# Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2020-afr/20a65cbb-bd51-4cdd-b0b1-b8747672d49a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2020-afr/20a65cbb-bd51-4cdd-b0b1-b8747672d49a)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRADE 12

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                       HOSP.1

                              GASVRYHEIDSTUDIES

                                  NOVEMBER 2020

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

                     OGGENDSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                    DBE/November 2020
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                       (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit                (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                              (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                       (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               3                      DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: KORTVRAE

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         VOORBEELD:
         1.1.11       'n Goeie bron van vitamien C is …
                      A    melk.
                      B    lemoene.
                      C    vleis.
                      D    brood.
         ANTWOORD:
         1.1.11       B                                                             (1)

         1.1.1        Die tegniek waar warm brandewyn oor crêpes Suzette gegooi en
                      dit aan die brand gesteek word, staan as ... bekend.

                     A     frappé
                     B     fromage
                     C     flambé
                     D     fumet                                                              (1)

         1.1.2        Die metode wat by die vervaardiging van vonkelwyn gebruik word
                      waar die tweede fermentasie in 'n tenk plaasvind:

                     A     Charmat
                     B     Karbonisering
                     C     Champagne
                     D     Cap Classique                                                      (1)

         1.1.3        Vars of gedroogde vrugte wat liggies in 'n gegeurde suikerstroop
                      gekook word:

                      A    Charlotte
                      B    Compote
                      C    Chiffon
                      D    Condé                                                              (1)

         1.1.4        Die tegniek wat gebruik word om glanskersies en versuikerde
                      lemoenskil te berei:

                      A    Vriesdroging
                      B    Oonddroging
                      C    Kristallisering
                      D    Karamellisering                                                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             4                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

         1.1.5        'n Gas se eerste indruk van 'n onderneming word na die … gevorm.

                      A    kosbestelling
                      B    eerste kontak met die personeel
                      C    aanbied van die spyskaart
                      D    proe van die kos                                                    (1)

         1.1.6        Bestanddele wat by die bereiding van chouxdeegprodukte gebruik
                      word:

                     A     Botter, water, meel en bakpoeier
                     B     Botter, suurlemoensap, meel en eiers
                     C     Margarien, water, suiker en meel
                     D     Margarien, water, meel en eiers                                     (1)

         1.1.7        Die koste wat bereken word wanneer 'n kwotasie saamgestel word:

                      A    Voedsel, arbeid, oorhoofse koste en huur
                      B    Voedsel, arbeid, oorhoofse koste en wins
                      C    Verkoopprys, wins en verlies
                      D    Verkoopprys en munisipale heffings                                  (1)

         1.1.8        'n Dun skyfie vleis (3–5 mm dik) wat uit die dik bolo gesny word,
                      staan as 'n …-skyf bekend.

                      A    kits
                      B    klub
                      C    lende
                      D    kruis                                                               (1)

         1.1.9        Die getal gange in die gedekte plek hieronder:

                     A     3
                     B     5
                     C     4
                     D     6                                                                   (1)

         1.1.10       Die aantal produkte wat verkoop moet word voordat die vaste
                      koste gedek is:

                     A     Verbruikersprysindeks
                     B     Kontantvloei-analise
                     C     Wins en verlies
                     D     Gelykbreek-analise                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            5                           DBE/November 2020
                                          SS/NSS

1.2      PASITEMS

         Kies die mees geskikte illustrasie in KOLOM B en die beskrywing in
         KOLOM C wat by die naam van die toerusting in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–E) en die syfer (i–v) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.3) in
         die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.4 F, vi.

                 KOLOM A                    KOLOM B                 KOLOM C
                TOERUSTING                ILLUSTRASIE             BESKRYWING
           1.2.1 Gueridon-trollie     A                       (i) hou borde,
                                                                   opdienbakke en
                                                                   voedsel warm

           1.2.2     Voorsnyeenheid   B                       (ii)   verdeling van
                                                                     geroosterde
                                                                     vleissnitte in
                                                                     porsies

           1.2.3     Bain-marie       C                       (iii) gebruik vir die
                                                                    bereiding van
                                                                    voedsel in die
                                                                    eetarea van 'n
                                                                    restaurant

                                      D                       (iv) hou voedsel
                                                                   warm deur 'n
                                                                   vlambare jel te
                                                                   gebruik

                                      E                       (v)    warmwaterbad
                                                                     wat gebruik word
                                                                     om voedsel warm
                                                                     te hou

                                                                                  (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             6                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

1.3      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die fyngebakgereg in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.5 G.

                    KOLOM A                                  KOLOM B
               TERTDEEGGEREGTE                             VOORBEELDE
         1.3.1    Songedroogde-tamatie-        A    blaardeeg wat om 'n rol maalvleis
                  palmier                           gedraai word

         1.3.2       Peer-tarte Tatin          B    oop tert met 'n souterige vla en
                                                    ander bestanddele gevul
         1.3.3       Spinasie-en-feta-quiche
                                               C    bootvormige broskorspasteidoppie
         1.3.4       Heuning-en-amandel-            met 'n soet vulsel
                     barquette
                                               D    driehoekige speseryagtige
                                                    groentepasteitjie

                                               E    onderstebo skilferkorsproduk met 'n
                                                    soet vulsel

                                               F    vlokkerige skilferkorsdeeg wat soos
                                                    varkore gevorm is, met 'n souterige
                                                    vulsel
                                                                                  (4 x 1)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             7                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

1.4      EENWOORD-ITEMS

         Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       'n Klein vingervormige chouxdeegproduk wat met room gevul en met
                     sjokolade verglans is

         1.4.2       Halfmaanvormige skilferkorsvormpies wat as garnering gebruik word

         1.4.3       'n Soet konfituur gemaak van suiker, eiers, botter en vrugtesap wat
                     as 'n smeer of vulsel vir gebak gebruik word

         1.4.4       'n Afvalproduk wat gesout word, in dun snye gesny en koud saam
                     met rosyntjiesous bedien word

         1.4.5       'n Dik, soet, taai, natuurlik gegeurde vloeistof          wat    in   'n
                     nie-alkoholiese skemerkelkie ('mocktail') gebruik word

         1.4.6       Nie-gelamineerde deeg wat slegs van water en meel gemaak word
                     en papierdun uitgerol word

         1.4.7       'n Persoon wat op 'n vegetariese dieet is, maar soms vleis in klein
                     hoeveelhede eet

         1.4.8       'n Souterige styselbykos wat tradisioneel saam met geroosterde
                     beesvleis bedien word

         1.4.9       Om tydens die gaarmaakproses gesmelte vet, vleissappe of ander
                     vloeistof met 'n lepel oor vleis te skep

         1.4.10      Die tipe wyn waarby alkohol gevoeg word om die fermentasieproses
                     te stop                                                  (10 x 1)             (10)

1.5      KEUSES

         1.5.1       Kies VIER prosedures wat gevolg moet word wanneer 'n glasfles
                     gesteriliseer word om vir ingemaakte produkte te gebruik. Skryf
                     slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.5.1) in die
                     ANTWOORDEBOEK neer.

                     A    Was die glasfles in warm seepwater en spoel goed uit.
                     B    Kook die glasfles vir ongeveer 10 minute.
                     C    Vee die glasfles met 'n droë vadoek uit.
                     D    Droog die fles onderstebo in 'n warm oond.
                     E    Steriliseer die deksels vir 5 minute in kookwater.
                     F    Los die fles in die son om droog te word.
                     G    Laat die fles op 'n skottelgoedrak winddroog word.
                     H    Vee die deksels met 'n nat doek af.                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               8                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

         1.5.2       Kies VIER witwynkultivars. Skryf slegs die letters (A–H) langs die
                     vraagnommer (1.5.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     A    Pinot Noir
                     B    Colombar
                     C    Shiraz
                     D    Chenin Blanc
                     E    Chardonnay
                     F    Merlot
                     G    Cabernet Sauvignon
                     H    Sauvignon Blanc                                                         (4)

         1.5.3       Kies TWEE eienskappe van goeie gehalte varkvleis uit die lys
                     hieronder. Skryf slegs die letters (A–D) langs die vraagnommer
                     (1.5.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     A    Die vleis is 'n gryserige ligrooi kleur.
                     B    Die vleis is 'n helderrooi kleur.
                     C    Die ribbebene is gespikkel.
                     D    Die bene is wit en poreus.                                              (2)

                                                                     TOTAAL AFDELING A:           40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              9                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Matthew werk as 'n commis chef by die Lord Nelson Hotel. Die hotel was
         gasheer vir 'n groep bejaarde gaste van 'n nabygeleë aftreeoord. Matthew het
         tydens sy skof diarree ontwikkel en is met gastroënteritis gediagnoseer. Hy
         het aangehou met werk omdat daar nie genoeg kombuispersoneel was nie.
         Daar is later gerapporteer dat die bejaarde gaste baie siek was en dieselfde
         simptome gehad het.

         2.1.1        Noem TWEE simptome, behalwe diarree, wat Matthew kon
                      ontwikkel het.                                                              (2)
         2.1.2        Verduidelik kortliks hoe Matthew se siekte die bejaarde gaste in
                      gevaar gestel het.                                                          (2)
         2.1.3        Beveel TWEE voorsorgmaatreëls aan wat Matthew moes getref
                      het om te voorkom dat die siekte versprei.                                  (2)
         2.1.4        Bespreek die negatiewe impak wat Matthew se gedrag op die
                      winsgewendheid van die onderneming sal hê as gaste na afloop
                      van die funksie siek word.                                                  (3)
2.2      Bespreek cholera onder die volgende hoofde:
         2.2.1        Oorsake                                                                     (2)
         2.2.2        Die impak wat afwesigheid op 'n gasvryheidsonderneming het                  (2)
2.3      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         2.3.1        Identifiseer die rekenaarstelsel wat deur die kelner in 'n restaurant
                      gebruik word.                                                               (1)
         2.3.2        Bespreek DRIE voordele van 'n rekenaarstelsel om die kelner en
                      die voedselbereidingsarea te verbind.                                       (3)
2.4       Gasvryheidsondernemings bied verskillende vlakke van diens.
          Motiveer die stelling.                                                                  (3)
                                                                  TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              10                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       ROOMHORINKIES

         3.1.1        Verduidelik kortliks die funksie van die volgende bestanddele in die
                      bereiding van die deeg:

                      (a)   Suurlemoensap                                                        (1)

                      (b)   Vet                                                                  (3)

         3.1.2        Bespreek geskikte berging vir ongevulde, gebakte roomhorinkies.            (2)

         3.1.3        Gee TWEE voorbeelde van soet vulsels, behalwe geklopte room,
                      wat in die roomhorinkies gespuit kan word.                                 (2)

         3.1.4        Die room wat in die vulsel gebruik word, is gepasteuriseer.

                      Noem TWEE voordele van pasteurisasie as preserveringsmetode.               (2)

3.2      Noem die hoofproduk wat in die bereiding van 'n bombe gebruik word.                     (1)

3.3      Individuele suurlemoenkaaskoekies met 'n gelatienbasis word as 'n nagereg
         bedien.

         3.3.1        Bespreek die stappe om te volg wanneer velle gelatien in die dis
                      gebruik word.                                                              (3)

         3.3.2        Voorspel die uitkoms van die stolvermoë van die produk indien te
                      veel suiker by die kaaskoekmengsel gevoeg word.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              11                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

         3.3.3        Beveel EEN manier aan om die kaaskoekmengsel te herstel indien
                      te veel suiker bygevoeg is.                                                  (1)

         3.3.4        Die kaaskoekies het tydens ontvorming aan die individuele houers
                      vasgesit.

                      Stel DRIE tegnieke voor om tydens die ontvorming van die
                      kaaskoekies te volg.                                                         (3)

3.4      Onderskei tussen glaseersels en bolae wat as versierings op nageregte
         gebruik kan word. Tabuleer jou antwoord soos volg in die
         ANTWOORDEBOEK:

                      GLASEERSELS                                BOLAE
                                              (1)                                       (1)        (2)

3.5      3.5.1        Beskryf die bereiding van 'n Franse meringue.                                (3)

         3.5.2        Noem TWEE kwaliteitseienskappe van 'n perfek gebakte Franse
                      meringue.                                                                    (2)

         3.5.3        Voorspel die uitkoms indien 'n vetterige mengbak tydens die
                      bereiding van 'n Franse meringue gebruik word.                               (1)

3.6      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       ROOMPOFFERS

         3.6.1        Noem die rysmiddel wat 'n holte in die roompoffers veroorsaak.               (1)

         3.6.2        Maak 'n lys     van   DRIE     kwaliteitseienskappe    van   gebakte
                      roompoffers.                                                                 (3)

         3.6.3        Gee die temperature waarteen chouxdeeg gebak word.                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             12                       DBE/November 2020
                                           SS/NSS

3.7       Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  LEVILES 5 STER-PARADYS

          Datum van funksie: 2 Junie 2020                         Tyd: 18:00
          Getal gaste: 200
          Verkoopprys van die spyskaart: R100 000

          Voedselkoste:          R30 000
          Oorhoofse koste:       R15 000
          Arbeidskoste:          R15 000

          3.7.1       Bereken die bruto wins. Toon ALLE berekeninge en formules.               (4)

          3.7.2       Bereken die spyskaartkoste per persoon. Toon ALLE berekeninge
                      en formules.                                                             (3)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              13                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die graad 12-Gasvryheidstudies-leerders reël 'n skemerkelkfunksie vir 'n
         plaaslike krieketspan. Vyftien spelers en ses onderwysers sal onthaal word.

         4.1.1         Maak 'n lys van DRIE reëls om te volg wanneer peuselhappies vir
                       skemerkelkfunksies aangebied word.                                          (3)

         4.1.2         Bepaal die aantal verskillende peuselhappies wat jy per persoon
                       sal bedien. Motiveer jou antwoord.                                          (2)

         4.1.3         Beveel DRIE gebakte sout peuselhappies aan wat aan 'n lakto-
                       vegetariër by die funksie bedien kan word.                                  (3)

4.2      Bestudeer die spyskaarte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        SPYSKAART A                           SPYSKAART B

                        Formele Dinee                         Formele Dinee

                         Sampioensop                            Kreefkelkie

                    Geroosterde Hoender met            Varklendestuk met Appeljellie
                        Sampioensous                       Dauphine-aartappels
                     Gestoomde Basmatirys                    Pampoenpoffers
                         Blomkool met                        Broccoli-rollade
                            Witsous                             Beetslaai
                         Aartappelslaai
                                                            Brandewynpoeding
                        Sjokoladesoufflé                      Beierse Room

                             Koffie                                Koffie

                         2 Junie 2020                          2 Junie 2020

         4.2.1         Evalueer die hoofgang in Spyskaart A met betrekking tot die
                       beginsels van spyskaartbeplanning.                                          (4)

         4.2.2         Kies die mees geskikte spyskaart vir 'n Moslem-gas.

                       Motiveer waarom die ander spyskaart NIE geskik is NIE.                      (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               14                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

4.3      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Vegetarisme raak al hoe gewilder. Vegetariërs vertrou op getekstureerde
         plantaardige proteïene, peulgroente, neute en sade om goeie gesondheid te
         handhaaf.

         4.3.1        Gee DRIE redes waarom mense kies om vegetariërs te word.                     (3)

         4.3.2        Noem DRIE voordele van getekstureerde plantaardige proteïene in
                      die dieet van 'n vegetariër.                                                 (3)

         4.3.3        Regverdig waarom peulgroente voor gaarmaak geweek moet
                      word.                                                                        (2)

4.4      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                              LAMSAAL

         4.4.1        Noem die vleissnit waaruit die lamsaal verkry word.                          (1)

         4.4.2        Stel EEN tradisionele sous voor wat saam met die lamsaal bedien
                      kan word.                                                                    (1)

         4.4.3        Beveel EEN gaarmaakmetode vir lamsaal aan.                                   (1)

         4.4.4        Tydens die bereiding van die lamsaal is dit noodsaaklik om soveel
                      as moontlik van die vleissappe te behou.
                     (a)    Gee 'n rede vir die stelling hierbo.                                   (1)
                     (b)    Bespreek DRIE prosedures om te volg sodat vleissappe
                            tydens bereiding en gaarmaak behou kan word.                           (3)

         4.4.5        (a)   Vervang die lamsaal met TWEE              geskikte    geveerde
                            wildsvleisprodukte vir 'n hoofgereg.                                   (2)
                      (b)   Noem TWEE tegnieke wat op die wildsvleis genoem in jou
                            antwoord op VRAAG 4.4.5(a) toegepas kan word om te
                            voorkom dat die wildsvleis droog word.                                 (2)

4.5       Stel VIER faktore voor om in gedagte te hou wanneer vleis in 'n vrieskas
          gestoor word.                                                                            (4)
                                                                                                   [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:              80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               15                            DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE
            VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Die Red Hat-vereniging het 'n bespreking vir 50 persone vir hul jaarlikse
           vyfdag-konferensie by die Happy Hour-hotel gemaak. Konferensiegangers
           sal by die hotel oorslaap en hulle etes daar geniet.

         5.1.1        Noem TWEE ondersteunende posisies waarmee die groep by die
                      hotel in aanraking sal kom.                                                    (2)

         5.1.2        Bepaal DRIE inkomste-genererende areas by die hotel.                           (3)

         5.1.3        Beskryf in breë trekke DRIE rolle van die volgende hotelpersoneel:

                      (a)   Sekuriteit                                                               (3)

                      (b)   Rekenmeester                                                             (3)

         5.1.4        Bespreek die onderlinge verhouding tussen die verkope-en-
                      bemarkingsafdeling en die finansiële afdeling.                                 (4)

5.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Werkloosheid asook armoede is 'n werklikheid in ons land. Gereelde
         sportgeleenthede skep geleenthede vir informele buitenshuise voedsel- en
         drankverkope vir innoverende individue. Dit kan werksgeleenthede skep om
         werkloosheid te verminder. Jy beplan om 'n kostrokstalletjie ('food truck
         stand') by sulke sportgeleenthede te hê.

         5.2.1        Identifiseer die teikenmark in die uittreksel hierbo.                          (1)

         5.2.2        Stel DRIE verskillende geleenthede vir selfindiensneming in die
                      dranksektor by sulke sportgeleenthede voor.                                    (3)

         5.2.3        Verduidelik hoe 'n suksesvolle entrepreneur tot die plaaslike
                      ekonomie van Suid-Afrika kan bydra.                                            (3)

         5.2.4        Beskryf in breë trekke die inligting wat by 'n radio-advertensie vir
                      jou kostrok ingesluit moet word.                                               (4)

         5.2.5        Voorspel TWEE bedreigings wat die entrepreneurs hierbo tydens
                      die verkoop van hulle produkte kan ervaar. Motiveer ELKE
                      bedreiging.
                      Tabuleer jou antwoord soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

                               BEDREIGINGS                          MOTIVERING
                                                      (2)                                 (2)        (4)
                                                                                                     [30]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               16                         DBE/November 2020
                                             SS/NSS

VRAAG 6

6.1      Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        GEREGTE

                    Kaviaar en Oesters
                       Biefghoelasj
                     Sjokoladerolkoek
                    Gebakte Camembert

                            BLOK A                             BLOK B

         6.1.1        Identifiseer die kultivar wat gebruik is om die wyn te maak.                 (1)

         6.1.2        Gee 'n geskikte bedieningstemperatuur vir die wyn.                           (1)

         6.1.3        Kies 'n gereg uit BLOK A wat saam met die wyn in BLOK B bedien
                      kan word.                                                                    (1)

         6.1.4        Noem die prosedure wat gevolg moet word wanneer die wyn in
                      BLOK B bedien word met betrekking tot ELK van die volgende
                      aspekte:

                      (a)    Goedkeuring van die wyn                                               (2)

                      (b)    Die kant vanwaar hierdie wyn geskink moet word                        (1)

                      (c)    Die vlak tot waar die glas na goedkeuring deur die gasheer
                             gevul moet word                                                       (1)

                      (d)    Plasing van die wynbottel nadat die wyn geskink is                    (1)

6.2      Bespreek ELK van die volgende prosedures:

         6.2.1        Aanbieding van die drankspyskaart                                            (2)

         6.2.2        Bediening van brood                                                          (3)

6.3      Die kelner het gedurende koffiebediening melk en suiker op die tafel geplaas.
         Hy het toe kokende koffie vanaf die linkerkant van die gaste geskink en in 'n
         kloksgewyse rigting tot by die gasheer beweeg.

         Evalueer die prosedure wat tydens koffiebediening deur die kelner gevolg is.              (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               17                         DBE/November 2020
                                             SS/NSS

6.4      Noem TWEE weggooibare items wat as versierings by nie-alkoholiese
         skemerkelkdiens gebruik word.                                                         (2)

6.5      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         6.5.1        Identifiseer die bedieningstyl in die prent.                             (1)

         6.5.2        Noem DRIE voordele van die bedieningstyl hierbo.                         (3)

         6.5.3        'n Gas kla by die kelner dat haar kos koud is. Verduidelik hoe die
                      kelner die situasie moet hanteer.                                        (4)

6.6      Beskryf in breë trekke DRIE riglyne om te volg wanneer die kroeg na diens
         opgeruim word.                                                                        (3)
                                                                                               [30]

                                                                     TOTAAL AFDELING D:        60
                                                                         GROOTTOTAAL:          200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2020-eng/7fcd41a4-31b1-4d75-b538-cc2168462d51) — Hospitality Studies · QP · 2020 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2020-memo-afr/9ea87a18-3b42-43a7-b421-818ca72d40e8) — Hospitality Studies · Memo · 2020 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2020-memo-eng/87677332-bbd7-4c07-b16d-6103bf60e26e) — Hospitality Studies · Memo · 2020 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept2020-afrikaans/b407324e-2a21-459c-8c86-6a46571f5784) — Hospitality Studies · QP · 2020 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR 12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr-12-qp-sept2020-english/de9c2152-92e1-44fb-affb-986012aab722) — Hospitality Studies · QP · 2020 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
