# Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2015-afr/7941595f-aac9-4bb3-90c2-99e22956e558
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2015-afr/7941595f-aac9-4bb3-90c2-99e22956e558)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRADE 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              GASVRYHEIDSTUDIES

                                  NOVEMBER 2015

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                   DBE/November 2015
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                       (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit                (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning
                     Voedselkommoditeite                              (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane
                     Voedsel- en drankbediening                       (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             3                        DBE/November 2015
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 B.

         VOORBEELD:

         1.1.11       Sushi is …

                      A    'n oop tertjie gevul met gebakte eiervla.
                      B    gaar of rou vis wat met rys bedien word.
                      C    fyngemaalde vleis, vis of pluimvee.
                      D    oesters wat in spekvleis toegedraai is.

         ANTWOORD: 1.1.11 B

         1.1.1        … is 'n simptoom van hepatitis A.

                      A    Kortasemigheid
                      B    Gelerige oë
                      C    Vinnige dehidrasie
                      D    Bloed uithoes                                                       (1)

         1.1.2        Een van die volgende voedselgroepe moet vermy word wanneer
                      iemand aan hoë cholesterol ly:

                      A   Bruinbrood en bruinrys
                      B   Volkoringbrood en volkoringpasta
                      C   Rogbrood en rogmeel
                      D   Witbrood en witrys                                                   (1)

         1.1.3        Die verhouding van meel tot smeer wanneer skilferdeeg berei
                      word, is …

                      A    1 : 1.
                      B    1 : 2.
                      C    1 : 3.
                      D    1 : 4.                                                              (1)

         1.1.4        Glanskersies word met gebruik van … gepreserveer.

                      A   sout
                      B   suur
                      C   suiker
                      D   chemikalieë                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             4                           DBE/November 2015
                                             NSS

         1.1.5        … is voorbeelde van voedsel wat gefermenteer (gegis) kan word.

                      A    Kaas en jogurt
                      B    Bokkems en biltong
                      C    Soutbeesvleis en ham
                      D    Marmelade en smeer                                                     (1)

         1.1.6        'n Tradisionele sous wat saam met tong bedien word:

                      A    Kruisementsous
                      B    Appelsous
                      C    Rooi-aalbessiesous
                      D    Rosyntjiesous                                                          (1)

         1.1.7        'n … word van twee stelle lamsribbetjies gemaak.

                      A    Noisette
                      B    Kebab
                      C    Kroonbraad
                      D    Saratoga-tjop                                                          (1)

         1.1.8        Broskors word gebruik om … te berei.

                      A    quiche Lorraine en Corniese pasteitjies ('Cornish pasties')
                      B    roomhorinkies en konfyttertjies
                      C    baklava en Chinese rolletjies ('spring rolls')
                      D    vlaskywe en vrugtetertjies                                             (1)

         1.1.9        'n … het 'n unieke groen kleur en word in pasteitjies/tertjies en
                      nageregte gebruik.

                      A    Kasjoeneut
                      B    Pekanneut
                      C    Dennepit
                      D    Pistasieneut                                                           (1)

         1.1.10       'n Restaurantdranklisensie stel die eienaar in staat om drank … te
                      verkoop.

                      A    op Sondae saam met 'n ete
                      B    aan 'n persoon ouer as 16
                      C    aan 'n dronk persoon
                      D    teen 09:00 in die oggend                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              5                            DBE/November 2015
                                              NSS

1.2      Kies 'n nagereg uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                                  KOLOM A                                KOLOM B
                               BESKRYWING                                NAGEREG
        1.2.1       'n Ligte meringuedop met 'n malvalekker-       A   crêpe
                    tekstuur binne-in
                                                                   B   parfait
        1.2.2       'n Nagereg gemaak met bakkersvla waarby
                    styfgeklitste eierwitte ingevou word           C   malvapoeding

        1.2.3       'n Dun pannekoekie gemaak met 'n ryk           D   gemmerpoeding
                    beslag en met brandewyn geflambé
                                                                   E   Pavlova
        1.2.4       'n Gebakte nagereg gemaak met
                    appelkooskonfyt en met warm vla bedien         F   Hertzogkoekie

        1.2.5       'n Roomysnagereg met lae vrugte, sous en       G vacherin
                    neute en in 'n lang glas bedien
                                                                   H   soufflé
                                                                                       (5 x 1)        (5)

1.3      Kies 'n vleisdis uit KOLOM B wat by 'n gaarmaakmetode in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                         KOLOM A                                  KOLOM B
                     GAARMAAKMETODE                               VLEISDIS
        1.3.1       Kook                             A     schnitzels

        1.3.2       Stowe                            B     lamsboud

        1.3.3       Vlakbraai                        C     afval

        1.3.4       Oondrooster                      D     lasagne

        1.3.5       Smoor                            E     potjiekos

                                                     F     Tartaarse biefstuk

                                                     G     bobotie

                                                     H     blindevinke
                                                                                       (5 x 1)        (5)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               6                             DBE/November 2015
                                               NSS

1.4      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die  woord/term  langs die    vraagnommer (1.4.1–1.4.9) in       die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1      Die besprekingstelsel gebruik om akkommodasie-besprekings by
                    enige hotel, wat by een groep geaffilieer is, te maak                            (1)

         1.4.2      'n Formele ete wat gewoonlik vir 'n groot aantal mense gehou word
                    om 'n spesifieke geleentheid te vier                                             (1)

         1.4.3      'n Bakteriese infeksie wat deur salmonella veroorsaak word                       (1)

         1.4.4      Om vleis vinnig oor hoë hitte te verbruin                                        (1)

         1.4.5      Gemaalde en gegeurde          lewersmeer    wat   saam      met    Melba-
                    roosterbrood bedien word                                                         (1)

         1.4.6      Vrugtepuree, met of sonder suikerstroop, saam met nagereg bedien                 (1)

         1.4.7      'n Spesiale trollie waarop vleisstukke, hoender of wildsvleis in porsies
                    gesny word                                                                       (1)

         1.4.8      'n Persoon wat sy/haar eie besigheid stig met nuwe en kreatiewe
                    idees                                                                            (1)

         1.4.9      Gereedskap wat tydens die afkrummelproses afwaarts beweeg word                   (2)

1.5      Kies TWEE korrekte beskrywings vir ELK van die volgende terme. Skryf
         slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.3) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.5.1       Rypmaak

         1.5.2       Ontdooi

         1.5.3       Regsny ('Trimming')

         A           'n Proses om te voorkom dat baie vog verloor word

         B           Verbetering van die voorkoms van die snit of vleisstuk

         C           Die proses waartydens spierproteïen as gevolg van ensiemwerking
                     afbreek

         D           Die buitenste laag van die vleis word taai en droog

         E           'n Temperatuur van –18 °C tot –45 °C word vereis

         F           Vleis wat in warm water of die son gelaat word

         G           'n Proses wat teen kamertemperatuur kan plaasvind

         H           Om kraakbeen en senings te verwyder                                             (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               7                    DBE/November 2015
                                               NSS

1.6      Kies VIER voedselitems in die lys hieronder wat vir 'n persoon wat aan hoë
         bloeddruk ly, geskik is. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer
         (1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          A         Laevet-vanieljejogurt
          B         Salami-toebroodjie
          C         Skelvis met kaassous
          D         Kitssjokoladepoeding
          E         Koljanderlensieslaai
          F         Bruinrys en vispaella
          G         Geroosterde hoenderfilet
          H         Rookmosselsop                                                            (4)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            8                               DBE/November 2015
                                            NSS

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Tydens 'n induksieprogram vir die voorkantoor is die volgende aspekte
          uitgelig:
          •   Lyftaal
          •   Houding

         2.1.1        Bespreek kortliks die       ideale      lyftaal   en    houding vir
                      voorkantoorpersoneel.                                         (2 x 3)         (6)

         2.1.2        Motiveer waarom eerste indrukke blywend is.                                   (2)

2.2      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          Suster, het jy al my
                          CD4-telling-toets-
                          resultate teruggekry?

                                     Ja. Jou CD4-telling is
                                     minder as 200.
                                     Mary, jy het vol
                                     ontwikkelde Vigs.

         2.2.1        Mary kan nie verhinder word om in 'n kombuisomgewing te werk
                      nie. Motiveer hierdie stelling.                                               (3)

         2.2.2        Bespreek die voorkomende maatreëls wat Mary moet tref wanneer
                      sy in 'n kombuisomgewing werk.                                                (3)

         2.2.3        Stel DRIE aktiwiteite voor waaraan Mary kan meedoen wat nie
                      ander mense by die werksplek sal beïnvloed nie.                               (3)

2.3      Verduidelik hoe die 'POS'-stelsel produktiwiteit in 'n restaurant kan verhoog.             (3)

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               20

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              9                            DBE/November 2015
                                              NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         3.1.1        Identifiseer die deel van die karkas wat hierbo geïllustreer word.           (1)

         3.1.2        Identifiseer die vleissnitte genommer 12, 13 en 15.                          (3)

         3.1.3        Motiveer waarom repies groente of vet in die vleissnit genommer
                      15 ingesteek moet word.                                                      (3)

         3.1.4        Jy wil 'n gestopte beesvleisrol berei. Beveel DRIE geskikte snitte in
                      die karkas hierbo aan wat jy kan gebruik.                                    (3)

3.2      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Jou onderwyser het die graad 12-leerders vir 'n interskolebakuitdaging
         ingeskryf. Jy kies om beignets as een van jou produkte te berei.

         3.2.1        Verduidelik aan die beoordelaars wat 'n beignet is.                          (2)

         3.2.2        Beskryf DRIE gehaltekenmerke waarna die beoordelaars sal oplet
                      wanneer hulle die beignets beoordeel.                                        (3)

         3.2.3        Verduidelik hoe jy oorskietbeignets sal bêre.                                (2)

         3.2.4        Stel DRIE ander voorbeelde van soet items voor wat uit die
                      oorskietmengsel wat gebruik is om die beignets te berei, gemaak
                      kan word.                                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             10                        DBE/November 2015
                                             NSS

3.3      Bestudeer die foto's hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         3.3.1        Identifiseer die preserveringsmetode hierbo.                              (1)

         3.3.2        Bespreek kortliks die proses hierbo.                                      (4)

3.4      Lees die paragraaf hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Steven berei tamatieblatjang wat hy as 'n entrepreneursprojek by die
         vlooimark gaan verkoop. Sy ouma, wat hom help, raai hom aan om nie die
         blatjang in yster- of koperpotte te kook nie.

         3.4.1        Motiveer waarom Steven nie yster- of koperpotte moet gebruik nie.         (1)

         3.4.2        Beveel TWEE geskikte soorte kookgereedskap en -toerusting aan
                      wat Steven moet gebruik wanneer die blatjang berei word.                  (2)

         3.4.3        Gee TWEE voorbeelde van preserveermiddels wat hy by
                      die blatjang kan voeg.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              11                           DBE/November 2015
                                              NSS

3.5      Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         3.5.1        Identifiseer die tegniek wat in die foto hierbo gebruik word.                (1)

         3.5.2        Verduidelik die eindresultaat indien die tegniek hierbo uitgelaat
                      word.                                                                        (2)

         3.5.3        Noem DRIE reëls om toe te pas wanneer die pasteideeg hierbo
                      berei word om 'n harde taai kors te voorkom.                                 (3)

3.6      Tydens 'n praktiese klas berei jy jogurtjellie. Gee 'n rede vir ELK van die
         volgende stappe:

         3.6.1        Hidreer gelatien in koue water.                                              (1)

         3.6.2        Dispergeer die gelatien oor warm water.                                      (1)

         3.6.3        Die gelatien moet nie kook nie.                                              (1)

         3.6.4        Die vorm moet met koue water uitgespoel word voordat die
                      jogurtjellie daarin gegooi word.                                             (1)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               12                           DBE/November 2015
                                               NSS

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                               SPYSKAART
                                                AANDETE

                                            Mulligatawnysop
                                             Broodrolletjies
                                                  ******
                                Geroosterde Stokvis met Keker-ertjie-slaai
                                                  ******
                                Varkmedaljonne met Koljandervryfmiddel,
                                 Aartappelwiggies en Geroomde Spinasie
                                                 ********
                                          Rooiwynvrugtejellie

                                            28 November 2015

         4.1.1        Noem die voedingswaarde van die keker-ertjies.                                  (2)

         4.1.2        Gee TWEE voorbeelde van bone wat die keker-ertjies in die slaai
                      hierbo kan vervang.                                                             (2)

         4.1.3        Verduidelik waarom die water waarin die bone geweek word,
                      twee keer tydens die weekproses vervang moet word.                              (1)

         4.1.4        Motiveer waarom die sjef die kelners op die hoogte moet bring
                      oor die gebruik van makadamianeutolie in die bereiding van
                      die geregte.                                                                    (3)

         4.1.5        Klassifiseer die vrugtejellie.                                                  (1)

         4.1.6        Vervang die geroosterde stokvis met TWEE geregte wat vir
                      'n laktovegetariër-gas geskik is.                                               (2)

         4.1.7        Evalueer die       geskiktheid    van    die   spyskaart    hierbo     vir
                      'n Hindoe-gas.                                                                  (4)

4.2      Gee EEN rede vir ELK van die volgende riglyne wanneer spyskaarte
         beplan word:

         4.2.1        Toerusting en perseel beskikbaar                                                (1)

         4.2.2        Hoeveelheid tyd nodig om die etes te berei                                      (1)

         4.2.3        Vaardighede van die sjefs                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             13                          DBE/November 2015
                                             NSS

4.3      Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           Appelcharlotte

         4.3.1        Klassifiseer die nagereg hierbo.                                            (1)

         4.3.2        Beskryf TWEE        gehaltekenmerke   van    die   appelvulsel   van
                      die nagereg.                                                                (2)

         4.3.3        Stel TWEE geskikte bykomstighede vir die nagereg voor, behalwe
                      die vla in die foto.                                                        (2)

         4.3.4        Verduidelik DRIE aspekte wat in ag geneem moet word wanneer
                      die nagereg op die bord oorgeplaas word.                                    (3)

4.4      Die volgende koste is deur die Bon Appetite spyseniersmaatskappy
         aangegaan om 'n spyskaart vir 50 gaste te berei:

         Koste van voedsel: R2 550                 Arbeidskoste: R1 000
         Bokoste: R520                             Wins: 60%

         Bereken die volgende en toon AL die berekeninge en formules:

         4.4.1        Verkoopsprys van die spyskaart                                              (5)

         4.4.2        Bruto wins                                                                  (3)

         4.4.3        Koste per persoon                                                           (2)

4.5      Bestudeer die insident hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

         'n Klant by 'n restaurant bestel 'n 200 g-porsie lamstjops, maar in plaas
         daarvan ontvang hy 'n 300 g-porsie.

         Bepaal die gevolge van die praktyk hierbo.                                               (4)
                                                                                                  [40]
                                                                  TOTAAL AFDELING C:              80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                 14                    DBE/November 2015
                                                 NSS

AFDELING D:          SEKTORE EN LOOPBANE
                     VOEDSEL- EN DRANKDIENS
VRAAG 5

5.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Carlton Drukkery maak 'n bespreking vir 100 werknemers vir 'n vierdag-
         konferensie by die Black Bird Hotel. Hulle tarief is vir aandete, bed en ontbyt
         en sal 'n was- en strykdiens insluit.

         5.1.1        Identifiseer AL die inkomsteskeppende areas in die Black Bird
                      Hotel wat Carlton Drukkery gaan benut.                                    (4)
         5.1.2        Die nie-inkomsteskeppende areas by die Black Bird Hotel dra tot
                      die wins by.
                      Motiveer die stelling deur na         die   voorkantoor   en    die
                      instandhoudingsafdeling te verwys.                                        (4)
         5.1.3        Na jou mening, dink jy dat die Black Bird Hotel tot die plaaslike
                      ekonomie bydra? Motiveer jou antwoord.                                    (3)
5.2      Verduidelik die pligte van die volgende voorkantoorpersoneel by die Black
         Bird Hotel:
         5.2.1        Besprekingsbeampte                                                        (2)
         5.2.2        Portier                                                                   (2)
5.3      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Kleinsake-eienaar in jou gemeenskap het 'n Espresso Café-koffiewinkel
         oopgemaak. Dit is op die grondvloer van 'n winkelsentrum geleë en is binne
         loopafstand van die universiteitskampus.

         5.3.1        Bespreek die bemarkingsresep-aspekte wat tydens die beplanning
                      van die sakeonderneming in ag geneem moes word.         (3 x 2)           (6)
         5.3.2        Bespreek die soort inligting wat by die volgende gedeeltes van die
                      sakeplan ingesluit moet word:
                      (a)       Bedryfsplan                                                     (3)
                      (b)       Bemarkingsplan                                                  (2)
5.4      Identifiseer die poste wat beskryf word deur die volgende rolle of
         verantwoordelikhede van personeel wat by die Protea Hotel werk:
         5.4.1        Betaal personeelsalarisse                                                 (1)
         5.4.2        Beheer die beweging van bates                                             (1)
         5.4.3        Stel indiensnemingskontrakte op                                           (1)
         5.4.4        Organiseer promosies en spesiale geleenthede                              (1)
                                                                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              15                            DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 6

6.1      Bestudeer die spyskaart hieronder.

                                    GOURMET-ETE
                                    By die Romantiese Restaurant

           R450 per persoon: Verwelkomingskemerkelkie en Kanapees gevolg deur Ete
           Datum: 27 Desember 2015
           Tyd:   19:00

                               SPYSKAART

                 Salm-, Steurgarnaal- en Mosselbisk met
                         Suurlemoenpeperpêrels
                              Schubert Shiraz

                               Lemoensorbet

                     Geroosterde Porterhouse-biefstuk
                             Uie-Tarte Tatin
                            Knolseldery-puree                             ROMANTIESE
                             Groenboontjies                                 WYNE
                             Wagner Red Blend

                              Nageregtrio:
                           Kersiesponspoeding                              SCHUBERT SHIRAZ
                                                                           OORSPRONG VAN WYN
                          Mascarpone-mousse
                                                                                 PAARL
                       Glühwein-roomys en Bessies                             SUID-AFRIKA
                             Chopin Hanepoot

                                   Koffie

         6.1.1         Identifiseer die tipe plekdekking vir die         spyskaart hierbo.
                        Motiveer jou antwoord.                                                       (3)
         6.1.2         Regverdig die plasing van die sorbet op die spyskaart.                        (1)
         6.1.3         Beskryf die volgende terme:
                       (a)    Kanapees                                                               (2)
                       (b)    Mousse                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             16                            DBE/November 2015
                                             NSS

         6.1.4        Kanapees moet op 'n aantreklike en aptytwekkende manier op die
                      buffettafel aangebied word. Bespreek hoe dit bereik kan word.             (4)

         6.1.5        Die wynetiket is nie volledig nie. Identifiseer TWEE brokkies
                      inligting wat op die wynetiket ontbreek.                                  (2)

         6.1.6        Beveel die beste temperatuur aan waarteen Shiraz bedien
                      moet word.                                                                (1)

         6.1.7        Evalueer die geskiktheid van die wyn vir elke gang.                       (6)

         6.1.8        Onderskei tussen die bedien van die wyn en die skemerkelkies by
                      die funksie deur te verwys na die gebruik van skinkborde en die
                      volgorde waarin gaste bedien moet word.

                      Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                            BEDIEN VAN              BEDIEN VAN
                                               WYN                SKEMERKELKIES
                       Gebruik van
                       skinkborde
                       Volgorde                                                                 (4)

6.2      'n Gas bestel 'n 'built' skemerkelkie. Verduidelik hoe die kroegman die
         skemerkelkie moet 'bou'.                                                               (2)

6.3      Nadat die gaste die skemerkelkies en kanapees geniet het, is hulle vir ete na
         die eetkamer genooi. Een van die gaste het 'n besering opgedoen.

         Stel voor hoe die hotelpersoneel hierdie noodtoestand moet hanteer.                    (3)
                                                                                                [30]

                                                                TOTAAL AFDELING D:              60
                                                                    GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2015-eng/50eb45f2-54b6-4936-a184-26420af60788) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2015-memo-afr/ee93449d-6e2f-4f07-8175-3df14522b317) — Hospitality Studies · Memo · 2015 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2015-memo-eng/18c4e779-16af-42fb-9704-cbefee8c5cba) — Hospitality Studies · Memo · 2015 · Eng
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2015-eng/ec04b525-e9f4-41d0-8dab-c4deca0ea59a) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Eng
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2015-afr/a45245b6-c7ff-45c5-8c07-0a7af94fd217) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Afr
- [Hospitality Studies Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2015-eng/a09749d2-d320-4d9c-8396-f8e308219d03) — Hospitality Studies · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
