# Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2016-afr/aa2dc478-a690-465a-9b78-970ab2aa2218
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2016-afr/aa2dc478-a690-465a-9b78-970ab2aa2218)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL DRIE
       afdelings beantwoord.

2.     Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
       eksamen, is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
       eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.     Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie
       programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te
       gebruik)).

4.     Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
       vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
       word.

5.     Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
       nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.     Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
       werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
       wat in die vraestel verskyn nie.

7.     Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels
       ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van 'n
       programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.

8.     Datastrukture wat nie voorsien is nie, moet deur jou, die programmeerder,
       verklaar word.

9.     Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
       jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
       toegeken is.

10.    Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
       wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.    Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
       klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk
       gegun word.

12.    Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
       geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
       dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
       jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     3                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

13.       Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
          disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
          lêers is in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

          LET WEL:

           •    Delphi-kandidate moet die lêer DelphiDataAFRMaart2016.exe gebruik.
           •    Java-kandidate moet die lêer JavaDataAFRMaart2016.exe gebruik.

          Doen die volgende:

           •    Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
           •    Klik op die 'extract'-knoppie.
           •    Sleutel die volgende wagwoord in: MountainP$%#

          Nadat dit onttrek is, sal die volgende lys met lêers in die
          DelphiDataAFRMaart2016/JavaDataAFRMaart2016-lêergids beskikbaar wees:

          Delphi-lêers                           Java (Netbeans)-lêers

          Vraag1:                                Vraag1:
          Vraag1P.dpr                            Vraag1.form
          Vraag1P.res                            Vraag1.java
          Vraag1U.dfm
          Vraag1U.pas

          Vraag2:                                Vraag2:
          BergpasU.pas                           Bergpas.java
          Gamkaskloofpas.jpg                     Gamkaskloofpas.jpg
          GeenKaart.jpg                          GeenKaart.jpg
          Prins Alfred-pas.jpg                   Prins Alfred-pas.jpg
          Vraag2P.dpr                            Vraag2.form
          Vraag2P.res                            Vraag2.java
          Vraag2U.dfm
          Vraag2U.pas

          Vraag3:                                Vraag3:
          V3Data.txt                             V3Data.txt
          Vraag3P.dpr                            Vraag3.form
          Vraag3P.res                            Vraag3.java
          Vraag3U.dfm
          Vraag3U.pas

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      4                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

SCENARIO

Suid-Afrika word as een van die skilderagtigste lande in die wêreld beskou en lok baie
toeriste na plaaslike vakansiebestemmings en internasionaal bekroonde bergpasse.
Sagtewareprogramme word ontwerp om met toeriste-administrasie te help.

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

'n Verskeidenheid aspekte oor bergpasse en vakansiebestemmings word in hierdie
vraag hanteer.

INSTRUKSIES:

        Delphi-programmeerders                         Java-programmeerders
•    Die projek Vraag1 is in die             •    Die projek Vraag1 is in die
     DelphiDataAFRMaart2016-lêergids              JavaDataAFRMaart2016-lêergids
     voorsien.                                    voorsien.

•   Maak die onvoltooide projeklêer          •    Maak die onvoltooide klas
    Vraag1P.dpr in die Vraag1-lêergids            Vraag1.java wat in die lêergidse
    oop.                                          Source Packages (src),
                                                  Vraag1Package voorkom, oop.

•   Voeg jou eksamennommer as                •    Voeg jou eksamennommer as
    kommentaar in die eerste reël van die         kommentaar in die eerste reël van die
    hoofvormeenheid Vraag1U.pas-lêer              klas Vraag1.java by.
    by.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program uit. Die GGK ('GUI') vertoon vyf afdelings met die
    opskrifte VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
    'n Voorbeeld van die GGK ('GUI') word op die volgende bladsy gegee:

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      5                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

•     Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 soos in VRAAG 1.1 tot
      VRAAG 1.5 hieronder beskryf word.

1.1       Afstande word op sommige padkaarte in myl vertoon. Die gebruiker moet die
          totale afstand van 'n bergpas in myl insleutel.

          Skryf kode om die afstand wat in myl ingesleutel is, in kilometer om te skakel.
          Vertoon die omgeskakelde waarde en eenheid (km) in die afvoerkomponent
          wat verskaf is.

          LET WEL: 1 myl = 1,6 kilometer

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      6                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

1.2       Baie toeriste stel belang in die daling in temperatuur terwyl hulle teen 'n
          bergpas uitry. Die gebruiker moet die hoogte van die bergpas in meter
          insleutel. Die temperatuur by die 1 000 meter-punt op die bergpas is 18 °C.
          Die temperatuur verminder met 1 °C met elke 100 m-styging in die hoogte
          van die bergpas.

          LET WEL: Die hoogte van die bergpas wat jy insleutel, moet hoër as of
                   gelyk aan 1 000 m wees.

          Skryf kode om die volgende te doen:

           • Verkry die hoogte van die bergpas uit die teksblokkie.

           • Valideer die waarde wat ingesleutel is soos volg:

              o Indien die waarde kleiner as 1 000 is, vertoon 'n gepaste boodskap,
                maak die teksblokkie skoon en stel die fokus op die teksblokkie.

              o Indien die waarde groter as of gelyk aan 1 000 is, bereken en vertoon
                die temperatuur vir elke 100 m wat daar bo 1 000 m teen die bergpas
                uitgery word tot die naaste 100 m onder die bopunt van die pas.

          Voorbeeld van die afvoer indien die hoogte van die pas 1 685 m is:

                                                                                                (11)

1.3       Sommige toeriste wil teen die laagste bergpas uitry. Twee parallelle skikkings
          word verskaf. Die skikking met die naam arrPasName bevat die name van
          bergpasse, terwyl die skikking met die naam arrPasHoogtes die hoogtes van
          die bergpasse wat in die arrPasName-skikking voorkom, bevat.

          Skryf kode om die naam van die bergpas met die laagste hoogte te bepaal.

          LET WEL: Jy sal gepenaliseer word as jy vaste waardes in jou kode gebruik
                   om die getal elemente in die skikkings aan te dui. Alhoewel die
                   skikkings verskaf word en die getal elemente bekend is, moet 'n
                   gepaste ingeboude funksie/metode gebruik word om die getal
                   elemente in die skikkings te bepaal.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        7                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                   (6)

1.4       Toeriste kan akkommodasie naby enige van die bergpasse bespreek. Die
          tipes akkommodasie wat beskikbaar is en die prys per persoon per nag word
          in die tabel hieronder gegee.

                   TIPE AKKOMMODASIE                PRYS PER PERSOON PER NAG
            Hotel                                             R1 200
            Bed-en-ontbyt                                     R1 000
            Selfsorgeenheid                                    R750
            Kampeerplek                                        R300

          Die prys van Wi-Fi is R150 per nag.

          Skryf kode om die volgende te doen:

           • Verkry die tipe akkommodasie uit die kombinasielys ('combo box').

           • Verkry die getal mense wat akkommodasie vir hierdie bespreking benodig
             uit die teksblokkie.

           • Bepaal of die merkblokkiekontrole ('check box control') vir toegang tot
             Wi-Fi gekies is.

           • Bepaal die koste per nag volgens die waardes wat deur die gebruiker
             ingesleutel is en die waardes in die tabel hierbo.

           • Betaalopsies:

               o Indien die gebruiker die 'Kontant'-opsie kies, vertoon die betaling per
                 nag, in geldeenheidformaat met TWEE desimale plekke, in die
                 teksblokkie wat verskaf is.

              o    Indien die gebruiker die 'Kaart'-opsie kies, doen die volgende:

                    Gebruik 'n dialoogblokkie ('dialog box') om die kaartnommer in te
                     sleutel.

                    Doen die volgende TWEE toetse om seker te maak dat die
                     kaartnommer geldig is:

                      − Maak seker dat die kaartnommer uit 9 syfers bestaan.
                      − Maak seker dat die kaartnommer slegs uit syfers bestaan.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        8                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

                    Indien die kaartnommer geldig is:

                      - Voeg 'n kaartheffing van 3% by die koste.
                      - Vertoon die betaling per nag in die teksblokkie wat verskaf is.

                    Indien die kaartnommer NIE geldig is NIE:

                      - Gebruik 'n dialoogblokkie ('dialog box') om 'n boodskap te vertoon
                        dat die kaartnommer ongeldig is.
                      - Stel die radioknoppie ('radio button') op die 'Kontant'-opsie.
                      - Vertoon die kontantbedrag as die betaling per nag.

          Voorbeeld van die betaling per nag vir die data vertoon in die skermkopie
          hieronder:

          Voorbeeld van die betaling per nag vir die data soos vertoon in die
          skermkopie hieronder. Die geldige kaartnommer 789674556 is in die
          dialoogblokkie ('dialog box') ingesleutel.

                                                                                                   (19)

1.5       Tolgeld, wat gebruik word om die bergpasse in stand te hou, moet op
          bergpasroetes betaal word. Die maatskappy wat die bergpasse in stand hou,
          bied 'n promosie aan om toeriste te lok om met die bergpasse langs te ry.
          Elke tolhekkwitansie het 'n unieke transaksienommer. Die maatskappy
          gebruik hierdie nommers om pryse weg te gee. Die lysblokkie ('list box') wat
          voorsien is, bevat die pryse.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       9                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

          Die gebruiker moet die transaksienommer wat op 'n tolhekkwitansie verskyn,
          insleutel.

          Die volgende kriteria word gebruik om pryswenners te bepaal:

           • Indien die transaksienommer 'n priemgetal is, sal die persoon 'n prys wat
             ewekansig uit die lys van pryse in die gegewe lysblokkie ('list box') gekies
             is, ontvang.

           • Indien die transaksienommer NIE 'n priemgetal is NIE, sal die persoon NIE
             'n prys ontvang NIE.

          Gebruik die algoritme wat hieronder verskaf is om die oplossing te kodeer.

          Algoritme:

           1.    Verkry die transaksienommer uit die teksblokkie.

           2.    Bepaal of die transaksienommer 'n priemgetal is.
                 ('n Priemgetal is 'n getal met net TWEE faktore, naamlik 1 en die getal
                 self.)

           3.    Indien die transaksienommer 'n priemgetal is, doen die volgende:

                 3.1 Genereer 'n ewekansige getal in die reeks 1 tot 4 (1 en 4 ingesluit).
                     Die ewekansige getal dui die indeks van die prys in die lysblokkie
                     ('list box') aan, wat die prys is wat aan die wenner toegeken sal
                     word.

                 3.2 Kies die ewekansig gegenereerde indeks in die lysblokkie ('list
                     box') om die prys uit te lig ('highlight').

           4.    Indien die transaksienommer NIE 'n priemgetal is NIE, kies die 'Geen
                 prys'-opsie in die lysblokkie ('list box').

          Voorbeeld van afvoer vir transaksienommer 56284, wat NIE 'n priemgetal is
          NIE:

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      10                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

          Voorbeeld van afvoer vir transaksienommer 13711, wat 'n priemgetal is, en 2
          as die ewekansig gegenereerde getal:

         LET WEL:         As gevolg van die aard van die ewekansige ('random')
                          funksie/metode, kan die afvoer wat deur jou projek/program
                          gegenereer word van die voorbeeld hierbo verskil.                   (9)

•    Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
     in.
•    Stoor jou program.
•   'n Drukstuk van die kode kan vereis word.

                                                             TOTAAL AFDELING A:              48

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      11                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

'n Groep bergpasse is gekies om spesifieke statistieke, soos die getal reisigers, boetes
deur reisigers ontvang en besonderhede oor die gevaarvlakke van die bergpasse, te
bepaal.

INSTRUKSIES:

           Delphi-programmeerders                     Java-programmeerders
•     Die projek Vraag2, wat in die           •   Die projek Vraag2, wat in die
      DelphiDataAFRMaart2016-lêergids             JavaDataAFRMaart2016-lêergids
      voorsien is, bevat:                         voorsien is, bevat:

      o 'n Hoofvormeenheid Vraag2U.pas            o 'n GGK ('GUI')-klas Vraag2.java
      o 'n Onvoltooide eenheidlêer                o 'n Onvoltooide objekklaslêer
        BergpasU.pas                                Bergpas.java

•     Maak die onvoltooide projeklêer         •   Maak die onvoltooide klasse
      Vraag2P.dpr en die klaseenheid-lêer         Vraag2.java en Bergpas.pas in die
      BergpasU.pas in die Vraag2-lêergids         lêergidse Source Packages (src),
      oop.                                        Vraag2Package oop.

•     Voeg jou eksamennommer as               •   Voeg jou eksamennommer as
      kommentaar in die eerste reël van beide     kommentaar in die eerste reël van
      lêers Vraag2U.pas en BergpasU.pas           die klasse Vraag2.java en
      by.                                         Bergpas.java by.

Doen die volgende:

•     Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 2 soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2
      hieronder beskryf word.

2.1       'n Objekklas met die naam TBergpas/Bergpas met 'n paar metodes is
          voorsien.

          Voltooi die kode in die gegewe klas (TBergpas/Bergpas) soos wat in
          VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 beskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                           12                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                 NSS

          Die gegewe attribute van die klas TBergpas/Bergpas word in die tabel
          hieronder beskryf.

            NAME VAN ATTRIBUTE
                                                              BESKRYWING
              Delphi       Java
          fNaam       naam                     Die naam van die bergpas
          fAfstand    afstand                  Afstand in kilometer
          fGevaarVlak gevaarVlak               Laag/Medium/Hoog
          fGradient   gradient                 Die gradiënt van die steilste deel van die pas
                                               in grade, byvoorbeeld 25 grade

          2.1.1           Skryf kode vir 'n konstruktormetode wat die naam van 'n bergpas,
                          die afstand van die pas in kilometer, die gevaarvlak en die gradiënt
                          van die pas as parameters ontvang.

                          Gebruik die parameters om die attribute van die objekklas te
                          inisialiseer.                                                               (2)

          2.1.2           Skryf 'n wysigingsmetode ('mutator method') met die naam
                          setGevaarVlak wat die fGevaarVlak/gevaarVlak-attribuut na die
                          gevaarvlak wat as 'n parameter ontvang is, opdateer.                        (2)

          2.1.3           Skryf 'n metode met die naam berekenBoete wat die tyd in
                          minute wat dit die toeris geneem het om teen die bergpas uit te ry
                          en die spoedbeperking in kilometer per uur wat op hierdie
                          bergpas van toepassing is, as parameters ontvang. Die metode
                          moet die gemiddelde spoed waarteen gery is, bereken en bepaal
                          of die spoedbeperking oorskry is. Stuur 'n waarde van nul terug
                          indien die spoedbeperking NIE oorskry is NIE. Indien die
                          spoedbeperking wel oorskry is, bereken en stuur die boete wat
                          betaal moet word, terug.

                          Die boete word soos volg bereken:

                          •   Indien die gemiddelde spoed die spoedbeperking met minder
                              as 10 km/h oorskry, is die boete nul.

                          •   Indien die gemiddelde spoed die spoedbeperking met presies
                              10 km/h oorskry, is die basiese boete R500,00.

                          •   Indien die gemiddelde spoed die spoedbeperking met meer as
                              10 km/h oorskry, word R100 addisioneel by die basiese boete
                              van R500,00 getel vir elke 3 km/h of gedeelte daarvan wat die
                              spoedbeperking met meer as 10 km/h oorskry is.

                                                                    afstand in kilometer
                          LET WEL: Gemiddelde spoed in km/h =
                                                                         tyd in uur

                          Voorbeelde van hoe om boetes te bereken, word op die volgende
                          bladsy gegee.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                           13                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                 NSS

                          Voorbeeld 1:

                          Spoedbeperking = 80 km/h
                          Gemiddelde spoed waarteen gery is = 96 km/h
                          Berekening van die boete: R500,00 (vir oorskryding van die
                          spoedbeperking met 10 km/h) + (2 x R100,00 vir die addisionele
                          6 km/h waarteen die gemiddelde spoed waarteen gery is die
                          10 km/h-speling oorskry)
                          Boete = R700,00

                          Voorbeeld 2:

                          Spoedbeperking = 60 km/h
                          Gemiddelde spoed waarteen gery is = 83 km/h
                          Boete = R1 000,00                                                           (13)

          2.1.4           Skryf 'n metode met die naam voorgesteldeGevaarVlak wat
                          die gemiddelde reënval op die pas in die vorige sewe dae as 'n
                          parameter ontvang. Die metode stuur 'n voorgestelde gevaarvlak
                          (Laag/Medium/Hoog)     terug   deur   die    volgende  kriteria
                          te gebruik:

                          •   Indien die gemiddelde reënval gelyk aan of meer as 10 mm is
                              en die maksimum gradiënt van die pas meer as 10 grade is,
                              word voorgestel dat die huidige gevaarvlak na die volgende
                              gevaarvlak verhoog word.

                              Voorbeeld: Indien die gevaarvlak tans 'Laag' is, sal voorgestel
                                         word dat die gevaarvlak na 'Medium' verhoog word.

                          •   As 'n verhoging nie nodig is nie of die huidige gevaarvlak reeds
                              'Hoog' is, moet die huidige gevaarvlak as die voorgestelde
                              gevaarvlak teruggestuur word.                                           (8)

2.2       Data en GGK ('GUI'):

          Die volgende data word verskaf:

          •     Die padkaarte van sommige van die bergpasse is as .jpg-lêers gestoor.
                Die formaat van die lêernaam van die kaarte is <Naam van die
                bergpas>.jpg.

          •     'n Tweedimensionele skikking met die naam arrReen bevat die reënval
                wat vir 'n tydperk van sewe dae gemeet is vir die drie bergpasse wat in
                die GGK ('GUI') gegee word.

          Die volgende GGK ('GUI') laat die gebruiker toe om een van drie bergpasse te
          kies (op die volgende bladsy):

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            14                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                  NSS

          Voltooi die kode vir die knoppies ('buttons') in die hoofvormeenheid
          (Delphi)/GGK ('GUI')-klas (Java) soos in VRAAG 2.2.1 tot VRAAG 2.2.4
          hieronder beskryf word.

          2.2.1           Knoppie [Vraag 2.2.1]

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Bepaal die bergpas gekies uit die radioknoppies ('radio buttons')
                              wat verskaf is.

                          •   Versoek die gebruiker om die afstand, gevaarvlak en gradiënt
                              van die geselekteerde bergpas van die sleutelbord af in te
                              sleutel, deur dialoogblokkies ('dialog boxes') te gebruik.

                          •   Instansieer die bergpas-objek. 'n Veranderlike vir die objek is
                              globaal verklaar.

                          •   Vertoon 'n boodskap wat aandui dat die objek geïnstansieer is.            (7)

          2.2.2           Knoppie [Vraag 2.2.2]

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Gebruik die toegangsmetodes ('accessor methods') om die
                              inligting oor die bergpas wat deur die gebruiker ingesleutel is, in
                              die relevante teksblokkies te vertoon.

                          •   Toets of die padkaartlêer vir die objek wat geïnstansieer is,
                              bestaan. Indien die kaartlêer wel bestaan, vervang die <Geen
                              kaart gevind>-beeld met die inhoud van die kaartlêer in die
                              komponent wat verskaf is. Anders moet die <Geen kaart
                              gevind>-beeld in die vertoonarea bly.

                          Voorbeeld van afvoer en die korrekte beeld indien die gebruiker
                          Baviaanskloofpas gekies het (op die volgende bladsy):

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            15                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                  NSS

                          Voorbeeld van afvoer en die korrekte beeld indien die gebruiker
                          Gamkaskloofpas gekies het:

                                                                                                    (8)

          2.2.3           Knoppie [Vraag 2.2.3]

                          Die gebruiker moet die spoedbeperking (in km/h) en die tyd wat
                          gery is (in minute) in die teksblokkies wat verskaf is, insleutel.

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •   Verkry die spoedbeperking en tyd wat gery is, uit die
                              teksblokkies. Gebruik hierdie waardes as argumente en roep die
                              berekenBoete-metode wat die bedrag wat die reisiger as boete
                              moet betaal, bereken en terugstuur.

                          •   Vertoon die bedrag wat as boete, geformateer as geldeenheid,
                              betaal moet word in die afvoerarea.

                          Voorbeeld van afvoer om teen die Prins Alfred-pas, met 'n afstand
                          van 88 km en 'n spoedbeperking van 80 km/h, uit te ry. Die tyd gery
                          was 120 minute.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                             16                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                   NSS

                          Voorbeeld van afvoer om teen die Gamkaskloofpas, met 'n afstand
                          van 75 km en 'n spoedbeperking van 40 km/h, uit te ry. Die tyd gery
                          was 88 minute.

                                                                                                       (6)

          2.2.4           Knoppie [Vraag 2.2.4]

                          'n Tweedimensionele skikking met die naam arrReen bevat die
                          reënval (in millimeter) wat gemeet is op elk van die afgelope 7 dae
                          in elkeen van die bergpasse waaruit die gebruiker kon kies. Die
                          volgorde van die rye in die skikking stem ooreen met die volgorde
                          van die passe in die gegewe radioknoppies op die GGK ('GUI').

                              Baviaanskloof:     0, 23, 13, 1, 2, 0, 14
                              Gamkaskloof:       33, 3, 11, 35, 3, 0, 21
                              Prins Alfred:      50, 0, 0, 1, 20, 0, 2

                          Skryf kode om die volgende te doen:

                          •    Gebruik die toString-metode om inligting oor die bergpas-objek
                               in die afvoerarea te vertoon.

                          •    Gebruik die arrReen-skikking en bereken die gemiddelde
                               reënval vir die bergpas-objek.

                          •    Gebruik die voorgesteldeGevaarVlak-metode om die
                               voorgestelde gevaarvlak vir die pas wat op die berekende
                               gemiddelde reënval gebaseer is, te verkry.

                          •    Slegs indien die voorgestelde gevaarvlak van die huidige
                               gevaarvlak verskil, moet 'n dialoogblokkie ('dialog box') gebruik
                               word om die gebruiker te vra of die gevaarvlak na die
                               voorgestelde vlak verander moet word, of nie. Indien die
                               gebruiker kies om die gevaarvlak te verander, moet dit op die
                               voorgestelde vlak gestel word deur die setGevaarVlak-metode
                               te gebruik.

                          •    Vertoon 'n boodskap in die afvoerarea wat aandui of:

                               o Geen verandering voorgestel is nie
                               o Die voorgestelde verandering verwerp is
                               o Die gevaarvlak verander is

                          Gebruik die volgende data om jou program te toets (op die
                          volgende bladsy):

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          17                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

                                           TOETSDATA 1        TOETSDATA 2       TOETSDATA 3
                          Bergpas           Baviaanskloof      Gamkaskloof        Prins Alfred
                          Afstand in km          110               75                  88
                          Gevaarvlak          Medium              Laag             Medium
                          Gradiënt                12               11                  15

                          LET WEL: Die boodskap moet die gevaarvlak in hoofletters
                                   aandui, soos in die voorbeelde hieronder getoon word.

                          Voorbeeld van afvoer vir die Baviaanskloofpas:

                          Voorbeeld van afvoer vir die Gamkaskloofpas indien die voorstel
                          verwerp is:

                          Voorbeeld van afvoer vir die Prins Alfred-pas indien die voorstel
                          aanvaar is:

                                                                                                   (16)

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide lêers wat
    jou kode bevat, in.
•   Stoor jou program.
•   Druk die kode van beide klasse wat jou kode bevat indien drukstukke verlang
    word.

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              62

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      18                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

SCENARIO

Jou pa/voog is besig om 'n vakansie in die Oos-Kaap te beplan waar julle deur
verskeie gebiede kan reis. Hy wil die moontlike roetes tussen verskillende dorpe
bepaal en of daar bergpasse op hierdie roetes is. Jy moet die nodige sagteware
ontwerp om hom hiermee te help.

INSTRUKSIES:

         Delphi-programmeerders                       Java-programmeerders
•    Die projek Vraag3 is in die             •    Die projek Vraag3 is in die
     DelphiDataAFRMaart2016-lêergids              JavaDataAFRMaart2016-lêergids
     verskaf.                                     verskaf.
•   Maak die onvoltooide projeklêer          •    Maak die onvoltooide klas
    Vraag3P.dpr in die Vraag3-lêergids            Vraag3.java wat in die lêergidse
    oop.                                          Source Packages (src),
                                                  Vraag3Package voorkom, oop.
•   Sleutel jou eksamennommer as             •    Sleutel jou eksamennommer as
    kommentaar in die eerste reël van die         kommentaar in die eerste reël van die
    hoofvormeenheid Vraag3U.pas in.               klas Vraag3.java in.

GGK ('GUI') wat voorsien is:

Die GGK ('GUI') wat voorsien is, bevat komponente vir toevoer, 'n afvoerarea en drie
knoppies.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       19                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

DATA:

Die gegewe tekslêer V3Data.txt bevat 'n onbekende getal teksreëls (wat nie 50
inskrywings oorskry nie).

Elke reël bestaan uit die naam van 'n dorp waarvandaan vertrek word, die naam van 'n
buurdorp wat met 'n direkte roete van die dorp waaruit vertrek word, bereik kan word,
die afstand tussen die twee dorpe en 'Ja' of 'Nee', wat aandui of daar 'n bergpas op die
roete is, of nie. Verskillende karakters word gebruik om die data wat in een reël
voorkom, te skei.

Formaat van elke teksreël in die tekslêer:

<dorp1>;<dorp2>#<afstand tussen die twee dorpe>*<bergpas>

Voorbeeld van data in die tekslêer:

Ugie;Maclear#25*Nee
Elliot;Cala#28*Ja
Queenstown;Whittlesea#32*Ja
Whittlesea;Cathcart#46*Nee
Cathcart;Hogsback#49*Ja
Elliot;Ugie#51*Ja
Queenstown;Cathcart#59*Nee
:

Die data in die eerste twee reëls hierbo kan soos volg geïnterpreteer word:

• Die twee buurdorpe is Ugie en Maclear. Die afstand tussen die twee dorpe is 25 km
  en daar is nie 'n bergpas op die roete nie.

• Die twee buurdorpe is Elliot en Cala. Die afstand tussen die twee dorpe is
  28 km en daar is 'n bergpas op die roete.

LET WEL:

• Jy mag NIE die data wat verskaf is, met die hand manipuleer NIE. Kode moet
  gebruik word om die data wat verskaf is, volgens die vereistes te manipuleer.

• Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet op die
  ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.

• Jy kan geskikte datastrukture gebruik soos wat jy goed dink.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       20                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

3.1       Direkte roetes:

          Die GGK ('GUI') laat toe dat die gebruiker die dorp waarvandaan vertrek word
          en die dorp wat die bestemming is, in die kombinasielyste ('combo boxes')
          wat verskaf is, te selekteer.

          Gebruik die V3Data.txt-tekslêer om te bepaal of daar 'n direkte roete bestaan
          tussen die twee dorpe wat gekies is, met ander woorde of hulle buurdorpe is,
          of nie.

          Indien 'n direkte roete wel bestaan, vertoon die afstand tussen die twee dorpe
          en 'n nota om aan te dui of daar 'n bergpas op die roete is, of nie.

          LET WEL:        Direkte roetes word bepaal sonder inagneming van die volgorde
                          waarin die twee buurdorpe se name in die teksreëls voorkom.

          Voorbeeld van afvoer indien 'n direkte roete bestaan tussen die twee dorpe
          wat geselekteer is en daar 'n bergpas op die roete is:
          (Data in die lêer: Elliot;Cala#28*Ja)

          Voorbeeld van afvoer indien 'n direkte roete bestaan tussen die twee dorpe
          wat geselekteer is en daar nie 'n bergpas op die roete is nie:
          (Data in die lêer: Ugie;Maclear#25*Nee)

          Voorbeeld van afvoer indien daar nie 'n direkte roete bestaan tussen die twee
          dorpe wat geselekteer is nie:

                                                                                               (18)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     21                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

3.2        Lys van buurdorpe:

           Die gebruiker moet slegs 'n dorp waarvandaan vertrek word uit die gegewe
           kombinasielys ('combo box') selekteer. Vertoon al die buurdorp(e) wat direk
           bereik kan word vanaf die geselekteerde dorp waarvandaan vertrek word.
           Vertoon ook die afstand(e) tussen die dorpe.

           Gebruik die data wat in die V3Data.txt-tekslêer verskaf is om die vereiste
           dorpe en afstande te verkry.

           Vertoon die inligting in kolomformaat, in stygende volgorde volgens die
           afstande tussen die dorpe gesorteer. 'n Geskikte opskrif moet vertoon word
           om die dorp waarvandaan vertrek word, aan te dui.

           Voorbeeld van afvoer indien Whittlesea as die dorp waarvandaan vertrek
           word, geselekteer word:

                                                                                             (22)

•     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
•     Stoor jou program.
•     'n Drukstuk van die kode kan vereis word.

                                                              TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                  GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2016-memo-eng/fae1d47d-d297-4e9b-9dc5-dd36d600d7df) — Information Technology · Memo · 2016 · Eng
- [ENGHL P1 GR12 QP ENG SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/enghl-p1-gr12-qp-eng-sept2016-1/6f6966c3-a4a0-4de2-8abc-b82595b1e6b7) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2016-afr/320c8009-f78a-4826-8d92-19579f5df5e4) — Information Technology · QP · 2016 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2016-eng/5824b493-9d09-4250-ac0e-b7015e6d6080) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [Information Technology P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2018-eng/b597e472-66d8-4450-9eec-70e0a05da3be) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-afr/b7bbb414-6ac3-4205-98be-4e5bbe5e87e9) — Information Technology · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
