# Hospitality Studies Grade 12 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2018-afr/04ff8d4b-6260-4218-adb3-5c115246a3ab
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2018-afr/04ff8d4b-6260-4218-adb3-5c115246a3ab)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRADE 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                            SENIOR CERTIFICATE

                                     GRAAD 12

                               GASVRYHEIDSTUDIES

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                    DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                       (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit                (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                              (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                       (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              3                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         VOORBEELD:

         1.1.11       'n Goeie bron van vitamien C is …

                      A    melk.
                      B    lemoene.
                      C    vleis.
                      D    brood.

         ANTWOORD:

         1.1.11       B

         1.1.1        Die hooffunksie van 'n nag-ouditeur is om ...

                      A    kleinkasbetalings te maak.
                      B    snags na spesiale gaste om te sien.
                      C    alle voorkantoorrekeninge te balanseer.
                      D    gaste te groet wat snags arriveer.                                     (1)

         1.1.2        Oneetbare geel bindweefsel in vleis bestaan hoofsaaklik uit ...

                      A    kollageen.
                      B    gelatien.
                      C    elastien.
                      D    sarkoplasma.                                                           (1)

         1.1.3        'n Simptoom van hepatitis A is ...

                      A    aanhoudende hoes.
                      B    ernstige diarree.
                      C    nagsweet.
                      D    geswelde kliere.                                                       (1)

         1.1.4        … is NIE geskik om by 'n skemerkelkfunksie bedien te word NIE.

                      A    Canapés en crudités
                      B    Noisettes en tournedos
                      C    Rissoles en kebabs
                      D    Rösti en blini                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              4                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

         1.1.5        Wanneer gelatien oor warm water gesmelt word, staan die proses
                      as … bekend.

                      A    dispersie
                      B    jellering/jelvorming
                      C    hidrering
                      D    stolling                                                                (1)

         1.1.6        … is deel van handelsmerkbewustheid            en      kan   ook    as
                      'n bemarkingsinstrument gebruik word.

                      A    Verpakking
                      B    Promosie
                      C    Advertering
                      D    Aanbieding                                                              (1)

         1.1.7        'n Drankie wat van twee of meer dranke gemaak word, staan as
                      'n … bekend.

                      A    espresso
                      B    kwas
                      C    stroop
                      D    skemerkelkie                                                            (1)

         1.1.8        Die term wat gebruik word om te beskryf hoe gaatjies met 'n vurk in
                      'n pasteideegbasis gemaak word voordat dit gebak word:

                      A    Verglansing
                      B    Vasvang
                      C    Prik ('Docking')
                      D    Voer                                                                    (1)

         1.1.9        Paula is 'n …-vegetariër omdat sy vis en seekos eet.

                      A    lakto
                      B    ovo
                      C    pollo
                      D    pesco                                                                   (1)

         1.1.10       Pinotage word as 'n … wyn geklassifiseer.

                      A    vonkel-
                      B    rooi-
                      C    gefortifiseerde
                      D    wit-                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            5                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

1.2      Die verskillende beessnitte is op die karkas hieronder geïllustreer. Kies die
         nommer van die beessnit in KOLOM A wat by die snit in KOLOM B en die
         spesifieke gebruik in KOLOM C pas. Skryf slegs die letter (A–G) van KOLOM
         B en die Romeinse syfer ((i)–(vii)) van KOLOM C langs die vraagnommer
         (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 H (viii).

                KOLOM A                KOLOM B                    KOLOM C
           Nommer van beessnit           Snit                Spesifieke gebruik
           1.2.1 1                   A  bolo           (i) klubbiefstuk ('club steak')
           1.2.2 4                   B  primarib       (ii) tournedos
           1.2.3 8                   C  voorrib        (iii) blindevinke
           1.2.4 13                  D  skof           (iv) Porterhouse-biefstuk
           1.2.5 12                  E  filet          (v) kebabs
                                     F  kruis          (vi) soutbeesvleis
                                     G  skenkel        (vii) aftreksel
                                                                                 (5 x 2)       (10)
1.3      EENWOORDITEMS
         Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
         1.3.1       Die gereedskap wat kelners gebruik om wynbottels mee oop te
                     maak
         1.3.2       'n Preserveringsproses waartydens vrugte herhaaldelik in hoogs
                     gekonsentreerde stroop gekook word
         1.3.3       Verhitting en afkoeling van sjokolade om dit meer bestand teen
                     smelt te maak
         1.3.4       Die proses wat gebruik word om vleisstukke te stop voor gaarmaak
         1.3.5       'n Voedseloordraagbare siekte wat deur besmette water veroorsaak
                     word
         1.3.6       'n Deeg wat gebruik word om samoesas te maak
         1.3.7       'n Baie klein romerige neut met 'n ovaal vorm wat as noodsaaklike
                     bestanddeel in Italiaanse pesto-sous gebruik word
         1.3.8       Die vernaamste nutriënt in chouxdeeg
         1.3.9       'n Ensiem wat gelatienstolling voorkom omdat dit die proteïene
                     afbreek
         1.3.10      'n Siekte wat veroorsaak word wanneer die liggaam nie in staat is
                     om voldoende insulien te produseer nie                   (10 x 1)         (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             6                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

1.4      KEUSE

         Kies VYF voorbeelde van gebakte nageregte in die lys hieronder. Skryf slegs
         die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         A       Crêpe Suzette
         B       Brood-en-botterpoeding
         C       Malvapoeding
         D       Piesangpoffertjies
         E       Koekstruif
         F       Appel-strudel
         G       Crème caramel
         H       Sjokoladesoufflé
         I       Charlotte muscovite
         J       Churros                                                            (5 x 1)     (5)

1.5      EENWOORDITEMS

         Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings van
         bedieningstoerusting deur 'n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf
         slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                     dompelpot; voorsny-eenheid; diendoek; cloche;        tang;
                           sousbekertjie; dempdoek; warmskinkbord

         1.5.1       Word gebruik om die hande en gewrigte teen brandwonde te
                     beskerm                                                                    (1)

         1.5.2       Word gebruik om borde, opdienborde en voedsel op die buffettafel
                     warm te hou                                                                (1)

         1.5.3       Toerusting wat gebruik word om koffie te berei                             (1)

         1.5.4       Word gebruik voedsel te bedek en te voorkom dat dit uitdroog               (1)

         1.5.5       Toerusting wat gebruik word om alle enkelporsies voedsel te bedien         (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               7                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      'n Nuutaangestelde portier by die Gold Hotel hoes bloed.

         2.1.1       Identifiseer die siekte waaraan die portier ly.                                  (1)
         2.1.2       Voorspel DRIE ander simptome wat die portier kan hê, behalwe die
                     een wat in VRAAG 2.1.2 geïdentifiseer is.                                        (3)
         2.1.3       Dink jy dat die siekte in VRAAG 2.1.1 'n negatiewe invloed op die
                     arbeidsmag sal hê? Motiveer jou antwoord.                                        (3)
2.2      Noem TWEE voorkomende maatreëls wat                     getref   moet    word    deur
         'n voedselhanteerder wat aan MIV/Vigs ly.                                                    (2)

2.3      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Amanda is onlangs as 'n kelner by 'n plaaslike hotel aangestel. Sy het jou
         vertel dat die hotelbestuurder haar net een kyk gegee het, haar aangestel het
         en haar aangesê het om onmiddellik te begin sonder dat hy 'n onderhoud met
         haar gevoer het of haar aan die betaalpunt('POS')-stelsel bekend gestel het.

         2.3.1       Verduidelik watter impak die bestuurder se optrede op uitstekende
                     dienslewering sal hê.                                                            (3)
         2.3.2       Amanda het besluit om die werk by die plaaslike hotel te aanvaar.
                     Gee Amanda raad oor 'professionele werksetiek' wat sy moet toon.                 (3)
2.4      Een van die voordele van die betaalpuntstelsel is om produktiwiteit te
         verhoog.
         Evalueer die stelling.                                                                       (3)
2.5      Bespreek TWEE veiligheidspraktyke om te volg wanneer 'n produk aanlyn
         gekoop word.                                                                                 (2)
                                                                       TOTAAL AFDELING B:             20

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              8                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die geregte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       Vrugtekebabs                         Gevulde eiers

         3.1.1       Identifiseer die soort funksie waarby die geregte hierbo bedien
                     sal word.                                                                     (1)

         3.1.2       Motiveer waarom dit vir die spysenier voordelig is om die soort
                     funksie wat in VRAAG 3.1.1 geïdentifiseer is, aan te bied.                    (4)

         3.1.3       Evalueer die geskiktheid van die geregte hierbo vir gaste met hoë
                     cholesterol.                                                                  (4)

         3.1.4       Gee redes waarom die geregte hierbo geskik is vir mense wat
                     MIV-positief is.                                                              (4)

3.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Dieetkundige het jou aangeraai om 'n vegetariër te word. Jy word aangesê
         om vleis, pluimvee en vis uit te sluit en eerder 'n gebalanseerde inname van
         peulgroente, neute, sade, melkprodukte en eiers te hê.

         3.2.1       Identifiseer die soort vegetarisme wat deur die dieetkundige
                     aanbeveel word.                                                               (1)

         3.2.2       Motiveer waarom die deetkundige moontlik aanbeveel het dat jy
                     'n vegetariër word.                                                           (2)

         3.2.3       Noem DRIE soorte sade wat jy by jou dieet kan insluit.                        (3)

         3.2.4       Maak 'n lys van die nutriënte wat in neute aangetref word.                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               9                      DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

3.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die volgende koste is by die Food and Wine Restaurant aangegaan vir
         'n banket wat vir 40 mense voorberei is.

         Voedselkoste:          R4 450
         Oorhoofse koste:       R650
         Arbeidskoste:          R1 600
         Netto wins:            40%

         3.3.1       Bereken die verkoopprys. Toon ALLE berekeninge.                            (5)

         3.3.2       Bereken die verkoopprys per persoon vir die banket. Toon ALLE
                     berekeninge.                                                               (3)

3.4      Bestudeer die etiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                              GOODFOOD

                                       DROËVRUGTE-MENGSEL

                                   'n Heerlike mengsel van gedroogte
                                    bosbessies, goue rosyne, kersies
                                             en bloubessies
                                          NET GEW. 1 oz (28 g)

         3.4.1       Identifiseer die preserveringsmetode hierbo.                               (1)

         3.4.2       Evalueer die inligting op die etiket hierbo.                               (5)

         3.4.3       Noem VIER voordele van voedselpreservering deur die metode wat
                     in VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer is, te gebruik.                              (4)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              10                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          Melktertjies                       Roompoffertjies

                                             Vol-au-vent

         4.1.1       Onderskei tussen die drie produkte hierbo. Teken die tabel
                     hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel.

                                          MELKTERT           ROOM-         VOL-AU-
                                                            POFFERS         VENTS
                      Soort deeg                     (1)           (1)            (1)
                      Vormingstegniek                (1)           (1)            (1)
                                                                                                (6)
         4.1.2       Identifiseer 'n produk wat blindgebak moet word. Motiveer jou
                     antwoord.                                                                  (3)
         4.1.3       Lewer kommentaar op die voorkoms van die vol-au-vent.                      (3)
         4.1.4       Benoem die piramiedvormige produk wat gemaak word deur
                     roompoffertjies met die gebruik van karamel op mekaar te stapel.           (1)
         4.1.5       Regverdig waarom die spinsuiker, wat gebruik word om die produk
                     genoem in VRAAG 4.1.4 te versier, gemaak moet word op dieselfde
                     dag wat dit gebruik word.                                                  (2)
         4.1.6       Verduidelik hoe spinsuiker gemaak word.                                    (2)
         4.1.7       Die roomvulsel in die poffertjies kan ook deur 'n chiffonvulsel
                     vervang word.
                     Verduidelik hoe 'n chiffonvulsel berei word.                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                11                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

4.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Graad 12-leerders het kiwi-jellie en aarbei-coulis vir 'n praktiese les berei.

         4.2.1       Gee geskikte redes vir ELK van die volgende foute wat voorgekom
                     het toe die jellie berei is:

                     (a)   Daar was yskristalle in die kiwi-jellie.                                (1)

                     (b)   Die kiwi-jellie het nie behoorlik gestol nie.                           (3)

         4.2.2       Beskryf hoe die vormpies voorberei moet word om seker te maak
                     dat die kiwi-jellie maklik ontvorm kan word.                                  (3)

         4.2.3       Verduidelik wat 'n coulis is.                                                 (2)

4.3      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                 T-BEEN

         4.3.1       Noem die deel van die beeskarkas waaruit die T-been gesny is.                 (1)

         4.3.2       Verduidelik waarom T-been-skyf vir braai in Suid-Afrika geskik is.            (3)

         4.3.3       Gee moontlike redes waarom die T-been hierbo uiters taai en droog
                     was toe dit by 'n sekere restaurant bedien is.                                (4)

         4.3.4       Noem DRIE faktore om te oorweeg wanneer die vleissnit hierbo
                     aangekoop word.                                                               (3)
                                                                                                   [40]

                                                                      TOTAAL AFDELING C:           80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             12                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING D:          SEKTORE EN LOOPBANE;
                     VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Bestudeer die plakkaat hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    BURGHERS
                                     GOETKOOP
                                   CHEAP CHEAP
                                        R10

         5.1.1       Noem DRIE ander visuele bemarkingsinstrumente wat gebruik kan
                     word om die produk hierbo te bemark.                                       (3)

         5.1.2       Voorspel die teikenmark wat die produk hierbo sal lok. Motiveer jou
                     antwoord.                                                                  (2)

         5.1.3       Verduidelik hoe die verkoop van die produk hierbo tot die
                     Suid-Afrikaanse ekonomie sal bydra.                                        (4)

         5.1.4       Evalueer die plakkaat hierbo.                                              (5)

5.2      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Jong entrepreneur het onlangs 'n tienslaapkamer-gastehuis in die plaaslike
         gemeenskap oopgemaak. Hy het jou as die rekenmeester by sy nuwe
         besigheid aangestel.

         5.2.1       Beveel DRIE inkomste-genererende areas aan, behalwe die
                     slaapkamers, wat die gastehuis kan help om inkomste te genereer.           (3)

         5.2.2       Stel VIER verantwoordelikhede van 'n rekenmeester in die gastehuis
                     hierbo voor.                                                               (4)

         5.2.3       Noem VIER eienskappe wat die jong entrepreneur moet hê.                    (4)

         5.2.4       'n Besigheidsplan is belangrik wanneer 'n besigheid begin word.

                     Noem VYF aspekte wat die              jong   entrepreneur   by    sy
                     besigheidsbeskrywing moet insluit.                                         (5)
                                                                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               13                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

VRAAG 6

6.1      Lees die uittreksel, bestudeer die foto's met inligting hieronder en beantwoord
         dan die vrae wat volg.

         'n Groep gaste vier 'n 21ste verjaarsdagpartytjie by 'n restaurant. Die groep
         bestel 'n keur van populêre Suid-Afrikaanse vonkelwyne, insluitend
         Methóde Cap Classique en alkoholonttrekte ('de-alcoholised') vonkelwyne.
         Mary, 'n 18-jarige kelnerin, is aangewys om die tafel te bedien.

                                             A          B          C          D

                    Wyntemperature:        6–8 °C         15–20 °C        7–12 °C

         6.1.1       Definieer die term Methóde Cap Classique.                                      (1)

         6.1.2       Noem TWEE ander metodes wat vir die maak van vonkelwyn
                     gebruik word.                                                                  (2)

         6.1.3       Verduidelik waarom dit verkeerd is om die term 'Sjampanje'
                     ('Champagne') te gebruik wanneer daar na die vonkelwyne hierbo
                     verwys word.                                                                   (1)

         6.1.4       Stel 'n geskikte voorgereg voor om saam met 'Sjampanje'                        (1)
                     ('Champagne') te bedien.

         6.1.5       Verduidelik wat 'n alkoholonttrekte ('de-alcoholised') wyn is.                 (2)

         6.1.6       Kies 'n geskikte glas (A–D) en temperatuur vir die vonkelwyn hierbo.           (2)

         6.1.7       Verduidelik hoe die glase hierbo vriesversier ('frosted') kan word.            (2)

         6.1.8       Bespreek die wetlike vereistes waaraan restauranteienaars moet
                     voldoen wanneer hulle wyn bedien.                                              (3)

         6.1.9       Een van die gaste begin met Marie flankeer en sy voel ongemaklik.

                     Bespreek hoe Marie die gas moet hanteer.                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                14                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

6.2      Verduidelik die stappe wat gevolg moet word wanneer die rekening vir gaste
         aangebied word.                                                                        (4)

6.3      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         6.3.1       Evalueer die tafeluitleg in die prentjie hierbo.                           (4)

         6.3.2       Onderskei tussen 'n formele aandete en 'n skemerkelkfunksie ten
                     opsigte van die voedselbedienings- en afdekprosedures wat
                     'n kelner moet volg. Teken die tabel hieronder in die
                     ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel.

                                                         FORMELE        SKEMERKELK-
                                                         AANDETE          FUNKSIE
                      Voedselbedieningsprosedure               (1)                (1)
                      Afdekprosedure                           (1)                (1)           (4)
                                                                                                [30]

                                                                    TOTAAL AFDELING D:          60
                                                                        GROOTTOTAAL:            200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2018-memo-eng/6d460bc4-3372-4c5c-b7ee-aa4ddabc9a5f) — Hospitality Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Hospitality Studies Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2018-memo-afr/3ed19670-3b45-4132-9fb0-e552ab708443) — Hospitality Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Hospitality Studies May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2018-afr/ebe9c496-9b95-4375-8d30-e070df882385) — Hospitality Studies · QP · 2018 · Afr
- [Hospitality Studies May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2018-eng/ca143aba-296d-42b8-beda-abe906ae0ea5) — Hospitality Studies · QP · 2018 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2018-afr/b5cf4304-a111-4e3a-b7c1-4d1d658c7987) — Hospitality Studies · QP · 2018 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2018-eng/f569c6b4-5af1-4515-871c-f4cf4ea1463f) — Hospitality Studies · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
