# Hospitality Studies Grade 12 2021 Guideline (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies exam guideline from the Hospitality Studies 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/28f34b22-6874-45bd-9297-c6bdbff2c64f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Hospitality Studies
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 2021 Guideline (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/28f34b22-6874-45bd-9297-c6bdbff2c64f)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · Hospitality Studies · 2021. Exam guideline, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      GASVRYHEIDSTUDIES

                        EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12
                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             2                             DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE                                                                Bladsy

1.     INLEIDING                                                             3

2.     DOEL VAN DIE RIGLYNE                                                  3

3.     ASSESSERING IN GRAAD 12                                               4
3.1    Formaat van die Gasvryheidstudies-vraestel                            4
3.2    Kognitiewe vlakke en gewigswaarde van die eksterne vraestel           5
3.3    Verduideliking van Bloom se hersiene taksonomie                       5
3.4    Kenmerke en verwagtinge van hoërorde-denke                            8
3.5    Opbou van vrae                                                        8

4.     VAKINHOUD                                                             9
4.1    Verduideliking van sekere inhoud                                      9

5.     VAKRIGLYNE
5.1    Riglyne vir leerders: beantwoording van vraestelle                    11
5.2    Onderrig en leer: begrippe en terminologie                            13
5.3    Aanbevole hulpbronmateriaal                                           14

6.     SLOT                                                                  14

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            3                                         DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

1.     INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Verbruikerstudies beskryf die aard
en doel van die vak Verbruikerstudies. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die
onderrig en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat (NSS)-eksamen in Verbruikerstudies geassesseer gaan word.
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Verbruikerstudies
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
     Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
     Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
    Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die
     Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12
    Die Verkorte Afdeling 4 van die Graad 12-KABV-wysigings

2.     DOEL VAN DIE RIGLYNE

Die finale punt vir Gasvryheidstudies sluit die volgende in (KABV bl. 61):
 Skoolgebaseerde assessering (formele toetse/eksamen, vaardigheidstoetse en praktiese
     klasse) (25%)
 Praktiese Assesseringstaak (25%)
 Finale teorie-eksamen (50%)

Die instruksies vir die Praktiese Assesseringstake en die teorie-eksamenvraestel sal ekstern deur
die Departement van Basiese Onderwys opgestel word.

Die doel van hierdie dokument is nie om voorbeeldvrae en -antwoorde vir eksamendoeleindes te
verskaf nie; vorige Nasionale graad 12-eksamenvraestelle en nasienriglyne kan vir hierdie doel
gebruik word.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           4                                      DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

3.     ASSESSERING IN GRAAD 12

3.1     Formaat van die Gasvryheidstudies-vraestel
     'n Drie-uur-vraestel van 200 punte word aan die einde van die jaar in graad 12 geskryf.
     Slegs graad 12-inhoud sal geassesseer word. Kennis wat voorheen in graad 10 en 11
      opgedoen is, mag egter nodig wees om sommige van die vrae te interpreteer en
      beantwoord.

Uitleg van die eksterne vraestel
    AFDELING         VRAAG               INHOUD GRAAD 12                       PUNTE
 AFDELING A             1              Kortvrae (alle onderwerpe)
                                        Meervoudigekeuse-vrae                    10
                                               Pasitems
                                            Een woord/term
                                         Seleksie/Identifisering                 30
                                              Herrangskik

                                                  Totaal                         40
 AFDELING B             2         Kombuis- en restaurantbedrywighede             20
                                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit
 AFDELING C            3, 4         Voeding en spyskaartbeplanning           80 (2 x 40)
                                          Voedselkommoditeite
 AFDELING D            5, 6               Sektore en loopbane                60 (2 x 30)
                                      Voedsel- en drankbediening
                                TOTAAL                                          200

Die gewigswaarde van punte wat vir die onderwerpe in AFDELING B, C en D toegeken word,
word bepaal deur die hoeveelheid inhoud in elke subonderwerp.
Voorbeeld: Voeding en Spyskaartbeplanning het drie subonderwerpe, terwyl Kommoditeite sewe
subonderwerpe het.

Tipes vrae
    Meervoudigekeuse-vrae
    Pasitems
    Eenwoord-items
    Scenario-gebaseerde vrae
    Seleksie/Identifikasie
    Herrangskik
    Rangskikking van begrippe
    Identifisering van prente/sketse/foto's (brongebaseerde antwoorde)
    Ontleding/Interpretasie van illustrasies/grafieke/tabelle met data
    Medium-antwoord-vrae
    Lang-antwoord-vrae

LET WEL:
   Die onderwerpe is in die vrae geïntegreer.
   Waar/Onwaar- en ontbrekendewoord-vrae sal NIE by die eksterne vraestel ingesluit word
    NIE.
   Maak seker dat leerders in die eksamen gereed is om:
    o    Antwoorde in volsinne te skryf
    o    Te verstaan hoe om die aksiewerkwoord in die vraag te interpreteer
    o    Die vermoë te demonstreer om die instruksies wat deur die aksiewerkwoord gegee
         word, in die antwoord uit te voer
    o    Die puntetoekenning vir die vraag te gebruik om die formulering van die antwoord te
         bepaal
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            5                                          DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

3.2    Kognitiewe vlakke en gewigswaarde van die eksterne vraestel
            KOGNITIEWE VLAK                   PERSENTASIE                        PUNTE
Laer orde:                                         30%                             60
Onthou
Middelorde:                                        50%                             100
Verstaan                         (20%)
Toepas                           (30%)
Hoër orde:                                         20%                             40
Ontleed, evalueer en skep
3.3   Verduideliking van Bloom se hersiende taksonomie
           KOGNITIEWE      SLEUTELWERKWOORDE OF                    VERDUIDELIKING VAN
             VLAKKE                AKSIEWOORDE                     KOGNITIEWE VLAKKE
Laer-    Onthou            Skryf; kies; memoriseer;        Onthou iets wat voorheen geleer is;
orde                       herroep; herken; benoem;        herken; onthou relevante inligting;
                           noem; identifiseer; ondersoek;  noem feite op; definieer en beskryf
                           vind; lys; kwoteer; rangskik in basiese feite; regstreekse onthou
                           volgorde; definieer; beskryf;   van inligting in 'n handboek;
                           gee voorbeelde; reproduseer     verduidelik bepaalde terminologie;
                                                           identifiseer antwoorde uit 'n stuk
                                                           teks/gevallestudie/prentjie
Voorbeelde van laer-orde-vrae: Onthou

1.1     MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
        antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

1.1.1   Die tegniek waar warm brandewyn bo-oor crêpes Suzette gegooi word en dit dan aan die
        brand gesteek word, word … genoem.

        A   frappé
        B   fromage
        C   flambé
        D   fumet                                                                              (1)

1.2     SELEKSIE

1.2.1 Kies VIER witwynkultivars. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1) in
      die ANTWOORDEBOEK.

        A Pinot Noir
        B Colombar
        C Shiraz
        D Chenin Blanc
        E Chardonnay
        F Merlot
        G Cabernet Sauvignon
        H Sauvignon Blanc                                                                      (4)

1.3     Noem TWEE soorte glase wat 'n kelner vir die bediening van nie-alkoholiese drankies sal
        gebruik.                                                                            (2)

1.4     Definieer die term flambé.                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           6                                           DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

Middel-     KOGNITIEWE        SLEUTELWERKWOORDE                      VERDUIDELIKING VAN
 orde         VLAKKE             OF AKSIEWOORDE                      KOGNITIEWE VLAKKE
           Begrip           Vertel; rapporteer; verduidelik;   Toon 'n basiese begrip van die
                            identifiseer; beskryf; som op;     konsepte en kurrikulum.
                            bespreek; interpreteer;            Druk in ander woorde uit; gee eie
                            tabuleer; klassifiseer; herken;    betekenis.
                            herrangskik                        Verstaan
                                                               Pas inligting bymekaar
                                                               Kategoriseer inligting
           Toepas         Pas aan; rangskik; bereken;          Interpreteer kennis en pas dit toe
                          besluit en pas toe; voer uit;        Kies inligting, samel dit in en
                          demonstreer/toon;                    klassifiseer dit
                          interpreteer; illustreer; wys;       Wysig en gebruik bestaande kennis
                          voorspel; beskryf hoe/               Onttrek inligting uit 'n gegewe teks
                          waarom; stel vas en beskryf;
                          identifiseer en beskryf;
                          implementeer; berei voor;
                          los op; skakel om; sorteer en
                          rangskik inligting; kies 'n
                          bepaalde aksie
Voorbeelde van middel-orde-vrae: Begrip en Toepas

1.1    Som die voorbereiding van chouxpasta in VIER stappe op.                                  (4)

1.2    Verduidelik kortliks die funksie van die volgende bestanddele tydens die bereiding van
       skilferkorsdeeg:

      1.2.1    Sout                                                                             (1)

       1.2.2   Vette                                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            7                                         DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

Hoër-    KOGNITIEWE        SLEUTELWERKWOORDE OF                      VERDUIDELIKING VAN
order      VLAKKE                  AKSIEWOORDE                       KOGNITIEWE VLAKKE
         Analisering of   Analiseer; bereken; klassifiseer;   Analiseer inligting in 'n nuwe of
         analise          kategoriseer; vergelyk; los op;     onbekende konteks; los probleme
                          vind verbande; dekonstrueer;        op gebaseer op onbekende
                          bepaal/stel vas; takseer; skei;     kontekste; gebruik redenering om
                          onderskei; identifiseer en          nieroetineprobleme op te los;
                          beskryf ooreenkomste en             identifiseer die probleem en
                          verskille; interpreteer             gebruik dan geskikte metode om
                          gevallestudies; sorteer; kies die   dit op te los; los nie-roetine-
                          mees geskikte                       probleme op gebaseer op werklike
                                                              kontekste
                                                              Onderskei tussen aspekte;
                                                              vergelyk en verduidelik
         Evaluering       Beoordeel; evalueer; kritiseer;     Doen beoordelings; lewer kritiek en
                          gee 'n mening; assesseer;           maak aanbevelings; weeg
                          gee standpunt; vat saam; krities    moontlikhede teen mekaar op en
                          oor inligting; debatteer; verskaf   maak aanbevelings; beoordeel die
                          'n oplossing; motiveer;             waarde van iets met gebruik van
                          ondersteun; staaf; regverdig;       kriteria
                          plaas in rangorde; prioritiseer;
                          beveel aan; verifieer; verwerp;
                          hersien; gee 'n punt; redeneer;
                          verdedig 'n mening
         Skep/            Stel saam; ontwerp; skep; vindVorm 'n sintese; skep of vind
         Sintese-         uit; organiseer; stel saam;   vernuwende oplossings; formuleer
         vorming          integreer; voorspel; wysig dienuwe idees; gebruik kritiese
                          bestaande in 'n nuwe; ontwikkel;
                                                        argumente gekoppel aan abstrakte
                          formuleer; verbeter           tekste; werk met komplekse
                                                        probleme wat insig vereis
Voorbeelde van hoër-orde-vrae: Analisering, Evaluering en Skep
 1.1 Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                         SPYSKAART
                                       FORMELE DINEE
                                         Garnaalkelkie
                                       Consommé Royal
                               Beef Wellington met Rooiwynsous
                                     Duchesse-aartappels
                                     Verglansde Groente
                                     Gemengdebessie-jellie
                                           Tee/Koffie
                                      26 November 2021
                                                                        R120

     1.1.1    Evalueer die geskiktheid van die spyskaart vir mense met 'n hoë cholesterolvlak. (4)
     1.1.2    Beveel 'n geskikte 'cover' vir die spyskaart hierbo aan.                         (1)
     1.1.3    Regverdig waarom die spyskaart hierbo vir 'n formele dinee geskik is.            (3)
     1.1.4    Voorspel watter gereg NIE deur Moslemgaste geëet sal word nie. Motiveer jou
              antwoord.                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               8                                           DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

    1.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       'n Gebied langs Binfield, op pad na Hogsback, is 'n paar jaar gelede as 'n
       toeristebestemming geïdentifiseer. Gemeenskapslede is verskuif en huise is gesloop. Die
       munisipaliteit sou die gebied ontwikkel. 'n Dam en 'n restaurant is gebou. Die
       munisipaliteit het 'n sakeplan vir die Binfield-restaurant gehad, wat 'n voorblad, sakeadres
       en die produkte wat hulle sou aanbied, ingesluit. Tien jaar is verby, die dam is stil en geen
       toeriste word na die gebied gelok soos wat belowe is nie.

        Evalueer die Binfield-sakeplan wat deur die munisipaliteit opgestel is.                    (8)

    1.3 Ontwerp 'n etiket vir 'n gepreserveerde produk om by 'n voedselmark te verkoop.             (8)

3.4       Kenmerke en verwagtings van hoër-orde-denke

      Vereis van die leerders om om te gaan met tekste wat hulle nie vooraf geoefen het of mee
       bekend is nie
      Vereis diep denke
      Sluit in die assessering van kritiese, logiese, besinnende en kreatiewe denke
      Is gegrond in laer-orde-vaardighede en is geskakel aan voorafgaande kennis van die leerstof
       of vakinhoud, wat beteken dat die leerder die grondslagkennis nodig het waarop hy kan
       uitbrei
      Vereis van leerders om die inligting te genereer wat nodig is om die vraag te beantwoord uit
       hulle kennisbasis en die hulpmiddels wat verskaf is
      Die onderwyser moet dus die leerder voor probleme, onsekerhede, vrae of dilemmas stel
       waarmee hy nie bekend is nie
      Laat die leerder voor 'n storie, scenario, gevallestudie, probleem, vraagstuk, onverwagte
       situasie of foto's te staan kom om dit te skakel met die teorie of ware lewensituasies
      Die vermoë om dele bymekaar te sit om 'n nuwe geheel te vorm. Dit mag die produksie van 'n
       unieke kommunikasie (bemarkingsmiddel of produk), 'n operasionele plan (besigheidsplan of
       kwotasie) behels of beredenering

3.5       Opbou van vrae

Binne elke vraag moet die subvrae van maklike na moeiliker vrae opbou.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            9                                          DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

4.     VAKINHOUD

LET WEL:      Hoewel onderwysers en leerders op die vakinhoud vir graad 12 moet konsentreer,
              moet leerders steeds 'n deeglike begrip hê van die vakinhoud wat in graad 10 en
              11 behandel is.

4.1    Duidelikheid oor sekere gedeeltes van die inhoud

Vir volledige besonderhede oor die VAKINHOUD, raadpleeg die KABV-dokument.

LET WEL:      Spyskaartbeplanning moet tesame met die kommoditeite en onderwerpe hieronder
              onderrig word:
               Jode, Moslems, Hindoes
               Suid-Afrikaanse geregte/produkte/bestanddele, bv. vleis (bv. mogodu, skop,
                skilpadjies, bobotie, sosaties), nageregte (koekstruif, malvapoeding, ens),
                ingemaakte produkte (atjar, chakalaka, blatjang, kweperjellie, ens.)
               Allergieë
               Hoë cholesterol
               Diabetes
               Hoë bloeddruk (hipertensie)
               Verskillende vegetariërs, bv. ovovegetariër, lakto-ovo-vegetariër

Spyskaarte sluit formele dinees, bankette en skemerkelkies in.

Die Voedselpiramide vir Voedingswaarde
Die leerder moet weet waar die voedselkommoditeit op die voedselpiramide verskyn asook die
voedingswaarde van die hoogste voedingstof wat in die kommoditeit voorkom. Sekere produkte
kan aan meer as een voedselgroep behoort, bv. Pavlova word gemaak van eierwitte en suiker en
sal dus aan die vleis- alternatiewe groep sowel as aan die vette-, olie- en soetgoedgroep behoort.
Indien vars vrugte as 'n vulsel bygevoeg word sal dit ook die vrugtegroep insluit.

Chouxdeeg
Die leerder moet vertroud wees met die produkte wat van chouxdeeg gemaak word:
 Profiterole en roompoffertjies: 'n gevulde chouxdeegballetjie met 'n soet, klam vulsel van
     geklopte room, vla, tertroom of roomys.
 Croquembouche: 'n Franse nagereg bestaande uit chouxdeegballetjies wat in 'n keëlvorm
     gestapel word en met karameldrade gebind word.
 Éclairs/Roompoffer: 'n langwerpige fyngebak gemaak van chouxdeeg, met 'n roomvulsel en
     versiersuiker of sjokolade bo-op.
 Franse krullers: 'n ringvormige oliebol gemaak van chouxdeeg met 'n ligte tekstuur.
 Beignets: die Franse term vir fyngebak wat van diepgebraaide chouxdeeg gemaak word.
 Gâteau St. Honoré: hierdie klassieke Franse nagereg het 'n sirkel chouxdeeg as basis met 'n
     ring choux wat om die buiterand gespuit word. Nadat die basis gebak is, word klein
     roompoffertjies in gekaramelliseerde suiker gedoop en langs mekaar bo-op die chouxsirkel
     vasgesit.
 Paris Brest: dit word gemaak met 'n groot ring chouxdeeg wat met amandels gesprinkel word
     en gevul word met pralien gegeurde room.
 Gougères/Franse kaaspoffertjies: 'n gebakte soutchouxtertjie gemaak van chouxdeeg wat
     met kaas gemeng word

Gelatien
 Tipes gelatien, insluitend vegetariese opsies
 Hoe om gelatien te gebruik (fases van gelatienvoorbereiding, hantering van gelatien, bv.
    vorming en ontvorming)
 Faktore wat jelvorming sal beïnvloed, insluitend die byvoeging van sekere bestanddele
 Integreer gelatien in nageregte.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                        10                                      DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

Gepreserveerde voedsel
Die leerder moet vertroud wees met:
 Die tegnieke/metodes om voedsel tuis te preserveer en dié wat geskik is vir
     entrepreneursgeleenthede.
 Die produkte: gerookte vleis of vis, blatjang, konfyt, vrugtejellie, chakalaka, souse,
     vrugtesmeer en vrugte (gekristaliseer en gebottel).
 Die interpretasie en ontwerp van etikette vir gepreserveerde voedselprodukte.
Gepreserveerde produkte vorm deel van 'n verskeidenheid geregte en moet by vingerhappies,
vleisgeregte en selfs nageregte ingesluit word.

Nie-alkoholiese drankies
 Wyn
    o Alkoholvrye wyn of gedealkoholiseerde wyn
    o Gefortifiseerde wyne (voorbeelde soos dessertwyn, sjerrie en port, maar nie die
       verskillende soorte sjerrie en port nie)
 Nie-Alkoholiese Drankies
    o Soorte nie-alkoholiese drankies bv. gekarboniseerde water, minerale water, kwasse,
       strope, sappe, ens.
    o Stel die term nie-alkoholiese mengeldrankies 'mocktail'/koggelkelkie bekend
    o Algemene reëls vir die meng van mengeldrankies (geen spesifieke mengeldrankies nie,
       slegs nie-alkoholies)
    o Metodes van voorbereiding: geskud, gemeng, geroer, gebou
    o Bediening van koffie en tee

Loopbane
Die leerder moet vertroud wees met:
 Hoe die Gasvryheidsektor/entrepreneurskap bydra tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
 Verskillende geleenthede vir selfindiensneming/entrepreneurskap. Stel nuwe tendense in
     entrepreneursondernemings        bekend   bv. voedseltrokke,     vakman-voedselmarkte
     opskietrestaurante ('pop-up'), maaltye om saam te neem, persoonlike sjefs,
     voedselaflewerings, aanlynkookklasse ens.
 Ontwerp en evalueer 'n besigheidsplan vir entrepreneursgeleenthede: sluit die 'SWOT'
     analise in om die besigheid te evalueer.
 Bemarkingskonsepte en terminologie.
 Ontwerp en aanbied van 'n bemarkingsmiddel om die produk te adverteer.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               11                                           DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

5.       VAKRIGLYNE

5.1      Riglyne vir leerders: die beantwoording van vraestelle

     Werk deur ou vraestelle ter voorbereiding vir die finale eksamen.
     Raak gewoond aan die verskillende tipes vrae en maak seker jy verstaan hoe die verskillende
      vrae beantwoord moet word.
     Raak vertroud met die uitleg van die vraestel en hoe om die tyd per vraag effektief te bestuur.

5.1.1    Instruksies

     Antwoord AL die vrae in die eksamenvraestel. Daar is GEEN keusevrae nie.
     Beantwoord al die afdelings op die FOLIOPAPIER wat verskaf word. In die finale eksamen
      sal jy van 'n antwoordeboek voorsien word.
     Nommer ooreenkomstig die nommeringstelsel wat in die eksamenvraestel gebruik word:
      maak seker dat jou antwoorde korrek genommer is en ooreenstem met die nommers in die
      vraestel.
     Gebruik die eerste bladsy van die foliopapier vir Afdeling A: Kortvrae.
      o Verskaf slegs een antwoord per lyntjie.
      o Skryf die nommers ondermekaar, nie langsmekaar nie
      o Moenie 'n reëltjie ooplaat tussen antwoorde nie.
         Korrekte voorbeeld:
         1.1.1
         1.1.2
         1.1.3
         1.1.4
     Laat 'n lyntjie/reël oop voordat daar met 'n nuwe afdeling begin word, bv. tussen Afdeling B
      en C.
     Maak seker dat jy die begin van 'n nuwe vraag bv. VRAAG 2 in die middel van die bladsy
      aandui.
     Nommer die individuele vrae langs die linkerkantste kantlyn en NIE in die middel NIE.
     Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy: Trek 'n lyn aan die einde van Vraag 2, blaai om en
      begin met Vraag 3, ens.
     Sit jou antwoord duidelik uiteen deur in 'n netjiese en leesbare skrif te skryf: Onduidelike skrif
      kan 'n verlies van punte tot gevolg hê.
     Elke vraestel bestaan uit 'n sekere aantal bladsye wat op die voorblad aangedui sal word. Tel
      die aantal bladsye om te sien of dit ooreenstem en verseker dat al die bladsye duidelik en
      volledig is.

5.1.2    Hoe om die vraestel te benader:

     Lees deur die vraestel en neem kennis van die aantal afdelings (A-D) en die aantal
      vrae (1–6).
     Lees deeglik deur al die vrae voordat jy dit antwoord. Lees met aandag gedurende die
      leestyd en maak notas sodra jy toegelaat word, na die leestyd; indien jy aan iets dink.
     Besluit watter vrae die maklikste sal wees om eerste te doen.
     Bepaal die tyd wat jy aan 'n vraag gaan spandeer, sodat jy nie aan die einde te min tyd oor
      het nie.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             12                                           DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

VOORGESTELDE TYDINDELING:

AFDELING                          VRAAG          PUNTE           VOORGESTELDE TYD
                                                                    PER VRAAG
KORTVRAE
Afdeling A                            1            40                   30 minute
LANGVRAE
Afdeling B                            2             20                 20 minute
Afdeling C                            3             40                 35 minute
                                      4             40                 35 minute
Afdeling D                            5             30                 30 minute
                                      6             30                 30 minute
TOTAAL                                             200              180 minute = 3 uur

     As jy nie weet wat die antwoord is nie, gaan aan met die volgende vraag.
     Tyd bespaar op sekere vrae kan gebruik word om terug te keer na die vrae wat vir jou moeilik
      was. Probeer om nie oop spasies te laat nie.
     Bly gefokus en werk tot die einde van die eksamensessie sodat jy die tyd doeltreffend
      gebruik.
     Maak seker dat GEEN vrae uitgelaat is nie.

5.1.3    Hoe om die vrae te benader:

     Lees eerstens die instruksie by elke vraag om sodoende jou vraag behoorlik te formuleer.
      Elke subafdeling vir Vraag 1 is 'n ander soort vraag, bv. Pas kolomme of skryf EEN woord/
      term.
     Langvrae 2–6 kan 'n verskeidenheid instruksies insluit soos die skryf van 'n paragraaf, die
      ontwerp van 'n etiket of tabulering van die antwoord.
     Onderstreep die aksiewerkwoord in elke vraag. Die werkwoord gee die instruksie en dui aan
      wat in die antwoord vereis word.
     Neem kennis van die puntetoekenning per vraag: die puntetoekenning is 'n aanduiding van
      die aantal feite wat vereis word om punte vir die vraag te verkry:
      o Waar 'n spesifieke aantal feite vereis word bv. Noem DRIE ..., sal slegs die eerste drie
         feite nagesien word.
      o Wanneer vrae soos verduidelik, bespreek, motiveer, evalueer, ens. gevra word moet
         leerders egter soveel as moontlik skryf om hulself te verduidelik of om die vraag te
         beantwoord
     Waar items soos spyskaarte, prentjies, illustrasies, gevallestudies of scenario's verskaf word:
      o Lees/bestudeer eers die instruksie
      o Bestudeer dan die gegewe item, bv. paragraaf, prentjie, uittreksel.
      o Lees die vrae wat volg en hou die gegewe scenario/konteks in gedagte wanneer die vrae
         beantwoord word

5.2      Onderrig en leer: begrippe en terminologie

Die vakinhoud van Gasvryheidstudies sluit in konsepte en 'n terminologie wat spesifiek aan die
vak gekoppel is. Elke les moet 'n verduideliking insluit van die terme wat op die onderwerp of
onderafdeling van die onderwerp betrekking het.

Skryf die konsepte/terminologie op die bord/maak 'n woordmuur of PowerPointreeks sodat
leerders die spelling van die konsepte/terminologie kan sien.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           13                                          DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

Bloom se taksonomie: Aksiewerkwoorde

Onderwysers moet die leerders ondersteun om die volgende te verwerf:
 'n Duidelike begrip van die Bloom se taksonomie terme en konsepte. ('n Gebrek aan kennis
   van die terminologie kan die leerder onnodig baie punte laat verloor)
 Wanneer vrae wat verskillende kognitiewe vlakke insluit, beantwoord word, moet die vraag
   afgebreek word om te bepaal wat:
   o Die aksiewerkwoord is en wat die instruksie daaraan verbonde is
   o Die inhoud is wat gekoppel moet word aan die instruksie
   o Die konteks is waarin die respons ontwikkel moet word
 Die onderwyser moet tyd afstaan om die instruksies wat deur aksiewoorde gegee word, te
   verduidelik sowel as hoe om 'n vraag wat met 'n spesifieke werkwoord open, te interpreteer
   en te benader.
   Voorbeelde volg:
   o Evalueer/beoordeel/assesseer: begin altyd die antwoord deur aan te dui of dit goed of
      swak/reg of verkeerd/geskik of nie geskik is en gaan dan voort om jou uitspraak te
      motiveer. Slegs een punt sal toegeken word vir die aanduiding of dit goed of swak/ reg of
      verkeerd/geskik of nie geskik is en die res van die punte sal toegeken word vir die
      motiverende aspekte
      Bv. Evalueer 'n advertensie. Dit kan goeie eienskappe hê: goeie kleur, groot prentjie, goeie
      slagspreuk, maar dit kan ook swak eienskappe hê soos spelfoute, geen prys, ens.
   o Onderskei: verwys na verskille tussen twee of drie items en dit word dikwels beter
      beantwoord in tabelformaat
   o Vergelyk: verwys na die verskille en ooreenkomste en is ook dikwels beter beantwoord in
      tabelformaat
   o Tabuleer: beteken alle inligting MOET in tabelformaat verskaf word
   o Teken/ontwerp 'n spyskaart: beteken die korrekte spyskaartformaat moet gebruik word.
      ALLE reëls vir die uitskryf en beplanning van 'n spyskaart moet toegepas word, insluitend
      die raam rondom die spyskaart, hoofletters vir die begin van elke woord en spasies tussen
      gange, sowel as die datum aan die onderkant. Die spyskaart moet op EEN bladsy gedoen
      word; NIE begin aan die einde van een bladsy en dan oorgaan op die volgende bladsy nie
   o Bereken: dit behoort gewoonlik die formule in te sluit waarna dan voortgegaan word met
      die berekeninge
   o Beskryf: beteken om 'n kort of gedetailleerde weergawe in 'n sin te gee van 'n
      term/konsep
   o Verduidelik: beteken om die kontent duidelik te maak deur dit in meer detail te beskryf en
      relevante feite weer te gee of redes te verskaf
   o Voorspel: beteken om die moontlike uitkoms in 'n sekere situasie te antisipeer
   o Debatteer/redeneer: beteken om die positiewe en negatiewe aspekte, voor- of nadele te
      beredeneer

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            14                                         DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

5.3     Aanbevole hulpbronmateriaal

     Handboeke – die skool moet ten minste een eksemplaar van die goedgekeurde handboeke
      op die amptelike lys van die Departement van Basiese Onderwys (DBO) koop. Die lys van
      goedgekeurde handboeke sluit in: Hospitality Studies Grade 12, Focus, Maskew Miller
      Longman en Master Hospitality Studies Grade 12. Die onderwyser moet beide boeke as
      hulpbronmateriaal gebruik wanneer lesse beplan word, omdat hulle mekaar komplementeer.
     Hulpbronpakke wat by werkswinkels by Vakadviseurs beskikbaar is.
     Modelvraestelle vir graad 10 tot 12.
     Relevante media, soos koerantberigte, prente en tydskrifte
     Die skool moet op kostydskrifte inteken om op datum te bly met nuwe neigings, en om
      resepte vir huidige neigings te vind.
     Kookboeke van biblioteke en ander bronne. Daar moet 'n aantal goeie Suid-Afrikaanse
      resepteboeke in die klas beskikbaar wees.
     Internettoegang tot webtuistes wat met die gasvryheidsbedryf verband hou om navorsing te
      doen vir gevallestudies, resepte, prente, videosnitte van demonstrasies, ens.
     Versamel restaurante se spyskaarte.
     Volg sosiale media se resensies oor:
      o Verskillende restaurantplatforms
      o Hotelwebwerwe met betrekking tot ervaring, kliëntediens, higiëne, kosneigings, ens.
     Nooi gassprekers, chefs/restauranteienaars om met leerders oor die nuutste neigings en
      verwagtings in die bedryf, kos en voeding, spesiale diëte, vereistes vir
      gesondheidsinspeksies, ens. te kom gesels.
     'n Besoek aan die Good Food and Wine Show, 'n plaaslike slagter of Hostex is 'n nuttige
      uitstappie om nuwe neigings en produkte te sien en belangstelling in die veld aan te wakker.

5.      SLOT

Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die NKV
KABV-dokument vir Gasvryheidstudies voorgestaan word, te verwoord. Alle onderrig en leer
sowel as assessering vir leer moet in lyn wees met die NKV KABV-dokument vir
Gasvryheidstudies. Die eksamenriglyn dien as versterking van assessering soos voorgeskryf in
die aangepasde Afdeling 4 van die KABV van Gasvryheidstudies.

Kwalitatiewe kurrikulumdekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HOSPITALITY STUDIES GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/b984e86a-3f85-49f3-b8eb-274ff542deac) — Hospitality Studies · Memo · 2021 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES GR12 MEMO SEPT 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-memo-sept-2021-english/4a0f08f7-fb3c-4f3e-bf39-aac26476d2f0) — Hospitality Studies · Memo · 2021 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES GR12 QP SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-qp-sept-2021-afrikaans/9f434ca0-6e1f-4df2-b554-05443d2a39f7) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES GR12 QP SEPT 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-qp-sept-2021-english/d1ca7db8-9915-4566-a18a-d75fb43d3598) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Eng
- [Hospitality Studies May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2021-eng/73ac7ec7-efd7-4635-be12-cdac7319b50c) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2021-eng/6903e692-7d42-4fe0-91c1-b1a8137ab3ef) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Hospitality Studies Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2024-afr/7a21e6ec-19c9-4f3b-bc1d-ef0ef2999d2a) — QP · 2024 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2024-eng/3419e83b-be9c-4195-8115-efa7a93b1fcb) — QP · 2024 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/2e4af392-e74c-47c0-b55b-eed2493c2da9) — QP · 2024 · Afr
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
