# Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-june-july-2015-afr-2/99bccf2f-17ab-41f3-b2cd-41e24e170d07
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-june-july-2015-afr-2/99bccf2f-17ab-41f3-b2cd-41e24e170d07)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                      2015 (2)

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     2                                 DBE/2015 (2)
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel is in DRIE afdelings verdeel. Kandidate moet AL DRIE afdelings
       beantwoord.

2.     Hierdie eksamen duur drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is
       dit belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die
       eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.     Hierdie vraestel is met programmeringsterme opgestel wat nie
       programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te
       gebruik)).

4.     Maak seker dat jy die vrae volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee
       word, beantwoord. Punte sal slegs volgens die voorgeskrewe spesifikasies
       toegeken word.

5.     Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra is. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
       datavalidering vereis nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.     Jou programme moet so gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie
       net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die
       vraestel verskyn nie.

7.     Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
       word. Jy mag nie die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal vir enige
       van hierdie roetines gebruik nie.

8.     Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket wat aan jou gegee is of die
       skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is.

9.     Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in elke program verskyn
       wat jy kodeer.

10.    Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die
       programme/klasse wat jy voltooi het. Jy sal 'n halfuur tyd vir drukwerk gegun
       word na die eksamensessie.

11.    Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
       geheuestokkie, met al jou werk daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak
       dat jou werk op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken
       is, gestoor is. Maak seker dat alle lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      3                                 DBE/2015 (2)
                                            SSE

12.      Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
         disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
         Die lêers word in die vorm van 'n uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord
         beskerm is, verskaf.

         LET WEL:

         • Delphi-programmeerders moet die lêer DelphiDataAFR.exe gebruik.
         • Java-programmeerders moet die lêer JavaDataAFR.exe gebruik.

         Doen die volgende:

         • Dubbelkliek op die uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord beskerm is.
         • Klik op die 'Extract'-knoppie.
         • Sleutel die volgende wagwoord in: School@?$@2

         Lys van lêers wat in die lêergids DelphiDataAFR/JavaDataAFR voorsien is
         (nadat dit onttrek is):

         Delphi-lêers                             Java (Netbeans)-lêers

         Vraag1:                                  Vraag1:
         Vraag1P.dpr                              Vraag1.form
         Vraag1P.res                              Vraag1.java
         Vraag1U.dfm
         Vraag1U.pas

         Vraag2:                                  Vraag2:
         BestellingU.pas                          Bestelling.java
         Fotos.txt                                Fotos.txt
         Vraag2P.dpr                              Vraag2.form
         Vraag2P.res                              Vraag2.java
         Vraag2U.dfm
         Vraag2U.pas

         Vraag3:                                  Vraag3:
         Vraag3P.dpr                              Vraag3.form
         Vraag3P.res                              Vraag3.java
         Vraag3U.dfm
         Vraag3U.pas

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      4                                DBE/2015 (2)
                                            SSE

SCENARIO:

Jou skool vier hulle 40ste herdenking. As deel van hulle jaarlange vieringe, het die
skool besluit om 'n verskeidenheid geleenthede aan te bied. Die geleenthede sluit 'n
vasvrageleentheid, 'n aandete en dans en 'n verskeidenheid sport- en
kultuurgeleenthede in.

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

INSTRUKSIES:

         Delphi-programmeerders                        Java-programmeerders
•    Die projek Vraag1 is in die             •    Die projek Vraag1 is in die
     DelphiDataAFR-lêergids voorsien.             JavaDataAFR-lêergids voorsien.

•   Maak die onvoltooide projeklêer          •    Maak die onvoltooide klas met die
    Vraag1P.dpr in die Vraag1-lêergids            naam Vraag1.java wat in die lêergids
    oop.                                          Source Packages (src),
                                                  Vraag1Package voorkom, oop.

•   Voeg jou eksamennommer as                •    Voeg jou eksamennommer as
    kommentaar in die eerste reël van die         kommentaar in die eerste reël van die
    hoofvormeenheid(Vraag1U)-lêer by.             klas (Vraag1) by.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon ses verskillende
    afdelings met die naam VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.6. Die program het tans geen
    funksionaliteit nie.

•   Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 soos beskryf in VRAAG 1.1 tot
    VRAAG 1.6 wat volg.

Deelnemers aan die vasvrageleentheid kan in een van verskeie kategorieë deelneem.
Elke kategorie word in 'n ander lokaal aangebied. Deelnemers sal 'n fooi betaal wat
gebruik sal word om die geleentheid te befonds. Kaartjies sal aan lede van die publiek
beskikbaar wees.

'n Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) ('GUI') word op die
volgende bladsy gegee.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       5                                 DBE/2015 (2)
                                             SSE

1.1       Knoppie [Vraag 1.1]

          Die tipe geleentheid is as 'n verstekwaarde in die teksblokkie voorsien. Die
          gebruiker moet 'n kategorie uit die kombinasielys ('combo box') kies.

          Verkry die tipe geleentheid en die geselekteerde kategorie uit die komponente
          wat voorsien is. Skep en vertoon 'n teksreël as afvoer wat die tipe geleentheid
          en die kategorie wat gekies is, sal aandui, soos in die voorbeeld hieronder
          vertoon word.

          Voorbeeld van moontlike toevoer:

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      6                                   DBE/2015 (2)
                                            SSE

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                  (3)

1.2       Knoppie [Vraag 1.2]

          Sleutel die getal deelnemers in wat aan die vasvrageleentheid sal deelneem.
          Bereken soos volg die bedrag wat die deelnemers tot die fondsinsamelings-
          geleentheid sal bydra:

           • Die eerste 20 deelnemers sal 'n bedrag van R25,00 betaal.

           • Al die ander deelnemers sal 'n bedrag van R30,00 betaal.

          Vertoon die berekende bedrag in die teksblokkie wat voorsien is.

          Voorbeeld 1: Die getal deelnemers is 16.

          Voorbeeld 2: Die getal deelnemers is 50.

          LET WEL: Die formaat van die geldeenheid van die afvoer mag verskil.                    (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         7                                DBE/2015 (2)
                                               SSE

1.3       Knoppie [Vraag 1.3]

          Die volgende formule word in een van die vrae in die wetenskapafdeling van
          die vasvrageleentheid gebruik:

                                         x = grondtal eksponent

          Skryf kode vir die knoppie om die waarde van x te bereken met gebruik van
          die algoritme wat hieronder gegee word:

            Stap 1 Sleutel die waarde van die grondtal op die sleutelbord in.
            Stap 2 Sleutel die waarde van die eksponent op die sleutelbord in.
            Stap 3 Bereken die mag deur die grondtal tot die eksponent te verhef.
            Stap 4 Bepaal die vierkantswortel van die mag wat in Stap 3 bereken is.
            Stap 5 Formateer die waarde wat in Stap 4 bereken is tot TWEE desimale
                   plekke.
            Stap 6 Vertoon die finale antwoord in die teksblokkie wat voorsien is.

          LET WEL: Geen punte sal toegeken word as die gegewe algoritme nie
                   gebruik is nie.

          Voorbeeld van die afvoer as die waarde van die grondtal gelyk is aan 3 en die
          waarde van die eksponent gelyk is aan 5:

                                                                                                  (7)

1.4       Knoppie [Vraag 1.4]

          Die skool wil pizza aan al die deelnemers bedien. Daar word geskat dat elke
          deelnemer drie skywe pizza sal eet. Een pizza het agt skywe.

          Bereken en vertoon die getal pizzas wat bestel moet word deur die getal
          deelnemers wat in VRAAG 1.2 ingesleutel is, te gebruik. Die presiese waarde
          moet tot VIER desimale plekke geformateer word. Bepaal en vertoon die getal
          heel pizzas wat bestel moet word.

          LET WEL:        Indien VRAAG 1.2 nie voltooi is nie, gebruik die verstekwaarde
                          wat vir die getal deelnemers gestel is. Die verstekwaarde is aan
                          'n globale veranderlike toegeken as deel van die gegewe kode.

          Voorbeeld 1: Afvoer as die getal deelnemers wat ingesleutel is, 16 is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          8                                DBE/2015 (2)
                                                SSE

          Voorbeeld 2: Afvoer as die getal deelnemers wat ingesleutel is, 50 is.

          Voorbeeld 3: Afvoer as die getal deelnemers wat ingesleutel is, 27 is.

                                                                                                   (9)

1.5       Knoppie [Vraag 1.5]

          1.5.1      Deelnemers aan die vasvrageleentheid kan kies om aan een van
                     twee rondtes deel te neem. Die getal vrae wat gevra word, sal afhang
                     van die rondte wat gekies is. Die volgende is van toepassing:

                     •    Rondte 1 bestaan uit 'n totaal van vyf vrae.

                     •    Rondte 2 bestaan uit 'n totaal van agt vrae.

                     As die deelnemer Rondte 2 kies, moet 'n merkblokkie ('check box')
                     die opsie gee om twee bonusvrae by die totale getal vrae wat die
                     beantwoord moet word, te voeg.

                     Skryf kode om die getal vrae wat gevra sal word volgens toevoer van
                     die deelnemer te bepaal.                                                      (6)

          1.5.2      Kode is voorsien om die getal vrae wat nog beantwoord moet word,
                     te vertoon terwyl die vasvra aan die gang is. Die afvoer moet in die
                     vorm van 'n patroon vertoon word, soos in die voorbeelde wat volg
                     getoon word.

                     Wanneer die gegewe kode uitgevoer word, word 'n verkeerde patroon
                     vertoon as gevolg van logikafoute in die twee lusstellings. Maak slegs
                     die twee lusstellings reg om die patroon wat vereis word, reg te
                     vertoon.

                     Voorbeelde van die regte patroon wat vertoon moet word volgens die
                     toevoer van die deelnemer word op die volgende bladsy getoon.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         9                                    DBE/2015 (2)
                                               SSE

                     Voorbeeld van die regte afvoer indien Rondte 1 gekies is:

                     Voorbeeld van die regte afvoer indien Rondte 2 sonder enige
                     bonusvrae gekies is:

                     Voorbeeld van die regte afvoer indien Rondte 2 met bonusvrae
                     bygevoeg, gekies is:

                     LET WEL: Geen addisionele instruksies moet by die gegewe kode
                              gevoeg word nie.
                     LET WEL: Geen punte sal toegeken word as jy jou eie oplossing
                              kodeer nie.                                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       10                               DBE/2015 (2)
                                             SSE

1.6        Knoppie [Vraag 1.6]

           Die sportkategorie van die vasvrageleentheid sal in die sportsentrum
           aangebied word. Die sitplekke in die sportsentrum is soos volg gerangskik:

           Daar is 20 rye sitplekke wat van die voorkant van die sportsentrum af in
           stygende volgorde genommer is. Die voorste ry (ry 1) het 30 sitplekke.
           Daarna het elke ry twee sitplekke meer as die vorige ry. Dit beteken dat
           32 sitplekke in ry 2 is, 34 sitplekke in ry 3, ensovoorts.

           Die prys van 'n kaartjie in die voorste ry (ry 1) is R50,00. Die prys van die
           kaartjies daal met R2,00 per ry na die agterkant van die sportsentrum. Dit
           beteken dat die prys van kaartjies R48,00 vir ry 2 is, R46,00 vir ry 3,
           ensovoorts. Al die kaartjies vir die vasvrageleentheid se sportkategorie, is
           verkoop.

           Skryf kode om die nommer van die ry, die getal sitplekke in die ry, die prys
           van die kaartjie en die inkomste per ry vir die hele sportsentrum te vertoon.
           Bereken en vertoon die totale inkomste uit kaartjieverkope. Al die
           geldwaardes moet geformateer word deur geldeenheid ('currency') te gebruik.

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (14)

•     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
•     Stoor die program.
•     'n Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                               TOTAAL AFDELING A:               50
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                            11                                 DBE/2015 (2)
                                                  SSE

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

'n Spesiale fotosessie is gereël vir die aandete-en-dans-geleentheid as deel van die
vieringe. Al die aanwesiges word toegelaat om groepfoto's sowel as individuele foto's
te laat neem. Daarna kan hulle 'n bestelling vir 'n aantal kopieë van die foto's wat
geneem is, plaas.

INSTRUKSIES:

       Delphi-programmeerders                                Java-programmeerders
• Die projek Vraag2 is in die                     •     Die projek Vraag2 is in die
  DelphiDataAFR-lêergids voorsien en                    JavaDataAFR-lêergids voorsien en
  bevat:                                                bevat:

    o     'n Hoofvormeenheid met die naam               o 'n GGK('GUI')-klaslêer met die
          Vraag2U.pas                                     naam Vraag2.java
    o     'n Onvoltooide eenheidlêer met die            o 'n Onvoltooide objekklaslêer met die
          naam BestellingU.pas                            naam Bestelling.java
    o     'n Tekslêer (Fotos.txt) wat inligting         o 'n Tekslêer (Fotos.txt) wat inligting
          bevat oor fotopakkette wat bestel is            bevat oor die fotopakkette wat
                                                          bestel is

•       Maak die onvoltooide projeklêer met •           Maak die onvoltooide klas met die
        die naam Vraag2P.dpr in die Vraag2-             naam Vraag2.java en Bestelling.java
        lêergids oop.                                   in die lêergids Source Packages
                                                        (src), Vraag2Package oop.

•       Besigtig ('View') (Ctrl + F12) die        •     Voeg jou eksamennommer as
        eenheidlêer BestellingU.pas en voeg             kommentaar in die eerste reël van
        jou eksamennommer as kommentaar                 beide klas Vraag2.java en
        in die eerste reël van beide lêer               Bestelling.java in.
        Vraag2U.pas en BestellingU.pas in.

Doen die volgende:

•       Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 2 soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2
        hieronder beskryf word.

2.1         'n Objekklas met die naam (TBestelling/Bestelling), wat 'n bestelling met 'n
            aantal metodes verteenwoordig, is voorsien.

            Voltooi die kode in die gegewe bestellingklas (TBestelling/Bestelling) soos
            in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 wat volg, beskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          12                                  DBE/2015 (2)
                                                SSE

          2.1.1 Verklaar die attribute van die klas deur die inligting in die tabel
                hieronder te gebruik.

               Name van attribute
              Delphi        Java                              Beskrywing
            fNaam       naam                Die naam van die persoon wat die bestelling
                                            geplaas het
            fGetalGroep      getalGroep     Die getal groepfoto's wat bestel is
            fGetalEnkel      getalEnkel     Die getal individuele foto's wat bestel is
            fBetaal          betaal         Die karakter J of N wat aandui of 'n betaling
                                            gedoen is of nie                                          (3)

          2.1.2      (a) Verwyder die kommentaartekens uit die toegang('accessor')
                         -metodes.                                                                    (1)

                     (b) Verander die getBetaal-metode sodat die woord 'Ja' of 'Nee' in
                         plaas van die karakter J of N teruggestuur word.                             (3)

          2.1.3      Skryf kode vir 'n konstruktor wat die naam van die persoon wat die
                     bestelling geplaas het, die getal groep- en individuele foto's wat
                     bestel is en of 'n betaling gedoen is of nie, as parameters ontvang.

                     Inisialiseer die attribute van die klas deur die parameters te gebruik.          (3)
          2.1.4      Skryf 'n metode met die naam berekenBedrag om die totale bedrag
                     wat verskuldig is, te bereken en terug te stuur. Die koste van elke foto
                     is soos volg:

                     • Groepfoto: R15,70
                     • Individuele foto: R12,50                                                       (4)

          2.1.5      Afslag van vyf persent word toegestaan as daar aan die volgende
                     voorwaardes voldoen word:

                     • 'n Bestelling van ten minste vier individuele óf groepfoto's is
                       geplaas
                     • 'n Betaling is gedoen

                     Skryf 'n metode met die naam berekenAfslag wat die afslag wat
                     toegestaan is, sal bereken en terugstuur.                                        (5)

          2.1.6      Skryf 'n toString-metode om 'n string saam te stel wat die inligting
                     oor 'n bestelling in die formaat wat hieronder getoon word, bevat.

                     Naam:<naam van die persoon wat die bestelling
                     geplaas het>
                     Groep:<getal groepfoto's wat bestel is>
                     Individueel:<getal individuele foto's wat bestel
                     is>
                     Betaal:<Ja of Nee>                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        13                                DBE/2015 (2)
                                              SSE

2.2       Die tekslêer Fotos.txt bevat data wat nodig is om 'n verslag vir 'n persoon
          wat 'n bestelling geplaas het, saam te stel.

          Die naam van die skool is in die eerste reël van die tekslêer gestoor. Elke reël
          teks daarna bevat die volgende inligting:

          <Voorletter en van van die persoon wat die bestelling geplaas het>#getal
          groepfoto's>;<getal individuele foto's>;<of 'n betaling gedoen is of nie
          (J – betaal, N – nie betaal nie)>

          Voorbeeld van die eerste ses reëls data wat in die tekslêer gestoor is:

          Skool van Uitmuntendheid
          K Green#3;2;N
          K Pillay#5;4;N
          D Smith#5;2;J
          P Ally#3;4;J
          S Moonsamy#2;0;N
          L Ndhlovu#3;4;N
          P Smith#2;1;N
          L Mahlangu#0;1;N
          :

          Die data van die eerste bestelling wat in die gegewe tekslêer gestoor is, kan
          soos volg geïnterpreteer word:

           • K Green het die bestelling geplaas.
           • Drie groepfoto's en twee individuele foto's is bestel.
           • 'n Betaling is nog nie gedoen nie.

           'n Voorbeeld van die GGK ('GUI') vir VRAAG 2:

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        14                               DBE/2015 (2)
                                              SSE

           Doen die volgende om die kode vir die knoppies in die hoofvormeenheid
           (Delphi)/GGK-klas (Java) te voltooi, soos hieronder beskryf word:

          2.2.1      Knoppie [Vraag 2.2.1]

                     Kies die naam van die persoon wat die bestelling geplaas het uit die
                     kombinasielys ('combo box') wat voorsien is.

                     Die program moet kontroleer of die Fotos.txt-tekslêer bestaan.

                     Vertoon 'n geskikte boodskap as die tekslêer nie bestaan nie en
                     maak die program toe.

                     Doen die volgende as die tekslêer bestaan:

                     •    Lees die naam van die skool uit die lêer en vertoon die naam in
                          die byskrifkomponent wat voorsien is.

                     •    Gebruik 'n voorwaardelike lus en soek deur die tekslêer vir die
                          naam van die persoon wat uit die kombinasielys gekies is.

                          o As die naam gevind word:

                            − Gebruik die data uit die teksreël om 'n nuwe
                              Bestelling/TBestelling-objek te instansieer. Gebruik die
                              fotoPakket-objekveranderlike wat reeds globaal verklaar
                              is as deel van die gegewe kode om die objek te stoor.

                            − Vertoon die besonderhede van die bestelling deur die
                              toString-metode te gebruik.

                            − Vertoon die totale bedrag.

                            − Aktiveer die knoppies vir VRAAG 2.2.2 en VRAAG 2.2.3.

                          o As die naam NIE gevind kan word NIE, vertoon 'n geskikte
                            boodskap en deaktiveer die knoppies vir VRAAG 2.2.2 en
                            VRAAG 2.2.3.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          15                               DBE/2015 (2)
                                                SSE

                     Voorbeeld van afvoer as die naam in die tekslêer gevind word:

                     Voorbeeld van afvoer as die naam nie in die tekslêer gevind word
                     nie:

                              \                                                                    (25)

          2.2.2       Knoppie [Vraag 2.2.2]

                      As 'n betaling nie gedoen is nie, doen die volgende:

                      •    Skep 'n tekslêer deur die naam van die persoon wat die
                           bestelling geplaas het, as die naam van die lêer te gebruik.

                      •    Skryf die getal groepfoto's, die getal individuele foto's en die
                           totale bedrag wat uitstaande is in die volgende formaat na die
                           tekslêer:

                          Groep: <getal groepfoto's wat bestel is>
                          Individueel: <getal individuele foto's wat bestel
                          is>
                          Bedrag: <die totale bedrag wat verskuldig is>

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         16                                     DBE/2015 (2)
                                               SSE

                     • Gebruik die afvoerarea om 'n boodskap te vertoon om aan te dui
                       dat die lêer geskep is.

                     As 'n betaling gedoen is, gebruik die afvoerarea om die boodskap
                     'Rekening is betaal' te vertoon.

                     Voorbeeld van afvoer as 'n betaling nie gedoen is nie:

                     Voorbeeld van afvoer as 'n betaling gedoen is:

                                                                                                        (10)

          2.2.3      Knoppie [Vraag 2.2.3]

                     Gebruik die afvoerarea om die bedrag afslag toegestaan en na
                     geldeenheid ('currency') geformateer is, te vertoon.

                     Voorbeeld van afvoer vir P Ally wat vir afslag kwalifiseer:

                     Voorbeeld van afvoer vir L Ndhlovu wat nie vir afslag kwalifiseer nie:

                                                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                  17                             DBE/2015 (2)
                                        SSE

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die klas en die
    vorm in.
•   Stoor die program.
•   Druk die kode uit wat in beide die objekklas en die hoofvorm vervat is, indien
    drukstukke verlang word.

                                                         TOTAAL AFDELING B:              60

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       18                           DBE/2015 (2)
                                             SSE

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSING

Die kalender vir die feesjaar toon dat die skool 45 verskillende geleenthede vir die
verskillende sport- en kultuuraktiwiteite by die skool sal aanbied.

LET WEL: Lees die volgende afdelings aandagtig deur voordat jy die vraag
         beantwoord.

                •   GGK ('GUI') EN DATA WAT VOORSIEN IS
                •   INSTRUKSIES
                •   PROGRAMVEREISTES
                •   TOEKENNING VAN PUNTE

GGK ('GUI') EN DATA WAT VOORSIEN IS:

Die GGK ('GUI') wat voorsien is, bevat slegs komponente vir gebruikertoevoer. Jy
moet geskikte komponente na goeddunke byvoeg.

Voorbeeld van GGK ('GUI') wat voorsien is:

Data oor die geleenthede gedurende die jaar en die geskeduleerde datum waarop elke
geleentheid gaan plaasvind, is in twee parallelle skikkings met die name
arrGeleenthede en arrDatums voorsien. Elke skikking bevat 45 stringe teks, soos
hieronder verduidelik word:

• Die arrGeleenthede-skikking stoor die name van 45 geleenthede wat deur die jaar
  aangebied gaan word. 'n Spesifieke sport of kulturele geleentheid kan meer as een
  keer in die jaar plaasvind. Sommige geleenthede is geskeduleer om meer as een
  keer op dieselfde dag plaas te vind.

• Die arrDatums-skikking stoor die datums wanneer die ooreenstemmende
  geleenthede in die arrGeleenthede-skikking gaan plaasvind. Die elemente van die
  arrDatums-skikking is as stringe teks geformateer deur die volgende datumformaat
  te gebruik: JJJJ/MM/DD.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      19                                DBE/2015 (2)
                                            SSE

'n Voorbeeld van die eerste vier elemente van die arrGeleenthede-skikking:

Hokkie
Skaak
Rugby
Skaak

'n Voorbeeld van die eerste vier elemente van die arrDatums-skikking:

2015/10/04
2015/03/20
2015/09/17
2015/03/20

Die eerste twee elemente van die ooreenstemmende data uit die twee skikkings kan
soos volg geïnterpreteer word:

    •   Hokkie uit arrGeleenthede en 2015/10/04              uit   arrDatums         'n
        hokkiewedstryd is vir 4 Oktober 2015 geskeduleer.

    •   Skaak uit arrGeleenthede en 2015/03/20 uit arrDatums  'n skaakwedstryd
        is vir 20 Maart 2015 geskeduleer.

INSTRUKSIES:

         Delphi-programmeerders                       Java-programmeerders
Die projek Vraag3 is in die                   Die projek Vraag3 is in die
DelphiDataAFR-lêergids voorsien.              JavaDataAFR-lêergids voorsien.

•   Maak die onvoltooide projeklêer           •   Maak die onvoltooide klas met die
    Vraag3P.dpr in die Vraag3.pas-                naam Vraag3.java in die lêergids
    lêergids oop.                                 Source Packages (src),
                                                  Vraag3Package oop.

•   Voeg jou eksamennommer as                 •   Voeg jou eksamennommer as
    kommentaar in die eerste reël van die         kommentaar in die eerste reël van
    hoofvormeenheid (Vraag3U.pas)-lêers           die klas Vraag3.java by.
    by.

•   Voeg geskikte komponente by om die vraag volgens die vereistes wat in die
    volgende afdeling gegee word, te beantwoord. Gee die komponente wat jy
    bygevoeg het geskikte beskrywende name.

•   Skryf kode om die vraag volgens die vereistes wat in die afdeling wat volg gegee
    word, te beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     20                               DBE/2015 (2)
                                           SSE

PROGRAMVEREISTES:

Die GGK ('GUI') laat die gebruiker toe om 'n maandwaarde in te sleutel en/of 'n
geleentheid uit die kombinasielys ('combo box') wat voorsien is, te kies. Data uit die
skikkings wat voorsien is, moet op grond van die toevoer van die gebruiker vertoon
word.

LET WEL:

• Die data moet gesorteer word om te verseker dat al die lyste data wat vertoon word
  in toenemende volgorde volgens die datums waarop die geleenthede geskeduleer is
  om plaas te vind, vertoon word.

• As 'n maandwaarde deur die gebruiker ingesleutel word, moet die waarde
  gevalideer word om in die reeks 1 tot 12 te val. As die maandwaarde wat ingesleutel
  is, nie in die vereiste reeks val nie, moet 'n foutboodskap vertoon word en die
  gebruiker moet toegelaat word om weer die maandwaarde in te sleutel totdat 'n
  geldige waarde ingesleutel is.

   LET WEL:        Die gebruiker word toegelaat om NIE 'n maandwaarde in te sleutel
                   NIE, soos in die voorbeelde wat volg, verduidelik word.

• Alle vertoonde lyste moet 'n opskrif toon wat die naam van die geleentheid en die
  maandwaarde wat ingesleutel is, bevat, soos in die voorbeelde wat volg getoon
  word. Die lyste moet netjies in kolomme vertoon word.

• Jy mag nie die inhoud van die skikking met die hand verander nie. Kode moet
  gebruik word om die data volgens die vereistes tydens die uitvoering van die
  program te manipuleer.

• Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die
  ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.

Die volgende is van toepassing op toevoer van die gebruiker:

• As die gebruiker 'n geldige maandwaarde insleutel en 'n geleentheid uit die
  kombinasielys ('combo box') kies, moet die geleentheid en die datums waarop
  daardie geleentheid in daardie maand gaan plaasvind, vertoon word.

   Voorbeeld van afvoer as die gebruiker 'n maandwaarde van 3 insleutel en skaak uit
   die kombinasielys ('combo box') kies:

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     21                                 DBE/2015 (2)
                                           SSE

• As die gebruiker nie 'n waarde vir die maand in die teksblokkie insleutel nie en slegs
  'n geleentheid uit die kombinasielys ('combo box') kies, moet die geleentheid en al
  die datums wanneer daardie geleentheid gedurende die jaar gaan plaasvind,
  vertoon word. Die opskrif moet die maandwaarde as 'Alle' aandui.

   Voorbeeld van afvoer as geen maandwaarde ingesleutel is nie en 'Hokkie' uit die
   kombinasielys as geleentheid gekies is:

• As die gebruiker nie 'n waarde vir die maand insleutel nie en die 'Alle'-geleentheid
  word uit die kombinasielys ('combo box') gekies, moet alle geleenthede en die
  datums waarop elke geleentheid gaan plaasvind, vertoon word.

   Voorbeeld van die afvoer van die eerste ses geleenthede as die gebruiker nie 'n
   maandwaarde insleutel nie en nie 'n geleentheid uit die kombinasielys kies nie:

Die data verskaf maak dit moontlik dat sommige geleenthede verskeie kere op een
dag kan plaasvind. Byvoorbeeld, twee skaakgeleenthede sal op 2015/03/20 plaasvind,
drie sokkergeleenthede sal op 2015/06/03 plaasvind, ensovoorts.

Die volgende addisionele opsie moet by die program gevoeg word:

               Verwyder duplikaatdatums (vir 'n spesifieke geleentheid)

Die volgende moet gebeur as hierdie opsie uitgevoer word:

• Jy moet 'n geskikte komponent byvoeg/gebruik om die gebruiker toe te laat om die
  naam van 'n geleentheid in te sleutel.

• Geen validering van die tipe geleentheid wat ingesleutel is, word vereis nie. As die
  gebruiker 'n geleentheid insleutel wat nie in arrGeleenthede voorkom nie, moet
  daar net 'n leë lys vertoon word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   22                               DBE/2015 (2)
                                         SSE

• Die program moet reg uitvoer as die tipe geleentheid in klein- en/of
  hoofletterkarakters ingesleutel word.

• Programmeringskode moet verseker dat die geleentheid wat ingesleutel is, nie meer
  as een keer op dieselfde datum op die lys wat vertoon word, voorkom nie.

Voorbeelde van afvoer voor en nadat datums vir spesifieke geleenthede wat
ingesleutel is, verwyder is:

Voorbeeld 1:

Voorbeeld van afvoer van die eerste agt geleenthede en oorstemmende datums waar
alle geleenthede en datums gekies is en voordat enige datums verwyder is:

Voorbeeld van afvoer van die eerste agt geleenthede as die gebruiker 'Skaak' as die
geleentheid insleutel en die Verwyder duplikaatdatums-opsie aktiveer om die
duplikaatdatums vir skaak te verwyder:

Voorbeeld 2:

Voorbeeld van afvoer waar alle 'Tennis'-geleenthede en ooreenstemmende datums
vertoon word voordat enige datums verwyder is:

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    23                               DBE/2015 (2)
                                          SSE

Afvoer van die lys as die gebruiker 'Tennis' as geleentheid insleutel en die Verwyder
duplikaatdatums-opsie aktiveer:

TOEKENNING VAN PUNTE:

Vereistes                                                                Maksimum
                                                                           punte
Toepas van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp                  5
Valideer toevoer van gebruiker                                               8
Sorteer skikkings                                                            8
Vertoon afvoer                                                               9
Verwyder duplikaatelemente                                                  10

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
    in.
•   Stoor die program.
•   'n Drukstuk van die kode mag vereis word.

                                                             TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [IT P1 QP GR12 SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sept-2015-eng/aa653eab-47a5-41ab-9ad0-d4627c152fdf) — Information Technology · QP · 2015 · Eng
- [IT P1 QP GR12 SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sept-2015-afr/ff5603f5-d1d6-4ef5-abb9-c755da166c17) — Information Technology · QP · 2015 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2015-afr/f2766cdc-1daa-49b0-bc81-5bddbd4fe0e6) — Information Technology · QP · 2015 · Afr
- [Information Technology P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2019-afr/6881c007-0025-4f7b-b5e7-02d3eb15ab1a) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-eng/f20968e6-cad1-4344-a27e-a4710f8d6ccc) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [Information Technology P2 June July 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-june-july-2015-memo-afr/404cef0e-5ff8-4efd-8b8b-351975ba246c) — Information Technology · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
