# Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2017-afr/7fb85b62-2351-4432-816f-fad7808c4e37
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2017-afr/7fb85b62-2351-4432-816f-fad7808c4e37)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRADE 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

SENIOR CERTIFICATE

                                    GRAAD 12

                              GASVRYHEIDSTUDIES

                                  NOVEMBER 2017

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                   DBE/November 2017
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                       (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit                (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                              (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                       (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              3                           DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         VOORBEELD:

         1.1.11       'n Goeie bron van vitamien C is …

                      A    melk.
                      B    vleis.
                      C    brood.
                      D    lemoene.

         ANTWOORD: 1.1.11 D

         1.1.1        MIV word deur … oorgedra.

                      A    kraanwater
                      B    borsmelk
                      C    hotelvoedsel
                      D    voedselbymiddels                                                        (1)

         1.1.2        Yorkshire poeding       is    'n   tradisionele   bykomstigheid     vir
                      geroosterde ...

                      A   skaapvleis.
                      B   hoender.
                      C   beesvleis.
                      D   varkvleis.                                                               (1)

         1.1.3        EEN van die volgende is 'n simptoom van gastroënteritis:

                      A   Braking en dehidrasie
                      B   Aanhoudende gehoes
                      C   Geel oë en vel
                      D   Sproei op die tong                                                       (1)

         1.1.4        'n Gaarmaakmetode wat vir 'n gemarmerde, beenlose beessnit
                      (skof) geskik is:

                      A    Potbraai
                      B    Stowe
                      C    Rooster
                      D    Droogbraai                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                4                       DBE/November 2017
                                                NSS

         1.1.5        Geroosterde vleis is mediumgaar wanneer die vleis … in die
                      middel is.

                      A    helderrooi
                      B    roospienk tot rooi
                      C    effens pienk
                      D    baie rooi en rou                                                      (1)

         1.1.6        … moet deur 'n persoon met hoë cholesterol vermy word.

                      A    Vars vrugteslaai
                      B    Geroosterde tongvis met vinkel
                      C    Broccoliroomsop
                      D    Gestoomde stokvisfilette                                              (1)

         1.1.7        Die term wat droë vonkelwyn beskryf:

                      A    Brut
                      B    Sec
                      C    Demi-sec
                      D    Doux                                                                  (1)

         1.1.8        Getekstureerde plantproteïene wat as 'n plaasvervanger vir vleis
                      gebruik word:

                      A    Neute
                      B    Lensies
                      C    Soja
                      D    Peulgroente                                                           (1)

         1.1.9        'n Klein, bootvormige tertdoppie van broskors gemaak:

                      A    Barquette
                      B    Bouchée
                      C    Mille-feuille
                      D    Vol-au-vent                                                           (1)

         1.1.10       'n Italiaanse meringue bestaan uit ...

                      A    suiker en eiers wat saamgeklits word tot 'n skuim
                      B    meel wat by eiers ingevou word
                      C    suiker wat stadig bygevoeg word terwyl die eiers geklits word.
                      D    eierwit en suikerstroop wat tot 'n skuim geklits word                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                          5                            DBE/November 2017
                                          NSS

1.2      PASITEMS

         Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die tegnieke vir vleis in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                  KOLOM A                                 KOLOM B
              TEGNIEKE VIR VLEIS                       BESKRYWING
         1.2.1 Bardering                  A     bedek 'n vleissnit met gegeurde
                                                meel, eiermengsel en krummels
         1.2.2 Afranding
                                          B     skep gesmelte vet of vleissap oor
         1.2.3 Lardering                        vleis terwyl dit in die oond braai

         1.2.4 Opstop                     C     maak die vleis netjies deur oortollige
                                                vet en senings te verwyder
         1.2.5 Bedruiping
                                          D     bedek 'n stuk vleis met dun repies
                                                vet of spekvleis

                                          E     laat vleis vir 'n sekere tyd in 'n
                                                gegeurde vloeistofmengsel lê

                                          F     vul die holtes van vleisstukke met 'n
                                                fyn vleismengsel

                                          G     steek stukkies spekvleis of vet in
                                                vleisstukke om vog by te voeg

                                          H     verbruining van vleis oor hoë hitte as
                                                voorbereiding vir potbraai
                                                                              (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                          6                          DBE/November 2017
                                          NSS

1.3      PASITEMS

         Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die bemarkingsresep in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                   KOLOM A                                 KOLOM B
              BEMARKINGSRESEP                           BESKRYWING
         1.3.1 Verpakking                   A     perseel waar die produk of diens
                                                  beskikbaar is
         1.3.2 Promosie
                                            B     maak seker jou produk verskil van
         1.3.3 Plek                               dié wat deur mededingers verkoop
                                                  word
         1.3.4 Prys
                                            C     'n groep wat mees waarskynlik die
         1.3.5 Persone                            produk of diens sal koop

                                            D     ondersteuning en samewerking van
                                                  al die mense wat by die plan
                                                  betrokke is

                                            E     die bedrag wat die kliënt bereid is
                                                  om vir die produk of diens te betaal

                                            F     maak kliënte bewus van spesiale
                                                  pakkette of afslag wat op sekere
                                                  dae beskikbaar is

                                            G     die uitruil van goedere en dienste
                                                  vir geld

                                            H     maak seker dat kliënte se
                                                  behoeftes in alle opsigte bevredig
                                                  word
                                                                                (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              7                          DBE/November 2017
                                              NSS

1.4      EENWOORDITEMS

         Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.10) in die ANTWOORDE-
         BOEK neer.

         1.4.1       Die geel bindweefsel wat in vleis voorkom

         1.4.2       Tuisgemaakte maaltye wat daagliks berei en afgelewer word vir
                     mense wat nie vir hulleself kan kook nie

         1.4.3       'n Seewierekstrak wat in 'n jellie stol wanneer dit in water opgelos
                     word

         1.4.4       Rou groente wat in klein porsies of repies gesny word en met 'n
                     doopsous bedien word

         1.4.5       'n Tradisionele sous, saam met oondgebraaide vark bedien

         1.4.6       'n Voedseloordraagbare siekte wat inflammasie van die lewer
                     veroorsaak en 'n geel vel en oogkleur tot gevolg het

         1.4.7       Sagte, wasagtige stof wat in aarwande kan agterbly, bloedvloei
                     verminder en hartaanvalle veroorsaak

         1.4.8       Die tipe vegetariër wat slegs neute, sade, grane en vrugte van plante
                     eet sonder om die plant dood te maak

         1.4.9       Crêpes in 'n lemoensous, met brandewyn of likeur gevlam

         1.4.10 Preserveringsmetode waar alle mikro-organismes deur verlengde
                verhitting by 'n temperatuur bo kookpunt vernietig word (10 x 1)                  (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                 8                           DBE/November 2017
                                                 NSS

1.5      KEUSE-ITEMS

         1.5.1       Identifiseer VIER bestanddele in die lys hieronder wat gebruik word
                     om sitrussmeer te berei.

                     A       Asyn
                     B       Eiers
                     C       Vanielje
                     D       Suiker
                     E       Lemmetjies
                     F       Sultanas
                     G       Gelatien
                     H       Botter                                                                     (4)

         1.5.2       Identifiseer TWEE bestanddele in die lys hieronder wat die
                     skuimvormingsvermoë van eierwitte negatief beïnvloed wanneer
                     meringue gemaak word.

                     A       Suurlemoensap
                     B       Eiergeel
                     C       Kremetart
                     D       Sonneblomolie                                                              (2)

1.6      EENWOORDITEMS

         Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
         woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
         vraagnommer (1.6.1–1.6.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

             bordbediening;         Russies;     buffet;   gueridon;     silwer;      familie

         1.6.1           Die gebruik van 'n lepel en vurk om die voedsel aan die gas te
                         bedien                                                                         (1)

         1.6.2           Voedsel word berei en vanaf 'n trollie bedien                                  (1)

         1.6.3           Warm en koue disse word op 'n sentrale tafel uitgestal, gaste kies
                         hulle eie voedsel terwyl hulle om die tafel beweeg                             (1)

         1.6.4           Voedsel word in die kombuis op individuele borde geskep en aan
                         gaste bedien                                                                   (1)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                  40

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            9                             DBE/November 2017
                                            NSS

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          UITBREEK VAN CHOLERA IN SUID-AFRIKA
         Meer as 15 000 mense langs die Suid-Afrikaanse ooskus is met cholera
         besmet. Die begin van die somerreën en oorstromings saam met die jaarlikse
         vakansieseisoenmigrasie na landelike gebiede en 'n toename in die verkoop
         van straatkos aan besoekers, het die probleem vererger.
         Dit is 'n tipiese is Suid-Afrikaanse uitbreking waar daar groot getalle informele
         kosstalletjies en mense is wat in swak higiëniese omstandighede woon. Meer
         as 450 mense is tans in die hospitaal met die siekte aangesien cholera vinnig
         tot die dood kan lei as dit nie behandel word nie.
                                         [Aangepas uit The National Health Research Database]

         2.1.1        Noem DRIE simptome van cholera.                                              (3)
         2.1.2        Verduidelik waarom mense in Suid-Afrika die gevaar loop om
                      cholera op te doen.                                                          (2)
         2.1.3        Bespreek hoe die oordrag van cholera by kosstalletjies voorkom
                      kan word.                                                                    (3)
         2.1.4        Motiveer waarom cholera tot die dood kan lei indien dit nie
                      behandel word nie.                                                           (2)
2.2      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          'n Portier by 'n hotel rapporteer onmiddellik aan die ontvangspersoneel
                     'n handsak en sambreel wat 'n gas agtergelaat het.
         2.2.1        Identifiseer TWEE aspekte van professionele werksetiek wat die
                      portier in die scenario getoon het. Motiveer ELKE aspek.                     (4)
         2.2.2        Verduidelik hoe die voorkantoorafdeling 'n rekenaar gebruik
                      wanneer gaste in- en uitgeteken word.                                        (3)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                          10                          DBE/November 2017
                                          NSS

2.3      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Hotel A is in die middestad van Johannesburg geleë terwyl Hotel B aan die
         buitewyke van Johannesburg, meer in die landelike gebied, geleë is. In 'n
         meningsopname deur 'n koerant het mense Hotel A bo Hotel B verkies.
         Volgens die mense se terugvoering het hulle voorkeur niks met ligging te
         doen gehad nie, maar eerder met uitmuntende dienslewering deur die
         personeel.

         Motiveer waarom die mense die diens by Hotel A verkies het.                          (3)

                                                             TOTAAL AFDELING B:               20

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                 11                             DBE/November 2017
                                                 NSS

AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
            VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                             Hors d'oeuvres
            Groente Chinese ('spring rolls') rolletjies met soetsuursous                 R35
            Vol-au-vents met garnaal-en-sampioenvulsel                                   R55
            Buffalo wings                                                                R45
            Fillomandjies met gerookte forel en pikante slaai                            R50

                                                    Sop
            Hoenderconsommé                                                              R 35
            Lensiesop                                                                    R 40
            Sampioenroomsop                                                              R 40

                                Plat du jour (Gereg van die dag)/Hoofgereg
            Bief Stroganoff                                                              R 85
            Meksikaanse bonekasserol (geurige bredie van nierboontjies,
            knoffel, rissies, tamaties en soetrissies)                                   R 75
            * Beide geregte hierbo word met basmatirys en 'n groenslaai bedien

                                          Roostergeregte
            Saratoga-tjops                                                               R100
            Porterhouse-biefstuk met sampioenroomsous                                    R110
            Hoender suprême                                                              R 90
            Tournedos met roomsous                                                       R120
            * Al die geregte hierbo word saam met gebakte aartappel en oondgebraaide
            groente bedien

                                             Nageregte
            Sjokolademousse                                                              R 40
            Baklava                                                                      R 45
            Tropiese vrugtebombe                                                         R 50
            Geposjeerde peer in rooi druiwesap                                           R 40

         3.1.1        Definieer die term hors d'oeuvres.                                                (2)

         3.1.2        Identifiseer TWEE proteïenryke peulgroente uit die geregte in die
                      spyskaart hierbo.                                                                 (2)

         3.1.3        Evalueer die geskiktheid van die spyskaart hierbo vir 'n banket.                  (4)

3.2      Gebruik die geregte in die spyskaart hierbo en stel 'n formele VIERgang-
         dinee-spyskaart vir 'n streng vegetariër (veganis) op.

         Hou al die reëls vir die opstel van 'n spyskaart in gedagte en skryf die
         spyskaart netjies en in die korrekte formaat.                                                  (10)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            12                           DBE/November 2017
                                            NSS

3.3      Kies die geskikste nagereg vir Joodse gaste en gee 'n rede vir die antwoord.            (2)

3.4      Beantwoord die volgende vrae.

         3.4.1        Kies TWEE vleissnitte in die spyskaart en dui aan waar ELKE snit
                      in die beeskarkas voorkom. Noem EEN gaarmaakmetode vir ELKE
                      biefstuk. Tabuleer die antwoord soos volg:

                          NAAM VAN         NAAM VAN SNIT       GAARMAAKMETODE
                          BIEFSTUK           IN KARKAS

                                                                                                 (6)

         3.4.2        Motiveer waarom die restaurant rypgemaakte biefstuk moet
                      gebruik.                                                                   (2)

3.5      Verwys na die spyskaart en identifiseer die disse hieronder getoon.

                           3.5.1                                  3.5.2                          (2)

3.6      Beantwoord die volgende vrae.

         3.6.1        Noem DRIE aspekte wat deel uitmaak van die werklike koste van
                      die verkoopprys van die geregte in die spyskaart in VRAAG 3.1.             (3)

         3.6.2        Bereken die totale koste van die bief Stroganoff indien die netto
                      wins R20 is. Toon ALLE berekeninge.                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           13                        DBE/November 2017
                                           NSS

3.7      Bestudeer die foto van biltong hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         3.7.1        Identifiseer die preserveermetode wat vir die biltong hierbo
                      gebruik is.                                                             (1)

         3.7.2        Noem die natuurlike preserveermiddel wat bygevoeg is om die
                      produk te help preserveer.                                              (1)

         3.7.3        Verduidelik hoe die preserveermetode in VRAAG 3.7.2 die
                      rakleeftyd van die voedsel kan verleng.                                 (2)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               14                           DBE/November 2017
                                               NSS

VRAAG 4
4.1      Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        Vrugtetertjie                            Omvoutertjie

                     Chouxdeegproduk                               Croissant
         4.1.1        Identifiseer die deeg wat vir die vrugtetertjie hierbo gebruik is.             (1)
         4.1.2        Noem VIER kwaliteitseienskappe            van    die   deeg    wat     in
                      VRAAG 4.1.1 geïdentifiseer is.                                                 (4)
         4.1.3        Verduidelik waarom dit belangrik is om die vrugtetertdoppie blind te
                      bak voordat dit met die crème pâtissière (bakkersvla) gevul word.              (3)
         4.1.4        Voorspel wat sal gebeur indien die crème pâtissière (bakkersvla)
                      nie behoorlik gekook is nie. Motiveer die antwoord.                            (2)
         4.1.5        Identifiseer die deegproduk hierbo wat verglans moet word voordat              (1)
                      dit gebak word.
         4.1.6        Noem TWEE soet vulsels vir die omvoutertjies hierbo.                           (2)
4.2      Beantwoord die volgende vrae oor chouxdeeg.
         4.2.1        Noem 'n chouxdeegproduk hierbo.                                                (1)
         4.2.2        Identifiseer die rysmiddel wat in die chouxdeegproduk gebruik is.              (1)
         4.2.3        Beskryf DRIE kwaliteitseienskappe van die chouxdeegproduk.                     (3)
         4.2.4        Gee EEN rede vir ELK van                   die    volgende     wanneer
                      chouxdeegprodukte voorberei word:
                      (a)   Moenie die water en smeer te lank kook nie.                              (2)
                      (b)   Bak vir 'n kort rukkie by 'n hoë temperatuur.                            (2)
                      (c)   Verlaag die temperatuur na 'n paar minute.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              15                                DBE/November 2017
                                              NSS

4.3      Bestudeer die lys geregte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Vrugtekebabs
         Gevulde eiers
         Kaasrissole
         Eiervrugpoffertjies
         Geroosterdevark-brochette
         Vis-goujonnette
         Hoenderlewertjies in spek toegedraai
         Gekrummelde sampioene

         4.3.1        Noem die tipe funksie waar die geregte hierbo bedien kan word.                    (1)

         4.3.2        Bespreek kortliks VIER riglyne om in ag te neem wanneer voedsel
                      vir die funksie hierbo berei word.                                                (4)

         4.3.3        Identifiseer TWEE      geregte     wat   'n   allergiese     reaksie   kan
                      veroorsaak.                                                                       (2)

4.4      Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                             Vrugtejellie

         4.4.1        Klassifiseer die nagereg hierbo.                                                  (1)

         4.4.2        Verduidelik hoe die volgende bestanddele jelvorming in die
                      nagereg hierbo sal beïnvloed:

                      (a)   Te veel suiker                                                              (2)

                      (b)   Te veel suur                                                                (2)

                      (c)   Rou pynappel                                                                (2)

4.5      Onderskei tussen die bestanddele wat gebruik word om 'n sherbet en 'n
         sorbet te maak.                                                                                (2)
                                                                                                        [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:                  80

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                16                       DBE/November 2017
                                                NSS

AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
            VOEDSEL EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           Mayfair Hotel
                                           Privaateienaar: K Naidoo

                 Trots Suid-Afrikaans, dra by tot die BBP, voldoen ten volle aan
                     SEB-vereistes en streef na uitstekende dienslewering

           Smitstraat 28                e-pos: mayfair@xnet.com       Tel: 021 488 2888
           Middestad                    www.mayfairhotel.co.za
           Kaapstad
           8000
           36 lugverkoelde kamers
           Alle kamers en suite
           Konferensiegeriewe
           Restaurant en kroeg
           Pragtige uitsig
           Swembad
           Salon en spa
           24-uur-ontvangs
           Straatparkering
           Gratis DStv en Wi-Fi

         5.1.1        Noem die aanvullende posisie in die hotel wat vir ELK van die
                      volgende verantwoordelik is:

                      (a)   Parkering                                                            (1)

                      (b)   Opgradering van webtuiste                                            (1)

                      (c)   Balansering en voorbereiding van gaste se rekeninge vir die
                            volgende oggend se uitteken                                          (1)

         5.1.2        Noem EEN gebied wat NIE in die advertensie genoem word NIE,
                      wat beide inkomste- en nie-inkomstegenererend in hierdie hotel
                      kan wees. Motiveer die antwoord.                                           (3)

         5.1.3        Identifiseer TWEE nie-inkomstegenererende geriewe in hierdie
                      hotel.                                                                     (2)

5.2      Beantwoord die volgende vrae oor BBP.

         5.2.1        Waarvoor staan die afkorting BBP?                                          (1)

         5.2.2        Verduidelik hoe die hotel in die advertensie hierbo tot die BBP van
                      die Suid-Afrikaanse ekonomie bydra.                                        (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             17                          DBE/November 2017
                                             NSS

5.3      Identifiseer die inligting in die advertensie wat in 'n besigheidsplan onder die
         volgende opskrif sal verskyn:

         Besigheidsbeskrywing                                                                    (4)

5.4      Evalueer die geskrewe inligting in die advertensie.                                     (4)

5.5      Beantwoord die volgende vrae oor bemarking.

         5.5.1        Identifiseer 'n elektroniese bemarkingsinstrument wat die Mayfair-
                      hotel gebruik.                                                             (1)

         5.5.2        Bespreek TWEE voordele van die elektroniese bemarkings-
                      instrument in VRAAG 5.5.1.                                                 (2)

5.6      Beantwoord die volgende vrae oor advertensies.

         5.6.1        Identifiseer DRIE bedreigings ('threats') in die advertensie wat die
                      Mayfair-hotel kan ondervind.                                               (3)

         5.6.2        Noem DRIE geleenthede, buiten dié wat in die advertensie
                      genoem is, waarmee die Mayfair-hotel inkomste kan genereer.                (3)

5.7      Bespreek die rol van die instandhoudingsdepartement in die hotel.                       (2)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              18                          DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 6

6.1      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            Pinotage

         6.1.1        Gee die volledige klassifikasie van die wyn in die prent hierbo.             (2)

         6.1.2        Bespreek die betekenis van die etiket om die bottel se nek.                  (2)

         6.1.3        Beveel die geskikste bedieningstemperatuur vir Pinotage aan.                 (1)

         6.1.4        Lewer kommentaar op die vlak waartoe die glas gevul is.                      (2)

         6.1.5        Beveel TWEE proteïengeregte aan wat die wyn hierbo sal
                      komplementeer.                                                               (2)

6.2.     Noem DRIE groepe mense wat NIE 'n dranklisensie mag kry NIE.                              (3)

6.3      Onderskei tussen die skud en roer van 'n skemerkelkie deur na die toerusting
         en metode te verwys. Tabuleer die antwoord soos volg:

                                               SKUD                       ROER
           TOERUSTING
           METODE                                                                                  (4)

6.4.     Verduidelik die afkrummelproses.                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               19                        DBE/November 2017
                                               NSS

6.5      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         6.5.1        Identifiseer die toerusting in die prent hierbo.                        (1)

         6.5.2        Gee die funksie van hierdie toerusting.                                 (1)

6.6      Bestudeer die foto van 'n venue vir 'n formele funksie hieronder en
         beantwoord die vrae wat volg.

         6.6.1        Evalueer die geskiktheid van die tafelversierings en rangskikkings.     (4)

         6.6.2        Met die bediening van die hoofgereg het 'n gas 'n goedgaar
                      biefstuk in plaas van 'n halfgaar ('rare') een ontvang. Verduidelik
                      hoe die situasie reggestel moet word.                                   (4)
                                                                                              [30]
                                                                    TOTAAL AFDELING D:        60
                                                                        GROOTTOTAAL:          200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2017-eng/f0b71efd-d357-4cd3-bf15-0faa74f1bfbf) — Hospitality Studies · QP · 2017 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2017-memo-eng-1/7fc6b7e0-e04c-4a71-be2c-108797a55db0) — Hospitality Studies · Memo · 2017 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2017-memo-afr/0caa50fc-76c1-429c-9bfd-bd3383e6f85b) — Hospitality Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2017-memo-afr-1/795a8320-2115-401b-9868-cdaa4348154f) — Hospitality Studies · Memo · 2017 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2017-memo-eng/a304f7af-c1d1-450e-bfcb-c9089bfc80c2) — Hospitality Studies · Memo · 2017 · Eng
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/9e7d85b6-b2f4-4492-a626-06f86191d957) — Hospitality Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
