# Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2019-afr/aec30bf9-14c2-4818-9fb3-24553c7673ea
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2019-afr/aec30bf9-14c2-4818-9fb3-24553c7673ea)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              GASVRYHEIDSTUDIES

                                         2019

                                                                      PUNTE: 200

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                             DBE/2019
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                       (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit                (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                              (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                       (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             3                                    DBE/2019
                                           SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         VOORBEELD:

         1.1.11       'n Goeie bron van vitamien C is …

                      A    melk.
                      B    vleis.
                      C    brood.
                      D    lemoene.

         ANTWOORD:

         1.1.11       D

         1.1.1        'n Tradisionele sous wat saam met lamsvleis bedien word:

                      A    Peperwortel
                      B    Kruisement
                      C    Tartare
                      D    Hollandaise                                                           (1)

         1.1.2        'n Meringuebasis gevul met geklopte room en vrugte:

                      A   Pavlova
                      B   Parfait
                      C   Éclair
                      D   Vacherin                                                               (1)

         1.1.3        Papierdun beskuitjies gemaak van botter, versiersuiker, meel en
                      eierwitte:

                      A   Makrolletjies ('Macaroons')
                      B   Meringues
                      C   Tuilles
                      D   Palmiers                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               4                                  DBE/2019
                                             SS/NSS

         1.1.4        'n Groot hoeveelheid … sal die stolling van 'n gelatiengereg
                      voorkom.

                      A    melk
                      B    eiers
                      C    asyn
                      D    gelatien                                                              (1)

         1.1.5        Geel bindweefsel wat in die ligamente van 'n beeskarkas voorkom:

                      A    Kollageen
                      B    Gelatien
                      C    Myosien
                      D    Elastien                                                              (1)

         1.1.6        Die korrekte volgorde waarin jelvorming tydens die bereiding van
                      bloubessiejellie plaasvind:

                      A    Dispersie, jelvorming, hidrering, ontvorming
                      B    Hidrering, dispersie, jelvorming, ontvorming
                      C    Dispersie, hidrering, jelvorming, ontvorming
                      D    Jelvorming, dispersie, hidrering, ontvorming                          (1)

         1.1.7        'n … hou voedsel warm deur 'n vlambare jel te gebruik.

                      A    Konfoor
                      B    Bain-marie
                      C    Warmskinkbord
                      D    Gueridontrollie                                                       (1)

         1.1.8        'n Dun snytjie vleis (3–5 mm dik) wat uit die bolo gesny word, staan
                      as 'n … -skyf (steak) bekend.

                      A    kruis
                      B    kits ('minute')
                      C    klub
                      D    Porterhouse                                                           (1)

         1.1.9        Voedseldiens waar die voedsel op 'n plat opdienbord na die tafel
                      gebring word en vir die gaste van links af aangebied word:

                      A    Russies
                      B    Silver
                      C    American
                      D    Gueridon                                                              (1)

         1.1.10       Die eerste gang van 'n maaltyd is 'n …

                      A    hors d' oeuvre.
                      B    friandise.
                      C    entrée.
                      D    aperitief.                                                            (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              5                                  DBE/2019
                                            SS/NSS

1.2      PASITEMS

         Pas die klassifikasie in KOLOM B by die gereg in KOLOM C. Pas dan die glas
         in KOLOM D by die wyn in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–D) en die
         Romeinse syfer ((i)–(iv)) en die nommer ((1)–(4)) langs die vraagnommer
         (1.2.1 en 1.2.2) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.3 E (vi) (5).

               KOLOM A       KOLOM B                      KOLOM C           KOLOM D
                 WYN       KLASSIFIKASIE                   GEREG              GLAS
          1.2.1 Chardonnay A Rooi                    (i) Pavlova          (1)

          1.2.2      Cabernet    B Wit               (ii) Oondgebraaide   (2)
                     Sauvignon                            botterskorsie

                                 C Rosé              (iii) Beesvleis-     (3)
                                                           kebabs

                                 D Vonkel            (iv) Hoender-        (4)
                                                          rollade

                                                                                  (6 x 1)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               6                                    DBE/2019
                                             SS/NSS

1.3      EENWOORDITEMS

         Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       Die term wat aandui wat werknemers by 'n instansie moet aantrek

         1.3.2       'n Vriendelike samekoms waar ligte happies bedien word

         1.3.3       Die term wat vir tafeldoeke, servette, tafelkleedjies en diendoeke
                     gebruik word

         1.3.4       'n Koste, buiten voedsel- en arbeidskoste, wat op 'n maandelikse
                     basis bereken word

         1.3.5       Die naam wat aan 'n formele ete vir 'n spesiale geleentheid gegee
                     word

         1.3.6       Die term op 'n wynetiket wat die jaar waarin die druiwe geoes is,
                     aandui

         1.3.7       Die hoofrysmiddel in chouxdeeg

         1.3.8       Die term wat gebruik word as tertdeeg met 'n vurk geprik word

         1.3.9       Dik snye geroosterde brood wat as basis vir soutvulsels gebruik word

         1.3.10 'n Persoon wat slegs die vrugte van plante eet                                     (10)

1.4      IDENTIFIKASIE

         1.4.1         Identifiseer VIER simptome van tuberkulose. Skryf slegs die letters
                       (A–H) langs die vraagnommer (1.4.1) in die ANTWOORDEBOEK
                       neer.

                       A    Borspyn
                       B    Hoes bloed
                       C    Nagsweet
                       D    Braking
                       E    Maagpyn
                       F    Diarree
                       G    Dispnee/Asemnood
                       H    Longontsteking                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                 7                                   DBE/2019
                                               SS/NSS

1.5      PASITEMS

         Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.6 H.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
                          TERM                                 BESKRYWING
          1.5.1        Tofu                       A     vleisvervanger wat van sojabone
                                                        gemaak word
          1.5.2        Peulgroente
                                                  B     ovaalvormige neut met 'n botterige
          1.5.3        Neute                            tekstuur

          1.5.4        Lensies                    C     soort bonekoekie wat van sojabone
                                                        gemaak word
          1.5.5        Getekstureerde
                       plantproteïen              D     eetbare sade van vrugte wat met 'n
                                                        harde, nie-eetbare dop omring word

                                                  E     plante met dubbelnaatpeule wat 'n
                                                        enkel ry sade bevat

                                                  F     wit kaasagtige stremsel wat van
                                                        sojabone gemaak word

                                                 G      klein, plat skyfies wat geel, oranje,
                                                        groen of bruin kan wees
                                                                                      (5 x 1)       (5)

1.6     HERRANGSKIK

         Die prosedure om gaste te bedien, is in die verkeerde volgorde. Rangskik die
         prosedure in die korrekte volgorde. Skryf slegs die letters (A–E) langs die
         vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         A          Begelei die gaste uit die restaurant uit
         B          Bedien voorgeregte en dek af
         C          Neem die bestellings vir die maaltye
         D          Vou die servette oop
         E          Bedien hoofgereg en dek af                                                      (5)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           8                                    DBE/2019
                                         SS/NSS

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2
2.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die jaarlikse July-perdewedren bring 'n verskeidenheid kulture bymekaar.
         Baie gasvryheidsondernemings is vir daardie naweek vol bespreek.
         Rekenaars word gebruik om met die werkslading te help om sodoende die
         groot hoeveelhede toeriste te kan hanteer. Mnr. Max, die hotelbestuurder sê:
         'Ons werknemers moet 'n hoë mate van professionalisme in hierdie tyd toon.'

         2.1.1        Noem VIER maniere waarop werknemers            'n   netjiese    en
                      professionele voorkoms kan verseker.                                     (4)

         2.1.2        Die werknemers in die hotel hierbo toon 'n hoë mate van
                      professionalisme.

                      Noem VIER aspekte van etiese gedrag wat werknemers moet
                      uitleef.                                                                 (4)

         2.1.3        Stel voor hoe rekenaars gebruik kan word om te help om
                      besprekings vir 'n groot aantal toeriste te maak.                        (3)

2.2      Lewer kommentaar op die stelling hieronder.

         Werkers wat met MIV en Vigs geïnfekteer is, mag nie belet word om werk toe
         te gaan nie.                                                                          (1)

2.3      Onderskei tussen gastroënteritis en cholera met betrekking tot oorsake en
         simptome. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                 SIEKTE              GASTROËNTERITIS                CHOLERA
          Oorsake (oorsprong)                      (2)                               (2)
          Simptome                                 (2)                               (2)       (8)

                                                              TOTAAL AFDELING B:               20

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              9                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die lamskarkas hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         3.1.1        Identifiseer die nommer en die naam van die snit wat geskik is vir
                      (a) lendetjops en (b) kussing. Tabuleer soos volg:

                                           NOMMER VAN SNIT          NAAM VAN SNIT
                       (a) Lendetjops
                       (b) Kussing                                                                (4)

         3.1.2        Beveel 'n geskikte gaarmaakmetode vir die kussing aan.                      (1)

         3.1.3        Die kussing word gewoonlik ontbeen. Identifiseer enige TWEE
                      ander snitte wat ook vir ontbening geskik is. Skryf slegs die
                      nommers van die snitte neer.                                                (2)

         3.1.4        Gee DRIE voordele van ontbening.                                            (3)

3.2.     Bestudeer die prente oor die smoor van vleis hieronder en beantwoord die
         vrae wat volg.

                      A                          B                          C

         3.2.1        Beskryf die prosesse wat in prent A, B en C toegepas word.                  (3)

         3.2.2        Bespreek die uitwerking wat die smoormetode op die bindweefsel
                      sal hê.                                                                     (3)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              10                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

3.3.     Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              A                                        B

         Bestanddelelys op die verpakking: 200 g worsderms, 25 mℓ sout,
         5 mℓ fyngemaalde swartpeper, 15 mℓ koljander, 1 mℓ fyn naeltjies, 25 mℓ asyn,
         125 mℓ bruinsuiker, 3 kg beesvleis, 100 g vet, 2 ml fyn neutmuskaat

         3.3.1       Identifiseer die preserveringsmetode wat vir die boerewors in A
                     gebruik is.                                                                   (1)

         3.3.2       Die boerewors in B kan ook gepreserveer word deur dit te vries.
                     Motiveer waarom dit 'n goeie preserveringsmetode vir boerewors is.            (3)

         3.3.3       Skryf TWEE natuurlike preserveermiddels uit die bestanddelelys
                     neer.                                                                         (2)

         3.3.4       Etikette op produkte is baie belangrik.

                     Verduidelik die     belangrikheid     van   die   inligting   op    die
                     boereworsetiket.                                                              (3)

         3.3.5       Verduidelik die betekenis van die woord halaal op die verpakking.             (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               11                                   DBE/2019
                                             SS/NSS

3.4.     Bestudeer die nagereg hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     Die nagereg bestaan uit roomys, Chantilly-room en 'n coulis
                                 en is met pistasieneute afgerond.

         3.4.1        Identifiseer die nagereg hierbo.                                            (1)

         3.4.2        Definieer die volgende terme:

                      (a)   Chantilly-room                                                        (2)

                      (b)   Coulis                                                                (2)

         3.4.3        Noem die vla wat as basis vir die roomys gebruik word.                      (1)

         3.4.4        Regverdig     waarom     die    roomysmengsel         tydens       die
                      bevriesingsproses gereeld gekarring moet word.                              (1)

         3.4.5        Dink jy hierdie nagereg is vir ŉ laktovegetariër geskik? Motiveer jou
                      antwoord.                                                                   (2)

         3.4.6        Bespreek hoe neute tot die              voedingswaarde       van    ŉ
                      laktovegetariese dieet kan bydra.                                           (3)

         3.4.7        Stel 'n gaarmaakmetode voor wat op die neute toegepas kan word
                      voordat dit oor die nagereg gesprinkel word.                                (1)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               12                                  DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die bolaagbestanddele          van   die   Paris-Brest   hieronder    en
         beantwoord die vrae wat volg.

                                          PARIS-BREST

                                   Bolaagbestanddele, 4 porsies

         50 g gevlokte amandels                          R16,00
         100 g versiersuiker                             R3,90
         100 g donker sjokolade                          R21,50

         Toon ALL berekeninge. Bereken die volgende:

         4.1.1        Koste van die bolaag                                                        (2)

         4.1.2        Verkoopprys van die bolaag as jy 'n bruto wins van 50% het                  (3)

         4.1.3        Koste per porsie                                                            (2)

4.2      Noem die pasteideeg wat gebruik word om die Paris-Brest te maak.                         (1)

4.3      Noem DRIE bestanddele wat gebruik word om die deeg wat in VRAAG 4.1.4
         genoem word, te maak.                                                                    (3)

4.4      Bestudeer die prentjies van fyngebak hieronder en beantwoord die vrae wat
         volg.

                              A                                      B

                      MILLE FEUILLE                           SPANAKOPITA

         4.4.1        Identifiseer die soort tertdeeg wat vir gereg A en B onderskeidelik
                      gebruik is.                                                                 (2)

         4.4.2        Verduidelik die doel van die gebruik van yswater in deeg A.                 (1)

         4.4.3        Gee TWEE redes waarom vet tydens die bakproses van A kan
                      uitsypel.                                                                   (2)

         4.4.4        Motiveer waarom al die apparaat koud moet wees wanneer
                      tertdeeg A berei word.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                   13                                    DBE/2019
                                                 SS/NSS

         4.4.5         Beskryf TWEE voorkomingsmaatreëls wanneer deeg B ontdooi
                       word.                                                                            (2)

         4.4.6         Evalueer die geskiktheid           van    die   geregte   hierbo   vir   'n
                       skemerkelkgeselligheid.                                                          (2)

         4.4.7         Bespreek VIER reëls wat tydens die aanbieding van die happies by
                       'n skemerkelkfunksie toegepas moet word.                                         (4)

4.5      Bestudeer die lys bestanddele hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

            melk;       eiergele;      suiker;     koue water;     gelatien;     rou pynappel

         Identifiseer die geskikste bestanddeel om by die funksies hieronder te pas.
         Gee 'n rede vir elk. Tabuleer jou antwoord soos volg.

                       FUNKSIES                        BESTANDDEEL                 REDE
           Verdik die vla
           Hidreer die gelatien
           Voorkom die stolling van die
           gelatien
           Bevorder die styfheid van die
           gelatien                                                                                     (8)

4.6      Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                 SPYSKAART

                                                 16 Junie 2019

                              Samoesa met Tuisgemaakte Mayonnaise

                    Koningklip bedien met Roosmarynkapokaartappels en Romerige
                                           Sampioensous
                                  Gestoomde Mediterreense Groente
                                              Beetslaai

                                    Toe Konfyttertjie met Chantilly-room

         Evalueer die geskiktheid van die spyskaart vir 'n persoon wat aan 'n
         hartsiekte lei.                                                                                (6)
                                                                                                        [40]

                                                                       TOTAAL AFDELING C:               80

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              14                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
            VOEDSEL EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              NUWE BEGIN OLIEBOLLE ('DONUTS')

                           Heerlike liplekker oliebolle uit 'n ander wêreld!
                 Verskeidenheid geure: koekies en room, appel-fudge, malvalekker.
                        Die eerste 5 kliënte kry 5 GRATIS Nutella-balletjies.
                        Kom besoek ons by F5, Malandelastraat, Mamelodi.

                                      Oop van 07:30 tot 17:00

         5.1.1        Verduidelik die belangrikheid van die bemarkingsresep wanneer
                      die onderneming hierbo bemark word.                                         (2)

         5.1.2        Evalueer die geskiktheid van die geskrewe inligting in die
                      bemarkingsinstrument hierbo.                                                (5)

         5.1.3        Regverdig of die bemarkingsinstrument aan die vereistes van die
                      bemarkingsresep-aspekte voldoen.                                            (5)

5.2      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Aphiwe het pas 'n bed en ontbyt in haar gemeenskap oopgemaak. Sy het jou
         gevra om haar by te staan om haar nuwe onderneming te bedryf.

         5.2.1        Noem enige TWEE inkomste-genererende areas wat kan help om
                      inkomste vir huishouding in te bring.                                       (2)

         5.2.2        Verduidelik die verantwoordelikhede van 'n rekenmeester in die
                      gasvryheidsbedryf.                                                          (4)

         5.2.3        Noem DRIE eienskappe waaroor Aphiwe as 'n entrepreneur moet
                      beskik.                                                                     (3)

         5.2.4        Evalueer die inligting in die bedryfsplan hieronder.                        (5)

                             BEDRYFSPLAN VIR APHIWE SE BED EN ONTBYT
                      Die bed en ontbyt sal by Strubenstraat 98 oopgemaak word. Dit
                      beoog om beide plaaslike en internasionale toeriste in Limpopo te
                      akkommodeer. Twaalf mense sal op 'n voltydse basis in diens
                      geneem word. Die gastehuis sal in die plaaslike koerant en oor die
                      radio geadverteer word.

5.3      Beveel VIER entrepreneursgeleenthede in die voedsel-en dranksektor aan.                  (4)
                                                                                                  [30]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              15                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 6

6.1      Bestudeer die wynetiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Ndumiso is 'n restauranteur in Graaff-Reinet en het baie oorsese lande
         besoek om wyn vir sy restaurant uit te soek.

         6.1.1        Klassifiseer die wyn hierbo.                                               (2)

         6.1.2        Verwys na die wynetiket hierbo en gee die volgende inligting:

                      (a)   Kultivar                                                             (1)

                      (b)   Vervaardiger                                                         (1)

                      (c)   Klas gespesifiseerde naam                                            (1)

         6.1.3        Bestudeer die geregte hieronder en identifiseer TWEE geskikte
                      geregte en TWEE geregte wat nie geskik is vir die wyn in
                      VRAAG 6.1 nie.

                            blini met suurroom en kaviaar;    gebraaide kalfskywe;
                                       beeslasagne;    steurgarnaalkelkie

                      Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en voltooi
                      dit:

                                   GESKIK                      NIE GESKIK NIE
                                                                                                  (4)

         6.1.4        Bepaal die prosedure wat jy sal volg wanneer jy hierdie wyn vir 'n
                      gas aanbied.                                                                (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             16                                         DBE/2019
                                           SS/NSS

6.2      Ndumiso het verskeie kere misluk om 'n dranklisensie te bekom.

         Bespreek die stelling hierbo.                                                              (3)

6.3      Beskryf die riglyne wat die kelners moet volg wanneer hulle koffie aan gaste
         moet bedien.                                                                               (4)

6.4      'n Gas is by 'n hotel beseer.

         Bespreek die stappe wat die bestuurder in die geval hierbo moet volg.                      (3)

6.5      Meng, skud, roer en bou is                 metodes     wat     gebruik   word     om
         skemerkelkdrankies voor te berei.

         6.5.1        Noem DRIE tipes apparaat            wat       nodig   sal   wees     om
                      skemerkelkdrankies voor te berei.                                             (3)

         6.5.2        Beskryf in hooftrekke      VIER     riglyne     vir   die   meng     van
                      skemerkelkdrankies.                                                           (4)
                                                                                                    [30]
                                                                    TOTAAL AFDELING D:              60
                                                                        GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2019-eng/cb9588b4-8a09-4bda-83b7-7364aeb2e871) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Eng
- [Hospitality Studies May June 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2019-memo-eng/027fee47-6ee6-4734-bc16-b74f2ea6b03e) — Hospitality Studies · Memo · 2019 · Eng
- [Hospitality Studies May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2019-memo-afr/28602ba1-6612-4abd-8fee-fb4ad3770803) — Hospitality Studies · Memo · 2019 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/c9a0647f-ae34-4859-8561-d7a0e07d463b) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT2019 English](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept2019-english/8f5b5964-6b76-4cea-a28c-e1554ade6ec5) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2019-nsc-november-exam-question-paper-afrikaans/680d333c-cabc-4062-a679-b046b171d9b8) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
