geklop word

         1.3.2       Klein, soutige, goed gegarneerde vingerhappies

         1.3.3       'n Deeg waar die verhouding van meel tot vet 2 : 1 is

         1.3.4       Beesvleis van 'n dier jonger as nege maande

         1.3.5       'n Afvalproduk wat vars, gekuur of gerook kan wees

         1.3.6       'n Afvalproduk wat meesal in patees gebruik word

         1.3.7       Bind 'n braaistuk met tou en maak dit met knope vas

         1.3.8       'n Streng vegetariër wat nie voedsel wat direk of indirek van diere
                     afkomstig is, sal eet nie

         1.3.9       Die siekte wat veroorsaak word deur die onvermoë om genoeg
                     insulien te vervaardig

         1.3.10 Wyn waaruit die alkohol verwyder is                                                (10)

1.4      KEUSE-ITEMS

         Kies die korrekte antwoorde vir elk van die volgende. Skryf slegs die letters
         (A–F) langs die vraagnommers (1.4.1 en 1.4.2) in die ANTWOORDEBOEK.

         1.4.1         Identifiseer DRIE redes waarom chouxpoffertjies vetterig en
                       swaar is:

                       A     Klop die mengsel goed nadat die eiers bygevoeg is.
                       B     Die mengsel is te veel gekook.
                       C     Die mengsel is nie genoeg gekook nie.
                       D     Te veel vet is gebruik.
                       E     Die oond was nie warm genoeg nie.
                       F     Te veel eiers is gebruik.                                             (3)

         1.4.2         Identifiseer TWEE produkte wat met fillodeeg gemaak kan word:

                       A     Fleurons
                       B     Baklava
                       C     Palmiers
                       D     Strudel
                       E     Bouchées
                       F     Vol-au-vents                                                          (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             7                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

1.5      Bestudeer die geregte hieronder en pas dit by elk van die volgende vleissnitte
         (1.5.1–1.5.5).

                    pekel- en soutbeesvleis; saal;   aftreksels; Hollandse steak;
                           steak tartare; kussing;   T-beenskyf; klubskyf

         1.5.1         Lendestuk                                                                (1)

         1.5.2         Primarib                                                                 (1)

         1.5.3         Borsstuk                                                                 (1)

         1.5.4         Skenkel                                                                  (1)

         1.5.5         Filet                                                                    (1)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              8                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

AFDELING B:           KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE
                      HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Mnr. en mev. Mayekiso se tweeling is met hepatitis A gediagnoseer. Hulle
         het besluit om 'n tweede opinie te kry en die tweede dokter het aangedui dat
         een van die tweeling aan hepatitis A ly en dat die ander een aan
         gastroënteritis ly.

         2.1.1        Dui TWEE simptome aan wat hepatitis A en gastroënteritis met
                      mekaar gemeen het wat die eerste dokter kon verwar het.                  (2)

         2.1.2        Vergelyk die twee siektes met betrekking tot die inkubasietydperk
                      en moontlike oordrag. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                           SIEKTE           INKUBASIETYDPERK           OORDRAG
                     Hepatitis A                          (1)                         (2)
                     Gastroënteritis                      (1)                         (2)      (6)

2.2      2.2.1        Skryf 'n verslag oor die volgende:

                      Riglyne om in ag te neem om cholera te voorkom                           (4)

         2.2.2        Stel voor wat die impak van 'n cholera-uitbreking op die
                      gasvryheidsbedryf kan wees.                                              (2)

2.3      Bestudeer die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

         'n Professionele voorkoms skep 'n gevoel van selfvertroue by werknemers,
         werkgewers en die publiek.

         Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou antwoord.                             (4)

2.4      Verduidelik die volgende:

         Die rekenaar is 'n skakel tussen die kombuis en kliënte.                              (2)

                                                               TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             9                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING
                     VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3

3.1      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Tosie Buiteklub is die gasheer vir skemerkelkfunksies en gala-dinees. Die
         geleentheidskoördineerder van die British Gholfklub het Tosie Buiteklub
         genader om op 8 April 2015 vir die spyseniering van 'n skemerkelkfunksie en
         'n galadinee vir 'n groep van 180 buitelandse gholfspelers te sorg. Die
         skemerkelkfunksie sal voor die galadinee plaasvind. Die koördineerder het 'n
         kwotasie ontvang van R180 vir 20 vegetariërs, R210 vir diegene wat vleis eet
         en 'n 50%-deposito moes via internetoordrag betaal word. Bykomende koste
         het R1 000 vir musiek ingesluit. Die koördineerder se spesiale versoek was
         dat plaaslike bestanddele op die spyskaart ingesluit sou word.

         Bereken die koste van die volgende:

         3.1.1        Spyskaart vir vegetariërs                                                  (2)

         3.1.2        Spyskaart vir diegene wat vleis eet                                        (2)

         3.1.3        Totale koste van die skemerkelkfunksie en die galadinee                    (2)

3.2      Stel VIER plaaslike bestanddele voor wat by die vegetariese spyskaart
         ingesluit kan word.                                                                     (4)

3.3      Ontwerp en voltooi 'n kwotasievorm met gebruik van die inligting in
         VRAAG 3.1.
         Moet NIE die volgende inligting op die kwotasievorm insluit NIE:
         Tyd en duur van die funksie
         Datum van die funksie
         Getal gaste                                                                             (10)

3.4      3.4.1        Beveel die getal peuselhappies aan wat vir die skemerkelkfunksie
                      benodig word. Regverdig jou antwoord.                                      (2)

         3.4.2        Noem DRIE tipes soutpeuselhappies wat aan diegene wat vleis
                      eet, bedien kan word.                                                      (3)

         3.4.3        Verduidelik kortliks die voordele daarvan om 'n skemerkelkfunksie
                      voor die formele dinee te hou.                                             (4)

         3.4.4        Verduidelik aan die kelner hoe die vertrek ingerig (gereed gemaak)
                      moet word.                                                                 (6)

         3.4.5        'Bewustheid van bestanddele is belangrik wanneer vir gaste met
                      allergieë voorberei word.' Evalueer hierdie stelling.                      (5)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              10                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die foto's hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         Nagereg A                              Nagereg B

         4.1.1        Identifiseer nagereg A en nagereg B.                                        (2)

         4.1.2        Vergelyk die    nageregte    hierbo   volgens    klassifikasie,
                      gaarmaakmetode en beskrywing. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                                    NAGEREG A           NAGEREG B
                      (a) Klassifikasie                      (1)                         (1)
                      (b) Gaarmaakmetode                     (1)                         (1)
                      (c) Beskrywing                         (1)                         (1)      (6)

4.2      4.2.1        Noem EEN funksie van gelatien in 'n Beierse room.                           (1)

         4.2.2        Identifiseer die proses wat plaasvind wanneer gelatien in koue
                      water geweek word.                                                          (1)

         4.2.3        Beskryf hoe jy 'n vorm vir die Beierse room sal voorberei.                  (2)

         4.2.4        Graad 12-leerders is in twee groepe verdeel en moes 'n Beierse
                      room vir hulle praktiese assessering berei. Groep A het vars
                      pynappel gebruik en Groep B het geblikte pynappel gebruik.

                      Bepaal die eindresultaat van elke groep se Beierse room.                    (2)

         4.2.5        Gee EEN rede waarom die vrugte eers bygevoeg word nadat die
                      mengsel gedeeltelik gestol het.                                             (1)

         4.2.6        Noem DRIE ander gebruike van gelatien (uitgesluit die stolproses).          (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              11                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

4.3      Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          Wild en vol vrugte
                                            APPELKOOS-
                                             BLATJANG

         4.3.1        Verduidelik waarom jy vlekvryestaalgereedskap sou gebruik
                      wanneer die produk hierbo gemaak word.                                    (1)

         4.3.2        Verduidelik hoe die appelkoosblatjang berei word.                         (4)

4.4      Jy het besluit om 'n groente-breyani te berei.

         4.4.1        Noem VIER voordele daarvan om die peulgroente in die groente-
                      breyani te eet.                                                           (4)

         4.4.2        Verduidelik stap vir stap hoe jy die gedroogde lensies vir jou
                      breyani sal voorberei.                                                    (3)

4.5      4.5.1        Beskryf die voorkoms van 'n beesvleisfilet wat medium gaar berei
                      is.                                                                       (1)

         4.5.2        Nadat die filet gerooster is, moet dit rus. Voorspel die gevolg as
                      hierdie prosedure nie gevolg word nie.                                    (2)

4.6      4.6.1        Gee EEN rede waarom prik toepas word wanneer jy pasteideeg
                      maak.                                                                     (1)

         4.6.2        Onderskei tussen mille-feuilles en barket.                                (4)

4.7      Verduidelik waarom die temperatuur van chouxdeeg verlaag word sodra die
         regte volume bereik is.                                                                (2)
                                                                                                [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:           80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             12                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING D:           SEKTORE EN LOOPBANE
                      VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            MENSLIKEHULPBRONNEBESTUURDER
                                    Amari Orchid Hotel

                 Salariskerf: R552 144 per jaar (Verw. 04410)

                 Vereistes: 'n Kwalifikasie in menslike hulpbronne
                            5 jaar relevante seniorbestuurservaring

                 Rolle en Verantwoordelikhede:
                 • Indiensneming van nuwe werknemers
                 • Personeelopleiding en beoordeling
                 • Dissiplinêre stappe
                 • Berading
                 • Verlofprosesse
                 • Vasstel van salariskategorieë

                 Navrae: B Mlambo
                 Tel.:   046 645 1198
                 E-pos: bmalm45@ndt.co.za

         5.1.1        Gebruik die inligting hierbo om TWEE ander pligte van 'n
                      menslikehulpbronnebestuurder in 'n akkommodasieonderneming
                      te beskryf.                                                               (2)

         5.1.2        Evalueer die advertensie hierbo.                                          (5)

5.2      Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Al die pligte in VRAAG 5.1.1 hierbo genoem, is koste vir die onderneming en
         skep nie inkomste nie. Hierdie koste is egter noodsaaklik vir die onderneming
         om inkomste te kan skep.

         5.2.1        Bespreek die stelling hierbo krities deur inkomsteskeppende- en
                      nie-inkomsteskeppende areas te verduidelik.                               (6)

         5.2.2        Beskryf hoe winsgewende ondernemings in die gasvryheidsbedryf
                      tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bydra.                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             13                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

5.3      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Thobile is 'n werklose sjef. Sy sien 'n geleentheid om worsbroodjies en
         hamburgers by 'n besige sakekompleks naby haar huis te verskaf. Daar is
         tans 'n bestaande wegneemete-onderneming maar hulle kos is voortdurend
         uitverkoop. Sy besit reeds 'n karretjie waarvandaan sy hoop om binnekort te
         begin verkoop, maar sy beplan om 'n klein winkeltjie te bekom as die
         besigheid eers gevestig is.

         5.3.1        Stel 'n SSGB- ('SWOT'-) ontleding vir Thobile se besigheid saam.          (8)

         5.3.2        Maak 'n voorstel aan Thobile oor wat sy by haar besigheids-
                      beskrywing kan insluit.                                                   (4)

         5.3.3        Gee TWEE voorbeelde van visuele bemarkingsinstrumente wat
                      Thobile kan gebruik om haar besigheid te bevorder.                        (2)
                                                                                                [30]

VRAAG 6

6.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    VAT DIE DROOM VERDER

         Louis beplan om op 16 Desember 2015 by die Hope Hotel te trou. Pumi is
         gekies om die hele troue te beplan.

         Beplan die inrig (gereed maak) van die plek (lokaal/ruimte/area) met
         betrekking tot die volgende aspekte:

         6.1.1        Spesiale bedieningstoerusting                                             (3)

         6.1.2        Die tafels                                                                (3)

         6.1.3        Die plek/lokaal                                                           (3)

6.2      Daar is dikwels kragonderbrekings by die Hope Hotel. Maak voorstelle aan
         Pumi oor die standaardbedryfsprosedures om in te stel om hierdie uitdaging
         te oorkom.                                                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            14                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

6.3      Gee Pumi raad oor die tipe wyn wat saam elke gang hieronder bedien moet
         word. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                    SPYSKAART                                 TIPE WYN
         Steurgarnaalkelkie
         Beesvleisbraaistuk
         Karamelvla                                                                         (3)

6.4      Lees die volgende en beantwoord die vrae wat volg.

         Nie-alkoholiese drankies gaan by die troue bedien word. Pumi het die
         kelner versoek om nie ys by die mineraalwater te bedien tensy daarvoor
         gevra word nie.

         6.4.1        Gee DRIE redes waarom Pumi hierdie versoek aan die kelner
                      gerig het.                                                            (3)

         6.4.2        Noem TWEE mengmetodes wat gebruik              kan   word      om
                      nie-alkoholiese skemerkelkdrankies te berei.                          (2)

6.5      Hope Hotel sal 'n kontantkroeg aan die gaste by die huweliksonthaal bied.

         6.5.1        Noem VIER algemene vereistes van 'n binneverbruikdranklisensie.       (4)

         6.5.2        Verduidelik hoe om die drankrekening aan 'n gas by die troue
                      te bied.                                                              (5)
                                                                                            [30]
                                                              TOTAAL AFDELING D:            60
                                                                  GROOTTOTAAL:              200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2015-eng/a09749d2-d320-4d9c-8396-f8e308219d03) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Eng
- [Hospitality Studies Feb March 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2015-memo-eng/07a56ace-298b-405d-86fa-ff7b969f8e00) — Hospitality Studies · Memo · 2015 · Eng
- [Hospitality Studies Feb March 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2015-memo-afr/3f7a6f37-f13c-49c4-a20e-2afefc830f50) — Hospitality Studies · Memo · 2015 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2015-eng/ec04b525-e9f4-41d0-8dab-c4deca0ea59a) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Eng
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2015-afr/a45245b6-c7ff-45c5-8c07-0a7af94fd217) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2015-afr/7941595f-aac9-4bb3-90c2-99e22956e558) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
