# Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-afr/b7bbb414-6ac3-4205-98be-4e5bbe5e87e9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-afr/b7bbb414-6ac3-4205-98be-4e5bbe5e87e9)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       2                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL DRIE
         afdelings beantwoord.

2.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie
         programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te
         gebruik)).

4.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
         word.

5.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

7.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal
         vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.

8.       Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
         datastrukture voorsien word.

9.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

10.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
         drukwerk gegee word.

12.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      3                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

13.    Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op die
       disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
       lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde, uitvoerbare lêers verskaf.

       LET WEL:

       •     Delphi-kandidate moet die lêer DelphiDataAFRMaart2017.exe gebruik.
       •     Java-kandidate moet die lêer JavaDataAFRMaart2017.exe gebruik.

       Doen die volgende:

       •     Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
       •     Klik op die 'Extract'-knoppie.
       •     Sleutel die volgende wagwoord in: Prof4U@#!

       Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
       DelphiDataAFRMaart2017-/JavaDataAFRMaart2017 beskikbaar wees:

       DELPHI-LÊERS                               JAVA (NETBEANS)-LÊERS

       Vraag1:                                    Vraag1:
       Tipe1.PNG                                  Tipe1.PNG
       Tipe2.PNG                                  Tipe2.PNG
       Vraag1_P.dpr                               Vraag1.form
       Vraag1_P.dproj                             Vraag1.java
       Vraag1_P.res
       Vraag1_U.dfm
       Vraag1_U.pas

       Vraag2:                                    Vraag2:
       DataJanuarie2017.txt                       DataJanuarie2017.txt
       KaartHouer_U.pas                           KaartHouer.java
       Vraag2_P.dpr                               Vraag2.form
       Vraag2_P.dproj                             Vraag2.java
       Vraag2_P.res
       Vraag2_U.dfm
       Vraag2_U.pas

       Vraag3:                                    Vraag3:
       Vraag3_P.dpr                               Vraag3.form
       Vraag3_P.dproj                             Vraag3.java
       Vraag3_P.res
       Vraag3_U.dfm
       Vraag3_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      4                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

SCENARIO

Lojaliteitskaarte word dikwels gebruik om klanteprofiele te skep. Dit is ook 'n gewilde
manier om klante te motiveer om winkels te besoek deur gereeld lojaliteitspunte toe te
ken vir aankope wat gedoen word.

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

'n Aansoeker moet 'n aansoekvorm voltooi om 'n lojaliteitskaart te kry.

Doen die volgende:
•   Kompileer en voer die program uit wat in die Vraag1-lêergids voorkom. Die
    gebruikerskoppelvlak vertoon vier verskillende afdelings wat VRAAG 1_1 tot
    VRAAG 1_4 genoem word. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

    Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) ('GUI'):

•   Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 op
    die volgende bladsy beskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        5                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

1.1      Knoppie [Vraag 1_1]

         'n Byskrif ('label') met die naam lblWelkomBoodskap is geskep en gestel om
         nie sigbaar te wees nie. Skryf kode om die inligting wat deur die gebruiker
         ingesleutel word, soos volg te valideer:

         •    Naam en van

         Die toevoer moet ten minste een spasie bevat om geldig te wees. As die
         toevoer nie geldig is nie, vertoon 'n boodskap om die spesifieke fout aan te dui
         deur 'n dialoogblokkie ('dialog box') te gebruik.

         •    ID-nommer

         Die asterisk-karakter (*) langs die teksblokkie dui aan dat die veld nie oop
         gelaat kan word nie. 'n ID-nommer moet uit 13 syfers bestaan om geldig te
         wees. As die ID-nommer-veld nie enige inligting bevat nie of die ingevulde
         ID-nommer nie uit 13 syfers bestaan nie, vertoon 'n boodskap om aan te dui
         watter spesifieke fout voorgekom het deur 'n dialoogblokkie te gebruik.

         As die inhoud in beide velde geldig is, moet die byskrif wat die
         verwelkomingsboodskap vertoon, op sigbaar gestel word.

         Voorbeeld van boodskap as geen spasie in die naam-en-van-veld ingesleutel
         is nie:

         Voorbeeld van boodskap as die ID-nommer-veld oop gelaat is:

         Voorbeeld van boodskap as die ID-nommer wat ingesleutel is, nie uit 13 syfers
         bestaan nie:

                                                                                                   (14)

1.2      Knoppies met prentjies [Vraag 1_2]

         'n Klant moet die tipe lojaliteitskaart wat hy/sy verkies, selekteer. Die prentjies
         op die knoppies in hierdie afdeling van die GGK wys twee tipes lojaliteitskaarte.
         Wanneer 'n spesifieke prentjie geselekteer word (knoppie geklik), moet die
         program die volgende doen:

         •    Die opskrif in die byskrif ('label') bokant die geselekteerde prentjie moet na
              vetdruk ('bold') verander word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          6                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

         •    'n Kode vir die tipe lojaliteitskaart wat geselekteer is, moet aan die globale
              veranderlike tipeKaart wat verskaf is, toegeken word. Die kode AF
              verteenwoordig onmiddellike afslag en die kode LI verteenwoordig 'n
              donasie vir liefdadigheid.
         LET WEL: Slegs die opskrif van die knoppie wat tans geselekteer is, moet in
                  vetdruk ('bold') verskyn. As die gebruiker die ander tipe
                  lojaliteitskaart selekteer, moet die opskrif van die lojaliteitskaart wat
                  voorheen geselekteer is, NIE in vetdruk ('bold') verskyn NIE.                    (6)

1.3      Knoppie [Vraag 1_3]

         Die finale aankoopbedrag vir vandag moet in die teksblokkie ('text box')
         ingesleutel word.

         Die program moet die volgende voordeel toestaan aan die houer van die tipe
         lojaliteitskaart wat in VRAAG 1_2 geselekteer is:

         •    Onmiddellike afslag (AF):
              1,5% afslag moet op die aankoopbedrag toegestaan word.

         •    Donasie vir liefdadigheid (LI):
              'n Bedrag van R3 vir elke R100 of deel van R100 wat deur die
              lojaliteitskaarthouer gespandeer is, sal aan 'n liefdadigheidsorganisasie
              geskenk word.

         Vertoon 'n boodskap wat die voordeel wat toegestaan is, afhangend van die
         tipe lojaliteitskaart, sal beskryf.

         Voorbeeld van afvoer as die kode van die lojaliteitskaart AF en die
         aankoopbedrag R1 200 is:

         LET WEL: Die afslagbedrag moet as 'n geldeenheid met twee desimale syfers
                  vertoon word.

         Voorbeeld van afvoer as die kode van die lojaliteitskaart LI en die
         aankoopbedrag R230 is:

                                                                                                   (15)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        7                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

1.4       Knoppie [Vraag 1_4]

          Die klant se ID-nommer wat in VRAAG 1_1 ingesleutel is en die tipe
          lojaliteitskaart wat in VRAAG 1_2 geselekteer is, word benodig om die klant se
          lojaliteitskaartnommer saam te stel. 'n Lojaliteitskaartnommer bestaan uit drie
          dele. Elke deel van die nommer moet soos volg saamgestel en in die
          komponente wat verskaf is, vertoon word:
          Deel 1:
          Die eerste deel van die lojaliteitskaartnommer moet óf uit die letter B bestaan
          as die besigheidskaart-kontroleblokkie ('check box') geselekteer is, óf die
          letter P as die besigheidskaart-kontroleblokkie ('check box') nie geselekteer is
          nie, gevolg deur die eerste drie syfers van die klant se ID-nommer.
          Deel 2:
          'n String met die naam karakString, wat die volgende 10 karakters bevat, is
          voorsien as deel van die kode wat verskaf is:
                          ! @ # $ % ] & * ^ ~
          Elke karakter in die string verteenwoordig 'n syfer (0–9). Dit beteken dat die
          eerste karakter (!) die syfer 0 verteenwoordig, die tweede karakter (@) die
          syfer 1, en so aan.
          Hierdie deel van die lojaliteitskaartnommer moet bestaan uit die laaste syfer
          van die klant se ID-nommer, gevolg deur die karakter uit karakString wat
          daardie syfer verteenwoordig.
          Voorbeeld van hierdie deel van die lojaliteitsnommer as die klant se
          ID-nommer 8802128756084 is:
                                         4%
          Deel 3:
          Hierdie deel van die lojaliteitskaartnommer bestaan uit die kode wat die tipe
          lojaliteitskaart (AF of LI) verteenwoordig en in VRAAG 1_2 bepaal is.
          Voorbeeld van die lojaliteitskaartnommer van 'n klant met die volgende profiel:
          •   Aansoek vir 'n besigheid
          •   ID-nommer: 9210140012083
          •   Tipe kaart: AF

                                                                                                  (13)

•     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
•     Stoor jou program.
•     Maak 'n drukstuk van die kode as dit vereis word.

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               48

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       8                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

Die plaaslike supermark het 'n lojaliteitskaartstelsel waar klante belonings kan ontvang,
afhangend van die aantal besoeke, die aantal lojaliteitspunte wat versamel is en die
persentasie gesondheidskos wat aangekoop is.

Doen die volgende:

         Delphi-programmeerders                        Java-programmeerders
•     Maak die onvoltooide program in die     •    Maak die onvoltooide program in die
      Vraag2-lêergids oop.                         Vraag2-lêergids oop.

•     Maak die onvoltooide objekklas          •    Maak die onvoltooide objekklas
      KaartHouer_U.pas oop.                        KaartHouer.java oop.

•     Voeg jou eksamennommer as               •    Voeg jou eksamennommer as
      kommentaar in die eerste reël van            kommentaar in die eerste reël van
      beide lêer Vraag2_U.pas en                   beide objekklas Vraag2.java en
      KaartHouer_U.pas in.                         KaartHouer.java in.

•     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

      Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

•     Voltooi die kode vir hierdie program, soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 hieronder
      gespesifiseer.

2.1        Die gegewe onvolledige objekklas (TKaartHouer/KaartHouer) bevat die
           verklaring van vyf attribute, die toString()-metode en 'n onvolledige
           isReg()-metode.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            9                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                  NSS

           Die gegewe attribute van die KaartHouer-objek:
               NAME VAN ATTRIBUTE
                                                                BESKRYWING
                Delphi        Java
           fKaartNommer  kaartNommer               'n Unieke nommer vir die kaarthouer
           fSelNommer    selNommer                 Die selfoonnommer van die kaarthouer
           fAantBesoeke  aantBesoeke               Die aantal kere wat die kaarthouer die
                                                   winkel gedurende die maand besoek het
           fLojaliteitsPunte   lojaliteitsPunte    Die totale aantal lojaliteitspunte wat tot
                                                   nou toe op hierdie kaart ontvang is
           fGesondVlak         gesondVlak          'n Karakter wat die gesondheidsvlak van
                                                   die kaarthouer aandui op grond van
                                                   die hoeveelheid gesondheidskos wat
                                                   gedurende die maand aangekoop is:
                                                      S – Silwer (Laagste vlak)
                                                      G – Goud
                                                      P – Platinum (Hoogste vlak)
         Voltooi die kode in die gegewe KaartHouer-klas (TKaartHouer/KaartHouer)
         soos wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 hieronder beskryf word.
         2.1.1    Skryf kode vir 'n konstruktor-metode wat die kaartnommer,
                  selfoonnommer en lojaliteitskaartpunte wat reeds ontvang is, as
                  parameterwaardes sal ontvang. Ken hierdie waardes aan die relevante
                  attribute toe.
                  Die laagste kode vir die vlak gesondheidskos (S) moet aan die
                  gesondheidsvlak-attribuut toegeken word. Die aantal besoeke se
                  attribuut moet op 0 gestel word.                                                   (5)
         2.1.2    Skryf 'n mutator-metode om die getal besoeke se attribuut op 'n
                  waarde wat as 'n parameter ontvang is, te kan stel.                                (2)
         2.1.3    Skryf kode vir 'n metode met die naam vermeerderLojaliteitsPunte
                  wat die totale bedrag wat hierdie maand spandeer is, as 'n parameter
                  ontvang en die huidige aantal lojaliteitspunte sal vermeerder volgens
                  die bedrag wat ontvang is.
                  Gebruik die volgende kriteria:
                  Vir elke vier rand (R4) wat gespandeer is, word een lojaliteitspunt
                  toegeken.                                                                          (5)
         2.1.4    Skryf kode vir 'n metode met die naam opdateerGesondVlak wat die
                  totale bedrag wat hierdie maand gespandeer is en die bedrag wat aan
                  gesondheidskos spandeer is, as parameters sal ontvang. Bereken die
                  persentasie wat aan gesondheidskos spandeer is en stel die
                  gesondheidsvlak-attribuut volgens die kriteria wat in die tabel hieronder
                  verskaf is.
                          Kode van die vlak             Persentasie-aanduiding
                                 S                 Minder as 10%
                                 G                 10% of meer, maar minder as 40%
                                 P                 40% of meer                                       (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            10                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                  NSS

         2.1.5    'n Toegangskode is nodig om 'n klant se lojaliteitspunte op te dateer.
                  Die klant se selfoonnommer is gebruik om die toegangskode saam te
                  stel.

                  Skryf kode om die isReg-metode wat verskaf is, te voltooi. Die metode
                  moet toets of die toegangskode, wat as 'n parameter ontvang is, korrek
                  is deur die volgende instruksies op die selfoonnommer-attribuut toe te
                  pas:

                  •       Verwyder al die nulle (0) uit die selfoonnommer.

                  •       Bepaal die som van die oorblywende syfers soos volg:

                          o As die getal oorblywende syfers ewe is, moet elke twee
                            opeenvolgende syfers wat aan die linkerkant begin, as 'n
                            tweesyferwaarde beskou word. Tel al hierdie tweesyferwaardes
                            bymekaar.

                            Voorbeeld:

                            As die oorspronklike selfoonnommer 082 340 2113 was, sal die
                            oorblywende syfers sonder nulle 82342113 wees. Die som van
                            die tweesyferwaardes is:

                            82 + 34 + 21 + 13 = 150

                          o As die getal oorblywende syfers onewe is, moet die eerste syfer
                            as 'n eensyferwaarde beskou word en daarna moet elke twee
                            opeenvolgende syfers as 'n tweesyferwaarde beskou word. Tel
                            al hierdie waardes bymekaar.

                            Voorbeeld:

                            As die oorspronklike selfoonnommer 082 034 2101 was, sal die
                            oorblywende syfers sonder nulle 8234211 wees. Die som van
                            die waardes is:

                            8 + 23 + 42 + 11 = 84                                                     (13)

         2.1.6    Skryf kode vir 'n metode met die naam identifiseerSterKoper wat
                  'n string sal terugstuur wat aandui of die kaarthouer 'n STER-koper is,
                  of nie.

                  'n Kaarthouer is 'n STER-koper as die volgende van toepassing is:
                  •       Die kaarthouer het meer as 2 000 lojaliteitspunte verdien en die
                          winkel is gedurende die maand meer as 10 keer besoek.
                          OF
                  •       Die gesondheidsvlak van die kaarthouer is platinum.

                  Die string wat teruggestuur word, moet of 'STER-koper' of 'n leë
                  string wees.                                                                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         11                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

2.2      Inligting oor die besoeke en aankope van kaarthouers word slegs vir een
         maand in 'n tekslêer gestoor. Die tekslêer met die naam DataJanuarie2017.txt
         bevat die transaksies wat gedurende Januarie deur vier van die kaarthouers
         gedoen is.

         Die inhoud van die tekslêer is soos volg:

         Elke drie reëls           verteenwoordig    'n   transaksie   vir   'n      spesifieke
         lojaliteitskaarthouer:

         Reël 1: Die kaartnommer van die kaarthouer, byvoorbeeld B921-3$-DI
         Reël 2: Die totale bedrag van die aankope vir hierdie besoek, byvoorbeeld
                 1459.30
         Reël 3: Die bedrag wat op gesondheidskos spandeer is, byvoorbeeld 72.30
         Voorbeeld van die eerste 12 reëls van die DataJanuarie2017.txt-tekslêer:
         B921-3$-AF
         1459.30
         72.30
         B870-4%-LI
         899.80
         22.50
         P730-7*-AF
         299.30
         62.85
         B870-4%-LI
         869.30
         182.55

         Doen die volgende om die kode vir elke knoppie in die hoofvormeenheid
         (Delphi)/GGK-klas (Java) soos in die gedeelte wat volg, te voltooi.
         LET WEL:          Die objek objKaartHouer is globaal verklaar as deel van die
                           kode wat verskaf is.

         2.2.1       Knoppie – [2.2.1 – Kontroleer toegangskode]

                     Die gebruiker moet 'n kaartnommer selekteer uit die vier
                     kaartnommers wat in die kombinasieblokkie ('combo box') verskaf is.

                     Sodra 'n kaartnommer in die kombinasieblokkie geselekteer is, word
                     die kaarthouer se selfoonnommer en die aantal lojaliteitspunte wat
                     reeds uit vorige aankope verdien is, vertoon met die kode wat verskaf
                     is.
                     Die gebruiker moet die korrekte toegangskode vir die kaartnommer
                     wat geselekteer is, insleutel sodat die program die kaarthouer se
                     data, wat in die tekslêer gestoor is, kan verwerk.

                     Skryf kode om die volgende te doen:

                     •    Gebruik die kaarthouer se kaartnommer, selfoonnommer en
                          lojaliteitspunte van die kaarthouer om 'n kaarthouer-objek te
                          instansieer.
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                           12                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                 NSS

                     •    Gebruik die metode isReg om te bepaal of die toegangskode wat
                          vir hierdie kaarthouer ingesleutel is, die korrekte toegangskode is,
                          of nie.

                     As die korrekte toegangskode ingesleutel is, gebruik die data in die
                     DataJanuarie2017.txt-tekslêer om die volgende met betrekking tot
                     die kaarthouer se aankope te bepaal:

                     •    Die totale bedrag wat vir die maand spandeer is

                     •    Die bedrag wat aan gesondheidsverwante produkte spandeer is

                     •    Die aantal kere wat die gebruiker die winkel besoek en aankope
                          gedoen het

                     Gebruik hierdie inligting en die relevante metodes uit die objekklas om
                     die aantal lojaliteitspunte, die gesondheidsvlakkode en die aantal kere
                     wat die kaarthouer die winkel vir aankope besoek het, op te dateer.
                     Maak die knoppie vir VRAAG 2.2.2 aktief.

                     As die toegangskode NIE korrek is NIE, vertoon 'n boodskap wat
                     aandui dat die aanteken ('login') nie suksesvol was nie en maak die
                     toegangskode-teksblokkie skoon.

                     Die data in die tabel hieronder kan vir toetsdoeleindes gebruik word.

                                       Kaartnommer          Toegangskode
                                      B921-3$-DI                  188
                                      B870-4%-CH                   41
                                      P730-7*-DI                  338
                                      B810-2#-DI                  170                                (24)

         2.2.2       Knoppie – [2.2.2 – Vertoon kaarthouer se besonderhede]

                     Skryf kode om die toString-metode te gebruik om die data van die
                     kaarthouer-objek in die afvoerarea wat verskaf is, te vertoon.

                     Die metode wat in VRAAG 2.1.6 geskep is, moet gebruik word om
                     aan te dui of die kaarthouer 'n STER-koper is.

                     Voorbeeld van afvoer vir kaartnommer B921-3$-AF:

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       13                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

                     Voorbeeld van afvoer vir kaartnommer B870-4%-LI:

                                                                                                (3)

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die klas en die
    vorm in.
•   Stoor al die lêers.
•   Druk die kode van die klas en die vorm (Delphi)/albei klasse (Java) indien dit vereis
    word.

                                                                TOTAAL AFDELING B:              65

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    14                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

SCENARIO

'n Sosialemedia-vriendskapstoep ('app') met die naam Dine-Is-Fine is spesiaal vir die
10 restaurante by jou plaaslike inkopiesentrum ontwerp. Jy en jou vriende is
geregistreerde gebruikers van hierdie toep. Die toep kan gebruik word om die plek
waar jy is, met ander geregistreerde gebruikers te deel.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program in die Vraag3-lêergids uit. Die program het tans
    geen funksionaliteit nie.

•   Voltooi die kode vir elke vraag, soos in VRAAG 3.1 tot VRAAG 3.3 beskryf is.

GGK ('GUI') wat voorsien is:

Data wat voorsien is:

Jy word voorsien van 'n tweedimensionele skikking met die naam arrSentrum wat
gevul is met karakters wat die uitleg van die inkopiesentrum verteenwoordig.
Die karakters A tot J verteenwoordig 10 restaurante wat jy en jou vriende gereeld
besoek.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        15                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

Afvoerarea:

Besluit op 'n geskikte afvoerkomponent wat in die afvoerarea wat verskaf is, geplaas
moet word om die inhoud van die tweedimensionele skikking te vertoon.

LET WEL:

•     Jy mag NIE die data wat voorsien is, met die hand verander NIE. Kode moet
      geskryf word om die data wat voorsien is volgens die vereistes te manipuleer.

•     Goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die ontwerp en
      kodering van jou oplossing toegepas word.

•     GEEN punte sal vir kodering met vaste waardes toegeken word NIE.
      Gebruik kontrolestrukture en veranderlikes waar nodig.

3.1      Knoppie [Vertoon uitleg]

         Die program moet die uitleg van die inkopiesentrum vertoon. Skryf kode om die
         data wat in die tweedimensionele skikking voorsien is, te gebruik om die uitleg
         in netjiese kolomme te vertoon.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (5)

         Verduideliking van die data in die skikking:

         •   Die karakters A tot J verteenwoordig die posisie van elk van die 10
             restaurante in die inkopiesentrum.
         •   Die karakter X is 'n plekhouer wat aandui dat nie een van jou vriende tans in
             'n restaurant is nie.
         •   Die karakter O dui die oop area aan waar jy kan rondbeweeg.
         •   Die asterisk-karakter (*) dui jou posisie (eerste ry en vierde kolom) aan.

         LET WEL: Vir die doel van hierdie vraag sal jy altyd in dieselfde posisie bly.

3.2      Kombinasieblokkie ('Combo box') met restaurantkodes

         Jy word versoek om 'n restaurant uit die kombinasieblokkie te selekteer waar
         een van jou vriende gaan eet.

         Skryf kode om die X-plekhouer by die geselekteerde restaurant met 'n
         hutsmerk-simbool (#) te vervang om aan te dui dat 'n vriend by die restaurant is
         en vertoon 'n opgedateerde uitleg van die inkopiesentrum.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       16                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

         Voorbeeld van afvoer as twee van jou vriende by restaurant C en F
         onderskeidelik eet:

                                                                                                 (13)

3.3      Knoppie – [Spoor naaste vriend(e) op]

         Die program moet bepaal by watter restaurant(e) in die inkopiesentrum jou
         vriende tans is en hoe ver hulle is van waar jy is. Elke vertikale of horisontale
         beweging op die matriks verteenwoordig 'n afstand van 4,5 meter. Vanaf die
         restaurant(e) waar jou vriende is, bepaal en vertoon die restaurant(e) wat die
         naaste aan jou is.

         Voorbeeld van afvoer as jou vriende by restaurant C en F eet:

         Voorbeeld van afvoer as jou vriende by restaurant C, F en H eet:

LET WEL: Jy kan nie diagonaal op die matriks beweeg nie.

         PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 3.3
         Spoor vriende op                                                             3
         Bepaal die naam van die restaurant                                           4
         Bereken die afstand                                                          6
         Vind die vriend(e) wat die naaste aan jou is                                 3
         Afvoer om die posisie van vriend(e) en afstand aan te dui                    2
         Korrekte formaat van afvoer vir die vriend(e) wat die naaste aan jou is      1
         TOTAAL                                                                       19

•     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
•     Stoor jou program.
•     Maak 'n drukstuk van die kode as dit vereis word.

                                                                TOTAAL AFDELING C:               37
                                                                    GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-eng/06f9af8f-82f4-458a-95df-8bb4d8cdfc20) — Information Technology · QP · 2017 · Eng
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-memo-eng/6126eb5b-d1e7-4801-8dde-a68950295377) — Information Technology · Memo · 2017 · Eng
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-memo-afr/2e14f2da-696f-462b-a6e1-c3d0d99c8cab) — Information Technology · Memo · 2017 · Afr
- [Information Technology P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-feb-march-2017-eng/54ec87cc-baac-4df0-a4a8-cf0983188337) — Information Technology · QP · 2017 · Eng
- [GR12 INFT P1 Sept2017 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-inft-p1-sept2017-qp-afr/8cc80409-e9a3-4aaf-b9cd-1840fec0704c) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2017-afr/d88a56a4-b5e1-412d-9208-031db1d085df) — Information Technology · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
