# Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRADE 12

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                           GASVRYHEIDSTUDIES

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           2                    DBE/November 2023
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                 (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit          (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                        (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                 (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       AFDELING A: VRAAG 1 – MOENIE 'n reël tussen antwoorde ooplos NIE, bv.
         1.1.1
         1.1.2

5.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             3                     DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.
         VOORBEELD:
         1.1.11      'n Goeie bron van vitamien C is …
                     A   melk.
                     B   lemoene.
                     C   vleis.
                     D   brood.
         ANTWOORD:
         1.1.11      B

         1.1.1       Die oppervlak van vleis word vinnig teen 'n hoë temperatuur
                     verbruin om die geur te verbeter:
                     A   Smoor
                     B   Oondbraai
                     C   Soteer
                     D   Toeskroei                                                         (1)
         1.1.2       'n Voorbeeld van harige wild:
                     A   Krokodil
                     B   Volstruis
                     C   Springbok
                     D   Fisant                                                            (1)
         1.1.3       'n Preserveringsmetode waartydens voedsel in plastieksakke
                     geplaas word en al die lug deur 'n gespesialiseerde proses
                     verwyder word:
                     A   Spuitdroging
                     B   Vriesdroging
                     C   Lugdigte verpakking
                     D   Vakuumverpakking                                                  (1)
         1.1.4       Die soort inligting wat NIE vereis word wanneer 'n bespreking
                     gemaak word NIE:
                     A   Inkomste en uitgawes
                     B   Aantal gaste
                     C   Identiteitsnommer
                     D   Kontakbesonderhede                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              4                           DBE/November 2023
                                              NSS

         1.1.5       'n Voorbeeld van 'n warm, gebakte eierbasis-nagereg:

                     A    Ryspoeding
                     B    Brood-en-botter-poeding
                     C    Kerspoeding
                     D    Malvapoeding                                                            (1)
         1.1.6       Wanneer 'n … meringue voorberei word, word 'n warm
                     suikerstroop by eierwitte gevoeg terwyl dit geklits word:

                     A    Franse
                     B    Sweedse
                     C    Italiaanse
                     D    Switserse                                                               (1)
         1.1.7       Die algemene simptome van tuberkulose:

                            1                 2                  3                4

                     A    1, 2, 3
                     B    2, 3, 4
                     C    1, 3, 4
                     D    1, 2, 4                                                                 (1)
         1.1.8       'n Hors d'oeuvre wat uit 'n croûte-basis en twee ander dele
                     bestaan:

                     A    Pizette
                     B    Blinis
                     C    Palmiers
                     D    Canapés                                                                 (1)

         1.1.9       Inligting wat slegs op die etiket aan die agterkant van 'n wynbottel
                     verskyn:

                     A    Bedieningstemperatuur
                     B    Naam van vervaardiger
                     C    Oorsprong van wyn
                     D    Kultivar                                                                (1)
         1.1.10      Die gasvryheidsektor verseker goeie kliëntediens deur … te
                     verskaf.

                     A    redelike afslag
                     B    goed opgeleide personeel
                     C    goed gedrukte spyskaarte
                     D    redelike pryse                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                        5                        DBE/November 2023
                                        NSS

1.2      PASITEMS

         Kies die bedieningstyl uit KOLOM B wat by 'n bedieningsmetode in
         KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 H.

                         KOLOM A                          KOLOM B
                    BEDIENINGSMETODES               BEDIENINGSTYLE
         1.2.1                                A   familie

                                              B   silwer

                                              C   bordbediening

                                              D   buffet
         1.2.2
                                              E   Russies

                                              F   gueridon

                                              G   voorsny

         1.2.3

         1.2.4

         1.2.5

                                                                          (5 x 1)        (5)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              6                           DBE/November 2023
                                              NSS

1.3      PASITEMS
         Kies die soort wyn uit KOLOM B wat by die gereg in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 H.

                         KOLOM A                                  KOLOM B
                        GEREGTE                                  SOORT WYN
         1.3.1       Oondgebraaide beesvleis         A    rosé

         1.3.2       Malvapoeding                    B    Chardonnay

         1.3.3       Geroosterde bottergarnale       C    sjampanje

         1.3.4       Filterkoffie                    D    hanepoot

         1.3.5       Rissie-kruie-oesters            E    Shiraz

                                                     F    droë port

                                                     G    brandewyn
                                                                                      (5 x 1)     (5)
1.4      EENWOORD-ITEMS
         Gee EEN term/woord vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die term/woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
         1.4.1        Om potensiële kliënte in te lig oor produkte en dienste wat hulle
                      moontlik wil koop
         1.4.2        Die tipe wyn waaruit die alkohol verwyder is
         1.4.3        'n Tradisionele sous wat met oondgebraaide vark bedien word
         1.4.4        'n Maleise styselgebaseerde melkpoeding wat met 'n meringue-
                      bolaag gebak kan word
         1.4.5        Verhitting en afkoeling van couverture-sjokolade tot spesifieke
                      temperature wat 'n gladde, blink voorkoms tot gevolg het
         1.4.6        'n Nie-alkoholiese drankie waar twee of meer bestanddele in lae
                      opmekaar geplaas word
         1.4.7        'n Tipe ryk tertdeeg wat gebruik word om tarte Tatin te berei
         1.4.8        Die proses waar gesponsde gelatien oor stoom gesmelt word
         1.4.9        'n Ronde, harde meringuedop gevul met roomys of geklopte room
                      en vars vrugte
         1.4.10       'n Proses wat ná rigor mortis plaasvind waar spiervesels afgebreek
                      word en sagter vleis tot gevolg het                        (10 x 1)         (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             7                        DBE/November 2023
                                             NSS

1.5      KEUSE

         1.5.1       Kies VYF peuselhappies uit die lys hieronder wat nie deur 'n
                     Moslemgas genuttig kan word nie. Skryf slegs die letters (AJ)
                     langs die vraagnommer (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK.

                     A   Rösti-aartappels
                     B   Sterk gekruide ('devilled') eiers
                     C   Quiche Lorraine
                     D   Hoendervlerkies ('Buffalo wings')
                     E   Salami baguette
                     F   Aartappel-samoesas
                     G   Romerige mossels
                     H   Duiwelruitertjies ('Devils-on-horseback')
                     I   Brandewynballetjies
                     J   Koffie Panna Cotta                                                    (5)

         1.5.2       Identifiseer TWEE snitte hieronder wat van die voorkwart van 'n
                     beeskarkas verkry word. Skryf slegs die letters (AD) langs die
                     vraagnommer (1.5.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            A              B                   C              D
                         DIKRIB        KRUISSKYF               DY          PLATRIB             (2)

         1.5.3       Kies DRIE rolle van die Finansies-en-boekhouding-departement in
                     'n groot gasvryheidsonderneming uit die lys hieronder. Skryf slegs
                     die letters (AF) langs die vraagnommer (1.5.3) in die
                     ANTWOORDEBOEK neer.

                     A   Instandhouding en opgradering van verkooppunt-sagteware
                     B   Bou klantelojaliteit
                     C   Betaal personeelsalarisse
                     D   Kontroleer bankprosedures
                     E   Verseker dat die hotel se beeld korrek geprojekteer word
                     F   Teken kontrakte met betroubare diensverskaffers                       (3)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:            40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            8                              DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING B:          KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2

2.1      Bestudeer die aangepaste mediaverklaring hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.
                                                                    MEDIAVERKLARING
                                                         VRYDAG 24 FEBRUARIE 2023
                 PUBLIEK WORD NA EERSTE STERFGEVAL GEMAAN OM AAN
                    CHOLERA-VOORKOMINGSMAATREËLS TE VOLDOEN
         Een provinsie het vyf choleragevalle bevestig. Ongelukkig het die vyfde geval
         die dood van die pasiënt, wat vroeër met erge waterige diarree in die
         hospitaal opgeneem is, tot gevolg gehad.
         Die departement se Uitbraakrespons en Ondersoekspan het reeds altesaam
         12 nabye kontakte van die oorledene opgespoor. Twee van hierdie kontakte
         is personeellede van 'n restaurant. Die gesondheidsraad het die
         restaurantbestuur verseker dat hulle soos gewoonlik met sake kan voortgaan,
         aangesien hulle higiëniese praktyke en sanitasiesisteem aan die
         veiligheidstandaarde voldoen.
                                                    [Aangepas uit mediaverklaring, 24/02/2023]

         2.1.1        Noem DRIE simptome, behalwe waterige diarree, wat die kontakte
                      kan ondervind.                                                                (3)

         2.1.2        Motiveer waarom die restaurant nie in gevaar is om die siekte oor
                      te dra nie.                                                                   (4)

         2.1.3        Beskryf die mense wat die meeste in gevaar is om die siekte op te
                      doen.                                                                         (3)

2.2      Gaste-opnames is een van die beste metodes om seker te maak dat die
         onderneming aan die gaste se verwagtinge voldoen. Bestudeer die gaste-
         opname hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                TAMM RESTAURANT
                  RESULTATE VAN GASTE-OPNAME: 15 NOVEMBER 2023
                                  ITEM                            BEOORDELING
          Gehalte van die voedsel                                         4
          Wagtyd vir die maaltyd                                          1
          Tyd wat dit geneem het om 'n sitplek te kry                     4
          Neem van die kosbestelling                                      3
          Professionalisme en effektiwiteit van die personeel             3
          Algehele uitnemende diens                                       1
          Aanbeveling van restaurant aan vriende                          1
          Beoordelingskaal: 1  Swak; 2  Aanvaarbaar; 3  Goed; 4  Uitstekend
          Analiseer die impak wat die positiewe en negatiewe resultate op TAMM
          Restaurant en die winsgewendheid daarvan kan hê.                (2 x 2)                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             9                           DBE/November 2023
                                             NSS

2.3       Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Vyfster Viswinkel het as gevolg van beurtkrag baie uitdagings met die
          kontrole van hulle voorraad ervaar. Maandag het 'n vragmotor van 'n vis-
          groothandelaar 10 bokse viskoekies afgelewer. Aangesien die rekenaars van
          lyn af was, moes die stoorman 'n handgeskrewe voorraadkontrolekaart opstel
          en hy het in die proses vyf bokse verkeerdelik opgeteken.

                    GEREKENARISEERDE VOORRAADKONTROLEKAART
                                               Prys
                                    Voorraad         Voorraad
            Beskrywing     Datum               per            Balans
                                    ontvang          op hande
                                             eenheid
              Skelvis-
             viskoekies  22/11/2023    (a)    R45,99    12      (b)
                300 g

         2.3.1       Korrigeer inligting (a) en (b) wat die stoorman              op   die
                     gerekenariseerde voorraadkaart moet opteken.                                (2)

         2.3.2       Verduidelik kortliks hoe rekenaars voordelig is vir voorraadkontrole-
                     stelsels by Vyfster Viswinkel.                                              (4)

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              20

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            10                          DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1      Bestudeer die volgende keuse van geregte vir 'n spyskaart en beantwoord die
         vrae wat volg.

          Hors d'oeuvre             Entrée             Hoofgereg               Nagereg
              Sushi           Geroosterde-spek-        Schnitzels             Sjokolade-
                              en-kaas-sampioene        bedien met              mousse
                                                    Aartappelkrokette
         3.1.1        Noem TWEE anafilaktiese reaksies wat 'n gas kan toon nadat die
                      geroosterde-spek-en-kaas-sampioene geëet is.                                 (2)
         3.1.2        Evalueer die keuse      van    voedselgeregte     vir    'n   formele
                      viergangspyskaart.                                                           (5)
         3.1.3        Die keuse van geregte is nie geskik vir 'n gas met diabetes nie.
                      Motiveer jou antwoord.                                                       (4)
3.2      Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     CROQUEMBOUCHE                             GOUGÈRES
         3.2.1        Onderskei tussen die chouxdeeg-poffertjies wat in die
                      croquembouche en gougères gebruik word. Tabuleer jou antwoord
                      soos volg:
                         CROQUEMBOUCHE                         GOUGÈRES
                               (1)                                (1)                              (2)
         3.2.2        Stel voor hoe die gebakte chouxdeegpoffertjies wat vir die
                      croquembouche gebruik word, gestoor kan word indien dit twee
                      dae voordat dit aanmekaargesit word, berei word.                             (2)
         3.2.3        Verduidelik DRIE moontlike redes waarom die gebakte gougères
                      swaar en olierig kan wees.                                                   (3)
         3.2.4        Beskryf die bereiding van die spinsuiker wat gebruik is om die
                      croquembouche te garneer.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                            11                        DBE/November 2023
                                            NSS

3.3      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       WARM BEROKING
         3.3.1       Beskryf die proses van warm beroking.                                     (1)
         3.3.2       Verduidelik die voordele van warm beroking.                               (4)
         3.3.3       Noem DRIE soorte voedsel wat gepreserveer kan word deur warm
                     beroking te gebruik.                                                      (3)
3.4      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                         PLANT CAFÉ
         Een van Oos-Londen se voedselskatte is Plant Café wat in
         ongeprosesseerde veganiese kosse spesialiseer. Dit is 'n volledige veganiese
         eetplek wat trots is op hulle heerlike plantgebaseerde maaltye,
         skemerkelkborde, vrugteskommels ('smoothies'), sappe en nageregte. Terwyl
         jy daar is, kan jy ook jou voorraad aanvul, soos melkplaasvervangers en
         bestanddele vir gebak.
         3.4.1       Gee EEN voorbeeld van 'n plantgebaseerde melkplaasvervanger
                     wat gebruik kan word om die vrugteskommels op die spyskaart van
                     Plant Café te berei.                                                      (1)
         3.4.2       Maak 'n lys van die voordele van die inname van plantgebaseerde
                     maaltye.                                                                  (4)
         3.4.3       Voorspel waarom die Plant Café moontlik nie so gewild onder
                     fleksitariërs as onder veganiste ('vegans') sal wees nie.                 (3)
         3.4.4       Bestudeer die lys met hors d’oeuvres hieronder en kies TWEE
                     items wat NIE vir die Plant Café se skemerkelkborde geskik is NIE.
                     Motiveer ELKE item wat gekies is.
                                       LYS VAN HORS D'OEUVRES
                            rissoles; foie gras; salsa; crudités; tofu-stokkies;
                                            hummus; vishappies                                 (4)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                              12                           DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                             Crème Pâtissière

                                                             Aarbeijellie

         4.1.1        Noem TWEE tegnieke wat jy kan gebruik om die aarbeijellie-
                      mengsel af te koel om vinniger te stol.                                      (2)

         4.1.2        Bespreek hoe die byvoeging van ekstra suiker die stolling van die
                      aarbeijellie sal beïnvloed.                                                  (1)

         4.1.3        Beskryf TWEE maniere hoe jy die vorm vir die jellie sal voorberei.           (2)

         4.1.4        Noem VIER hoofbestanddele wat gebruik word om die Crème
                      Pâtissière te berei.                                                         (4)

         4.1.5        Verduidelik waarom die Crème Pâtissière nie by 'n hoë
                      temperatuur skif nie.                                                        (1)

4.2      Bestudeer die prente van soet broskorsdeeg hieronder en beantwoord die
         vrae wat volg.

                       A                      B                            C
                    TEGNIEK             GEKRIMPTE DEEG                VRUGTETERTJIE
         4.2.1        Motiveer waarom die apparaat, toerusting en bestanddele yskoud
                      gehou moet word wanneer die broskorsdeeg berei word.                         (2)

         4.2.2        Verduidelik die rol wat suiker in die gebakte broskorsdeeg speel.            (2)

         4.2.3        Identifiseer die tegniek in PRENT A.                                         (1)

         4.2.4        Gee TWEE redes waarom die deeg in PRENT B gekrimp het nadat
                      dit gebak is.                                                                (2)

         4.2.5        Identifiseer die versiering van die vrugtetertjie in PRENT C.                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             13                         DBE/November 2023
                                             NSS

4.3      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            Jy is die gasheer van 'n aandete en die hoofgereg
                          is skaapvleispotjiekos.

         4.3.1       Stel die mees geskikte skaapvleissnitte vir die potjiekosgereg voor.        (3)

         4.3.2       Identifiseer en beskryf die gaarmaakmetode wat gebruik word om
                     die skaapvleis gaar te maak.                                                (3)

         4.3.3       Noem TWEE kwaliteitseienskappe van die vet en tekstuur van
                     skaapvleis. Tabuleer jou antwoorde soos volg:

                                  VET                            TEKSTUUR
                                   (2)                              (2)                          (4)

4.4      Verduidelik hoe die verlies aan sarkoplasma tydens die bereiding en
         gaarmaak van die vleissnitte vir die potjiekosgereg voorkom kan word.                   (3)

4.5      Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       Mpumzale Troue
                                          50 gaste
                            24 Augustus 2023, vanaf 14:00 tot 21:00
                          ITEM                                 PRYS
                                 VOEDSEL- EN DRANKKOSTE
         Voedsel                                             R4 500,00
         Troukoek                                            R1 200,00
         Drankies                                            R3 000,00
                                           HUUR
         Musiek en vermaak                                   R1 500,00
         Groot tent en Tiffany-stoele                        R4 500,00
         Lasergesnyde naamkaartjies                            R600,00
         Blomme                                                R500,00
         Tydelike personeel (Kelners x 5 @ R100,00 per uur)

         4.5.1       Bereken die arbeidskoste vir die duur van die funksie. Toon ALLE
                     formules en berekeninge.                                                    (3)

         4.5.2       Identifiseer TWEE items wat deel uitmaak van die oorhoofse koste.           (2)

         4.5.3       Bereken die totale koste van die troue. Toon ALLE formules en
                     berekeninge.                                                                (4)
                                                                                                 [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:               80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                             14                          DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
            VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Bespreek die rolle en verantwoordelikhede van 'n nag-ouditeur.                          (2)

5.2      Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Statistiek Suid-Afrika het in 'n verslag aangedui dat die totale inkomste vir die
         hotelsektor in Julie 2022 laer was as die totale inkomste in Julie 2019, terwyl
         besetting ook afgeneem het.

         5.2.1       Verduidelik hoe die bemarkingsdepartement se personeel in die
                     gasvryheidsbedryf klante kan lok om verkope te verhoog.                     (4)

         5.2.2       Noem en beskryf TWEE nie-inkomstegenererende areas in 'n
                     akkommodasie-onderneming wat 'n bydrae maak tot 'n verhoging
                     in inkomste as gevolg van die positiewe beeld wat dit skep.                 (4)

         5.2.3       Noem VIER maniere waarop 'n hoër inkomste in die hotelsektor tot
                     die Suid-Afrikaanse ekonomie kan bydra.                                     (4)

5.3      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Tydens 'n onlangse besoek aan Kaapstad, het Thandi en Thabo die land se
         kulinêre cuisine ervaar deur verskillende voedselstalletjies te besoek en
         gebruik te maak van die jongste motorfietsbestuurderdienste. Die
         motorfietsbestuurders het ook as voedselgidse gedien. Thandi en Thabo het
         saamgespan om hierdie besigheidsidee vir jong voedselentoesiaste na die
         Durban-strandfront te bring. Hulle het met drie motorfietsbestuurders en 10
         voedselstalletjies, wat spesialiseer in 'n verskeidenheid cuisine, begin. Hulle
         wil die hele strandfront-area vanaf die Suncoast Casino tot Ushaka Marine
         World binne ses maande bedien. Thandi en Thabo wil ook die dienste na
         ander provinsies uitbrei.

         5.3.1       Identifiseer die teikenmark.                                                (1)

         5.3.2       Ontwikkel 'n sakeplan vir Thandi en Thabo se besigheidsidee,
                     onder die volgende opskrifte:

                     (a) Besigheidsbeskrywing                                                    (2)

                     (b) Personeelplan en posbeskrywings                                         (4)

         5.3.3       Stel VIER bekostigbare visuele bemarkingsmiddele voor wat hulle
                     kan gebruik om hulle besigheid te bemark.                                   (4)

         5.3.4       Noem VYF eienskappe van 'n goeie visuele bemarkingsmiddel.                  (5)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                           15                         DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 6

6.1      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         6.1.1       Regverdig waarom die wyn in die prentjie hierbo as 'n vonkelwyn
                     geklassifiseer word.                                                     (1)

         6.1.2       Stel 'n witdruif-kultivar voor wat gebruik kan word om die wyn
                     hierbo te produseer.                                                     (1)

         6.1.3       Noem TWEE metodes om vonkelwyn te produseer.                             (2)

         6.1.4       Noem die graad van soetheid vir ELK van die volgende:

                     (a) Sec                                                                  (1)

                     (b) Doux                                                                 (1)

         6.1.5       Maak 'n lys van VIER algemene vereistes vir 'n binneverbruik(op
                     die perseel)-dranklisensie.                                              (4)

6.2      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vraag.

         Beskryf die algemene reëls vir die bereiding van skemerkelkies wanneer die
         metode in die prentjie hierbo gebruik word.                                          (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies                                    16                        DBE/November 2023
                                                    NSS

6.3      Bestudeer die diagram van 'n tafelsitplekplan vir 'n formele funksie hieronder
         en beantwoord die vrae wat volg.

                                   Mev. M Zulu       Mnr. K Zulu      Mev. F Roux

            Mnr. J Smith
                                                                                         Mnr. K Jabe

                                                                                         (GASHEER)

                                 Mev. T Mahlatji   Mev. A Brand      Mev. T Naidoo

         6.3.1             Gee die naam van die gas wat soos volg bedien gaan word:

                           (a)     Eerste                                                              (1)

                           (b)     Vierde                                                              (1)

                           (c)     Laaste                                                              (1)

         6.3.2             Noem VYF riglyne om te volg wanneer 'n lokaal vir 'n formele funksie
                           opgestel word.                                                              (5)

         6.3.3             Verduidelik hoe die gaste by die restaurant gegroet en verwelkom sal
                           word.                                                                       (4)

6.4      Verduidelik hoe jy 'n gas sal hanteer wat tydens restaurantdiens met 'n
         kelner flirt.                                                                                 (3)
                                                                                                       [30]

                                                                       TOTAAL AFDELING D:              60
                                                                           GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Hospitality Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-eng/0a8d29f0-8c1a-4631-915f-d4f87b4fafca) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-english/cf2432c3-f006-477b-9a08-87efec8d6320) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-eng/50ef98bf-a40e-4823-a81c-93f1b85e034b) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-afr/a97b81fd-5f7e-46f5-bb22-e04f636a263b) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2022-afr/eae87682-66dc-4167-91a7-73f764436aee) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-hospitality-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556) — QP · 2024 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/428a34e2-7d2b-4e20-a4bc-2dbf9ae8b099) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
