# Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2022-afr/fdc9cf47-b535-4661-b6b2-dbc3a85101a2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2022-afr/fdc9cf47-b535-4661-b6b2-dbc3a85101a2)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRADE 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                               GASVRYHEIDSTUDIES

                                          2022

                                                                       PUNTE: 200

                                                                         TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                                 DBE/2022
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                 (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit          (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                        (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                 (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       AFDELING A: VRAAG 1 – Beantwoord al die vrae onder mekaar in die
         ANTWOORDEBOEK sonder om 'n reël tussenin oop te los, soos hieronder
         getoon:

         Korrek:
         1.1.1
         1.1.2

         Verkeerd:
         1.1.1

         1.1.2

5.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             3                                 DBE/2022
                                           SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         VOORBEELD:

         1.1.11       'n Goeie bron van vitamien C is …

                      A    melk.
                      B    lemoene.
                      C    vleis.
                      D    brood.                                                             (1)

         ANTWOORD:

         1.1.11       B

         1.1.1        'n Verskeidenheid rou groente wat saam met 'n doopsous op 'n
                      bord bedien word:

                      A    Kanapees                                                           
                      B    Croûtes
                      C    Croutons
                      D    Crudités                                                           (1)

         1.1.2        Gekristalliseerde gemmer word gepreserveer deur … te gebruik.

                      A    suiker
                      B    suur
                      C    sout
                      D    chemikalieë                                                        (1)

         1.1.3        'n Voorbeeld van 'n chouxpasta-gereg:

                      A    Baklava
                      B    Bouchées
                      C    Beignets
                      D    Barquettes                                                         (1)

         1.1.4        'n Preserveringsmetode waar vloeistowwe vir 15 sekondes tot
                      72 °C verhit word en dan tot 4 °C afgekoel word:

                      A    Sterilisasie
                      B    Pasteurisasie
                      C    Insouting
                      D    Homogenisasie                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               4                                        DBE/2022
                                             SS/NSS

         1.1.5        Die volgende items word vanaf die linkerkant aan 'n gas bedien:

                                       1                                  2

                                       3                                  4

                      A    1, 2, 3
                      B    2, 3, 4
                      C    1, 3, 4
                      D    1, 2, 4                                                                     (1)

         1.1.6        Wanneer die rand van 'n glas met sout bedek word tydens die
                      voorbereiding van 'n skemerkelkie, staan dit as … bekend.

                      A    bestuiwing
                      B    geskeuting
                      C    vriesversiering ('frosting')
                      D    geflip                                                                      (1)

         1.1.7        'n Pesco-vegetariër sal nie … by hulle dieet insluit nie.

                      A    vis en seekos
                      B    pluimvee en eiers
                      C    melk en room
                      D    kaas en neute                                                               (1)

         1.1.8        'n Siekte wat deur voedselvergiftiging veroorsaak word:

                      A    Hepatitis A
                      B    Tuberkulose
                      C    Cholera
                      D    Gastroënteritis                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             5                                     DBE/2022
                                           SS/NSS

         1.1.9        'n Mengsel van gemaalde vleis, uie, geweekte broodkrummels, eier
                      en geurmiddels wat in balle gevorm, bedek en dan gediepbraai
                      word:

                      A    Pizette
                      B    Rissoles
                      C    Roulade
                      D    Palmiers                                                               (1)

         1.1.10       Die getal hors d'oeuvres wat per persoon voor 'n formele aandete
                      bedien word:

                      A    23
                      B    12
                      C    13
                      D    37                                                                    (1)

1.2      PASITEMS

         Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die bereidingstegnieke van vleis in
         KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1
         tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 H.

               KOLOM A                                   KOLOM B
               TEGNIEK                                BESKRYWING
         1.2.1 Afwerking              A   bedek die oppervlak van vleis met spek

         1.2.2 Voorsny                B   sauté vleis oor matige hitte tot ferm maar nie
                                          bruin nie
         1.2.3 Toeskroei
                                      C   om vleis met 'n geurige vloeistof te bedek om
         1.2.4 Marineer                   geur by te voeg

         1.2.5 Bedruiping             D   om vet en senings van vleis te verwyder

                                      E   verbruining van vleis oor hoë hitte om die geur
                                          en kleur te verbeter

                                      F   gesmelte vet en vleissappe word tydens
                                          gaarmaak oor vleis geskep

                                      G   gaar vleis word teen die grein gesny
                                                                                     (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                6                                     DBE/2022
                                              SS/NSS

1.3      PASITEMS

         Kies die roomysnagereg uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in
         die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 H.

                          KOLOM A                                  KOLOM B
                        BESKRYWING                           ROOMYSNAGEREGTE
         1.3.1       Geskepte roomys bedien in    A        gebakte Alaska
                     'n bootvormige glasbakkie en
                     met room bedek               B        coupe

         1.3.2       Roomys bedien in 'n lang,         C   bombe
                     dun glas met afwisselende
                     lae bolaag en souse               D   parfait

         1.3.3       Roomys op 'n sponskoek-       E       soufflé
                     basis, bedek met meringue,
                     verbruin en op 'n bord bedien F       roomyspiesang ('banana split')

         1.3.4       Roomys en sous of vrugte        G     sorbet
                     bedek met stroop en bolae
                     en in 'n kelkie met 'n voetstuk
                     bedien

         1.3.5       Twee of meer roomysgeure
                     wat in lae in 'n sfeervormige
                     vorm geplaas word en in 'n
                     nageregbakkie bedien word
                                                                                       (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             7                                       DBE/2022
                                           SS/NSS

1.4      EENWOORDITEMS

         Gee EEN term/woord vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         term/woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1        Die verskil tussen die verkoopprys en die voedselkoste

         1.4.2        'n Tegniek waar voedseldeeltjies van 'n dekplek afgeborsel word
                      nadat die hoofgereg bedien is maar voordat die nagereg bedien
                      word

         1.4.3        'n Tafelitem wat tafelplasings aandui en duidelik vanaf die ingang
                      van 'n venue vir 'n gas sigbaar moet wees

         1.4.4        'n Verfrissende gereg wat die palet na verskillende gange
                      skoonmaak

         1.4.5        Die departement wat vir die welstand van personeel in 'n
                      gasvryheidsinstansie verantwoordelik is

         1.4.6        Die tipe dranklisensie wat benodig word wanneer 'n restaurant met
                      'n kroeg bedryf word

         1.4.7        'n Term wat na servette, tafeldoeke, oorgooidoeke en diendoeke
                      verwys

         1.4.8        'n Fooi wat gaste moet betaal wanneer hulle hulle eie wyn na
                      gelisensieerde persele neem

         1.4.9        'n Geskrewe dokument met 'n berekende prys wat vir 'n kliënt vir
                      'n spesifieke funksie opgestel word

         1.4.10       Die tyd tussen kontaminasie en die verskyning van die eerste
                      simptome van 'n siekte                               (10 x 1)                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            8                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

1.5      KEUSES

         1.5.1        Kies VYF nageregte uit die lys hieronder waar bak as
                      gaarmaakmetode tydens bereiding gebruik word. Skryf slegs die
                      letters (A–J) langs die vraagnommer (1.5.1) in die
                      ANTWOORDEBOEK neer.

                      A   Piesangpoffers
                      B   Veselperske-mousse
                      C   Malvapoeding
                      D   Panna cotta
                      E   Appelstrudel
                      F   Suurlemoen-chiffon
                      G   Warm Charlotte
                      H   Tarte Tatin
                      I   Crème anglaise
                      J   Sjokolade-soufflé                                                    (5)

         1.5.2        Kies VYF voordele van bordbediening uit die lys hieronder. Skryf
                      slegs die letters (AJ) langs die vraagnommer (1.5.2) in die
                      ANTWOORDEBOEK neer.

                      A   Gaste kan soveel eet as wat hulle wil
                      B   Minder voedselvermorsing
                      C   Beter porsiebeheer
                      D   Gaste bedien hulself
                      E   Gaste word gelyktydig bedien
                      F   Meer kreatiewe bediening van geregte
                      G   Bedien voedsel kloksgewys om die tafel
                      H   Voedsel word voor die gaste berei
                      I   Geskoolde opleiding vir voedselbediening vanaf 'n bord
                          ('platter') word benodig
                      J   Minder bedieningseetgerei word benodig                               (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             9                                  DBE/2022
                                           SS/NSS

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Een van die mees algemene simptome van die Covid-19-virus is hoes. Die
         restaurantbestuurder van die NAMAT-hotel het vir 'n paar weke aanhoudend
         gehoes, alhoewel hy negatief vir Covid-19 getoets het. Nadat die dokter
         X-straalplate van die restaurantbestuurder se longe laat neem het, het hy vir
         hom medisyne voorgeskryf en hom afgeboek.

         2.1.1        Bepaal die siekte waaraan die restaurantbestuurder moontlik ly,
                      buiten Covid-19.                                                         (1)

         2.1.2        Noem DRIE ander simptome van die siekte in VRAAG 2.1.1
                      geïdentifiseer.                                                          (3)

         2.1.3        Voorspel hoe die siekte wat in VRAAG 2.1.1 geïdentifiseer is, 'n
                      negatiewe impak op die arbeidsmag van die NAMAT-hotel kan hê.            (3)

2.2      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg

         Die NAMAT-hotel het hul voorkantoor-area opgegradeer met nuwe hoë-
         tegnologiese rekenaarstelsels en -programme om die inteken van gaste te
         verbeter. As gevolg hiervan moes bykomende voorkantoorpersoneel
         aangestel word om die nuwe rekenaarstelsels te gebruik. Elektroniese
         terugvoering van die gaste toon dat hulle die NAMAT-hotel bo ander hotelle in
         die area verkies. Dit is as gevolg van die effektiewe en uitstekende diens wat
         deur die personeel gelewer word.

         2.2.1        Gee aan die bestuurder raad oor die beginsels van professionele
                      werksetiek wanneer nuwe voorkantoorpersoneel opgelei word.               (4)

         2.2.2        Bespreek hoe die hoë-tegnologiese rekenaarprogram gebruik gaan
                      word wanneer gaste inboek.                                               (4)

         2.2.3        Lewer kommentaar op die impak van die positiewe terugvoering
                      wat die hotel van gaste ontvang het rakende die uitstekende diens
                      gelewer.                                                                 (3)

         2.2.4        Verduidelik hoe 'n elektroniese betaalpuntstelsel ('POS') die
                      voorkantoorpersoneel kan ondersteun om meer effektief te wees.           (2)

                                                               TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             10                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1    Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         3.1.1        Noem die tipe funksie waar hierdie bord met hierdie verskillende
                      happies bedien sal word.                                                   (1)

         3.1.2        Evalueer die geskiktheid van die happies vir Joodse gaste.                 (5)

3.2      Bestudeer die bestanddeletabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 SUURLEMOEN-ESDORINGSTROOP-MERINGUE
         BROSKORSDEEG       VULSEL              BOLAAG

         250 g amandelmeel       250 mℓ koue water          3 eierwitte
         5 mℓ sout               125 mℓ suurlemoensap       250 mℓ warm suikerstroop
         125 g botter            80 mℓ esdoringstroop
         1 eiergeel                     ('maple syrup')
         35 mℓ yswater           60 g botter
                                 2 eiergele
                                 45 mℓ mielieblom
                                 Skil van 1 suurlemoen

         3.2.1        Bepaal of die verhouding van vet tot meel wat in die
                      bestanddeletabel vir die kors gebruik is, KORREK is.                       (2)

         3.2.2        Kies TWEE bestanddele uit die tabel wat 'n allergiese reaksie kan
                      veroorsaak.                                                                (2)

         3.2.3        Noem DRIE ander gebruike van broskorsdeeg.                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              11                                      DBE/2022
                                            SS/NSS

         3.2.4        Regverdig waarom die volgende reëls tydens die bereiding van die
                      deeg gevolg moet word:

                      (a)    Moenie die deeg rek nie.                                                (1)

                      (b)    Meet die bestanddele akkuraat af.                                       (1)

                      (c)    Rol die deeg liggies in een rigting.                                    (1)

         3.2.5        Gee TWEE voordele van die gebruik van die volgende tegnieke
                      tydens die bereiding van broskorsdeeg:

                      (a)    Blindbak                                                                (2)

                      (b)    Prik                                                                    (2)

         3.2.6        Identifiseer die tipe meringue         wat    vir   die   suurlemoen-
                      esdoringstroop-meringue berei is.                                              (1)

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die San Rosh-restaurant het die volgende onkoste tydens die bereiding van 'n
         spyskaart aangegaan:

         Voedselkoste: R5 450
         Oorhoofse koste: R750
         Arbeidskoste: R1 500
         Wins: 45%

         Getal gaste: 40

         3.3.1        Bereken die verkoopprys van die spyskaart. Toon ALLE formules
                      en berekeninge.                                                                (5)

         3.3.2        Bereken die voedselkoste per persoon. Toon ALLE formules en
                      berekeninge.                                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            12                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

3.4      Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   CHOUXPASTAPOFFERS

         3.4.1        Evalueer die voorkoms van die chouxpastapoffers.                          (3)

         3.4.2        Verduidelik waarom chouxpastapoffers teen twee verskillende
                      temperature gebak word.                                                   (2)

         3.4.3        Voorspel die uitkoms van chouxpastaprodukte as die volgende
                      gebeur:

                      (a)    Te veel water het verdamp tydens die aanvanklike stadium
                             toe die mengsel gekook is                                          (2)

                      (b)    Meel is by die bereide deeg gevoeg                                 (2)

         3.4.4        Verduidelik hoe gebakte ongevulde chouxpastapoffers geberg kan
                      word.                                                                     (2)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              13                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 4
4.1      Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     A. KROONBRAAD                            B. BLINDEVINKE

                      C. WILDSFILET                         D. T-BEENBIEFSTUK
         4.1.1        Bepaal watter vleissnitte vir die vleis in prente B en D
                      onderskeidelik geskik is.                                                   (2)
         4.1.2        Regverdig die gebruik van 'n vulsel in prent B.                             (3)
         4.1.3        Gee DRIE reëls wat toegepas moet word wanneer 'n wildsfilet
                      geoondbraai word.                                                           (3)
         4.1.4        Kies die vleissnit in prente AD wat geskik sal wees vir 'n persoon
                      wat aan hoë cholesterol ly. Motiveer jou antwoord.                          (2)
         4.1.5        Beskryf die eienskappe van die tekstuur van die vleissnit in
                      prent B.                                                                    (2)
         4.1.6        Verduidelik die voordele van die marmering in vleissnit D.                  (3)
4.2      Gee TWEE redes vir die volgende prosedures tydens die bereiding van droë
         bone:
         4.2.1        Sortering                                                                   (2)
         4.2.2        Week in water voordat dit gekook word                                       (2)
4.3      Die gebruik van sonneblomsade het as gevolg van die voedingswaarde
         daarvan baie gewild geraak onder mense.
         4.3.1        Gee EEN voordeel daarvan om sonneblomsade gedurende
                      voedselbereiding te rooster.                                                (1)
         4.3.2        Noem TWEE disse wat nie gaargemaak word nie wat berei kan
                      word deur sonneblomsade by te voeg.                                         (2)
         4.3.3        Bespreek die voedingswaarde van sonneblomsade.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              14                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

4.4      Tydens 'n praktiese klas het die leerders pynappeljellie berei.

         4.4.1        Noem TWEE vorme van ongegeurde gelatien wat tydens die
                      bereiding van die jellie gebruik kan word.                                 (2)

         4.4.2        Gee EEN rede vir die toepassing van die volgende prosesse
                      wanneer die jellie berei word:

                      (a)    Borsel die vorm liggies met olie of gebruik kleefwerende
                             kossproei.                                                          (1)

                      (b)    Die gehidreerde gelatienmengsel mag nie kook nie.                   (1)

                      (c)    Vars pynappel moet eers gekook word voordat dit by die
                             jellie gevoeg word.                                                 (2)

         4.4.3        Verduidelik hoe die byvoeging van die volgende bestanddele
                      jelvorming sal beïnvloed:

                      (a)    Wyn                                                                 (1)

                      (b)    Joghurt                                                             (2)

4.5      Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            SUIKER                           FLESSE                    APPELKOSE

         4.5.1        Bespreek die rol van suiker tydens die maak van konfyt.                    (1)

         4.5.2        Beskryf die volgende tegnieke tydens die bereiding van konfyt:

                      (a)    Sterilisasie van flesse                                             (4)

                      (b)    Puree die appelkose                                                 (2)
                                                                                                 [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:               80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             15                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
            VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die Nkosi-familie het hulle jaarlikse vakansie by die NAMAT-hotel bespreek
         nadat hulle 'n advertensie met spesiale aanbiedinge gesien het.

         Met hul aankoms by die sekuriteitshek is hulle nie tot die perseel toegelaat nie
         omdat hul name nie op die aankomslys was nie. Mnr. Nkosi het die bewys
         van betaling van die hotel aan hulle gewys, maar die sekuriteitswag het nog
         steeds geweier om hulle toe te laat.

         5.1.1        Bepaal watter nie-inkomstegenererende area verantwoordelik was
                      vir die fout met die Nkosi-familie se bespreking.                          (1)

         5.1.2        Verduidelik hoe personeel in die nie-inkomstegenererende area,
                      geïdentifiseer in VRAAG 5.1.1, die situasie moet hanteer.                  (2)

         5.1.3        Evalueer die sekuriteitswag se optrede teenoor die Nkosi-familie by
                      die hek van die hotel.                                                     (4)

         5.1.4        Noem DRIE faktore wat 'n invloed op die teikenmark van die
                      NAMAT-hotel kon gehad het.                                                 (3)

5.2      Gee VIER aspekte wat die NAMAT-hotel in die besigheidsbeskrywing van hul
         besigheidsplan moet insluit.                                                            (4)

5.3      Die bemarkingsdepartement van die NAMAT-hotel is verantwoordelik vir die
         daarstel en behoud van 'n uitstekende beeld van die onderneming.

         5.3.1        Stel DRIE visuele, gedrukte bemarkingsinstrumente voor wat deur
                      die hotel gebruik kan word.                                                (3)

         5.3.2        Bespreek kortliks DRIE promosiestrategieë wat gebruik kan word
                      om meer gaste te lok.                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             16                                  DBE/2022
                                           SS/NSS

5.4      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Opwipmark ('pop-up market') om fondse in te samel is deur 'n plaaslike
         hoërskool gereël. Die fondse ingesamel, sou aan 'n nabygeleë ouetehuis
         geskenk word. Die opwipmark het 'n verskeidenheid produkte van plaaslike
         entrepreneurs verkoop, byvoorbeeld vars, organiese produkte asook
         tuisbedryfprodukte. Die datum van die mark is vooruitbepaal sodat 'n botsing
         van aktiwiteite in die dorp voorkom kon word. Aanvanklik is 100 stalletjies
         bespreek, maar as gevolg van Covid-19-grendelregulasies was slegs
         50 stalletjies aktief.

         5.4.1        Ontleed die opwipmark met betrekking tot die volgende:

                      (a)    Sterk punte                                                        (3)

                      (b)    Geleenthede                                                        (3)

         5.4.2        Bespreek hoe Covid-19 'n negatiewe impak op                     die
                      gasvryheidsbedryf se bydrae tot die ekonomie gehad het.                   (4)
                                                                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                17                               DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 6

6.1      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         6.1.1        Klassifiseer die wyn.                                                     (1)

         6.1.2        Noem die tipe glas wat gebruik word om die wyn te bedien.                 (1)

         6.1.3        Beveel DRIE voedselsoorte aan wat die wyn sal komplementeer.              (3)

         6.1.4        Bespreek SES riglyne wat gevolg moet word wanneer die wyn vir
                      gaste geskink word.                                                       (6)

6.2      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         6.2.1        Identifiseer die mengmetode om die nie-alkoholiese skemerkelkie
                      ('mocktail') voor te berei.                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             18                                 DBE/2022
                                           SS/NSS

         6.2.2        Noem TWEE tipes apparaat wat gebruik word tydens die bereiding
                      van die nie-alkoholiese skemerkelkie.                                 (2)

         6.2.3        Beskryf hoe die nie-alkoholiese skemerkelkie berei word.              (3)

6.3      Bespreek in watter volgorde nie-alkoholiese skemerkelkies aan gaste wat
         reeds by 'n formele aandete aansit, bedien moet word.                              (2)

6.4      Onderskei tussen kwasse en strope. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                         KWASSE                                  STROPE

                                                                                 (2 x 2)    (4)

6.5      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

         Kritiseer die dekplek vir 'n formele viergangmaaltyd.                              (4)

6.6      Bespreek hoe die hotelpersoneel 'n enkele gas, wat alleen gelaat wil wees,
         moet hanteer.                                                                      (3)
                                                                                            [30]
                                                                 TOTAAL AFDELING D:         60
                                                                     GROOTTOTAAL:           200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2022-eng/24736ff1-b9c1-4cba-a26f-79e7e9d6caee) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Eng
- [HOSP STUDIES QP GR12 SEPT Deaf](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-qp-gr12-sept-deaf/127e2f18-84be-46da-a307-63e4640746c7) — Hospitality Studies · QP · 2022
- [HOSP STUDIES QP GR12 SEPT Deaf](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-qp-gr12-sept-deaf/d7f9eef9-bb6e-445c-8356-ba1f97a64300) — Hospitality Studies · QP · 2022
- [HOSP ST GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-st-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/11983b69-95c5-4103-a8dc-af66f43a70f7) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr
- [HOSP STUDIES QP GR12 SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-qp-gr12-sept-2022-english/669257af-648f-451c-96e6-82158be934d2) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2022-afr/eae87682-66dc-4167-91a7-73f764436aee) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
