# Information Technology Grade 11 P2 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr11-qp-november-2019-afr-d/a86bb1ad-94d2-4c30-8a18-dcc87e472c3a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P2 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr11-qp-november-2019-afr-d/a86bb1ad-94d2-4c30-8a18-dcc87e472c3a)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2019

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                             *IINFTA2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2              (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

      AFDELING A: Kortvrae                                         (15)
      AFDELING B: Stelseltegnologieë                               (23)
      AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie      (25)
      AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                       (24)
      AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                           (25)
      AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                           (38)

 2.   Lees AL die vrae noukeurig deur.

 3.   Beantwoord AL die vrae.

 4.   Die puntetoekenning gee oor die algemeen ŉ aanduiding van die getal
      feite/redes wat vereis word.

 5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 6.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                      INLIGTINGSTEGNOLOIE V2                               3

 AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.11 D.

       1.1.1    Vertaal programmeringsinstruksies reël vir reël na masjienkode.

                A     Interpreteerder
                B     Rekenaar
                C     Kompileerder
                D     Programmeerder                                                        (1)

       1.1.2    Watter een van die volgende is NIE waar NIE?

                A     Baie skootrekenaars het ŉ ingeboude videoverwerker en ŉ
                      videokaart.
                B     Alle rekenaars word met ŉ aparte videokaart vrygestel.
                C     ŉ Videokaart genereer beelde/prente wat dan op jou monitor
                      vertoon word.
                D     Sonder ŉ aparte videokaart, moet die SVE die werk van ŉ
                      videokaart doen.                                                      (1)

       1.1.3    Bereken die antwoord vir die volgende:
                2 – 30 + 3 * (30 DIV 3)

                A     166
                B     -150
                C     2
                D     -2                                                                    (1)

       1.1.4    Watter EEN is aan die globale dorp (‘global village’) verwant?

                A     Telekommunikasie
                B     Gesentraliseerde arbeid
                C     Sosiale kantoor
                D     Mobiele kantoor                                                       (1)

       1.1.5    Watter EEN is NIE ŉ eienskap van kwaliteitdata in ŉ databasis NIE?

                A     Akkuraatheid
                B     Stiptelikheid
                C     Huidiglikheid (‘Currency’)
                D     Toepaslikheid (‘Relevance’)                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

       1.1.6    Watter een is NIE ŉ voordeel of eienskap van 'n dinamiese webtuiste
                NIE?
                A     Benodig meer en beter bedieners
                B     Maak die sosiale web moontlik
                C     Ontwerp slegs vir die kliënt
                D     Kan by die gebruiker se vereistes en behoeftes aanpas                 (1)
       1.1.7    Die toets wat deur vasgekodeerde instruksies op ŉ LAG-skyfie
                (‘ROM chip’) gedoen word om te verseker dat al die hardeware in
                werkende toestand is.
                A     Kasberging (‘Caching’)
                B     CMOS
                C     Inprop-en-speel (‘Plug and Play’)
                D     POST                                                                  (1)
       1.1.8    ŉ Sagteware fout word deur … veroorsaak.
                A     ŉ virus
                B     ŉ geaktiveerde Trojaanse perd
                C     ŉ programmeringsfout
                D     ŉ installeringsfout                                                   (1)
       1.1.9    LTE staan vir …
                A     Long Transfer Evolution.
                B     Life Time Energy.
                C     Life Transfer Everywhere.
                D     Long Term Evolution.                                                  (1)
       1.1.10   Wat is die waarde van 30 DIV 5 – 10 MOD 4?
                A     6
                B     3
                C     4
                D     2                                                                     (1)
 1.2   Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
       neer.
       1.2.1    ŉ Enkele feit of die kleinste data-eenheid in ŉ databasis                   (1)
       1.2.2    Die kombinasie van meer as een veld in ŉ databasis om ŉ rekord
                uniek te identifiseer                                                       (1)
       1.2.3    Verwys na ŉ situasie wanneer mense geld bymekaar maak, deur die
                Internet en sosiale netwerke te gebruik, om waardige projekte te
                ondersteun                                                                  (1)
       1.2.4    … word gebruik om die manier hoe ŉ program uitgevoer word, te volg          (1)

       1.2.5    ŉ Nuwe vinnige verbindings tegnologie wat baie gelyktydige
                verbindings kan ondersteun                                                  (1)
                                                              TOTAAL AFDELING A:             15

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                       INLIGTINGSTEGNOLOIE V2                                 5

AFDELING B: STELSELSTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

2.1 Binne die stelsel-eenheid, is ŉ moederbord waar mens verskillende gleuwe,
    konnekteerders en ander dele duidelik kan sien.

     2.1.1    Waar sal jy die SVE (‘CPU’) aan die moederbord koppel?                           (1)

     2.1.2    Nog ŉ komponent wat op die moederbord voorkom, is uitbreidings-
              gleuwe.

              (a)    Verduidelik kortliks die funksie van uitbreidingsgleuwe.                  (1)

              (b)    Noem TWEE komponente wat aan die uitbreidingsgleuwe
                     verbind kan word.                                                         (2)

              (c)    Noem TWEE maniere wat tans die meeste gebruik word om
                     toestelle aan ŉ rekenaar te koppel.                                       (2)

2.2 Die SVE (‘CPU’) en ETG (‘RAM’) is twee van die belangrikste komponente
    wat in ̓n moederbord voorkom.

     2.2.1    ŉ Punt-tot-punt-verbinding tussen hierdie twee komponente is op die
              moederbord beskikbaar. Wat beteken dit?                                          (1)

     2.2.2    Jy het die ETG na 8GB ETG opgradeer. Die rekenaar herken slegs
              4GB ETG. Die ETG is korrek geïnstalleer en die ETG is nie foutief
              nie. Wat kan die probleem wees?                                                  (1)

     2.2.3    Die EKG-gleuwe word naby die SVE geplaas. Hoekom?                                (1)

     2.2.4    Noem DRIE eienskappe van ETG.                                                    (3)

     2.2.5    Wat is die naam van die tipe LAG (‘ROM’) wat in die meeste moderne
              toestelle gebruik word?                                                          (1)

2.3 Dreigemente ('Threats') op data kan baie vorme aanneem.

     2.3.1    Gee VIER van die algemene kategorieë van bedreigings op data.                    (4)

     2.3.2    Noem en verduidelik EEN tipe sosiale manipulasie (‘social
              engineering’).                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2019)

 2.4 Een van die kategorieë van stelselprogrammatuur is bedryfstelsels en ŉ
     bedryfstelsel is noodsaaklik vir ŉ rekenaarstelsel om te funksioneer. Daar is
     verskeie bedryfstelsels op die mark.

      2.4.1    Watter bedryfstelsel sou jy met die volgende logo’s assosieer?

               (a)

                                                                                          (1)

               (b)

                                                                                          (1)

      2.4.2    Watter tipe stelsels het gewoonlik Windows RT op hulle geïnstalleer?       (1)

      2.4.3    Noem die bedryfstelsel wat op toestelle soos die iPhone, iPod Touch
               of iPad gevind word.                                                       (1)

                                                            TOTAAL AFDELING B:            23

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     INLIGTINGSTEGNOLOIE V2                                 7

 AFDELING C: KOMMUNIKASIE EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 VRAAG 3

 Danksy die beskikbaarheid van gevorderde netwerktegnieke, hoef mense nie meer
 lang afstande af te lê om inligting te kry of te versprei nie.

 3.1   3.1.1 Verduidelik die konsep kommunikasiekanaal of medium.                            (1)

       3.1.2 Noem die TWEE breë kategorieë van kommunikasiekanale of maniere
             waarop toerusting in ŉ rekenaarnetwerk verbind kan word.                        (2)

       3.1.3 Noem en beskryf DRIE swakhede van UTP-kabels.                                   (3)

 3.2   ŉ ‘NIC’ is een van die komponente wat nodig is om ŉ netwerk te stig.

       3.2.1 Verduidelik kortliks TWEE rolle wat deur ŉ 'NIC' in ŉ netwerk uitgevoer
             word.                                                                           (2)

       3.2.2 Die 802.11 beteken dat die NIC vir ’n kabelde netwerk bedoel. Is
             hierdie stelling waar of onwaar?                                                (1)

       3.2.3 In terme van spoed, watter NIC-standaard tussen 802.11g en 802.11n
             is vinniger? Dui die spoed van elke netwerkstandaard aan.                       (3)

 3.3   3.3.1 Verduidelik die konsep VoIP kortliks (die betekenis van die akroniem
             is nie nodig nie).                                                              (2)

       3.3.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van VoIP sagteware.                          (2)

 3.4   Daar is baie verskillende LANs (Lokale Area Netwerk) wat deur besighede
       gebruik word.

       3.4.1 Definieer die konsep topologie.                                                 (1)

       3.4.2 Noem TWEE hoofvoordele van die gebruik van ŉ sternetwerk.                       (2)

 3.5   3.5.1 Wat is die belangrikste verskil tussen statiese en dinamiese
             webtuistes?                                                                     (2)

       3.5.2 Noem TWEE voordele van statiese bladsye in vergelyking met
             dinamiese webbladsye.                                                           (2)

       3.5.3 Jy kan dikwels sê of 'n bladsy staties of dinamies is, bloot deur na die
             bladsy se lêeruitbreiding in die URL te kyk, wat in die adresveld van
             die webblaaier gevind kan word. Noem die lêeruitbreiding wat aandui
             dat die webblad is:

               (a)    Staties                                                                (1)

               (b)    Dinamies                                                               (1)

                                                             TOTAAL AFDELING C:              25

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

 4.1 4.1.1 Verduidelik die konsep databasis.                                               (1)

      4.1.2 (a)      Onderskei tussen ŉ verspreide databasis en ŉ gesentraliseerde
                     databasis.                                                            (2)

              (b)    Noem TWEE potensiële probleme wanneer ŉ gesentraliseerde
                     databasis gebruik word wat nie die aantal versoeke en gebruikers
                     kan hanteer nie.                                                      (2)
              (c)    Waarom is sekuriteit meer kompleks in ŉ verspreide databasis?         (1)

 4.2 ŉ Geskikte DBBS-stelsel moet geïnstalleer word.

      4.2.1 Verduidelik kortliks hoe ŉ bediener DBBS-sagteware werk.                       (4)

      4.2.2 Wat is die algemene term wat aan versoeke of oproepe, van kliënte aan
            die DBBS, gegee word?                                                          (1)

 4.3 Noem DRIE funksies van ŉ Unix-administrateur, behalwe die installering van
     die DBMS-sagteware.                                                                   (3)

 4.4 Produkte/items word in 'n klein winkeltjie verkoop. ŉ Databasis word benodig
     om die verskaffer se besonderhede en die voorraad/produkte se inligting te
     stoor. Die databasis het die volgende tabelle:

               tblSuppliers                                tblProducts
                 SupplierID                                 ProductID
                 SupplierName                               ProductName
                 ContactNumber                              SupplierID
                 DeliveryDay                                OrderUnit
                 DeliveryCost                               UnitPrice
                 PercDiscount

      4.4.1 Teken die bostaande tabelle in jou ANTWOORDEBOEK. Skep ŉ
            verwantskap tussen die twee tabelle en dui die tipe verwantskap wat
            bestaan, aan.                                                                  (2)

      4.4.2 Teken ŉ ER-diagram om die verwantskap tussen die entiteite/tabelle
            aan te dui. Wys die tipe verwantskap tussen die entiteite.                     (4)

 4.5 ŉ Swak ontwerpte databasis sal tot potensiële probleme of foute lei.

      4.5.1 Gee EEN naam wat aan moontlike foute in databasisontwerp gegee
            word.                                                                          (1)

      4.5.2 Noem en verduidelik DRIE potensiële foute wat in databasisontwerp
            gevind kan word.                                                               (3)

                                                              TOTAAL AFDELING D:           24

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                         INLIGTINGSTEGNOLOIE V2                             9

 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

 VRAAG 5

 5.1   Dit is baie belangrik om te verstaan hoe tekslêers gebruik word as ŉ bron van
       toevoer in programmering en in databasisse.

       5.1.1    Skryf die lêernaam-uitbreiding, csv volledig uit.                             (1)

       5.1.2    Verduidelik die doel van die volgende:

                (a)   Reset(tf);                                                              (1)

                (b)   Rewrite(tf);                                                            (1)

 5.2   Noem DRIE tipes foute wat jy kan ervaar wanneer jy programme skryf.                    (3)

 5.3   Veranderlikes kan deur verskillende dele van ŉ program gebruik word,
       afhangende van waar hulle in die program verklaar is. Dit word die
       veranderlike omvang of omvang van ŉ veranderlike genoem.

       5.3.1    Noem en verduidelik DRIE tipes omvang van veranderlikes.                      (6)

       5.3.2    Die leeftyd van ŉ veranderlike of hoe lank ŉ veranderlike in ŉ program
                bestaan word die duur van ŉ veranderlike genoem.

                Onderskei tussen 'Local duration' en 'Static duration'.                       (2)

 5.4   Skryf die resultaat van elk van die volgende funksies neer.

                                   sLine = ‘I love programming’;

       5.4.1    iPos := Pos(‘o’, sLine);                                                      (1)

       5.4.2    iL := Length(sString);                                                        (1)

       5.4.3    sWord := Copy(sString, 3,4);                                                  (1)

       5.4.4    iPosSpace := Pos(‘ ‘, sString);                                               (1)

       5.4.5    sWord := Copy(sString, iPosSpace+1, 8); //
                Gebruik iPosSpace wat in VRAAG 5.4.4 bereken word.                            (1)

 5.5   Onderskei tussen elemente en indekse in ŉ skikking.                                    (2)

 5.6   Noem VIER maniere om elemente in ŉ skikking te vul.                                    (4)

                                                                   TOTAAL AFDELING E:         25

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 Jy sal vind dat verskillende mense en bronne verskillende aspekte van die impak
 en bydrae van IKT beklemtoon. Sommige mag selfs die impak van IKT as baie
 negatief sien.

 6.1   Die effektiewe gebruik van IKT en die implementering van IKT-projekte binne
       ŉ land en samelewing word deur sekere faktore bepaal.

       6.1.1   Noem enige DRIE faktore wat tot die effektiewe gebruik van IKT en
               implementering van IKT-verwante projekte bydra.                              (3)

       6.1.2   Noem DRIE faktore wat die gebruik van IKT in ŉ land kan beperk.              (3)

       6.1.3   Verduidelik die konsep beperkings kortliks.                                  (2)

       6.1.4   Noem TWEE funksies van ŉ netskans (‘firewall’).                              (2)

 6.2   Outomatisering is wanneer take uitgevoer word sonder dat mense benodig
       word. Outomatiese take kan vinniger en meer akkuraat uitgevoer word as
       wanneer menslike werkers dit doen, maar benodig baie beplanning en
       ontwikkeling om te verseker dat dit goed werk.

       Onderskei tussen robotika en kantoor-outomatisering.                                 (2)

 6.3   Noem enige DRIE take van ŉ netwerk-administrateur.                                   (3)

 6.4   Wat is die TWEE hoofkategorieë van tegnieke vir die bestuur van
       netwerkgebruik?                                                                      (2)

 6.5   Tegnologie het dit moontlik gemaak om die wêreld as ŉ dorp te beskou
       weens die toenemende gemak en spoed van kommunikasie en die vinnige
       beskikbaarheid van inligting in alle media tipes.

       6.5.1   Noem enige DRIE tendense of faktore wat globalisering beïnvloed.             (3)

       6.5.2   Verduidelik die volgende kortliks:

               (a)    Aanlyn-bank (‘Online banking’)                                        (1)

               (b)    ‘E-learning’                                                          (1)

 6.6   6.6.1   Beskryf kortliks wat ‘DNS’ is (die betekenis van die akroniem is nie
               nodig nie).                                                                  (1)

       6.6.2   Noem die organisasie wat die taak het om seker te maak dat URL’s
               uniek is en vertrou kan word.                                                (1)

       6.6.3   Verduidelik wat met DNS-vergiftiging bedoel word.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                       INLIGTINGSTEGNOLOIE V2                           11

 6.7   Digitale sertifikate word gereeld gebruik.

       6.7.1    Wat is die doel van ŉ digitale sertifikaat?                               (1)

       6.7.2    Hoe lank is ŉ digitale sertifikaat geldig?                                (1)

 6.8   Data speel 'n belangrike rol in ons lewens en die samelewing as ŉ geheel. Dit
       beteken dat enige bedreiging vir ons data ŉ verreikende en verwoestende
       gevolg kan hê.

       6.8.1    Noem VIER maniere hoe mense foute kan maak en die verlies van
                data kan veroorsaak.                                                      (4)

       6.8.2    Veduidelik die doel van ‘disk imaging’.                                   (2)

       6.8.3    Noem TWEE funksies van ŉ OKT (‘UPS’).                                     (2)

 6.9   Meer en meer mense rugsteun data op ŉ bediener op die Internet (die wolk).

       Noem TWEE voordele van die rugsteun van data op ŉ bediener op die
       Internet deur van aanlyn-stoordienste gebruik te maak.                             (2)

                                                              TOTAAL AFDELING F:         38
                                                                  GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



         

## Related documents

- [INFO TECH P2 GR11 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr11-qp-nov2019-eng-d/4e0830ef-33d1-44f4-ad29-e1130e412bb5) — Information Technology · QP · 2019 · Eng
- [IT P1 QP GR11 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov-2019-eng-d/02e4bb75-00a8-4701-8ecd-8c51a0731acd) — Information Technology · QP · 2019 · Eng
- [IT P1 QP GR11 NOV 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov-2019-afr-d/ccb18c84-0d37-45d3-bcd1-758db188e216) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-afr-nov2020-afr-d/4c2ae40a-2d69-4f5a-bb35-23756c348dca) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV-2020](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-afr-nov-2020/5d30d452-2376-4ec3-b036-6286e3f3889e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Eng-NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-eng-nov2020-eng-d/6e6532ed-728d-4718-9fd8-2f86e492e5cc) — Information Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Information Technology

- [Grade 11 Information Technology P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/726303a4-959e-4bd2-851f-8e5359d8ca7b) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
