# Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-afr/f89d41b4-3263-4d5d-8df9-ca6420364bd8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-afr/f89d41b4-3263-4d5d-8df9-ca6420364bd8)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                          2018

                                                                     PUNTE: 150

                                                                       TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                       2                                   DBE/2018
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
         AL DRIE afdelings beantwoord.

2.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir
         Delphi as programmeringstaal is.

4.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
         word.

5.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

6.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

7.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
         hierdie roetines gebruik NIE.

8.       Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
         datastrukture verskaf word.

9.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

10.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
         drukwerk gegee word.

12.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                        3                                     DBE/2018
                                              SSE

13.       Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op
          'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken
          is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers
          verskaf.

          LET WEL:

          Kandidate moet die lêer DataAFRJunie2018.exe gebruik.

          Doen die volgende:

          •     Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
          •     Klik op die 'Extract'-knoppie.
          •     Sleutel die volgende wagwoord in: Bks18@Lib*#?

          Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
          DataAFRJunie2018 beskikbaar wees:

          LÊERS WAT VOORSIEN IS:

          Vraag1:
          Vraag1_P.dpr
          Vraag1_P.dproj
          Vraag1_P.res
          Vraag1_U.dfm
          Vraag1_U.pas

          Vraag2:
          Boek_U.pas
          BoekeData.txt
          BoekeDataRugsteun.txt
          Vraag2_P.dpr
          Vraag2_P.dproj
          Vraag2_P.res
          Vraag2_U.dfm
          Vraag2_U.pas

          Vraag3:
          Vraag3_P.dpr
          Vraag3_P.dproj
          Vraag3_P.res
          Vraag3_U.dfm
          Vraag3_U.pas

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                      4                                    DBE/2018
                                            SSE

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

•     Maak die onvolledige program in die Vraag1-lêergids oop.
•     Sleutel jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van die
      Vraag1_U.pas-lêer in.
•     Kompileer en voer die program uit. Die GGK ('GUI') vertoon VYF afdelings met die
      byskrifte VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

      Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

•     Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 1 te
      voltooi, soos wat in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5 beskryf is.

1.1        OnCreate-gebeurtenis ('Event') [Vraag 1.1]

           Skryf kode in die 'OnCreate'-gebeurtenishanteerder van die vorm ('Form') om
           die teks wat op die pnlV1_1-paneel vertoon word, soos volg te verander
           wanneer die program uitgevoer word:

           •   Ken die huidige teks van die paneel aan 'n veranderlike toe.
           •   Voeg 'n aandagstreep ('-') by en gebruik die relevante funksie om die
               stelsel se datum ook by die teks te voeg.
           •   Verander die teks na bo-kas ('upper case') en vertoon die teks in vetdruk
               ('bold').

           Voorbeeld van afvoer:

           LET WEL: Die formaat van die stelseldatum kan van die voorbeeld verskil.             (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                            5                                  DBE/2018
                                                  SSE

1.2        Knoppie [1.2 - Vertoon]

           Skryf kode met gebruik van die lus-tellerveranderlike cTeller en 'n lus ('loop')
           om 'n string wat die letters 'Z' tot 'R' bevat, in die veranderlike sAfvoer saam
           te stel. Ken die veranderlike aan die redigeerblokkie ('edit box') toe om te
           vertoon.

           Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                    (6)

1.3        Die tyd wat dit 'n student neem om 'n handboek te lees, hang af van die totale
           getal woorde wat die handboek bevat en of die inhoud van 'n tegniese aard is
           of nie.

           1.3.1          Knoppie [1.3.1 - Totale getal woorde]

                          Die gemiddelde getal woorde per bladsy in 'n standaardgrootte
                          handboek is in 'n konstante veranderlike met die naam
                          WoordePerBladsy as 300 verklaar.

                          Die gebruiker moet die getal bladsye wat die boek bevat, uit die
                          spinredigeer-komponent ('spin edit component') selekteer.

                          Voltooi die kode wat voorsien is om die volgende te doen:

                          •   Verklaar 'n heelgetalveranderlike vir die getal bladsye.
                          •   Verkry die waarde van die getal bladsye uit die spinredigeer-
                              komponent ('spin edit component').
                          •   Gebruik die konstante veranderlike en die getal bladsye om die
                              totale getal woorde te bereken.
                          •   Vertoon die totale getal woorde in die redigeerblokkie wat
                              voorsien is.

                          LET WEL: Die veranderlike iTotGetalWoorde is as 'n globale
                                   veranderlike verklaar om weer in VRAAG 1.3.2 gebruik
                                   te word.

                          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                    (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                           6                                    DBE/2018
                                                 SSE

           1.3.2          Radiogroep [1.3.2 - Tipe boek]

                          Navorsing toon dat 'n student 'n letterkundeboek teen die spoed
                          van 250 woorde per minuut en 'n tegniese boek teen die spoed van
                          75 woorde per minuut kan lees. Hierdie waardes is as konstante
                          waardes verklaar deur onderskeidelik die veranderlikes
                          WoordeLet en WoordeTeg te gebruik. Die gebruiker moet die tipe
                          boek selekteer uit die radioknoppies wat voorsien is.

                          Skryf kode om die volgende te doen om te bepaal hoe lank dit 'n
                          student behoort te neem om die boek te lees:

                          •   Bepaal die tipe boek wat geselekteer is.

                          •   Gebruik die globale veranderlike iTotGetalWoorde en die
                              relevante konstante veranderlike om die tyd (in minute) wat dit
                              'n student sal neem om die boek te lees, te bereken.

                          •   Vertoon die tyd in redigeerblokkie edtTydInMinute wat
                              voorsien is.

                          LET WEL:     As jy nie in staat was om die totale getal bladsye in
                                       VRAAG 1.3.1 te bereken nie, ken 'n waarde van
                                       33 600 aan die globale veranderlike iTotGetalWoorde
                                       toe om VRAAG 1.3.2 te kan doen.

                          Voorbeeld van afvoer as die boek 'n tegniese boek is en
                          112 bladsye het wat 33 600 woorde tot gevolg het, soos in
                          VRAAG 1.3.1 bereken is:

                          Voorbeeld van afvoer as die boek 'n letterkundeboek is en
                          112 bladsye het wat 33 600 woorde tot gevolg het, soos in
                          VRAAG 1.3.1 bereken is:

                                                                                                     (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                       7                                    DBE/2018
                                             SSE

1.4        Kombinasieblokkie ('Combo box') [cmbV1_4]

           Die gebruiker moet 'n wagwoord selekteer uit die cmbV1_4-
           kombinasieblokkie ('combo box'), wat 'n aantal geënkripteerde wagwoorde
           bevat.

           Skryf kode om die geselekteerde wagwoord te dekripteer volgens die
           instruksies hieronder.

           •   Die eerste twee karakters van die wagwoord moet na die einde van die
               wagwoord geskuif word.
           •   As die wagwoord 'n huts-karakter (#) bevat, moet dit met 'n dollar-karakter
               ($) vervang word, gevolg deur 'n punt (.).

           Voorbeeld van afvoer as die wagwoord os3%!ko geselekteer is:

           Voorbeeld van afvoer as die wagwoord ay7#@tod geselekteer is:

                                                                                                 (13)

1.5        Knoppie [1.5 - Koördinate]

           Die formule vir 'n reguitlyn is y = mx + c. Die formule moet gebruik word om
           die waardes van die y-koördinate van die reguitlyn te bereken as die waarde
           van x deur die gebruiker ingesleutel word.

           Die waardes 3 en -2 sal as die waardes van m en c in die formule
           gebruik word en is onderskeidelik toegeken aan die veranderlikes iM en iC in
           die kode wat voorsien is.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                      8                                   DBE/2018
                                            SSE

           Skryf kode om die (x,y)-koördinate van 'n reguitlyn in die afvoerarea te
           vertoon deur die volgende instruksies te gebruik:

           •   Maak die afvoerarea skoon.
           •   Vertoon die opskrif 'Koördinate', gevolg deur 'n leë reël.
           •   Verkry die waarde van x wat uit redigeerblokkie edtV1_5 ingesleutel is.
           •   Bereken die waarde van y deur die formule y = mx + c te gebruik.
               Voorbeeld van die berekening van y as die waarde van 7 vir x
               ingesleutel is:
                                     y = mx + c
                                       = 3(7) +(-2)
                                       = 19
           •   Vertoon die waardes van koördinate x en y in die afvoerarea in die
               formaat wat in die voorbeeld hieronder getoon word, byvoorbeeld
               (x,y) = (7,19) vir die eerste koördinaat.
           •   Verminder die waarde van x met 2 en herhaal die vorige twee stappe
               (bereken die waarde van y en vertoon die koördinate) totdat die waarde
               van y aan nul (0) gelyk is of 'n negatiewe waarde is.

           Voorbeeld van afvoer as die waarde 7 as die waarde van x ingesleutel is:

           Voorbeeld van afvoer as die waarde 12 as die waarde van x ingesleutel is:

                                                                                               (13)

•   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
•   Stoor jou program.
•   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                               TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                        9                                   DBE/2018
                                              SSE

AFDELING B

VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

Studente word gedurende die week wat hulle aan navorsingsprojekte werk, toegelaat
om in die navorsingsvleuel van die biblioteek boeke uit te neem en terug te bring. Data
oor die boeke wat gedurende die navorsingsweek uitgeneem en teruggebring is, is in
'n tekslêer vasgelê. Die bibliotekaris moet die data wat vasgelê is, gebruik om te sien
hoeveel kopieë van die boeke tans beskikbaar is, om toe te laat dat boeke gedurende
die volgende navorsingsweek uitgeneem en teruggebring kan word.

Doen die volgende:

•     Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag2-
      lêergids oop.
•     Sleutel jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van beide die
      Vraag2_U.pas-lêer en Boek_U.pas-lêer in.
•     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Die volgende GGK ('GUI') word vertoon as die program uitgevoer word:

•     Voltooi die kode soos wat in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 hieronder beskryf word.

2.1       Voltooi die kode in die TBoek-objekklas wat voorsien is, soos wat in
          VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.7 wat volg, beskryf word.

          2.1.1       Verklaar die attribute van die klas deur die inligting in die tabel
                      hieronder te gebruik.

                         NAME VAN
                                                         BESKRYWING
                        ATTRIBUTE
                      fTitel            Die titel van die boek
                      fKatNom           'n Unieke katalogusnommer wat aan elke boek in
                                        die biblioteek toegeken is, bv. D324.2
                      fGetalBoeke       'n Heelgetal wat aandui hoeveel kopieë van
                                        hierdie boek die biblioteek besit, bv. 12
                      fGetalBoekeUit    'n Heelgetal wat aandui hoeveel kopieë van
                                        hierdie boek tans uitgeneem is, bv. 5                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                        10                                  DBE/2018
                                              SSE

          2.1.2       Skryf kode om 'n konstruktor te skep wat DRIE parameterwaardes
                      (die titel, die katalogusnommer van die boek en die getal kopieë van
                      die boek wat die biblioteek besit) ontvang en die relevante attribute
                      inisialiseer deur die parameterwaardes te gebruik.

                      Die attribuut vir die getal kopieë van die boek wat uit is (tans
                      uitgeneem is) moet na nul geïnisialiseer word.                             (5)

          2.1.3       Skryf 'n toegangsmetode ('accessor method') getKatalogusNommer
                      vir die katalogusnommer-attribuut van die boek.                            (2)

          2.1.4       Skryf 'n toegangsmetode getGetalBoekeUit vir die getal-boeke-uit-
                      attribuut.                                                                 (2)

          2.1.5       Skryf   kode   vir    'n   wysigingsmetode    ('mutator method')
                      setGetalBoekeUit wat 'n heelgetal as 'n parameter ontvang en die
                      fGetalBoekeUit-attribuut op die parameterwaarde stel.                      (3)

          2.1.6       Skryf kode vir 'n metode met die naam isBoekBeskikbaar wat 'n
                      Boolese waarde terugstuur. Hierdie metode moet die fGetalBoeke-
                      attribuut en fGetalBoekeUit-attribuut gebruik om te bepaal of daar
                      tans 'n kopie van die boek in die biblioteek beskikbaar is of nie.

                      Die terugstuurwaarde moet true wees as 'n boek beskikbaar is of
                      false as dit nie beskikbaar is nie.                                        (3)

          2.1.7       Skryf kode om 'n toString-metode te skep wat 'n string terugstuur
                      wat soos volg geformatteer is:

                      Die biblioteek besit < getal kopieë in besit> kopieë van die
                      boek met die titel <boek se titel> [<katalogusnommer>].

                      Die getal kopieë wat tans uit is, is <getal kopieë van die boek
                      wat tans uitgeneem is>.                                                    (5)

          Doen die volgende om die kode vir Knoppie 2.2.1, 2.2.2 en 2.2.3 in die
          hoofvormeenheid, soos hieronder beskryf word, te voltooi.

          2.2.1       Knoppie [2.2.1 - Instansieer boek-objek]

                      Die gebruiker moet die katalogusnommer van die boek uit die
                      kombinasieblokkie ('combo box') selekteer. Kode is voorsien om die
                      titel en die getal kopieë van die geselekteerde boek wat die
                      universiteit besit, in die relevante redigeerblokkies te vertoon.

                      Skryf kode om die volgende te doen:

                      •   Onttrek ('Extract') die vereiste data-items uit die relevante
                          komponente en instansieer 'n nuwe objBoek-objek.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                         11                                    DBE/2018
                                               SSE

                      •   Roep die toString-metode om die besonderhede van die objek
                          in die afvoerarea wat voorsien is, te vertoon.
                      •   Aktiveer die Dateer data op-knoppie.

                      Voorbeeld van afvoer vir die boek as katalogusnommer G292.6
                      geselekteer is en die objek geïnstansieer is:

                                                                                                    (8)

          2.2.2       Knoppie [2.2.2 - Dateer data op]

                      'n Tekslêer BoekeData.txt bevat die rekords van boeke wat
                      gedurende 'n navorsingsweek uitgeneem en teruggebring is.

                      Die data in die tekslêer is in die volgende formaat gestoor:

                      <katalogusnommer van boek>#<'n karakter wat aandui
                      of die boek uitgeneem (U) of teruggebring (T)is>

                      Voorbeeld van die eerste ses reëls data in die BoekeData.txt-
                      tekslêer:

                      G292.6#U
                      E202.4#U
                      C284.3#U
                      D237.9#U
                      D237.9#U
                      G292.6#T

                      Die tekslêer moet gebruik word om te bepaal hoeveel kopieë van die
                      geselekteerde boek gedurende die navorsingsweek uitgeneem en
                      teruggebring is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                           12                                    DBE/2018
                                                 SSE

                     Skryf kode om die volgende te doen:
                     •    Toets of die tekslêer BoekeData.txt bestaan of nie. Vertoon 'n
                          geskikte boodskap as die tekslêer nie bestaan nie en verlaat die
                          gebeurtenishanteerder ('event handler').
                     •    Doen die volgende as die tekslêer bestaan:
                          o   Gebruik 'n lus en soek deur die tekslêer vir al die gevalle van
                              die katalogusnommer van die boek-objek.
                          o   Bepaal hoeveel keer die boek uitgeneem (''U'') en teruggebring
                              (''T'') is en gebruik hierdie waardes om die getal kopieë wat
                              tans uit die biblioteek is, te bepaal deur die volgende formule te
                              gebruik:
                               BoekeUit = Getal uitgeneem – Getal teruggebring
                          o   Roep die setGetalBoekeUit-metode en gebruik die BoekeUit-
                              waarde as argument.
                          o   Roep     die     toString-metode om die  opgedateerde
                              besonderhede van die boek-objek in die afvoerarea wat
                              voorsien is, te vertoon.
                          o   Aktiveer die Verwerk versoek-knoppie.

                     Voorbeeld van afvoer van die Dateer data op-knoppie as die
                     katalogusnommer G292.6 deur die gebruiker geselekteer is en 'n objek
                     van hierdie boek geïnstansieer is:

                                                                                                      (20)

         2.2.3       Knoppie [2.2.3 - Verwerk versoek]

                     Spesiale versoeke om boeke by die navorsingsvleuel uit te neem, kan
                     toegestaan word as kopieë van die boek beskikbaar is. Studente wat
                     gedurende die navorsingsweek boeke geleen het en nie teruggebring
                     het nie, word ook toegelaat om die boeke terug te bring.

                     Die radiogroepkomponent moet gebruik word om te kies om die
                     geselekteerde boek uit te neem of terug te bring. As die versoek om
                     die boek uit te neem of terug te bring, toegestaan word, moet die
                     BoekeData-tekslêer en die objekbesonderhede van die boek
                     opgedateer word.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                             13                                    DBE/2018
                                                   SSE

                      Skryf kode vir die volgende algoritme om die uitneem- of terugbring-
                      versoek vir die geselekteerde boek te verwerk:
                          Stel die sKode-veranderlike wat voorsien is na 'n leë string
                          As Uitneem uit die radiogroep geselekteer is
                             Toets of die boek beskikbaar is deur die relevante metode te gebruik
                                 Vertoon 'n geskikte boodskap
                                 Stel sKode na 'U'
                              anders
                                 Vertoon 'n boodskap wat aandui dat geen kopieë beskikbaar is nie
                          As Teruggee uit die radiogroep geselekteer is
                             As die getal boeke wat uitgeneem is, 0 is
                                 Vertoon 'Ongeldige versoek'
                             anders
                                 Vertoon 'n boodskap wat aandui dat die boek teruggebring is
                                 Stel sKode na 'T'
                          As sKode data bevat
                             Skryf die katalogusnommer van die boek en die waarde van sKode
                             na die BoekeData.txt-tekslêer in die korrekte formaat, bv. G292.6#T
                             Maak die seleksie van die radiogroep skoon
                             Dateer die objek se data op deur die kode in die btnV2_2_2-knoppie
                             uit te voer.
                      LET WEL: 'n Herstel tekslêer-knoppie, wat gebruik kan word om
                               die inhoud van die BoekeData-tekslêer te herstel as die
                               inhoud van die BoekeData-tekslêer korrup raak terwyl
                               jy jou kode toets, is voorsien. Dit sal die data in
                               BoekeDataRugsteun-tekslêer na die BoekeData-
                               tekslêer kopieer.

                      Voorbeeld van afvoer as 'n student gevra het om die boek met die
                      titel Basiese Wiskunde uit te neem as kopieë van hierdie boek
                      beskikbaar is om uit te neem:

                      Die volgende opgedateerde data moet in die afvoerarea vertoon
                      word:

                      Voorbeeld van afvoer as 'n student versoek het om die boek met die
                      titel Basiese Wiskunde uit te neem as geen kopieë van hierdie boek
                      beskikbaar is om uitgeneem te word nie:

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                        14                                 DBE/2018
                                              SSE

                      Voorbeeld van afvoer as 'n student versoek het om die boek met die
                      titel Basiese Wiskunde terug te bring:

                      Die volgende opgedateerde data moet in die afvoerarea vertoon
                      word:

                      Voorbeeld van afvoer daar 'n versoek is om die boek met die titel
                      Kodering in Objekte met katalogusnommer C284.3 terug te bring.
                      Al die kopieë van hierdie boek is teruggebring. Daarom is die
                      versoek ongeldig.

                                                                                                (18)

•   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    klaslêer en die vorm ingesleutel is.
•   Stoor jou program.
•   Druk die kode in beide die klaslêer en die vorm, indien dit vereis word.

                                                                TOTAAL AFDELING B:              70

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                     15                                   DBE/2018
                                           SSE

AFDELING C

VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING

SCENARIO

Die universiteit het drie biblioteke. Die eerste twee biblioteke is ses dae van die week
oop en die derde biblioteek is vyf dae van die week oop. Daar is ses personeellede wat
in die biblioteke aan diens sal wees op die dae wat die biblioteke oop is. Die
bestuurder van die biblioteek benodig 'n program wat 'n plasingskedule vir
personeellede sal skep en in stand sal hou.

Doen die volgende:

•   Kompileer en voer die program in die Vraag3-lêergids uit. Die program het tans
    geen funksionaliteit nie.
•   Voltooi die kode vir elke afdeling van die vraag soos wat in VRAAG 3.1 tot
    VRAAG 3.3 beskryf is.

GGK ('GUI') wat voorsien is:
Die GGK ('GUI') hieronder verteenwoordig 'n koppelvlak wat deur die bestuurder van
die biblioteek gebruik word om diensbeurte aan personeellede toe te ken.

Die volgende kode is voorsien:
•   'n Skikking met die naam arrPersoneel wat die name van die ses personeellede
    bevat.

        arrPersoneel: array [1 .. 6] of String =
        ('Trevor','Nkosi','Tamzin','Anette','Bongi','Simon');

•   Die verklaring van 'n tweedimensionele skikking met die naam arrPlasings wat
    gebruik sal word om die name van personeellede volgens die dae wat hulle in elke
    biblioteek (rye 1 tot 3) aan diens sal wees (kolomme 1 tot 6), te stoor:

    arrPlasings: array [1 .. 3, 1 .. 6] of String =
        (('Nkosi', 'Simon','Anette', 'Bongi', 'Tamzin', 'Trevor'),
         ('Anette', 'Tamzin','Simon', 'Trevor', 'Bongi', 'Nkosi'),
         ('Bongi', 'XXXXX', 'Trevor','Nkosi', 'Nkosi', 'Tamzin'));

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1                        16                                   DBE/2018
                                              SSE

•     'n Voltooide Vertoon-prosedure wat die skedule van personeelplasings sal vertoon
      (inhoud van arrPlasings).

      Voorbeeld van die afvoer van 'n skedule wat vertoon sal word wanneer die
      vertoonprosedure geroep word om die inhoud van arrPlasings te vertoon.
      Biblioteek 3 kan op enige dag waarop die bestuurder besluit, gesluit wees.
      Vir hierdie skedule het die bestuurder besluit om Biblioteek 3 op Dag 2 te sluit, wat
      deur 'XXXXX' in skikking arrPlasings verteenwoordig word.

      Die opskrifte van die rye en kolomme is nie deel van die inhoud van die
      tweedimensionele skikking wat voorsien is nie.

LET WEL:

•     Jy mag NIE die data wat voorsien is, met die hand verander NIE. Kode moet
      geskryf word om die data wat voorsien is, volgens die vereistes te manipuleer.
•     Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die
      ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.
•     GEEN punte sal toegeken word vir die gebruik van kodering met vaste waardes
      ('hardcoding') om skikking arrPlasings te vul NIE.

3.1        Kombinasieblokkie [3.1 - Selekteer naam]

           'n Personeellid kan 'n skedule van sy/haar diensbeurte aanvra.

           Wanneer 'n naam uit die cmbPersoneel-kombinasieblokkie geselekteer is,
           moet die volgende inligting in die afvoerkomponent wat voorsien is, vertoon
           word:

           •   'n Opskrif met die naam van die personeellid
           •   Die werkskedulebesonderhede van die geselekteerde personeellid

           Die formaat van die werkskedulebesonderhede is soos volg:

           Dag <dag se nommer>-Biblioteek#<biblioteek se nommer>

           Voorbeeld van afvoer as personeellid Tamzin uit cmbPersoneel geselekteer
           is:

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       17                                  DBE/2018
                                             SSE

          Voorbeeld van afvoer as personeellid Nkosi uit cmbPersoneel geselekteer is:

                                                                                                (10)

3.2        Knoppie [3.2 - Skep nuwe skedule]

          'n Eendimensionele skikking met die naam arrPersoneel is voorsien en moet
          gebruik word om 'n nuwe skedule vir personeellede te skep. Die nuwe
          skedule moet in die tweedimensionele skikking arrPlasings gestoor word.

          Skryf kode om 'n nuwe plasingskedule vir personeellede saam te stel deur die
          arrPlasings-skikking soos volg met die name van personeellede te vul:

          Biblioteek 1: Elke personeellid sal in die volgorde waarin hulle name in die
                        arrPersoneel-skikking voorkom, aan diens geplaas word. Die
                        eerste personeellid in die skikking sal aan Dag 1 toegeken
                        word, die tweede personeellid aan Dag 2 en so aan.

           Biblioteek 2: Elke personeellid sal in die omgekeerde volgorde as die inhoud
                         van die arrPersoneel-skikking aan diens geplaas word. Die
                         eerste personeellid in die skikking sal aan Dag 6 toegeken word,
                         die tweede personeellid aan Dag 5 en so aan.

           Biblioteek 3: Skryf kode wat 'n inleesblokkie ('input box') sal gebruik om die
                         bestuurder te versoek om dadelik 'n dag se nommer (1 tot 6) in
                         te sleutel waarop Biblioteek 3 gesluit sal wees. Skikking
                         arrPlasings moet 'XXXXX' vertoon vir die dag waarop die
                         biblioteek gesluit is. Die personeel sal ewekansig vir die
                         oorblywende dae aan hierdie biblioteek toegeken word. 'n Toets
                         moet gedoen word om te verseker dat die personeellid wat
                         ewekansig geselekteer is om in Biblioteek 3 diens te doen, nie
                         reeds vir daardie dag aan Biblioteek 1 of Biblioteek 2 toegeken
                         is nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    18                               DBE/2018
                                          SSE

           Voorbeeld van afvoer as die bestuurder Dag 3 ingesleutel het as die dag
           waarop Biblioteek 3 gesluit sal wees:

                                                                                       (20)

•   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    programlêer ingesleutel is.
•   Stoor jou program.
•   Druk die kode indien dit vereis word.

                                                           TOTAAL AFDELING C:          30
                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-eng/f20968e6-cad1-4344-a27e-a4710f8d6ccc) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [Information Technology P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-memo-eng/b14c831b-ce05-4e30-81c6-0fca0f7f50f7) — Information Technology · Memo · 2018 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2018-afr/6b269923-729c-48cc-82f7-9ddd5ac3d72b) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-eng-d/7330c86d-be49-4c3a-8b5f-8b7faf59df57) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/9f7a8ca6-c72c-48cc-b6c0-360bbbded219) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/8a712e4b-3935-4095-aa63-c0cbea50a871) — Information Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
