# Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2018-afr/b5cf4304-a111-4e3a-b7c1-4d1d658c7987
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2018-afr/b5cf4304-a111-4e3a-b7c1-4d1d658c7987)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              GASVRYHEIDSTUDIES

                                  NOVEMBER 2018

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                    DBE/November 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit         (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                       (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              3                         DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         VOORBEELD:

         1.1.11       'n Goeie bron van vitamien C is …

                      A    melk.
                      B    vleis.
                      C    brood.
                      D    lemoene.

         ANTWOORD:

         1.1.11       D

         1.1.1        Die inkubasietydperk van hepatitis A is ... dae.

                      A    2 tot 4
                      B    4 tot 9
                      C    10 tot 14
                      D    15 tot 45                                                            (1)

         1.1.2        'n Geskikte bykomstigheid vir oondgebraaide wildsvleis bedien met
                      fyngemaakte patats is ...-sous.

                      A    appel
                      B    rooikorent
                      C    kruisement
                      D    madeira                                                              (1)

         1.1.3        Suikerstroop en eierwit word tydens die voorbereiding van ...
                      meringue tot die stywepuntstadium saamgeklits.

                      A    Sweedse
                      B    Italiaanse
                      C    Franse
                      D    Switserse                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              4                           DBE/November 2018
                                              NSS

         1.1.4        'n ... is 'n tradisionele Afrikaanse gebak wat gemaak word met
                      deeg wat gevleg en diepgebraai is.

                      A     Churro
                      B     Fritter
                      C     Koeksister
                      D     Beignet                                                               (1)

         1.1.5        Rissoles is ...

                      A     gesoteerde maalvleisballetjies.
                      B     diepgebraaide hoenderbrokkies.
                      C     hoenderlewer met spek toegedraai.
                      D     maalveis wat om 'n stokkie gevorm is.                                 (1)

         1.1.6        'n Godsdiensgroep wat slegs kosjer-voedsel inneem:

                      A     Hindoes
                      B     Jode
                      C     Moslems
                      D     Boeddhiste                                                            (1)

         1.1.7        Wanneer piekeluitjies berei word, word ..., sout en speserye
                      gebruik om die produk te preserveer.

                      A     bruinasyn
                      B     suurlemoensap
                      C     salisielsuur
                      D     bensoësuur                                                            (1)

         1.1.8        Die soort bedieningstyl waar 'n kelner 'n lepel en vurk gebruik om
                      vleis en groente op 'n gas se bord te skep:

                      A     Buffet
                      B     Bordbediening
                      C     Gueridon
                      D     Silwerdiens                                                           (1)

         1.1.9        Die posisie van die witwynglas is 2,5 cm vanaf die rand van die ...

                      A     hoofgeregmes.
                      B     entreémes.
                      C     hoofgeregvurk.
                      D     entreévurk.                                                           (1)

         1.1.10       Wanneer 'n klein brand by 'n tafel in 'n restaurant uitbreek,
                      moet … word.

                      A     al die deure en vensters oopgemaak
                      B     die vlamme met 'n diendoek gesmoor
                      C     'n brandblusser gebruik
                      D     die restaurant ontruim                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                       5                        DBE/November 2018
                                       NSS

1.2      PASITEMS

         Kies die tegniek uit KOLOM B wat by die prentjie in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.5 H.

                         KOLOM A                           KOLOM B
                        PRENTJIES                   NAAM VAN TEGNIEK
         1.2.1                                   A bardering

                                                 B lardering

                                                 C marinering

                                                 D ontbening

                                                 E vulsel
         1.2.2
                                                 F sous

                                                 G vermalsing

         1.2.3

         1.2.4

                                                                              (4 x 1) (4)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                6                           DBE/November 2018
                                                NSS

1.3      EENWOORDITEMS
         Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
         1.3.1       Die bestuurder in beheer van dissiplinêre aksies en die evaluering
                     van prestasie in die werkplek
         1.3.2       Uitgawes wat verband hou met die suksesvolle bedryf van 'n
                     besigheid, bv. water en elektrisiteit
         1.3.3       Baie dun pannekoek bedien met 'n lemoensous wat tydens bediening
                     flambé word
         1.3.4       Onvolledige dierlike proteïen wat gebruik word om gelatien te
                     vervaardig
         1.3.5       Geel bindweefsel wat in vleis gevind word
         1.3.6       'n Suid-Afrikaanse atjarsmeer van wortels, kool, uie, soetrissie, rissies
                     en kerrie gemaak
         1.3.7       'n Papierdun deeg wat gebruik word om baklava te maak
         1.3.8       Borsel deegprodukte met eier om dit 'n blink, goudbruin oppervlak te
                     gee
         1.3.9       Die soort bemarkingshulpmiddel wat internet en e-posse insluit
         1.3.10 Minimum ouderdom waarop alkohol aan 'n persoon in 'n restaurant
                bedien mag word.                                                                     (10)
1.4      KEUSE
         1.4.1         Identifiseer VIER bestanddele in die lys hieronder wat nodig is vir
                       suksesvolle chouxdeegprodukte. Skryf slegs die letters (A–H)
                       langs die vraagnommer (1.4.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.
                       A     Botter
                       B     Melk
                       C     Eiers
                       D     Water
                       E     Suiker
                       F     Koekmeel
                       G     Bakpoeier
                       H     Suurlemoensap                                                           (4)
         1.4.2         Identifiseer DRIE redes in die lys hieronder waarom 'n tertkors
                       tydens die bakproses kan krimp. Skryf slegs die letters (A–E) langs
                       die vraagnommer (1.4.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.
                       A     Oormeng van die deeg
                       B     Gebruik te veel meelblom tydens die uitrol van die deeg
                       C     Verkeerde afmeet van bestanddele
                       D     Geen rus en verkoel van die deeg na elke stadium nie
                       E     Verrekking van die deeg tydens die uitrol daarvan                       (3)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               7                        DBE/November 2018
                                               NSS

         1.4.3        Identifiseer TWEE algemene reëls vir die meng van skemerkelkies.
                      Skryf slegs die letters (A–D) langs die vraagnommer (1.4.3) in die
                      ANTWOORDEBOEK neer.

                      A    Drankies met gas moenie geskud word nie.
                      B    Room en vrugtesap moenie geskud word nie.
                      C    Room en vrugtesap moet geskud word.
                      D    Drankies met gas moet geskud word.                                    (2)

         1.4.4        Kies TWEE terme wat verband hou met afmeting tydens die
                      bereiding van nie-alkoholiese mengeldrankies. Skryf slegs die
                      letters (A–E) langs die vraagnommer (1.4.4) in die
                      ANTWOORDEBOEK neer.

                      A    Omkeer ('Flip')
                      B    Sopie
                      C    Skeut
                      D    Vriesversier ('Frost')
                      E    Frappé                                                                (2)

1.5      PASITEMS

         Kies 'n bedieningsitem uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.6 I.

                            KOLOM A                                   KOLOM B
                         BESKRYWING                              BEDIENINGSITEM
         1.5.1 'n Spesiale trollie waarop vleisstukke in     A   'waiters' friend'
               porsiegroottes voorgesny word
                                                             B   kaphoedjie ('cloche')
         1.5.2 'n Warmwaterbad wat deel is van 'n
               opdientoonbank wat deur elektrisiteit of      C   dom ('dome')
               gas warm gehou word
                                                             D   voorsny-eenheid
         1.5.3 Apparaat wat met kerse of vlambare jel            ('carving unit')
               verhit word om voedsel warm te hou
                                                             E   tange
         1.5.4 Word gebruik om voedsel te bedek om te
               voorkom dat dit uitdroog                      F   konfoor/tessie
                                                                 ('chafing dish')
         1.5.5 Apparaat wat 'n kurktrekker, meslem en
               botteloopmaker insluit                        G opdienbord

                                                             H   warmwaterbad ('bain-
                                                                 marie')
                                                                                 (5 x 1)         (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              8                         DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                SJEFS: 'VOORKOM TB BETYDS!'
                                              Mense sterf daagliks weens tuberkulose.
                                              Die groot tragedie lê daarin dat TB genees
                                              kan word indien dit behoorlik bestuur
                                              word.
                                              Dit is egter presies die probleem. As jy TB
                                              betyds wil keer, moet jy vroegtydig optree.
                                              Jy moet ook besef dat mense wat die
                                              gevaar staan om TB op te doen, dikwels
                                              oningelig oor die tekens en simptome is.
                                              Persone met MIV, dwelmgebruikers en
                                              gesondheidsorgwerkers staan die grootste
                                              gevaar om besmet te word.

         2.1.1        Noem DRIE simptome van TB.                                                 (3)

         2.1.2        Dink jy dat sjefs wat TB onder lede het, toegelaat moet word om by
                      'n gasvryheidsinstansie te werk? Motiveer jou antwoord.                    (3)

         2.1.3        TB-geïnfekteerde sjefs is dikwels afwesig van die werk.

                      Bespreek die uitwerking wat dit op die Suid-Afrikaanse ekonomie
                      sal hê.                                                                    (3)

         2.1.4        Verduidelik waarom persone met MIV 'n hoë risiko het om TB op
                      te doen.                                                                   (2)

2.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Ayakha is die hoofkelner by die Dunamishotel. Sy moedig altyd
         waaksaamheid, spanwerk en 'n positiewe gesindheid onder haar kollegas
         aan. Al die personeellede is goed opgelei in die gebruik van rekenaars omdat
         die meeste aktiwiteite by hierdie hotel elektronies gedoen word.

         2.2.1        Verduidelik TWEE maniere waarop die veiligheidspersoneel
                      waaksaamheid by die hotel kan toon.                                        (2)

         2.2.2        Goeie spanwerk by enige gasvryheidsinstansie              sal    die
                      winsgewendheid daarvan beïnvloed.
                      Bespreek die stelling hierbo.                                              (3)

2.3      Beskryf hoe rekenaars sjefs met spyskaartbeplanning kan help.                           (4)

                                                                TOTAAL AFDELING B:               20
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                  9                            DBE/November 2018
                                                  NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1      Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Koekstruif is 'n gewilde feestelike nagereg wat berei word deur lae
         sponskoek, crème pâtissière, vrugte en vrugtejellie te gebruik.

         3.1.1        Klassifiseer die nagereg hierbo.                                                    (1)
         3.1.2        Onderskei tussen 'n crème pâtissière en 'n crème brûlée met
                      verwysing na die bestanddele en die bereidingsmetode. Tabuleer
                      jou antwoord soos volg:

                                              CRÈME PÂTISSIÈRE             CRÈME BRÛLÉE
           BESTANDDELE
           BEREIDINGSMETODE                                                                               (4)
3.2      Die items hieronder kan gebruik word om koekstruif te versier:

                            tuilles;   spinsuiker;      sjokoladekrulle;   pralien

         3.2.1        Beskryf die term tuilles.                                                           (2)
         3.2.2        Voorspel die eindresultaat van die volgende tegnieke:
                      (a)      Temper sjokolade wanneer sjokoladekrulle gemaak word                       (2)
                      (b)      Kook die suiker tot die verlangde stadium wanneer spinsuiker
                               gemaak word                                                                (2)
         3.2.3        Kies 'n item uit die lys in VRAAG 3.2 wat NIE geskik is vir 'n
                      persoon wat vir neute allergies is NIE.                                             (1)
         3.2.4        Verduidelik die reaksie van 'n persoon met 'n neutallergie as hy/sy
                      die item eet wat in VRAAG 3.2.3 gekies is.                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              10                          DBE/November 2018
                                              NSS

3.3      Bespreek die geskiktheid van die koekstruif vir 'n persoon met diabetes.                     (3)

3.4      Beantwoord die vrae wat volg.

         3.4.1        Beskryf die eerste proses wat gevolg moet word wanneer
                      gelatienpoeier gebruik word om die vrugtejellie vir die koekstruif te
                      maak.                                                                           (3)

         3.4.2        Waarmee sal jy die gelatien in die vrugtejellie vervang om dit vir
                      vegetariërs geskik te maak?                                                     (1)

         3.4.3        Hoeveel gelatienpoeier moet gebruik word indien die resep twee
                      velle gelatien vereis? Motiveer jou antwoord.                                   (2)

3.5      3.5.1        Stel DRIE soorte vegetariërs voor wat die koekstruif sal kan eet.
                      Gee 'n rede vir jou antwoord.                                                   (4)

         3.5.2        Baie vegetariërs sluit droë peulgroente by hul dieet in.

                      Regverdig die stelling hierbo.                                                  (5)

3.6      Verduidelik hoe die sterilisering- en seëltegnieke toegepas word wanneer
         aarbeie ingelê word. Gee 'n rede vir die toepassing van elke tegniek.
         Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                             STERILISERING               SEËL VAN
                                             VAN BOTTELS                 BOTTELS
           Verduidelik die toepassing
           van die tegniek                                    (3)                          (1)
           Rede vir die toepassing
           van die tegniek                                    (1)                          (1)        (6)
                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              11                             DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      A. TOURNEDO                           B. GEROOSTERDE LENDE

                                         C. BLINDEVINKE

         4.1.1        Identifiseer 'n beesvleissnit wat onderskeidelik vir gereg A en gereg
                      B geskik sal wees.                                                              (2)

         4.1.2        Regverdig die gebruik van die vulsel in die blindevinke hierbo.                 (4)

         4.1.3        Bespreek die reëls vir die rooster van die lende oor warm kole.                 (3)

         4.1.4        Motiveer waarom      klam     hitte    NIE   vir   biefstukke   ('steaks')
                      geskik is NIE.                                                                  (2)

         4.1.5        Stel TWEE bykomstighede vir die tournedo voor.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                  12                                DBE/November 2018
                                                  NSS

4.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die sosiale komitee van Hoërskool Witteklip het Aalwynspyseniers gevra om
         'n kwotasie voor te berei vir 'n banket vir 200 gaste op 19 November 2018,
         van 18:30 tot 22:00.

         Die totale koste van die spyskaart is R200 per persoon. Die koste sluit nie
         R500 vir die musiek en R300 vir die tafeldoeke in nie. 'n Kontantkroeg sal
         beskikbaar wees. 50% van die deposito is 15 dae voor die funksie betaalbaar.

         4.2.1        Bereken die totale koste van die funksie vir 200 gaste. Toon ALLE
                      berekeninge.                                                                          (3)

         4.2.2        Bereken die deposito wat betaal moet word. Toon ALLE
                      berekeninge.                                                                          (2)

         4.2.3        Gebruik die inligting hierbo om die kwotasievorm hieronder te
                      voltooi. Skryf die vraagnommer (4.2.3) en slegs die woord/term
                      langs die letters (A tot D) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

                                                        KWOTASIE

                                                            (A)

                       Naam van kliënt: (B)                       Funksiekoördineerder: S Williams

                       Adres:      Mandarinstraat 23              Datum: 19 November 2018
                                   Glenwood 0010                  Tydsduur van funksie: (C)

                       Telno:      086 5888 880                   Getal gaste: 200

                       Deposito betaalbaar op (D) (datum)                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             13                             DBE/November 2018
                                             NSS

4.3      Bestudeer die spyskaart vir 'n skemerkelkgeselligheid hieronder en
         beantwoord die vrae wat volg.
                                           SPYSKAART
                                     Skemerkelkgeselligheid
                                        November 2018
                          Profiteroles met salm- en kruiemaaskaasvulsel
                             Mini canapés met gerookte-tuna-tartare
                          Verskeidenheid sushi met wasabi-mayonnaise
                           Vegetariese chinese rolletjies ('spring rolls')
                                     Biltong-feta-en-prei-quiche
                                   Vanielje-meringuesoentjies
                             Bouchées met suurlemoensmeer en room
                                      Witsjokoladetruffels
         4.3.1        Skemerkelkgesellighede is baie gewild in Suid-Afrika.
                      Noem DRIE soorte funksies waar die spyskaart hierbo gebruik kan
                      word.                                                                         (3)
         4.3.2        Verduidelik die term canapé.                                                  (3)
         4.3.3        Evalueer die snoephappies op die spyskaart met betrekking tot:
                     (a) Voorkoms
                     (b) Bestanddele                                                  (2 x 2)       (4)
4.4      Bestudeer die pasteideegprentjies hieronder en beantwoord die vrae wat
         volg.

                              A                                      B
         4.4.1        Identifiseer pasteideeg A en pasteideeg B.                                    (2)
         4.4.2        Verwys na die skemerkelkspyskaart in VRAAG 4.3.
                      Kies EEN item wat van pasteideeg A en EEN item wat van                        (2)
                      pasteideeg B gemaak is.
4.5      Beantwoord die vrae hieronder oor die profiteroles.
         4.5.1        Verduidelik waarom dit belangrik is om seker te maak dat al die
                      eiers NIE gelyktydig tydens die bereiding van chouxdeeg bygevoeg
                      word NIE.                                                                     (2)
         4.5.2        Beveel die geskikste apparaat aan wat gebruik kan word om die
                      profiteroles te vorm.                                                         (2)
                                                                                                    [40]
                                                                   TOTAAL AFDELING C:               80
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                          14                         DBE/November 2018
                                          NSS

AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
            VOEDSEL EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Nomhle gaan 'n middagetekafee by nr. 63, Mamelodi-uitbreiding onder haar naam
oopmaak. Dit gaan naby Mamelodi Sekondêre Skool en die plaaslike munisipaliteit
wees. Haar spyskaart gaan 'bunny chows', vetkoek met maalvleis, worsbroodjies en
burgers insluit. Sy beoog om drie mense in diens te neem: 'n rekenmeester, 'n sjef en
'n verkoopsdame. 'n Vriend het haar gehelp om plakkate te ontwerp om haar besigheid
te bemark en sy het ook tafels en stoele waarby haar kliënte kan aansit.

5.1      Noem die bemarkingshulpmiddel wat Nomhle gaan gebruik.                              (1)

5.2      Identifiseer Nomhle se teikenmark.                                                  (3)

5.3      Bespreek VYF aspekte om in ag te neem wanneer die plakkate ontwerp word.            (5)

5.4      Bespreek DRIE maniere, behalwe plakkate, waarop Nomhle haar besigheid
         kan bemark.                                                                         (3)

5.5      Gebruik die inligting in die scenario hierbo en stel 'n besigheidsplan vir
         Nomhle saam.                                                                        (6)

5.6      Beskryf DRIE indirekte werksgeleenthede wat Nomhle se besigheid kan skep.           (3)

5.7      Noem VIER verantwoordelikhede van 'n rekenmeester in die besigheid
         hierbo.                                                                             (3)

5.8      Noem en beskryf DRIE nie-inkomstegenerende                 areas,   behalwe
         finansies/boekhouding, in haar besigheid.                                           (6)
                                                                                             [30]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              15                         DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 6

6.1      Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            BEURTKRAG IS 'N ERNSTIGE BEDREIGING
                                VIR DIE RESTAURANTBEDRYF

         Lorenzo's Italiaanse Restaurant is 'n klein privaat besigheid. Die restaurant
         kan nie elke keer as daar 'n kragonderbreking is, toegemaak word nie,
         aangesien die restaurant geld gaan verloor. Gelukkig gebruik die restaurant 'n
         industriële gasstoof vir die bereiding van die meeste van die geregte.
         Ongelukkig moet die gaste soms lank vir hulle kos wag. Party van die gaste
         het een of twee keer te veel alkoholiese drankies bestel en luidrugtig geword
         en begin om ander gaste te irriteer.

         6.1.1        Verduidelik hoe die kelners die volgende situasies moet hanteer:

                      (a)   Gaste moet lank vir hulle kos wag.                                    (4)

                      (b)   Gaste word luidrugtig en begin om ander gaste te irriteer.            (5)

         6.1.2        Stel voor wat jy kan doen om die situasie reg te stel wanneer 'n
                      gas geïrriteerd raak as die kos te lank neem.                               (1)

         6.1.3        Verduidelik die prosedure wat kelners moet volg om te verseker
                      dat die eetgerei goed vertoon voordat die gaste gaan sit.                   (3)

6.2      Bestudeer die wynetikette hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            WYN A                                 WYN B

         6.2.1        Skryf die kleur van wyn A neer. Gee 'n rede vir jou antwoord.               (2)

         6.2.2        Beveel die beste bedieningstemperatuur vir beide wyne aan.                  (1)

         6.2.3        Verduidelik die term Brut.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           16                      DBE/November 2018
                                           NSS

         6.2.4        Onderskei tussen wyn A en wyn B met betrekking tot die
                      vervaardigingsmetode en die oorsprong. Tabuleer jou antwoord
                      soos volg:

                                                   WYN A             WYN B
                       Vervaardigingsmetode
                       Oorsprong                                                        (4)

         6.2.5        Stel 'n klassieke gereg/voedselsoort voor om saam met wyn B
                      te bedien.                                                        (1)    .

6.3      Instellings moet aan die Drankwet, 2003 (Wet 59 van 2003) vir die verkoop
         van drank voldoen.

         Noem die TWEE tipes dranklisensies waarvoor instellings kan aansoek doen
         en verduidelik ELKE tipe.                                          (2 x 2)     (4)

6.4      Beskryf die prosedure wat 'n kelner moet volg wanneer 'n voedselbestelling
         geneem en geplaas word.                                                        (4)
                                                                                        [30]

                                                            TOTAAL AFDELING D:          60
                                                                GROOTTOTAAL:            200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2018-eng/f569c6b4-5af1-4515-871c-f4cf4ea1463f) — Hospitality Studies · QP · 2018 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2018-final-memo-eng/4cdf167c-e681-44bc-a84c-fa83d2c48fd0) — Hospitality Studies · Memo · 2018 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2018-final-memo-afr/963a540b-5f9a-4ccf-a0f1-dec99da0fa2b) — Hospitality Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Hospitality Studies May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2018-afr/ebe9c496-9b95-4375-8d30-e070df882385) — Hospitality Studies · QP · 2018 · Afr
- [Hospitality Studies May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2018-eng/ca143aba-296d-42b8-beda-abe906ae0ea5) — Hospitality Studies · QP · 2018 · Eng
- [Hospitality Studies Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-feb-march-2018-afr/04ff8d4b-6260-4218-adb3-5c115246a3ab) — Hospitality Studies · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
