# Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2013-afr/47c04dd0-65a4-4f9c-b4ca-67f48ae906a3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2013-afr/47c04dd0-65a4-4f9c-b4ca-67f48ae906a3)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRADE 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                            SENIOR CERTIFICATE

                                    GRAAD 12

                              GASVRYHEIDSTUDIES

                                  NOVEMBER 2013

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                          2                       DBE/November 2013
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae                                          (40)
         AFDELING B: Gasvryheidskonsepte en gesondheid en veiligheid   (40)
         AFDELING C: Voedselbereiding                                  (80)
         AFDELING D: Voedsel- en drankbediening                        (40)

2.       Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

4.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            3                             DBE/November 2013
                                            NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.

         1.1.1        Wanneer jy 'n trots Suid-Afrikaanse produk koop, dra jy by
                      tot die …

                      A    koop van duur produkte.
                      B    koop van minderwaardige produkte.
                      C    opbou van die plaaslike ekonomie.
                      D    opbou van die internasionale ekonomie.                              (1)

         1.1.2        EEN van die volgende stellings is NIE van toepassing op goeie
                      spanwerk NIE:

                      A   Om regverdig en eerlik met die span te wees
                      B   Om in staat te wees om na dieselfde doelwit te streef
                      C   Om nie bevooroordeeld te wees nie
                      D   Om nie in staat te wees om sukses en mislukkings te deel nie         (1)

         1.1.3        … kan aan 'n pasiënt gegee word wat aan gastroënteritis ly.

                      A   Melk met suiker en sout
                      B   Melk met heuning en suurlemoen
                      C   Water met suiker en sout
                      D   Water met heuning en suurlemoen                                      (1)

         1.1.4        'n Simptoom van gastroënteritis is …

                      A    naarheid.
                      B    diarree.
                      C    hoes.
                      D    sproei.                                                             (1)

         1.1.5        Die VERKEERDE behandeling van 'n ligte wond is om …

                      A    die pasiënt vir skok te behandel.
                      B    dit met 'n steriele verband te bedek.
                      C    salf en olie aan die geaffekteerde deel te smeer.
                      D    die geaffekteerde deel onder lopende water te hou.                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             4                           DBE/November 2013
                                             NSS

         1.1.6        … is die skatting of raming van die getal spyskaartitems wat
                      verkoop moet word.

                      A    Vereenvoudiging
                      B    Voorspelling
                      C    Rekonsiliasie
                      D    Aankoop                                                            (1)

         1.1.7        Die totale koste van 'n sjokoladekoek is R75,00. Dit bedien agt
                      porsies. Een porsie kos dus …

                      A    R9,38
                      B    R9,34
                      C    R9,32
                      D    R9,36                                                              (1)

         1.1.8        Die … in chouxdeeg tree as 'n emulgeermiddel op.

                      A    meel
                      B    water
                      C    eiers
                      D    sout                                                               (1)

         1.1.9        Charlotte … is 'n gelatiennagereg wat met Switserse rolkoek
                      uitgevoer word.

                      A    Russe
                      B    Royal
                      C    Mousse
                      D    Muscovite                                                          (1)

         1.1.10       'n Voorbeeld van Mexikaanse kookkuns is …

                      A    taco's.
                      B    blini's.
                      C    paella.
                      D    fondue.                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                     5                              DBE/November 2013
                                     NSS

1.2      PASITEMS

         Kies 'n definisie uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                 KOLOM A                                KOLOM B
                  TERME                                DEFINISIES
         1.2.1 Bemarking             A     'n groot groep tieners wat die goedere
                                           en dienste sal koop
         1.2.2 Produk
                                     B     identifiseer die mense wat die goedere
         1.2.3 Teikenmark                  en dienste koop asook waar hulle
                                           woon, hulle behoeftes en inkomste
         1.2.4 Markgrootte
                                     C     bring nuwe produkte onder klante se
         1.2.5 Markbeskrywing              aandag

                                     D     goedere en dienste wat in 'n supermark
                                           te koop aangebied word

                                     E     'n paar mense wat jou produk koop en
                                           'n groot persentasie wat by ander koop

                                     F     die prys van goedere en dienste wat
                                           verkoop word

                                     G     gebruik verskillende tegnieke om die
                                           publiek oor die goedere en dienste wat
                                           jy wil verkoop, in te lig

                                     H     die getal mense in die gebied wat die
                                           goedere en dienste wat jy verkoop,
                                           aankoop
                                                                            (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             6                                  DBE/November 2013
                                             NSS

1.3      SKRYF DIE ONTBREKENDE WOORD(E) NEER

         Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf
         slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.3.1       … is 'n rak in 'n stoorkamer wat aan een spesifieke item
                     toegeken is.

         1.3.2       … is die term wat gebruik word om items soos melk, eiers, meel en
                     vleis te beskryf.

         1.3.3       … is 'n tipe vla wat stysel as 'n verdikkingsmiddel het.

         1.3.4       … word van styfgeklitste eierwit en suiker gemaak wat as 'n basis
                     vir baie nageregte en soetgebak gebruik word.

         1.3.5       'n Franse tertdeeg met 'n droë holte is …

         1.3.6       'n Apparaat wat met 'n vlambare jel verhit word en gebruik word om
                     voedsel warm te hou, word 'n … genoem.

         1.3.7       Die Franse term vir voorafbereiding is …

         1.3.8       'n … is 'n plek ('place setting') wat vir een persoon by die tafel
                     gedek is.

         1.3.9       Tydens silwerbediening word brood vanaf die …-kant van die gas
                     bedien.

         1.3.10      'n …-spyskaart laat gaste nie toe om die geregte self te kies nie.              (10)

1.4      KIES DIE KORREKTE ANTWOORDE

         Sekere items moet op 'n kwotasievorm verskyn. Kies VYF items uit die lys
         hieronder (A–H) wat op 'n kwotasievorm moet verskyn en skryf dit in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld: J. Vervaldatum.

         A            Datum van geldigheid

         B            Personeelsalarisse

         C            Finale prys en ekstra koste

         D            Handtekening van die bestuurder

         E            Spesiale versoeke

         F            Deposito vereis

         G            Oorhoofse koste

         H            Datum vir betaling van balans                                                  (5)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              7                             DBE/November 2013
                                              NSS

1.5      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
         woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
         vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                              rekwisisie;   inventaris; bates;    sopie;
                           kleindiefstal;   voorraadbeheer;   verkooppunt

         1.5.1         Om by die gasvryheidsonderneming te steel

         1.5.2         'n Rekenaarstelsel wat verkope maklik maak

         1.5.3         'n Maat wat gebruik word om alkoholiese drankies te verkoop

         1.5.4         Items wat langtermynwaarde het

         1.5.5         'n Proses wat gebruik word om die verlies aan drank, wat tot lae
                       wins lei, te bepaal                                                       (5)

1.6      PASITEMS

         Kies 'n definisie uit KOLOM B wat by die tipe wyn in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM A                               KOLOM B
                        TIPES WYN                              DEFINISIES
         1.6.1       Brut                           A   wyn waarby alkohol ingesluit is

         1.6.2       Versnit                        B   wyn wat 'n groot hoeveelheid
                                                        suiker bevat
         1.6.3       Gefortifiseerd
                                                    C   wyn wat koolstofdioksied bevat
         1.6.4       Natuurlik
                                                    D   'n medium droëwyn
         1.6.5       Vonkel
                                                    E   'n mengsel van twee wyne

                                                    F   wyn waarin die doppe geweek het

                                                    G   'n baie droë wyn

                                                    H   wyn waarby niks tydens die
                                                        gisproses gevoeg is nie
                                                                                      (5 x 1)    (5)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            8                              DBE/November 2013
                                            NSS

AFDELING B: GASVRYHEIDSKONSEPTE EN GESONDHEID EN VEILIGHEID

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     SJEF GLY EN DOEN BRANDWONDE AAN SY ARM OP
                               AS GEVOLG VAN WARM OLIE

         'n Sjef wat 'n houer met aartappelskille gedra het, het verby 'n diepvetbraaier
         geloop toe sy voet gly. Hy het sy hand uitgesteek om te keer dat hy val en het
         sy arm in warm olie gedruk. Hy het brandwonde aan sy hand, arm en gesig
         opgedoen omdat die warm olie op hom gespat het.

         2.1.1        Noem die tipe brandwond wat die sjef opgedoen het.                        (1)

         2.1.2        Verduidelik die prosedure wat gevolg moet word wanneer die sjef
                      se brandwonde behandel word.                                              (4)

2.2      Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         2.2.1        Evalueer die professionele voorkoms van die sjef hierbo.                  (5)

         2.2.2        Gee VIER wenke oor professionele etiek wat die sjef moet volg.            (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           9                             DBE/November 2013
                                           NSS

2.3      Kelners besef soms nie dat hulle onprofessioneel in die werkplek optree nie.

         Noem VIER praktyke wat jy as onprofessionele gedrag sou beskou.                     (4)

2.4      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Jy is as 'n lid van die Champs Fried Chicken-bemarkingspan aangestel. Hulle
         het 'n nuwe resep vir gebraaide hoender ontwikkel. Die bestuurder van
         Champs Fried Chicken wil hê jy moet aan innoverende idees dink om hulle
         produk te bemark omdat KFC hulle mededinger is.

         2.4.1        Beveel maniere aan waarop jy Champs Fried Chicken kan bemark.          (6)

         2.4.2        Champs Fried Chicken se besigheidsplan het nie 'n begroting nie.
                      Noem items wat by hulle begroting ingesluit moet word.                 (4)

         2.4.3        Dui DRIE beroepsgeleenthede aan wat Champs Fried Chicken
                      kan bied.                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           10                            DBE/November 2013
                                           NSS

2.5      Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         2.5.1        Is dit moontlik om tuberkulose te kry as die bogenoemde in die
                      kombuis plaasvind?                                                     (1)

         2.5.2        Jy is 'n gasspreker en word gevra om met die kombuispersoneel
                      oor die oordrag van tuberkulose te praat.

                      Noem die volgende in jou toespraak:

                      •   DRIE maniere waarop tuberkulose oorgedra kan word

                      •   DRIE simptome van tuberkulose                         (3 x 2)      (6)

         2.5.3        Beveel TWEE metodes aan om tuberkulose te behandel.                    (2)

                                                              TOTAAL AFDELING B:             40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              11                             DBE/November 2013
                                              NSS

AFDELING C: VOEDSELBEREIDING

VRAAG 3

3.1      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Drie groepe leerders is gevra om aan sekere aspekte van die
         kosteberekening vir 'n funksie by die skool te werk. Hulle het die volgende in
         hulle onderskeie groepe bereken:

          GROEP 1: Die skaapvleispasteie het R120 gekos. Die groep wou 65% wins
                   maak.

          GROEP 2: Die verkoopprys van die hoenderlasagne was R250. Die totale
                   koste van die voedsel was R60; arbeid het R20 gekos, ligte R30
                   en water R10.

          GROEP 3: Hulle het R300 aan arbeidskoste bestee. Die totale koste was
                   R725.

         3.1.1        Bereken die wins wat GROEP 1 gemaak het.                                 (2)

         3.1.2        Bereken die netto wins van GROEP 2.                                      (4)

         3.1.3        Bereken die % (persentasie) wat GROEP 3 aan arbeid bestee het.           (3)

3.2      Rekenaars speel 'n belangrike rol in die stoor van resepinligting.

         Vergelyk die stoor van inligting op 'n rekenaar met die stoor van inligting met
         die hand. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                        REKENAAR                                PER HAND
                                                (3)                                    (3)     (6)

3.3      Noem enige VIER besonderhede wat op die rekwisisievorm om voorraad te
         bekom, moet verskyn.                                                                  (4)

3.4      Bestudeer die paragraaf oor chouxdeeg hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

         Jou graad 12-klas het éclairs gebak. Toe die éclairs oopgemaak is om die vla
         met 'n versiersak in te spuit, het hulle gevind dat daar geen holte was om die
         vla in te spuit nie. In 'n tweede baksel éclairs het botter uitgesypel.

         Gee TWEE redes vir elk van die volgende foute wanneer éclairs berei word:

         3.4.1       Geen holte is gevorm nie.                                                 (2)
         3.4.2       Botter sypel uit die éclairs (sinerese).                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             12                                      DBE/November 2013
                                             NSS

3.5      Bestudeer die lys geregte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     Swartbekboontjieslaai
                     Amandelsemolinakoek deurweek met Heuningsitrusstroop
                         Gestoomde Broccoli op 'n Bed van Aartappels
                           Sitrusverglansde Jambon (Gerookte Ham)
                                       Vars Roomgarnale
                           Geroosterde Vis met Gestoomde Groente
                                   Gebraaide Vis en Skyfies
                                         Soetsuur Vark

         Kies TWEE geregte wat GESKIK en TWEE geregte wat NIE GESKIK is vir elk
         van die volgende persone nie:

         A     'n Persoon wat aan 'n hartsiekte ly
         B     'n Moslem-gas

         Gee EEN rede om jou keuse van GESKIKTE geregte te motiveer.

         Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                    GESKIK                 MOTIVERING               NIE GESKIK
         Persoon wat         (i)                     (i)                     (i)
         aan 'n
         hartsiekte ly       (ii)                                            (ii)
                             (i)                     (i)                     (i)
         Moslem-gas
                             (ii)                                            (ii)
                                                                                                          (10)

3.6      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Formele dinees is gewild tydens die feesseisoen. Die volgende gange word
         gewoonlik by 'n formele dinee bedien: braaistuk en bykosse, nageregte, sop
         en hors d'oeuvres.

         3.6.1        Rangskik die gange       in      die    lys   hierbo    in     die    korrekte
                      bedieningsvolgorde.                                                                 (4)

         3.6.2        Noem DRIE aspekte wat jy in ag sal neem wanneer jy 'n formele
                      dinee beplan.                                                                       (3)
                                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             13                              DBE/November 2013
                                             NSS

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die foto van die lamsnit hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                   Tou

                                                                   Gerol

         4.1.1        Identifiseer die gereg hierbo.                                             (1)

         4.1.2        Noem die deel van die lam waaruit die snit geneem is om die gereg
                      te berei.                                                                  (1)

         4.1.3        Noem DRIE kenmerke van dié deel van die lam wat in
                      VRAAG 4.1.2 genoem is.                                                     (3)

         4.1.4        Verduidelik die tegniek wat met die vleisrolsnit hierbo gebruik word.      (1)

         4.1.5        Noem die voordeel daarvan om die vleis te rol soos in die
                      foto hierbo.                                                               (1)

         4.1.6        Die vleis in VRAAG 4.1.2 kan vakuumverpak word. Noem TWEE
                      voordele van vakuumverpakking.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            14                            DBE/November 2013
                                            NSS

4.2      Bestudeer die vegetariese spyskaart hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

                                           SPYSKAART

                                             Crudités

                                  Groentelasagne/Groentequiche
                                        Aartappelskyfies
                                       Groen Mengelslaai

                                          Vars vrugteslaai
                                             Roomys

                                             Tee/Koffie

                                                                     24 September 2012

         4.2.1        Noem die VIER tipes vegetariërs vir wie die spyskaart hierbo
                      geskik sal wees.                                                         (4)

         4.2.2        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 4.2.1.                             (1)

4.3      Die restaurantbestuurder wil die hoofgereg op die spyskaart met 'n
         peulgroentegereg vervang.

         4.3.1        Verduidelik die term peulgroente.                                        (1)

         4.3.2        Stel 'n peulgroentegereg voor wat die hoofgereg kan vervang.             (1)

4.4      GPP ('TVP') word deesdae in baie geregte gebruik.

         4.4.1        Waarvoor staan die afkorting GPP ('TVP')?                                (1)

         4.4.2        Stel TWEE plaaslike Suid-Afrikaanse groente voor wat geskik sou
                      wees om saam met GPP te bedien.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             15                               DBE/November 2013
                                             NSS

4.5      Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                Tertdeeg

                                                              Chantillyroom

         4.5.1        Identifiseer die produk in die foto hierbo.                                  (1)

         4.5.2        Noem die tipe tertdeeg wat gebruik word om die gereg hierbo
                      te maak.                                                                     (1)

         4.5.3        Noem 'n ander gereg wat gemaak kan word met die tertdeeg wat in
                      VRAAG 4.5.2 genoem is.                                                       (1)

         4.5.4        Noem TWEE maniere waarop lug by hierdie tertdeeg ingesluit kan
                      word.                                                                        (2)

         4.5.5        Noem die verhouding meel tot smeer wat in die tertdeeg gebruik
                      word.                                                                        (1)

         4.5.6        Graad 12-leerders ontdek dat die tertdeeg gekrimp het nadat dit uit
                      die oond gehaal is. Gee TWEE redes vir hierdie verskynsel.                   (2)

         4.5.7        Noem TWEE algemene riglyne wat gevolg moet word wanneer
                      tertdeeg gemaak word.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           16                            DBE/November 2013
                                           NSS

4.6      Bestudeer die resep hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     GRENADELLAMOUSSE

         BESTANDDELE
         2 ekstragroot eiers, geskei
         125 mℓ strooisuiker
         100 mℓ grenadellamoes
         15 mℓ gelatien
         50 mℓ koue water
         150 mℓ room, liggies geklop

         METODE
         1. Meng eiergele en suiker in 'n hittebestande bak.
         2. Roer grenadellamoes by en meng goed.
         3. Plaas bak oor water wat prut vir ongeveer 5–10 minute of totdat die
            mengsel begin verdik.
         4. Sprinkel gelatien oor koue water en laat eenkant staan vir 'n paar minute.
         5. Plaas gelatien in mikrogolfoond vir ongeveer 10 sekondes om te smelt.
            Roer by vlamengsel in. Laat afkoel.
         6. Klits eierwitte styf.
         7. Vou eierwitte en room versigtig by die mengsel in.
         8. Skep mengsel in 4–5 jellievorms of ramekins en plaas in die yskas om te
            stol.

         4.6.1        Gee EEN rede vir elk van die volgende stappe:

                      (a) Stap 3:   Plaas bak oor water wat prut.
                      (b) Stap 4:   Sprinkel gelatien oor koue water en laat eenkant
                                    staan vir 'n paar minute.
                      (c) Stap 5:   Plaas gelatien in mikrogolfoond vir ongeveer
                                    10 sekondes om te smelt.                                 (3)

         4.6.2        Beskryf hoe jy die stolvorm sal voorberei voordat jy die mengsel
                      daarin gooi.                                                           (2)

         4.6.3        Noem die tipe alkoholiese drankie wat tradisioneel saam die
                      nagereg hierbo bedien word.                                            (1)

         4.6.4        Noem en verduidelik die diens wat na die hoofmaal plaasvind
                      voordat die grenadellamousse bedien word.                              (3)

         4.6.5        Verduidelik hoe die rekening aan die gaste oorhandig moet word
                      nadat hulle die nagereg geëet het.                                     (2)
                                                                                             [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:            80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             17                                  DBE/November 2013
                                             NSS

AFDELING D: VOEDSEL- EN DRANKDIENS

VRAAG 5

5.1      Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      OOR KLAS EN SMAAK

                         'n Eeu nadat die Titanic gesink het, onthou ons
                                 nog die maaltye wat bedien is.

         Die Titanic is 'n droomskip genoem, en dit was ook so. Om net in die
         eetvertrek van die Titanic te wees, was die prys van die vaart werd.
         Die nageregtrollie het 'n verskeidenheid nageregte gehad, gemaak van
         lemoene, stekelrige pynappels, granaatrooi pere in wyn geposjeer, 'n toring
         klewerige gemmerrolletjies gevul met geklopte room en 'n profiteroles-
         piramide.

         Hulle het waarlik eersteklasmaaltye bedien, filet mignon, oesters en paté de
         foie gras. Passasiers kon vir middagete kies vanaf 'n buffet wat kreef en
         ingemaakte garnale met 'n consommé ingesluit het. Die skip het
         banketvertrekke gehad wat bedoel was om glans vir die eersteklasmaaltye te
         skep. Allerhande tipes geregte is bedien, soos geroosterde niertjies en spek,
         ham en eiers, Weense worsies, bokwietkoek, broodrolletjies, botterbroodjies,
         tee en koffie.

                                                    [Aangepas uit Rumblings, 15 April 2012, bl. 5]

         5.1.1        Verduidelik die term profiteroles.                                             (1)

         5.1.2        Die nagereg is vanaf die trollie aan gaste bedien. Verduidelik hoe
                      dit gedoen moet word.                                                          (2)

         5.1.3        Noem TWEE ander nageregte met eier as basis wat by die
                      nageregte op die trollie gevoeg kan word.                                      (2)

         5.1.4        Beveel TWEE bedieningstyle aan wat gebruik kan word om die
                      eersteklasmaaltye te bedien. Motiveer jou antwoord.                            (3)

         5.1.5        Stel voor hoe dit moontlik sou wees om 'n aangename atmosfeer in
                      die banketvertrekke te skep.                                                   (4)

         5.1.6        Noem TWEE werksgeleenthede wat in die banketvertrekke geskep
                      kan word.                                                                      (2)

         5.1.7        Noem EEN soort spesiale apparaat wat vir die banketfunksie
                      gebruik kan word.                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            18                             DBE/November 2013
                                            NSS

5.2      Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         5.2.1        Identifiseer die tipe funksie waar die peuselhappies hierbo bedien
                      kan word.                                                                (1)

         5.2.2        Evalueer tot watter mate die peuselhappies hierbo geskik is vir die
                      funksie wat in VRAAG 5.2.1 geïdentifiseer is.                            (1)

         5.2.3        Bespreek hoe kelners die afsluitings-mise-en-place sal uitvoer vir
                      die funksie wat in VRAAG 5.2.1 geïdentifiseer is.                        (5)

         5.2.4        Beveel TWEE plaaslike produkte of bestanddele aan wat bo-op die
                      peuselhappies hierbo gebruik kan word.                                   (2)

         5.2.5        'n Verskeidenheid peuselhappies is vir die funksie hierbo verskaf.
                      Verduidelik die faktore wat in ag geneem moet word wanneer
                      peuselhappies gekies word.                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             19                              DBE/November 2013
                                             NSS

5.3      Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            A

                                                                      B

         5.3.1        Identifiseer die drankie wat in die foto hierbo bedien word.            (1)

         5.3.2        Teen watter temperatuur behoort die drankie hierbo bedien te
                      word?                                                                   (1)

         5.3.3        Is die glas gemerk B geskik vir die drankie wat bedien word?            (1)

         5.3.4        Verduidelik waarom die prosedure in die foto hierbo gevolg word
                      om die drankie te skink.                                                (2)

         5.3.5        Beveel die korrekte prosedure aan wat gevolg moet word wanneer
                      drankvoorraad ontvang word.                                             (4)

         5.3.6        Verduidelik hoe die drank in die foto hierbo (byskrif A) gestoor
                      moet word.                                                              (4)

                                                                  TOTAAL AFDELING D:          40
                                                                      GROOTTOTAAL:            200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2013-eng/ba90bfa4-7eb3-4744-a93b-a0b479d739b9) — Hospitality Studies · QP · 2013 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2013-memo-afr/92aaf155-d00e-4e12-8894-622d3f8b641c) — Hospitality Studies · Memo · 2013 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2013-memo-eng/9d232044-5dde-4b7c-8530-d005ade79f05) — Hospitality Studies · Memo · 2013 · Eng
- [Gr12 HOSP S13 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hosp-s13-qp-eng/15d162f0-1f01-40ca-9742-81f7f838ac55) — Hospitality Studies · QP · 2013 · Eng
- [Gr12 HOSP S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hosp-s13-qp-afr/1531eca2-2094-4969-b129-106ab862960e) — Hospitality Studies · QP · 2013 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
