# Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/1c8fd0db-e276-45d2-8014-83d5f4568d40
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/1c8fd0db-e276-45d2-8014-83d5f4568d40)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [INFO TECH P2 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/134bed6e-9b93-42cb-bc7b-bdb89503c63d) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2017

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                 *INFTA*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2              (EC/SEPTEMBER 2017)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES AFDELINGS:

         AFDELING A:      Kortvrae                                            (15)
         AFDELING B:      Stelseltegnologieë                                  (24)
         AFDELING C:      Kommunikasie en Netwerktegnologieë                  (25)
         AFDELING D:      Data- en Inligtingsbestuur                          (24)
         AFDELING E:      Oplossingsontwikkeling                              (21)
         AFDELING F:      Geïntegreerde Scenario                              (41)

    2.   Beantwoord AL die vrae.

    3.   Lees AL die vrae deeglik deur.

    4.   Die puntetoekenning dien oor die algemeen as ŉ aanduiding van die aantal
         feite/redes wat benodig word.

    5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

    6.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 3

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.1.1     Die protokol wat bepaal hoe webbladsye en hul inhoud oor die web
                 oorgedra word                                                              (1)

       1.1.2     ŉ Versameling van 8 bisse (‘bits’)                                         (1)

       1.1.3     Versameling van programme wat ontwerp is om administrateursregte
                 te gebruik om beheer van ŉ rekenaar vir gevaarlike doeleindes te
                 verkry                                                                     (1)

       1.1.4     ŉ Opdatering wat afgelaai kan word om ŉ spesifieke programfout in
                 sagteware op te los                                                        (1)

       1.1.5     Die elektroniese ekwivalent van gemorspos                                  (1)

       1.1.6     ŉ Deel van ŉ groter program wat onafhanklik, maar gelyktydig met
                 ander dele van dieselfde program werk                                      (1)

       1.1.7     Die uitleg van die fisiese verbinding van die rekenaars in ŉ netwerk       (1)

       1.1.8     Die plasing van kort teksinskrywings (140 karakters of minder)
                 gewoonlik via ŉ selfoon of slimfoon                                        (1)

       1.1.9     Die nuutste generasie van sellulêre kommunikasietegnologie                 (1)

       1.1.10    Die totale hoeveelheid data wat binne ŉ gegewe periode van tyd van
                 een punt na ŉ ander oorgedra kan word                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2017)

1.2    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 D.

       1.2.1    Kopieregwet word NIE oortree as jy ...

                A     musiek kopieer van jou vriend se rekenaar na jou mp3-speler
                      NIE.
                B     ŉ CD van ŉ vriend leen en dit na jou rekenaar kopieer.
                C     musiek op die Internet vind en aflaai.
                D     Jou eie CD kopieer om op jou mp3-speler te speel.                      (1)

       1.2.2    ŉ Algoritme is …

                A     ŉ stel instruksies, geskryf in ŉ rekenaartaal, wat ŉ probleem
                      sal oplos.
                B     ŉ reeks logiese stappe wat ŉ probleem sal oplos.
                C     die bronkode van ŉ rekenaarprogram wat ŉ probleem sal
                      oplos.
                D     ŉ reeks planne vir die ontwikkeling en verkoop van ŉ
                      rekenaarprogram.                                                       (1)

       1.2.3    ŉ Koekie (‘cookie’) is ŉ ...

                A      binêre lêer wat toelaat dat ŉ program werk.
                B      HTML-lêer wat Internet-instellings bevat.
                C      tekslêer wat inligting met betrekking tot webwerwe stoor.
                D     lêer wat inligting oor ŉ databasistabel stoor.                         (1)

       1.2.4    Watter EEN van die volgende verwys na ŉ enkripsieproses wat
                gebruik word om die identiteit van die sender van ŉ e-pos te
                bevestig?

                A     Digitale sertifikaat
                B     Digitale kloof
                C     Digitale handdruk
                D     Digitale handtekening                                                  (1)

       1.2.5    Watter EEN van die volgende is NIE ŉ geskikte toepassing van
                Bluetooth-tegnologie NIE?

                A     Kabellose kommunikasie tussen ŉ selfoon en kabellose
                      oorfone
                B     Kabellose kommunikasie tussen PR’s (‘PC’s’) in verskillende
                      kamers.
                C     Kabellose kommunikasie met PR-invoer- en uitvoertoestelle
                D     Kabellose kommunikasie tussen mobiele toestelle wat binne
                      reikwydte is.                                                          (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              15

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2017)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                5

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

Jou vriende het jou vertel om jou rekenaar die afgelope jaar te vervang as gevolg van sy
stadige werkverrigting. Jy oorweeg dit egter om dit op te gradeer en het baie navorsing
gedoen oor die voordele en nadele van die opgradering.

2.1    Jy is aangeraai om die LSG (‘RAM’) van die rekenaar te vervang om sy
       werkverrigting te verbeter.

       2.1.1     Hoe sal jy seker maak dat die nuwe LSG (‘RAM’) met die huidige
                 moederbord verenigbaar is?                                                       (1)

       2.1.2     Een van jou vriende is van mening dat, as daar genoeg virtuele geheue
                 is, hoef jy nie die LSG (‘RAM’) op te gradeer nie.

                 (a)     Verduidelik wat virtuele geheue is.                                      (2)

                 (b)     Verduidelik waarom virtuele geheue nie die oplossing sal wees
                         om die werkverrigting te verbeter nie.                                   (1)

       2.1.3     Die stelling, “Opgradering van LSG (‘RAM’) beteken meer kasgeheue is
                 beskikbaar”, was gemaak.

                 (a)     Verduidelik die rol wat kasgeheue in die werkverrigting van ŉ
                         SVE (‘CPU’) speel.                                                       (2)

                 (b)     Gee DRIE redes waarom hierdie stelling NIE waar is NIE.                  (3)

2.2    Die meeste van die benodigde randapparatuur word met USB-poorte aan die
       rekenaar gekoppel. Standaarddrywers word gebruik.

       2.2.1     Skryf die volledige term vir die akroniem USB neer.                              (1)

       2.2.2     Noem EEN poort behalwe die USB-poort wat gebruik kan word om ŉ
                 digitale videokamera aan ŉ rekenaar te koppel.                                   (1)

       2.2.3     Definieer ŉ drywer in die konteks van rekenaarwerk.                             (2)

       2.2.4     Wat word met die term standaarddrywer bedoel?                                    (1)

       2.2.5     Noem EEN toestel wat van ŉ standaarddrywer gebruik maak.                         (1)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2017)

2.3    Daar word voorgestel dat jy ŉ skootrekenaar kan koop, wat alles wat jou
       tafelrekenaar kan doen, sal kan doen.

       2.3.1    Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou antwoord.                        (1)

       2.3.2    Noem TWEE voordele en TWEE nadele van ŉ skootrekenaar.                           (4)

2.4    Die SVE (‘CPU’) word as die brein van die rekenaarstelsel beskou.

       2.4.1    Noem die twee hoofaspekte van die SVE wat oorweeg moet word
                omdat hulle ŉ direkte invloed op die stelselwerkverrigting het.                  (2)

       2.4.2    Die SVE (‘CPU’) oorverhit soms. Noem TWEE maniere waarop
                oorverhitting voorkom kan word.                                                  (2)

                                                              TOTAAL AFDELING B:                 24

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 7

  AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

  VRAAG 3

  Jou vriende moedig jou aan om ŉ ander rekenaar te koop en sê dat dit met jou
  tablet, selfoon, drukker en selfs jou werkrekenaar in ŉ netwerk gekoppel kan
  word.

  3.1     Jy sal ŉ internetverbinding nodig hê.

          3.1.1       Noem EEN tipe breëband internet-konneksie wat gebruik kan
                      word.                                                                   (1)

          3.1.2       Noem TWEE voordele van die tipe breëbandverbinding wat in
                      VRAAG 3.1.1 genoem word.                                                (2)

  3.2     ŉ Roeteerder (‘router’) sal ook ŉ vereiste vir die opstel van jou netwerk
          wees.

          3.2.1       Verduidelik kortliks waarom ŉ roeteerder (‘router’) die bandwydte
                      van ŉ netwerk doeltreffend kan bestuur.                                 (2)

          3.2.2       Noem TWEE ander funksies van ŉ roeteerder (‘router’).                   (2)

  3.3     Jy sal ŉ kabellose netwerk vir jou toestelle moet opstel.

          3.3.1       Noem EEN voordeel van ŉ kabellose netwerk.                              (1)

          3.3.2       Noem TWEE nadele van ŉ kabellose netwerk.                               (2)

  3.4     Jy noem vir jou vriende dat jy ŉ webwerf vir jou besigheid nodig het en dit
          dan vir populêre soekenjins optimaliseer.

          3.4.1       Noem wat ŉ soekenjin doen.                                              (1)

          3.4.2       Verduidelik die doel van die optimalisering van soekenjins.             (2)

          3.4.3       Noem DRIE maniere waarop soekenjins probeer om die soek na
                      inhoud op die web te verbeter.                                          (3)

          3.4.4       Beskryf EEN van die maniere wat in VRAAG 3.4.3 genoem is.               (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2017)

    3.5   Jy ontdek dat jy HTML, JavaScript en Cascading Style Sheets moet gebruik
          om jou webwerf te laat reageer.

          3.5.1      Onderskei tussen HTML en JavaScript.                                        (2)

          3.5.2      Jy het dalk ook ŉ bediener-kant skriptaal (‘server side scripting
                     language’) nodig. Gee TWEE voorbeelde van bediener-kant
                     programmeringstale.                                                         (2)

          3.5.3      Dui aan waarom bediener-kant tegnologie (‘server side technology’)
                     bo ander tegnologieë verkies sou word.                                      (2)

          3.5.4      Gee EEN voordeel van die gebruik van Cascading Style Sheets.                (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING C:              25

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                        INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                    9

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

VRAAG 4

Gedurende sommige naweke bedryf jy ŉ klein besigheid op die gewone plaaslike oop
mark. Jou besigheid behels die verkoop van tweedehandse items wat jou vriende en
kliënte bring. Jy voeg ŉ winsopslag van 30% by tot die waarde van al die goedere wat jy
verkoop. Om ŉ rekord van die verkope en voorraad te hou, besluit jy om die MS Access
databasisstelsel te gebruik.-

4.1    Een van jou vriende stel voor dat jy ŉ databasis-administrateur huur om jou te
       help om die voorgestelde relasionele (‘relational’) databasis te skep.

       4.1.1       Noem DRIE pligte wat deur ŉ databasis-administrateur uitgevoer word.                    (3)

       4.1.2       Wat is ŉ relasionele (‘relational’) databasis?                                          (1)

4.2    Om die databasis te ontwerp, moet jy die moontlike bronne van data
       identifiseer.

       4.2.1       Noem TWEE moontlike bronne van data vir jou databasis.                                  (2)

       4.2.2       Wat is betrokke by die onderhoud van data?                                              (1)

4.3    Terwyl die databasis ontwerp word, word die volgende tabel genaamd
       Stock_DetailsTB struktuur vir jou databasis voorgestel.
        P_ID   Owner_ID    Item      Basket   Category   Value    Owner’s   Contact    MarkUp     Total
                                                                  Name                            Value
        1      1           Dress     Old      Female     R45.00   Joan      0582223    R13.50     R58.50
                                              Clothing            Ruthy     697
        2      1           Slipper   New      Female     R15.00   Joan      0582223    R4.50      R19.50
                                              Shoes               Ruthy     697
        3      2           MU Cap    New      Male Cap   R50.00   Malcom    0610209    R15.00     R65.00
                                                                  Peter     961
        4      2           Jersey    Old      Female     R12.00   Malcom    0610209    R3.60      R15.60
                                              Clothing            Peter     691

       4.3.1       Jy sal hierdie tabel moet normaliseer. Wat is die algemene doel van
                   normalisering?                                                                          (1)

       4.3.2       Watter veld sal jy as oortollig beskou? Motiveer jou antwoord.                          (2)

       4.3.3       Gebruik ŉ diagram om die databasisse in TWEE tabelle te verdeel. Dui
                   die tabelname, primêre en vreemde sleutels, asook die verband tussen
                   die tabelle duidelik aan.                                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2017)

  4.4    Om navrae te skep vir die tabel Stock_DetailsTB, word SQL gebruik.

         4.4.1       Skryf ŉ stelling om al die inligting uit die tabel te wys wat in
                     stygende volgorde volgens die prys gereël is.                                  (2)

         4.4.2       Skryf ŉ stelling wat die Item in die ou mandjie (‘basket’) genoem,
                     Dress, gaan verwyder.                                                          (3)

         4.4.3       Malcolm Peter se telefoonnommer het verander. Verander die
                     kontaknommer na 0715624117.                                                    (3)

                                                                    TOTAAL AFDELING D:               24

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                              11

 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

 VRAAG 5

 Jy organiseer ŉ klein LAN-geleentheid. Die deelnemers sal ŉ registrasievorm moet
 voltooi. Die inligting sal gebruik word om tred te hou van hul resultate, asook kos-
 bestellings. Toegangskodes sal nodig wees om toegang te verkry tot die perseel
 waar die geleentheid sal plaasvind.

 5.1     Om die toegangskode te skep, sal die gebruiker hul naam en van moet
         invul. Al die klinkers en spasies moet verwyder word. Die eerste en laaste
         karakter moet hoofletters wees en ŉ '#' moet aan die einde bygevoeg
         word.

         Skryf ŉ algoritme om die toegangskode te skep.                                     (7)

 5.2     Die volgende UML-diagram word gegee. Beantwoord die volgende vrae.

                                         objLAN
                                         - Name
                                         - Surname
                                         - ID
                                         - Food
                                         - TeamName
                                         + constructor create
                                         + tostring : string;
                                         + getTeamName : string;
                                         + CalculateCost
                                         + getDOB : string;
                                         + getGender : char;

         5.2.1    Wat dui die '-' aan?                                                      (1)

         5.2.2    Wat is die verskil tussen ŉ mutator- en toegangsmetode
                  (‘accessor’)?
                  Gee ŉ voorbeeld van elk deur van objLAN gebruik te maak.                  (4)

         5.2.3    Wat is die doel van ŉ konstruktor (‘constructor’)?                        (2)

         5.2.4    Wat is die doel van ŉ ‘tostring’-metode?                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2017)

  5.3    Om ŉ vloeidiagram te verstaan, word gesien as basiese kennis wat ŉ
         programmeerder moet hê. Nog ŉ konsep wat van kardinale belang is, is die
         vermoë om ŉ naspeurtabel (‘trace table’) te gebruik om die insette, verwerking
         en verwagte afvoer op te spoor.

         Stel jou vaardighede en kennis op die proef, deur die naspeurtabel (‘trace table’)
         vir die volgende vloeidiagram te voltooi.

         Teken ŉ naspeurtabel (‘trace table’) met die volgende opskrifte:

         Die insetwaardes is die volgende:

         1.8; 2.0; 1.0; 1.3; 1.0; 2.5; 2.0; 1.3; 1.8; 1.3; -1                                     (6)

                                                                  TOTAAL AFDELING E:              21

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 13

  AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

  VRAAG 6

  Om rekords van goedere te hou, ŉ netwerkstelsel op te stel en die toepaslike
  sagtewarestelsels te identifiseer, word benodig om van jou klein tweedehandse
  naweekbesigheid ŉ sukses te om maak.

  6.1     Dit is deur ŉ betroubare vriend voorgestel dat om die voorraad veilig by die
          stalletjie te hou, RFID-etikette aan die klere aangebring moet word.

          6.1.1       Noem EN verduidelik die TWEE dele wat die RFID-stelsel uitmaak.                (4)

          6.1.2       Onderskei tussen ŉ passiewe en aktiewe RFID-etiket.                            (4)

          6.1.3       Motiveer of dit raadsaam is om RFID-etikette vir jou stalletjiebestuur te
                      gebruik.                                                                       (2)

  6.2     In ŉ poging om jou besigheid effektief te bemark, word sosiale netwerke
          voorgestel.

          6.2.1       Noem TWEE sosiale netwerk-webwerwe wat jy kan gebruik om jou
                      produkte te bemark.                                                            (2)

          6.2.2       Sosiale netwerkruimtes het ook ŉ negatiewe uitwerking op konsentrasie
                      en produktiwiteit. Beskryf TWEE sulke maniere waarop dit kan gebeur.           (2)

          6.2.3       Verduidelik wat sosiale manipulasie (‘social engineering’) is en hoe dit
                      negatief in die samelewing gebruik kan word.                                   (2)

          6.2.4       As jy jou besigheid vir groepe op die sosiale netwerke bemark, waarom
                      is dit belangrik dat jy versigtig moet wees wat jy publiseer?                  (1)

  6.3     ŉ Kollega het ŉ toep (‘app’) ontwikkel wat jy gebruik om rekord van jou voorraad
          te hou. Die meeste van die inligting is op die bediener en op een dag stuur hy jou
          ŉ boodskap om jou te verwittig dat die webwerf aangeval is, maar hy werk aan
          die oplossing van die probleem.

          6.3.1       Hy noem dat dit ŉ DoS (diensontsegging) (‘Distributed Denial of Service
                      (DDS)’)-aanval is. Verduidelik wat dit is en hoe dit werk.                     (2)

          6.3.2       Hy noem ook iets oor die ontdekking van die botnets wat vir hierdie
                      aanval gebruik word. Beskryf wat ŉ botnet doen.                                (2)

          6.3.3       Jou neef dring daarop aan dat hierdie probleem veroorsaak is deur ŉ
                      trol op die netwerk. Argumenteer hoekom dit nie so kan wees nie.               (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2017)

         6.3.4       Stel ŉ moontlike naam voor vir die tipe mense wat webwerwe met
                     kwaadwillige voornemens aanval.                                                   (1)

  6.4    Ten einde bankbalanse veilig na te gaan en aanlyn te betaal, maak die bank
         se webwerf van BSL (‘SSL’)-enkripsie- en dekripsietegnologie gebruik.

         6.4.1       Waarvoor staan BSL (‘SSL’)?                                                       (1)

         6.4.2       Wat word met die term enkripsie bedoel?                                           (1)

         6.4.3       BSL (‘SSL’) gebruik ŉ spesiale vorm van enkripsie genaamd,
                     publieke sleutel enkripsie (‘Public Key Encryption’). Verduidelik
                     kortliks hoe ŉ veilige verbinding tussen ŉ bediener en ŉ deurblaaier
                     met hierdie metode opgestel word.                                                 (4)

  6.5    Wolkrekenarisering (‘Cloud computing’) het baie gewild geword sedert die
         ontwikkeling en gewildheid van die internet en jy oorweeg dit ernstig.
         Gewilde voorbeelde hiervan is aanlynstoor, aanlynrugsteun en lêer-
         sinchroniseringsdienste.

         6.5.1       Definieer die term wolkrekenarisering (‘cloud computing’).                        (2)

         6.5.2       Onderskei tussen aanlynlêer-stoor en aanlynrugsteun en gee ŉ
                     voorbeeld van elk.                                                                (4)

         6.5.3       Een van jou vriende glo dat lêer-sinchronisering dieselfde as ŉ
                     rugsteundiens is. Meld of jy SAAMSTEM of NIE MET HOM
                     SAAMSTEM NIE. Motiveer jou antwoord.                                              (3)

         6.5.4       Die meeste wolkrekenarisering (‘cloud computing’) toeps (‘apps’)
                     het ŉ lokale voorkant (‘local front end’). Wat beteken die term,
                     lokale voorkant (‘local front end’)?                                              (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING F:                 41
                                                                     GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans-docx/bcca23dc-b552-4601-9d0b-00117508a14e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
