# Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-qp-sept-2021-afrikaans/9f434ca0-6e1f-4df2-b554-05443d2a39f7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-qp-sept-2021-afrikaans/9f434ca0-6e1f-4df2-b554-05443d2a39f7)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2021

                    GASVRYHEIDSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GASVRYHEIDSTUDIES              (EC/SEPTEMBER 2021)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

      AFDELING A: Kortvrae (Alle onderwerpe)              (40)
      AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                  Higiëne, veiligheid en sekuriteit       (20)
      AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                  Voedselkommoditeite                     (80)
      AFDELING D: Sektore en loopbane;
                  Voedsel- en drankbediening              (60)

2.    Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 GASVRYHEIDSTUDIES                                    3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld 1.1.11 C.

       VOORBEELD

       1.1.11     ŉ Goeie bron van proteïne is ...

                  A     lemoene.
                  B     pampoen.
                  C     vleis.
                  D     mielieblom.

       ANTWOORD: 1.1.11 C

       1.1.1      ŉ Nagereg wat diepgebraai word:

                  A     Sjokolade soufflé
                  B     Churros
                  C     Crêpes Suzette
                  D     Crème Brûlée                                                  (1)

       1.1.2      ŉ Wyn wat bloukaas, camembert of brie komplimenteer:

                  A     Vonkelwyn
                  B     Likeur
                  C     Rosé wyn
                  D     Port                                                          (1)

       1.1.3      Voorkom oorverhitting in Roomkaramel (Crème Caramel) deur …

                  A     ŉ bain-marie (warmwaterbad) te gebruik.
                  B     dit teen 220 °C te bak.
                  C     die suikerinhoud te verminder.
                  D     ŉ dubbelkastrol te gebruik.                                   (1)

       1.1.4      Gerookte oesters op rogbrood word as ŉ … bedien.

                  A     bygereg met ŉ hoofgereg
                  B     friandise by ŉ formele dinee
                  C     snoephappie by ŉ skemerkelk-onthaal
                  D     hors d’oeuvres by ŉ Joodse troue                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 GASVRYHEIDSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2021)

      1.1.5     Die messeware wat hieronder uitgebeeld word, word by die
                bediening van … gebruik.

                 A     vleis
                 B     gebakte nagereg
                 C     kaas
                 D     vrugte                                                            (1)

      1.1.6     Geskikte tafelrangskikkings vir ŉ ete met ŉ Suid-Afrikaanse
                etniese tema:

                 A     Protea-blom, gietyster-potjie, Shweshwe servette         of
                       tafeldoek
                 B     Seeskulpe, blou kerse, visbak met goudvis
                 C     Rooi rose, wit servette, silwer blompotte
                 D     Kristal kandelaar, spieël vierkante, tulpe in glasvase            (1)

      1.1.7     Vir die voorkoming van gastroënteritis en moontlike oordrag moet
                die volgende gedoen word:

                 A     Ontsmet werkoppervlaktes van voedselwerkers wat g
                       gastroënteritis het
                 B     Voedselwerkers met gastroënteritis moet op siekverlof
                       geplaas word
                 C     Alle voedselwerkers moet bereid wees om teen g
                       gastroënteritis ingeënt te word
                 D     Sluit die kombuis vir 10 dae wanneer ŉ voedselwerker met
                       gastroënteritis gediagnoseer is                                   (1)

      1.1.8     Lams noisettes word gesny van die:

                 A     Rib en lende
                 B     Nek en dikrib
                 C     Bors en blad
                 D     Boud en skenkel                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               GASVRYHEIDSTUDIES                                           5

       1.1.9      Kies uit die voedsel-items wat hieronder geïllustreer word ŉ goeie
                  bron van proteïene vir vegane:

                                                                                           (1)

       1.1.10     Die aankoopprys van 2,5 kg koekmeel is R30. Bereken die koste
                  van 250 g koekmeel.

                  A     R3,33
                  B     R3,00
                  C     R20,83
                  D     R6,00                                                              (1)

1.2    PASITEMS

       Kies ŉ voorbeeld van ŉ voedsel-item uit KOLOM B wat die beste by ŉ
       preseveringsmetodes in KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter
       (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in jou ANTWOORDEBOEK,
       neer.

                  KOLOM A                                   KOLOM B
           PRESERVERINGSMETODE                            VOORBEELD
        1.2.1 Sondroog                         A     Tamatiesous
        1.2.2 Berook                           B     Biltong
        1.2.3 Bymiddel: sout                   C     Melk
        1.2.4 Bymiddel: natriumbensoaat        D     Aarbeikonfyt
        1.2.5 Pasteurisering                   E     Skelvis
                                               F     Ingelegde perskes
                                               G     Tamaties
                                                                               (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GASVRYHEIDSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2021)

1.3   PASITEMS

      Kies ŉ voedsel wat uitgesluit word uit KOLOM B wat by die tipe vegetariër in
      KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter (A–G) langs die vraagnommers
      (1.3.1–1.3.5) in jou ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.3.6 H.
                   KOLOM A                              KOLOM B
               TIPE VEGETARIËR                  VOEDSEL WAT UITGESLUIT
                                                          WORD
      1.3.1    Veganis                         A Pluimvee, suiwelprodukte, vis
      1.3.2    Lakto-vegetariër                B    Rooivleis, pluimvee
      1.3.3    Pesco-vegetariër                C    Blaar-, knol- of wortelgroente
      1.3.4    Pollo-vegetariër                D    Vleis, pluimvee, eier, vis
      1.3.5    Vrugtariër                      E    Vrugte, neute, heuning
                                               F    Rooivleis, vis of seekos
                                               G    Vleis, pluimvee, eier, vis
                                                                                 (5 x 1)   (5)
1.4   EENWOORD-ITEMS
      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS
      die regte woord/term langs die vraagnommers (1.4.1–1.4.10) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.
      1.4.1    ŉ Papierdun deeg wat gebruik word om Griekse baklava voor te
               berei
      1.4.2    ŉ Soet chouxpasta-gereg waar die chouxpastadeeg in ŉ sirkel
               gespuit en dan gebak word
      1.4.3    Natuurlike stilwyne wat van rooi druiwe gemaak word; waar die skil
               na 6 tot 24 uur of wanneer die wynmaker tevrede met die kleur is,
               verwyder word
      1.4.4    Die ondersteuningsareas agter die skerms in ŉ hotel wat klante nie
               kan sien nie
      1.4.5    ŉ Opgeleide en kundige wynkenner, wat normaalweg in luukse
               restaurante werk, wat in alle aspekte van wyn spesialiseer
      1.4.6    ŉ Glaseersel, versiersel, sous of vulsel vir terte wat van sjokolade en
               room berei word
      1.4.7    ŉ Dik sous wat vrugte, asyn, suiker en speserye bevat en as ŉ
               bykomstigheid by kerriegeregte gebruik word
      1.4.8    Bedek vleis met dun repies spek of vet
      1.4.9    Die proteolitiese ensiem in vars vye wat stolling verhoed
      1.4.10 Grofgekapte uie, wortels en seldery wat vir geursel gebruik word
                                                                          (10 x 1)         (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 GASVRYHEIDSTUDIES                                         7

1.5 KEUSE

      1.5.1    Kies VYF beginsels wat oorweeg moet word wanneer items vir ŉ
               spyskaart beplan word. Skryf slegs die letters (A–G) langs die
               vraagnommer (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.

               A      Wees sensitief vir godsdiens en etiese kwessies

               B      Die winsgrens van die instelling

               C      Gebruik ŉ verskeidenheid teksture;         voedsel moenie alles
                      krakerig of sag wees nie

               D      Moenie te veel swaar, styselagtige items insluit nie

               E      Kliënte wat spesiale diete volg, byvoorbeeld diabete benodig
                      spesifieke spyskaarte

               F      Die kleurskema en atmosfeer van die restaurant

               G      Probeer om voedsel uit al die verskillende voedselgroepe in te
                      sluit                                                  (5 x 1)         (5)

      1.5.2    Kies VYF redes waarom die diens van die een hotel restaurant na ŉ
               ander verskil. Skryf slegs die letters (A–G) langs die vraagnommer
               (1.5.2) in die ANTWOORDEBOEK.

               A      Die beskikbaarheid van geregte op die spyskaart

               B      Die vlak van opleiding verskil

               C      Stergradering van hotelle

               D      Klantegraderings van die hotel restaurant op webtuistes of sosiale
                      media

               E      Die prys van die geregte hou dikwels met die vlak van diens
                      verband

               F      Die tipe diens wat deur die hotel aangebied word

               G      Die bestuur implementeer die vlak van diens                (5 x 1)     (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:           40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2021)

AFDELING B:          KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1   Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Stefan, die sous sjef by die Karoo Inn, het opgemerk dat Joslyn, ŉ jong sjef,
      aanhoudend hoes. Dit het ook geblyk dat, Joslyn baie gewig verloor het.
      Stefan het aanbeveel dat Joslyn vir ŉ mediese ondersoek gaan. Die dokter
      het Stefan se vermoedens bevestig.

      2.1.1    Voorspel die siekte waarmee Joslyn gediagnoseer is.                     (1)

      2.1.2    Noem DRIE ander simptome wat Joslyn ook kon ontwikkel het.              (3)

      2.1.3    Beveel TWEE voorkomende maatreëls aan wat die Karoo Inn en
               Joslyn moes tref om te voorkom dat die siekte verder versprei.          (2)

2.2   Lewer kritiese kommentaar op die negatiewe impak van voedselverwante
      siektes op die werksmag van die gasvryheidsbedryf.                               (4)

2.3   Stel DRIE maniere saam hoe jong sjefs hul toewyding aan kwaliteit en
      kulinêre vaardighede kan ontwikkel.                                              (3)

2.4   Lys VIER voordele van goeie diens by ŉ hotel of gastehuis.                       (4)

2.5   Beveel DRIE veiligheidsmaatreëls aan om te volg wanneer produkte deur die
      internet/aanlyn aangekoop word.                                                  (3)

                                                          TOTAAL AFDELING B:            20

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 GASVRYHEIDSTUDIES                                             9

AFDELING C:           VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                      VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1    Die twee gelatiendisse wat hieronder uitgebeeld word was by ŉ dinee met ŉ
       retro tema bedien. Bestudeer die prente en beantwoord die vrae wat volg.

               Kwarteleier-en-Ham Terrien                  Pynappel Panna Cotta
                            A                                       B

       3.1.1       Onderskei tussen die verskillende gange waarby elk van die
                   bostaande geregte tydens die dinee bedien sal word. Motiveer elke
                   antwoord.                                                                   (4)

       3.1.2       Beskryf kortliks die ... van die aspiekjellie wat as die basis van
                   gereg A gebruik is.

                   (a)   eienskappe                                                            (1)

                   (b)   samestelling                                                          (1)

       3.1.3       Beide geregte bevat ŉ groot hoeveelheid vaste stowwe wat
                   eweredig deur die gelatienmengsel versprei is. Formuleer ŉ tegniek
                   wat die sjef gebruik het om die eweredige verspreiding van vaste
                   stowwe te kon bereik.                                                       (2)

       3.1.4       Gereg B bevat vars pynappel. Adviseer die sjef rakende
                   voorkomende maatreëls om te volg om te verseker dat ŉ perfek
                   gestolde vrugtevorm verkry word.                                            (3)

       3.1.5       Gee DRIE riglyne om die bogenoemde geregte maklik te ontvorm.               (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 GASVRYHEIDSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2021)

3.2   Bestudeer die prent van ŉ deeggebak hieronder en beantwoord die vrae wat
      volg.

      3.2.1    Identifiseer die kulinêre term vir hierdie bootvormige deegdop.          (1)

      3.2.2    Noem die tipe deeg wat vir die gereg gebuik word.                        (1)

      3.2.3    Verduidelik hoe die volgende foute tydens voorbereiding en bak van
               tertdeeg-geregte voorkom kan word:

               (a)    Pap deeg                                                          (2)

               (b)    Deeg krimp                                                        (2)

      3.2.4    Beskryf stap vir stap hoe die bogenoemde deegdoppe blindgebak
               moet word.                                                               (4)

3.3   Stel VIER verskillende maniere voor hoe vegetariërs peulgroente vir geregte
      as ŉ hoofgang kan insluit.                                                        (4)

3.4   Lys die voordele van die gebruik van Getekstureerde Plantproteïen (GPP)
      deur te verwys na:

      3.4.1    Gerief                                                                   (2)

      3.4.2    Koste                                                                    (2)

      3.4.3    Voedingswaarde                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              GASVRYHEIDSTUDIES                                         11

3.5    Identifiseer en klassifiseer die nageregte hieronder geïllustreer volgens die
       gaarmaakmetodes wat gebruik is.

                      A                     B                          C

       Tabuleer jou antwoord soos volg:

                          Naam van gereg                    Klassifikasie
         A
         B
         C
                                                                              (3 x 2)     (6)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  GASVRYHEIDSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 4

4.1   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              Lemon Tree Wedding Venue
               Datum van funksie: 16 Desember 2021

               Aantal gaste: 150

               Netto wins: R11 000

                      KOSTES                         BEDRAG
               Bestanddele                           R15 000
               Arbeid                                R 6 500
               Oorhoofse koste                       R 5 000

      4.1.1    Bereken die verkoopprys van die geleentheid. Toon ALLE formules
               en berekeninge.                                                            (4)

      4.1.2    Bereken die bruto wins persentasie. Toon ALLE formules en
               berekeninge.                                                               (4)

      4.1.3    Bereken die koste van die geleentheid vir elke gas.                        (2)

4.2   Die Fotografie-klub van die skool bied ŉ kuns en fotografie uitstalling in die
      skool se biblioteek aan. Die Gasvryheidstudie-leerders sal die spyseniering
      van die peuselhappies vir die geleentheid voorberei.

      4.2.1    Motiveer die keuse van ŉ skemeronthaal in plaas van ŉ dinee vir die
               bogenoemde geleentheid. Gee VIER redes.                                    (4)

      4.2.2    Kies uit die lys hieronder DRIE sout en TWEE soet items wat vir
               bogenoemde geleentheid geskik sal wees.

                     Pizette; Kerrie en Rys; Malvapoeding met Vlasous; Klewerige
                       Ribbetjies; Blinis met Salm en Roomkaas; Kalfs Schnitzel;
                        Sjokolade Palmiers; Canapés met Biltong; Mini-melktert
                                                                              (3 + 2)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 GASVRYHEIDSTUDIES                                       13

4.3    Bestudeer die resepkaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       125 mℓ water                      1.   Verhit water en margarien in ŉ klein
       62,5 g margarien                       kastrol. Hou deksel op tot water begin
       125 mℓ koekmeelblom                    kook en margarien gesmelt het.
       1 mℓ sout                         2.   Verwyder van die hitte. Voeg al die
       2 groot eiers                          droë bestanddele terseldertyd by. Roer
       50 g sjokolade                         tot ŉ stywe bal vorm.
                                         3.   Laat effe afkoel en voeg eiers een vir
                                              een by.
                                         4.   Gebruik ŉ spuitsak om langwerpige
                                              vorms op ŉ gesmeerde bakplaat te
                                              spuit.
                                         5.   Bak vir eerste 10 minute teen 200 °C en
                                              daarna vir ongeveer 20 minute teen
                                              180 °C.
                                         6.   Prik die onderkant van elke item met ŉ
                                              vurk. Plaas weer terug in oond om uit te
                                              droog.
                                         7.   Spuit vulsel in.
                                         8.   Smeer gesmelte sjokolade bo op.

       4.3.1    Identifiseer die:

                (a)     Naam van die gereg                                                (1)

                (b)     Deeg wat gebruik is                                               (1)

       4.3.2    Verduidelik waarom die deksel op die kastrol gehou moet word
                wanneer die water en botter in stap 1, verhit word.                       (2)

       4.3.3    Voorspel die uitkoms indien die sjef nie die instruksies in stap 5
                gevolg het nie en die items teen 160 °C vir 45 minute gebak het.
                Motiveer jou antwoord.                                                    (3)

       4.3.4    Gee TWEE redes waarom bogenoemde produk ŉ beperkte raklewe
                het.                                                                      (2)

4.4    Beveel VIER kreatiewe maniere aan hoe sjefs suurlemoene kan preserveer.            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 GASVRYHEIDSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2021)

4.5   Bestudeer die prent van die biefstuk hieronder en beantwoord die vrae wat
      volg.

      4.5.1    Identifiseer die vleissnit wat uitgebeeld word.                               (1)

      4.5.2    Die vleissnit genoem in VRAAG 4.5.1 kan in twee kleiner porsies
               verdeel word, uitgebeeld as A en B. Gee die naam van elke porsie.             (2)

      4.5.3    Beveel die beste gaarmaakmetode vir bogenoemde vleissnit aan.
               Motiveer jou antwoord.                                                        (2)

      4.5.4    Lewer krities kommentaar op die volgende:

               ŉ Romerige knoffelsous          sal   die   geur   van   die    biefstuk
               komplementeer.                                                                (2)

      4.5.5    Stel ŉ gepaste wyn voor om saam met die biefstuk bedien te word.              (1)
                                                                                            [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:              80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               GASVRYHEIDSTUDIES                                            15

AFDELING D:           SEKTORE EN LOOPBANE;
                      VOEDSEL- EN DRANKDIENS

VRAAG 5

5.1    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        HOTEL WINS VERLIESE TYDENS COVID-19

       Covid-19 het ŉ mes in die hart van die globale hotelbedryf gesteek en het
       vraag vernietig en inkomste en wins tot uiterste lae vlakke laat daal.

       Hierdie globale pandemie is die mees skadelikste gebeurtenis wat die hotel
       bedryf nog ooit getref het. So strompelend wat kamerverkope geval het,
       storing van die voedsel en drank nog erger. Ons het data ontleed om te sien
       hoe erg die Voedsel-en-Drank afdeling geraak is en wat dit vir die
       Konferensie en Banket en ander areas van die wins-en-verliesstaat beteken.
                                                            [Aangepas uit Hospitality.Net]

       5.1.1     Identifiseer die inkomste-genererende area wat die meeste deur
                 die Covid-19 pandemie geaffekteer is.                                       (1)

       5.1.2     Lys nog TWEE areas wat groot verliese tydens die globale
                 pandemie gelei het.                                                         (2)

       5.1.3     Tydens sekere Covid-19 inperkingperiodes was hotelle nie
                 toegelaat om aansit-etes te bedien nie en baie akkommodasie
                 besprekings was gekanselleer. Skep DRIE innoverende oplossings
                 vir hotelle om steeds ŉ inkomste uit hul plek/lokaal tydens
                 Covid-19, te verdien.                                                       (3)

5.2     Lys DRIE verantwoordelikhede van ŉ rekenmeester in ŉ gasvryheids-
        onderneming.                                                                         (3)

5.3     Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        5.3.1     Interpreteer die inligting wat in die prent geïllustreer word en
                  identifiseer die area in die akkommodasie-afdeling wat dit uitbeeld.       (1)

        5.3.2     Gee DRIE redes om jou antwoord op VRAAG 5.3.1 te motiveer.                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               GASVRYHEIDSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2021)

5.4   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Pumeza is ŉ gekwalifiseerde sjef. Sy woon in Durban. Dit was nog altyd
       haar droom om haar eie spysenieringsbesigheid te besit. Sy het ŉ groot
       geloofstap geneem en het besluit om met ŉ opskiet kos-trok (pop-up food
       truck) te begin by verskillende plekke in Durban. Haar kenmerkende dis
       (signature dish) sal bunny chows wees, maar sy gaan ook kerrie en rys,
       samoesas en roti’s verkoop. Sy het ŉ Instagram-rekening vir haar besigheid
       geskep.

      5.4.1    Wys VIER eienskappe van entrepreneurs uit wat Pumeza moet hê
               om ŉ sukses van haar besigheid te maak.                                     (4)

      5.4.2     Ondersoek DRIE moontlike markkragte wat Pumeza se besigheid
                kan beïnvloed.                                         (3 x 2)             (6)

      5.4.3     Gee DRIE riglyne vir Pumeza om te verseker dat haar Instagram-
                rekening ŉ effektiewe bemarkingsinstrument is.                             (3)

      5.4.4     Stel TWEE innoverende maniere voor hoe Pumeza ŉ
                kompeterende voordeel in haar nuwe besigheid kan bekom. (2 x 2)            (4)
                                                                                          [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               GASVRYHEIDSTUDIES                                       17

VRAAG 6

6.1    Kies uit die lys hieronder die korrekte toerusting wat benodig word vir die
       volgende dienste en/of prosedures tydens maaltye. Skryf slegs die korrekte
       letter langs die vraagnommers (6.1.1–6.1.4) neer, byvoorbeeld 6.1.5 G.

                                                               B
                         A

                         C                                     D

                         E
                                                                F

       6.1.1     Gueridon diens                                                         (1)

       6.1.2     Afkrummel                                                              (1)

       6.1.3     Voorsny van vleis by buffet                                            (1)

       6.1.4     Warmhou van voedsel by buffet                                          (1)

6.2    Beskryf kortliks die korrekte prosedure om te volg wanneer koffie aan gaste
       in ŉ restaurant bedien word.                                                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                 GASVRYHEIDSTUDIES                    (EC/SEPTEMBER 2021)

6.3   Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      6.3.1    Identifiseer die bedieningstyl.                                         (1)

      6.3.2    Gee ŉ kort beskrywing van die prosedure wat ŉ kelner moet volg
               wanneer voedsel volgens die bedieningstyl in VRAAG 6.3.1
               genoem, bedien word.                                                    (4)

6.4   Kelners speel ŉ belangrike rol in die tevredenheid van ŉ gas. Hulle behoort
      ekstra aandag aan hul persoonlike higiëne, voorkoms sowel as
      kommunikasie te gee. Stel ŉ lys saam met riglyne vir kelners om te volg wat
      die volgende betref:

      6.4.1    Voorkoms en persoonlike higiëne                                         (3)

      6.4.2    Kommunikasie en hantering van kliënte                                   (3)

6.5   Formuleer riglyne hoe restaurantpersoneel die volgende situasies tydens
      bediening moet hanteer:

      6.5.1    Onverwagse kragonderbreking                                             (3)

      6.5.2    Gaste moet lank vir hulle voedsel wag                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              GASVRYHEIDSTUDIES                                          19

6.6    Bestudeer die etikette van vonkelwyn hieronder en beantwoord die vrae wat
       volg.

                         A                                       B

                         C                                       D

       6.6.1     Dui aan watter van die vonkelwyne hierbo ŉ ... smaak sal hê. Skryf
                 slegs die korrekte letter (A–D) neer.

                 (a)    soet

                 (b)    baie droog

                 (c)    effe soet/droog                                                   (3)

       6.6.2     Identifiseer die vonkelwyn van die lys hierbo wat nie toegelaat word
                 om sjampanje genoem te word nie. Motiveer jou antwoord.                  (2)
                                                                                         [30]

                                                            TOTAAL AFDELING D:            60
                                                                GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [HOSPITALITY STUDIES GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/b984e86a-3f85-49f3-b8eb-274ff542deac) — Hospitality Studies · Memo · 2021 · Afr
- [HOSP ST GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-st-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/11983b69-95c5-4103-a8dc-af66f43a70f7) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept2020-afrikaans/b407324e-2a21-459c-8c86-6a46571f5784) — Hospitality Studies · QP · 2020 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/c9a0647f-ae34-4859-8561-d7a0e07d463b) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/9e7d85b6-b2f4-4492-a626-06f86191d957) — Hospitality Studies · QP · 2017 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Hospitality Studies · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-eng/50ef98bf-a40e-4823-a81c-93f1b85e034b) — QP · 2023 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-afr/a97b81fd-5f7e-46f5-bb22-e04f636a263b) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-eng/0a8d29f0-8c1a-4631-915f-d4f87b4fafca) — QP · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/428a34e2-7d2b-4e20-a4bc-2dbf9ae8b099) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
