# Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-afr/a97b81fd-5f7e-46f5-bb22-e04f636a263b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-afr/a97b81fd-5f7e-46f5-bb22-e04f636a263b)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              GASVRYHEIDSTUDIES

                                         2023

                                                                       PUNTE: 200

                                                                         TYD: 3 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                                 DBE/2023
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                 (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit          (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                        (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                 (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       AFDELING A: VRAAG 1 – Beantwoord al die vrae onder mekaar in die
         ANTWOORDEBOEK sonder om 'n reël tussenin oop te los, soos hieronder
         getoon:

         Korrek:
         1.1.1
         1.1.2

         Verkeerd:
         1.1.1

         1.1.2

5.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            3                                  DBE/2023
                                          SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         VOORBEELD:

         1.1.11      'n Goeie bron van vitamien C is …

                     A    melk.
                     B    lemoene.
                     C    vleis.
                     D    brood.                                                              (1)

         ANTWOORD:

         1.1.11      B

         1.1.1       'n Dokument wat gereeld opgedateer word en wat die hulpbronne
                     en prosesse omskryf om besigheidsdoelwitte te bereik:

                     A    Bemarkingsplan
                     B    Bedryfsplan
                     C    Besigheidsplan
                     D    Personeelplan                                                       (1)

         1.1.2       Die … departement is verantwoordelik vir die werwing van
                     personeel in 'n instansie.

                     A    voorkantoor-
                     B    bemarkings-
                     C    finansiële
                     D    menslikehulpbronne-                                                 (1)

         1.1.3       Sarkoplasma word beskryf as …

                     A    vleissappe wat geurig en helder is.
                     B    'n vetlaag wat die karkas bedek.
                     C    'n muskulêre voering van beeste se maagwand.
                     D    nie-elastiese weefsel wat spiervesels bind.                         (1)

         1.1.4       'n Tipe afval bedien as gesnyde kouevleis:

                     A    Hart
                     B    Tong
                     C    Niere
                     D    Lewer                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             4                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

         1.1.5       Identifiseer die nagereg hieronder.

                     A     Charlotte russe
                     B     Charlotte royale
                     C     Charlotte muscovite
                     D     Charlotte swiss                                                     (1)

         1.1.6       'n Gefortifiseerde wyn gemaak deur alkohol by wyn te voeg:

                     A     Muscato
                     B     Shiraz
                     C     Sjerrie
                     D     Merlot                                                              (1)

         1.1.7       Wanneer … bygevoeg word, word meer gelatien benodig om
                     suksesvolle stolling te verseker.

                     A     jogurt
                     B     room
                     C     suurlemoensap
                     D     eiergele                                                            (1)

         1.1.8       Die hoofvoedingstowwe in skilferkorsdeeg is …

                     A    proteïene en vette.
                     B    koolhidrate en vette.
                     C    minerale en vitamiene.
                     D    vette en vitamiene.                                                  (1)

         1.1.9       'n Voorbeeld van 'n gereg gemaak van dun nie-gelamineerde deeg:

                     A    Turnovers
                     B    Barquettes
                     C    Palmiers
                     D    Baklava                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               5                                   DBE/2023
                                             SS/NSS

          1.1.10       Rangskik die stappe in die voorbereiding van chouxdeeg in die
                       korrekte volgorde:

              1                         2                       3                      4
      Voeg eiers een vir        Smelt die botter in    Spuit/Vorm mengsel       Laat mengsel toe
           een by                 kookwater              op 'n bakplaat           om af te koel

                       A    1, 2, 4, 3
                       B    2, 4, 1, 3
                       C    1, 2, 3, 4
                       D    2, 1, 4, 3                                                            (1)

1.2       PASITEMS

          Kies die preserveringsmetode uit KOLOM B wat by die beskrywing in
          KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
          (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 H.

                            KOLOM A                              KOLOM B
                         BESKRYWINGS                     PRESERVERINGSMETODE
          1.2.1      Voedsel wat aan brandende         A   bevriesing
                     houtskaafsels blootgestel word
                     om geur by te voeg                B   verkoeling

          1.2.2      Sout word op die oppervlak van    C   inmaak
                     vleis ingevryf
                                                       D   droging
          1.2.3      Voedsel word onder -18 °C
                     geberg om bakteriële groei te     E   kristallisering
                     beperk
                                                       F   warm beroking
          1.2.4      Voedsel word in 'n
                     gekonsentreerde suikerstroop of   G   pekeling
                     soutwateroplossing gaar gemaak
                     en in lugdigte houers geplaas

          1.2.5      Voedsel word in hoë
                     konsentrasie suiker gekook en
                     dan gedroog
                                                                                     (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               6                               DBE/2023
                                             SS/NSS

1.3      Kies die komponent of aanbiedingstegniek wat in die bereiding van nageregte
         gebruik word uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 H.

                             KOLOM A                               KOLOM B
                           BESKRYWING                            KOMPONENT/
                                                            AANBIEDINGSTEGNIEK
         1.3.1      Gegeurde vla oor nagereg gegooi om     A basis
                    vog en smaak by te voeg
                                                           B   vulsel
         1.3.2      'n Dun lagie appelkooskonfyt oor
                    vrugte geborsel om 'n aantreklike      C ganache
                    voorkoms te gee
                                                           D bolaag
         1.3.3      Gekaramelliseerde neute bo-op
                    nageregte gesprinkel om die            E   sous
                    voorkoms te verbeter
                                                           F   coulis
         1.3.4      Suurlemoensmeer word in 'n tertdop
                    geskep om smaak te verbeter            G glasering

         1.3.5      'n Meringue-dop wat die struktuur en
                    basis van 'n nagereg is
                                                                                (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               7                                     DBE/2023
                                             SS/NSS

1.4      EENWOORDITEMS

         Gee EEN term/woord vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         term/woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       'n Souterige jellie gemaak van gekonsentreerde aftreksel en gelatien

         1.4.2       Bros, papierdun koekies gevorm sodra dit uit die oond uitkom

         1.4.3       'n Vegetariër wat geen dierlike produkte gebruik of inneem nie

         1.4.4       'n Vingerhappie bestaande uit vlokkerige deeg wat om 'n maalvleisrol
                     gedraai word

         1.4.5       Die proses waar 'n tertkors vooraf gebak en 'n cartouche gebruik word

         1.4.6       'n Alkoholiese drankie gemaak van 'n verskeidenheid dranke en wat
                     toepaslik gegarneer is

         1.4.7       Die lewer van hierdie soort pluimvee word gebruik om 'n patee,
                     bekend as foie gras, te maak

         1.4.8       'n Bestanddeel wat gebruik word om beignets te bestuif na dit
                     diepgebraai is

         1.4.9       'n Ernstige allergiese reaksie       op    spesifieke   voedsel    wat
                     lewensbedreigend kan wees

         1.4.10 'n Versiering gemaak van gekaramelliseerde suiker wat vinnig oor 'n
                houtlepel gevorm word om lang, harige drade te vorm                                (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             8                                     DBE/2023
                                           SS/NSS

1.5      KEUSES

         1.5.1       Kies DRIE tipes inligting uit die lys hieronder wat op die etiket aan
                     die voorkant van 'n wynbottel staan. Skryf slegs die letters (A–F)
                     langs die vraagnommer (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     A    Vervaardiger
                     B    Strepieskode
                     C    Kultivar
                     D    Oesjaar
                     E    Gesondheidswaarskuwing
                     F    Bedieningstemperatuur                                                   (3)

         1.5.2       Kies TWEE items uit die lys hieronder wat in 'n restaurant vir die
                     bediening van witwyn gebruik word. Skryf slegs die letters (A–D)
                     langs die vraagnommer (1.5.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     A    Ysemmer
                     B    Kraffie
                     C    Wynwiegie
                     D    Wynstaander                                                             (2)

         1.5.3       Kies VYF eienskappe uit die lys hieronder van 'n effektiewe visuele
                     bemarkingsinstrument. Skryf slegs die letters (A–J) langs die
                     vraagnommer (1.5.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     A    Netjies uitgeskryf
                     B    Hoorbaar en duidelik
                     C    Trek aandag
                     D    Groot letters
                     E    Klein advertensie op 'n skoon bladsy
                     F    Skep emosies by die luisteraar
                     G    Harde klank en musiek
                     H    Interessante prente
                     I    Persoonlike kontakbesonderhede
                     J    Uitgesaai op sekere tye                                                 (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                 9                                       DBE/2023
                                               SS/NSS

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIȄNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Groep besoekers is by 'n plaaslike hospitaal opgeneem nadat hulle tekens
         van geelsug getoon het. Hulle is later met hepatitis A gediagnoseer.

         2.1.1       Noem die orgaan wat deur hierdie siekte geaffekteer word.                          (1)
         2.1.2       Verduidelik hoe die besoekers die siekte kon opgedoen het.                         (2)
         2.1.3       Stel DRIE maatreëls voor wat gevolg moet word om te voorkom dat
                     die siekte versprei.                                                               (3)
         2.1.4       Onderskei tussen die simptome van cholera en die simptome van
                     hepatitis A.
                     Tabuleer jou antwoorde soos volg:
                                    CHOLERA                               HEPATITIS A

                                                                                          (2 x 2)       (4)

2.2      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Werknemer wat by 'n ontbytbuffet in 'n besige restaurant werk, het
         MIV/Vigs in fase 3. Die uitvoerende sjef het aanbeveel dat hierdie werknemer
         eerder siekverlof moet neem.

         Regverdig die aksie van die uitvoerende sjef deur sekere simptome van die
         werknemer wat 'n negatiewe impak op die gaste kan hê, te beskryf.                              (3)

2.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                            Meneer … ons is
                                                           bevoorreg dat ons
                        Dit is so wonderlik             bestuurder ons motiveer
                      dat sulke vriendelike,            en spanwerk aanmoedig.
                         goedopgeleide
                      personeel ons bedien.

         Verduidelik waarom dit belangrik is dat 'n bestuurder spanwerk aanmoedig.                      (4)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                          10                                  DBE/2023
                                        SS/NSS

2.4      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Rekenaars het bedryfsprosedures in die gasvryheidsbedryf verander. Beide
         gaste en die gasvryheidsinstansies word positief bevoordeel deur verbeterde
         kommunikasie en voedseldiens aan gaste.

         Bespreek DRIE voordele van die gebruik van rekenaars in
         gasvryheidsinstansies deur na voedselbestellings en diens aan gaste te
         verwys.                                                                             (3)

                                                             TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             11                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Skool hou 'n funksie om al die besighede in hulle omgewing te bedank vir
         hulle ondersteuning en borgskappe deur die jaar. Die komitee wat dit
         organiseer, het besluit om 'n skemerkelkgeselligheid in plaas van 'n vingerete
         te hou.

         3.1.1       Stel die mees geskikte tyd om hierdie funksie aan te bied, voor.            (1)

         3.1.2       Noem VIER voordele om 'n skemerkelkgeselligheid aan te bied.                (4)

         3.1.3       Onderskei tussen 'n vingerete en 'n skemerkelkgeselligheid. (2 x 2)         (4)

3.2      Bestudeer die lys van geregte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      LYS VAN GEREGTE

                              Gebraaide Calamari met Tartaresous
                                   Brood-en-Botterpoeding
                                    Beesvleis Cordon Bleu
                                         Groenslaai
                                         Wortelslaai

         3.2.1       Identifiseer TWEE geregte wat 'n allergiese reaksie by gaste kan
                     veroorsaak.                                                                 (2)

         3.2.2       Gee DRIE redes waarom sommige geregte nie geskik is vir 'n gas
                     wat aan hoë bloeddruk ly nie.                                               (3)

3.3      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die totale voedselkoste vir gaste wat 'n 21ste verjaardagpartytjie by die
         Sanrosh Restaurant bywoon, is R3 100.
         Die voedselkoste-persentasie is 30%.

         3.3.1       Bereken die verkoopprys. Toon ALLE berekeninge en formules.                 (3)

         3.3.2       Bereken die bruto wins. Toon ALLE berekeninge en formules.                  (3)

         3.3.3       Noem die tipe koste vir ELK van die volgende uitgawes:

                     (a)    Betaling van salarisse                                               (1)

                     (b)    Skryfbehoeftes                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              12                                   DBE/2023
                                            SS/NSS

3.4      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           PEULGROENTE

         3.4.1         Identifiseer TWEE verskillende tipes peulgroente in die prent
                       hierbo.                                                                   (2)

         3.4.2         Verduidelik hoe ongekookte peulgroente gestoor moet word.                 (1)

         3.4.3         Voorspel die resultaat as sout aan die begin van die kookproses by
                       peulgroente gevoeg word.                                                  (1)

         3.4.4         Motiveer die waarde van die byvoeging van peulgroente in 'n
                       vegetariese dieet.                                                        (4)

3.5      Bestudeer die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     Chouxdeeggeregte sorg vir 'n verskeidenheid op 'n spyskaart.

         3.5.1       Noem DRIE gebakte soet chouxdeegprodukte.                                   (3)

         3.5.2       Beveel DRIE geskikte soet vulsels aan.                                      (3)

         3.5.3       Gee VIER moontlike redes vir chouxdeegprodukte wat platgeval het.           (4)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               13                                   DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 4

4.1     Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Orange Gold-plaas het 'n plaaslike kookkompetisie. Mary, een van die sjefs,
        berei 'n verskeidenheid lemoenjellies, insluitend 'n vegetariese opsie, vir haar
        nagereg voor.

        4.1.1        Noem 'n tipe gelatien geskik vir vegetariërs.                                 (1)

        4.1.2        Bespreek die hidrering van gelatienpoeier wat in die lemoenjellies
                     gebruik word.                                                                 (2)

        4.1.3        Beskryf die ontvormingsproses vir die lemoenjellies.                          (3)

        4.1.4        Motiveer hoekom lemoensegmente eers bygevoeg moet word
                     wanneer die gelatien al gedeeltelik gestol het.                               (2)

4.2      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                             MELKTERT

         4.2.1       Identifiseer die tipe deeg wat gebruik word in die bereiding van die
                     melktert.                                                                     (1)

         4.2.2       Gee DRIE kwaliteitseienskappe van die deeg in VRAAG 4.2.1
                     geïdentifiseer.                                                               (3)

         4.2.3       Verduidelik die voordele daarvan om die botter in die meel in te sny
                     tydens die bereiding van die deeg.                                            (2)

         4.2.4       Crème patisserie word as vulsel vir die melktert gebruik. Noem DRIE
                     bestanddele wat vir die vulsel gebruik word.                                  (3)

         4.2.5       Voorspel of die crème patisserie sal skif as dit kook.                        (2)

         4.2.6       Identifiseer die tegniek wat gebruik word om die bokant van die
                     melktert met 'n dun lagie kaneel te bedek.                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               14                                     DBE/2023
                                             SS/NSS

4.3      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                             FILET

         4.3.1       Identifiseer die voorbereidingstegniek wat vir die filet gebruik word.          (1)

         4.3.2       Verduidelik die voordele van die tegniek wat in VRAAG 4.3.1
                     geïdentifiseer is.                                                              (2)

         4.3.3       Bespreek oondbraai as 'n proses om die filet gaar te maak.                      (4)

         4.3.4       'n Goedgaar filetskyf is berei. Beskryf die effek van hitte gedurende
                     die gaarmaakproses van die filet.                                               (3)

         4.3.5       Noem die voordele van rypmaking van vleis.                                      (2)

4.4      Noem die tipe afval wat gebruik word vir die voorbereiding van skilpadjies.                 (1)

4.5      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Gasvryheidstudies-leerders besluit om tuisgemaakte tamatiesous te maak met
         die tamaties afkomstig uit die skool se groentetuin.

         4.5.1       Verduidelik hoe die inmaakproses die tamatiesous preserveer.                    (3)

         4.5.2       Evalueer die gebruik van 'n houtlepel in plaas van 'n metaallepel
                     wanneer die tamatiesous voorberei word.                                         (2)

         4.5.3       Stel TWEE ander maniere voor wat gebruik kan word om vars
                     tamaties te preserveer.                                                         (2)
                                                                                                     [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:                80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              15                                 DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
            VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die Durban July is 'n jaarlikse gebeurtenis in KwaZulu-Natal wat baie mense
         regoor die land lok vir die perdewedrenne, modes, kos en vermaak. Die
         bemarking van hierdie gebeurtenis begin maande voor die tyd en verskeie
         bemarkingstrategieë word gebruik.
         Koste per BBP('VIP')-kaartjie: R1 500 per persoon (ontbyt, middagete,
         aandete en versnaperinge)

         5.1.1       Regverdig die gebruik van elektroniese media om die Durban July te
                     adverteer en te bemark.                                                    (3)

         5.1.2       Noem DRIE kriteria waaraan die elektroniese bemarkingsinstrument
                     vir die Durban July moet voldoen.                                          (3)

         5.1.3       Ontwerp 'n sosialemedia-advertensie vir die Durban July deur DRIE
                     aspekte van die bemarkingsmengsel in die uittreksel te gebruik.            (4)

5.2      Motiveer hoe die opheffing van die Covid-19-beperkings tot die BBP van die
         Suid-Afrikaanse ekonomie sal bydra.                                                    (4)

5.3      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Sibongile het onlangs 'n driejaar-diploma aan 'n sjefskool voltooi. Sy het na
         haar tuisdorp teruggetrek waar sy vrye toegang tot vars vrugte en groente
         het. Sibongile se familielede is bereid om haar te ondersteun om 'n besigheid
         te open.

         5.3.1       Stel VIER geleenthede vir volhoubare selfindiensneming in
                     voedselbereiding voor wat vir Sibongile geskik sal wees om haar eie
                     besigheid te begin.                                                        (4)

         5.3.2       Noem VIER tipes inligting wat Sibongile by die finansiële plan van
                     haar besigheid se befondsingsaansoek moet insluit.                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            16                                  DBE/2023
                                          SS/NSS

5.4      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       DEURWAG

         5.4.1       Noem TWEE verantwoordelikhede van die deurwag in die prent
                     behalwe die dra van bagasie na gaste se kamers.                           (2)

         5.4.2       Noem TWEE ondersteunende posisies wat die funksies van die
                     deurwag kan help verlig.                                                  (2)

5.5      Vergelyk die wassery as 'n inkomste-genererende en nie-inkomste-
         genererende area volgens die dienste wat dit aanbied.

         Tabuleer die antwoord as volg:

          INKOMSTE-GENERERENDE AREA                NIE-INKOMSTE-GENERERENDE
                                                             AREA
                            (2)                                (2)                             (4)
                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             17                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 6

61.      6.1.1        Noem DRIE hoofkategorieë van wyn.                                          (3)

         6.1.2        Noem VIER algemene reëls vir die meng van 'mocktails' (nie-
                      alkoholiese drankies).                                                     (4)

6.2      Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Binneverbruikdranklisensie laat toe dat alkohol gebruik mag word waar dit
         aangekoop is en dit mag nie van die perseel verwyder word nie.

         6.2.1       Bespreek DRIE      algemene    vereistes   van   'n   binneverbruik-
                     dranklisensie.                                                              (3)

         6.2.2       Gee enige TWEE redes waarom 'n persoon gediskwalifiseer kan
                     word om 'n dranklisensie te bekom.                                          (2)

6.3      Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Meer Suid-Afrikaanse restaurante bied gaste 'n uitsonderlike eet-ervaring
         deur    moderne     toerusting, gevorderde    voedselvoorbereiding     en
         bedieningstegnieke te gebruik.

         6.3.1       Noem TWEE tipes groot, gespesialiseerde bedieningsapparaat.                 (2)

         6.3.2       Beskryf die volgende bedieningstegnieke:

                     (a)   Flambé                                                                (1)

                     (b)   Afkrummel                                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                18                                    DBE/2023
                                              SS/NSS

6.4      Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                     SPYSKAART
                                                                     MIDDAGTEE

                                                               Komkommertoebroodjies
                                                                   Worsrolletjies
                                                                      Skons
                                                                    Hertzoggies
                                                                  Roomhorinkies

                                                                     Earl Grey Tee
                                                                      Rooibostee
                                                                         Koffie

                                                                     24 Junie 2023

                              A                                           B

         6.4.1       Verduidelik hoe die kelner die breekware in prent A moet versorg.            (2)

         6.4.2       Beskryf die korrekte prosedures om te volg tydens die bediening van
                     tee in 'n restaurant.                                                        (3)

         6.4.3       Regverdig die      effektiwiteit   van   die   spyskaart   in   B as   'n
                     tafelversiering.                                                             (3)

6.5      Verduidelik hoe die kelner kragonderbrekings moet hanteer sonder om
         inbreuk te maak op die gaste se eetervaring.                                             (3)
                                                                                                  [30]

                                                                     TOTAAL AFDELING D:           60
                                                                         GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-eng/50ef98bf-a40e-4823-a81c-93f1b85e034b) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-english/cf2432c3-f006-477b-9a08-87efec8d6320) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-eng/0a8d29f0-8c1a-4631-915f-d4f87b4fafca) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — Hospitality Studies · QP · 2024 · Eng

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/428a34e2-7d2b-4e20-a4bc-2dbf9ae8b099) — Memo · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2022-english/76f3fe65-f35b-4046-89a9-936c4a02d538) — Memo · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
