# Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2021-afr/669c2f5b-dea9-4012-9786-da8605e45702
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2021-afr/669c2f5b-dea9-4012-9786-da8605e45702)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRADE 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              GASVRYHEIDSTUDIES

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                    DBE/November 2021
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                       (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit                (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                              (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                       (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       AFDELING A: VRAAG 1: MOENIE 'n reël tussen antwoorde ooplaat NIE, bv.
         1.1.1
         1.1.2

5.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              3                           DBE/November 2021
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         VOORBEELD:

         1.1.11      'n Goeie bron van vitamien C is …

                     A    melk.
                     B    lemoene.
                     C    vleis.
                     D    brood.

         ANTWOORD:

         1.1.11      B

         1.1.1       In die geval van 'n ernstige brand in 'n restaurantkombuis sal die
                     eerste stap wees om …

                     A    onmiddellik te ontruim en gaste na veiligheid te help.
                     B    die brand stilweg met 'n klam doek te smoor.
                     C    alle deure oop te maak en alle apparaat af te skakel.
                     D    verskoning aan te bied en die gaste te vra om te bly sit.                (1)

         1.1.2       Die aanvanklike baktemperatuur vir chouxdeeg-produkte:

                     A    160–180 °C
                     B    180–190 °C
                     C    200–220 °C
                     D    230–240 °C                                                               (1)

         1.1.3       Wanneer die bokant van die tertdeeg liggies geborsel word voordat
                     dit gebak word om dit 'n glansende, bruin voorkoms te gee:

                     A    Prik met 'n vurk ('Docking')
                     B    Voering
                     C    Verglansing
                     D    Verseël                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              4                         DBE/November 2021
                                              NSS

         1.1.4       'n Longinfeksie wat 'n voedselhanteerder maklik by 'n medewerker
                     kan aansteek, word … genoem.

                     A    gastroënteritis
                     B    klierkoors
                     C    cholera
                     D    tuberkulose                                                           (1)

         1.1.5       Twee posisies in 'n gasvryheidsonderneming wat nodig is om die
                     besigheid te bemark:

                     A    Sekuriteitsbestuurder en motorwag
                     B    Menslikehulpbron-bestuurder en nag-ouditeur
                     C    Bemarkingsbestuurder en televerkoopspersoon
                     D    Finansiële bestuurder en debietklerk                                  (1)

         1.1.6       Stowe is die geskikste gaarmaakmetode vir die volgende vleissnit:

                     A    Lendeskyf ('Sirloin')
                     B    Skenkel
                     C    Kruisstuk
                     D    Lendestuk ('Loin')                                                    (1)

         1.1.7       Die metode wat gebruik word wanneer vonkelwyn gemaak word
                     deur die wyn in 'n tenk te fermenteer:

                     A    Charmat
                     B    Gekarboneerd
                     C    Cap Classique
                     D    Sjampanje                                                             (1)

         1.1.8       Die metode wat gebruik word om 'n meringue te maak deur
                     suikerstroop by eierwitte te voeg:

                     A    Alaskaans/Alaska
                     B    Switsers
                     C    Frans
                     D    Italiaans                                                             (1)

         1.1.9       Gedurende … bediening word die voedsel op 'n trollie voor die gas
                     berei:

                     A    Franse
                     B    gueridon-
                     C    bord-
                     D    silwer-                                                               (1)

         1.1.10      Die bemarkingsmengselkonsep wat die verkoop van maaltye in 'n
                     restaurant en akkommodasie-onderneming insluit:

                     A    Prys
                     B    Produk
                     C    Persone
                     D    Promosie                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                     5                          DBE/November 2021
                                     NSS

1.2      PASITEMS

         Kies die naam van die chouxdeeg-produk in KOLOM B wat by die prent
         in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 H.

                        KOLOM A                          KOLOM B
                         PRENT                  CHOUXDEEG-PRODUKTE
         1.2.1                                 A éclairs

                                               B   churros

                                               C   beignets

                                               D   profiterole
         1.2.2
                                               E   Paris-Brest

                                               F   croquembouche

                                               G   gateau St-Honore

         1.2.3

         1.2.4

         1.2.5

                                                                            (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              6                           DBE/November 2021
                                              NSS

1.3      Kies die mengeldrankie-terminologie in KOLOM B wat by die beskrywing in
         KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
         (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 H.

                          KOLOM A                                KOLOM B
                        BESKRYWING                           MENGELDRANKIE-
                                                              TERMINOLOGIE
         1.3.1       Meng bestanddele met 'n            A   gebou
                     mengelstokkie en skink dit in 'n
                     skemerkelkglas                     B   geskud

         1.3.2       Bestanddele word in lagies         C   frappé
                     geskink in dieselfde glas as
                     waarin dit bedien gaan word        D   vriesversier ('frosting')

         1.3.3       Bestanddele en ys word in 'n    E      geroer
                     mengfles gekombineer,
                     deurgesyg en in 'n glas geskink F      gemeng

         1.3.4       Gebruik 'n elektriese toestel      G   skeutjie
                     om puree van vars vrugte en
                     sap te maak

         1.3.5       Bedek die rand van die glas
                     met suiker of sout en verkoel
                     dit in die yskas
                                                                                        (5 x 1)   (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              7                           DBE/November 2021
                                              NSS

1.4      EENWOORDITEMS

         Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Die apparaat wat gebruik word om 'n bottel witwyn koel te hou nadat
                     daar vir die gaste aan tafel geskink is

         1.4.2       'n Dokument wat al die hulpbronne en prosesse bevat wat 'n persoon
                     sal benodig om sy/haar besigheidsdoelwitte te bereik

         1.4.3       Die tipe bemarkingsinstrument wat op die groot skerm in filmteaters
                     gebruik word om 'n restaurant te adverteer

         1.4.4       Die siekte wat veroorsaak word deur die liggaam se onvermoë om
                     insulien te vervaardig

         1.4.5       Die seël op die nek van 'n bottel wyn wat waarborg dat die inhoud
                     van die bottel dieselfde is as wat op die etiket verskyn

         1.4.6       Die term wat die eetbare organe en ingewande van 'n dier beskryf

         1.4.7       Die soort boontjie wat gebruik word om getekstureerde plantaardige
                     proteïene te vervaardig

         1.4.8       Die persoon wat die laaste aan 'n etenstafel in 'n restaurant bedien
                     word

         1.4.9       Die fase waar gelatienpoeier oor koue water gesprinkel word

         1.4.10      Bedek 'n vleissnit met dun repies vet of spek voordat dit gaargemaak
                     word                                                          (10 x 1)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               8                          DBE/November 2021
                                               NSS

1.5      KEUSES

         1.5.1       Kies VYF geregte uit die lys hieronder wat by die dieet van 'n pesco-
                     vegetariër ingesluit kan word. Skryf slegs die letters (A–J) langs die
                     vraagnommer (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK.

                     A    Bief Wellington
                     B    Melktert
                     C    Gepiekelde vis
                     D    Hoender à la King
                     E    Songedroogdetamatie-quiche
                     F    Waatlemoenstokkies
                     G    Pampoenpoffertjies
                     H    Biefstuk-en-niertjie-pastei
                     I    Hoender Kiëf
                     J    Springbokbiltong                                                        (5)

         1.5.2       Kies DRIE soorte verpligte inligting uit die lys hieronder wat 'n gas
                     tydens 'n bespreking moet verskaf. Skryf slegs die letters (A–F)
                     langs die vraagnommer (1.5.2) in die ANTWOORDEBOEK.

                     A    Werkgewer se adres
                     B    Gas se geboortedatum
                     C    Gas se kontakbesonderhede
                     D    Tipe kamer verlang
                     E    Metode van betaling
                     F    Vorige besprekings                                                      (3)

         1.5.3       Kies TWEE kwaliteitseienskappe uit die lys hieronder van die deeg
                     wat in gebakte bouchées gebruik word. Skryf slegs die letters (A–D)
                     langs die vraagnommer (1.5.3) in die ANTWOORDEBOEK.

                     A    Vlokkerige lagies
                     B    Ryk en botteragtig
                     C    Sagte krummels
                     D    Bros tekstuur                                                  (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            9                          DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1      Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die meerderheid besighede gebruik gerekenariseerde voorraadlyste.

         2.1.1       Maak 'n lys van DRIE tipes inligting wat op 'n gerekenariseerde
                     voorraadlys ingesluit moet word.                                          (3)

         2.1.2       Bespreek die voordele vir 'n sjef om 'n gerekenariseerde
                     kontrolestelsel te gebruik om voorraad aan te vra.                        (2)

2.2      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Luvuyo is as hoofkelner by die MARTT Hotel aangestel. Na ses maande het
          hy skriftelike waarskuwings ontvang omdat hy laat was vir werk en oor
          argumente met gaste wanneer hulle oor die standaard van sy diens gekla
          het.

         2.2.1       Identifiseer TWEE etiese aspekte wat deur Luvuyo by die MARTT
                     Hotel verontagsaam is. Motiveer ELKE aspek.                               (4)

         2.2.2       Maak voorstelle aan Luvuyo oor hoe om goeie kliëntesorg uit te
                     oefen.                                                                    (4)

2.3      Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Uitbraak van cholera het voorgekom toe die mense van 'n gemeenskap
         onbehandelde water uit boorgate, riviere en fonteine gekry het. Alhoewel
         onderrig aan die gemeenskap verskaf is, het 'n gastehuiseienaar voortgegaan
         om voedsel en onbehandelde water aan gaste te voorsien.

         2.3.1       Beveel aan hoe die gastehuiseienaar die verspreiding van die
                     infeksie kan voorkom.                                                     (4)

         2.3.2       Sommige mense is meer vatbaar vir cholera en sal gouer siek word.
                     Motiveer die stelling.                                                    (3)

                                                              TOTAAL AFDELING B:               20

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              10                           DBE/November 2021
                                              NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1      Gedurende die 2019 Wêreldbeker-rugbytoernooi het mense baie vleis gebraai
         in die gees van die Suid-Afrikaanse tradisie. 'n Plaaslike slaghuis het die
         volgende vleissnitte verkoop:

      BOUDTJOP                 DIKRIB           GEROOKTE HAM              RIBKOTELET

         3.1.1       Identifiseer TWEE lamsnitte wat vir 'n vleisbraai geskik is.                  (2)

         3.1.2       (a)   Stel 'n geskikte proses voor om die vleis wat in VRAAG 3.1.1
                           geïdentifiseer is, te versag.                                           (1)

                     (b)   Verduidelik kortliks die proses wat in VRAAG 3.1.2(a)
                           voorgestel is.                                                          (2)

         3.1.3       Beskryf DRIE eienskappe van goeie gehalte varkvleis.                          (3)

3.2      Die dikrib is vir twee maande in 'n geskeurde plastieksakkie in 'n vrieskas
         gestoor. Voorspel die moontlike voorkoms en tekstuur van die vleis toe dit uit
         die vrieskas verwyder is.                                                                 (2)

3.3      Onderskei tussen die porsiegroottes in gram van die ribkotelet en die
         gerookte ham. Gee EEN rede vir die antwoord.                                              (3)

3.4      3.4.1       Motiveer waarom die volgende reëls toegepas word wanneer
                     skilferdeeg berei word:

                     (a)   Meet die bestanddele korrek af.                                         (1)

                     (b)   Moenie die mengsel te veel meng nie.                                    (2)

                     (c)   Hou die bestanddele en apparaat yskoud.                                 (2)

         3.4.2       Bespreek DRIE redes vir die gebruik van die blindbaktegniek
                     wanneer broskorsdoppies vir melktertjies berei word.                          (3)

3.5      Noem DRIE eienskappe van chouxdeeg-produkte wat suksesvol gebak is.                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              11                            DBE/November 2021
                                              NSS

3.6      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Susan beplan haar jaarlikse Kersfeesfamiliebyeenkoms en het navorsing oor
         meringue-gebaseerde nageregte gedoen. Gebakte Alaska en Pavlova is
         aangedui as die gewildste feestelike nageregte.

         Onderskei tussen gebakte Alaska en Pavlova ten opsigte van die aspekte wat
         in die tabel hieronder genoem word. Tabuleer die antwoord soos volg in die
         ANTWOORDEBOEK:

                                              GEBAKTE ALASKA                 PAVLOVA
         Verhouding eierwitte : suiker
                                                                  (1)                      (1)
         Komponente gebruik om elke
         nagereg saam te stel:
         (a) Basis                            (a)                     (a)
         (b) Vulsel                           (b)                     (b)
         (c) Bolaag                           (c)                 (3) (c)                  (3)      (8)

3.7      3.7.1       Beskryf die prosedure wat gevolg moet word wanneer sjokolade
                     gesmelt word.                                                                  (2)

         3.7.2       Stel EEN soort sjokolade voor om in die bereiding van ganache te
                     gebruik.                                                                       (1)

3.8      Bestudeer die prent van vrugte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         3.8.1       Identifiseer die preserveringsmetode wat vir die vrugte gebruik is.            (1)

         3.8.2       Verduidelik die      preserveringsmetode     wat   in   VRAAG      3.8.1
                     geïdentifiseer is.                                                             (2)

         3.8.3       Noem TWEE voordele             van     die    gebruik    van     hierdie
                     preserveringsmetode.                                                           (2)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                12                         DBE/November 2021
                                                NSS

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die lys met geregte vir ŉ vingerete hieronder en beantwoord die
         vrae wat volg.

                                   Tofu-en-murgpampoentjie-kebabs
                                    Mini-biefstuk-en-niertjie-pasteie
                                          Hoendersamoesas
                                   Gerookte Forel-en-roomkaas-blini
                                   Gemarineerde Wildsvleisstokkies
                                          Sjokoladebruintjies

         4.1.1       Beskryf 'n samoesa.                                                           (2)

         4.1.2       Maak 'n lys van DRIE nadele van vingeretes.                                   (3)

         4.1.3       (a)     Bepaal watter voedselgroep is NIE verteenwoordig NIE.                 (1)

                     (b)     Stel TWEE soet snoephappies voor om die voedselgroep in
                             jou antwoord op VRAAG 4.1.3(a) te verteenwoordig.                     (2)

         4.1.4       Sommige geregte op die lys is nie geskik vir 'n pollo-vegetariër nie.

                     Identifiseer die geregte wat NIE geskik is NIE en dui die bestanddeel
                     in ELKE gereg aan wat 'n pollo-vegetariër nie sal inneem nie.

                     Tabuleer die antwoord soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

                           NIE-GESKIKTE GEREGTE                    BESTANDDEEL

                                                      (3)                                 (3)      (6)

4.2      Voltooi die kosteberekening van 'n spyskaart vir 100 gaste. Gebruik die
         inligting hieronder. Toon AL die formules en berekeninge.

         Voedselkoste:                R15 000
         Arbeidskoste:                 R4 400
         Oorhoofse koste:              R3 000

         4.2.1       Bereken die totale koste van die spyskaart.                                   (3)

         4.2.2       Bereken die verkoopprys indien die wins 50% is.                               (4)

         4.2.3       Gee TWEE voorbeelde van oorhoofse koste.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               13                            DBE/November 2021
                                               NSS

4.3      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                          Aarbeiskyfies

                                            AARBEIJELLIE

         4.3.1       Noem TWEE faktore wat die jelvorming van die gereg sal beïnvloed.                (2)

         4.3.2       Beskryf hoe 'n mens kan verseker dat die aarbeiskyfies tydens
                     stolling eweredig versprei sal wees.                                             (2)

         4.3.3       Verduidelik kortliks die berging van die aarbeijellie nadat dit berei is.        (3)

4.4      Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                             SPYSKAART
                                              AANDETE
                                         Sampioenroomsop
                                                  ***
                                 Gestoomde Stokvis met Knoffelsous
                                                  ***
                                        Hongaarse Ghoelasj
                                  Aartappel, Spek en Knoffel-gebak
                                            Mieliesoufflé
                                         Blomkool-au-gratin
                                                  ***
                                       Sjokoladesponspoeding
                                                  ***
                                              Koffie/Tee

                                             20 Junie 2021
                                                                     Prys: R200 per persoon

         Evalueer die keuse van geregte op die spyskaart deur na DRIE beginsels van
         spyskaartbeplanning te verwys.                                     (3 x 2)                   (6)

4.5      Bespreek die dieetriglyne wat in ag geneem moet word vir die beplanning en
         bereiding van 'n kosjer-spyskaart.                                                           (4)
                                                                                                      [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:                80

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             14                           DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING D:          SEKTORE EN LOOPBANE;
                     VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Joyce wil haar eie besigheid begin om suiker- en glutenvrye beskuit aan al
         haar vriende en familie te verkoop. Joyce wil graag na 'n paar maande haar
         besigheid uitbrei en 'n rekenmeester aanstel.

         5.1.1       Maak 'n lys van VIER karaktereienskappe wat Joyce sal nodig hê
                     om 'n entrepreneur te word.                                                  (4)

         5.1.2       Gee Joyce raad oor die kriteria om te volg wanneer verpakking as 'n
                     bemarkingsinstrument vir die beskuit gebruik word.                           (2)

         5.1.3       Noem VIER rolle en verantwoordelikhede van 'n rekenmeester.                  (4)

         5.1.4       Gee TWEE voorbeelde van elektroniese media wat Joyce kan
                     gebruik om haar produk te adverteer.                                         (2)

         5.1.5       Evalueer die slagspreuk        hieronder   as    'n     doeltreffende
                     bemarkingsinstrument.

                               JOYCE                  se beste BESKUIDE …
                                                                                                  (3)

5.2      Gee 'n restaurantbestuurder raad oor hoe om gaste se klagtes te hanteer.                 (5)

5.3      Bespreek hoe personeellede by 'n restaurant wateronderbrekings moet
         hanteer.                                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                        15                        DBE/November 2021
                                        NSS

5.4      Bestudeer prente (A–F) hieronder wat verskillende areas           in   die
         gasvryheidsbedryf illustreer en beantwoord die vrae wat volg.

                A                        B                            C

                D                        E                            F

         Identifiseer en noem DRIE nie-inkomsteskeppende areas. Teken die tabel in
         die ANTWOORDEBOEK oor en skryf slegs die DRIE letters (A–F) in die
         eerste kolom en dan die name van die areas in die tweede kolom.

          IDENTIFISEER DIE NIE-INKOMSTE-            NAME VAN DIE AREAS
             SKEPPENDE AREAS (A–F)

                                                                                          (6)
                                                                                          [30]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              16                              DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 6

6.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Simon is as die nuwe voedsel- en drankbestuurder by 'n restaurant aangestel.
         Hy moet 'n drank- en wynlys vir die restaurant saamstel.

         Stel VIER hoofkategorieë voor wat Simon by hierdie drank- en wynlys moet
         insluit.                                                                                     (4)

6.2      Noem TWEE gebruike van 'n diendoek in 'n restaurant.                                         (2)

6.3      Bestudeer die wynlys hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                WYNLYS

                                                 Merlot

                                            Droë Vonkelwyn

                                                    Port

                                   Gedealkoholiseerde Chenin Blanc

         6.3.1       Kies 'n geskikte wyn uit die wynlys om by ELKE gereg hieronder te
                     pas. Tabuleer die antwoord soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

                                     GEREGTE                           GESKIKTE WYN
                      1. Engele te Perd ('Angels on Horseback')
                      2. Kreefkelkie
                      3. Bief Ghoelasj
                      4. Brood-en-botter-poeding                                                      (4)

         6.3.2       Beskryf gedealkoholiseerde wyn.                                                  (2)

6.4      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Grendeltydbeperkings is gedurende Covid-19 op die verkoop en bedien van
         alkoholiese drankies geplaas. Restaurante het innoverend geraak met die
         verkoop van nie-alkoholiese skemerkelkies ('mocktails') en nie-alkoholiese
         drankies.

         6.4.1       Definieer 'n nie-alkoholiese skemerkelkie ('mocktail').                          (2)

         6.4.2       Verduidelik hoe restaurante baat gevind het by die verkoop van
                     nie-alkoholiese skemerkelkies ('mocktails') omdat hulle nie deur die
                     algemene reëls vir op-die-perseel-dranklisensies beperk is nie.                  (3)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               17                    DBE/November 2021
                                               NSS

6.5      Bespreek die afsluitings-mise-en-place in die bedieningsarea van ELK van die
         volgende:

         6.5.1       Opruiming van die kroeg                                              (4)

         6.5.2       Smaakmiddels/Kruidery                                                (3)

6.6      Bestudeer die prente (A en B) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             A                                  B

         6.6.1       Identifiseer die apparaat in A en B.                                 (2)

         6.6.2       Vergelyk apparaat A en B. Tabuleer die antwoord soos volg in die
                     ANTWOORDEBOEK:

                              APPARAAT A                      APPARAAT B

                                                                                          (4)
                                                                                          [30]

                                                              TOTAAL AFDELING D:          60
                                                                  GROOTTOTAAL:            200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2021-eng/6903e692-7d42-4fe0-91c1-b1a8137ab3ef) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES GR12 QP SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-qp-sept-2021-afrikaans/9f434ca0-6e1f-4df2-b554-05443d2a39f7) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES GR12 QP SEPT 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-qp-sept-2021-english/d1ca7db8-9915-4566-a18a-d75fb43d3598) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Eng
- [Hospitality Studies May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2021-eng/73ac7ec7-efd7-4635-be12-cdac7319b50c) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Eng
- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-eng/0a8d29f0-8c1a-4631-915f-d4f87b4fafca) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
