# Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Hospitality Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept2020-afrikaans/b407324e-2a21-459c-8c86-6a46571f5784
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr12-sept2020-afrikaans/b407324e-2a21-459c-8c86-6a46571f5784)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2020

                    GASVRYHEIDSTUDIES

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GASVRYHEIDSTUDIES                  (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

      AFDELING A: Kortvrae (Alle onderwerpe)                  (40)
      AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
                  Higiëne, veiligheid en sekuriteit           (20)
      AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
                  Voedselkommoditeite                         (80)
      AFDELING D: Sektore en loopbane;
                  Voedsel- en drankbediening                  (60)

 2.   Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 4.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     GASVRYHEIDSTUDIES                                    3

 AFDELING A

 VRAAG 1: KORTVRAE

 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.10) in ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 C.

       VOORBEELD

       1.1.11     ŉ Goeie bron van proteïne is ...

                  A     lemoene.
                  B     pampoen.
                  C     vleis.
                  D     mielieblom.

       ANTWOORD: 1.1.11 C.

       1.1.1      Droë boontjies behoort ... word voor gaarmaak.

                  A     gerasper
                  B     geweek
                  C     gerooster
                  D     geblansjeer                                                          (1)

       1.1.2      ŉ Geskikte gaarmaakmetode vir lamsnek:

                  A     Rooster
                  B     Braai
                  C     Stowe
                  D     Oondrooster                                                          (1)

       1.1.3      In Suid-Afrika word rooi vonkelwyn van … -druiwe gemaak.

                  A     Pinotage
                  B     Chardonnay
                  C     Riesling
                  D     Colombar                                                             (1)

       1.1.4      ‘n Vrugtejellie vir vegetariërs word met … gestol.

                  A     agar-agar
                  B     aspiek
                  C     aartappelstysel
                  D     gelatien                                                             (1)

       1.1.5      ŉ Geskikte glasuursel vir ŉ koue aarbei-tert:

                  A     Swartbessiesous
                  B     Aspiekjellie
                  C     Geklitste eier
                  D     Appelkoosstroop                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GASVRYHEIDSTUDIES                     (EC/SEPTEMBER 2020)

       1.1.6     Vegetariërs kan vleis met … in hul dieet vervang.

                     A   spinasie
                     B   sopbeenaftreksel
                     C   tofu
                     D   eiervrug                                                         (1)

       1.1.7     Identifiseer ŉ gereg wat NIE vir ‘n Joodse persoon geskik is NIE:

                     A   Geroosterde snoek
                     B   Beesvleis-lasagne
                     C   Vleisfrikadelle met tamatiesous
                     D   Geroosterde hoenderborsie                                        (1)

       1.1.8     Sorbet, as ŉ palet-verfrisser, word ... bedien.

                     A   voor die kanapees (canapés)
                     B   na die hoofgereg
                     C   na die kaas en beskuitjies
                     D   voor die hoofgereg                                               (1)

       1.1.9     Die bedieningstoerusting wat ŉ kelner vir silwerdiens benodig:

                     A   Voorsnystel
                     B   Beweegbare trollie
                     C   Lepel en vurk
                     D   Sopskeplepel                                                     (1)

       1.1.10    Voedselwerkers wat aan Hepatitis A ly, behoort vir … weke van hul
                 werk verskoon te word nadat hulle die siekte opgedoen het.

                     A   ses
                     B   drie
                     C   een
                     D   vyf                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     GASVRYHEIDSTUDIES                                   5

 1.2    PASITEMS

        Kies ŉ peuselhappie uit KOLOM B wat die beste by ŉ geleentheid in
        KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter (A–G) langs die
        vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in jou ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6
        H.

                     KOLOM A                                KOLOM B
                   GELEENTHEID                           PEUSELHAPPIE
        1.2.1    Dames-boekklub in die somer A      Sjokolade-truffels
        1.2.2    Spogtee (‘High tea’)           B   Samoesas
        1.2.3    Seekos-buffet                  C   Spaghetti Bolognaise
        1.2.4    Indiese tema-aand              D   Spanspek-kebab
        1.2.5    Piekniekmandjie vir ŉ
                                                E   Tamatiesop
                 vrugtariër (vrugte-eter)
                                                F   Sushi
                                                G Crudités
                                                                                (5 x 1)   (5)

 1.3    PASITEMS

        Kies ŉ voorbeeld uit KOLOM B wat by ŉ bemarkingsmengsel in KOLOM A
        pas. Skryf slegs die korrekte letter (A–G) langs die vraagnommers
        (1.3.1–1.3.5) in jou ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld 1.3.6 H.

                     KOLOM A                               KOLOM B
                BEMARKINGSMENGSEL                        VOORBEELD
                                                A   Hamburgers van organiese vleis
        1.3.1    Verpakking
                                                    gemaak
                                                B   Kliënte spaar 20% deur
        1.3.2    Plek
                                                    seisoenskaartjies te koop
                                                C   Veiligheidsmaatreëls word
        1.3.3    Mense
                                                    gevolg
                                                D   Biologies afbreekbare
        1.3.4    Produk
                                                    hamburgerhouer
                                                E   Fabriekswerkers wat middagete
        1.3.5    Prys
                                                    wil koop
                                                F   Mobiele koswaentjie by die
                                                    ingang van ŉ groot motorfabriek
                                                G Spesiale openingsafslag vir die
                                                  eerste 3 weke
                                                                           (5 x 1)        (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GASVRYHEIDSTUDIES                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.4 EENWOORD-ITEMS
      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
      woord/term langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.10) in die ANTWOORDEBOEK
      neer.

      1.4.1     ŉ Tipe happie-grootte, hors d’oeuvre wat bestaan uit ŉ klein stukkie
                brood, skilferdeeg of ŉ kraakbeskuitjie met ŉ soutvulsel bo-op
      1.4.2     Die inkomste wat verkry word uit die verkoop van ŉ produk minus al
                die uitgawes
      1.4.3     Suid-Afrikaanse vonkelwyne wat volgens die tradisionele Franse
                metode gemaak word
      1.4.4     ŉ Klein koppie wat gebruik word om espresso koffie te bedien
      1.4.5     Die Franse term vir ŉ sjef wat opgelei is om fyngebak, nageregte,
                brood en ander gebakte items te berei
      1.4.6     Roomys op ŉ sponskoekbasis, bedek met meringue en dan
                gekarameliseer
      1.4.7     ŉ Suid-Afrikaanse groentesmoor, gewoonlik geurig, wat tradisioneel
                saam met brood, pap, stampmielies, stowegeregte of kerriedisse
                bedien word
      1.4.8     Die neut wat die hoofbestanddeel in marsepein is

      1.4.9     Die ensiem in vars pynappel wat stolling verhoed

      1.4.10    ŉ Jellie wat saam met die klassieke geroosterde lamsboud bedien
                word                                                      (10 x 1)        (10)

 1.5 KIEUSE

      1.5.1    Identifiseer VYF voedselitems in die lys hieronder wat
               voedselallergieë kan veroorsaak. Skryf slegs die letters (A–G) langs
               die vraagnommer (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK.

               A     Roomkaramel
               B     Neute
               C Ciabatta
               D Tartrasien
               E     Gestoofde appels
               F     Sjokolade
               G Avokado Ritz                                                  (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      GASVRYHEIDSTUDIES                                   7

       1.5.2    Kies VYF maniere waarop ŉ groot hotelkombuis water kan bespaar.
                Skryf slegs die letters (A–G) langs die vraagnommer (1.5.2) in die
                ANTWOORDEBOEK neer.

                A      Belê in skottelgoedwassers

                B      Gebruik ŉ groot bak om groente en vrugte af te spoel. Gebruik dan
                       die orige water vir plante

                C      Installeer ŉ hoëdruk kraantuit

                D      Draai die kraan toe wanneer skottelgoed nie afgespoel word nie

                E      Ontdooi die voedsel in water

                F      Gebruik minder water om voedsel in gaar te kook

                G      Vermy die onnodige oopdraai van ŉ kraan                  (5 x 1)      (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:          40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  GASVRYHEIDSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING B:         KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

 VRAAG 2

 2.1 Brei uit op die regering se regulasies in verband met die voorkoming van
     voedselbesmetting in Regeringskennisgewing No. R918 van Julie 1999 wat
     betref die volgende:

       2.1.1   Plaagbeheer
       2.1.2   Vullisdromme
       2.1.4   Juwele                                                            (3 x 2)     (6)

 2.2 Diere word nie toegelaat in areas waar voedsel hanteer word nie. Noem
     TWEE uitsonderings.                                                                     (2)

 2.3 Verduidelik die verband tussen HIV/Vigs en tuberkulose.                                 (2)

 2.4 Sjefs wat met tuberkulose besmet is, sal moontlik gereeld van die werk
     afwesig wees. Bespreek die uitwerking van hierdie afwesigheid op ons land
     se ekonomie.                                                                            (4)

 2.5   Sommige van die simptome van cholera oorvleuel met die simptome van
       gastro-enteritis. Vergelyk die verskille tussen cholera en gastro-enteritis met
       betrekking tot die oorsake en simptome. Tabuleer jou antwoord as volg:

                SIEKTE                   CHOLERA                GASTROENTERITIS
                Oorsaak                                  (1)                  (1)
               Simptome                                  (2)                  (2)            (6)

                                                               TOTAAL AFDELING B:            20

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    GASVRYHEIDSTUDIES                                  9

 AFDELING C:          VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
                      VOEDSELKOMMODITEITE

 VRAAG 3

 3.1 Bestudeer die prente van chouxpasta-geregte hieronder en beantwoord die
     vrae wat volg.

                          A                                      B

                          C                                      D

       3.1.1    Identifiseer elke chouxpasta-gereg hierbo.                               (4)

       3.1.2    Onderskei tussen VIER verskillende metodes wat gebruik is om elke
                gereg aantreklik op te dien.                                             (4)

 3.2 Stel ŉ gepaste sout chouxpasta-gereg voor wat aan die volgende kriteria
     voldoen:

       3.2.1    Diepgebraai, geskik vir ŉ lakto-ovo vegetariër                           (1)

       3.2.2    Bedien met ŉ slaai as ŉ ligte maaltyd                                    (1)

 3.3 Beskryf kortliks hoe die voorbereiding van brosdeeg (pâte brisee) en soet
     brosdeeg (pâte sucrée) verskil.                                                     (2)

 3.4 Verskaf DRIE moontlike oplossings vir die volgende:

       Filodeeg is geneig om tydens voorbereiding uit te droog                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 GASVRYHEIDSTUDIES                          (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.5 Beveel ŉ geskikte deegsoort vir die volgende geregte aan:

      3.5.1    Bief Wellington

      3.5.2    Quiche Lorraine

      3.5.3    Samosas

      3.5.4    Vrugtetert                                                         (4 x 1)     (4)

 3.6 Bestudeer die prent van ŉ lamsnit hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      3.6.1    Identifiseer die gereg hierbo.                                                 (1)

      3.6.2    Stel ŉ geskikte gaarmaakmetode vir die gereg voor. Motiveer jou
               antwoord.                                                                      (2)

      3.6.3    Identifiseer die vleissnit wat in die gereg hierbo gebruik word.               (1)

      3.6.4    Verduidelik wat die rolmerk AAA 222 op hierdie spesifieke vleissnit
               beteken.                                                                       (2)

      3.6.5    Motiveer die sjef se instruksie om die vleis te laat ‘rus’ voor bediening.     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   GASVRYHEIDSTUDIES                                  11

 3.7 Kies uit die lys hieronder EEN voedselitem wat in die dieet van die volgende
     tipes vegetariërs ingesluit word:

                           kaas; beesvleis; vis; eiers; hoender

       3.7.1    Pesco                                                                    (1)

       3.7.2    Ovo                                                                      (1)

       3.7.3    Lakto                                                                    (1)

       3.7.4    Pollo                                                                    (1)

 3.8 3.8.1      Verduidelik wat Getekstureerde Plantproteïene (GPP) is.                  (3)

       3.8.2    Analiseer die voordele vir die gebruik van          Getekstureerde
                Plantproteïene (GPP) as plaasvervanger vir vleis.                        (3)

       3.8.3    Stel ŉ lys saam van DRIE moontlike maniere om Getekstureerde
                Plantproteïene (GPP) in maalvleisgeregte te gebruik.                    (3)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                GASVRYHEIDSTUDIES                         (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 4

 4.1 Bestudeer die sigblad van die uitgawes van ŉ groot, eksklusiewe banket wat
     hieronder gegee word en beantwoord die vrae wat volg.

                               Banket: 500 mense
                         KOSTES                  BEDRAG
               Bestanddele                       R100 000
               Arbeid                            R45 000
               Oorhoofse koste                   R50 000
               Netto wins
               Netto wins %
               Verkope/ Inkomste                 R450 000
               Bruto wins
               Bruto wins %

      4.1.1    Bereken die netto wins. Toon ALLE formules en berekeninge.                   (4)

      4.1.2    Bereken die bruto wins persentasie. Toon ALLE formules en
               berekeninge.                                                                 (4)

      4.1.3    Bereken die koste van die geleentheid vir elke gas.                          (2)

 4.2 Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         SPYSKAART
                                              Aandete
                             Kerrie Steurgarnale-en-Mosselsop
                                             ***
                                Geroosterde Hoenderborsie
                        (Gevul met Spinasie en Feta en gerol in Spek)
                                       Velouté-sous
                                      Kapokaartappel
                                     Groente in Seisoen
                                             ***
                                     Sjokolademousse
                                             ***
                                           Koffie
                                      10 November 2020
                                           R150 p/p

      4.2.1    Identifiseer die tipe spyskaart hierbo. Motiveer jou antwoord.               (2)

      4.2.2    Pas die spyskaart aan om in die volgende spesiale behoeftes te
               voorsien:

               (a)    Joodse geloof                                                         (4)

               (b)    Lae koolhidrate dieet                                                 (2)
               (c)    Diabetes                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    GASVRYHEIDSTUDIES                                 13

 4.3 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              A                              B

       4.3.1    ŉ Hotel se kombuistuin het meer van die bostaande vrugte en groente
                as wat hulle kan verbruik, geproduseer. Oortuig die sjef om hierdie
                voedselitems te preserveer deur DRIE voordele van preservering te
                meld.                                                                    (3)

       4.3.2    Stel TWEE maniere voor hoe elk van die bostaande voedsel-items
                gepreserveer kan word.

                (a)    Voedselitem A                                                     (2)

                (b)    Voedselitem B                                                     (2)

 4.4 Klassifiseer meringues in DRIE groepe en verduidelik hoe die bereiding van
     elkeen verskil. Tabuleer jou antwoord as volg.

                        GROEP                            VERDUIDELIKING

                                                                            (3 x 2)      (6)

 4.5 Voorspel die effek van elk van die volgende stappe op die tekstuur van ŉ
     gelatien-nagereg:

       4.5.1    Die gelatienmengsel het gekook                                           (1)

       4.5.2    Water is met lemoensap vervang                                           (2)

       4.5.3    Rou, vyepuree is gebruik                                                 (2)

       4.5.4    Die gereg is oornag in die vrieskas gelaat                               (1)

       4.5.5    Gelatien is by warm eiervla gevoeg                                      (1)
                                                                                       [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:          80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                GASVRYHEIDSTUDIES                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING D:         SEKTORE EN LOOPBANE;
                     VOEDSEL- EN DRANKDIENS

 VRAAG 5

 5.1    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Pedro is ŉ opgeleide sjef en het in die gasvryheidsbedryf vir 20 jaar gewerk.
        Na baie maande van beplanning en navorsing het hy besluit om sy eie
        besigheid vanaf sy huis te bedryf. Hy is gewoond daaraan om lang ure te
        werk en wil sy energie en entoesiasme in sy eie sak steek.

        Hy wil ŉ groot verskeidenheid slaaisouse en soet nageregsouse voorberei
        en bottel. Sy kulinêre kreatiwiteit is buitengewoon goed en sy produkte van
        hoë gehalte en standaard. Sy kenmerkende dis (signature dish) is sy
        Lemoen-en-Turksvysous.

        5.1.1   Identifiseer VIER sterk punte van Pedro wat tot sy sukses as
                entrepreneur sal bydra.                                                  (4)

        5.1.2   Wys Pedro se kompeterende voordeel van sy besigheid uit.                 (1)

        5.1.3   Verduidelik die term ‘signature dish’.                                   (1)

        5.1.4   Gee ‘n kort opsomming van elk van die volgende aspekte wat in
                Pedro se besigheidsplan ingesluit moet word:

                 (a)   Doel en strategie                                                 (2)

                 (b)   Bedryfsplan                                                       (2)

                 (c)   Finansiële plan                                                   (2)

        5.1.5   Ondersoek DRIE moontlike markkragte waarmee Pedro rekening
                sal moet hou.                                          (3 x 2)           (6)

        5.1.6   Voorspel TWEE werksgeleenthede wat uit Pedro se besigheid kan
                ontwikkel.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   GASVRYHEIDSTUDIES                                    15

        5.1.7     Lewer kritiek op Pedro se digitale plakkaat vir sy Facebook-bladsy
                  as ŉ effektiewe bemarkingshulpmiddel.

                                                                                          (5)

 5.2    Klassifiseer elk van die volgende in inkomstegenererende en
        nie-inkomstegenererede areas van ŉ hotel:

                  huishouding; kroeg; finansies; banketsaal; instandhouding

        Tabuleer jou antwoord soos volg:

             INKOMSTEGENERERENDE                   NIE-INKOMSTEGENERENDE

                                                                                          (5)
                                                                                         [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 6

 6.1 6.1.1     Verduidelik wat die term om ŉ dekplek reg te stel beteken.                  (1)

      6.1.2    Lys DRIE verskillende scenario’s waar ŉ kelner ŉ dekplek moet
               regstel.                                                                    (3)

 6.2 Stel ŉ lys van VYF riglyne saam oor hoe om suksesvol op moeilike gaste
     tydens die bediening van ŉ ete te reageer.                                            (5)

 6.3 Die instandhouding van ŉ gereelde klantebasis is afhanklik van goeie gaste-
     verhoudings. Formuleer VYF riglyne vir restaurantpersoneel om te volg
     sodat hulle uitmuntende gasteverhoudings kan skep.                                    (5)

 6.4 Kies uit die lys hieronder ’n geskikte wynkultivar om saam met die volgende
     disse te bedien:

      Sauvignon Blanc; Port; Cabernet Sauvignon; Pinotage; Shiraz;
                                  Chenin Blanc

      6.4.1    Gebraaide stokvis en skyfies

      6.4.2    Lamskerrie-bredie

      6.4.3    Geroosterde Koedoe-biefstuk

      6.4.4    Beleë cheddar

      6.4.5    Gebakte sjokoladepoeding                                                    (5)

 6.5 Wys VIER riglyne uit om te volg wanneer vonkelwyn aan gaste bedien word.              (4)

 6.6 Onderskei tussen perseelverbruik-dranklisensies en wegverbruik-
     dranklisensies met voorbeelde.                                                        (4)

 6.7 Bespreek DRIE punte om in gedagte te hou wanneer wyn geberg word.                    (3)
                                                                                         [30]

                                                           TOTAAL AFDELING D:             60
                                                               GROOTTOTAAL:              200

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2020-afrikaans/3d451905-745c-48da-8a88-a84b1311fb4e) — Hospitality Studies · Memo · 2020 · Afr
- [HOSP ST GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-st-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/11983b69-95c5-4103-a8dc-af66f43a70f7) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES GR12 QP SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-gr12-qp-sept-2021-afrikaans/9f434ca0-6e1f-4df2-b554-05443d2a39f7) — Hospitality Studies · QP · 2021 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/c9a0647f-ae34-4859-8561-d7a0e07d463b) — Hospitality Studies · QP · 2019 · Afr
- [HOSP STUDIES GR12 QP SEPT 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hosp-studies-gr12-qp-sept-2017-afrikaans/9e7d85b6-b2f4-4492-a626-06f86191d957) — Hospitality Studies · QP · 2017 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/008afb78-d904-4dbd-a786-2f5ad72d4663) — Hospitality Studies · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Hospitality Studies

- [Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-hos-stu-atp-2023-24/4e9030f8-f7e2-4194-b34d-54503b168619) — ATP
- [Hospitality Studies May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-eng/50ef98bf-a40e-4823-a81c-93f1b85e034b) — QP · 2023 · Eng
- [Hospitality Studies May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-may-june-2023-afr/a97b81fd-5f7e-46f5-bb22-e04f636a263b) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-afr/8998030b-42e0-46f8-961f-6a5e90c0dba4) — QP · 2023 · Afr
- [Hospitality Studies Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-nov-2023-eng/0a8d29f0-8c1a-4631-915f-d4f87b4fafca) — QP · 2023 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/428a34e2-7d2b-4e20-a4bc-2dbf9ae8b099) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
