# Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2022-afr/eae87682-66dc-4167-91a7-73f764436aee
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2022-afr/eae87682-66dc-4167-91a7-73f764436aee)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRADE 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              GASVRYHEIDSTUDIES

                                  NOVEMBER 2022

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                    DBE/November 2022
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                 (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit          (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                        (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                 (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       AFDELING A: VRAAG 1: Moet NIE 'n reël tussen die antwoorde ooplaat NIE,
         bv.
         1.1.1
         1.1.2

5.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              3                       DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B

         VOORBEELD:

         1.1.11       'n Goeie bron van vitamien C is …

                      A    melk.
                      B    lemoene.
                      C    vleis.
                      D    brood.

         ANTWOORD:

         1.1.11       B

         1.1.1        Om die risiko van hoë cholesterol te verminder, is die volgende
                      bestanddeel 'n gesonde keuse:
                      A    Olyfolie
                      B    Sonneblomolie
                      C    Volroommelk
                      D    Kondensmelk                                                         (1)

         1.1.2        Kies 'n voorbeeld van 'n oorhoofse koste uit die prentjies (A–D)
                      hieronder.

                      KOMBUISPERSONEEL                                  RESTAURANTPERSONEEL

                                                             HUUR

                                         KRUIDENIERSWARE

                             A                 B             C                   D             (1)

         1.1.3        Gedurende die afkrummelingsproses word …

                      A    slegs leë glase verwyder.
                      B    die nageregeetgerei verwyder.
                      C    die nageregeetgerei afgetrek.
                      D    slegs die glase afgetrek.                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              4                             DBE/November 2022
                                              NSS

         1.1.4        Hepatitis A is 'n siekte wat die … affekteer.

                      A    maag
                      B    longe
                      C    niere
                      D    lewer                                                                    (1)

         1.1.5        Kies die mees gepaste voorbeeld van professionalisme in die
                      gasvryheidsbedryf uit die prentjies (A–D) hieronder.

                             A                 B                 C                  D               (1)

         1.1.6        Kies 'n gereg wat vir 'n Joodse gas geskik sal wees:

                      A    Mini-quiche Lorraine
                      B    Sampioen-rollade
                      C    Kreef thermidor
                      D    Gerookteham-pizette                                                      (1)

           VRAAG 1.1.7 en 1.1.8 verwys na die karkas hieronder.

         1.1.7        Die mees geskikte dele van die karkas om ontbeen en gerol te
                      word:

                      A    4, 6, 7
                      B    3, 5, 7
                      C    3, 6, 9
                      D    2, 4, 5                                                                  (1)

         1.1.8        Saratoga-tjops en kroonbraad word met hierdie snitte voorberei:

                      A    4, 6
                      B    1, 3
                      C    1, 5
                      D    5, 6                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            5                        DBE/November 2022
                                            NSS

         1.1.9        'n Geskikte gaarmaakmetode vir lamsosaties:

                      A    Stowe
                      B    Bak
                      C    Rooster
                      D    Stoom                                                             (1)

         1.1.10       Die tegniek, wat in die prentjie hieronder getoon word, word op
                      vleissnitte toegepas:

                      A    Marinering
                      B    Bardering
                      C    Lardering
                      D    Skroeiing                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              6                           DBE/November 2022
                                              NSS

1.2      PASITEMS

         Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die skemerkelkhappie in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.7 J.

                KOLOM A                                       KOLOM B
          SKEMERKELKHAPPIE                                 BESKRYWING
         1.2.1 Rösti                    A      vis saam met rys gerol, toegedraai in
                                               nori-velle en in ronde skywe gesny
         1.2.2 Pâté
                                        B      gevulde deegvelletjie ('wrapper') wat
         1.2.3 Chinese rolletjies              opgerol en gediepbraai is
               ('Spring rolls')
                                        C      bros ronde goudbruin aartappelkoekie
         1.2.4 Rissoles
                                        D      blokkies gebraaide brood as garnering
         1.2.5 Blini                           gebruik
         1.2.6 Soesji                   E      gladde hoenderlewersmeer wat saam met
                                               Melba-roosterbrood bedien word
                                        F      mengsel van gemaalde vleis, gekapte uie,
                                               melkgeweekte broodkrummels en geklitste
                                               eier in balletjies gevorm en gesoteer
                                        G      verskeidenheid rou groente op 'n bord
                                               saam met 'n doopsous bedien
                                        H      plaatkoekies met 'n gisbasis saam met
                                               suurroom en kaviaar bedien
                                                                                   (6 x 1)        (6)

1.3      Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die nie-inkomstegenererende area
         in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers
         (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.5 G.

                KOLOM A                                    KOLOM B
             NIE-INKOMSTE-                               BESKRYWING
         GENERERENDE AREA
         1.3.1 Sekuriteit  A                beheer/bestuur finansies en bates
         1.3.2 Instandhouding       B       hanteer verdagte aktiwiteite en beskerm die
                                            instansie
         1.3.3 Voorkantoor
                                    C       dra by om meer gaste te lok
         1.3.4 Wassery
                                    D       dra by tot die gladde verloop van elektriese
                                            stelsels en loodgietery
                                    E       inboek- en uitboekprosedures
                                    F       versorg linne en gordyne
                                                                                       (4 x 1)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               7                            DBE/November 2022
                                               NSS

1.4      EENWOORDITEMS

         Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die term/woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       'n Trollie wat in hoogs gesofistikeerde restaurante gebruik word om
                     geregte in die teenwoordigheid van die gaste te flambé

         1.4.2       'n Plaasvervanger vir gelatien wat vir veganiste geskik is

         1.4.3       Die getal glase wat vir twintig gaste by 'n skemerkelkfunksie benodig
                     word

         1.4.4       'n Warm nagereg met 'n sponskoekbasis wat met 'n warm, versoete
                     room-en-bottersous deurweek is

         1.4.5       Die naam van die metode wat in Suid-Afrika gebruik word waar die
                     tweede fermentasie van vonkelwyn in die bottel plaasvind

         1.4.6       Die term wat gebruik word vir vleis wat afkomstig is van diere en voëls
                     wat gejag word

         1.4.7       'n Groep mense wat waarskynlik jou produk sal koop

         1.4.8       Die tipe wins wat bepaal word deur die verskil tussen die verkoopprys
                     en die totale koste te bereken

         1.4.9       Die biologiese stof ('substance') in vars pynappel wat jelvorming
                     voorkom

         1.4.10 Papierdun deeg wat met 'n klam vadoek bedek moet word om                               (10)
                uitdroging te voorkom                             (10 x 1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                8                          DBE/November 2022
                                                NSS

1.5      KEUSE

         1.5.1           Kies DRIE additiewe hieronder wat by die preservering van
                         piekeluie gebruik kan word. Skryf slegs die letters (A–F) langs die
                         vraagnommer (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                         A    Natriumpropionaat
                         B    Bensoësuur
                         C    Natriumbensoaat
                         D    Olyfolie
                         E    Suikerstroop
                         F    Bruin asyn                                                            (3)

         1.5.2           Om die swak punte in 'n besigheid te identifiseer, word 'n
                         SWOT-analise gedoen. Kies DRIE voorbeelde hieronder wat met
                         die swak punte in 'n besigheid te make het. Skryf slegs
                         die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.5.2) in die
                         ANTWOORDEBOEK neer.

                         A    Gebrek aan finansies om 'n besigheid te bedryf
                         B    Gapings in die mark om klein besighede uit te brei
                         C    Swak vaardighede en vermoëns om produkte te lewer
                         D    Inagneming van demografiese faktore soos ouderdom
                         E    Geen bates om die besigheid mee te bedryf nie
                         F    Straatverkopers wat dieselfde produkte verkoop                        (3)

1.6      VOLGORDE

         Herrangskik die stappe om die broskorsdeegtertdop hieronder te berei. Skryf
         slegs die letters (A–D) in die korrekte volgorde langs die vraagnommer (1.6)
         in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     A                     B                   C                   D                (4)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                  9                            DBE/November 2022
                                                  NSS

AFDELING B:          KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        TUISNYWERHEID AAN UITBREKING GEKOPPEL

         Owerhede ondersoek die uitbreek van gastroënteritis wat aan 'n tuisbesigheid
         gekoppel kan word. Klante en sommige werknemers het 'n verskeidenheid
         simptome aangemeld nadat hulle hoenderpasteie, wat by dié besigheid
         gekoop is, geëet het. Owerhede het voedselhanteerders daaraan herinner om
         te alle tye goeie voedsel- en persoonlikehigiëne-praktyke te volg.

         2.1.1        Maak 'n lys van VIER simptome wat die mense kan ondervind.                        (4)

         2.1.2        Regverdig waarom die geïnfekteerde werknemers huis toe gestuur
                      is.                                                                               (3)

         2.1.3        Behalwe persoonlike higiëne, beveel ander praktyke aan wat
                      toegepas moet word om die verspreiding van gastroënteritis te
                      voorkom.                                                                          (4)

2.2      Beskryf VIER voorsorgmaatreëls wat in ag geneem moet word wanneer
         aanlyn aankope gedoen word.                                                                    (4)

2.3      Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              Hierdie oesters is veronderstel           ONMOONTLIK!!!!
              om die beste in die land te wees,         Ons kos is van die hoogste kwaliteit …
              maar dit is nie vars nie!!!               Kan ek voorstel dat indien u die
                                                        kwaliteit van ons cuisine betwyfel, u
                                                        eerder na 'n ander restaurant toe gaan!!

         2.3.1        Lewer kommentaar op die uitkoms van die gaste se verwagtings.                     (1)

         2.3.2        Kritiseer die vlak van kliëntediens wat die kelner toon.                          (4)

                                                                      TOTAAL AFDELING B:                20
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             10                           DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1      Bestudeer die uittreksel uit 'n resep vir 'n mango-charlotte hieronder en
         beantwoord die vrae wat volg.
                                     MANGO-CHARLOTTE
         BESTANDDELE:                  METODE:
         20 sponsvingerbeskuitjies     1. Berei die charlotte-vorm voor.
                                       2. Voer die kante van die charlotte-vorm met
         MANGOVULSEL:                     vingerbeskuitjies uit.
         20 mℓ gelatienpoeier          3. Voeg gelatienpoeier by water in 'n
         75 mℓ water                      hittebestande bak, los vir 'n paar minute
         160 mℓ melk                      om die water te absorbeer en plaas dan
         5 ekstragroot eiers, geskei      die gelatien oor pruttende water om tot
         160 mℓ strooisuiker              deurskynend te smelt.
         200 g geblikte mango's,       4. Verhit melk in 'n kastrol. Klits eiergele en
          gepuree                         helfte van die suiker saam. Voeg die
         160 mℓ vars room, geklop         eiermengsel by die warm melk in die
                                          kastrol en meng goed. Kook vir 5 minute.
                                          Verwyder van die hitte.
                                       5. Laat mengsel afkoel en voeg gelatien by.
                                       6. Klits die eierwitte tot skuimerig. Voeg die
                                          res van die suiker geleidelik by en klits tot
                                          stywepuntstadium.
                                       7. Vou die mango-puree liggies met 'n lepel
                                          in. Vou die geklopte room in.
                                       8. Skep die vulsel in die middel van die
                                          charlotte-vorm.
         3.1.1        Beskryf hoe om die vorm vir die mango-charlotte voor te berei.              (1)
         3.1.2        Identifiseer die TWEE gelatienprosesse wat in Stap 3 beskryf word.
                      Skryf slegs die name van die prosesse in die korrekte volgorde
                      neer.                                                                       (2)
         3.1.3        Klassifiseer die produk wat in Stap 4 berei word.                           (1)
         3.1.4        Verkeerde metodes is in Stap 4 gebruik. Voorspel die moontlike
                      uitkomste van die produk in Stap 4.                                         (2)
         3.1.5        Stel voorsorgmaatreëls voor wat gevolg moet word wanneer die
                      produk in Stap 4 berei word om te verseker dat die produk
                      suksesvol sal wees.                                                         (3)
         3.1.6        Gee nog 'n metode, behalwe die een in Stap 3, wat gebruik kan
                      word om die gelatien te smelt.                                              (1)
         3.1.7        Identifiseer die tipe meringue wat in Stap 6 berei word.                    (1)
         3.1.8        Beskryf riglyne om gedurende die bereiding van die meringue
                      te volg.                                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                               11                             DBE/November 2022
                                               NSS

3.2      Die Davey-hotel het 'n verskeidenheid roomys en granita op die spyskaart.

         3.2.1        Onderskei tussen die twee bevrore nageregte.                        (2 x 2)      (4)

         3.2.2        Evalueer die geskiktheid van die gebruik van spinsuiker as 'n
                      bolaag vir die roomys.                                                           (3)

3.3      Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Leerlingsjef het 'n spyskaart saamgestel wat op produkte wat by 'n
         spesialiteitvoedselmark gekoop is, gebaseer is.

                                spyskaart                SPESIALITEITVOEDSELMARK
                                                          Spesialiseer in plantgebaseerde produkte

                           Botterskorsiesop met
                              Kaasrolletjies
                          Filodeegmandjies met
                           geroosterde groente                Bestanddele gekoop:
                                                                    Perskes
                                                                 Soja-schnitzels
                      Gebraaide Soja-schnitzel met 'n            Botterskorsies
                              Griekse Slaai                   Geroosterde amandels

                           Perske-Compote met
                          geroosterde amandels
                              Tee en Koffie

         3.3.1       Regverdig waarom die spyskaart NIE KORREK volgens die reëls
                     vir die skryf van 'n spyskaart is NIE.                                            (5)

         3.3.2       Bepaal die tipe vegetariër wat slegs die voedselitems wat by die
                     spesialiteitvoedselmark gekoop is by sy/haar dieet sal insluit.                   (2)

         3.3.3       Verduidelik   waarom        die    soja-schnitzels      'n     uitstekende
                     vleisvervanger is.                                                                (4)

         3.3.4       Bespreek die voedingsvoordele om die geroosterde amandels by
                     die nagereg te voeg.                                                              (2)

         3.3.5       Beskryf TWEE ander kreatiewe maniere om geroosterde amandels
                     as garnering/bykomstigheid in die bereiding van die nagereg te
                     gebruik.                                                                          (2)

         3.3.6       Evalueer die geskiktheid van die spyskaart vir 'n Hindoe-gesin.                   (4)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            12                         DBE/November 2022
                                            NSS

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      WAGYU-SKOF*                            YORKSHIRE-POEDING

       *Wagyu-bief is uitstekende kwaliteit bief wat
       van beeste wat in 'n rustige omgewing
       aangehou en volgens 'n spesiale dieet gevoer
       word, verkry word.

         4.1.1        Beveel 'n geskikte gaarmaakmetode vir die skof aan.                        (1)

         4.1.2        Verduidelik TWEE faktore wat die uitstekende kwaliteit van die
                      Wagyu-skof voor slagting beïnvloed het.                                    (2)

         4.1.3        Beoordeel die gebruik van        die   Yorkshire-poeding     as    'n
                      bykomstigheid by die skof.                                                 (2)

4.2      Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            A                                      B

         Identifiseer en beskryf die tegnieke in Prente A en B.                    (2 x 3)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                13                           DBE/November 2022
                                                NSS

4.3      Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                          BOUCHÉE-DOPPIES

                                   5 cm

                               A                                         B
         4.3.1        Identifiseer die deeg wat in die bereiding van die bouchées gebruik is.        (1)
         4.3.2        Skryf die verhouding van vet tot meel wat in die deeg gebruik is, neer.        (1)
         4.3.3        Evalueer die voorkoms van die bouchée-doppie in Prent A.                       (3)
         4.3.4        Gee riglyne wat gevolg moes word om 'n suksesvolle voorkoms en
                      tekstuur van die produk in Prent B te verseker.                                (3)
4.4      Bestudeer die etiket van ingemaakte pere hieronder en beantwoord die vrae wat
         volg.
                                     ETIKET                                  KOSPRYS VAN
                                                                             BESTANDDELE

            Bestanddele:
            Pere, suiker,
            suurlemoensap,
            pektien
                                                                             Pere: R27,99
                                                      Ceres-vallei 25
                                                                             Suiker: R9,99
                                                      KAAPSTAD           Suurlemoensap:R6,00
                                                      SUID-AFRIKA           Pektien: R5,00
            Om varsheid na
            oopmaak te
            behou, verkoel         PEERSKYFIES IN
                                   SUIKERSTROOP
            in yskas

         4.4.1        Bepaal die inligting wat op die etiket ontbreek.                               (4)
         4.4.2        Bespreek hoe inmaak gebruik word om die pere te preserveer.                    (4)
         4.4.3        Bereken die volgende. Toon ALLE formules en berekeninge.
                      (a)    Voedselkoste van die peerskyfies in suikerstroop                        (2)
                      (b)    Die verkoopprys van die peerskyfies in suikerstroop deur 'n
                             voedselkostepersentasie van 40% te gebruik                              (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             14                          DBE/November 2022
                                             NSS

4.5      Bestudeer die illustrasies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         4.5.1        Identifiseer die chouxdeegproduk in die prentjies hierbo.                    (1)

         4.5.2        Gee die temperatuur wat benodig word om die produk te braai.                 (1)

         4.5.3        Beskryf hoe die produk hanteer moet word onmiddellik nadat dit
                      gebraai is.                                                                  (1)

         4.5.4        Regverdig hoekom die volgende prosedures belangrik is wanneer
                      chouxdeeg berei word:

                      (a)   Moenie die water en smeer vir te lank kook nie.                        (2)

                      (b)   Eiers moet bietjies op 'n slag by die afgekoelde deeg
                            gevoeg word.                                                           (2)

                      (c)   Moenie meer meel by die deeg voeg nadat die meelmengsel
                            reeds gekook is nie.                                                   (2)
                                                                                                   [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:                80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                       15                            DBE/November 2022
                                                       NSS

AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
            VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING
VRAAG 5

5.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         'n Internasionale toergroep het die Mpumzale-restaurant besoek. Een van die
         gaste, wat 'n paar drankies te veel gehad het, het baie luidrugtig geraak en
         die ander gaste begin pla. Die kelner het die gas hoflik gevra om op te hou.
         Toe die gas op nog 'n drankie aangedring het, het die kelner geaarsel, maar
         toe wel die drankie bedien. Die gas het so besope geraak dat hy op die tafel
         begin dans het. Hy het sy balans verloor, van die tafel afgeval en sy enkel
         gebreek.

         5.1.1         Noem die personeellid wat die kelner moes ondersteun het.                              (1)

         5.1.2         Redeneer of die kelner die situasie met die besope gas reg hanteer
                       het.                                                                                   (4)
         5.1.3         Behalwe noodhulp, stel voor hoe die restaurantpersoneel hierdie
                       onvoorsiene omstandigheid waar die gas sy enkel gebreek het,
                       moet hanteer.                                                                          (3)

5.2      Bestudeer die advertensie en webblad hieronder en beantwoord die vrae wat
         volg.

                         ADVERTENSIE                                        WEBBLAD

                    WERKSGELEENTHEID:
             Televerkoopbestuurder vir Mpumzale-
                         gastehuis                           ***MPUMZALE LUUKSE GASTEHUIS***

                                                                                                 R999
                                                                                                 p.p.p.n.

         Kwalifikasies: Graad/Nagraads                       Die gastehuis is 200 m vanaf die strand geleë.
         Aantal jare ondervinding: 5 jaar                    Gratis watersport is beskikbaar. Naby
         Energiek met 'n positiewe ingesteldheid             wandelpaaie en watervalle. 24-uur-ontvangs en
         Kriteria vir seleksie:                              kamerdiens.
                      Persoonlike onderhoud                               HOOGTEPUNTE
                      Bespreek aanlyn bemarkingsinstrument
                      Omvattende CV
                               (   www.mpumzale.com)

         Kontakbesonderhede: +27 (0)11 555 5555
                                                             Akkommodasie      Gourmet-etes        Spa
         Sluitingsdatum: 6 Mei 2022
                                                                         BESPREEK NOU!!!

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              16                       DBE/November 2022
                                              NSS

         5.2.1        Noem die departement waaronder die televerkooppersoneel val.               (1)

         5.2.2        Noem      die   rolle     en    verantwoordelikhede      van       'n
                      televerkoopspersoon.                                                       (3)

         5.2.3        Beskryf kortliks die rol van die menslikehulpbron-bestuurder nadat
                      'n geskikte kandidaat deur die instansie aangestel is.                     (3)

         5.2.4        Motiveer waarom die webblad 'n suksesvolle visuele                en
                      elektroniese bemarkingsinstrument vir die gastehuis is.                    (5)

         5.2.5        (a)   Definieer inkomstegenererende areas.                                 (1)

                      (b)   Identifiseer TWEE voorbeelde van inkomstegenererende
                            areas op die webblad.                                                (2)

5.3      Noem DRIE bemarkingsmengselkonsepte wat 'n entrepreneur in ag moet
         neem wanneer 'n besigheid gevestig word.                                                (3)

5.4      Verduidelik hoe die Covid-19-pandemie die gasvryheidsbedryf en die
         ekonomie van die land negatief beïnvloed het.                                           (4)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             17                            DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 6
6.1      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         6.1.1        Beoordeel die akkuraatheid van die dekplek ('cover') volgens die
                      plasing van die:
                      (a)    Eetgerei                                                              (3)
                      (b)    Breekware                                                             (2)
         6.1.2        Lewer kommentaar op die algehele voorkoms van die servet.                    (2)

6.2      Bestudeer die prente en lys van apparate hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

           A – GEBOUDE SKEMERKELKIE                 B – VRIESVERSIER ('FROSTING')

         LYS VAN APPARAAT:            Lepel
                                      Mengfles
                                      Deurgooisif ('Strainer')

         6.2.1        Identifiseer die gepaste apparaat wat die kroegman sal gebruik om
                      die skemerkelkie in Prent A te berei.                                        (1)
         6.2.2        Beskryf hoe die skemerkelkie in Prent A berei word.                          (2)
         6.2.3        Verduidelik die metode wat die kroegman sal volg om die glas wat
                      in Prent B geïllustreer is, te vriesversier.                                 (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              18                          DBE/November 2022
                                              NSS

6.3      'n Groep kollegestudente besoek die Soweto-wynfees. Hulle het geen vorige
         kennis van wyn, hoe dit gestoor word of die pas van kos en wyn nie.
         6.3.1        Help die studente deur die wynklassifikasie te verskaf wat by die
                      beskrywings hieronder pas.

                        Geen addisionele         Groot koolstof-        Wynspiritus word
                         bestanddele is          dioksiedborrels          bygevoeg om
                           gedurende            vorm gedurende         fermentasie te stop
                       fermentasie by die      fermentasie in die
                         wyn gevoeg nie               bottel
                               A                        B                      C               (3)

         6.3.2        Noem DRIE tipes inligting wat op die voorkant van 'n wynetiket
                      ingesluit moet word.                                                     (3)
         6.3.3        Beveel aan hoe die voedsel- en drankbedieningpersoneel
                      rooiwynbottels met kurkproppe moet stoor.                                (5)
6.4      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        BROODBEDIENING

         6.4.1        Identifiseer die bedieningstyl wat gebruik word om die brood te
                      bedien.                                                                  (1)
         6.4.2        Beskryf hoe die kelner hierdie tegniek in die restaurant sou uitvoer.    (4)
6.5      Verduidelik die prosedure om dekplekke ('covers') by 'n formele maaltyd reg
         te maak.                                                                              (2)
                                                                                               [30]
                                                                    TOTAAL AFDELING D:         60
                                                                        GROOTTOTAAL:           200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2022-eng/3a744da2-71a9-4dc3-91e2-402735b96a82) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Eng
- [HOSP STUDIES QP GR12 SEPT Deaf](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-qp-gr12-sept-deaf/127e2f18-84be-46da-a307-63e4640746c7) — Hospitality Studies · QP · 2022
- [HOSP STUDIES QP GR12 SEPT Deaf](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-qp-gr12-sept-deaf/d7f9eef9-bb6e-445c-8356-ba1f97a64300) — Hospitality Studies · QP · 2022
- [HOSP ST GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-st-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/11983b69-95c5-4103-a8dc-af66f43a70f7) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr
- [HOSP STUDIES QP GR12 SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-qp-gr12-sept-2022-english/669257af-648f-451c-96e6-82158be934d2) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Eng
- [Hospitality Studies May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2022-eng/24736ff1-b9c1-4cba-a26f-79e7e9d6caee) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
