# Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-tech-p2-qp-sept2018-afrikaans/10bb5696-a412-4571-9d03-f3fd7da6020d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-tech-p2-qp-sept2018-afrikaans/10bb5696-a412-4571-9d03-f3fd7da6020d)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2018

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2            (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

      AFDELING A: Kortvrae                                            (15)
      AFDELING B: Stelseltegnologieë                                  (27)
      AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie         (24)
      AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                          (24)
      AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                              (33)
      AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                              (27)

 2.   Lees AL die vrae noukeurig deur.

 3.   Beantwoord AL die vrae.

 4.   Die puntetoekenning gee oor die algemeen ŉ aanduiding van die aantal
      feite/redes wat vereis word.

 5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 6.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
     woord/term langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK
     neer.

       1.1.1      Om statiese lêers te stoor, gewoonlik na ŉ sekondêre stelsel                  (1)

       1.1.2      Die totale aantal data wat van een punt na ŉ ander in ŉ gegewe
                  tydperk, oorgedra kan word                                                    (1)

       1.1.3     Sekuriteit wat op die meet en identifikasie van unieke fisiese
                 karaktereienskappe van ŉ persoon gebaseer is                                   (1)

       1.1.4      ŉ Veld wat gebruik word om ŉ skakel, na ŉ veld in ŉ ander tabel, te
                  wees                                                                          (1)

       1.1.5      Om gedeeltes van lêers te herorganiseer om die rekenaar vinniger te
                  laat werk                                                                     (1)

       1.1.6      Sagteware wat verniet versprei word, sonder bronkode, maar kan net
                  vir ŉ beperkte tyd gebruik word of het beperkte funksies beskikbaar           (1)

       1.1.7      Om toegang te verkry en iemand anders se internetverbinding te
                  gebruik sonder om daarvoor te betaal                                          (1)

       1.1.8      ŉ Ingeboude konneksie na ŉ ander verwante webblad en word met
                  teks wat blou onderstreep is, aangedui                                        (1)

       1.1.9      Studie van die mens se liggaam met die doel om produkte te ontwerp
                  wat beter sal werk met die wyse wat ons funksioneer                           (1)

       1.1.10     Oud, gebreekte en weggegooide hardeware wat ons nie meer wil hê
                  of benodig nie                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2018)

 1.2   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5)
       in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 D.

       1.2.1   Watter EEN van die volgende verwys na die enkripsieproses wat gebruik
               word om die identiteit van die afsender van die eposboodskap eg te
               verklaar?

               A      Digitale handdruk
               B      Digitale kloof
               C      Digitale sertifikaat
               D      Digitale handtekening                                                    (1)

       1.2.2   Watter term is van toepassing wanneer 'n persoon aanstootlik optree
               teenoor ŉ ander persoon, op 'n e-pos nuusgroep, met die doel om ŉ
               argument te begin?

               A      Vlamoorlog (‘Flaming’)
               B      Uitvissing (‘Phishing’)
               C      ‘Lurking’
               D      Gemorspos stuur (‘Spamming’)                                             (1)

       1.2.3   Watter EEN van die volgende is NIE deel van die masjiensiklus NIE?

               A      Haal data
               B      Dekodeer instruksie
               C      Enkodeer data
               D      Voer instruksie uit                                                      (1)

       1.2.4   ŉ Hardeware-onderbreking …

               A      is ŉ metode wat deur die randapparatuur gebruik word om die aandag
                      van die SVE te verkry as hulle moet kommunikeer.
               B      word gebruik om ŉ drukker te stop as dit aanhou om ŉ ongewenste
                      drukstuk te druk.
               C      word deur die geheue van ŉ rekenaar gebruik om ŉ randapparatuur
                      te onderbreek (of stop) as dit met die SVE kommunikeer.
               D      die proses wat plaasvind wanneer die kragbroneenheid faal en die
                      rekenaar ophou werk.                                                     (1)

       1.2.5   Watter EEN van die volgende Boolese uitdrukkings is korrek?

                             UITDRUKKING                       RESULTAAT
               A      WAAR EN NIE VALS                         VALS
               B      VALS EN (WAAR OF NIE VALS)               WAAR
               C      WAAR OF NIE (WAAR OF NIE VALS)           WAAR
               D      WAAR EN NIE (WAAR EN VALS)               VALS                            (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:            15

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  5

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 Jou broer is ŉ produksiebestuurder by ŉ moderne bakkery wat ŉ bediener,
 tafelrekenaars, skootrekenaars, tablette en slimfone gebruik.

 2.1 Die toestelle het almal voorafgeïnstalleerde sagteware wat gebruik word,
     naamlik Windows 10 Professional, Ubuntu 17, Nougat, Oreo, ens.

       2.1.1    Noem die kategorie waaronder hierdie sagteware val.                             (1)

       2.1.2    Beskryf die sagteware-kategorie wat jy in VRAAG 2.1.1 genoem het.               (1)

       2.1.3    Watter tipe toestel word met Nougat of Oreo sagteware geassosieer?              (1)

       2.1.4    Mobiele toestelle kan nou multitaakverwerking doen. Verduidelik die
                konsep multitaakverwerking.                                                     (2)

 2.2 Die term konvergensie word gebruik om moderne slimfone en tablette te
     beskryf. Waarna verwys die term konvergensie?                                              (1)

 2.3 Tablette en slimfone se batterye word vinnig pap en die toestelle is konstant op
     oplaaiers.

       Adviseer hulle met DRIE maniere waarmee hulle die batterykrag kan bespaar.               (3)

 2.4 Die rekenaars en toestelle gebruik of ŉ hardeskyf of ŉ vastetoestandaandrywer
     (VTA).

       Gee TWEE redes waarom ‘HDDs’ nog steeds in rekenaars en skootrekenaar in
       plaas van VTAs ('SSDs') verkies word.                                                    (2)

 2.5 Van die rekenaars is verouderd en het beperkte ETG (‘RAM’). Die programme
     werk stadiger, jy kom ook agter dat die hardeskyfaandrywer konstant besig is.

       2.5.1    Watter term word gebruik vir die probleem wat hierbo verduidelik is?            (1)

       2.5.2    Beskryf hoe ŉ rekenaar ŉ aantal toepassings kan oopmaak al is daar
                beperkte ETG (‘RAM’).                                                           (2)

       2.5.3    Gee TWEE aspekte wat in aanmerking geneem moet word wanneer jy
                ETG (‘RAM’) op ouer rekenaars wil opgradeer.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.6 Twee kwotasies vir nuwe rekenaars in die datavasleggingskantoor met die
     volgende spesifikasies, is ontvang.

                 REKENAAR 1                                REKENAAR 2
      Intel Core i7 2.6 GHz SVE              Intel Celeron 2.6 GHz SVE
      2 GB ETG                               2 GB ETG
      3 TB HDD                               3 TB HDD

      2.6.1    Watter rekenaar sal verwerp word omdat dit te duur is?                          (1)

      2.6.2    Identifiseer ŉ enkele komponent in die kwotasie waar die spesifikasie-
               vlak onnodiglik hoog is.                                                        (1)

      2.6.3    Een van die SVEs bevat veelvuldige kerne.

               Verduidelik kortliks hoe hierdie eienskap die SVE se werkverrigting
               verbeter.                                                                       (2)

      2.6.4    Die verwerkingspoed van die SVE word direk beïnvloed deur die
               klokspoed. Die klokspoed van die SVE is gewoonlik hoër as die spoed
               van die stelselklok.

               2.6.4.1   Verduidelik hoe die klokspoed die verwerkingspoed van die
                         SVE beïnvloed.                                                        (2)

               2.6.4.2   Verduidelik hoe dit moontlik is dat die SVE teen ŉ hoër spoed
                         as die stelselklok kan werk.                                          (2)

 2.7 Die rekenaar se moederbord gebruik busse en punt-tot-punt konneksies om
     data oor te dra.

      2.7.1    Wat is die doel van die interne bus op ŉ moederbord?                            (1)

      2.7.2    Noem die komponente wat deur die punt-tot-punt konneksies verbind
               word.                                                                           (2)

                                                              TOTAAL AFDELING B:               27

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                   7

 AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIE

 VRAAG 3

 Al die rekenaarhardeware by die bakkery is aan ŉ netwerk gekoppel. Al die toestelle
 konnekteer aan die Internet deur die bediener.

 3.1 Jy vertel vir jou broer dat die stertopologie die mees algemeenste netwerk-
     topologie is.

       3.1.1    Teken ŉ skets, met byskrifte, om die uitleg van die toestelle in ŉ
                stertopologie voor te stel.                                                       (3)

       3.1.2    Gee TWEE redes waarom 'n stertopologie die meeste in moderne
                LANs gebruik word.                                                                (2)

       3.1.3    Toe die netwerkadministrateur gevra is, sê hy dat die hibried-topologie
                die populêrste topologie is. Wat is die hoofkenmerk van ŉ hibried
                netwerktopologie?                                                                 (1)

 3.2 ŉ Toegangspunt is geïnstalleer om ŉ kabellose netwerk (WLAN) te skep.

       3.2.1    Wat is die grootste voordeel om van ŉ WLAN in plaas van ŉ gekabelde
                LAN gebruik te maak?                                                              (1)

       3.2.2    Een toegangspunt vir die bakkery is nie genoeg nie.

                Gee TWEE redes waarom meer as een toegangspunt nodig mag wees.                    (2)

       3.2.3    ŉ Wagwoord word benodig om toegang tot die WLAN te verkry.

                Hoekom waarborg ŉ wagwoord nie die veiligheid van die WLAN nie?                   (1)

 3.3 Baie bestuurders verkies om hul persoonlike mobiele toestelle te gebruik, om
     e-posse op die bakkery se kabellose netwerk, te stuur en ontvang.

       3.3.1    ‘Push’-tegnologie word gebruik om e-posse op ŉ mobiele toestel te
                stuur en ontvang. Verduidelik wat ‘push’-tegnologie is.                           (2)

       3.3.2    E-pos aanhangsels word gewoonlik nie outomaties op mobiele
                toestelle afgelaai nie.

                Gee TWEE redes waarom dit die geval is.                                           (2)

 3.4 Die bemarkingsafdeling netwerk met hul kliënte deur gebruik te maak van
     stem, video-konferensies en kitsboodskappe.

       3.4.1    Noem die protokol wat vir video-konferensies gebruik word.                        (1)

       3.4.2    Beskryf kortliks TWEE uitdagings van video-konferensies in Suid-Afrika.           (2)

       3.4.3    Die meeste kitsboodskapprogramme is oor-platform (‘cross-platform’).

                Wat beteken oor-platform?                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/SEPTEMBER 2018)

 3.5 Die besturende direkteur verstaan nie waarom hy nie na die besigheid se
     webwerf geneem word as hy die bakkery se naam in die webblaaier intik nie.

      3.5.1    Verduidelik waarom ŉ webblaaier nie effektief gebruik kan word om
               inligting op die Web te vind nie.                                            (1)

      3.5.2    Hoe help ŉ soekenjin om die probleem, wat in VRAAG 3.5.1 genoem
               is, te vermy?                                                                (1)

      3.5.3    In die algemeen, wat is die TWEE grootste probleme in terme van die
               soekuitslae wat met ŉ tipiese soekenjin verkry word?                         (2)

      3.5.4    Verduidelik hoe ŉ bemiddelde soek (‘mediated search’) met die
               probleem soos aangedui in VRAAG 3.5.3 kan help.                              (2)

                                                           TOTAAL AFDELING C:               24

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                   9

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

 Inligting van die kliënte, verskaffers en inventaris word by die bakkery gestoor.

 4.1 ŉ Bedienerdatabasis word op die oomblik gebruik. Onderskei tussen ŉ
     tafeldatabasis (‘desktop database’) en ŉ bedienerdatabasis (‘server database’).        (2)

 4.2 Die integriteit van die databasis moet behou word. Noem TWEE maniere hoe
     die integriteit van 'n databasis verseker kan word.                                    (2)

 4.3 Noem en beskryf kortliks DRIE eienskappe van kwaliteit data.                           (3)

 4.4 Toegangsbeheer is ŉ belangrike aspek om data te beskerm. Noem TWEE
     metodes hoe om toegang tot data te beheer.                                             (2)

 4.5 Instandhouding van data is 'n belangrike deel van die bestuur van data. Wat is
     deel van databestuur?                                                                  (1)

 Die volgende inligting moet vasgelê word in ŉ verskaffers-tabel en ŉ bestellings-
 tabel om rekord te hou van voorraad wat deur die bakkery verskaf en bestel word.

                      Veldnaam                                  Datatipe
 VerskafferID                                   AutoNumber
 VerskafferNaam                                 Text
 VerskafferKontaknommer                         Text
 BestelItemnaam                                 Text
 BestelItemEenheidprys                          Number
 DatumBestel                                    Date/Time
 AantalBestel                                   Number
 Afleweringsdatum                               Date/Time
 Afleweringskoste                               Currency

 4.6 Daar is opgelet dat die databasis nie genormaliseer is nie.

       4.6.1    Verduidelik die term normalisasie.                                          (2)

       4.6.2    Wat is ŉ Primêre Sleutel?                                                   (1)

       4.6.2    Gebruik ŉ diagram om die databasis in twee tabelle te verdeel. Dui
                duidelik die Name van die Tabelle is, Primêre en Vreemde Sleutels
                asook die verwantskap tussen die tabelle aan.                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 4.7 Een van die tabelle, tblprodukte, in die bakkery se databasis bevat
     beskrywings en pryse van die bakkery se produkte.

         P_ID        Name              Description                              Price

         1           Bread             Baked fresh everyday                     2.99

         2           Strawberry        Made with organic strawberries from      9.99
                     Shortcake         our garden
         3           Apple Pie         Second only to your mom’s pie            12.99

         4           Pecan Pe            If you like pecans, this is for you    10.99

         5           Lemon Pie         Made with the best lemons in the         11.99
                                       world
         6           Cupcakes          Your kids and the kid in you will love   7.99
                                       these

      SQL word gebruik om navrae van die tabel, tblprodukte, te maak.

      4.7.1     Skryf ŉ stelling om al die inligting in die tabel te vertoon, gesorteer
                volgens die prys in toenemende volgorde.                                         (2)

      4.7.2     Skryf ŉ stelling wat die spelling van “Pecan Pe” sal korrigeer. Dit moet
                “Pecan Pie” wees.                                                                (3)

                                                                 TOTAAL AFDELING D:               24

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                              11

 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

 VRAAG 5

 5.1 ŉ Toepassing is besig om ontwerp te word, wat Wi-Fi gebruikers toelaat om op
     die netwerk aan te teken.

       Die eerste letter van elke woord in die teksvelde moet ŉ hoofletter wees
       (byvoorbeeld ‘Mr July August’ of ‘Miss Merry September’).

       Skryf ŉ algoritme wat die string soos volg sal manipuleer:
       -   Alle spasies moet verwyder word
       -   Eerste letter van elke woord moet ŉ hoofletter wees
       -   Bv. Mr july august  MrJulyAugust

       LET WEL: Die algoritme MOET in pseudokode geskryf word – MOENIE ŉ
                programmeringstaal gebruik NIE.                                                  (8)

 5.2 ŉ Objekklas is ontwerp om rekord te hou van hoe lank iemand op die rekenaar
     gewerk het asook hoe lank hulle op die Internet was.

       Bestudeer die klasdiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die
       name van die metodes beskryf wat gedoen moet word.

           ATTRIBUTE                     METODES
        • UserCode            • changeUserCode
        • TotalSessions       • toString
        • TotalTime           • getFrequency
        • TotalInternetTime   • addSession(TimeIn, TimeOut)
                              • resetAll
                              • setInternetTime(InternetTime)

       5.2.1    Waarvoor sal die ‘toString’-metode gebruik word?                                 (2)

       5.2.2    Verduidelik die doel van die volgende metodes in objek-georïenteerde
                programmering:

                (a) wysigingsmetode; gee ŉ voorbeeld                                             (2)

                (b) toegangsmetode; gee ŉ voorbeeld                                              (2)

       5.2.3    Metodes word gewoonlik as publiek (‘public’) en attribute as privaat
                (‘private’) verklaar.

                (a) Verduidelik waarom metodes gewoonlik as publiek verklaar word en
                    nie as privaat nie.                                                          (1)

                (b) Wat is die rede hoekom ŉ attribuut as privaat en nie publiek verklaar
                    word nie?                                                                    (1)

       5.2.4    Metodes mag verklaar word wanneer die klas geskep word. Onderskei
                tussen metodes met parameters en metodes sonder parameters.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/SEPTEMBER 2018)

 5.3 Ontfouting verg baie programmeringstyd. Sintaksfoute, looptydfoute en logika-
     foute moet reggemaak word.

      5.3.1    Verduidelik elk van die foute EN gee EEN rede of voorbeeld hoekom die
               fout sal plaasvind.

               (a) Sintaksfout                                                               (2)

               (b) Looptydfout ('Runtime error')                                             (2)

               (c) Logika-fout                                                               (2)

      5.3.2    Gee EEN voorbeeld hoe elk van die foute in VRAAG 5.3.1 geidentifiseer
               kan word.                                                                     (3)

 5.4 Bestudeer die gegewe kode en beantwoord die vrae.
         begin
      1    sCardHolder := cmbCardNumbers.items[cmbCardNumbers.ItemIndex];
      2    sCellNumber := lblCellNumber.Caption;
      3    sLoyaltyPoints := lblLoyaltyPoints.Caption;
      4    objCardholder := TCardHolder.create(sCardHolder, sCellNumber,
                                               StrToInt(sLoyaltyPoints));
      5    sAccess := edtCode.Text;
      6    if objCardholder.isCorrect(sAccess) then
           begin
      7      showMessage('The access code is correct.');
      8      rTotalSpent := 0;
      9      rTotalHealth := 0;
      10     iVisits := 0;
      11     assignFile(myFile, 'DataJanuary2017.txt');
      12     reset(myFile);
      13     while not eof(myFile) do
             begin
      14       readln(myFile, sLineOne);
      15       readln(myFile, sLineTwo);
      16       readln(myFile, sLineThree);
      17       if sLineOne = sCardHolder then
               begin
      18         rTotalSpent := rTotalSpent + StrToFloat(sLineTwo);
      19         rTotalHealth := rTotalHealth + StrToFloat(sLineThree);
      20         inc(iVisits);
               end; // end if
             end; // end while
      21     closeFile(myFile);
      22     objCardholder.increaseLoyaltyPoints(rTotalSpent);
      23     objCardholder.setNumVisits(iVisits);
      24     objCardholder.updateHealthLevel(rTotalHealth, rTotalSpent);
      25     btnQuest222.Enabled := true;
           end // end isCorrect
      26   else
           begin
      27     showMessage('Incorrect access code.');
      28     edtCode.Clear;
           end;

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                              13

       5.4.1    Wat noem ons die metode wat in reël 4 gebruik word?                              (1)

       5.4.2    Verduidelik reël 4.                                                              (1)

       5.4.3    Is die metode in reël 6 ŉ prosedure of ŉ funksie?                                (1)

       5.4.4    Wat doen reël 12?                                                                (1)

       5.4.5    Herskryf reël 20 op ŉ ander manier.                                              (1)

       5.4.6    Hoekom is dit belangrik om veranderlikes te inisialiseer (byvoorbeeld
                reëls 8, 9 en 10)?                                                               (1)

                                                               TOTAAL AFDELING E:                33

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 Onderhoud van die databasis, beskerming van hardeware en sagteware van
 bedreigings en om ŉ positiewe Internet en sosiale media teenwoordigheid te hê,
 word vereis.

 6.1 Parallelle-datalêer (‘parallel data set’) is ŉ term wat met databasisse geassosieer
     word.

      6.1.1    Verduidelik wat ŉ parallelle-datalêer is en waarvoor dit gebruik word.            (2)

      6.1.2    Gee die hoofnadeel met die implementering van parallelle-datalêers.               (2)

      6.1.3    Waarom moet parallelle-datalêers in aparte plekke gestoor word?                   (1)

 6.2 Die bestuur het besluit om die huidige statiese webwerf oor te doen en dit na ŉ
     dinamiese webwerf te verander.

      6.2.1    Gee TWEE maniere waarop jy kan weet of ŉ webblad staties of
               dinamies is, deur eenvoudig die URL te ondersoek.                                 (2)

      6.2.2    Gee DRIE voordele van dinamiese webwerwe.                                         (3)

 6.3 Die bestuurder is gesê om ŉ daaglikse rugsteun op die eksterne hardeskyf te
     maak van haar werk en dit dan na haar huis te neem.

      6.3.1    Waarom is dit raadsaam om die eksterne hardeskyf elke aand huis toe
               te neem?                                                                          (1)

      6.3.2    Gee DRIE redes waarom dit baie belangrik is om gereelde
               rugsteunlêers of kopieë van die lêers te maak.                                    (3)

      6.3.3    Die bestuurder bevind dat die eksterne hardeskyf net groot genoeg is
               om die inhoud van haar rekenaar se hardeskyf te stoor. Gee DRIE
               maniere hoe sy die aantal lêers wat gestoor moet word, kan verminder.             (3)

 6.4 Kliënte kan goedere en dienste van die bakkery op die webwerf koop. Die
     webwerf maak gebruik van enkripsie om die kliënt se inligting te bewaar.

      6.4.1    Hoe kan kliënte seker maak dat die bakkery se webwerf veilig is deur
               die inligting op die webblaaier te bestudeer?                                     (1)

      6.4.2    Beskryf kortliks wat enkripsie is.                                                (2)

      6.4.3    Kliënte word aangeraai om ‘sterk’ wagwoorde te gebruik. Gee DRIE
               riglyne om sterk wagwoorde te skep.                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                             15

 6.5 Die meeste gebruikers by die werk het ŉ sosiale media-rekening. Die gebruik
     van sosiale media gedurende werksure word nie aangeraai nie.

       6.5.1    Beskryf TWEE maniere hoe sosiale netwerkhulpmiddels (‘social
                networking tools’) konsentrasie kan beïnvloed en mens minder produktief
                maak.                                                                           (2)

       6.5.2    Die meeste van die sosiale netwerkhulpmiddels, webwerwe en toeps
                (‘apps’) moedig jou aan om inligting te deel. Gee ŉ voordeel en ŉ nadeel
                om inligting, in hierdie konteks, te deel.                                      (2)

                                                                TOTAAL AFDELING F:               27
                                                                    GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/55409ee4-7e45-46a3-88eb-9dbd26e43037) — Information Technology · Memo · 2018 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [INFO TECH P2 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/134bed6e-9b93-42cb-bc7b-bdb89503c63d) — Information Technology · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
