# Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2017-afr/0238b66f-02fb-4e28-bef9-9362e910ca80
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2017-afr/0238b66f-02fb-4e28-bef9-9362e910ca80)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                          2017

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       2                                   DBE/2017
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL DRIE
         afdelings beantwoord.

2.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie
         programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te
         gebruik)).

4.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
         word.

5.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

7.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal
         vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.

8.       Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
         datastrukture voorsien word.

9.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

10.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
         drukwerk gegee word.

12.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        3                                     DBE/2017
                                              NSS

13.       Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op die
          disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
          Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde, uitvoerbare lêers
          verskaf.

          LET WEL:

          • Delphi-kandidate moet die lêer DelphiDataAFRJunie2017.exe gebruik.
          • Java-kandidate moet die lêer JavaDataAFRJunie2017.exe gebruik.

          Doen die volgende:

           • Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
           • Klik op die 'Extract'-knoppie.
           • Sleutel die volgende wagwoord in: AiR%$Port

          Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
          DelphiDataAFRJunie2017/JavaDataAFRJunie2017 beskikbaar wees:

          DELPHI-LÊERS                              JAVA(NETBEANS)-LÊERS
          Vraag1:                                   Vraag1:
          Goud.jpg                                  Goud.jpg
          NieLidNie.jpg                             NieLidNie.jpg
          Platinum.jpg                              Platinum.jpg
          Silwer.jpg                                Silwer.jpg
          Vraag1_P.dpr                              Vraag1.form
          Vraag1_P.dprj                             Vraag1.java
          Vraag1_P.res
          Vraag1_U.dfm
          Vraag1_U.pas

          Vraag2:                                   Vraag2:
          DataV2.txt                                DataV2.txt
          Vlug_U.pas                                Vlug.java
          Vraag2_P.dpr                              Vraag2.form
          Vraag2_P.dprj                             Vraag2.java
          Vraag2_P.res
          Vraag2_U.dfm
          Vraag2_U.pas

          Vraag3:                                   Vraag3:
          Vraag3_P.dpr                              Vraag3.form
          Vraag3_P.dprj                             Vraag3.java
          Vraag3_P.res                              VulSkikkings.java
          Vraag3_U.dfm
          Vraag3_U.pas

Kopiereg is voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        4                                 DBE/2017
                                              NSS

SCENARIO

'n Aantal verskillende sagtewareprogramme word by 'n lughawe gebruik om die
personeel te help om besonderhede van vlugte en passasiers te bevestig en te
valideer.

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

'n Sagtewareprogram word deur die lugredery gebruik om die aanvanklike registrasie-
inligting van 'n passasier vas te lê. Hierdie inligting word gebruik om die passasier se
profiel op te dateer en om die lugredery te help met die spyseniering vir die passasiers
aan boord.

INSTRUKSIES:

    DELPHI-PROGRAMMEERDERS                          JAVA-PROGRAMMEERDERS
•   Maak die onvolledige projeklêer met   •    Maak die onvolledige klas met die naam
    die naam Vraag1_P.dpr in die               Vraag1.java in die lêergids
    Vraag1-lêergids oop.                       Source Packages (src),
                                               Vraag1Package in die Vraag1-lêergids
                                               oop.

•   Sleutel jou eksamennommer as          •    Sleutel jou eksamennommer as
    kommentaar in die eerste reël van          kommentaar in die eerste rëel van die
    die hoofvormeenheid met die naam           klas met die naam Vraag1.java in.
    Vraag1_U.pas in.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program uit. Die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK/'GUI')
    vertoon vyf afdelings met die naam Vraag 1_1 tot Vraag 1_5. Die program het tans
    geen funksionaliteit nie.

•   Voltooi die kode vir die program, soos beskryf in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5 op die
    volgende bladsy.

Kopiereg is voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       5                                    DBE/2017
                                             NSS

Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK/'GUI'):

1.1       Vir die doel van hierdie vraag kan jy aanneem dat alle passasiers op
          internasionale vlugte reis. Passasiers op internasionale vlugte moet 'n geldige
          paspoort hê en passasiers jonger as 16 jaar moet van 'n volwassene vergesel
          word.

          Skryf kode om die passasier se ouderdom uit die teksblokkie ('text box') wat
          verskaf is, te verkry, te toets of die korrekte kontroleblokkies ('check boxes')
          afgemerk is en 'n geskikte boodskap te vertoon wat aandui of daar bevestig is
          dat die passasier mag instap ('board'), of nie.

          Voorbeeld van afvoer indien die passasier 23 jaar oud is en 'n geldige
          paspoort het:

Kopiereg is voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        6                                     DBE/2017
                                              NSS

          Voorbeeld van afvoer indien die passasier 14 jaar oud is en 'n geldige
          paspoort het, maar nie van 'n volwassene vergesel word nie:

          Voorbeeld van afvoer indien die passasier 14 jaar oud is, 'n geldige paspoort
          het en van 'n volwassene vergesel word:

                                                                                                   (7)

1.2        'n Lysblokkie ('list box') met die name van verskillende lugrederye en die
           maksimum bagasiegewig wat per passasier toegelaat word, is voorsien.
           Die formaat van die teks in die lysblokkie is soos volg:

           <naam van lugredery>#<maksimum gewig>kg

           'n Bedrag van R50,00 per kilogram moet betaal word indien die passasier se
           bagasiegewig die maksimum gewig wat die lugredery spesifiseer, oorskry.
           Die bedrag wat per kilogram betaal moet word, is as 'n konstante verklaar in
           die kode wat verskaf is.

           Skryf kode om die volgende te doen:

           •   Verkry die passasier se bagasiegewig uit die teksblokkie ('text box') en die
               maksimum bagasiegewig wat vir die lugredery wat in die lysblokkie ('list
               box') gekies is, toegelaat word.

           •   Gebruik die inligting wat verkry is om die oortollige gewig, indien enige, te
               bereken.

           •   Gebruik die konstante veranderlike en die oortollige gewig wat bereken is
               om die koste van die oortollige gewig van die passasier se bagasie te
               bepaal.

           •   Vertoon die oortollige gewig en die koste van die oortollige gewig. Die
               koste moet tot 'n geldeenheid met TWEE desimale plekke geformateer
               word.
Kopiereg is voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         7                                      DBE/2017
                                               NSS

           Voorbeeld van afvoer indien die passasier se bagasie 35,89 kg (35.89kg)
           weeg en UKAL-lugredery in die lysblokkie ('list box') geselekteer is:

           Voorbeeld van afvoer indien die passasier se bagasie 12,5 kg (12.5kg) weeg
           en KAA-lugredery in die lysblokkie ('list box') geselekteer is:

                                                                                                     (10)

1.3        Die vlugspysenieringsmaatskappy berei passasiers se etes vooraf om etes
           vir die getal passasiers op die vlug te verskaf. Die ete-opsies is vegetaries
           en nie-vegetaries. Die standaardbeleid van die spysenieringsmaatskappy
           is om een derde vegetariese etes en twee derdes nie-vegetariese etes te
           berei. Indien die getal passasiers nie presies in drie dele verdeel kan word
           nie, moet die oorblywende getal voorbereide etes, nadat dit deur drie gedeel
           is, nie-vegetaries wees.

           Skryf kode om die volgende te doen:

           •   Verkry die getal passasiers uit die teksblokkie ('text box') wat verskaf is.

           •   Bepaal en vertoon die getal vegetariese etes en die getal nie-vegetariese
               etes wat vir die passasiers berei moet word.

Kopiereg is voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          8                                      DBE/2017
                                                NSS

           Voorbeeld van afvoer indien daar 180 passasiers is:

           Voorbeeld van afvoer indien daar 242 passasiers is:

                                                                                                      (5)

1.4        Die instaptyd van vlugte is vyf-en-dertig minute voor die vertrektyd.
           Die gebruiker moet die vertrektyd in die formaat <uur>h<minuut> insleutel.

           Skryf kode om die volgende te doen:

           •   Verkry die vertrektyd uit die teksblokkie ('text box') wat verskaf is.
           •   Valideer die vertrektyd om seker te maak dat die volgende geld:
               o   Die formaat moet <uur>h<minuut> wees.
               o   Die uur-waarde moet minder as of gelyk aan 23 wees en moet uit twee
                   syfers bestaan.
               o   Die minuut-waarde moet minder as of gelyk aan 59 wees en moet uit
                   twee syfers bestaan.
           •   Indien die vertrektyd ongeldig is, gebruik 'n dialoogblokkie ('dialog box')
               om 'n geskikte boodskap te vertoon en maak die teksblokkie ('text box') vir
               vertrektyd leeg.
           •   Indien die vertrektyd geldig is, bereken en vertoon die instaptyd in die
               teksblokkie ('text box') wat voorsien is.

           Voorbeeld van afvoer indien die vertrektyd 14h40 is:

Kopiereg is voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        9                                       DBE/2017
                                              NSS

           Voorbeeld van afvoer indien die vertrektyd 17h15 is:

           Voorbeeld van afvoer indien die vertrektyd ongeldig is of in die verkeerde
           formaat ingesleutel is, byvoorbeeld 15:67:

                                                                                                     (17)

1.5        'n Passasier wat 'n vlugkaart ('flyer card') het, kan punte verdien, afhangend
           van die afstand wat gereis is en of die passasier 'n silwer-, goue of platinum-
           kaart het. Die lys voordele vir elke tipe vlugkaart word as aparte prentlêers
           ('image files') gestoor. Die name van die prentlêers is Silwer.jpg, Goud.jpg,
           Platinum.jpg en NieLidNie.jpg. Die verstekprentlêer, NieLidNie.jpg, word in
           die prentkomponent ('image component') wat verskaf is, vertoon.

           Skryf kode om die volgende te doen:

           •   Verkry die afstand wat gereis is, uit die teksblokkie ('text box') wat
               verskaf is.

           •   Selekteer die tipe vlugkaart uit die radioknoppies ('radio buttons') wat
               verskaf is.

           •   Vertoon die ooreenstemmende          prentlêer     vir   die   vlugkaart    wat
               geselekteer is.

           •   Bereken die punte wat verdien is, soos volg:

               o   Alle passasiers met kaarte sal een punt verdien vir elke 1,6 kilometer
                   gereis.

               o   Passasiers met goue kaarte sal addisionele bonuspunte verdien, wat
                   as 15% van die afstand wat gereis is, bereken word.

               o   Passasiers met platinumkaarte sal addisionele bonuspunte verdien,
                   wat as 20% van die afstand wat gereis is, bereken word.

               o   Die totale punte moet tot die naaste heelgetal na onder afgerond word.

           •   Die paneel met die naam pnlPunte moet vertoon word indien 'n kaart
               geselekteer is. Die totale punte wat verdien is, moet in hierdie paneel
               vertoon word.

Kopiereg is voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       10                                   DBE/2017
                                             NSS

           Voorbeeld van afvoer indien die afstand 1 233 kilometer is en die passasier 'n
           silwervlugkaart het:

           Voorbeeld van afvoer indien die afstand 1 560 kilometer is en die passasier 'n
           goue vlugkaart het:

                                                                                                 (11)

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
    in.
•   Stoor jou program.
•   Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word.

                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg is voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       11                                   DBE/2017
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

Lugrederye stoor besonderhede van vlugte en passasiers om personeel te help om
inligting onmiddellik te verifieer.

Doen die volgende:

       DELPHI-PROGRAMMEERDERS                        JAVA-PROGRAMMEERDERS
•     Maak die onvolledige projeklêer met     •    Maak die onvolledige klasse met die
      die naam Vraag2_P.dpr en die klas            name Vraag2.java en Vlug.java in die
      met die naam Vlug_U.pas oop.                 lêergids Source Packages (src),
                                                   Vraag2Package oop.

•     Sleutel jou eksamennommer as            •    Sleutel jou eksamennommer as
      kommentaar in die eerste reël van            kommentaar in die eerste reël van
      beide die lêers Vraag2_U.pas en              beide die klasse Vraag2.java en
      Vlug_U.pas in.                               Vlug.java in.

•     Voltooi die kode vir hierdie program soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 hieronder
      gespesifiseer word.

2.1        'n Gedeeltelik voltooide objekklas met die naam TVlug/Vlug is verskaf.
           Dit bevat die attribute van 'n vlug en die kode vir een metode.

           Voltooi die kode in die gegewe vlugklas met die naam TVlug/Vlug, soos
           beskryf in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 wat volg.

           Die tabel hieronder bevat beskrywings van die attribute van 'n vlugobjek.

                   NAME VAN ATTRIBUTE
                                                                 BESKRYWING
                 DELPHI           JAVA
           fVlugNommer      vlugNommer                 Vlugnommer
           fStad            stad                       Naam van die stad as bestemming
           fDatum           datum                      Datum van die vlug in die formaat
                                                       JJJJ/MM/DD
           fGetalPassasiers     getalPassasiers        Getal passasiers wat op die vlug
                                                       bespreek is

Kopiereg is voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         12                                    DBE/2017
                                               NSS

          2.1.1       Skryf kode vir 'n konstruktor om die volgende te doen:

                      •   Ontvang die vlugnommer, stad van bestemming en datum van
                          die vlug as parameters.

                      •   Ken die betrokke parameterwaardes aan die onderskeie attribute
                          toe.

                      •   Roep die gegewe setGetalPassasiers-metode om                    die
                          fGetalPassasiers/getalPassasiers-attribuut op 0 te stel.                  (5)

          2.1.2       Skryf toegangsmetodes ('accessor methods') vir die fVlugNommer/
                      vlugNommer- en fGetalPassasiers/getalPassasiers-attribuut.                    (4)

          2.1.3       Skryf 'n metode met die naam vermeerderPassasiers om die
                      attribuut vir die getal passasiers met 1 te vermeerder.                       (2)

          2.1.4       Skryf 'n metode met die naam berekenPersBespreek wat die
                      maksimum getal passasiers vir die vlug as 'n parameter sal ontvang
                      en die persentasie sitplekke wat bespreek is, sal bereken en
                      terugstuur.

                      Gebruik die formule:

                             passasiers bespreek / maksimum passasiers * 100                        (4)

          2.1.5       Skryf 'n toString-metode om die besonderhede van 'n vlug in die
                      volgende formaat te vertoon:

                      Vlugnommer: <vlugnommer>
                      Bestemming: <stad>
                      Vertrekdatum: <datum>
                      Getal passasiers bespreek: <getal passasiers bespreek>

                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                    (5)

Kopiereg is voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       13                                   DBE/2017
                                             NSS

2.2       Grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK/'GUI'):

          Data wat voorsien is:

          'n Tekslêer met die naam DataV2.txt is voorsien. Elke teksreël in die lêer
          bevat data van 'n passasier wat vir 'n vlug bespreek is, in die volgende
          formaat:

          <vlugnommer>-<passasier se nommer>vier spasies<passasier se naam>

          Voorbeeld van die eerste ses teksreëls wat in die tekslêer gestoor is:

          SA528-01        Gregory Thomas
          SA528-02        Henry Kensington
          MA230-01        Sebastian Johnson
          KU137-01        Henrietta Botha
          BA630-01        Samson Nduli
          BA630-02        Mary Nduli

          Die data in die eerste twee teksreëls kan soos volg geïnterpreteer word:

           Reël 1: Op vlug SA528 is Gregory Thomas die naam van passasier
                   nommer 1.

           Reël 2: Op vlug SA528 is Henry Kensington die naam van passasier
                   nommer 2.

Kopiereg is voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          14                                   DBE/2017
                                                NSS

          Doen die volgende om die kode vir die knoppies in die hoofvormeenheid
          (Delphi)/GGK('GUI')-klas (Java) te voltooi, soos hieronder beskryf.
          LET WEL: Die objek objVlug is in die program verklaar.

          2.2.1       Knoppie [Vraag 2.2.1]
                      'n Kombinasieblokkie ('combo box') wat die besonderhede van die
                      verskillende vlugte bevat, is gegee.
                      Die inhoud van die kombinasieblokkie ('combo box') is soos volg:

                      Die formaat van elke teksreël in die kombinasieblokkie ('combo box')
                      is soos volg:
                      <vlugnommer>#<stad van bestemming>#<datum van vlug>

                      Die data in die eerste reël van die kombinasieblokkie ('combo box')
                      kan soos volg geïnterpreteer word:
                      Reël 1: Vlug SA528 na Johannesburg sal op 2017-07-22 vertrek.
                      Die gebruiker moet 'n vlug uit die kombinasieblokkie ('combo box')
                      selekteer.
                      Skryf kode om die volgende te doen:
                      •   Gebruik geselekteerde vlugbesonderhede om die objek objVlug
                          te instansieer.
                      •   Aktiveer die knoppies vir VRAAG 2.2.2 en VRAAG 2.2.3.
                      •   Vertoon 'n boodskap wat aandui dat die vlugobjek geïnstansieer
                          is.
                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                    (12)

          2.2.2       Knoppie [Vraag 2.2.2]
                      Skryf kode om die volgende te doen:
                      •   Kontroleer of die DataV2.txt-tekslêer bestaan, of nie.
                      •   Indien die tekslêer NIE bestaan NIE, vertoon 'n gepaste
                          boodskap en maak die program toe.
Kopiereg is voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                           15                                   DBE/2017
                                                 NSS

                      •   Doen die volgende indien die tekslêer bestaan:

                          o   Laat loop met 'n lus deur die lêer.

                              Lees 'n teksreël (passasier se besonderhede) in die lêer.

                              Indien die passasier wat in die lêer gelees is, op die
                              geselekteerde vlug is:
                              - Vertoon die teksreël soos wat dit in die tekslêer gelees is.
                              - Gebruik die vermeerderPassasiers-metode om die getal
                                passasiers op te dateer.

                          o   Gebruik die toString-metode om die opgedateerde inligting
                              van die vlug te vertoon.

                      Voorbeeld van afvoer van vlug MA230 na Kaapstad:

                                                                                                     (15)

          2.2.3       Knoppie [Vraag 2.2.3]

                      Gebruik 'n dialoogblokkie ('dialog box') om die gebruiker te vra om
                      die maksimum getal passasiers vir die vlug in te sleutel. Gebruik die
                      berekenPersBespreek-metode om die persentasie sitplekke wat vir
                      die vlug bespreek is, te bepaal. Vertoon 'n geskikte boodskap indien
                      die vlug vol bespreek is, byvoorbeeld:

                      Indien die vlug NIE vol bespreek is NIE, vertoon die
                      besprekingspersentasie tot EEN desimale plek en gebruik 'n
                      dialoogblokkie ('dialog box') om die naam van 'n nuwe passasier in
                      te sleutel. Die nuwe passasier se besonderhede moet in die tekslêer
                      gestoor word en die getal passasiers wat bespreek is, moet
                      opgedateer word. Die opgedateerde inligting moet in die afvoerarea
                      vertoon word.

Kopiereg is voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       16                                 DBE/2017
                                             NSS

                      Die formaat van al die reëls in die tekslêer DataV2.txt moet soos
                      volg wees:

                      <vlugnommer>-<passasiernommer>4 spasies<passasier se naam>

                      LET WEL: Die eerste passasier op 'n vlug se nommer is 01, die
                               tweede passasier se nommer is 02, ensovoorts.

                      Voorbeeld van toevoer van die gebruiker en afvoer indien
                      vlug MA230 geselekteer is, die maksimum getal passasiers 50 is en
                      die vlug nie vol bespreek is nie. Graham Barkley word as 'n
                      passasier by die vlug gevoeg:

                                                                                               (13)

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die klas en die
    vorm in.
•   Stoor jou program.
•   Druk die kode van beide die klas en die vorm, indien dit vereis word.

                                                               TOTAAL AFDELING B:              60

Kopiereg is voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      17                                   DBE/2017
                                            NSS

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING

Die nuwe lugrederymaatskappy, Soaring Eagles, wil die intekenproses van hulle
passasiers optimaliseer. Die getal toonbanke wat oopgemaak en deur hulle personeel
beman sal word, hang af van die getal kliënte wat in die ry staan. Indien 'n vlug
vertraag word, sal die passasiers wat op die vertraagde vlug bespreek is, gevra word
om in 'n ry by 'n aparte toonbank te staan.

Doen die volgende:

     DELPHI-PROGRAMMEERDERS                         JAVA-PROGRAMMEERDERS
•   Maak die onvolledige projeklêer met     •     Maak die onvolledige klas met die
    die naam Vraag3_P.dpr in die                  naam Vraag3.java in die lêergids
    Vraag3-lêergids oop.                          Source Packages (src),
                                                  Vraag3Package in die Vraag3-
                                                  lêergids oop.

•   Sleutel jou eksamennommer as            •     Voeg jou eksamennommer as
    kommentaar in die eerste reël van die         kommentaar in die eerste reël van die
    hoofvormeenheid met die naam                  klas met die naam Vraag3.java in.
    Vraag3_U.pas in.

Lees die volgende afdelings voordat jy die oplossing aanpak:

•   GGK ('GUI') en data wat voorsien is

•   Programvereistes

•   Puntetoekenning

LET WEL:

•   Jy mag NIE die data wat voorsien is, per hand verander NIE. Kode moet bygevoeg
    word om die data wat voorsien is, volgens die vereistes te manipuleer.

•   Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die
    ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.

Kopiereg is voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     18                                 DBE/2017
                                           NSS

Grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK/'GUI') wat voorsien is:

Die GGK ('GUI') wat voorsien is, bevat komponente vir gebeurtenisse wat moet
plaasvind.

Gebruik die programvereistes in die vrae wat volg om op 'n geskikte komponent te besluit
om in die afvoerarea met die opskrif Lugredery se toonbanke in die GGK ('GUI') te
plaas.
Data wat voorsien is:
'n Eendimensionele skikking met die naam arrPassasiers is verklaar en sal die
besonderhede van passasiers wat hulle instapkaarte ('boarding passes') by die
vertrektoonbanke by die lughawe moet afhaal, bevat. Kode wat voorsien is, sal die
arrPassasiers-skikking vul met 'n onbekende aantal elemente wat uit die
arrPosPassasiers-skikking verkry word wanneer die program uitgevoer word. Die aantal
elemente wat aan die arrPassasiers-skikking toegeken word, sal in die reeks van 1 tot
35 wees en sal willekeurig bepaal word.
Jy moet die arrPassasiers-skikking in jou kode gebruik.
Die formaat van die data in die arrPassasiers-skikking is soos volg:
(B – besigheidsklas of E – ekonomiese klas), die posisie van die passasier in die ry
(begin by 01) en die vlugnommer, soos hieronder getoon:
<Passasier se klas><posisie van passasier in die ry>;<vlugnommer>

Voorbeeld van inligting van passasiers in die arrPassasiers-skikking:
E01;TDB2506
B02;TDB2506
E01;TDB1305

Kopiereg is voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       19                                DBE/2017
                                             NSS

'n Tweedimensionele skikking met die naam arrGrid met nege rye en vier kolomme is
verklaar. In jou oplossing sal hierdie skikking nie noodwendig 36 elemente bevat nie
aangesien die getal passasiers wat in die arrPassasiers-skikking voorkom, die getal
elemente wat in die arrGrid-skikking voorkom, sal bepaal.

Programvereistes:

3.1    Knoppie [3.1 – Rye by vertrektoonbanke]

       Die program moet die passasiers wat vir hulle instapkaarte wag (wat in die
       arrPassasiers-skikking voorkom), in rye by die vertrektoonbanke plaas.
       Die getal passasiers wat in die arrPassasiers-skikking voorkom, bepaal die
       getal vertrektoonbanke wat oop is deur die volgende kriteria te gebruik:

                     GETAL OOP                  GETAL PASSASIERS WAT
                 VERTREKTOONBANKE              INSTAPKAARTE MOET KRY
                 1                          Minder as 10
                 2                          10 tot 16
                 3                          17 tot 24
                 4                          Meer as 24

        Doen die volgende:

        •   Gebruik die arrGrid- tweedimensionele skikking om die vertrektoonbanke
            wat oop is en passasiers wat aan hierdie toonbanke toegeken is, voor te
            stel. Passasiers moet soos volg aan toonbanke toegeken word:

            o   Besigheidsklas-passasiers moet eerste in die rye by die
                vertrektoonbanke geplaas word, gevolg deur ekonomieseklas-
                passasiers.

            o   Die passasiers moet so gelykop as moontlik onder die rye by die
                vertrektoonbanke verdeel word, soos in die voorbeelde van afvoer wat
                volg, getoon word.

        •   Vertoon geskikte opskrifte vir die vertrektoonbanke.

        •   Vertoon die klas en nommer van die passasiers.

        Voorbeeld van afvoer indien 16 passasiers wag om instapkaarte te kry:

Kopiereg is voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      20                                   DBE/2017
                                            NSS

          Voorbeeld van afvoer indien 33 passasiers wag om instapkaarte te kry:

          LET WEL:        Die afvoer word bepaal deur die getal elemente wat die
                          arrPassasiers-skikking bevat.

3.2       Knoppie [3.2 – Passasiers op vertraagde vlug]

          Indien 'n vlug vertraag is, moet die passasiers wat op die vertraagde vlug
          bespreek is, uit die rye by die oop vertrektoonbanke verwyder word en in 'n ry
          by 'n aparte toonbank geplaas word. 'n Kombinasieblokkie ('combo box') met
          vlugnommers word verskaf om die vlugnommer van 'n vertraagde vlug te kies.

          Die gebruiker moet die vertraagde vlug selekteer en op die VRAAG 3.2-
          knoppie klik.

          Die program moet die volgende doen:

          •    Verwyder die inligting van al die passasiers wat op die vertraagde vlug
               bespreek is, uit die rye by die vertrektoonbanke en vertoon hulle
               besonderhede in die afvoerarea wat verskaf is.

          •    Dateer die rye wat by die vertrektoonbanke vertoon word, op.
               Die passasiers by die vertrektoonbanke moet steeds gelykop onder die
               toonbanke verdeel wees; eers die besigheids- en dan die ekonomieseklas-
               passasiers.

          Voorbeeld van afvoer indien vlug TDB2506 uit die kombinasieblokkie ('combo
          box') as vertraagde vlug gekies is en die arrPassasiers-skikking 33 elemente
          bevat:

Kopiereg is voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      21                                 DBE/2017
                                            NSS

Puntetoekenning:

                                                                        MAKSIMUM
                             VEREISTES
                                                                         PUNTE
VRAAG 3.1
Bepaal getal oop toonbanke en getal passasiers per ry                       6
Ken posisie volgens die klas van die passasier toe                          5
Kopieer inligting uit die gegewe skikking na die regte datastruktuur        8
Vertoon passasiers in rye by korrekte getal toonbanke                       7
VRAAG 3.2
Bepaal en vertoon passasiers op die vertraagde vlug                         6
Verwyder passasiers op vertraagde vlug uit rye                              6
Dateer inligting in datastrukture en afvoer op                              2

•   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
    in.
•   Stoor jou program.
•   Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word.

                                                                TOTAAL AFDELING C:         40
                                                                    GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GR12 INFT P1 Sept2017 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-inft-p1-sept2017-qp-afr/8cc80409-e9a3-4aaf-b9cd-1840fec0704c) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2017-afr/d88a56a4-b5e1-412d-9208-031db1d085df) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-afr/b7bbb414-6ac3-4205-98be-4e5bbe5e87e9) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [Information Technology P1 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-feb-march-2017-eng/06f9af8f-82f4-458a-95df-8bb4d8cdfc20) — Information Technology · QP · 2017 · Eng
- [Information Technology P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2019-afr/6881c007-0025-4f7b-b5e7-02d3eb15ab1a) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-eng/f20968e6-cad1-4344-a27e-a4710f8d6ccc) — Information Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
