# Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2018-afr/dee94f04-5ea5-4168-a18c-54dfee26bd8e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2018-afr/dee94f04-5ea5-4168-a18c-54dfee26bd8e)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
         AL DRIE afdelings beantwoord.

2.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir
         Delphi as programmeringstaal is.

4.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
         word.

5.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

7.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
         hierdie roetines gebruik NIE.

8.       Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
         datastrukture verskaf word.

9.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

10.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
         drukwerk gegee word.

12.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       3                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

13.      Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op
         'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
         Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

         LET WEL:

         Kandidate moet die lêer DataAFRMaart2018.exe gebruik.

         Doen die volgende:

             Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
             Klik op die 'Extract'-knoppie.
             Sleutel die volgende wagwoord in: Sp@cE&18

         Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
         DataAFRMaart2018 beskikbaar wees:

         LÊERS WAT VERSKAF IS

         Vraag 1:
         Prent1.jpg
         Prent2.jpg
         Vraag1_P.dpr
         Vraag1_P.dproj
         Vraag1_P.res
         Vraag1_U.dfm
         Vraag1_U.pas

         Vraag 2:
         Centaurus.jpg
         Crux.jpg
         Orion.jpg
         Scorpio.jpg
         Ster_U.pas
         SterData.txt
         Vraag2_P.dpr
         Vraag2_P.dproj
         Vraag2_P.res
         Vraag2_U.dfm
         Vraag2_U.pas

         Vraag3:
         Vraag3_P.dpr
         Vraag3_P.dproj
         Vraag3_P.res
         Vraag3_U.dfm
         Vraag3_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       4                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

     Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Vraag1_U.pas-lêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
     Die program bevat VYF tabelblaaie ('tab sheets') met verskillende vrae wat nie met
      mekaar verband hou nie.
     Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 1 te
      voltooi, soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5 beskryf word.

1.1        Knoppie [1.1 – Totale area]

           Die gebruiker moet die redigeerblokkies ('edit boxes') wat verskaf is, gebruik
           om die radius van die sirkel en die basis en hoogte van een van die driehoeke
           in die figuur in te sleutel.

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Onttrek ('Extract') die waardes wat deur die gebruiker ingelees is.

              Bereken die area van die sirkel, die area van die agt driehoeke in totaal
               en die totale area van die figuur deur die volgende formules te gebruik:

               Area van sirkel   = pi x radius2 waar die waarde van pi = 3.14159
               Area van driehoek = ½ x basis x hoogte

              Vertoon die area van die sirkel, area van die agt driehoeke in totaal en die
               totale area van die figuur in die afvoerkomponent wat verskaf word. Die
               totale area moet tot TWEE desimale plekke formateer word.

           Voorbeeld van toevoer:

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         5                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                     (12)

1.2        Knoppie [1.2 – Volgende blou maan]

           Die eerste blou maan is in die jaar 1862 gesien. Daarna is 'n blou maan elke
           drie jaar gesien.

           Onttrek die jaar waarin die eerste blou maan gesien is uit die lblInfo-byskrif
           ('label'). Gebruik die jaar van die stelseldatum en die jaar wat uit die byskrif
           onttrek is om te bepaal wanneer die volgende blou maan sal verskyn (die
           huidige jaar is uitgesluit). Vertoon die afvoer in die redigeerblokkie ('edit box')
           wat verskaf is.

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                     (9)

1.3       Knoppie [1.3 – Grootste gemene deler]

          Die gebruiker moet twee heelgetalle insleutel. Die grootste gemene deler is
          die grootste getal wat in die twee getalle kan indeel sonder 'n res.

          Skryf kode om die volgende te doen:

              Onttrek die getalle wat die gebruiker ingesleutel het, uit die
               redigeerblokkies ('edit boxes') wat verskaf is.
              Bepaal die grootste gemene deler van die twee getalle.
              Vertoon die grootste gemene deler in die redigeerblokkies ('edit boxes')
               wat verskaf is.

          Voorbeeld van toevoer en afvoer:

                                                                                                     (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       6                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

1.4        Knoppie [1.4 – Verwyder klinkers]

           Die gebruiker moet 'n sin insleutel in die redigeerblokkie ('edit box') wat
           verskaf is.

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Vee AL die klinkers uit die sin wat deur die gebruiker ingesleutel is,
               behalwe waar die klinker die eerste letter van die woord is.
              Vertoon die sin nadat die klinkers uitgevee is in die redigeerblokkie ('edit
               box') wat verskaf is.

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (11)

1.5       Knoppie [1.5 – Skyfievertoning]
          'n Ruimtetentoonstellingsentrum bied 'n skyfievertoning aan in hulle
          konferensiesentrum wat sitplek vir 100 mense bied. Groepe mense kan die
          skyfievertoning bywoon, solank daar sitplek vir al die mense in die groep
          beskikbaar is. 'n Nommer wat begin met die waarde 1 vir die eerste groep,
          2 vir die tweede groep, ensovoorts sal toegeken word aan elke groep wat
          geakkommodeer kan word. Indien groot groepe weggewys word, kan kleiner
          groepe steeds geakkommodeer word totdat al die sitplekke ingeneem is.

          Skryf kode om die volgende te doen:

              Gebruik 'n toevoerblokkie ('input box') om die gebruiker aan te spoor om
               die getal mense in te sleutel. Die gebruiker moet in staat wees om aan te
               hou om die getal mense vir nuwe groepe in te sleutel totdat die totale
               getal aanwesiges 100 bereik.

              Vir elke groep wat aanvaar word, vertoon die groepnommer en die getal
               mense in die groep.

              Indien die getal mense in die groep die getal beskikbare sitplekke oorskry,
               vertoon 'n geskikte boodskap wat aandui dat die groep nie
               geakkommodeer kan word nie. Die getal sitplekke steeds beskikbaar,
               moet deel van die boodskap wees.

          LET WEL:        Al sal sommige groepe nie aanvaar word om die
                          skyfievertoning by te woon nie, moet die program voortgaan
                          om die gebruiker toe te laat om groepe in te sleutel totdat
                          'n totaal van 100 mense aanvaar word om die skyfievertoning
                          by te woon.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    7                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS

          Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die getal mense in die eerste groep
          27 is:

          Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die getal mense in die tweede groep
          34 is:

          Voorbeeld van afvoer indien die volgende groep wat die skyfievertoning wil
          bywoon, uit 50 mense bestaan:

                                                                                            (12)

   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
   Stoor jou program.
   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                            TOTAAL AFDELING A:              54

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    8                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

'n Konstellasie is 'n groep verwante sterre wat die naghemel bedek. Sommige sterre
word as navigasiesterre beskou, terwyl ander passief is. 'n Navigasiester word gebruik
om met rigting en beweging te help.

Doen die volgende:

   Maak die onvoltooide program in die Vraag 2-lêergids oop.
   Maak die onvoltooide objekklas ('object class') Ster_U.pas oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
    Vraag2_U.pas-lêer en die Ster_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

   Voltooi die kode vir hierdie program, soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2
    gespesifiseer word.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        9                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

2.1       'n Onvolledige objekklas met die naam TSter, wat 'n hemelster voorstel, is
          verskaf.

          Die verklaring van die attribute en 'n toegangsmetode ('accessor method') vir
          die fNaam-attribuut (getNaam) is verskaf.

          Die attribute vir die Ster-objek is soos volg verklaar:

                NAME VAN
                                                       BESKRYWINGS
                ATTRIBUTE
            fNaam                    Naam van die ster
            fGrootte                 Die grootte van 'n ster hou met die helderheid
                                     daarvan verband. Die grootte van die helderste ster
                                     is -1. Namate die grootte van 'n ster toeneem, raak
                                     die ster dowwer.

                                     Voorbeeld: Die grootte van 'n dowwe ster, soos
                                     Mimosa, is 1.25.
            fAfstand                 Die afstand van 'n ster vanaf die Aarde is 'n
                                     heelgetalwaarde gemeet in ligjare.

                                     Voorbeeld: Die afstand van die ster Mimosa vanaf
                                     die Aarde is 279 ligjare.
            fKonstellasie            Die naam van die konstellasie waaraan die ster
                                     behoort
            fNavigasieStatus         'n Boolese waarde wat aandui of die ster as
                                     'n navigasiester beskou word of nie

2.1       Voltooi die kode in die objekklas, soos beskryf in VRAAG 2.1.1 tot
          VRAAG 2.1.5 hieronder.

          2.1.1       Skryf kode vir 'n konstruktormetde wat die naam van die ster, sy
                      grootte, sy afstand vanaf die Aarde en die konstellasie waaraan
                      dit behoort as parameters sal ontvang. Stel die VIER onderskeie
                      attribute na die parameterwaardes wat ontvang is en inisialiseer die
                      fNavigasieStatus-attribuut na 'false'.                                      (4)

          2.1.2       Skryf kode om 'n toegangsmetode ('accessor method') vir die
                      konstellasie-attribuut fKonstellasie te skep.                               (2)

          2.1.3       Skryf kode vir 'n wysigingsmetode ('mutator method') met die naam
                      setNavigasieStatus, wat 'n Boolese waarde as 'n parameter sal
                      ontvang en die navigasiestatus-attribuut sal stel na die waarde wat
                      ontvang is.                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                              10                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                    NSS

          2.1.4       Skryf kode vir 'n metode met die naam bepaalSigbaarheid wat
                      'n beskrywing van die ster se sigbaarheid sal bepaal en terugstuur.
                      Die sigbaarheid van 'n ster hang af van sy afstand vanaf die Aarde
                      in ligjare en sy grootte.

                      Gebruik die volgende kriteria om die beskrywing van sigbaarheid te
                      bepaal wat op 'n ster van toepassing is:

                                                                     BESKRYWING VAN
                          AFSTAND              GROOTTE
                                                                        SIGBAARHEID
                     Minder as 80 ligjare     Enige waarde      Duidelik sigbaar
                                                                Skaars sigbaar met die blote
                                              Tot 2
                     Tussen 80 en 900                           oog
                     ligjare (insluitend)                       Sigbaar met standaard optiese
                                              Groter as 2
                                                                hulp
                                                                Slegs sigbaar met
                     Meer as 900 ligjare      Enige waarde
                                                                gespesialiseerde optiese hulp         (11)

          2.1.5       Skryf kode om 'n toString-metode te skep wat 'n string terugstuur
                      wat soos volg geformateer is, afhangend daarvan of die ster
                      'n navigasiester is of nie:

                      <naam     van         ster>     behoort   aan   die   <konstellasie>
                      -konstellasie.

                      Die ster het 'n grootte van <grootte> en is <afstand vanaf
                      die Aarde> ligjare vanaf die Aarde.

                      Indien die ster 'n navigasiester is, voeg die volgende reël by:
                      <naam van ster> is 'n navigasiester.

                      Indien die ster NIE 'n navigasiester is NIE, voeg die volgende reël by:
                      <naam van ster> is 'n passiewe ster.                                            (6)

2.2       'n Onvoltooide eenheid ('unit'), Vraag2_U, is verskaf en bevat kode vir die
          volgende:

              Die verklaring van die objekveranderlike objStarX

              'n Skikking met die naam arrNavigasieSterre wat die name bevat van
               sterre wat navigasiesterre is.

          'n Tekslêer met die naam SterData.txt bevat die data van 'n onbekende
          aantal sterre (beide passief en navigasie). Die besonderhede van elke ster
          verskyn in die volgende formaat in die lêer:

          <algemene naam van die ster>
          <grootte van die ster>
          <afstand van die ster vanaf die Aarde in ligjare>
          <naam van die konstellasie waaraan die ster behoort>
          <oop reël>

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        11                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

          Voorbeeld van die besonderhede van die eerste twee sterre in die tekslêer:

          Acrux
          1.25
          321
          Crux

          Mimosa
          1.25
          279
          Crux

          Doen die volgende om die kode te voltooi vir die knoppies in die
          hoofvormeenheid ('main form unit'), soos hieronder beskryf word:

          2.2.1       Knoppie [2.2.1 – Instansieer objek]

                      Die gebruiker moet die naam van 'n ster in die kombinasieblokkie
                      ('combo box') kies.
                      Skryf kode om die volgende te doen:

                         Onttrek die naam       van   die   geselekteerde    ster   uit   die
                          kombinasieblokkie.

                         Gebruik 'n voorwaardelike lus en soek in die tekslêer vir die
                          naam van die geselekteerde ster. Die lus moet stop wanneer die
                          naam van die ster in die lêer gevind is.
                          Indien die naam van die ster gevind is, doen die volgende:
                          o   Instansieer 'n TSter-objek deur die objSterX-objek-
                              veranderlike wat globaal verklaar is, te gebruik as deel van
                              die gegewe kode.
                          o   Toets of die ster 'n navigasiester is deur die
                              arrNavigasieSterre-skikking te gebruik en stel die waarde
                              vir die navigasiestatus-attribuut dienooreenkomstig.
                          o   Aktiveer ('Enable') die pnlKnoppies-paneel.
                          Indien die naam van die ster NIE in die tekslêer gevind is NIE,
                          doen die volgende:
                          o   Vertoon 'n boodskap om aan te dui dat die ster nie gevind
                              is nie.
                          o   Deaktiveer ('Disable') die pnlKnoppies-paneel.                       (24)

          2.2.2       Knoppie [2.2.2 – Vertoon]

                      Vertoon die besonderhede van die ster in die 'rich edit'-komponent
                      redV2 deur die toString-metode te gebruik.
                      Laai die prent van die konstellasie waaraan die ster behoort in die
                      imgV2-prent('image')-komponent. Die lêernaam van die prent wat
                      vertoon moet word, is die naam van die konstellasie waaraan die
                      ster behoort. Die prentlêers het die uitbreiding .jpg.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         12                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

                      Voorbeeld van afvoer indien geselekteerde ster Mimosa is:

                                                                                                     (3)

          2.2.3       Knoppie [2.2.3 – Sigbaarheid]

                      Die helderheid en sigbaarheid van 'n ster is afhanklik van die grootte
                      en die afstand van die ster vanaf die Aarde. Roep die relevante
                      metodes om die naam en sigbaarheid van die ster te vertoon.

                      Voorbeeld van afvoer indien Mimosa geselekteer is:

                      Ster:        Mimosa
                      Sigbaarheid: Skaars sigbaar met die blote oog

                      Voorbeeld van afvoer indien Rigil Kent geselekteer is:

                      Ster:        Rigil Kent
                      Sigbaarheid: Duidelik sigbaar

                      Voorbeeld van afvoer indien Mintaka geselekteer is:

                      Ster:        Mintaka
                      Sigbaarheid: Slegs sigbaar met gespesialiseerde optiese hulp                   (3)

   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    objekklas en die vormklas ingesleutel is.
   Stoor jou program.
   Druk die kode van beide die objekklas en die vormklas, indien dit vereis word.

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                56

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      13                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING

SCENARIO

'n Nuwe speletjie met die naam 'Galaxy Explore' word beplan en moet ontwikkel word.
Die doel van die speletjie is om 'n raamwerk ('grid') voor te berei met 'n aantal planete
wat willekeurig geplaas is, wat nie vir die speler sigbaar is nie. Die speler moet dan die
posisie van die planete op die raamwerk raai. Daar sal na die raamwerk as die
'Spelbord' verwys word.

Doen die volgende:

   Maak die onvoltooide program in die Vraag 3-lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag3_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

GGK ('GUI') wat verskaf is:

Die GGK ('GUI') hieronder verteenwoordig die koppelvlak van die program.

   Voltooi die kode vir elke vraag, soos in VRAAG 3.1 tot VRAAG 3.3 beskryf word.

LET WEL:

   Goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die ontwerp en
    kodering van jou oplossing toegepas word.
   Jy mag NIE die kode wat verskaf is, verander NIE.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       14                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

Kode wat verskaf is:

Die program bevat die volgende kode vir die verklaring van 'n tweedimensionele
skikking met die naam arrSpel:

                          arrSpel: array [1..9, 1..9] of char;

Die program moet die volgende doen:

     Vul ('Populate') die tweedimensionele skikking wanneer die spel begin
     Laat die gebruiker toe om die posisies van onsigbare planete te raai wat
      willekeurig op die spelbord geplaas is
     Bepaal of die speler gewen of verloor het en beëindig die spel. Die speler wen
      wanneer hy/sy twee planete op die spelbord binne vyf raaiskote identifiseer.

3.1       Knoppie [3.1 – Begin spel]

          'n Aandagstreep-karakter (-) stel 'n oop spasie in die tweedimensionele
          skikking arrSpel voor en 'n hutskarakter ('hash') (#) stel 'n planeet voor.

          Die tweedimensionele skikking moet eers met oopspasie-karakters gevul
          word. Die inhoud daarvan moet in die spelbord-area vertoon word.

          Die moeilikheidsvlak wat uit die radiogroep rgbV3 selekteer word, bepaal die
          getal planete wat willekeurig in arrSpel geplaas moet word. Die volgende is
          van toepassing:

              Moeilikheidsvlak 1: 50 posisies in die skikking moet deur planete (#)
              vervang word
              Moeilikheidsvlak 2: 40 posisies in die skikking moet deur planete (#)
              vervang word
              Moeilikheidsvlak 3: 30 posisies in die skikking moet deur planete (#)
              vervang word

          Die waarde '0' moet op paneel pnlV3GetalRaaiskote vertoon word, wat die
          getal raaiskote aandui.

          Die 'Speel'-knoppie moet geaktiveer ('enable') word en die 'rich edit'-
          komponente moet skoongemaak word.

          LET WEL:        Die posisies van die planete op die spelbord moet NIE vir die
                          speler sigbaar wees NIE (nie vertoon word nie).

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        15                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

          Voorbeeld van afvoer wanneer die Begin spel-knoppie geklik word.

                                                                                                   (22)

3.2       Knoppie [3.2 – Speel]

          Die speler moet die posisie van die planeet raai deur 'n rynommer en 'n
          kolomnommer uit die kombinasieblokkies ('combo boxes') wat verskaf is, te
          selekteer. Klik dan die 'Speel'-knoppie om te sien of die posisie van die
          planeet korrek geraai is.

          Indien die posisie van die planeet korrek geraai is:

               Dateer die vertoon op om die posisie van die planeet (#) wat korrek
                geraai is, te toon.
               Dateer die getal korrekte raaiskote op die paneel pnlV3GetalRaaiskote
                op.

                WENK:      Vervang die planeetkarakter (#) wat korrek geraai is, met 'n
                           ander karakter om te toon watter planete gedurende die spel
                           geïdentifiseer is. Hierdie inligting word benodig vir Knoppie 3.3
                           ('Onthul planete').

          Indien die posisie wat geraai is, NIE die posisie van 'n planeet is NIE:

               Vertoon die ry- en kolomwaardes van die verkeerde raaiskoot in die
                redV3Verkeerd-afvoerarea.

          Die speler moet die posisies van planete herhaaldelik kan raai totdat hy/sy die
          spel wen of verloor.

          LET WEL:        'n Spel word gewen indien die posisies van twee planete binne
                          die toegelate vyf raaiskote korrek geraai word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      16                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

          Gebruik 'n boodskapblokkie ('message box') om 'n geskikte boodskap te
          vertoon, gebaseer op die uitkoms van die spel, óf 'Spel gewen' óf
          'Spel verloor'.

          Deaktiveer ('Disable') die speelknoppie wanneer die spel verby is.

          Voorbeeld van afvoer indien die posisies van twee planete binne twee
          raaiskote reg geraai is:

          Voorbeeld van afvoer indien die speler die spel verloor het. Die posisie van
          slegs een planeet is binne vyf raaiskote korrek geraai:

                                                                                                (13)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     17                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

3.3       Knoppie [3.3 – Onthul planete]

          Skryf kode om die spelbord te vertoon met al die willekeurig geplaaste planete
          onthul.
          Voorbeeld van die afvoer indien die planete willekeurig geplaas is, maar die
          speler nog nie begin speel het nie:

          Voorbeeld van afvoer indien die speler gewen het deur twee planete se
          posisies binne twee raaiskote te identifiseer:

          LET WEL: Die skikking in die voorbeeldafvoer kan anders wees aangesien
                   die indekse vir die planeetsimbole willekeurig gegenereer word.            (5)
     Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      programlêer ingesleutel is.
     Stoor jou program.
     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                               TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                   GROOTTOTAAL:               150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2018-eng/b597e472-66d8-4450-9eec-70e0a05da3be) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [Information Technology P1 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2018-memo-afr/4ac823a7-4f50-452b-b77c-ffecca7e0203) — Information Technology · Memo · 2018 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-eng-d/7330c86d-be49-4c3a-8b5f-8b7faf59df57) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/9f7a8ca6-c72c-48cc-b6c0-360bbbded219) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-english/b77b5a5f-75b4-4d23-aaa6-5ab3653b9aeb) — Information Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
