# Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept-2023-afrikaans/40a873b7-ff40-4d55-a7d5-a20614d3b7e7)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2023

                 GASVRYHEIDSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

2                                   GASVRYHEIDSTUDIES                 (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

       AFDELING A:       Kortvrae (Alle onderwerpe)            (40)
       AFDELING B:       Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                         Higiëne, veiligheid en sekuriteit.    (20)
       AFDELING C:       Voeding en spyskaartbeplanning;
                         Voedselkommoditeite                   (80)
       AFDELING D:       Sektore en loopbane;
                         Voedsel- en drankbediening            (60)

2.     Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

4.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                  GASVRYHEIDSTUDIES                                    3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld 1.1.11 C.

       VOORBEELD
       1.1.11    ŉ Goeie bron van proteïne is ...

                 A    lemoene.
                 B    pampoen.
                 C    vleis.
                 D    mielieblom.
       ANTWOORD: 1.1.11 C

       1.1.1     Tipe geleentheid wat NIE in die funksie lokaal van ŉ hotel gehou
                 word NIE:

                 A    Mediese konferensie
                 B    Kuns-uitstalling
                 C    Matriekafskeid
                 D    Personeel etes                                                   (1)
       1.1.2     ŉ Voorbeeld van ŉ werknemer wat sy/haar waaksaamheid, wat
                 veiligheid en sekuriteit in die werkplek betref, beoefen:

                 A    Moet nooit met klante argumenteer nie, maar hanteer klagtes
                      op ŉ professionele manier
                 B    Werk saam met kollegas deur tydens spitstye hulp aan te bied
                 C    Rapporteer onmiddellik ongewone gedrag of insidente van
                      verdagte persone aan toesighouer
                 D    Bereid om oortyd te werk sonder ekstra betaling                  (1)

       1.1.3     Die beste keuse vir ŉ slaai van ŉ Joodse gas:

                 A    Biltong-en-Fetaslaai
                 B    Geroosterde Groente-en-Pastaslaai
                 C    Keisierslaai
                 D    Garnale-en-Avokadoslaai                                          (1)
       1.1.4     Oorhoofse koste van ŉ spysenieringsbesigheid kan die volgende
                 insluit:

                 A    Huur van eiendom; advertensies
                 B    Belasting; salarisse van sjefs
                 C    Lone van afleweringspersoon; elektrisiteit
                 D    Koste van bestanddele; skryfbehoeftes                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  GASVRYHEIDSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2023)

      1.1.5    Identifiseer die korrekte toerusting vir gueridon-diens:

               A     Kleinbordjie en servet
               B     Lepel en vurk
               C     Trollie en gasbrander
               D     Voorsnymes en -vurk                                                    (1)

      1.1.6    Eg Suid-Afrikaanse nageregte:

               A     Malvapoeding; palmiers
               B     Sjokolade soufflé; roomys met bessiesous
               C     Melktert; wit sjokolade-truffels
               D     Koeksisters; Malvapoeding                                              (1)

      1.1.7    Die korrekte volgorde vir die skryf van die volgende geregte vir ŉ
               hoofgang:

               A     Groenslaai; Kapokaartappels; Geroosterde Peper Filet;
                     Geroosterde Groente
               B     Geroosterde Peper Filet; Kapokaartappels; Geroosterde
                     Groente; Groenslaai
               C     Geroosterde Peper Filet; Groenslaai; Kapokaartappels;
                     Geroosterde Groente
               D     Kapokaartappels; Geroosterde Peper Filet; Geroosterde
                     Groente; Groenslaai                                                    (1)

      1.1.8    Crudités, as snoephappies bedien, bestaan uit ... en word met ŉ
               gegeurde doopsous bedien.

               A     rou groente
               B     gekrummelde hoender
               C     rysballetjies
               D     sout beskuitjies                                                       (1)

      1.1.9    ŉ Longinfeksie wat ŉ voedselhanteerder maklik by ŉ medewerker wat
               gereeld hoes en nies kan opdoen:

               A     Hepatitis A
               B     Klierkoors/Buiktifus
               C     Cholera
               D     Tuberkulose                                                            (1)

      1.1.10   Die aanvanklike baktemperatuur vir sjokolade-éclairs:

               A     160–180 °C
               B     180–190 °C
               C     200–220 °C
               D     230–240 °C                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                 GASVRYHEIDSTUDIES                                      5

1.2    PAS-ITEMS

       Kies ŉ voorbeeld van ŉ gereg uit KOLOM A wat die beste by die gang/plek op
       die spyskaart in KOLOM B pas. Skryf slegs die korrekte letter (A–H) langs die
       vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       1.2.7 I.

                      KOLOM A                             KOLOM B
                       GEREG                    GANG/PLEK OP DIE SPYSKAART
       1.2.1    Bief Stroganoff               A   Hors d’óeuvres

       1.2.2    Makrolletjies                 B    Sop

       1.2.3    Suurlemoen Sorbet             C    Vis

       1.2.4    Gebakte Alaska                D    Palet-reiniger

       1.2.5    Consommé Royal                E    Hoofgereg

       1.2.6    Tongvis Meunièrre             F    Nagereg

                                              G    Friandise

                                              H    Kaas en beskuitjies
                                                                               (6 x 1)     (6)

1.3    PASITEMS

       Kies die voedselitems uit KOLOM B wat die beste by die hoof-preserverings-
       metode in KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter (A–F) langs die
       vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       1.3.5 G.

                  KOLOM A                                KOLOM B
        HOOFPRESERVERINGSMETODE                        VOEDSELITEMS
       1.3.1 Beroking                         A   Komkommer

       1.3.2    Hoë konsentrasie van suiker   B   Cheddarkaas

       1.3.3    Droging                       C   Olyfolie

       1.3.4    Hoë konsentrasie van asyn     D   Appelkooskonfyt

                                              E   Spek

                                              F   Bokkems
                                                                               (4 x 1)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                                  GASVRYHEIDSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2023)

1.4   EENWOORD-ITEMS

      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS
      die regte woord/term langs die vraagnommer (1.4.1 tot 1.4.10) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.4.1      Ongelamineerde deeg, wat gebruik word om Corniese pasteitjies te
                 berei

      1.4.2      Vierkante van chouxdeeg, diepvet gebraai en bestuif met
                 versiersuiker

      1.4.3      ŉ Gom afkomstig van seewier wat gebruik word om vegetariese
                 disse te stol

      1.4.4      ŉ Mengsel van gesmelte sjokolade en room wat gebruik kan word
                 as ŉ vulsel of om soet geregte mee te glaseer

      1.4.5      Die tipe spyskaart geskik vir ŉ formele aansitete vir ŉ banket van
                 200 pax

      1.4.6      Die Franse term vir baie droë vonkelwyn

      1.4.7      Die lamsnit wat vir noisettes gebruik word

      1.4.8      Die Wet wat vereis dat ŉ werkgewer ŉ werkomgewing moet skep en
                 behou wat veilig en sonder risiko’s vir die gesondheid van die
                 werkers is

      1.4.9      ŉ Rooi druif-variëteit, uniek aan Suid-Afrika

      1.4.10     ŉ Plaaslike nie-alkoholiese drankie wat uit ŉ dun, drinkbare
                 mieliemeel pap bestaan                               (10 x 1)           (10)

1.5   KEUSES

      Kies VYF rooiwyn kultivars uit die lys hieronder. Skryf slegs die letters (A–I)
      langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      A       Cabernet Sauvignon

      B       Pinot Noir

      C       Chardonnay

      D       Colombar

      E       Riesling

      F       Merlot

      G       Sauvignon blanc

      H       Shiraz

      I       Cinsaut                                                         (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                 GASVRYHEIDSTUDIES                                       7

1.6    VOLGORDE

       Herrangskik hierdie VYF stappe van bereiding van ŉ bakkersvla in die korrekte
       volgorde. Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommer (1.6) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       A      Gooi die mengsel terug in die kastrol en verhit oor matige hitte, klits
              aanhoudend, totdat dit verdik

       B      Plaas plastiese film bo-oor om te verhoed dat ŉ vel vorm

       C      Verhit melk in ŉ kastrol tot kookpunt

       D      In ŉ mengbak meng ŉ klein bietjie van die melk met eiergele, suiker en
              mielieblom

       E      Gooi die melk stadig by die eiermengsel                         (5 x 1)      (5)

                                                            TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  GASVRYHEIDSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B:          KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1   Bestudeer die resensie van gaste by ŉ hotel hieronder en beantwoord die vrae
      wat volg.

                Slegte ervaring @ Ooskus 5-Ster hotel
      Resensie van Ooskus Strand en Spa Oord
      Geskryf op 18 Julie, 2022

      Waar begin ek? Soos in baie resensies genoem moet dit beslis nie as ŉ 5* oord
      geklassifiseer word nie. Die hoofbuffet was uiters besig en al die 'al a carte'
      restaurante was ook buffets. Ons het ook baie vlieë en insekte op die kos
      gesien.

      Teen die tweede dag van ons vakansie was ek platgetrek met erge naarheid
      en diarree. Dit het nie opgehou totdat ons terug in Engeland was nie. Dit het
      ons vakansie heeltemal bederf.
      Ek het probeer om voort te gaan om die meeste van ons vakansie te maak ten
      spyte van hoe verskriklik ek gevoel het, maar dit is nog moeiliker gemaak deur
      die ernstige gebrek aan openbare toilette wat op die oord geleë is. Dit was veral
      duidelik in al die restaurante, waar daar geen toilette was nie.

      2.1.1     Identifiseer die aansteeklike siekte wat die gaste tydens hul vakansie
                opgedoen het.                                                             (1)
      2.1.2     Behalwe vir diarree, noem nog DRIE klassieke simptome van die siekte
                in VRAAG 2.1.1 genoem.                                                    (3)
      2.1.3     Verduidelik hoe die siekte, genoem in VRAAG 2.1.1 aan die gaste
                oorgedra kon word. Gee DRIE voorbeelde.                      (3 x 2)      (6)

2.2   Ten minste 70% van kommunikasie vind deur liggaamstaal en stemtoon plaas.

      Motiveer waarom hotelpersoneel spesiale aandag aan liggaamstaal behoort te
      gee deur na die volgende te verwys:

      2.2.1     Suid Afrika staan as die “reënboognasie” bekend                           (2)

      2.2.2     Ons ontvang baie internasionale gaste                                     (2)

      2.2.3     Groet van gaste                                                           (2)
2.3   Stel VIER maniere voor hoe die gebruik van rekenaars, oor die algemeen, die
      kontrole en beheer in ŉ gasvryheidsonderneming kan verbeter.                        (4)
                                                             TOTAAL AFDELING B:           20

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                     GASVRYHEIDSTUDIES                                     9

AFDELING C:           VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                      VOEDSELKOMMODITEITE

VRAAG 3

3.1    Bestudeer die prente van chouxdeeg-produkte hieronder en beantwoord die
       vrae wat volg.

                             A                                          B

                      Franse troukoek                       Aartappelpoffertjies

       3.1.1    Gee die Franse term vir die Franse troukoek.                                 (1)

       3.1.2    Beskryf kortliks die bereidingsmetode van chouxdeeg.                         (3)

       3.1.3    Beklemtoon die veelsydigheid van chouxdeeg deur na die twee geregte
                wat geïllustreer is te verwys.                               (2 x 2)         (4)

       3.1.4    Stel vir ŉ geskikte ... vir die Franse troukoek voor.

                (a)     vulsel

                (b)     bolaag

                (c)     garnering                                                            (3)

       3.1.5    Stel TWEE verskillende gange op die spyskaart voor waar die
                aartappelpoffertjies bedien kan word.                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 GASVRYHEIDSTUDIES                    (EC/SEPTEMBER 2023)

3.2     Bestudeer die prente van gepreserveerde voedselitems hieronder en
        beantwoord die vrae wat volg.

                          A                                     B

                     Melk kefir                                Ham
                         C                                      D

                     Agurkies                              Appelkose

        3.2.1   Onderskei tussen elke voedselitem se hoofpreserveringsmetode
                soos hierbo geïllustreer.                                 (4 x 1)         (4)

        3.2.2   Noem VIER voordele van preservering van voedsel.                          (4)

        3.2.3   Beveel DRIE verskillende maniere aan om die flesse te steriliseer om
                die agurkies te preserveer.                                               (3)

        3.2.4   Stel nog DRIE maniere voor waarop die appelkose gepreserveer kan
                word.                                                                     (3)

        3.2.5   Gee die naam van die bymiddel wat gebruik kan word om die agurkies
                te preserveer.                                                            (1)

3.3     Onderskei tussen die volgende tipes vegetariërs deur aan te dui watter
        diereproduk in hulle dieet INGESLUIT word.

        3.3.1   Pollo-vegetariër

        3.3.2   Lakto-vegetariër

        3.3.3   Pesco-vegetariër                                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                  GASVRYHEIDSTUDIES                                      11

3.4    Gee EEN rede vir elk van die volgende prosedures wanneer droë nierbone
       gaargemaak word:

       3.4.1    Week oornag voordat dit gekook word                                         (2)

       3.4.2    Gooi die vloeistof waarin dit geweek was weg, en maak die bone in vars
                water gaar                                                                  (1)

3.5    Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Die volgende inligting is in verband met ŉ aandete spyskaart vir 50
                                          gaste.
       Voedselkoste                                       R2 500
       Oorhoofse koste                                    R1 500
       Arbeidkoste                                        R2 300
       Verkoopprys                                       R10 000

       3.5.1    Bereken die totale werklike koste van die spyskaart. Toon ALLE
                berekeninge.                                                                (2)

       3.5.2    Bereken die netto wins. Toon ALLE berekeninge.                              (2)

       3.5.3    Bereken die bruto wins persentasie van die verkope. Toon ALLE
                berekeninge.                                                               (2)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                                GASVRYHEIDSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4

4.1   Bestudeer die viergang-spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   Spyskaart
                                Tafelberg Aandete
                                 Biltong-en-sampioensop
                                       Broodstokkies

                     Garnale Tempura in Knoffelsuurlemoen-bottersous
                                          XXX
                                   Geroosterde Filet
                                  Geroomde Spinasie
                                        Koolslaai
                               Gebraaide aartappelwiggies
                                    Sampioensous
                                          XXX
                                Brood-en-Botterspoeding
                                        Vlasous
                                          XXX
                                         Koffie

                                  10 Januarie 2023
                                     R450 per persoon

      4.1.1    Identifiseer die tipe spyskaart. Motiveer jou antwoord.                      (2)

      4.1.2    Lewer krities kommentaar op swak keuses van geregte deur na die
               seisoen, kleur, balans tussen ryk en ligte geregte en verskeidenheid te
               verwys. Stel geskikte veranderinge voor om die spyskaart te verbeter.
               Tabuleer jou antwoord soos volg:

                         KRITERIA          KOMMENTAAR             VERANDERINGE
                                            OOR SWAK
                                             KEUSES
               (a)     Seisoen                       (1)                            (2)
               (b)     Kleur                         (1)                            (2)
               (c)     Balans                        (1)                            (2)
               (d)     Verskeidenheid                (1)                            (2)   (12)

      4.1.3    Identifiseer DRIE foute wat in die skryfstyl van die spyskaart gemaak
               is.                                                                          (3)

      4.1.4    Gee TWEE redes waarom hierdie spyskaart NIE geskik is vir Joodse
               gaste NIE.                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                  GASVRYHEIDSTUDIES                                    13

4.2 Bestudeer die prente van ŉ klassieke Franse nagereg hieronder en beantwoord
    die vrae wat volg.

     4.2.1      Identifiseer die nagereg.                                                 (1)

     4.2.2      Stel ŉ bedienstyl vir hierdie gereg voor waar die personeel hulle
                bedieningsvaardighede aan die gaste kan wys.                              (1)

     4.2.3      Stel DRIE verskillende maniere voor om hierdie gereg te garneer.          (3)

4.3 Voorspel die effek van elk van die volgende op die tekstuur van ŉ gelatien
    nagereg:

     4.3.1      Gelatien mengsel was gekook                                               (1)

     4.3.2      Water is met lemoensap vervang                                            (2)

     4.3.3      Rou, gerasperde pynappel is gebruik                                       (2)
     4.3.4      Gelatien was by warm eiervla gevoeg                                       (1)

4.4 Gee TWEE wenke om te keer dat filodeeg tydens voorbereiding uitdroog.                 (2)

4.5 Stel ŉ geskikte manier voor om elk van volgende geregte te glanseer.

                        4.5.1                                   4.5.2                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

14                                 GASVRYHEIDSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2023)

 4.6 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               Japannese Kobe Beesvleis – die duurste vleis ter wêreld

      4.6.1    Identifiseer die vleissnit uit die agterkwart wat geïllustreer word.          (1)

      4.6.2    Identifiseer EEN uitsonderlike kwaliteit van die Kobe beesvleis wat in
               bogenoemde prent sigbaar is. (Gebruik die korrekte kookkuns term.)            (1)

      4.6.3    Beveel die mees geskikte gaarmaakmetode vir bogenoemde vleissnit
               aan. Motiveer jou antwoord.                                                   (2)

      4.6.4    Kies tussen ŉ rooiwyn-reduksiesous en ŉ romerige knoffelsous om
               saam met die Kobe biefstuk te bedien. Motiveer jou antwoord.                  (2)
                                                                                            [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:             80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                  GASVRYHEIDSTUDIES                                       15

AFDELING D:           SEKTORE EN LOOPBANE;
                      VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

VRAAG 5

5.1    Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            A                                       B

                            C                                       D

       5.1.1    Dui aan watter prente verteenwoordig die … areas van ŉ hotel.

                (a)     inkomstegenererende                                                   (2)

                (b)     nie-inkomstegenererende                                               (2)

       5.1.2    Maak ŉ lys van DRIE verskillende tipe funksies wat in die vertrek wat in
                prent B uitgebeeld word, gehou kan word.                                      (3)

       5.1.3    Identifiseer die afdeling van die hotel wat deur prent … verteenwoordig
                word.

                (a)     A

                (b)     C

                (c)     D                                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

16                               GASVRYHEIDSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2023)

5.2   Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Santino is 28 jaar oud.
      Hy is ŉ branderplankryer
      en hou van sy
      onafhanklike leefstyl om
      deur die wêreld te reis.
      Deel van fiks bly eet
      hy gesond en beoefen
      meditasie. Hy doen
      verskeie deeltydse werke
      soos die skryf van
      artikels vir sporttydskrifte,
      werk as kroegman, instandhoudingswerk by hotelle en het selfs een keer gehelp
      om aarbeie, toe hy in Europa was, te oes. Almal is lief vir Santino omdat hy so
      energiek is en dikwels die lewe en siel van ŉ partytjie is.

      Santino droom daarvan om ŉ organiese vegetariese restaurant by ŉ gewilde
      hotel in Hawaii te besit en te bestuur.

      5.2.1   Lewer krities kommentaar op Santino se geskiktheid om ŉ entrepreneur
              te wees deur na die gegewe inligting te verwys.                                 (4)

      5.2.2   Gee raad aan Santino oor al die inligting wat hy nodig het om ŉ sakeplan
              saam te stel, sodat hy ŉ suksesvolle organiese vegetariese restaurant
              op die been kan bring en bestuur.                                               (4)

5.3   Stel VIER riglyne vir jong entrepreneurs voor om hul Instagram-rekening as ŉ
      suksesvolle bemarkingsinstrument te gebruik.                                            (4)

5.4   Gee VIER algemene reëls oor hoe om gaste se klagtes in ŉ restaurant te
      hanteer.                                                                                (4)

5.5   Verduidelik hoe die volgende situasies moet hanteer word.

      5.5.1   ŉ Gas bestel ŉ hoender-schnitzel met kaassous maar kry ŉ
              sampioensous met die schnitzel.                                                 (2)

      5.5.2   ŉ Sakeman wat op sy eie eet, terwyl hy op sy skootrekenaar werk.             (2)
                                                                                          [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                 GASVRYHEIDSTUDIES                                       17

VRAAG 6

6.1    Dui die tipe wyn en/of ander drankie aan wat met elk van onderstaande terme
       geassosieer word:

       6.1.1    Method Cap Classique

       6.1.2    Barista

       6.1.3    Fino

       6.1.4    Gewürztraminer

       6.1.5    Solera-sisteem

       6.1.6    Vodka en Tamatiesap                                                       (6)

6.2    Gee VIER riglyne vir die storing van wyn om die kwaliteit te behou.                (4)

6.3    Skryf stap vir stap neer hoe ŉ kelner alkoholvrye geblikte of gebottelde
       drankies vir gaste moet skink en bedien.                                           (4)

6.4    Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Mnr. Mpumlo beplan om sy eie restaurant oop te maak. Hy wil wyn en ander
       drankies verkoop en is besig om vir ŉ dranklisensie aansoek te doen.

       6.4.1    Voorsien mnr. Mpumlo van raad vir die tipe lisensie waarvoor hy moet
                aansoek doen.                                                             (1)

       6.4.2    Motiveer jou keuse van dranklisensie en verduidelik die wetlike
                vereistes daarvan.                                                        (2)

       6.4.3    Mnr. Mpumplo beplan om ŉ ‘kurkfooi’ op sy wynlys by te voeg.
                Verduidelik waarom party klante verplig sal wees om ŉ ‘kurkfooi’ te
                betaal.                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

18                                GASVRYHEIDSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2023)

6.5   Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         A                                       B

      6.5.1    Vergelyk die twee bedienstyle wat in die bostaande prente uitgebeeld
               word deur na die volgende te verwys:

               (a)   Naam van elke styl                                                   (2)

               (b)   Vlak van vaardigheid deur kelners benodig                            (2)

               (c)   Tafel dek                                                            (2)

      6.5.2    Maak ŉ lys van DRIE vereistes wat oorweeg moet word wanneer tafels
               geskuif moet word vir bedienstyl A.                                        (3)

6.6   Stel ŉ restaurant beleid saam vir kelners wat betref fooitjies wat deur klante
      betaal word.                                                                       (2)
                                                                                        [30]
                                                           TOTAAL AFDELING D:            60
                                                               GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Hospitality Studies · Memo · 2023 · Afr
- [HOSP ST GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-st-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/11983b69-95c5-4103-a8dc-af66f43a70f7) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES GR12 QP SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-qp-sept-2021-afrikaans/9f434ca0-6e1f-4df2-b554-05443d2a39f7) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept2020-afrikaans/b407324e-2a21-459c-8c86-6a46571f5784) — Hospitality Studies · QP · 2020 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/c9a0647f-ae34-4859-8561-d7a0e07d463b) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/9e7d85b6-b2f4-4492-a626-06f86191d957) — Hospitality Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-afr/a97b81fd-5f7e-46f5-bb22-e04f636a263b) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-eng/0a8d29f0-8c1a-4631-915f-d4f87b4fafca) — QP · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/428a34e2-7d2b-4e20-a4bc-2dbf9ae8b099) — Memo · 2022 · Afr
- [HOSP STUDIES QP GR12 SEPT Deaf](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-qp-gr12-sept-deaf/127e2f18-84be-46da-a307-63e4640746c7) — QP · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
