# Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2018-afr/ebe9c496-9b95-4375-8d30-e070df882385
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2018-afr/ebe9c496-9b95-4375-8d30-e070df882385)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              GASVRYHEIDSTUDIES

                                         2018

                                                                      PUNTE: 200

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                             DBE/2018
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                       (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit                (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                              (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                       (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              3                                    DBE/2018
                                              SSE

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         VOORBEELD:

         1.1.11       'n Druifvariëteit wat gebruik word om wyn te maak:

                      A    Kultivar
                      B    Vintage
                      C    Produk
                      D    Oorsprong

         ANTWOORD:

         1.1.11       A

         1.1.1        'n Dranklisensie is geldig vir …

                      A    1 maand.
                      B    6 maande.
                      C    1 jaar.
                      D    10 jaar.                                                               (1)

         1.1.2        Wanneer vonkelwyn bedien word, moet …

                      A    dit vanaf die linkerkant geskink word.
                      B    die glas halfvol gegooi word.
                      C    die bottel teen 'n helling van 45 °C gekantel word.
                      D    dit teen kamertemperatuur bedien word.                                 (1)

         1.1.3        Borde kan afgedek word wanneer die…

                      A    gaste ophou eet.
                      B    vurk en lepel naby mekaar geplaas word.
                      C    gaste die tafel verlaat het.
                      D    vurk en mes bymekaar op die bord geplaas is.                           (1)

         1.1.4        Gedurende die afkrummelingsproses word …

                      A    slegs leë glase verwyder.
                      B    die nagereg-eetgerei verwyder.
                      C    die nagereg-eetgerei na onder afgetrek.
                      D    alle items, behalwe die sout-en-peperstel, verwyder.                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               4                                     DBE/2018
                                               SSE

         1.1.5        'n Produk kan gedefinieer word as iets …

                      A    tasbaar wat vir geld verruil kan word.
                      B    onaantasbaar wat as 'n diens verskaf kan word.
                      C    tasbaar wat nie vir geld verruil kan word nie.
                      D    tasbaar wat nie as 'n diens verskaf kan word nie.                        (1)

         1.1.6        Die volgende voedsel sal NIE deur volgers van Islam ingeneem
                      word NIE:

                      A    Beesrol
                      B    Suurmelk
                      C    Spekvleisstukkies
                      D    Skulpvis                                                                 (1)

         1.1.7        Suiker en asyn word gebruik om … te preserveer.

                      A    chakalaka
                      B    blatjang
                      C    marmelade
                      D    sauerkraut                                                               (1)

         1.1.8        Wanneer 'n stuk vleis met dun skyfies vet bedek word, staan dit
                      as … bekend.

                      A    bardering
                      B    lardering
                      C    marinering
                      D    vasbind                                                                  (1)

         1.1.9        Die belangrikste rysmiddel in profiteroles is …

                      A    bakpoeier.
                      B    gis.
                      C    stoom.
                      D    koeksoda.                                                                (1)

         1.1.10       Die funksie van die meel in chouxdeeg is om …

                      A    'n fyn tekstuur te verseker.
                      B    vet te emulsifiseer.
                      C    stysel te gelatiniseer.
                      D    'n stywe deeg te verseker.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              5                                      DBE/2018
                                              SSE

1.2      PASITEMS

         Kies die geskikste bykomstigheid uit KOLOM B wat by die soort vleis in
         KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.7 J.

                     KOLOM A                                      KOLOM B
                   SOORT VLEIS                                BYKOMSTIGHEID
         1.2.1 Châteaubriand                         A    appelsous

         1.2.2 Mogodu                                B    foie gras

         1.2.3 Geroosterde vark                      C    sambal

         1.2.4 Geroosterde bees                      D    béarnaisesous

         1.2.5 Geroosterde skaap                     E    stampmielies

         1.2.6 Skaapkerrie                           F    kruisementjellie

                                                     G    Yorkshire-poeding

                                                     H    aartappels in die skil
                                                                                       (6 x 1)      (6)

1.3      EENWOORDITEMS

         Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
         1.3.1       'n Hotelpersoneellid wat daarvoor verantwoordelik is om gaste by hul
                     voertuie te verwelkom, die motordeure oop te maak en bagasie te
                     organiseer
         1.3.2       Opdienborde met groente wat in kleiner porsies gesny is en met 'n
                     doopsous bedien word
         1.3.3       'n Bestanddeel wat by droë bone gevoeg word om winderigheid te
                     voorkom
         1.3.4       Tussenspiervet wat deur die spierweefsel versprei is
         1.3.5       'n Bros, harde meringuedop wat as basis vir roomys en vrugte gebruik
                     word
         1.3.6       'n Area in 'n hotel wat beide inkomste- en nie-inkomstegenererend is
         1.3.7       Die geskikste wyn om saam met oesters en kaviaar te bedien
         1.3.8       Die term wat gebruik word om droë vonkelwyn te beskryf
         1.3.9       'n Soort alkoholiese drank wat voor ete bedien word
         1.3.10 Die garnering van die rand van die glas met suiker of sout                          (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                6                                        DBE/2018
                                                SSE

1.4      KEUSE-ITEMS
         1.4.1        Identifiseer VIER voedselprodukte in die lys hieronder wat deur
                      fermentasie gepreserveer word. Skryf slegs die letters (A–H) langs
                      die vraagnommer (1.4.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.
                      A    Ham
                      B    Karringmelk
                      C    Olywe
                      D    Soutbeesvleis
                      E    Blatjang
                      F    Bier
                      G    Kaas
                      H    Marmelade                                                                  (4)
         1.4.2        Kies VIER peuselhappies in die lys hieronder wat van
                      skilferkorsdeeg gemaak word. Skryf slegs die letters (A–H) langs
                      die vraagnommer (1.4.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.
                      A    Barquettes
                      B    Palmiers
                      C    Hertzoggies
                      D    Bouchées
                      E    Samoesas
                      F    Vol-au-vents
                      G    Baklava
                      H    Mille-feuilles                                                             (4)
1.5     PASITEMS
       Pas 'n siekte in KOLOM B by die beskrywing in KOLOM A en 'n simptoom in
       KOLOM C. Skryf slegs die letter (A–D) van KOLOM B en die Romeinse syfers
       ((i)–(vii)) van KOLOM C langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.3) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.6 H (viii).

                  KOLOM A                        KOLOM B                    KOLOM C
                BESKRYWING                        SIEKTE                   SIMPTOOM
         1.5.1 Akute bakteriële             A    VIGS              (i)     Asemnood
               infeksie van die
               dunderm                      B    Tuberkulose       (ii)    Waterige
                                                                           stoelgang
         1.5.2 Skielike gewigsverlies       C    Cholera
               verwant aan ander                                   (iii)   Nagblindheid
                                            D    Gastroënteritis
               siektes weens 'n                                    (iv)    Ongewone
               verswakte                                                   veluitslag
               immuunstelsel
                                                                   (v)     Geelsug
         1.5.3 'n Siekte wat
               veroorsaak word deur                                (vi)    Oormatige
               bakterieë wat die                                           bloeding
               longe aantas
                                                                                          (3 x 2)     (6)
                                                                    TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             7                                    DBE/2018
                                             SSE

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                           18 Junie 2011

         Pretoria: Die Departement van Gesondheid het alle inwoners gemaan om
         goeie persoonlike higiëne te handhaaf, soos om hande met water en seep te
         was na 'n besoek aan die toilet en voor ete. Hierdie hoogs aansteeklike siekte
         veroorsaak dat die lewer swel. Daar word berig dat dit hoofsaaklik in gebiede
         voorkom waar swak higiëne en sanitasie heers.

                                                              [Aangepas uit SANEWS.gov.za]

         2.1.1        Noem en beskryf die siekte wat in die artikel genoem word.                 (3)

         2.1.2        Beskryf DRIE simptome wat geïnfekteerde inwoners kon ondervind
                      het.                                                                       (3)

         2.1.3        Die siekte wat in VRAAG 2.1.1 genoem is en gastroënteritis het
                      voorkomende maatreëls wat ooreenstem.

                      Stem jy met hierdie stelling saam of nie? Motiveer jou antwoord.           (3)

2.2      2.2.1        Maak 'n lys van die inligting wat op 'n gerekenariseerde
                      voorraadvorm ingesluit moet word.                                          (3)

         2.2.2        Verduidelik hoe die inligting in die lys in VRAAG 2.2.1 'n instansie
                      sal bevoordeel.                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             8                                    DBE/2018
                                             SSE

2.3      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

         2.3.1        Eerste indrukke is baie belangrik in die gasvryheidsbedryf.
                      Verduidelik watter indruk die visuele beeld hierbo sal skep en ook
                      wat die impak daarvan op die restaurant sal wees.                          (2)

         2.3.2        Dink jy die professionele voorkoms van die kelner is geskik of nie?
                      Motiveer jou antwoord.                                                     (4)

                                                                TOTAAL AFDELING B:               20

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             9                                      DBE/2018
                                             SSE

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die bestanddele vir spaghetti bolognaise hieronder en beantwoord
         die vrae wat volg.

                       Spaghetti, Beesmaalvleis, Spekvleis, Basiliekruid, Rooiwyn,
                          Groente-aftreksel, Tamatiepuree, Oreganum, Suiker,
                                 Knoffel, Parmesaankaas, Sout en Peper

         3.1.1        Kies TWEE bestanddele wat meebring dat die spaghetti bolognaise
                      nie vir streng Jode en Hindoes geskik is nie. Beveel 'n
                      plaasvervangerbestanddeel vir elkeen aan. Tabuleer jou antwoord
                      soos volg:

                                    TWEE BESTANDDELE                 TWEE
                                    WAT NIE GESKIK IS NIE       PLAASVERVANGER-
                                                                  BESTANDDELE
                       Jode                              (2)                  (2)
                       Hindoes                           (2)                  (2)                  (8)

         3.1.2        Beveel TWEE geskikte vleissnitte aan wat gebruik kan word om die
                      maalvleis te maak.                                                           (2)

3.2      Maalvleis kan gevries of verkoel word vir latere gebruik.

         3.2.1        Bespreek hoe maalvleis in die yskas geberg moet word.                        (3)

         3.2.2        Motiveer waarom maalvleis so vinnig as moontlik gevries moet
                      word wanneer dit in die vrieskas geplaas word.                               (2)

         3.2.3        Verduidelik die beste metode om die maalvleis hierbo te ontvries.            (2)

3.3      Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     Geelvet-kruisskyf en -biltong te KOOP!

         3.3.1        Identifiseer die volgende ten opsigte van die rolmerk wat op die
                      kruisskyf hierbo gevind sal word:

                      (a)   Kleur                                                                  (1)

                      (b)   Simbool (Klas)                                                         (1)

         3.3.2        Lewer kommentaar op die sagtheid van die vleissnitte met geelvet.
                      Motiveer jou antwoord.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              10                                     DBE/2018
                                              SSE

3.4      Jy moet 'n skemerkelkfunksie vir 60 gaste beplan wat Vrouedag gaan vier.

         3.4.1        Noem DRIE riglyne wat jy in ag sal neem tydens die beplanning
                      van die skemerkelkspyskaart.                                                  (4)

         3.4.2        Skryf die ideale tyd vir die funksie neer.                                    (1)

         3.4.3        Verduidelik hoe die lokaal vir die funksie hierbo voorberei moet
                      word.                                                                         (4)

3.5      Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     Charlotte Muscovite                           Gebakte Alaska

                        Crème Caramel                          Roomys

         3.5.1        Identifiseer TWEE van die nageregte hierbo wat 'n crème anglaise-
                      basis het.                                                                    (2)

         3.5.2        Verduidelik hoe ŉ crème anglaise berei word.                                  (3)

         3.5.3        Identifiseer EEN nagereg wat tydens opdiening geflambé kan
                      word.                                                                         (1)

         3.5.4        'n Suksesvolle meringue sal afhang van die korrekte verhouding
                      van suiker en eierwitte. Skryf die korrekte verhouding vir die
                      Gebakte Alaska se meringue neer.                                              (1)

         3.5.5        Gee DRIE riglyne wat in aanmerking geneem moet word om te
                      verseker dat die meringue suksesvol is.                                       (3)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              11                                     DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      QUICHE MET TAMATIE-, RISSIE- EN LENSIEVULSEL

                       PRENTJIE A                               PRENTJIE B

         4.1.1        Identifiseer die soort tertdeeg wat in PRENTJIE A gebruik is.              (1)

         4.1.2        Noem en verduidelik die tegniek wat in PRENTJIE B toegepas is.             (2)

         4.1.3        Motiveer waarom die tertdop hierbo met geklitste eier geseël moet
                      word voordat die vulsel ingesit word.                                      (1)

         4.1.4        Noem TWEE nutriënte wat in lensies voorkom.                                (2)

         4.1.5        Verduidelik waarom die lensies gesorteer moet word voordat dit
                      gaargemaak word.                                                           (1)

         4.1.6        Gee 'n rede waarom sout eers aan die einde bygevoeg word
                      wanneer lensies gaargemaak word.                                           (1)

         4.1.7        Stel DRIE soorte vegetariërs voor wat die quiche in PRENTJIE A
                      sal eet.                                                                   (3)

4.2      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       SJOKOLADE-ÉCLAIR

         Gee redes vir die volgende aksies wanneer die fyngebak hierbo gebak word:
         4.2.1        Bak vir 'n kort rukkie by 200 °C.                                          (2)
         4.2.2        Verminder die temperatuur na 180 °C.                                       (2)
         4.2.3        Prik die éclair met 'n toetspen aan die einde van die bakproses.           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              12                                    DBE/2018
                                              SSE

4.3      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                BEET

         4.3.1        Identifiseer die preserveringsmetode wat vir die produk in die etiket
                      hierbo gebruik is.                                                           (1)

         4.3.2        Noem TWEE natuurlike preserveringsmiddels wat op die etiket
                      hierbo verskyn.                                                              (2)

         4.3.3        Stel TWEE ander groente voor wat op dieselfde manier
                      gepreserveer kan word.                                                       (2)

         4.3.4        Lewer kommentaar op waarom aluminiumkastrolle nie tydens die
                      voorbereiding van die beet hierbo gebruik moet word nie.                     (2)

4.4      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       QUICHE-KOSTEBEREKENING VIR 50 GASTE
         Vulsel                         R500,00
         Kors                           R300,00
         Elektrisiteit                  R50,00
         Water                          R30,00
         Arbeid                         2 ure @ R50,00 per uur
         Opdienborde                    R2,00 elk

         4.4.1        Bereken die volgende. TOON ALLE BEREKENINGE.

                      (a)    Voedselkoste per persoon                                              (3)

                      (b)    Totale koste van die quiche                                           (3)

         4.4.2        Identifiseer DRIE oorhoofse koste in die inligting hierbo.                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             13                                   DBE/2018
                                             SSE

4.5      Bestudeer die resep hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         VYE-EN-ROOMKAASMOUSSE

         1 blik vye, behou die sap
         10 mℓ gelatienpoeier
         20 mℓ suiker
         230 g gewone roomkaas
         300 mℓ water

         4.5.1        Herrangskik die volgende stappe om die vye-mousse hierbo te
                      berei in die KORREKTE volgorde. Skryf slegs die letters (a) tot (f)
                      neer.

                      (a)    Dispergeer die gelatien in die warm vyesapmengsel.

                      (b)    Hidreer die gelatienpoeier in 30 mℓ water.

                      (c)    Meng vye en 230 g roomkaas met gelatienmengsel.

                      (d)    Bring vyesap en suiker tot kookpunt.

                      (e)    Verkoel en laat stol.

                      (f)    Gooi in 'n nat stolvorm.                                            (6)

         4.5.2        Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              KLASGROEP A                       KLASGROEP B
                       Groep A gebruik dieselfde        Groep B gebruik dieselfde
                       resep hierbo.                    resep, maar gebruik vars vye
                                                        in plaas van ingemaakte vye.

                      Die eindproduk van groep B was dat die mousse nie gestol het nie.
                      Verduidelik waarom.                                                        (2)
                                                                                                 [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:               80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             14                                         DBE/2018
                                             SSE

AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
            VOEDSEL EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Martie is 'n Graad 12-Gasvryheidstudiesleerder
         wat lief is vir kosmaak. Sy woon op 'n
         kleinhoewe vyf kilometer buite die dorp. Op die
         kleinhoewe is daar appelkoos-, perske-, vye- en                 Ubuntu-
         maroelavrugtebome. Hulle het 'n plaasstalletjie
         op 'n besige toeristeroete waar twee van die
                                                                          plaas-
         plaaslike inwoners hulle help om die vrugte te                  stalletjie
         verkoop.                                                        Vars vrugte

         Die eerste vrugte was in November ryp en
         Martie het haar ervare ouma gevra om haar te              Martie se Konfyt
         help met die voorbereiding van die eerste                 Gratis proe-sessie:
         kooksel appelkooskonfyt. Sy het die konfyt in              Appelkooskonfyt
         hergesikleerde (herwinde) glasbottels gegooi.               op tuisgebakte
                                                                          brood
         Martie verkoop haar konfyt aan haar
         onderwysers by die skool en by die
         plaasstalletjie en Saterdagvlooimarkte. Sy het 'n plakkaat en etiket vir haar
         appelkooskonfyt ontwerp.

         5.1.1        Identifiseer Martie se teikenmark.                                            (2)

         5.1.2        Kies VIER sterk punte van Martie se besigheid uit die uittreksel.             (4)

         5.1.3        Voorspel DRIE moontlike bedreigings wat Martie in haar besigheid
                      kan ervaar.                                                                   (3)

         5.1.4        Evalueer die plakkaat hierbo.                                                 (5)

         5.1.5        Identifiseer DRIE P's met voorbeelde in die uittreksel hierbo, buiten
                      die verpakking.                                                               (6)

         5.1.6        Bespreek die geskiktheid van die hergesikleerde (herwinde)
                      glasbottels vir Martie se konfyt.                                             (4)

         5.1.7        Verduidelik hoe Martie se besigheid           'n     bydrae      tot   die
                      Suid-Afrikaanse ekonomie sal maak.                                            (3)

5.2      Bespreek die belangrikheid van die voorkantoorafdeling in 'n akkommodasie-
         instelling.                                                                                (3)
                                                                                                    [30]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             15                                      DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 6

6.1      Bestudeer die foto's hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          A                              B

                              C                                 D

         6.1.1        Stel die drankies voor wat onderskeidelik in glas A en B bedien sal
                      word.                                                                         (2)

         6.1.2        Dui aan watter prosedure in prentjie D uitgevoer word.                        (1)

         6.1.3        Verduidelik hoe die prosedure in VRAAG 6.1.2 uitgevoer word.                  (4)

         6.1.4        Identifiseer en beskryf die inligting wat op die wynetiket in
                      prentjie C verskyn.                                   (3 × 2)                 (6)

         6.1.5        Evalueer die geskiktheid van die wyn indien dit saam met
                      beesvleisbredie bedien word. Motiveer jou antwoord.                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           16                                DBE/2018
                                           SSE

6.2      Mervin is as die hoofkroegman in die plaaslike hotel aangestel.

         6.2.1        Verduidelik hoe Mervin die openings-mise-en-place by die kroeg
                      moet uitvoer.                                                      (3)

         6.2.2        Beskryf in breë trekke die prosedure wat Mervin moet volg
                      wanneer hy die kroeg opruim.                                       (4)

         6.2.3        Beskryf hoe 'n gas wat onder die invloed van drank is (besope)
                      deur die kroegkelner hanteer moet word.                            (4)

         6.2.4        Verduidelik hoe Mervin 'n geboude ('built') skemerkelkie sal
                      voorberei.                                                         (3)
                                                                                         [30]

                                                              TOTAAL AFDELING D:         60
                                                                  GROOTTOTAAL:           200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2018-eng/ca143aba-296d-42b8-beda-abe906ae0ea5) — Hospitality Studies · QP · 2018 · Eng
- [Hospitality Studies May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2018-memo-afr/194d73b2-85e0-4bb9-ad52-47005665fbd1) — Hospitality Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Hospitality Studies May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2018-memo-eng/3543763c-ba37-46b6-803b-df15c5c0e7e2) — Hospitality Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Hospitality Studies May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2018-memo-eng-1/2d87933b-4dcc-4a94-be30-61a805f47ddb) — Hospitality Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2018-afr/b5cf4304-a111-4e3a-b7c1-4d1d658c7987) — Hospitality Studies · QP · 2018 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2018-eng/f569c6b4-5af1-4515-871c-f4cf4ea1463f) — Hospitality Studies · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
