# Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2020

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL
      VIER afdelings beantwoord.

2.    Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
      eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
      eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.    Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend van die
      Delphi-programmeringstaal is.

4.    Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag
      gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word.

5.    Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
      vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.    Jou programme moet op só ŉ manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk
      en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat in die
      vraestel verskyn nie.

7.    Roetines, soos vind, soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
      ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie
      roetines gebruik NIE.

8.    Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
      datastrukture verskaf word.

9.    Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou
      gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is.

10.   Maak seker dat jou naam en van as kommentaar verskyn in elke program wat jy
      kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.   Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/klasse
      wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie ŉ halfuur tyd vir drukwerk gegee
      word.

12.   Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy ŉ disket/CD/DVD/geheuestokkie
      inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op
      die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak
      seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                    3

13.    Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op die
       disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
       lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

       Doen die volgende:

        Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
        Klik op die 'Extract'-knoppie.
        Sleutel die volgende wagwoord in: 20%tRiAL#gR12

       Nadat dit onttrek is ('extracted'), sal die volgende lys met lêers in die lêergids ('folder')
       DataAFRSept2020 beskikbaar wees:

       Vraag 1:

       Vraag1_u.pas
       Vraag1_u.dfm
       Vraag1_p.dpr
       Vraag1_p.res

       Vraag 2:

       Bome.jpg
       Vraag2Klas.pas
       Vraag2_u.pas
       Vraag2_u.dfm
       Vraag2_p.dpr
       Vraag2_p.res

       Vraag 3:

       dbConnection_u.pas
       RommelVerwerking.mdb
       RommelVerwerkingRugsteun.mdb
       Vraag3_u.pas
       Vraag3_u.dfm
       Vraag3_p.dpr
       Vraag3_p.res

       Vraag 4:

       rommel.txt
       Vraag4_u.pas
       Vraag4_u.dfm
       Vraag4_p.dpr
       Vraag4_p.res

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

 Doen die volgende:
  Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
  Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_U.pas-
    lêer in.
  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
  Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 te
    beantwoord, soos wat dit in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 beskryf word.

 Jou skool het ŉ klub gestig wat inligting verskaf asook navorsing oor verskeie
 omgewingskwessies doen. Voltooi die program vir die klub deur die instruksies hieronder
 te volg.

 1.1    Knoppie [1.1 Vertoon Klubnaam]

        Skryf kode vir die V1_1 gebeurtenis ('event handler') om die volgende te doen:

         Kry die naam van die klub wat in die redigeerblokkie, edtklub, ingetik is.

         Die stelseldatum moet aan die einde van die naam van die klub vertoon word.

         Die skrifgrootte van die paneel moet gestel word na 24 en die styl moet
          vetgedruk wees.

         Die naam van die klub en die stelseldatum moet in die paneel, pnlKlub,
          vertoon word.

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                5

 1.2    Knoppie [1.2 Prosesseer]
        Jou skool het papier, plastiek en glas ingesamel om te herwin. Die program in die
        Vraag 1 lêer bevat komponente wat tred hou met die geldwaarde vir elke tipe
        rommelproduk wat ingesamel is. Die gebruiker moet ŉ rommelproduk kies en die
        gewig van die produk intik. Die terugbetalingswaarde in Rand vir elke
        rommelproduk moet bymekaar getel word en op die gegewe panele vir papier,
        plastiek en glas, vertoon word.
        Skryf kode om die volgende te doen:
         Kry die toevoer van die redigeerblokkie, edtGewig. Die getal moet as gram
            ingelees word.
            Gebruik die keuse wat in die radiogroup, rgpKeuse, gemaak is.
            Die eenheidsprys wat vir elke tipe rommelproduk betaal word, word
             hieronder gegee:
                       Papier = R25 per kilogram
                      Plastiek = R35 per kilogram
                      Glas = R40 per kilogram
        Die totale prys wat vir elke rommelproduk betaal word, moet soos volg bereken
        word:
        o    Skakel die gewig in gram om na kg deur dit met 1000 te deel.
        o    Slegs heelgetal kilogramme sal vir betaling in ag geneem word en enige
             bedrag minder as 1 kg sal nie ingesluit word nie. MOENIE die bedrag afrond
             nadat dit deur 1000 gedeel is nie.
        o    Vermenigvuldig die gewig in kg met die korrekte eenheidsprys wat vir die
             rommelproduk betaal word, sodat die bedrag wat betaal moet word, bereken
             kan word.
        o    Tel die bedrag wat betaal moet word by die totaal wat vir daardie tipe
             rommelproduk betaal moet word.
        o    Vertoon die totaal wat vir elke rommelproduk betaal moet word, in die
             korrekte gegewe panele (pnlPapier, pnlPlastiek en pnlGlas).
        Gebruik die volgende data om jou oplossing te toets:
                 Materiaal    Gewig in g       Gewig in kg        Geldwaarde
                  Papier          356                0                R0
                  Papier         1785                1               R 25
                  Papier         2356                2               R 50
                  Plastiek       3500                3              R 105
                  Plastiek       7854                7              R 245
                   Glas          1000                1               R 40
                   Glas          3745                3              R 120
        Voorbeeld van afvoer nadat die data in die tabel hierbo ingelees is:

                                                                                               (16)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.3    Knoppie [1.3 Toets vir skrikkeljaar]

        ŉ Skrikkeljaar het 366 dae in plaas van 365 dae. Skryf kode vir die 'onclick'
        gebeurtenis van V1.3 knoppie om te toets of ŉ jaar wat ingetik is, ŉ skrikkeljaar is.

        Om te toets of ŉ jaar ŉ skrikkeljaar is of nie, moet die volgende 3 voorwaardes
        getoets word:
        1. Enige jaar wat deur 400 gedeel word met geen res, is definitief ŉ skrikkeljaar.

        2.   As dit nie deur 400 gedeel kan word nie, moet dit getoets word of dit deur 100
             gedeel kan word. As dit deur 100 gedeel kan word sonder ŉ res, dan is dit
             NIE ŉ skrikkeljaar NIE (selfs al kan dit deur 4 gedeel word sonder ŉ res).

        3.   As daar aan die bogenoemde twee voorwaardes nie voldoen word nie, dan
             moet dit deur 4 gedeel word. As die jaar deur 4 gedeel word sonder ‘n res,
             dan is dit ŉ skrikkeljaar.

        Doen die volgende:
         Kry die toevoer van die redigeerblokkie, edtJaar.
         Gebruik die bogenoemde algoritme om te bepaal of die jaar wat ingelees is,
           ŉ skrikkeljaar is of nie.
         Vertoon ŉ gepaste boodskap in ŉ afvoer-komponent.

        Voorbeeld van afvoer:

                               Data om jou oplossing te toets:
                               Skrikkeljare van 2004 tot 2044:
                                            2004
                                            2008
                                            2012
                                            2016
                                            2020
                                            2024
                                            2028
                                            2032
                                            2036
                                            2040
                                            2044
                                                                                                    (12)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                  7

 1.4    Knoppie [1.4 Gelukkige letters]

        Verrassingspryse (‘lucky prizes’) sal by ŉ vergadering aan lede van die klub
        toegeken word.

        Elke derde letter van die alfabet sal die eerste letter van die vanne van die
        wenners wees. Die eerste letter is ‘A’.

        Skryf kode in die 'onclick' gebeurtenis van V1.4 knoppie om die 9 letters van
        die alfabet, wat hierbo beskryf is, in die afvoerarea, redVertoon, sal vertoon.

        LET WEL: Stringmanipulasie en iterasie (lusse) moet gebruik word.

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (6)

            Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
            Stoor jou program.
            ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

 ŉ Wêreldwye organisasie, ‘The Tree Project’, het takke regoor die wêreld.
 ŉ Program is in die VRAAG 2-lêergids verskaf wat die aantal bome en werkers, asook die
 hoeveelheid geld wat benodig word om ŉ projek in ŉ spesifieke land uit te voer, kan
 dokumenteer.

 Doen die volgende:
  Maak die onvolledige program in die Vraag 2-lêergids oop.
  Maak die onvolledige objekklas Vraag2Klas.pas oop.
  Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van beide die Vraag2Klas.pas-lêer
   en Vraag2_u.pas-lêer in.
  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
  Moet GEEN gegewe kode verander of verwyder NIE.

 Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

 Voltooi die kode vir hierdie program, soos wat dit in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf
 word.

 2.1    Die onvoltooide klas (TLand) bevat die verklaring van vyf attribute wat die objLand
        objek, beskryf.

         NAAM VAN ATTRIBUTE                            BESKRYWING
        fLand                        Die naam van die land
        fLeier                       Die naam van die leier vir die boomprojek in ŉ land
        fBome                        Die aantal bome wat geplant moet word
        fFondse                      Die bedrag wat benodig word om die projek uit te voer
        fAssistente                  Die aantal mense wat aan die projek werk

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                  9

         Voltooi die kode in die objekklas, soos dit in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.4
         hieronder verduidelik word.

 2.1.1   Skryf kode vir ŉ konstruktor-metode, Create, wat die naam van die land en naam
         van die leier as parameters sal ontvang.

         Ken die parameterwaardes aan die korrekte attribute toe en inisialiseer die aantal
         bome en assistente as nul.                                                               (5)

 2.1.2   Skryf kode vir die metode met die naam BerekenKoste wat die attribute fBome
         en fAssistente moet gebruik om die koste van die projek te bereken en terug te
         stuur.

         Die koste word soos volg bereken:
          Die leier moet R250 ontvang
          Die koste om een boom te plant is R2
          Elke assistent moet R100 ontvang

         Voorbeeld:
         6 assistente en 100 bome: Koste van projek = R250 + R600 + R200 = R1050                  (6)

 2.1.3   Skryf kode vir ŉ metode met die naam TelBy wat twee heelgetalle as parameters
         sal ontvang. Die heelgetalle is die aantal bome en aantal assistente wat by die
         klas se attribute getel moet word.

         Stel die waardes van die attribute soos hieronder beskryf:
             Gebruik die attribute fbome en fassistente.
             Vermeerder hierdie attribute met die waardes van die ooreenstemmende
              parameterwaardes.
             Gebruik die metode wat alreeds geskryf is met die naam BerekenFondse
              om die fFondse attribuut te stel.                                                   (7)

 2.1.4    Skryf kode vir ŉ metode, tostring, wat ŉ string moet terugstuur.

          Die string moet die attribute van klas bymekaar voeg in die volgende formaat:

          <landnaam>
          <leiernaam> en <aantal assistente > assistente
          <aantal bome> bome
          Fondse: <bedrag wat benodig word in Rand>

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2020)

2.2     Die onvolledige eenheid Vraag2_u.pas is verskaf.
        Dit bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees. ŉ Globale
        objekveranderlike, objLand, is verklaar.

        Moet GEEN gegewe kode verander of verwyder NIE.

        Volg die instruksies hieronder om die oplossing te kodeer.
2.2.1   Knoppie V2.2.1

        Die gebruiker moet ŉ land se naam en die leier se naam in die gegewe
        redigeerblokkies, edtLand en edtLeier, inlees.

        Skryf kode om die volgende te doen:
         Instansieer die objek, objLand, deur die land se naam en leier se naam te
           gebruik.
         Stel die pnlQ2-paneel om sigbaar te wees.
         Laai die prentjie met die naam Bome.jpg in die 'image' komponent,
           imgBome.                                                                               (6)

2.2.2   Knoppie V2.2.2

        Skryf kode om die toevoer van die spin-redigeerblokkies ('spinedits') met die
        name sedBome en sedAssistente te kry.

        Gebruik die metodes van die klas om die volgende te doen:
         Vermeerder die aantal bome en aantal assistente met die waardes wat in die
          spin-redigeerblokkies ingesleutel is en bereken die hoeveelheid fondse wat
          benodig word.
         Vertoon die land en leier, asook die aantal bome, assistente en die
          hoeveelheid fondse wat benodig word in die 'label' met die naam lblAfvoer.
        Voorbeeld van afvoer:
          Joseph Mcuba as leier in Suid-Afrika wat met 30 bome en 5 assistente begin:

           5 bome en 1 assistent word by Suid-Afrikaanse span bygevoeg met Joseph
                                        Mcuba as leier:

                                                                                                  (8)

         Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer. (In
          die klas en hoofprogram wat die klas gebruik)
         Stoor jou programme.
         ŉ Drukstuk van die kode van beide eenhede mag vereis word.                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                             11

 VRAAG 3: DATABASISPROGRAMMERING

 Die databasis RommelVerwerking.mdb bevat inligting oor afvalmateriale en metodes
 hoe die afval deur ŉ maatskappy – wat die permanente rommelverwydering van ŉ stad
 bestuur – verwerk word. Die databasis bevat twee tabelle, naamlik Materiaal en
 Verwerk.
 Tabel: Verwerk
 Hierdie tabel bevat die metodes hoe die afval verwerk word.

 Veldnaam                Datatipe                  Beskrywing
 VerwerkKode             Number – Long Integer     ŉ Unieke nommer wat aan elke profiel
                                                   toegeken is
 VerwerkMetode           Text (50)                 Die naam van die metode hoe die afval
                                                   verwerk word
 Werknemers              Number – Long Integer     Die aantal mense wat nodig is vir die
                                                   spesifieke verwerkingsmetode

 Voorbeeld van data in die Verwerk-tabel:

                                        Verwerk
                       VerwerkKode VerwerkMetode     Werknemers
                            1     Recycled              120
                            2     Reused                320
                            3     Landfill               11
                            4     Recoveredforenergy     24
                            5     Compostedonsite         4
                            6     Compostedoffsite       10

 Tabel: Materiaal

 Hierdie tabel bevat inligting van al die afvalprodukte wat deur die maatskappy verwerk
 word.

 Veldnaam               Datatipe              Beskrywing
 MateriaalID            Autonumber            ŉ Unieke nommer wat aan ŉ materiaal
                                              toegeken word
 TipeMateriaal          Text (50)             Die verskillende tipes afvalprodukte
 DatumVerwerk           Date/Time             Datum van die laaste verwerking
 Hoeveelheid            Number (long          Gewig in ton wat op die laaste datum,
                        integer)              DatumVerwerk, verwerk is
 KweekhuisFaktor        Number (Double)       Koolstofdioksied-emissies        faktor   vir
                                              stortingsterreine. Die getal moet met die
                                              hoeveelheid ton vermenigvuldig word wat dan
                                              die totale koolstofdioksied-emissies gee
 VerwerkKode            Number (long          Vreemde sleutel wat met die Verwerk-tabel
                        integer)              verbind

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2020)

 Voorbeeld van data van die eerste tien rekords in Materiaal tabel.

                                           Materiaal
                                                       Hoeveel-
MateriaalID        TipeMateriaal       DatumVerwerk
                                                         heid
                                                                KweekhuisFaktor VerwerkKode
      1       Plasticcontainers         2019/10/02       85              0                 1
      2       Plasticbags               2019/09/28       26              0                 1
      3       Polystyrene               2019/07/31       45             1,8                3
      4       Glassbottlesbroken        2019/09/18       74              0                 1
      5       Glassbottlesnotbroken     2019/07/10       25              0                 2
      6       Aluminiumcanswhole        2019/10/27       22              0                 1
      7       Aluminiumcansflattened    2019/08/13       14              0                 1
      8       AluminiumcansBales        2019/10/02       56              0                 1
      9       Steelcanswhole            2019/08/11       98              0                 1
      10      Steelcansflattened        2019/10/23       75              0                 1

  Die volgende een-tot-baie verwantskap, met referensiële integriteit, bestaan tussen die
  twee tabelle in die databasis:

                 Verwerk                                   Materiaal

      PK        VerwerkKode        1           PK              MateriaalID

                                                              TipeMateriaal
               VerwerkMetode

                                                           DatumVerwerk
                 Werknemers

                                                              Hoeveelheid

                                                          KweekhuisFaktor

                                               ∞              VerwerkKode            FK

  Doen die volgende:
   Maak die onvoltooide projeklêer, Vraag3_p.dpr in die Vraag 3-gidslêer oop.
   Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van Vraag3_u.pas lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                              13

Die gebruikerskoppelvlak word hieronder vertoon:

 Voer die volgende instruksies uit om die kode vir elke afdeling, soos in VRAAG 3.1 en
  VRAAG 3.2 beskryf word, te voltooi.
 Gebruik SQL-stellings om VRAAG 3.1 te beantwoord en Delphi-kode om
  VRAAG 3.2 te beantwoord.

LET WEL:
 Die [Herstel Databasis]-knoppie word verskaf om die data wat in die databasis
  voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel. As jy jou kode op die oorspronklike
  data moet toets, mag jy die knoppie klik om die data te herstel.
 MOENIE enige van die kode wat verskaf is, verander NIE.
 Kode is verskaf om die GGK ('GUI')-komponente aan die databasis te koppel.
 TWEE veranderlikes word as globale veranderlikes verklaar, soos in die tabel hieronder
  beskryf word.
 Gebruik tblVerwerk en tblMateriaal komponente net in Vraag 3.2.

Veranderlike           Datatipe         Beskrywing
tblVerwerk             TADOTable        Verwys na die tabel met die naam Verwerk
tblMateriaal           TADOTable        Verwys na die tabel met die naam Materiaal

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1               (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.1     In hierdie afdeling mag SLEGS SQL-stellings gebruik word om VRAAG 3.1.1 tot
         VRAAG 3.1.5 te beantwoord.
         Kode is verskaf om die SQL-stellings uit te voer en die afvoer van navrae te
         vertoon. Die SQL-stellings is onvolledig.

 Doen die volgende om die onvoltooide SQL-stellings wat respektiewelik per vraag aan
 die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, te voltooi.

 3.1.1   Knoppie [3.1.1]

         Skryf SQL-kode om die TipeMateriaal van al die materiale, in omgekeerde
         alfabetiese volgorde, te vertoon.

         Voorbeeld van afvoer van die eerste 13 rekords:

                                                                                                 (4)

 3.1.2   Knoppie [3.1.2]

         Die gebruiker moet ŉ naam van ŉ materiaal intik. Kode word gegee vir die
         materiaalnaam "wood" wat in ŉ input box ingelees word en in ŉ veranderlike,
         sline, gestoor word.

         Skryf SQL-kode wat die TipeMateriaal van al die materiale, wat die woord wat in
         sline veranderlike gestoor is, sal vertoon.
         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                15

 3.1.3   Knoppie [3.1.3]

         Skryf ŉ SQL-stelling om die DatumVerwerk en TipeMateriaal van al die
         materiale wat in Oktober verwerk is, te vertoon. (Die jaar 2019 is die enigste
         jaar wat in die databasis gestoor is.)

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (5)

 3.1.4   Knoppie [3.1.4]
         Die besigheid verwag dat hul aantal werknemers met 10% in die volgende jaar
         sal toeneem.
         Skryf ŉ SQL-stelling om 10% by die aantal Werknemers by te voeg. Afronding is
         nie nodig nie.
         (Kode is geskryf om die opgedateerde tabel te vertoon nadat die verandering
         gemaak is.)
         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.1.5   Knoppie [3.1.5]

         Vertoon die totale van al die hoeveelhede van al die afvalprodukte as
         Totale_Hoeveelhede vir elke VerwerkMetode.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                 (7)

 3.2     In hierdie afdeling mag slegs Delphi-kode gebruik word om VRAAG 3.2.1. en
         VRAAG 3.2.2 te beantwoord.

         Gebruik die gegewe globale veranderlikes, tblMateriaal en tblVerwerk.

         GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 3.2 toegeken word NIE.

 3.2.1   Knoppie [3.2.1]

         Skryf kode om die KweekhuisFaktor na 2 te stel van al die materiale wat ŉ
         VerwerkKode gelyk aan 6 het.

         Voorbeeld van afvoer van die laaste 6 rekords:

                                                                                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                              17

 3.2.2   Knoppie [3.2.2]

         Skryf kode om die totaal van alle koolstofdioksiedvrystellings te bereken. CO2-
         emissies word bereken deur die KweekhuisFaktor met die Hoeveelheid (aantal
         ton) van die afvalproduk te vermenigvuldig.

         Vertoon die totaal deur dit aan die einde van die string in die edtAfvoer-
         redigeerblokkie te voeg.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (8)

            Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
            Stoor jou program.
            ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

 Doen die volgende:
  Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.
  Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_u.pas-lêer
   in.
  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

 Gegewe GGK ('GUI'):
 Die gegewe GGK verteenwoordig die koppelvlak van die program wat deur die besigheid,
 wat rommel verwerk, gebruik word.

 ŉ Tekslêer met die naam rommel.txt is ingesluit en bevat al die produkte, metodes van
 verwerking (herwinning of stortingsterrein) asook die gewig (in kilogram) van elke produk
 wat die herwinningsbesigheid onlangs verwerk het.

 Die uitleg van die tekslêer is soos volg:
 <Rommelmateriaal><Verwerkingsmetode><gewig van materiaal in kg>

 Voorbeeld van ŉ paar reëls in die rommel.txt tekslêer:
 Papier;Herwinning#2543
 Karton;Herwinning#495
 Afval;Stortingsterrein#1885
 Karton;Herwinning#398
 Afval;Stortingsterrein#1657
 Papier;Herwinning#2754
 Karton;Herwinning#769
 Afval;Stortingsterrein#2025
 Hout;Stortingsterrein#2125
 Pallets;Herwinning#398
 Rubber;Herwinning#4321
 Bande;Stortingsterrein#1258
 Metaal;Herwinning#541
 Kos;Stortingsterrein#774
 Gras;Stortingsterrein#1142
 Bome;Stortingsterrein#685
 Grond;Stortingsterrein#5547
 Puin;Herwinning#3984
 Klei;Herwinning#547

 ŉ Konstante skikking met die             naam    arrTipes is      verklaar   en met      unieke
 herwinningsmateriaal-tipes gevul.

 arrTipes: array[1..15] of string =
 ('Papier','Karton','Afval','Hout','Pallets','Rubber','Bande','Metaal','Kos','Gras','Bome',
 'Grond','Puin','Klei','Rekenaars');

 Kode word gegee om die items van elke reël in die tekslêer na 2 globale parallelle
 skikkings, genaamd arrData en arrGewig, te lees.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                19

 arrData: array[1..100] of string;
 arrGewig: array[1..100] of integer;
 iTeller: integer;

 ArrData bevat die naam van elke materiaal asook die woord Herwinning of
 Stortingsterrein. ŉ Kommapunt skei die twee woorde.

 ArrGewig bevat heelgetalle wat die gewig van die ooreenstemmende materiaal in
 kilogram voorstel.

 Die veranderlike iTeller bevat die aantal items in die twee parallelle skikkings.

 Kode is geskryf vir die OnActivate gebeurtenis van die vorm om die data van die tekslêer
 in twee skikkings te stoor en dan die inhoud van die skikking in die afvoerarea te vertoon.

 Voltooi die kode vir elke vraag in VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2.

 LET WEL:            Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp
                      moet in jou oplossing toegepas word.
                     MOENIE die kode wat verskaf is, verander NIE.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2020)

         Skryf kode in die onchange gebeurtenis van die kombinasieblokkie ('combobox')
         met die naam cmbVerslag.

         Hieronder is ŉ diagram van die 4 opsies in die kombinasieblokkie ('combobox').

         Skryf kode vir elke opsie, VRAAG 4.1 tot VRAAG 4.4, in die kombinasieblokkie.

 4.1     Kombinasieblokkie-opsie [Totale gewig van AL die afval]

         Bereken en vertoon die totale gewig van al die materiale wat ingesamel is. Die
         totaal moet in die paneel, met die naam pnlAfvoer, vertoon word.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (4)

 4.2     Kombinasieblokkie-opsie [Totale gewig van HERWONNE afval]

         Bereken en vertoon die totale gewig van al die herwonne afvalmateriaal. Die totaal
         moet in die paneel, met die naam pnlAfvoer, vertoon word.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                               21

 4.3     Kombinasieblokkie-opsie [Persentasie HERWONNE afval]

         Om die persentasie herwonne afval te bereken, moet die herwonne gewig deur
         die total gewig gedeel word en dan met 100 vermenigvuldig word. Die antwoord
         moet na die naaste heelgetal afgerond word.

         Vertoon die antwoord op die paneel, pnlAfvoer.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                               (3)

 4.4     Kombinasieblokkie-opsie [TOTALE gewig van ELKE produk]

         Die skikking, met die naam arrData, bevat afvalmateriaal wat herhaal word, bv.
         'Karton;Herwinning' verskyn baie kere in die skikking.

         Die globale konstante skikking, arrTipes, bevat die unieke afvalprodukte
         waarvan die besigheid ontslae geraak het.
         Gebruik die inligting om die totale gewig van elke unieke produk wat ingesamel
         is, te bereken. Skryf die resultate na ŉ tekslêer met die naam verslag.txt.
         (Let wel: Die tekslêer, verslag.txt, moet met Delphi-kode geskep word).

                             Voorbeeld van die tekslêer, verslag.txt:
                                   Papier = 13332
                                   Karton = 6669
                                   Afval = 22606
                                   Hout = 5488
                                   Pallets = 1194
                                   Rubber = 5843
                                   Bande = 4643
                                   Metaal = 1624
                                   Kos = 4052
                                   Gras = 5650
                                   Bome = 11801
                                   Grond = 7010
                                   Puin = 4872
                                   Klei = 4986
                                   Rekenaars = 12640                                           (18)

          Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer.
          Stoor jou program.
          ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.                                            [30]

                                                                                TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans-docx/bcca23dc-b552-4601-9d0b-00117508a14e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Information Technology · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
