# Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/inf-tech-p2-gr12-qp-sept2016-afr/d24df834-0356-4f86-ae07-b314844bf5a7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/inf-tech-p2-gr12-qp-sept2016-afr/d24df834-0356-4f86-ae07-b314844bf5a7)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2016

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                *INFTA*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2              (EC/SEPTEMBER 2016)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae:

         AFDELING A:      Kortvrae                                            (15)
         AFDELING B:      Stelseltegnologieë                                  (24)
         AFDELING C:      Kommunikasie en Netwerktegnologieë                  (26)
         AFDELING D:      Data- en Inligtingsbestuur                          (26)
         AFDELING E:      Oplossingsontwikkeling                              (22)
         AFDELING F:      Geïntegreerde Scenario                              (37)

    2.   Beantwoord AL die vrae.

    3.   Lees AL die vrae deeglik deur.

    4.   Die puntetoekenning dien oor die algemeen as ŉ aanduiding van die aantal
         feite/redes wat benodig word.

    5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

    6.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                       3

  AFDELING A: KORTVRAE

  VRAAG 1

  1.1     Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
          woord/term langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.1.1       ’n Veld wat elke rekord met ’n unieke waarde identifiseer                      (1)

          1.1.2       Die uitvoer van fisiese take, gewoonlik herhalende of gevaarlike
                      take, deur rekenaarbeheerde masjiene eerder as deur menslike
                      wesens                                                                         (1)

          1.1.3       ’n Stel reëls vir die enkodering en dekodering van data sodat dit oor
                      ’n netwerk oorgedra kan word.                                                  (1)

          1.1.4       ’n Toestel wat kommunikasie tussen netwerke oor die Internet
                      moontlik maak, deur data na die korrekte bestemming te herlei.                 (1)

          1.1.5       ’n Vorm van kwaadwillige programmatuur wat probeer om te monitor
                      en te volg hoe jy jou rekenaar gebruik, om vertroulike inligting te
                      ontdek en dit dan vir ’n derde party te stuur                                  (1)

          1.1.6       Neiging waarvolgens verskillende tegnologieë en funksies van meer
                      as een toestel in ’n enkele multidoelstelsel gekombineer word                  (1)

          1.1.7       Die ‘deurmekaarklits’ van teks of data volgens ’n spesifieke stel reëls
                      om privaatheidvan data gedurende kommunikasie, of vir
                      sekuriteitsdoeleindes te verseker                                              (1)

          1.1.8       Wanneer die DBMS die instruksie kry om ’n transaksie (of reeks
                      transaksies) terug te rol sodat die data weer in die oorspronklike
                      staat sal wees                                                                 (1)

          1.1.9       ’n Groot versameling data, wat dikwels opgebou is uit ’n
                      verskeidenheid bronne soos verskillende databasisse binne ’n
                      maatskappy                                                                     (1)

          1.1.10      ’n Tipe besluitneming wat met die inagneming van waarskynlikhede
                      geneem word                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

    1.2   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Programmatuur met kopiereg wat gratis aan die gebruiker gegee
                     word, staan as … bekend.

                     A   deelprogrammatuur (‘shareware’)
                     B   wrap ware
                     C   gratis programmatuur (‘freeware’)
                     D   advertensieware (‘adware’)                                                  (1)

          1.2.2      Watter tegniek laat die verwerker van ’n rekenaarstelsel toe om teen
                     ’n vinniger spoed as wat die moederbord normaalweg ondersteun, te
                     kan hardloop?

                     A   Pyplynverwerking
                     B   Kasgeheue
                     C   Hyperthreading                                                              (1)
                     D   Klokvermenigvuldiging

          1.2.3      Watter een van die volgende programmatuuritems word gebruik vir
                     die ontwikkeling van webblaaie?

                     A   SQL
                     B   HTTP
                     C   HTML
                     D   CSS                                                                         (1)

          1.2.4      Die konsep om die detail van ’n objek weg te steek, staan as …
                     bekend.

                     A   abstraction
                     B   data mining
                     C   modulêre programmering
                     D   enkapsulasie                                                                (1)

          1.2.5      ’n … sal instruksies wat in ’n programmerings- of ‘scripting’-taal
                     gedoen is direk uitvoer, sonder dat dit vooraf na
                     masjienkodeprogram verander is.

                     A   Interpreteerder ('Interpreter')
                     B   Rekenaar
                     C   Vertaler ('Translator')
                     D   Programmeerder                                                              (1)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:                15

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                       INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                          5

  AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

  VRAAG 2

  Een van jou nefies is ’n bestuurder by ’n plaaslike kwekery. Een van hul rekenaars het
  opgehou werk en nadat dit vir herstel ingestuur is, is daar vir hom gesê dat die
  moederbord foutief is en vervang moet word. Hier is ’n paar van die spesifikasies van
  die nuwe moederbord.

  SVE (‘CPU’)                                          VGA
  Intel Socket 775 Core™2 Duo/Pentium®                 Intel Graphics Media Accelerator 950
  D/Pentium® 4/Celeron D Processors                    Max. resolution:2048x1536@75Hz
  Compatible with Intel® 05B/05A/06 processors         Max. Vertical Refresh Rate:85Hz@ up to 1920x1440
  Intel® Hyper-Threading Technology ready
  * Refer to www.asus.com for Intel CPU support list
  Memory
  2 x DIMM, Max. 4 GB, DDR2 667/533 Non-ECC,Un-buffered Memory
  Dual Channel memory architecture
  * Refer to www.asus.com or user manual for Memory QVL (Qualify Vendor List)
  **When installing total memory of 4GB capacity or more, Windows® 32-bit operation system may only
  recognise less than 3GB. Hence, a total installed memory of less than 3GB is recommended.
  Chipset                             Front Side Bus                   Expansion Slots
  Intel 945GC                         1333/1066/800/533 MHz           1 x PCIe x16 @16
  ICH7                                                                1 x PCIe x1
                                                                      2 x PCI
                              [Bron: https://www.asus.com/za/Motherboards/P5GCMX1333/specifications/]

  2.1     Verduidelik die doel van die moederbord deur DRIE kernfunksies te gee.                               (3)

  2.2     Verwys na die stelselklok. Identifiseer die hoogste stelselklokspoed in die
          voorbeeld.

          2.2.1       Wat is die hoogste spoed van die stelselklok?                                            (1)

          2.2.2       Noem die verwantskap tussen die stelselklok en die ‘Front Side Bus’.                     (1)

          2.2.3       Watter komponente word deur die ‘Front Side Bus’ gekoppel?                               (2)

  2.3     Die spoed van die SVE word gegee as ’n 3.46 GHz verwerker, 512 MB L2
          kasgeheue en 2 MB L3 kasgeheue.

          2.3.1       Verduidelik hoe die verwerker in staat is om met die moederbord te
                      werk, aangesien die moederbord se spoed minder as die van die
                      verwerker is.                                                                            (2)

          2.3.2       Verduidelik kortliks die doel van kasgeheue in die verwerker.                            (1)

          2.3.3       Lys EN verduidelik TWEE ander plekke in die rekenaarstelsel waar
                      kasgeheue gebruik word.                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2016)

    2.4   Jy bespreek met vriende en een stel voor dat jy ’n tablet, wat dieselfde werk
          sal doen gebruik, terwyl die ander een noem dat tablette nie modulêr ontwerp
          is nie, so dit sal nie dieselfde werk doen nie.

          2.4.1      Is tablette modulêr ontwerp? Regverdig jou antwoord.                        (2)

          2.4.2      Verduidelik TWEE voordele van modulêre ontwerp.                             (2)

    2.5   Een van jou vriende dui aan dat die bedryfstelsel baie belangrik is vir die
          rekenaarstelsel om te werk en dat die beste sisteme oopbronprogrammatuur
          is.

          2.5.1      Noem TWEE funksies van bedryfstelselprogrammatuur.                          (2)

          2.5.2      Lys TWEE voordele van oopbronprogrammatuur.                                 (2)

          2.5.3      Lys TWEE nadele van oopbronprogrammatuur.                                   (2)

                                                               TOTAAL AFDELING B:                24

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                      7

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
Rekenaars, skootrekenaars, tablette en selfone moet aan ’n netwerk koppel om data,
prentjies, dokumente en databasisse tussen die drie kwekerytakke te kan deel. Die
een is in Oos-Londen, die ander in Port Elizabeth en hierdie ene is in Mthatha.

3.1    Gee raad EN definieer die tipe netwerk wat opgestel moet word:

       3.1.1     Tussen die takke                                                                     (1)

       3.1.2     By elke tak                                                                          (1)

3.2    Behalwe vir kabels, wil jy weet watter hardeware benodig sal word om die
       netwerk by elke tak op te stel. Motiveer waarom ELK van die volgende items
       benodig sal word deur kortliks te beskryf wat die funksie van elke item in die
       netwerk is:
       3.2.1     Netwerkkoppelvlakbeheerder (NIC)                                                     (3)
       3.2.2     Skakel (‘Switch’)                                                                    (2)
3.3    Om dit moontlik te maak om met mekaar te kan kommunikeer, het een van die
       bestuurders voorgestel dat hulle van Twitter of Skype gebruik moet maak.

       3.3.1     Watter een van die twee maak van VOIP gebruik?                                       (1)

       3.3.2     Brei die akroniem VOIP uit en verduidelik wat dit is.                            (2)

       3.3.3     Watter EEN van die twee mediums van kommunikasie wat hierbo
                 genoem is, verwys na ’n mikro-blog?                                              (1)

       3.3.4     Definieer ’n mikro-blog deur dit met ’n blog te vergelyk.                            (2)

3.4    Terwyl navorsing gedoen is op ’n sekere blom, besoek jy ’n webtuiste en sien
       die volgende boodskap:

       ‘This site uses cookies, by clicking and continuing browsing, it means you are in
       agreement ...’

       3.4.1     Verduidelik wat koekies (‘cookies’) is.                                              (2)

       3.4.2     Noem die belangrikste voordeel vir die gebruiker met die gebruik van
                 koekies (‘cookies’).                                                                 (1)

       3.4.3     Hoe kan jy seker maak/verifieer dat die inligting wat op die webtuiste
                 gevind is, betroubaar is?                                                            (2)

       3.4.4     Jy besef ook dat die webtuiste van digitale sertifikate gebruik maak.
                 Wat is die doel van ’n digitale sertifikaat?                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

    3.5   Die deel van lêers aanlyn met die gebruik van ’n populêre
          wolkbergingsfasiliteite is deur die netwerkadministrateur vir jou span
          voorgestel.

          3.5.1      Noem ten minste TWEE fasiliteite/webtuistes wat die deel van
                     lêers aanlyn voorsien.                                                   (1)

          3.5.2      Die gedeelde lêers met inligting het, afhangende van die
                     gebruiker, gewoonlik verskillende regte. Noem EN verduidelik
                     TWEE tipes regte wat aan ’n gebruiker met ’n gedeelde lêer
                     toegestaan kan word.                                                     (4)

          3.5.3      Is dokumente wat in hierdie gedeelde lêers gestoor is, veilig teen
                     virusse? Verduidelik hoekom.                                             (2)

                                                                TOTAAL AFDELING C:            26

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                       9

  AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

  VRAAG 4

  ’n Databasis is ontwerp met inligting oor die plante wat in die kwekerye beskikbaar
  is.

  4.1     Die databasis moet deur die POS-sisteme en ander
          toepassingsprogramme, insluitende die webtuiste vanaf al drie sentrums
          toegangklik wees, maar dit sal vanaf een plek geadministreer word.

          4.1.1       Identifiseer die gepaste tipe databasisbestuurstelsel om te gebruik.           (1)

          4.1.2       Gee ’n gepaste voorbeeld van die databasisbestuurstelsel wat in
                      VRAAG 4.1.1. genoem is.                                                        (1)

          4.1.3       Gee TWEE voordele van hierdie tipe databasisbestuurstelsel.                    (2)

          4.1.4       Sal jy hierdie databasisbestuurstelsel aanbeveel vir ’n wêreldwye
                      instansie wie se inligting elke minuut, van plek tot plek verander?
                      Ondersteun jou antwoord.                                                       (2)

  4.2     Terwyl jy met die databasisadministrateur bespreek, word daar genoem dat
          daar vir die databasis, data-onafhanklikheid asook data-sekuriteit
          geïmplementeer moet word.

          4.2.1       Gee TWEE funksies van ’n databasisadministrateur.                              (2)

          4.2.2       Wat beteken data-onafhanklikheid?                                              (1)

          4.2.3       Gee TWEE voordele van data-onafhanklikheid.                                (2)

          4.2.4       Verduidelik wat met data-sekuriteit bedoel word.                               (1)

          4.2.5       Stel TWEE maniere voor om die data te sekuur (beskerm).                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2016)

  4.3    Terwyl die databasis ontwerp word, word die volgende tabelle voorgestel.

         4.3.1       Waarna verwys die term vreemde sleutel?                                            (1)

         4.3.2       Identifiseer die vreemde sleutel in die Plant Details tabel.                       (1)

         4.3.3       Daar is probeer om die databasis te normaliseer. Verduidelik wat
                     met die term normalisasie bedoel word.                                             (2)

         4.3.4       Noem DRIE algemene tipes onreëlmatighede wat met swak
                     databasisontwerp geassosieer word.                                                 (3)

  4.4    Om navrae te maak, is SQL gebruik.

         4.4.1       Skryf ’n stelling om alle inligting van die Plant Details tabel te
                     vertoon.                                                                           (2)

         4.4.2       Skryf ŉ stelling wat die botaniese naam ‘Merwilla pumbea’ na
                     ‘Merwilla plumbea’ sal verander.                                                   (3)

                                                                      TOTAAL AFDELING D:                26

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 11

  AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

  VRAAG 5

  Programme wat in die administratiewe kantoor gebruik sal word, word ontwikkel.

  5.1     Die volgende klasdiagram is ontwerp vir die plantbestuur program.

                                                  Plant
          Eienskappe (‘Attributes’)          Metodes (‘Methods’)
          -fplantID:String                   +kryNaam:String;
          -fplantNaam:String;                +kryBotanieseNaam:String;
          -fBotanieseNaam:String;            -kryVoorraad:Real;
          -fPrys:Real                        +Constructor Skep(cplantID, cplantNaam,
          -finVoorraad:Boolean;              cBotanieseNaam:String,cPrys:Real)
                                             +toString:String;

          5.1.1       Verduidelik wat die (-) en die (+) tekens beteken.                            (2)

          5.1.2       Identifiseer ’n assessor-metode in die Plant klas.                            (1)

          5.1.3       Wat is die doel van die ‘constructor’-metode?                                 (1)

          5.1.4       Sal dit moontlik wees om die Plant klas sonder die ‘constructor’-
                      metode te kan gebruik? Verduidelik jou antwoord.                              (2)

  5.2     Analiseer die volgende vloeidiagram.

                                             iNommer:=13

                                                                  Nee
                                             iNommer<100

                                                     Ja

                                           Vertoon iNommer

                                         iNommer:=iNommer +13

                                               Stelling

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

         5.2.1       Identifiseer die tipe lus wat in die vloeidiagram voorgestel word.         (1)

         5.2.2       Identifiseer die stelling(s) wat herhaal word.                             (2)

         5.2.3       Hoeveel herhalings sal plaasvind?                                          (1)

         5.2.4       Wat is die voorwaarde vir die lus om te stop?                              (1)

         5.2.5       Skryf die Pseudokode neer om die vloeidiagram te beskryf. Vertoon
                     en gepaste stellings waar nodig.                                           (6)

  5.3    Skikkings sal gebruik word om sommige data te stoor en te manipuleer.

         5.3.1       Definieer ’n skikking.                                                     (2)

         5.3.2       Skryf ŉ voorbeeld van ’n verklaring vir ’n een-dimensionele
                     konstante skikking neer.                                                   (3)

                                                                      TOTAAL AFDELING E:        22

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 13

 AFDELING F: GEÏNTIGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 ’n Webtuiste wat ontwerp is, stel die maatskappy se dienste en plante wat ontwerp is,
 ten toon. Kort video’s, prentjies en beskrywings van die plante wat belangrike inligting
 ook oor die werkers bevat, is op die webtuiste beskikbaar.

 6.1    ’n Maatskappy staan in as gasheer (‘hosting’) vir die webtuiste.

        6.1.1    Noem die tipe sagteware program wat gebruik kan word om toegang
                 tot die webtuiste te kan verkry. Gee EEN voorbeeld.                             (2)

        6.1.2    Watter protokol (gee die volle name) sal gebruik word om die webwerf
                 se data oor te dra wanneer ’n ander rekenaar op die Internet inligting
                 van die gasheermaatskappy se rekenaar versoek?                                  (1)

        6.1.3    Die maandelikse bandwydte wat deur die gasheermaatskappy
                 toegelaat word, is 10 GB. Verduidelik wat met die term bandwydte
                 bedoel word.                                                                    (2)

        6.1.4    Sal dit vir die maatskappy moontlik wees om die webtuiste op hul eie te
                 hardloop, om sodoende nie die gasheermaatskappy hoef te betaal nie?
                 Motiveer jou antwoord.                                                          (3)

 6.2    Die maatskappy het sekuriteitskonsultante gehuur om hulle raad te gee oor
        verskeie sekuriteitsaspekte om hulle teen rekenaarkriminele en diefstal te
        beskerm. Die maatskappy beplan om meestal van e-pos, Twitter en Facebook
        vir hul aanlynbemarkingsaktiwiteite gebruik te maak.

        6.2.1    Noem DRIE items van persoonlike inligting wat NIE op sosiale
                 netwerke uitgegee moet word NIE.                                                (3)

        6.2.2    Verduidelik hoe kuberkrakers jou e-pos kan gebruik om jou persoonlike
                 inligting te steel.                                                             (2)

        6.2.3    Gee EEN naam wat gebruik word om hierdie gebeurtenis in
                 VRAAG 6.2.2. te beskryf.                                                        (1)

        6.2.4    Een van die bestuurders verduidelik dat hy aanlyn ‘trolling’ ondervind.
                 Wat is ‘trolling’?                                                              (1)

        6.2.5    Watter stappe kan die bestuurder neem om ‘trolling’ te voorkom?                 (1)

        6.2.6    Lys DRIE tipes rekenaardiefstal.                                                (3)

        6.2.7    Lys DRIE tipes rekenaarkriminele.                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2016)

 6.3    ’n Toep (‘App’) is deur een van die programmeerders wat jy in diens geneem
        het ontwerp. Dit stel kopers in staat om die plante wat hulle vir hul tuine mag
        nodig hê, te kies. Een van die bestuurders meen dat ‘appification’ die Internet
        oorgeneem het.

        6.3.1   Wat is ’n toep (‘App)’?                                                     (1)

        6.3.2   Stel TWEE toestelle voor waarop hierdie toep gelaai kan word.               (2)

        6.3.3   Wat beteken die term ‘appification’?                                        (2)

 6.4    Elke kwekery het ’n Wi-Fi netwerk om die bestuurders en werkers in staat te
        stel om werk te kan deel.

        6.4.1   Wat is Wi-Fi?                                                               (1)

        6.4.2   Een van die bestuurders nader jou en kla dat hy somtyds aan die Wi-
                Fi gekoppel is, maar nie Internettoegang het nie. Verduidelik hoe dit
                moontlik is.                                                                (2)

        6.4.3   Watter term word gebruik om te verwys na die gebruik om
                datapakkies op ’n netwerk te onderskep?                                     (1)

        6.4.4   Sê of dit vir ELK van die volgende tegnologieë moontlik is om die
                kwekery se data te beskerm daarvan om onderskep en gebruik te
                word. Gee ’n rede vir jou antwoord in ELKE geval.

                (a)   Netskans (‘Firewall’)                                                 (2)

                (b)   Enkripsie                                                             (2)

                (c)   Virus Skandeer                                                        (2)

                                                              TOTAAL AFDELING F:            37
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [INFT GR12 P2 MEMO SEPT2016 Engl](https://www.hlayiso.com/library/inft-gr12-p2-memo-sept2016-engl/f67a1ec0-17a6-4ad5-9845-4b08f2fe4d8b) — Information Technology · Memo · 2016
- [INF TECH P2 GR12 MEMO SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/inf-tech-p2-gr12-memo-sept2016-afr/16a8152b-c801-4b1c-a324-f7f1abdb51e5) — Information Technology · Memo · 2016 · Afr
- [ENGHL P1 GR12 QP ENG SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/enghl-p1-gr12-qp-eng-sept2016-1/6f6966c3-a4a0-4de2-8abc-b82595b1e6b7) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-english/59a4dc5f-1ee1-44b9-b838-76b7e9322abb) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [IT P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
