# Information Technology Grade 12 P2 2018 Memo (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-tech-p2-memo-sept2018-afrikaans/07417944-bab9-4f08-a323-51bdd62d2e71
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-tech-p2-memo-sept2018-afrikaans/07417944-bab9-4f08-a323-51bdd62d2e71)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2018

               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                    Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1 1.1.1      ‘Archiving’                                                           (1)

      1.1.2     Bandwydte                                                             (1)

      1.1.3     Biometrika (Sekuriteit)                                               (1)

      1.1.4     Vreemde Sleutel                                                       (1)

      1.1.5     defragmentering/defrag                                                (1)

      1.1.6     deelprogrammatuur (‘Shareware’)                                       (1)

      1.1.7     abba (‘Piggybacking’)                                                 (1)

      1.1.8     Hiperskakel (‘Hyperlink’)                                             (1)

      1.1.9     Ergonomie                                                             (1)

      1.1.10    E-rommel                                                              (1)

 1.2 1.2.1      D  Digitale Handtekening                                              (1)

      1.2.2     A  Vlamoorlog ('Flaming')                                             (1)

      1.2.3     C  Enkodeer data                                                      (1)

      1.2.4     A  is ŉ metode wat deur die randapparatuur gebruik word om die
                    aandag van die SVE te verkry as hulle moet kommunikeer.            (1)

      1.2.5     C  WAAR OF NIE (WAAR OF NIE VALS) = WAAR                              (1)

                                                         TOTAAL AFDELING A:            15

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                         3

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 2.1 2.1.1      Stelselprogrammatuur/Bedryfstelsel                                          (1)

       2.1.2    Sagteware wat al die aktiwiteite wat in ŉ rekenaar plaasvind, beheer.  (1)

       2.1.3    Slimfoon  of Tablet                                                         (1)

       2.1.4     Die bedryfstelsel verdeel die SVE-tyd tussen aktiewe programme. 
                 Dit wil voorkom asof die rekenaar baie programme terselfdertyd
                  uitvoer.                                                                 (2)

 2.2 Die kombinasie van verskillende tegnologieë en funksies in een multi-
     funksionele toestel.                                                                  (1)

 2.3 Aanvaar enige DRIE van die volgende: 
      Stel die helderheid van skerm laer
      Skakel ongebruikte funksies soos 3G/4G, GPS, Wi-Fi en Bluetooth af.
      Skakel ‘Sync’ af.
      Maak ongebruikte toeps toe
      Sit ‘power saving mode’ aan.
      Sit die vibrasies af.
      Verminder notas (‘notifications’).                                                    (3)

 2.4 Hulle is baie goedkoper  Makliker verkrygbaar 
     AANVAAR OOK
     Kan meer data stoor en kan ook reggemaak word.                                          (2)

 2.5 2.5.1      Sparteling (‘Thrashing’)                                                    (1)

       2.5.2    Dit gebruik sekondêre geheue/hardeskyf as primêre geheue/EKG. 
                Virtuele geheue (net een punt)                                               (2)

       2.5.3    Dit kan dalk moeilik wees om EKG-skyfies te kry. 
                DIMMs wat met die ouer moederborde werk                                    (2)

 2.6 2.6.1      Rekenaar 1                                                                  (1)

       2.6.2    Die Intel Core i7 SVE                                                       (1)

       2.6.3    Elke kern kan afsonderlike/aparte programme op dieselfde tyd 
                verwerk
                                                  OF
                Elke kern werk asof dit ŉ aparte SVE is en kan vele take terselfdertyd
                uitvoer.                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                      (EC/SEPTEMBER 2018)

      2.6.4    2.6.4.1   Hoe vinniger die klokspoed, hoe vinniger die SVE-spoed.         (2)

               2.6.4.2   Die spoed van die stelselklok  word vermenigvuldig met ŉ
                         spesifieke waarde  om die gewenste klokspoed vir die
                         spesifieke SVE te kry.
                         Klokvermenigvuldiging (‘Clock multiplication’) – slegs een
                         punt                                                              (2)

 2.7 2.7.1     Dit verbind die verskillende komponente op die moederbord. 
                                                 OF
               Die interne busse vervoer data en instruksies tussen komponente.            (1)

      2.7.2    SVE  en ETG                                                               (2)

                                                             TOTAAL AFDELING B:            27

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                         5

 AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIE

 VRAAG 3

 3.1 3.1.1      Korrekte uitleg 
                Diagram bevat:
                Switch/Hub 
                Rekenaars 

                                                                                                    (3)
                
       3.1.2    Enige TWEE: 
                 Maklik om foute te vind
                 Maklik om individuele rekenaars te vervang
                 As een toestel ophou werk, word die netwerk nie onderbreek nie
                 Maklik om te installeer, onderhou                                                 (2)
       3.1.3    ŉ Kombinasie van ten minste twee topologieë; ster, bus of ring                     (1)

 3.2 3.2.1      mobiliteit 
                                                  OF
                kostebesparing / makliker om op te stel                                             (1)
       3.2.2    Enige TWEE: 
                 Wi-Fi-reeks is beperk.
                 Geboue/obstruksies kan ŉ verspreide uitleg vereis
                 Baie rekenaars deel een toegangspunt wat die spoed drasties
                  stadiger maak
                 ŉ Toegangspunt kan slegs ŉ sekere aantal verbindings ondersteun.                  (2)

       3.2.3    Omdat die sein uitgesaai word, is dit maklik om dit te onderskep en
                dan kan die data en wagwoorde bekom word.                                           (1)

 3.3 3.3.1      ‘Push’-tegnologie is wanneer die bediener die toestel in kennis stel 
                dat daar ŉ nuwe boodskap is en dit dan aflaai na die mobiele toestel. 
                Konsep:
                Outomatiese aflaai
                VIR 1 punt: Slegs nota (‘Notification’)                                             (2)

       3.3.2    Enige TWEE: 
                 ‘Mobile’ data is duur
                 Nie baie stoorplek nie
                 Toepassing mag dalk nie geïnstalleer wees nie/kan nie die
                  aanhangsel oopmaak nie/kan nie formaat van die dokument hanteer
                  nie                                                                               (2)

 3.4 3.4.1      VoIP                                                                               (1)

       3.4.2    Enige TWEE: 
                 Data is duur
                 Bandwydte van verbindings is gewoonlik baie laag
                 Internetverbindings is nie betroubaar/orals beskikbaar nie
                 Nie alle skole het die nodige hardeware nie                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2018)

      3.4.3    Oor-platform (‘Cross platform’) beteken dat sagteware ontwerp is om op
               verskillende bedryfstelsels te kan werk.                                           (1)

 3.5 3.5.1     Jy moet die webadres ken sodat jy die webblaaier kan sê watter
               webwerf jy wil sien.  Dit beteken dat as jy slegs ŉ webblaaier gebruik
               om data en inligting aanlyn te vind, moet jy die URL van elke webwerf
               wat jy wil besoek, ken.                                                             (1)

      3.5.2    ŉ Soekenjin werk as ŉ ‘discovery tool and information locator’. 
               Jy moet net een URL ken – die van die soekenjin. Jy gaan na die
               webblaaier, gaan na die soekenjin en dan tik jy die soekkriteria in en ŉ
               hele lys van webwerwe wat die kriteria pas, word vertoon.                           (1)

      3.5.3    Te veel resultate  en is nie altyd die regte/korrekte kwaliteit nie (wat
               benodig word)                                                                     (2)

      3.5.4    Bemiddelde soeke (‘Mediated searches’) gebruik mense om lyste van
               webwerwe te skep met verskillende kategorieë. Elke kategorie het ŉ lys
               van webwerwe wat relevante, opgedateerde inhoud en nuttige inligting
               bevat. 
               Die uitslae van hierdie tipe soek is minder as die gewone algoritme-
               baseerde soek, maar die idee is dat die menslike mediasie
               seleksieproses beter en relevante uitslae sal oplewer.                             (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING C:               24

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                        7

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

 4.1 ŉ ‘Desktop database’ is gewoonlik vir een gebruiker en word op ŉ persoonlike
     rekenaar geïnstalleer. 
     ŉ Bedienerdatabasis word op die bediener geïnstalleer en kan deur alle
     gebruikers in die netwerk gebruik word.                                              (2)

 4.2 Data integriteit in ŉ databasis word verseker deur die beginsels van
     normalisasie toe te pas en om validasie in databasisontwerp in te sluit.           (2)

 4.3 Noem en Beskryf enige DRIE: 
      ‘Currency’ – hoe op datum (‘oud’) die inligting is
      ‘Relevance’ – verwys na hoe goed die data pas by wat gesoek word
      ‘Completeness’ – Hoe volledig is die data
      Akkuraatheid/korrekte data
      Geldige data.
      Onnodige inligting word nie ingesluit nie
     Enige korrekte voorbeeld in elke geval.                                                (3)

 4.4 Enige TWEE metodes/tegnieke: 
      Goeie wagwoord-beleide
      Maak seker dat gebruikers se regte en voorregte toegepas en bestuur word
      Maak seker dat toestelle veilig is (bv. gebruikers benodig wagwoorde om
        toegang tot die toestel te kry)
      Maar seker dat die gebou fisies veilig is (bv. moet sleutel-kontrole, toegangs
        registers, biometriese toegangskontrole, ens.)                                     (2)

 4.5 Data-onderhoud is om seker te maak al die inligting is op datum.                     (1)

 4.6 4.6.1       ‘Normalisation’ verwys na die proses om ŉ databasis in afsonderlike
                 tabelle te organiseer op so ŉ wyse dat die duplisering van data vermy
                 word en ook anomalieë opdateer/verwyder word.                           (2)

       4.6.2     ŉ Veld wat elke rekord met ŉ unieke waarde identifiseer.                 (1)

       4.6.3      tblSuppliers                          tblOrders
                   PK SupplierID 1                      PK    ItemName
                        Name                        8   FK    SupplierID
                        Contact                               QuantityOrdered
                                                              DeliveryDate
                                                              UnitPrice
                                                              DateOrdered
                                                              DeliveryCost
                 
                 Tabelname 
                 Primêre Sleutels 
                 Vreemde Sleutel 
                 Verwantskap                                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2              (EC/SEPTEMBER 2018)

 4.7 4.7.1      SELECT * FROM tblproducts Order BY Price                         (2)

      4.7.2     UPDATE tblproducts  SET name=’Pecan Pie’ WHERE
                name=’Pecan Pe’                                                    (3)

                                                       TOTAAL AFDELING D:           24

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                          9

 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

 VRAAG 5

 5.1 verklaar ŉ leë string 
     kry die lengte van die string 
     lus  van die eerste karakter tot die lengte van die string
       as die huidige karakter ŉ spasie is 
        verander die volgende karakter (korrekte karakter)  na ŉ hoofletter 
       as die huidige karakter nie ŉ spasie is nie 
     voeg dit by die nuwe string veranderlike 
     
     AANVAAR enige korrekte metode                                                                 (8)

 5.2 5.2.1      Om ŉ string te skep  wat deur die programmeerder ontwerp is wat
                gewoonlik die objekvelde (attribute) sal vertoon                                  (2)

       5.2.2    (a) Verander die waardes van die ‘instance’-velde van die objek 
                    Voorbeeld: ChangeUserCode /AddSession/ResetAll                                (2)

                (b) Stuur inligting terug na die toepassingsprogram/klas 
                    Voorbeeld: getFrequency                                                       (2)

       5.2.3    (a) Ander klasse (of toepassingsprogramme) moet die metodes kan roep
                    (moet toegang hê na al die metodes van buite die klas)                        (1)

                (b) Om te verseker dat die velde SLEGS aan hierdie objek behoort en
                    kan nie van buite die objek gebruik word nie                                  (1)

       5.2.4    Metodes met parameters het hakies () met argumente of veranderlikes in
                die hakies. 
                Metodes sonder parameters het geen hakies wat beteken dat dit nie
                argumente het nie                                                                 (2)

 5.3 5.3.1      (a) Sintaks: Foute wat onstaan omdat die reëls van die
                    programmeringstaal wat gebruik word toepas word nie. 
                    Byvoorbeeld: Geen hakies om die kondisies in ŉ ‘if’-stelling nie.             (2)

                (b) Looptydfoute veroorsaak dat die program ophou werk,  OF
                    Looptydfoute gebeur as die toepassing ŉ instruksie moet uitvoer
                    wat onmoontlik is, bv. Kode moet werk druk, maar die drukker
                    is nie gekoppel nie.                                                          (2)

                (c) Logika-fout: Wanneer die program nie werk soos wat dit veronderstel
                    is om te werk nie.  Voorbeeld: Wanneer ŉ oneindige lus plaasvind             (2)

       5.3.2    Sintaksfout: Program wil nie kompileer nie en wys dat daar ŉ fout is 
                Looptydfout: Program breek of wys ŉ ‘exception’ fout. 
                Logika-fout: Program werk maar uitslae is nie wat verwag word nie                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 5.4 5.4.1     Konstruktor                                                                 (1)

      5.4.2    Om die inligting na die ander eenheid te stuur sodat dit aan die
               attribute toegeken kan word                                                 (1)

      5.4.3    Funksie                                                                      (1)

      5.4.4    Maak die tekslêer oop sodat inhoud gelees kan word                           (1)

      5.4.5    iVisits := iVisits +1;                                                        (1)

      5.4.6    Om die veranderlike ŉ beginwaarde te gee  (sodat Delphi nie ŉ
               ewekansige getal kies nie)                                                    (1)

                                                               TOTAAL AFDELING E:            33

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                               11

 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 6.1 6.1.1      Die tegniek behels die stoor van baie kopieë (word ook verwys na as
                ‘mirroring’). Dit beteken dat as ŉ stel data foutief is, is daar ŉ parallelle
                stel wat dadelik gebruik kan word, sodat geen tyd gemors word nie.                  (2)

       6.1.2    Dit beteken dat jy ten minste dubbel die hoeveelheid stoorplek op jou
                stelsel nodig het  (en as jy meer as een kopie (‘mirror’) het, dan moet
                jy dit vermenigvuldig met die aantal kopieë wat gemaak moet word).                  (2)

       6.1.3    Vir veiligheid- en sekuriteitredes.                                                (1)

 6.2 6.2.1      Die URL van ŉ dinamiese webbladsy bevat gewoonlik baie parameters
                na die lêernaam, sodat die bediener die dinamiese bladsy kan skep 
                Jy kan die webbladsy se uitbreiding in die URL sien. As dit ‘.htm’ of ‘html’
                is, is die bladsy staties. As die uitbreiding ‘.php’, ‘.asp’ of ‘.jsp’ is, is dit
                dinamies.                                                                          (2)

       6.2.2    Enige DRIE:
                 Dit kan maklik volgens die gebruiker se voorkeure aangepas word
                 Dit is ideaal vir aanlynwinkels en sosiale webwerwe (blogs, wiki’s,
                   ens.) waar inhoud die heeltyd geskep word
                 Dit maak sosiale media moontlik (blogs, wiki’s, etc.)
                 Dit bied ŉ meer omvattende interaktiewe web-ondervinding
                 Dit is ideaal vir aanpasbare bladsye of wat gereeld verander of
                   opdateer moet word                                                                (3)

 6.3 6.3.1      Om rugsteun nie op die perseel te stoor nie, in geval daar diefstal,
                brand, ens. is                                                                      (1)

       6.3.2    Enige DRIE:
                 Lêers kan perongeluk oorgeskryf of vernietig word
                 Lêers kan foutief raak.
                 Lêers kan met ‘malware’ beskadig word (virusse, klikprogram)
                 Hardeware soos ŉ hardeskyf kan ophou werk ens.                                     (3)

       6.3.3    Enige DRIE: 
                 Slegs rugsteunlêers (nie sagteware wat weer geïnstalleer kan word
                   nie).
                 Slegs rugsteunlêers verander van vorige rugsteun
                 Pers die lêers wat gestoor moet word saam as een of meer
                   saamgeperste lêers.
                 Doen huishoudelike take, soos verwyder lêers wat alreeds bestaan
                   voor nog ŉ rugsteunlêer gemaak word.                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 6.4 6.4.1     Enige EEN: 
                Maak seker die URL begin met https.
                Soek die slot teken in die webblaaier.                                   (1)

      6.4.2    Enkripsie is as die teks/data geskommel word  in ŉ formaat wat nie
               maklik ontsyfer kan word nie. ŉ Spesiale algoritme/formule word
               gebruik.                                                                  (2)

      6.4.3    Enige DRIE: 
                Gebruik ŉ redelike aantal karakters (ten minste 8).
                Gebruik ŉ mengsel van letters en nommers.
                Gebruik groot- en kleinletters
                Moenie alledaagse woorde soos verby/kat gebruik nie.
                Gebruik spesiale karakters
                Moenie persoonlike inligting gebruik nie                                 (3)

 6.5 6.5.1     Aanhoudende onderbrekings verhoed jou om te konsentreer op die
               taak wat jy moet verrig. 
               Sosiale media kan baie ure van jou tyd elke dag verg.                     (2)

      6.5.2    Enige EEN voordeel: 
                Jy kan jou vriende laat weet wat jy doen
                Moontlike besigheidsvennote/werkgewers kan jou beter leer ken (bv
                  op Linkedln)
                Jy kan mense ontmoet en vriende maak, ens.

               EEN nadeel, dit is nie in publieke domein nie.                            (2)

                                                              TOTAAL AFDELING F:          27
                                                                  GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/55409ee4-7e45-46a3-88eb-9dbd26e43037) — Information Technology · Memo · 2018 · Afr
- [INFO TECH P2 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/134bed6e-9b93-42cb-bc7b-bdb89503c63d) — Information Technology · Memo · 2017 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT-P2-GR12 QP-Afr-SEP-2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-afr-sep-2025-watermark/569cc299-ae7c-4635-9514-cf03f9242ebc) — Information Technology · QP · 2025 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P2 QP GR12 SEPT 2024 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-qp-gr12-sept-2024-afr/9016098b-e233-49f4-b1dc-f0838363c6af) — QP · 2024 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2024-afr/f4b19c44-77ce-482a-9f85-438813c25f87) — QP · 2024 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2024-eng/3afa20d1-1c0f-4969-8a56-d690e9b24d70) — QP · 2024 · Eng
- [Information Technology P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-eng/896eee2c-884c-4527-97e2-ed0759edd97d) — QP · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2023-eng/8ae9d306-1975-4759-ad2b-96483154bd10) — QP · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
