# Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2016-afr/e05c5583-8568-4c7c-b19f-4b1740e52344
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2016-afr/e05c5583-8568-4c7c-b19f-4b1740e52344)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                          2016

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       2                                   DBE/2016
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL DRIE
         afdelings beantwoord.

2.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie
         programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te
         gebruik)).

4.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
         word.

5.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

7.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal
         vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.

8.       Datastrukture wat nie voorsien is nie, moet deur jou, die programmeerder,
         verklaar word.

9.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

10.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
         drukwerk gegun word.

12.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       3                                     DBE/2016
                                             SSE

13.      Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
         disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
         Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

         LET WEL:

         •    Delphi-kandidate moet die lêer DelphiDataAFRJunie2016.exe gebruik.
         •    Java-kandidate moet die lêer JavaDataAFRJunie2016.exe gebruik.

         Doen die volgende:

         •    Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
         •    Klik op die 'Extract'-knoppie.
         •    Sleutel die volgende wagwoord in: Hosp9@%$

         Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
         DelphiDataAFRJunie2016/JavaDataAFRJunie2016 beskikbaar wees:

         DELPHI-LÊERS                              JAVA (NETBEANS)-LÊERS

         Vraag1:                                   Vraag1:
         Vraag1_P.dpr                              Vraag1.form
         Vraag1_P.res                              Vraag1.java
         Vraag1_U.dfm
         Vraag1_U.pas

         Vraag2:                                   Vraag2:
         VoorskrifItem.pas                         VoorskrifItem.java
         Vraag2_P.dpr                              Vraag2.form
         Vraag2_P.res                              Vraag2.java
         Vraag2_U.dfm
         Vraag2_U.pas

         Vraag3:                                   Vraag3:
         Vraag3_P.dpr                              Vraag3.form
         Vraag3_P.res                              Vraag3.java
         Vraag3_U.dfm                              DataV3.txt
         Vraag3_U.pas
         DataV3.txt

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    4                                 DBE/2016
                                          SSE

SCENARIO

Die Goeie Gesondheid Mediese Sentrum verskaf hoogs opgeleide dokters en mediese
dienste aan die publiek.

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Die mediese sentrum het 'n aantal verskillende fasiliteite wat vir die gemeenskap
beskikbaar is.

Doen die volgende:
•   Kompileer en voer die program uit wat in die Vraag1-lêergids voorkom. Die
    koppelvlak vertoon vier verskillende afdelings wat Vraag1_1 tot Vraag1_4 genoem
    word. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

•   Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos wat in VRAAG 1.1 tot
    VRAAG 1.4 op die volgende bladsy beskryf word.

Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) ('GUI'):

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       5                                    DBE/2016
                                             SSE

1.1       Skryf kode om die fontgrootte van die teks op die byskrif lblVraag1_1 op
          14 pt te stel en vertoon die teks 'Goeie Gesondheid Mediese Sentrum' op
          die byskrif wanneer die program uitgevoer word.

                                                                                                 (2)

1.2        Knoppie [Vraag1_2]

           Die gemeenskap word aangemoedig om tot 'n mediese hulpskema by te
           dra. Die skema bied vier opsies: Opsie A tot Opsie D. Opsie A verskaf die
           minimum hoeveelheid voordele en is die goedkoopste opsie met 'n bedrag
           van R1 000,00 per maand as bydrae vir die hooflid van 'n gesin. Hierdie
           bedrag neem met 20% toe vir elke opsie (Opsie B, Opsie C en Opsie D) wat
           volg.

           Gesinslede van die hooflid word as afhanklikes by die rekening van die
           hooflid gevoeg. 'n Bedrag van 50% van die hooflid se paaiement sal vir elke
           afhanklike by sy/haar rekening gevoeg word.

           Die gebruiker moet 'n opsie uit die lysblokkie ('list box') kies en die getal
           afhanklikes in die teksblokkie ('text box') insleutel.

           Skryf kode om die totale maandelikse paaiement wat die lid tot die mediese
           hulpskema moet bydra, te bereken. Vertoon die maandelikse paaiement in
           'n dialoogblokkie ('dialog box') met 'n geskikte boodskap. As geen opsie
           gekies is nie, vertoon 'n boodskap wat die gebruiker die instruksie gee om 'n
           opsie te kies.

           Voorbeeld van afvoer as Opsie A gekies word en die getal afhanklikes
           een is:

           Voorbeeld van afvoer as Opsie B gekies word en die getal afhanklikes drie
           is (op die volgende bladsy):

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        6                                     DBE/2016
                                              SSE

                                                                                                  (10)

1.3        Knoppie [Vraag1_3]
           Die pasiënt se rekening kan oor 'n periode van 12 maande betaal word.

           Die eerste paaiement word as 15% van die rekeningsaldo bereken. Nadat
           die eerste paaiement afgetrek is, moet die balans in gelyke paaiemente oor
           die res van die maande afbetaal word.

           Die gebruiker moet die rekening se balans in die teksblokkie insleutel.

           Skryf kode om die nommer van die paaiement, die bedrag wat maandeliks
           betaal moet word en die afnemende balans te bereken en in netjies kolomme
           met geskikte opskrifte te vertoon. Die bedrae moet as 'n geldeenheid met
           twee desimale plekke geformatteer word.

                                                                                                  (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          7                                       DBE/2016
                                                SSE

1.4        Daar is elke dag drie dokters aan diens: Dokter 1, Dokter 2 en Dokter 3. Die
           totale getal pasiënte moet gelykop tussen die drie dokters verdeel word. As
           daar enige oorblywende pasiënte is, moet die eerste pasiënt aan die eerste
           dokter (Dokter 1) toegeken word en die tweede pasiënt aan die tweede
           dokter (Dokter 2).

           Die algoritme hieronder is saamgestel om die getal pasiënte wat elke dokter
           deur die dag sal spreek, te bereken en te vertoon.

           Algoritme:

               1. getal  Sleutel die totale getal pasiënte in
               2. pasiënte_per_dokter  getal heelgetaldeling deur 3
               3. dokter1  pasiënte_per_dokter
               4. dokter2  pasiënte_per_dokter
               5. dokter3  pasiënte_per_dokter
               6. res  getal modulus 3
               7. as res = 1 dan
                     dokter1  dokter1 + 1
                  as res = 2 dan
                     dokter2  dokter2 + 1
               8. vertoon dokter1, dokter2 en dokter3

           1.4.1     (a)   Skakel die instruksies wat in die algoritme hierbo verskaf is
                           om na programmeringskode om die getal pasiënte per dokter
                           te bereken en te vertoon.                                                (10)

                     (b)   Die verkeerde getal pasiënte word aan die dokters toegeken
                           as gevolg van 'n logikafout in een van die IF-stellings in die
                           algoritme. Identifiseer die foutiewe IF-stelling en korrigeer dit
                           in jou kode sodat die korrekte getal pasiënte aan elke dokter
                           toegeken word.

                     Voorbeeld van die korrekte afvoer vir 'n totaal van vyf pasiënte:

                     Voorbeeld van korrekte afvoer vir 'n totaal van tien pasiënte (op die
                     volgende bladsy):

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          8                                    DBE/2016
                                                SSE

                                                                                                    (3)
           1.4.2     Die dokters wat aan diens is, moet wag totdat al die pasiënte op die
                     lys aandag geniet het voordat hulle as 'n span kan uitteken. Hulle
                     moet die getal ure en minute wat hulle gewerk het, verskaf deur die
                     getal ure en minute wat die eerste dokter gewerk het, te gebruik.
                     Hulle mag slegs op die uur uitteken. Byvoorbeeld, as hulle vir 3 uur
                     en 30 minute gewerk het en 08:00 begin werk het, sal hulle almal om
                     12:00 uitteken.
                     Voeg kode by die VRAAG1_4-knoppie om die volgende te doen:
                     Verkry die duur van een konsultasie in minute. Die verstek ('default')-
                     tyd is 15 minute, maar die gebruiker kan enige ander waarde
                     insleutel. Verkry die tyd van die dag wanneer konsultasie begin.
                     Bereken en vertoon die tyd wat die dokters gewerk het en die tyd van
                     die dag wanneer hulle sal uitteken.
                     Voorbeeld van afvoer as die totale getal pasiënte vyf is, die duur van
                     'n konsultasie 15 minute is en konsultasie om 08:00 begin:

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         9                                    DBE/2016
                                               SSE

                     Voorbeeld van afvoer as die totale getal pasiënte tien is, die duur van
                     'n konsultasie 20 minute is en konsultasie om 13:00 begin:

                                                                                                   (10)

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer in.
•   Stoor jou program.
•   Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word.

                                                                   TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        10                                      DBE/2016
                                              SSE

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

Die Goeie Gesondheid Apteek stel aptekers in staat om die voorskrif wat die pasiënt
vir pille ontvang het, elektronies in te sleutel. Die etikette vir die pilhouers en 'n pasiënt
se rekening sal dan geskep moet word. Die totale koste van al die voorskrifte wat
vereis word, moet dan bereken word.

Doen die volgende:

     DELPHI-PROGRAMMEERDERS                           JAVA-PROGRAMMEERDERS
•   Maak die onvoltooide program wat in         •   Maak die onvoltooide program wat in
    die Vraag2-lêergids gevind word, oop.           die Vraag2-lêergids gevind word, oop.
•   Maak die onvoltooide objekklas              •   Maak die onvoltooide objekklas
    VoorskrifItem.pas oop.                          VoorskrifItem.java oop.
•   Sleutel jou eksamennommer as                •   Sleutel jou eksamennommer as
    kommentaar in die eerste reël van               kommentaar in die eerste reël van
    beide die lêers Vraag2_U.pas en                 beide die klasse Vraag2.java en
    VoorskrifItem.pas in.                           VoorskrifItem.java in.

•   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
    Voorbeeld van die koppelvlak:

LET WEL:        Die pnlGeneries-paneel is gestel om nie sigbaar te wees as die program
                uitgevoer word nie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         11                                  DBE/2016
                                               SSE

•     Voltooi die kode vir hierdie program soos gespesifiseer in VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2 hieronder.

2.1       Die gegewe onvolledige objekklas (TVoorskrifItem/VoorskrifItem) bevat die
          verklaring van vier attribute wat die VoorskrifItem-objek beskryf.

          Die gegewe attribute vir die VoorskrifItem-objek is soos volg:

               NAME VAN ATTRIBUTE
                                                            BESKRYWING
                Delphi       Java
            fKode        kode                  'n Unieke ses-karakter-kode wat aan elke
                                               voorgeskrewe pil toegeken is
            fDosis             dosis           'n String wat uit vier karakters bestaan
                                               om aan te dui hoeveel pille geneem moet
                                               word (Sien die verduideliking in die nota
                                               hieronder.)
            fDae               dae             Die voorgeskrewe getal dae wat die pille
                                               geneem moet word
            fPrys              prys            Die prys van 'n enkele pil

          Voltooi     die    kode     in    die     gegewe     VoorskrifItem-klas
          (TVoorskrifItem/PVoorskrifItem) soos wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6
          hieronder beskryf word.
          LET WEL:        Die dosis-attribuut bestaan uit vier karakters in die formaat
                          XX#X, waar die # gebruik word as 'n simbool om inligting te skei.
                          Voorbeeld 1: D1#B
                          Voorbeeld 2: H2#8

                           Eerste
                                                        Verduideliking
                           karakter
                           D           Pille moet een keer per dag geneem word.
                                       Tweede karakter: Getal pille wat op 'n slag
                                                           geneem moet word
                                       Vierde karakter: B: Na ontbyt
                                                           S: Na aandete
                                       Voorbeeld:
                                       D1#B beteken: Neem een pil daagliks na ontbyt.
                           H           Pille moet uurliks geneem word.
                                       Tweede karakter: Getal pille wat op 'n slag
                                                           geneem moet word
                                       Vierde karakter: Verwys na die uurlikse periode
                                                           wat 'n pil geneem moet word.
                                                           Die uurlikse periode kan 2, 3,
                                                           4, 6 of 8 wees.
                                       Voorbeeld:
                                       H2#8 beteken: Neem twee pille elke 8 uur.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        12                                  DBE/2016
                                              SSE

          2.1.1       Skryf kode vir 'n konstruktor-metode om die pil se kode, dosiskode,
                      getal dae en die prys per pil as parameterwaardes te ontvang. Ken
                      hierdie waardes aan die relevante attribute toe.                           (4)

          2.1.2       Skryf 'n metode met die naam berekenPillePerDag wat die
                      dosiskode sal gebruik om die getal pille wat per dag voorgeskryf
                      word, te bepaal en terug te stuur. 'n Dag word as 'n periode van
                      24 uur beskou.

                      Voorbeeld 1: As die dosiskode D1#S is, beteken dit dat een pil
                                   daagliks na aandete geneem moet word.

                      Voorbeeld 2: As die dosiskode H2#4 is, beteken dit dat twee pille
                                   elke vier uur geneem moet word, wat 'n totaal van
                                   12 pille per dag uitmaak.                                     (8)

          2.1.3       Skryf 'n metode met die naam stelsaamGereeldheidBoodskap wat
                      die dosiskode sal gebruik om 'n boodskap saam te stel en terug te
                      stuur wat aandui wanneer die pille geneem moet word.

                      Voorbeeld 1: As die dosiskode D1#S is, is die boodskap wat
                                   teruggestuur moet word:
                                   Neem 1 pil(le) daagliks na aandete.

                      Voorbeeld 2: As die dosiskode H4#8 is, is die boodskap wat
                                   teruggestuur moet word:
                                   Neem 4 pil(le) elke 8 uur.                                    (8)

          2.1.4       Skryf 'n metode met die naam berekenTotaalPille om die totale
                      getal pille vir hierdie voorskrifitem te bereken en terug te stuur.        (3)

          2.1.5       Skryf toegangs('accessor')-metodes vir die attribute van die pil se
                      kode en prys.                                                              (2)

          2.1.6       Skryf 'n stelsaamEtiket-metode om die nodige inligting terug te
                      stuur wat op die etiket van die pilhouer gedruk moet word, in die
                      formaat hieronder getoon.

                      Pil se kode: <kode>
                      <Gereeldheid van gebruik boodskap> vir <getal dae>
                      dae

                      (<Totale getal pille ingesluit> pille)
                      Voorbeeld van afvoer as die pil se kode HPCMCN, die dosiskode
                      H2#8 en die getal dae vier is:
                      Pil se kode: HPCMCN
                      Drink 2 pil(le) elke 8 uur vir 4 dae.
                      (24 pille)                                                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         13                                    DBE/2016
                                               SSE

2.2       Twee    parallelle skikkings    word             in    die    onvoltooide      klas
          Vraag2_U.pas/Vraag2.java gegee.

          Die skikking met die naam arrKodes bevat die kodes van al die beskikbare
          pille. Die skikking met die naam arrPryse bevat die pryse per enkele pil vir
          elke ooreenstemmende kode.

          Voorbeeld van data in die skikkings wat verskaf is:

          Die eerste vier kodes in die arrKodes-skikking:
          CBLTAD, HPCMCN, TRVKMG, BGJKPT

          Die eerste vier pryse in die arrPryse-skikking:
          17.89, 14.60, 23.50, 22.75

          Die data vir die eerste pil kan soos volg geïnterpreteer word:
           •   Die kode van die pil is CBLTAD.
           •   Die prys van 'n enkele pil is 17.89.

          Doen die volgende om die kode te voltooi vir elke knoppie in die
          hoofvormeenheid (Delphi)/GGK-klas (Java):

          LET WEL:        Die objek objVoorskrifItem is in die program verklaar.

          2.2.1       Kode vir die kombinasielys ('combo box')

                      Die gebruiker moet die kode van die pil uit die relevante
                      kombinasielys selekteer. As die kode wat geselekteer is, met die
                      letter 'G' eindig, beteken dit dat daar 'n generiese ekwivalent vir die
                      pil beskikbaar is. Die pnlGeneries-paneel wat die gebruiker toelaat
                      om die generiese ekwivalent van die pil te kies, moet vertoon word.

                      'n Generiese pil word gedefinieer as 'n pil wat gebruik word om
                      dieselfde siekte te behandel as die oorspronklike pil, maar wat
                      gewoonlik teen 'n laer prys verkoop word.

                      In hierdie program is die koste van die generiese ekwivalent 40%
                      laer as die koste van die oorspronklike pil. Die arrPryse-skikking
                      bevat die pryse van die oorspronklike pille.

                      Die pnlGeneries-paneel moet nie sigbaar wees as daar geen
                      generiese ekwivalent vir die pil beskikbaar is nie.

                      WENK: Die indekse van die kodes in die arrKodes-skikking is
                            dieselfde as dié van die kodes in die kombinasielys.                    (9)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         14                                   DBE/2016
                                               SSE

          2.2.2       Knoppie [2.2.2 – Instansieer Voorskrifitem]

                      Gebruik die inligting wat deur die gebruiker verskaf is en instansieer
                      'n nuwe VoorskrifItem-objek. Die pil se kode, dosiskode, getal dae
                      en die prys per pil moet as argumente gebruik word om die objek te
                      instansieer.

                      As die pnlGeneries-paneel verskyn en die generiese
                      kontroleblokkie ('check box') word geselekteer, moet die pil se prys
                      met 40% verlaag word voordat die objek geïnstansieer word.

                      Vertoon 'n boodskap in 'n dialoogblokkie wat aandui dat die objek
                      suksesvol geïnstansieer is.

                                                                                                   (8)

          2.2.3       Knoppie [2.2.3 – Vertoon]

                      Gebruik die ontwerpEtiket-metode om die etiket se inligting in die
                      afvoerarea op die VoorskrifItem-paneel te vertoon.

                      Vertoon ook die pil se kode en die koste van hierdie voorskrifitem in
                      die Voorskrifrekening-paneel se afvoerarea. Die koste moet na 'n
                      geldeenheid met twee desimale plekke geformateer wees.

                      LET WEL: Die totale koste van al die voorskrifitems moet
                               bereken word sodat dit vertoon word as die
                               2.2.4 – Totaal van alle Voorskrifitems-knoppie geklik
                               word.

                      Voorbeeld van afvoer vir die voorskrifitem en rekening-
                      besonderhede as die pil se kode HPCMCN, die dosiskode D2#B en
                      die getal dae wat ingesleutel is, 3 is:

                                                                                                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        15                                 DBE/2016
                                              SSE

          2.2.4       Knoppie [2.2.4 – Totaal van al die Voorskrifitems]

                      Vertoon die totale bedrag wat vir hierdie spesifieke voorskrif
                      verskuldig is, geformatteer na 'n geldeenheid met twee desimale
                      plekke.

                      Voorbeeld van afvoer vir die Voorskrifrekening-afvoerarea nadat al
                      die voorskrifitems ingesleutel is:

                                                                                                (2)

          2.2.5       Knoppie [2.2.5 – Maak alles skoon]

                      Maak die afvoerarea vir die voorskrifitem en die voorskrifrekening
                      skoon. Maak ook al die toevoerkomponente skoon en stel die
                      relevante veranderlikes op 0.                                             (3)

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die klas en die
    vorm in.
•   Stoor jou program.
•   Druk die kode van beide die klas en die vorm indien dit vereis word.

                                                                TOTAAL AFDELING B:              60

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   16                                 DBE/2016
                                         SSE

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

SCENARIO

Daar is drie afdelings in die vroulike pasiënte se vleuel by die Goeie Gesondheid
Mediese Sentrum. Afdeling 1 is vir noodgeval-pasiënte, Afdeling 2 vir kinders en
Afdeling 3 vir volwasse pasiënte. Elke afdeling het vyf sale en elke saal het tien
beddens.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program in die Vraag3-lêergids uit. Die program het tans
    geen funksionaliteit nie.

•   Voltooi die kode vir elke vraag soos wat in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 hieronder
    beskryf is.

GGK ('GUI') wat voorsien is:

Die GGK ('GUI') wat voorsien is, bevat komponente vir gebeurtenisse wat moet
plaasvind.

'n Voorbeeld van die GGK ('GUI') word hieronder gegee.

Gebruik die programvereistes in die vrae wat volg om op 'n geskikte afvoerkomponent
te besluit wat in die afvoerarea op die GGK wat Saal-statistiek genoem is, geplaas
moet word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         17                                      DBE/2016
                                               SSE

Data wat verskaf is:

LET WEL:

•     Jy mag nie data wat verskaf is, met die hand verander nie. Kode moet geskryf
      word om die data wat verskaf is, volgens die vereistes te manipuleer.

•     Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die
      ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.

Jy word voorsien van 'n tweedimensionele skikking met die naam arrSaalStats wat die
getal beddens bevat wat tans in elk van die vyf sale deur pasiënte beset word.

Die waardes wat in die arrSaalStats-skikking voorkom, is die volgende:

LET WEL:        Die byskrifte is nie deel van die inhoud van die skikking nie.

                             Saal 1       Saal 2        Saal 3        Saal 4          Saal 5
         Noodgeval            10            9            10             8               9
         Kinders               9           10            10             9              10
         Volwassenes           9            3             8             2               1

3.1      Knoppie [3.1 – Vertoon Saal-statistiek]

         Die program moet die verskillende afdelings, saalnommers en die getal
         pasiënte in elke saal vertoon. Die inligting moet netjies in kolomme met
         geskikte opskrifte en byskrifte vertoon word.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                      (8)

3.2      Knoppie [3.2 – Plaas Nuwe Pasiënte]

         'n Tekslêer met die naam DataV3.txt bevat inligting oor nuwe pasiënte wat
         opgeneem moet word. Elke teksreël in die lêer bevat die volle naam en die
         geboortedatum (JJJJ-MM-DD) van die pasiënt, geskei deur 'n hutskarakter.
         As die pasiënt in die noodgeval-saal opgeneem moet word, is 'n kommapunt,
         gevolg deur die karakter 'N' in die teksreël, bygevoeg.

         Voorbeeld van die eerste drie teksreëls in die lêer:

         Debra Jenkins#2005-10-12
         Geraldine Mathews#1992-01-09
         Nosipho Mbele#2010-09-23;N

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         18                                    DBE/2016
                                               SSE

         Skryf kode om die volgende te doen:

         Toets of die tekslêer DataV3.txt bestaan.

         As die tekslêer nie bestaan nie, vertoon 'n geskikte boodskap en maak die
         program toe.

         As die tekslêer bestaan, doen die volgende vir elke nuwe pasiënt:

         •    Bepaal die afdeling: Noodgeval, Kinders of Volwassenes. 'n Pasiënt word
              as 'n kind beskou as hy/sy jonger as agttien jaar oud is.

         •    Vind 'n saal met 'n beskikbare bed in die afdeling. Die soekproses moet by
              Saal 1 begin. As daar geen beskikbare beddens in Saal 1 is nie, moet
              Saal 2 nagegaan word, en so aan. Elke saal het 'n minimum van tien
              beddens.

         •    Stel 'n plasingskode saam wat die afdeling en die nommer van die saal
              waar die pasiënt geplaas sal word, bevat.

              Voorbeeld:
              V3 beteken dat die pasiënt in die afdeling vir volwassenes in saal 3 geplaas
              sal word.

              As al die sale in die spesifieke afdeling vol is, moet die plasingskode vir die
              pasiënt die woord 'Waglys' wees.

              As 'n noodgeval-pasiënt op 'n waglys geplaas word, moet die kleur van die
              'Noodgeval'-paneel na rooi verander word.

         •    Vertoon die naam, ouderdom en plasingskode in die afvoerarea vir nuwe
              pasiënte.

         •    As 'n pasiënt in 'n saal geplaas word, moet die waardes in die
              arrSaalStats-skikking ooreenkomstig opgedateer word.

         Vertoon die opgedateerde arrSaalStats-skikking nadat al die pasiënte in die
         tekslêer verwerk is.

         Voorbeeld van afvoerarea vir Nuwe Pasiënte (op die laaste bladsy):

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                   19                                DBE/2016
                                         SSE

         Voorbeeld van afvoerarea vir Saal-statistiek nadat nuwe pasiënte se
         besonderhede verwerk is:

         PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 3.2
         Lees en verkry inligting uit die tekslêer.                           10
         Bepaal die afdeling waarin die pasiënt opgeneem gaan word.           8
         Bepaal die saal wat in die spesifieke afdeling beskikbaar is.        7
         Stel die plasingskode of die woord 'Waglys' saam.                    6
         Dateer die arrSaalStats-skikking op.                                 2
         Vertoon die naam, ouderdom en plasingskode of woord van die nuwe
                                                                               3
         pasiënt.
         Vertoon opgedateerde arrSaalStats-skikking.                          1
         TOTAAL                                                               37

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
    in.
•   Stoor jou program.
•   Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word.

                                                           TOTAAL AFDELING C:          45
                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ENGHL P1 GR12 QP ENG SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/enghl-p1-gr12-qp-eng-sept2016-1/6f6966c3-a4a0-4de2-8abc-b82595b1e6b7) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2016-afr/320c8009-f78a-4826-8d92-19579f5df5e4) — Information Technology · QP · 2016 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2016-eng/5824b493-9d09-4250-ac0e-b7015e6d6080) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [Information Technology P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2016-afr/aa2dc478-a690-465a-9b78-970ab2aa2218) — Information Technology · QP · 2016 · Afr
- [Information Technology P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2019-afr/6881c007-0025-4f7b-b5e7-02d3eb15ab1a) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-eng/f20968e6-cad1-4344-a27e-a4710f8d6ccc) — Information Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
