# Information Technology Grade 12 2021 Guideline (Afr)

> Grade 12 Information Technology exam guideline from the Information Technology 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/7aebc7a7-257a-4f48-bd5e-80ee28a89c6a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Information Technology
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 2021 Guideline (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/7aebc7a7-257a-4f48-bd5e-80ee28a89c6a)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Information Technology · 2021. Exam guideline, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE

                            EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                         2                               DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE

                                                                            Bladsy
1.     INLEIDING                                                               3

2.     REKENAARSENTRUMVEREISTES                                                4
2.1    Sagtewarevereistes                                                      4
2.2    Amptelike kontrolelys vir eksterne eksamensessie                        4

3.     ASSESSERING                                                             5
3.1    Skema van eksterne assessering                                          5
3.2    Formaat van vraestelle                                                  5
3.3    Gewigstoekenning van kognitiewe vlakke en moeilikheidsvlakke            6

4.     UITBREIDING VAN DIE INHOUD                                             7
4.1    Vraestel 1: Praktiese vraestel                                         7
4.2    Vraestel 2: Teorievraestel                                             11

5.     PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT)                                       12

6.     SLOT                                                                   12

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                            3                                          DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

1.      INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Inligtingstegnologie beskryf die aard
en doel van die vak Inligtingstegnologie. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die
onderrig en assessering van die vak in Graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

     Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die Graad 12 Nasionale
      Seniorsertifikaat (NSS)-eksamen in Inligtingstegnologie geassesseer gaan word.
     Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale Graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA), Praktiese Assesseringstake (PAT'e) of finale
eksterne praktiese eksamens, wat in 'n aparte PAT-dokument verduidelik word en elke jaar
opgedateer word, nie.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

     Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
      (KABV): Inligtingstegnologie
     Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
      Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
      Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
     Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
      Kurrikulumstelling, Graad R–12

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                              4                                      DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

2.      REKENAARSENTRUMVEREISTES

Verwys na die KABV-dokument vir die hulpbronne wat benodig word om Inligtingstegnologie aan
te bied met betrekking tot die infrastruktuur, toerusting en finansies, wat die skool se
verantwoordelikheid is.

LET WEL:      Omsendbrief S9 van 2015 stel die volgende: 'As from November 2017, the DBE will
              only use Object Pascal (Delphi) for assessment in the NSC examinations.'

Delphi 2010 word gratis aan alle openbare skole en leerders verskaf en kan by Embarcadero
Technologies bestel word. Kontak jou IT-vakadviseur vir inligting oor die bestelling.

Skole moet seker maak dat die vereiste programmeringtaal aan die begin van die jaar op alle
rekenaars geïnstalleer is. Dit is nodig om te verseker dat graad 12-kandidate genoeg tyd het om
vertroud te raak met die sagteware wat hulle tydens die finale praktiese Inligtingstegnologie(IT)-
eksamen moet gebruik.

2.1     Sagtewarevereistes

Die volgende weergawes van sagteware word vir die NSS-IT-eksamen vereis:

     Embarcadero Delphi 2010
     Microsoft Office Access 2007 of hoër

Indien 'n ander weergawe van die vereiste sagteware by die skool gebruik word, let op die
volgende:

LET WEL:
 Die leerderlêers vir die NSC-IT-eksamen sal voorberei word met gebruik van Delphi 2010.
   Skole wat laer weergawes van Delphi (Delphi 7.0/Delphi Light/Turbo Delphi) gebruik, moet
   bewus wees van die foutboodskap wat vertoon sal word wanneer Delphi 2010-programme
   wat vir die NSS-eksamen voorsien is, uitgevoer word, en hoe om die fout te herstel.
 Indien 'n later weergawe van Delphi gebruik word, is dit die verantwoordelikheid van die IT-
   onderwyser/-skool om te verseker dat die sagteware aanpasbaar is met die datalêers wat in
   Delphi 2010 voorberei is.

Let ook op die volgende:

LET WEL:      Die Microsoft Office Access databasis-enjin 2007 of hoër (English) weergawe moet
              geïnstalleer word om die 'Microsoft Office 12.0 Access Database Engine OLE DB
              Driver', met die 'database aware'-komponente, te kan gebruik. Dit is bykomend tot
              die 'Microsoft Jet 4.0 OLEDB Provider'-drywer, wat vir ouer weergawes van
              Microsoft-databasisse gebruik word.

LET WEL:      Die konfigurasie van sagteware wat hierbo genoem word, word gebruik om die
              leerderlêers vir die praktiese vraestel voor te berei. Dieselfde konfigurasie moet
              gebruik word om die rekenaarsentrum, wat tydens die graad 12 praktiese eksamen
              gebruik gaan word, voor te berei.

2.2     Amptelike kontrolelys vir die eksterne eksamensessie

Volgens eksameninstruksie Omsendbrief E14 van 2013 moet elke rekenaarsentrum wat vir die
finale graad 12 praktiese IT-eksamen gebruik word, geoudit word. Die oudit moet gedoen word
deur 'n kontrolelys, wat jaarliks deur die DBE/provinsiale onderwysdepartemente verskaf word, te
gebruik. 'n Sertifikaat van gereedheid moet by die DBE ingelewer word nadat dit deur die

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                   5                                  DBE/2021
                                  Eksamenriglyne

IT-onderwyser, die IT-tegnikus en die skoolhoof onderteken is, en daarna deur die
distriksfasiliteerder geverifieer is.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                          6                                         DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

3.      ASSESSERING

3.1     Skema van eksterne assessering

Alle kandidate sal TWEE eksterne vraestelle skryf, soos voorgeskryf.

3.2     Formaat van vraestelle
 VRAESTEL               TIPE VRAESTEL           TYDSDUUR               TOTAAL         NASIEN
    1                       Prakties               3 uur                 150          Ekstern
    2                        Teorie                3 uur                 150          Ekstern
LET WEL:      Leerders sal 30 minute lees- en beplanningstyd voor die aanvang van die praktiese
              eksamen kry.
Vrae in beide Vraestel 1 en 2 sal prestasie op verskillende kognitiewe vlakke, vaardigheid in
kritiese denke, probleemoplossingstegnieke en moeilikheidsgraad assesseer, soos hieronder
aangedui.
KOGNITIEWE
           TAKSONOMIE                                     BESKRYWING
  VLAK
                                 Gee feite-/proses-kennis in isolasie weer, d.i. een stap/stel van
                   Kennis,
       K1                        basiese stappe/instruksie/proses op 'n slag, bv. definisies in die
                   Onthou
                                 teorievraestel en eenvoudige prosedures in die praktiese vraestel.
                                 Demonstreer begrip van stappe/algoritmes/prosesse/isoleerbare
                                 stukkies, soos omskakeling van een vorm van voorstelling na 'n
                                 ander, bv. die omskakeling van 'n voorstelling in 'n vloeidiagram
                   Verstaan/     van 'n program/programsegment na 'n funksionele program.
       K2          Begrip,
                   Toepas        Daar word ook vereis dat bekende roetines/algoritmes/
                                 prosesse in 'n bekende konteks, gebruik word om 'n taak te
                                 voltooi, waar al die inligting wat nodig is, onmiddellik vir die
                                 leerder beskikbaar is.
                                 Vereis redenering/ondersoek/ontwikkeling van 'n plan of
                                 reeks stappe/algoritme; bevat 'n mate van kompleksiteit waar
                                 kandidate moet sien hoe dele verband hou met 'n geheel;
                                 organisering/saamvoeg van dele/elemente van komponente om
                                 'n koherente funksionele geheel te vorm/'n algehele doelwit te
                                 bereik en 'n taak te voltooi wat meer as een moontlike benadering
                                 kan hê.
                   Analiseer,
                                 Dit kan ook vereis dat verskillende moontlikhede opgeweeg moet
       K3          Evalueer,
                                 word en besluit moet word op die geskikste oplossing, en toetsing
                   Skep
                                 om foute op te spoor/probleemopsporing, asook
                                 patroonherkenning en veralgemening.
                                 Hierdie vrae sal bestaan uit aksies/strategieë/prosedures, waar
                                 daar van kandidate verwag word om hulle eie oplossings te skep
                                 vir uitdagings wat mag verskil van dié wat hulle in die klaskamer
                                 teëgekom het. Hierdie vrae kan die analisering van vrae of data,
                                 en besluitneming, insluit.

Moeilikheidsvlakke word soos volg gekategoriseer:
D1:     Maklik vir die gemiddelde Graad 12-kandidaat om te beantwoord
D2:     'n Gemiddelde uitdaging vir die gemiddelde Graad 12-kandidaat om te beantwoord
D3:     Moeilik vir die gemiddelde Graad 12-kandidaat om te beantwoord

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                         7                                      DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

D4:     Baie moeilik vir die gemiddelde Graad 12-kandidaat om te beantwoord. Die vaardighede
        en kennis wat nodig is om vrae op hierdie vlak te beantwoord, moet ingesluit word om
        onderskeid te tref tussen goeie presteerders.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                             8                                       DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

Beide die eise wat elke vraag aan die kognitiewe vermoë van 'n gemiddelde Graad 12-leerder stel
en die intrinsieke moeilikheidsgraad van die vraag of taak word by die beoordeling van die
moeilikheidsvlak van elke vraag oorweeg. Om hierdie oordeel te vel, moet die moeilikheid of
maklikheid van 'n spesifieke vraag geïdentifiseer word. 'n Vier-kategorie-raamwerk van denke oor
die moeilikheidsgraad van 'n vraag of item, aangepas uit Leong (2006), is in hierdie
identifikasieproses gebruik. Hierdie raamwerk bestaan uit die volgende vier algemene kategorieë
van moeilikheid:

     Moeilikheidsgraad van inhoud: Dit indekseer die moeilikheidsgraad van die vakinhoud,
      onderwerp of konseptuele kennis; van die inhoud is inherent moeiliker as ander inhoud.
     Moeilikheidsgraad van stimulus: Dit hou verband met die taalkundige eienskappe van die
      vraag en die uitdaging wat kandidate in die gesig staar by die lees, interpretasie en begrip
      van die vraag.
     Moeilikheidsgraad van taak: Dit verwys na die moeilikheidsgraad wat kandidate in die gesig
      staar wanneer hulle probeer om 'n antwoord te formuleer of saam te stel.
     Moeilikheidsgraad van verwagte antwoord: Dit verwys na moeilikheid op grond van die
      nasienskema of nasienriglyne, met ander woorde hoe punte toegeken word. Daarom kan
      antwoorde op meervoudigekeuse-vrae oor 'n spesifieke onderwerp makliker wees as vrae
      waar 'n kandidaat 'n antwoord moet saamstel.

3.3     Gewigtoekenning van kognitiewe vlakke en moeilikheidsvlakke

Vraestel 1 en 2 sal vrae oor al drie kognitiewe vlakke insluit. Die verspreiding van kognitiewe
vlakke in die praktiese en teorievraestelle word in die tabel hieronder gegee.

    KOGNITIEWE                  BESKRYWING                    VRAESTEL 1        VRAESTEL 2
      VLAK                                                    (PRAKTIES)         (TEORIE)
        1               Kennis en onthou                         30%               30%
        2               Verstaan/Begrip en toepassing            40%               40%
        3               Analiseer, evalueer en skep              30%               30%

Die geskatte persentasie van elke moeilikheidsvlak binne elke kognitiewe vlak word in die tabel
hieronder getoon.

                                D1         D2           D3       D4        TOTAAL
                   K1         ±10%       ±10%       ±10%          -        ±30%
                   K2         ±15%       ±15%           ±8%     ±2%        ±40%
                   K3         ±15%        ±7%           ±5%     ±3%        ±30%
               TOTAAL         ±40%       ±32%       ±23%        ±5%        100%

Daar word van leerders verwag om probleme in 'n verskeidenheid kontekste (soos wetenskaplik,
tegnologies, omgewings- en alledaagse kontekste) te ondersoek en te analiseer om die probleme
wat beskryf is, doeltreffend deur programmeringskode in Vraestel 1 op te los of om voorgestelde
oplossings in Vraestel 1/Vraestel 2 te beskryf.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                            9                                          DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

4.      UITBREIDING VAN DIE INHOUD

4.1     Vraestel 1: Praktiese vraestel

Hierdie vraestel sal die gebruik van 'n rekenaar vereis en sal vrae, wat op die ontwikkeling van
sagteware-oplossings gebaseer is, bevat. Hierdie vraestel assesseer praktiese vaardighede,
asook die kennis en begrip van onderliggende programmeringsvaardighede wat te doen het met
die ontwikkeling van sagteware-oplossings en probleemoplossing, waar Delphi en/of SQL as die
hoëvlak-programmeringstaal wat bestudeer is, gebruik word.

Die volgende onderwerpe kan in die praktiese vraestel geëksamineer word:

     Goeie programmeringsbeginsels
     Gebruik van data van alle datatipes, soos in die IT-KABV-dokument gespesifiseer
     Toepassing van programmeringstellings wat in die IT-KABV-dokument gespesifiseer word,
      soos die keuse-strukture (bv. if-stelling) en herhaling-strukture (bv. for-stelling)
     Gebruik van GGK('GUI')-komponente soos in die IT-KABV-dokument en hierdie riglyn-
      dokument genoem word. Verwys na die tabel in afdeling 4.1(i) van hierdie dokument vir die
      beskrywings van komponente wat in die vraestelle gebruik sal word.
     Skikkings: een-dimensionele en twee-dimensionele skikkings
     Objek-georiënteerde programmering (OOP)
     Databasis: SQL en databasisprogrammering met gebruik van kodekonstrukte
     String-manipulasie
     Berekenings
     Herkenning van patrone
     Tekslêers vir gebruik as toevoer-/afvoer-strukture
     Herroep en toepassing van alle algoritmes soos in die KABV genoem. Verwys na 4.1(d).
     Al die ander strukture en nutsklasse soos in die IT-KABV-dokument genoem

(a)     Fisiese vereistes

     Om die praktiese vraestel suksesvol te kan voltooi, moet elke leerder toegang tot sy/haar eie
      rekenaar in die rekenaarsentrum/-eksamenlokaal hê.
     Die sagteware, uiteengesit in Afdeling 2 van hierdie dokument, moet lank voor die
      eksamendatum reeds op die rekenaars wat tydens die eksamensessie gebruik gaan word,
      geïnstalleer word.

(b)     Puntetoekenning vir vereiste vaardighede

     AFDELING                 VAARDIGHEDE GETOETS                               PUNTE
        A          Basiese, algemene programmeringsvaardighede                  40 (±10)
        B          Databasis                                                    40 (±10)
        C          Objekgeoriënteerde programmering (OOP)                       40 (±10)
        D          Algemene probleemoplossing                                   30 (±10)

(c)     Spesifieke vereistes

Grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK/'GUI') (in AL die vrae ingesluit)

     GGK's ('GUIs') sal in die meeste gevalle voorsien word, alhoewel daar van leerders verwag
      kan word om die GGK ('GUI') vir eenvoudige/basiese programme, waar slegs 'n 'form/frame'
      en 'n paar komponente vereis word, self te skep.
     Daar word van leerders verwag om komponente van GGK's ('GUIs') wat verskaf is, by te
      voeg/te verwyder/te verander.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                            10                                           DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

Objekgeoriënteerde programmering (OOP)

Leerders moet in staat wees om oplossings vir spesifieke probleme, wat rekenaar-/
berekeningsdenke insluit, te ontwerp en te ontwikkel en sagteware-ingenieurswese-beginsels toe
te pas deur gebruik te maak van gebeurtenisgedrewe programmering binne die OOP-paradigma.

Leerders moet ook aandag skenk aan:

   Konstruktors met en sonder parameters
   Korrekte gebruik van privaat en publieke attribute, toegangs('accessor')- en
    wysigings('mutator')- en hulp('auxiliary')-metodes
   Die gebruik van die toString-metode en toegangs('accessor')-metodes om afvoer te verskaf
   Korrekte instansiëring van objekte
   Korrekte gebruik van metodes van verskeie objekte as deel van probleemoplossing
LET WEL:      Daar kan verwag word dat die basiese programmeringsvaardighede en probleem-
              oplossingsvaardighede wat gelys is, ook in die OOP-vraag toegepas moet word.

Databasis

Leerders moet in staat wees om 'n genormaliseerde relasionele databasis te manipuleer deur
gebruik te maak van data-bewuste ('data-aware') komponente en kodekonstrukte vanuit Delphi
(met of sonder SQL) om die volgende te doen:
   Uitvoer van skep/byvoeg-, lees-, opdateer- en uitvee-bewerkings ('CRUD operations') op rekords.
    LET WEL:         Die uitvee van rekords in 'n relasionele databasis sal slegs vir uitvoering op een
                     tabel vereis word (die tabel wat die vreemde sleutel bevat).
   Manipulasie van data wat vanuit die databasis onttrek word, bv. bereken van BTW op pryse,
    gemiddeld, minimum, maksimum en ander berekeninge
   Teksmanipulasie, bv. skep wagwoord uit velde, soos naam, van, ID
   Oplos van probleme deur die gebruik van data wat uit die databasis onttrek is, wat algoritmes kan
    insluit, soos in die IT-KABV-dokument gelys
   Gebruik van datafunksies, insluitend die verkryging van dag, maand en jaar uit die stelseldatum
    ('system date')
   Uitvoer van navrae ('queries') op die databasis/onttrek van rekords wat aan spesifieke
    voorwaarde(s) voldoen
   Voorafgekodeerde metodes soos 'filter', 'sort' en 'locate' sal NIE toegelaat word NIE aangesien
    kodering in hierdie verband vanuit eerste beginsels gedoen moet word
   Manipulasie van data vanuit 'n databasis met of sonder 'n datamodule
   Oplos van probleme met gebruik van 'n databasis

Die volgende SQL-stellings kan geassesseer word:
 Select, distinct
 Where
 Order by
 Group by
 Spesiale operatore: Between, In, Like, Is Null, Having
 Insert, Update, Delete
 Subnavrae ('Subqueries') (enkele vorm, enkele seleksie of aggregaat/'simple form, single select
    or aggregate')
 Gekombineerde (Aggregaat-) funksies ('Aggregate functions') (sum, average, min, max, count)
 Datum-funksies (day, month, year, date)
 String-funksies (length, left, right, mid, concatenation of fields)
 Dinamiese navrae ('dynamic queries') met gebruik van gebruikertoevoer
 Navrae met parameters waar die gebruikertoevoer gegee word om data in 'n tabel te verander of
    in 'n tabel te soek
 Berekening van nuwe velde
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                             11                                           DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

LET WEL:
 Die databasiskonneksie sal verskaf word. 'n Lêergids sal verskaf word wat die projek/program
   bevat wat klaar aan databasis konnekteer is.
 'n Genormaliseerde relasionele databasis wat een of meer tabelle bevat, sal verskaf word.
 Indien die databasiskonneksie NIE suksesvol is NIE, moet leerders steeds die kode vir die
   gegewe probleem verskaf.
(d)     Algoritmes
Leerders moet ALLE algoritmes wat bestudeer is, ken, soos dit in die KABV gelys word.
Voorbeelde van algoritmes/konsepte wat leerders moet kan herroep en gebruik (nie slegs tot
hierdie lys beperk nie):
     Ruil waardes om
     Bepaal/Bereken die hoogste, laagste, gemiddeld, mediaan, persentasie verhoging/verlaging,
      ens. van 'n aantal waardes
     Basiese berekenings, soos die berekening van oppervlakte, volume, BTW, afslag
     Bepaal of 'n getal ewe of onewe, priem, saamgesteld, ens. is
     Bepaal of 'n getal 'n faktor/veelvoud van 'n ander getal is
     Isoleer syfers in 'n heelgetal
     Bepaal die kleinste gemene veelvoud (KGV) en grootste gemene deler (GGD)
     Bepaal die huidige ouderdom, gebaseer op 'n gegewe geboortedatum of ID-nommer
     Algemene string-manipulasie, bv. gebruik 'n ID-nommer om die ouderdom en geslag te
      bepaal, tel klinkers/woorde, identifiseer palindrome
     Pas basiese toevoer- en verwerking-valideringstegnieke toe, bv. toets vir deling deur nul
     Skakel 'n desimale getal om na 'n binêre getal, en omgekeerd
     Soek na 'n spesifieke waarde/element in 'n skikking/tabel met/sonder 'n vlag
     Sorteer elemente in 'n skikking
     Manipuleer elemente in 'n skikking
Leerders moet ook in staat wees om algoritmes wat bestudeer is om take te voltooi en probleme op te
los, te doelmaak.
(e)     Moontlike tipes vrae
     Skakel pseudokode-/vloeidiagram-voorstelling van 'n program/programsegment om na 'n
      funksionele program
     Skakel 'n UML-klasdiagram om na 'n klasdefinisie
     Verander/Korrigeer/Voltooi 'n program/programsegment
     Oop vrae, probleemoplossingsvrae
     Gestruktureerde vrae
(f)     Algemene probleemoplossing – oop vrae
Probleemoplossingsvrae is oop van aard waar die leerder in staat moet wees om al die
programmeringskonstrukte, -tegnieke, -algoritmes en -vaardighede wat in graad 10, 11 en 12 in
Inligtingstegnologie bestudeer is, toe te pas.
Leerders moet ook in staat wees om patrone te herken en bekende algoritmes aan te pas om by
nuwe omstandighede te pas, bv. skakel 'n desimale getal om na 'n heksadesimale getal (of enige
ander grondtal).
Ontwerp en ontwikkel oplossings vir probleme wat rekenaar-/berekeningsdenke insluit en pas
sagteware-ingenieurswesebeginsels toe om probleme op te los.
LET WEL:      Alle oplossings moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word deur algoritmes te
              gebruik. Dit sluit roetines in, soos soek/sorteer en lees/skryf deur tekslêers te gebruik.
              Punte sal nie toegeken word vir die gebruik van voorafgedefinieerde klasse/metodes
              om hierdie take uit te voer nie.
Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                             12                                     DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

(g)     Uitgesluit vir Vraestel 1

Die volgende konsepte word nie in die praktiese vraestel geëksamineer nie, maar leerders mag
hierdie konsepte/konstrukte in hulle PAT gebruik:

     Skikkings as 'n attribuut van 'n objek
     Skikking van objekte
     Oorerwing ('Inheritance') en veelsoortigheid ('polymorphism') as hulpmiddele in OOP-
      programmering
     Daar sal nie van leerders verwag word om groot hoeveelhede data in te sleutel nie. Die data
      wat benodig word, kan uit die databasis/tekslêers verkry word.

(h)     Leerderlêers vir Vraestel 1: Praktiese vraestel

Leerderlêers sal voorsien word en kan die volgende insluit:

     GGK(s) ('GUI(s)'), voltooid of onvoltooid
     Tekslêer(s)
     Objekklas (voltooid of onvoltooid)
     Databasis

(i)     Verwysing na GGK('GUI')-komponente, gebeurtenisse en metodes in Vraestel 1

Verwys na BYLAAG B, bladsy 112 van die Graad 12 Aangepaste Afdeling 4 KABV-dokument vir
die komponente, gebeurtenisse en metodes wat leerders moet kan gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                                                                                    13                                         DBE/2021
                                                                                                   Eksamenriglyne

4.2               Vraestel 2: Teorievraestel

Die vraestel sal alle teorie-aspekte van al die inhoud, konsepte en vaardighede van onderwerpe
asook elemente van sagteware-oplossingontwikkeling, bv. algoritme-ontwikkeling, datastrukture,
programontwerp en algemene programmeringskonsepte, sowel as generiese probleem-
oplossingsvrae, insluit. SQL-stellings sal in die teorievraestel of praktiese vraestel ingesluit wees.

Vrae sal opgestel word oor werk wat van graad 10 tot 12 onderrig is, soos in die IT-KABV-
dokument aangedui is.

Ongeveer 10 punte sal gebruik word om die jongste ontwikkelings in Inligtingstegnologie te
assesseer. 'n Paar onderwerpe/konsepte waarop gefokus sal word, sal jaarliks aangekondig
word. Oor hierdie onderwerpe moet leerders in staat wees om:
     Te definieer/die onderwerp/konsep te beskryf
     Die funksie/gebruik/rol daarvan te verduidelik
     'n Lys van voordele en/of nadele te maak
     'n Lys van die basiese eienskappe te maak of dit te beskryf

Gevorderde tegniese besonderhede sal nie vir hierdie onderwerpe/konsepte verwag word nie.

(a)               Uitleg van Vraestel 2

Die volgende formaat kan gebruik word:

    AFDELING                                                                                               BESKRYWING
                                                                           Kortvrae (±20 punte)

       Mens-rekenaar-interaksie en Sosiale Implikasies
A                                                                          'n Reeks kortvrae wat al die onderwerpe dek wat meervoudigekeuse-vrae en
                                                                           aangepaste waar/onwaar-items kan insluit
                                                                           Stelseltegnologieë (±25 punte)
B                                                                          Vrae wat met die inhoud, konsepte en vaardighede binne die onderwerp
                                                                           Stelseltegnologieë verband hou
                                                                           Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (±25 punte)

C                                                                          Vrae wat met die inhoud, konsepte en vaardighede binne die onderwerp

       Hierdie onderwerpe kan geïntegreer word as deel van die ander
                                                                           Kommunikasietegnologieë en Netwerktegnologieë verband hou (insluitend die
                                                                           internet)
                                                                           Data- en Inligtingsbestuur (±25 punte)
D                                                                          Vrae wat met die bestuur van data en die konsep van inligtingsbestuur verband
                                                                           hou
                                                                           Oplossingsontwikkeling (±25 punte)
                                                                           Vrae in ooreenstemming met die onderwerp Oplossingsontwikkeling wat die
                                                                           kennis en begrip, wat die basis vorm van konsepte en vaardighede binne die
E

       afdelings en sal nie 'n aparte afdeling in die vraestel wees nie.
                                                                           onderwerp Oplossingsontwikkeling, assesseer
                                                                           Hulpmiddele ('Tools') vir sagteware-ontwerp vir eksamendoeleindes as deel van
                                                                           die teorievraestel word tot TVA-tabelle, basiese vloeidiagramme,
                                                                           klasdiagramme, naspeurtabelle en gebruik-geval-diagramme beperk
                                                                           Geïntegreerde Scenario (±30 punte)
F                                                                          Hierdie afdeling is op 'n scenario gebaseer en assesseer onderwerpe uit al die
                                                                           afdelings (B tot E).

Die vrae in AFDELING E van Vraestel 2 (Oplossingsontwikkeling) sal spesifiek wees tot die
Delphi-programmeringstaal. Daar mag van leerders vereis word om die oplossing van 'n gegewe
probleem in terme van 'n algoritme uit te skryf.
Kopiereg voorbehou                                                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie                            14                                        DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

(b)     Algemene riglyne om Vraestel 2 te voltooi

     Die puntetoekenning per vraag dui die getal feite wat vereis word, aan.
     Vermy algemene antwoorde, soos 'goedkoop', 'vinnig'.
     Indien twee feite gevra word en die leerder gee meer as twee feite, sal slegs die eerste twee
      feite wat gegee word, nagesien word.
     Moenie antwoorde uitlaat nie. Probeer altyd om 'n antwoord te formuleer.

5.      PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT)

Die IT PAT bestaan uit verskillende komponente/fases waar enige geskikte benadering/
metodologie gebruik word om die sagteware-ontwikkelingsproses voor te stel. Aktiwiteite tydens
sagteware-ontwikkeling behoort tipies aspekte in te sluit soos:

     Beplanning (verstaan die probleem/taak en identifiseer die vereistes)
     Ontwerp (koppelvlak en programontwerp deur gebruik te maak van geskikte ontwerp-
      hulpmiddele ('tools') en -metodes – daar sal nie van leerders verwag word om enige
      spesifieke sagteware-ontwerphulpmiddel ('tool') te gebruik nie)
     Kodering, toetsing, implementering en interne dokumentasie

In Inligtingstegnologie tel die PAT 25% van die totale promosie-/sertifiseringspunt vir die vak.
Dit word regdeur die skooljaar geïmplementeer en behoort as een uitgebreide taak gesien te word
wat in twee fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite verdeel word.

6.     SLOT

Dit word in die vooruitsig gestel dat hierdie Eksamenriglyne-dokument as 'n instrument sal dien
om onderwysers te versterk en te bemagtig om geldige en betroubare assesseringsitems in al hul
klaskameraktiwiteite op te stel.

Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [INFO TECH P1 GR12 MEMO SEPT2021 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p1-gr12-memo-sept2021-eng-d/ff05fb64-9f3d-4fe4-bb3d-3fe016928d51) — Information Technology · Memo · 2021 · Eng
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2021-english/dc6b2b22-5eff-42a1-abf6-da544d6fc4c9) — Information Technology · Memo · 2021 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2021 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-afr/b59411e5-b38d-41a9-90dd-1921c620ec7d) — Information Technology · QP · 2021 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2021-eng/6e66bdc6-8141-4ae4-b644-0341865f3911) — Information Technology · QP · 2021 · Eng
- [IT Prelim Paper 2 Memo 2021](https://www.hlayiso.com/library/it-prelim-paper-2-memo-2021/c0f21c00-25ee-47fe-91f3-7e5383c4e8f1) — Information Technology · Memo · 2021
- [IT Prelim Paper 2 2021](https://www.hlayiso.com/library/it-prelim-paper-2-2021/8799f8ab-e4ab-48b3-82f6-b70eb784fb2e) — Information Technology · QP · 2021

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2024-afr/f4b19c44-77ce-482a-9f85-438813c25f87) — QP · 2024 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2024-eng/3afa20d1-1c0f-4969-8a56-d690e9b24d70) — QP · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
