# Hospitality Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2024-afr/7a21e6ec-19c9-4f3b-bc1d-ef0ef2999d2a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2024-afr/7a21e6ec-19c9-4f3b-bc1d-ef0ef2999d2a)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                           GASVRYHEIDSTUDIES

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Gasvryheidstudies                           2                    DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

         AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe)                 (40)
         AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                     Higiëne, veiligheid en sekuriteit          (20)
         AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                     Voedselkommoditeite                        (80)
         AFDELING D: Sektore en loopbane;
                     Voedsel- en drankbediening                 (60)

2.       Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       AFDELING A: VRAAG 1: Beantwoord al die vrae onder mekaar in die
         ANTWOORDEBOEK sonder om 'n reël oop te los, soos hieronder getoon.

         Korrek:
         1.1.1
         1.1.2

         Verkeerd:
         1.1.1

         1.1.2

5.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Gasvryheidstudies                                3                          DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.         Nov

         VOORBEELD:

         1.1.11          'n Goeie bron van vitamien C is …

                         A    melk.
                         B    lemoene.
                         C    vleis.
                         D    brood.

         ANTWOORD:

         1.1.11          B

         1.1.1       'n Eienskap van broskorsdeeg:

                     A       Gelamineerde lae
                     B       Veelvuldige lae
                     C       Krummelrige tekstuur
                     D       Onegalige tekstuur                                                         (1)

         1.1.2       Kies EEN van die produkte in die prentjies (A–D) waar die
                     preserveringsmetode uit beroking, droging en die byvoeg van sout
                     bestaan:

                             Ham               Pere          Sardientjies           Biltong
                              A                  B                C                     D               (1)

         1.1.3       'n Waterbad wat bestaan uit 'n vlak houer met stomende water en
                     wat met elektrisiteit verhit word:

                     A       Warmskinkbord
                     B       Warmlaai
                     C       Konfoor ('Chafing dish')
                     D       Bain-marie                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Gasvryheidstudies                             4                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

         1.1.4       Kies die tegnieke wat op die beesvleis in die prentjie hieronder
                     toegepas is.

                     A     Vulsel en toeskroei
                     B     Afranding/Afwerking en voorsny
                     C     Ontbening en lardering
                     D     Bardering en vasbind                                                  (1)
         1.1.5       Die hoofdoel van die openings-mise-en-place in 'n restaurantkombuis
                     is om …
                     A     vir die volgende dag se spyskaartitems voor te berei.
                     B     die dag se bestellings en verkope te finaliseer.
                     C     kombuisgereedskap skoon te maak en te tel.
                     D     die kelnerstasies vir bediening voor te berei.                        (1)
         1.1.6       'n Aksie wat in 'n restaurantopset prioriteit moet geniet wanneer
                     'n gas ontevredenheid uitspreek:
                     A     Ignoreer die situasie om konflik te vermy
                     B     Gee vinnig en effektief aandag aan die probleem
                     C     Gee die gas opdrag om kalm en geduldig te bly
                     D     Raak betrokke by 'n debat om die restaurant se beleid te
                           bespreek                                                              (1)
         1.1.7       Kies 'n koue hors d'oeuvre uit die vleis-en-vleisalternatiewe
                     voedselgroep in die prentjies (A–D) hieronder getoon.

                     MOZZARELLA-        SUURROOM-           PIKANT-         SPESERY-
                     EN-TAMATIE-        EN-VINKEL-         RISSIE-EN-       GEVULDE
                      STOKKIES         KOMKOMMER-            KAAS-            EIERS
                                         KOPPIES           PALMIERS
                            A                 B                 C                  D             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Gasvryheidstudies                                 5                              DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

         1.1.8       Die metode om beesvleis vakuum te verpak en dit vir twee weke in
                     die yskas te laat:

                     A       Elektriese verkoeling
                     B       Nat rypwording
                     C       Rigor mortis
                     D       Droë rypwording                                                             (1)

         1.1.9       Die proses waartydens suiker na alkohol en koolstofdioksied
                     omgeskakel word:

                     A       Fermentasie
                     B       Fortifisering
                     C       Karbonisering
                     D       Verheldering                                                                (1)

         1.1.10 'n Veganisdieet sluit             tipies      die   volgende   bestanddele     by
                voedselbereiding in:

                     A       Sojaprodukte, groente, neute en gelatien
                     B       Groente, vrugte, peulgroente en gis
                     C       Groente, vrugte, eiers en peulgroente
                     D       Heuning, peulgroente, vrugte en neute                                       (1)

1.2      PASITEMS

         Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die vleisproduk in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.5 G.

                KOLOM A                                       KOLOM B
              VLEISPRODUK                                   BESKRYWING
         1.2.1 Tournedos                     A    5–6 cm-primasnit uit die filet

         1.2.2       Kebab                   B    5 cm dik snit uit die lende

         1.2.3       Medaljons               C    2–4 cm ronde snit uit die filet

         1.2.4       Porterhouse             D    25 mm x 25 mm blokkies vleis op 'n
                                                  stokkie

                                             E    1–2 cm klein ronde snit uit die filet

                                             F    10 cm of langer stertgedeelte van die filet
                                                                                      (4 x 1)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Gasvryheidstudies                           6                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

1.3      PASITEMS

         Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die nageregkomponent in
         KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers
         (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.7 J.

                KOLOM A                                  KOLOM B
          NAGEREGKOMPONENT                             BESKRYWING
         1.3.1 Pralien                  A   gegeurde, versoete, geklopte room

         1.3.2       Tuilles            B   'n mengsel van gesmelte sjokolade en
                                            room
         1.3.3       Ganache
                                        C   vrugtesous wat gepuree is, wat
         1.3.4       Crème Chantilly        gaargemaak of rou kan wees

         1.3.5       Crème anglaise     D   fyngebreekte, verharde, gekaramelliseerde
                                            suiker en neute
         1.3.6       Coulis
                                        E   donkersjokolade met ekstra kakaobotter

                                        F   eierbasissous wat in 'n dubbelkoker berei
                                            word

                                        G   mengsel van eier, suiker en wyn wat tot
                                            lintstadium geklop is

                                        H   gedraaide of gekrulde papierdun beskuitjie
                                                                               (6 x 1)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Gasvryheidstudies                            7                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

1.4      EENWOORDITEMS

         Gee EEN term/woord vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         term/woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.4.1       Die soort afval wat in patee gebruik word

         1.4.2       Die negatiewe reaksie van die immuunstelsel nadat 'n spesifieke
                     voedsel geëet is

         1.4.3       Die bereiding van maaltye en die aflewering daarvan by bejaarde
                     mense se huise teen 'n minimale koste

         1.4.4       'n Leefstylsiekte waar daar 'n hoë vlak van drukking in die slagare
                     is

         1.4.5       'n Bevrore Italiaanse nagereg wat bestaan uit fyngebreekte
                     yskristalle wat gevolglik 'n korreltekstuur het

         1.4.6       Die week van gelatien in koue vloeistof om vloeistof te absorbeer
                     en te versag

         1.4.7       Die professionele werksetiek wat vereis dat personeel op gaste se
                     behoeftes bedag sal wees en vinnig daarop sal reageer

         1.4.8       Die opdieneenheid gebruik vir die voorsny van vleisstukke,
                     hoender en wildsvleis voor die gaste

         1.4.9       'n Bemarkingsmengselkonsep wat beskryf wat aan kliënte verkoop
                     word

         1.4.10      Die seël wat 'n amptelike waarborg is dat dit wat op die wynetiket
                     staan, met die inhoud van die bottel ooreenkom            (10 x 1)        (10)

1.5      KEUSE

         1.5.1       Kies VYF oorsake van 'n onsuksesvol gebakte vol-au-vent uit die
                     lys hieronder. Skryf slegs die letters (A–J) langs die vraagnommer
                     (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                     A    'n Lae oondtemperatuur tydens bak
                     B    Werk op 'n koue werksoppervlak
                     C    Te veel meel gedurende uitrol gebruik
                     D    Rol en vou deeg 9–11 keer
                     E    Verkeerde afmeet van bestanddele
                     F    Sif die meel drie keer
                     G    Rol die deeg in een rigting
                     H    Sluit lug in die deeg in
                     I    Geen rus en verkoeling tussen elke uitrolstadium nie
                     J    Rek die deeg te veel tydens uitrol                                   (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Gasvryheidstudies                          8                           DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

         1.5.2       Identifiseer VYF rolle en verantwoordelikhede van die
                     menslikehulpbron-bestuurder in die lys hieronder. Skryf slegs
                     die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.5.2) in die
                     ANTWOORDEBOEK neer.

                     A   Dateer personeelrekenaarstelsels op
                     B   Bestuur personeel se dissiplinêre navrae
                     C   Organiseer opleiding vir werknemers
                     D   Stel verslae oor die transaksies van die dag op
                     E   Evalueer die werkverrigting van personeel
                     F   Teken kontrakte met al die diensverskaffers
                     G   Organiseer bemarkingsaktiwiteite
                     H   Stel werknemerkontrakte op
                     I   Berei werkskedules en roosters voor
                     J   Verseker dat debiteure fakture ontvang                                 (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:                40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Gasvryheidstudies                             9                             DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

AFDELING B:          KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         MTT Hotel is 'n populêre
                                         toeriste-onderneming in Suid-
                                         Afrika.

                                         Die hotel het tydens 'n besige
                                         seisoen 'n groep afgetrede
                                         onderwysers     van     oorsee
                                         verwag.

                                         Daar was skielik waarskuwings
                                         oor 'n hepatitis A-uitbreking in
                                         die gebied. Die hotel was
                                         bedagsaam genoeg om die
                                         toergroep en hotelpersoneel        WEES VERSIGTIG
                                         daarvan bewus te maak om die
                                         nodige voorkomende maatreëls
                                         te tref.

         2.1.1        Noem die orgaan in die liggaam wat geaffekteer word wanneer 'n
                      persoon met hepatitis A geïnfekteer word.                                    (1)

         2.1.2        Stel EEN voorkomende maatreël voor wat die                  afgetrede
                      onderwysers moet tref voordat hulle op die toer vertrek.                     (1)

         2.1.3        Beskryf watter van die oorsese gaste 'n groter risiko kan hê om
                      hepatitis A op te doen.                                                      (1)

         2.1.4        Regverdig waarom die hotelpersoneel wat hepatitis A opgedoen
                      het, nie by die werksplek toegelaat moet word nie.                           (4)

2.2          Mense wat met MIV en Vigs saamleef, kan maklik tuberkulose opdoen.

         Evalueer die stelling hierbo.                                                             (3)

2.3      Verduidelik hoe elektroniese betaalpuntsisteme ('POS') produktiwiteit in die
         restaurant kan verhoog.                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Gasvryheidstudies                                    10                DBE/November 2024
                                                NSS Vertroulik

2.4      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 Waar kliëntediens en
                 uitnemende diens 'n prioriteit is

         Kelner (glimlag): Welkom by ons restaurant! Volg my asseblief na u tafel.

         Kelner (glimlag): Kan ek vir u ons komplimentêre verwelkomingsdrankie
         aanbied?

         Gaste A en B: Ja, baie dankie vir julle gasvryheid.

         Kelner bied die voedselspyskaart vir die gaste aan.

         Gas A: Ek is glutenintolerant. Kan u enige veilige opsies aanbeveel?

         Kelner: Sekerlik! Ons sjef kan geregte aanpas om voedselintoleransies te
         akkommodeer en ons bied ook 'n verskeidenheid veganisgeregte aan.

         Kelner (bied gereg aan): Hier is ons spesialiteitspastagereg berei met
         glutenvrye pasta. Geniet dit!

         Gas A: Sjoe, dis vinnig. Dankie!

         Kelner (opvolg by die tafel): Is julle tevrede met alles?

         Gas B: Absoluut! Die voedsel en diens is uitstekend.

         Redeneer of daar aan die gaste se verwagtings oor kliëntediens en
         uitstekende dienslewering voldoen is deur te verwys na:

         2.4.1        Eerste indrukke van die kelner                                          (3)

         2.4.2        Voedsel en voedselbediening                                             (3)

                                                                 TOTAAL AFDELING B:           20

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Gasvryheidstudies                            11                             DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                     VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1       Bestudeer die scenario en spyskaartpakket hieronder wat deur die hoofsjef
          voorgestel is en beantwoord die vrae wat volg.

          Slindile en Steven gaan in Julie 2025 trou. Hulle het Star Hotel as die venue
          vir hulle troue gekies na aanleiding van populêre terugvoering oor hoogs
          vaardige sjefs en wêreldklas-kombuise. Die bruidspaar wil graag 'n voorete-
          skemerkelkfunksie vir 200 gaste hê terwyl hulle foto's neem, gevolg deur 'n
          aansit-ete teen die laagste moontlike prys, aangesien hulle 'n beperkte
          begroting het.

                     SPYSKAART                              SPYSKAART

               SKEMERKELKFUNKSIE                             AANDETE
                                                         Koue Komkommersop
               Roomkaas-bruschetta                              
              Gerookte Salmwieletjies          Roosmaryn-tournedos met Parmesaankors
                   met Kaviaar                          Groenpeperkorrelsous
                Skaapvleisrissoles                        Aartappelkrokette
             Hummus en Groenteskyfies              Juliennewortels met Kruisement
               Tempura-steurgarnale                Gerolde Babamurgpampoenlinte
                                                               
                                                    Donkersjokolade-bavarois met
                                                 Waatlemoen-en-Draakvrug-macédoine
                                                               
                                                            Tee en Koffie
                                                                              24 Julie 2025

          3.1.1      Maak 'n lys van VIER riglyne wat gevolg moet word wanneer die
                     hors d'oeuvres berei word.                                                    (4)

          3.1.2      Evalueer die geskiktheid van die hors d'oeuvres vir die Joodse
                     gaste wat die troue bywoon.                                                   (4)

          3.1.3      Bepaal watter TWEE bestuursbeginsels van spyskaartbeplanning
                     die hoofsjef nie in ag geneem het gedurende die beplanning van
                     die spyskaarte hierbo nie en gee 'n rede vir elkeen.                          (4)

          3.1.4      Redeneer of die getal hors          d'oeuvres   vir     die   voorete-
                     skemerkelkfunksie voldoende is.                                               (2)

          3.1.5      Noem TWEE ander soorte funksies, buiten die voorete-
                     skemerkelkfunksie, waar hors d'oeuvres bedien kan word.                       (2)

          3.1.6      Motiveer waarom daar na die aandetefunksie vir Slindile en
                     Steven se troue as 'n banket verwys kan word.                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Gasvryheidstudies                           12                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

3.2       Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Sannie besit 'n klein bakkery en beplan om
          20 pekanneutterte vir 'n plaaslike ouetehuis te
          maak. Sy bereken dat die koste van die
          bestanddele vir die pekanneutterte R840,00 sal
          beloop. Om met haar bakkery se toewyding aan
          volhoubaarheid ooreen te kom, besluit Sannie
          om die pekanneutterte in biodegradeerbare
          houers te verpak.

          3.2.1      Verduidelik waarom die koste van die bestanddele vir die
                     pekanneutterte vir toekomstige bestellings kan verskil.                   (2)

          3.2.2      Onderskei tussen bruto wins en netto wins.                                (2)

          3.2.3      Bereken die verkoopprys per pekanneuttert indien Sannie 'n
                     40% bruto wins wil bereik.                                                (4)

          3.2.4      Bepaal die soort koste betrokke wanneer die biodegradeerbare
                     houers aangekoop word.                                                    (1)

3.3       Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Sojaboonprodukte is veelsydig en word algemeen as 'n vleisplaasvervanger
          gebruik. Dit bied 'n plantgebaseerde alternatief vir mense wat hulle
          vleisinname wil verminder. Nie alle soorte vegetariërs sluit egter dierlike
          proteïen by hulle dieet uit nie.

          3.3.1      Noem TWEE sojaboonprodukte wat pesco-vegetariërs as 'n
                     proteïenplaasvervanger by hulle dieet kan insluit.                        (2)

          3.3.2      Motiveer waarom die produkte genoem in VRAAG                  3.3.1
                     'n voedingsvoordeel vir 'n pesco-vegetariër sal inhou.                    (3)

          3.3.3      Gee TWEE voorbeelde van volledige proteïene, behalwe soja, wat
                     by 'n pesco-vegetariër se dieet ingesluit sal word.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Gasvryheidstudies                            13                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

3.4       Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                         Die sjef het agar-agar gebruik om
                                                              die vrugtejellie te berei.

         3.4.1       Stel TWEE soorte gelatien voor wat die sjef kan gebruik om die
                     vrugtejellie hierbo te berei indien agar-agar nie beskikbaar is nie.         (2)

         3.4.2       Bespreek TWEE voorkomende maatreëls wat getref moet word,
                     wanneer die vrugte by die jellie gevoeg word om egalige
                     verspreiding te verseker.                                                    (2)

         3.4.3       Voorspel waarom die sjef agar-agar gebruik het om die vrugtejellie
                     te berei, alhoewel gelatien beskikbaar was.                                  (1)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Gasvryheidstudies                           14                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die deegprodukte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                        A: SKILFERKORSDEEG

                     BAKLAVA                               B: FILODEEG

         4.1.1       Kies die deeg (A of B) wat in die bereiding van die baklava gebruik
                     word.                                                                      (1)

         4.1.2       Verduidelik hoe jy die uitdroog van die deeg wat by VRAAG 4.1.1
                     gekies is, gedurende die bereiding van die baklava sal voorkom.            (2)

         4.1.3       Noem VIER kwaliteitseienskappe van die suksesvol gebakte deeg
                     wat by die bereiding van die baklava gebruik is.                           (4)

4.2      Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              RAFELBEESVLEISBURGER                           BEESKARKAS
                 ('Pulled beef slider')

           Sagte, geurige fyn repies beesvleis
              op 'n bros broodrolletjie, met
            'n lagie gesmelte kaas bo-op en
           met 'n verskeidenheid bolae bedien

         4.2.1       Kies TWEE vleissnitte met been uit die voorkwart wat gebruik kan
                     word om die rafelbeesvleis te berei.                                       (2)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Gasvryheidstudies                             15                       DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

         4.2.2        Stel die mees geskikte kombinasiegaarmaakmetode voor vir die
                      vleissnitte wat in VRAAG 4.2.1 gekies is.                               (1)

         4.2.3        Motiveer die keuse van die gaarmaakmetode wat in VRAAG 4.2.2
                      voorgestel is, deur na die spiervesel en bindweefsel te verwys.         (2)

         4.2.4        Regverdig waarom springbokvleis 'n geskikte plaasvervanger vir
                      die rafelbeesvleis sal wees.                                            (2)

         4.2.5        Onderskei tussen die voordele daarvan om vleis met been of vleis
                      sonder been gaar te maak. Tabuleer jou antwoord soos volg:

                                MET BEEN                            ONTBEEN
                                                                                              (2)

4.3      Bestudeer die nagereg hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         CRÈME CARAMEL

         4.3.1       Klassifiseer die nagereg.                                                (1)

         4.3.2       Gee 'n kort beskrywing van 'n crème caramel.                             (2)

         4.3.3       Motiveer waarom die nagereg in 'n waterbad in die oond
                     gaargemaak moet word.                                                    (2)

4.4      4.4.1       Verduidelik hoe suiker tydens die bereiding van die volgende
                     meringues bygevoeg word:

                     (a)   Switserse meringue                                                 (1)

                     (b)   Franse meringue                                                    (1)

         4.4.2       Noem TWEE riglyne om te volg om suksesvolle klop van die
                     eierwitte vir die meringues te verseker .                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Gasvryheidstudies                                16                                       DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

4.5      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         Chouxpasta-poffers is bros buite en hol en droog aan die
                                                binnekant

         4.5.1       Stel voor en beskryf TWEE chouxpasta-nageregte wat met die klein
                     poffertjies in die prentjie hierbo gemaak kan word.                                         (4)
         4.5.2       Noem die eerste TWEE bestanddele wat in 'n kastrol op die stoof
                     verhit word wanneer chouxpasta berei word en beskryf ELKEEN se
                     funksie tydens die bereiding of gaarmaakproses.                                             (4)
         4.5.3       Redeneer hoe die korrekte oondtemperatuur tot die vorming van die
                     hol binnekant en bros buitekant van die chouxpasta sal bydra.                               (2)
4.6      Bestudeer die produk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                  Lemoenmarmelade
                                             Geurige lemoenjellie met dun
                                                   repies lemoenskil
                                   Bestanddele:                   Beste bedien op
                                    lemoene,                      roosterbrood en
                                     suiker             250 g       plaatkoekies

         4.6.1       Regverdig waarom inmaak,                   as 'n       preserveringsmetode,       die
                     marmelade sal preserveer.                                                                   (3)
         4.6.2       Bepaal watter bestanddeel, wat noodsaaklik is om die marmelade te
                     laat jel (stol), op die etiket ontbreek.                                                    (1)
         4.6.3       Verduidelik hoe die sjef sal toets of die konfyt gereed is om in die
                     gesteriliseerde flessies gegooi te word.                                                    (1)
                                                                                                                 [40]

                                                                                    TOTAAL AFDELING C:           80

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Gasvryheidstudies                             17                                DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
            VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1      Bestudeer die scenario en die opwip-('pop-up')advertensie hieronder om die
         vrae wat volg, te beantwoord.

         'n Groep van 150 voormalige matriekklasmaats en hulle metgeselle beplan 'n
         tienjaar-reünie. Die organiseringskomitee het op Hotel MTT besluit omdat
         'n spesiale aanbod op 'n opwipadvertensie op die internet hulle aandag getrek
         het.
                                            SPESIALE AANBOD
                                  TOT 20%-AFSLAG OP AKKOMMODASIE
                                        VIR GROEPBESPREKINGS

                               Maak 'n groepbespreking by Hotel MTT en
                               kry 'n komplimentêre private funksielokaal
                               van jou keuse met al die dienste ingesluit!

                                                          Om die spesiale
                                                           aanbod te eis,
                                                     gebruik die kode: MPUM08

         5.1.1       Maak 'n lys van DRIE nie-inkomste-genererende areas wat dienste
                     aan die gaste wat die reünie bywoon, sal verskaf.                                 (3)

         5.1.2       Motiveer waarom die hotel die groep sal aanraai om die
                     funksielokaal vir die reünie te kies en nie die hotelrestaurant op die
                     perseel nie.                                                                      (3)

         5.1.3       Stel DRIE strategieë voor wat die hotel kan implementeer om te
                     verseker dat die reünie nie deur beurtkrag onderbreek word nie.                   (3)

         5.1.4       Evalueer die effektiwiteit van die opwipadvertensie hierbo.                       (6)

         5.1.5       Bespreek die rol wat sekuriteit by die hotel sal speel.                           (2)

         5.1.6       Verduidelik hoe die toename in die vraag na voedsel en drank by
                     die hotel 'n impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie sal hê.                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Gasvryheidstudies                           18                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

5.2      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     JONG ENTREPRENEUR WYS DAT HARDE WERK EN
                         DEURSETTINGSVERMOË BELOON WORD

         Trennery is die trotse eienaar van die BeeChips-kitskos-kiosk wat in die
         verkoop van aartappelskyfies en burgers spesialiseer. Nadat sy 'n perfekte
         plek op die strandfront bekom het, kon sy 'n klein besigheidslening by die
         bank kry en die kiosk oprig. Trennery het 'n verkoopspersoon en 'n sjef in
         diens geneem. Haar pa het haar gehelp om die kiosk op te rig en het
         aangebied om die instandhouding teen 'n minimale koste te doen.

         5.2.1       Stel DRIE bedreigings ('threats') voor wat die BeeChips-besigheid
                     dalk kan ondervind.                                                      (3)

         5.2.2       Help Trennery om 'n bedryfsplan met gebruik van die volgende
                     opskrifte te ontwikkel:

                     (a) Bespreek wat sy oor die aankoop van voorraad vir haar
                         besigheid moet weet.                                                 (1)

                     (b) Teken 'n organogram vir die BeeChips-personeel en beskryf
                         kortliks EEN verantwoordelikheid van ELKE personeellid.              (5)
                                                                                              [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Gasvryheidstudies                                19                           DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

VRAAG 6
6.1      Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                             A            B               C
         6.1.1       Identifiseer die proses wat die kelner by 'n gas se tafel uitvoer.               (1)
         6.1.2       Beoordeel die manier waarop die proses deur die kelner uitgevoer
                     word.                                                                            (2)
         6.1.3       Identifiseer die mees geskikte glas vir die wyn uit prentjies A–C.               (1)

6.2      Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
         Die plaaslike drankwinkelbestuurder het 'n paar weke gelede begin om
         wynproe-aande vir kliënte in 'n oop publieke area met sambrele en 'n paar
         stoele buite die winkel aan te bied, waar klante die drank kon drink nadat hulle
         dit aangekoop het. Die bestuurder van die winkel het die kroegdienste van
         graad 10-leerders as deel van bedryfsopleiding gebruik.
         6.2.1       Kritiseer die optrede van die drankwinkelbestuurder deur na die
                     verontagsaming van die drankwette te verwys.                                     (2)
         6.2.2       Maak aanbevelings by die drankwinkelbestuurder oor hoe om te
                     voldoen aan die drankwette vir die bediening van drank op die
                     perseel.                                                                         (4)

6.3      Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         6.3.1       Identifiseer die soort bedieningstyl.                                            (1)
         6.3.2       Verduidelik die voordele van die bedieningstyl wat in VRAAG 6.3.1
                     geïdentifiseer is.                                                               (3)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 20

Gasvryheidstudies                              20                                    DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

6.4      Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         6.4.1       Stel voor hoe die kelner weet wanneer dit tyd is om die proses hierbo
                     uit te voer.                                                                        (2)

         6.4.2       Beskryf hoe die volledige proses hierbo deur kelners in die restaurant
                     uitgevoer moet word.                                                                (5)

6.5      Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                      Sopiemaat ('tot')
                                                                                          Versapper

                                    Lemoen-                               Mengfles
                                    spiraal

                                                               Deurgooisif               Roerlepel

                       A                                             B
           GRENADELLA-EN-LEMOEN-NIE-                        'MOCKTAIL'-APPARAAT
           ALKOHOLIESE SKEMERKELKIE
              ('MOCKTAIL') (GESKUD)

         6.5.1       Bestudeer die apparaat in PRENTJIE B en beoordeel ELKEEN se
                     geskiktheid vir die bereiding van die nie-alkoholiese skemerkelkie in
                     PRENTJIE A.                                                                         (5)

         6.5.2       Beskryf TWEE verskillende garneringsmetodes, buiten die
                     lemoenspiraal, wat gebruik kan word om die skemerkelkie te
                     komplementeer.                                                                      (2)

6.6      Verduidelik waarom die kroegman nooit te veel drank vir die restaurant in
         voorraad moet hê nie.                                                                           (2)
                                                                                                         [30]

                                                                      TOTAAL AFDELING D:                 60
                                                                          GROOTTOTAAL:                   200
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-english/cf2432c3-f006-477b-9a08-87efec8d6320) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-eng/50ef98bf-a40e-4823-a81c-93f1b85e034b) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-afr/a97b81fd-5f7e-46f5-bb22-e04f636a263b) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-eng/0a8d29f0-8c1a-4631-915f-d4f87b4fafca) — Hospitality Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2025-mg-eng/72fe2bf4-4ef3-4bad-9f29-c68b4c0d7621) — Memo · 2025 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Memo · 2023 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-english/c611b2bc-b972-4938-b8d8-d8b3f543ba1a) — Memo · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/428a34e2-7d2b-4e20-a4bc-2dbf9ae8b099) — Memo · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2022-english/76f3fe65-f35b-4046-89a9-936c4a02d538) — Memo · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
