# Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2019-afr/6881c007-0025-4f7b-b5e7-02d3eb15ab1a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2019-afr/6881c007-0025-4f7b-b5e7-02d3eb15ab1a)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                         2019

                                                                         PUNTE: 150

                                                                             TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye en 2 bladsye met data.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      2                                   DBE/2019
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
         AL VIER afdelings beantwoord.

2.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend van
         die Delphi-programmeringstaal is.

4.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word.

5.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken
         word nie.

6.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

7.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
         hierdie roetines gebruik NIE.

8.       Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
         datastrukture verskaf word.

9.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

10.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
         drukwerk gegee word.

12.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        3                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

13.       Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee
          op die disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou
          toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare
          lêers verskaf.

          LET WEL: Kandidate moet die lêer DataAFRJun2019.exe gebruik.

          Doen die volgende:

              Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
              Klik op die 'Extract'-knoppie.
              Sleutel die volgende wagwoord in: Plant2BGreen!

          Nadat dit onttrek is ('extracted'), sal die volgende lys met lêers in die lêergids
          ('folder') DataAFRJun2019 beskikbaar wees:

          LÊERS WAT VERSKAF IS:

          Vraag 1:
          Vraag1_P.dpr
          Vraag1_P.dproj
          Vraag1_P.res
          Vraag1_U.dfm
          Vraag1_U.pas

          Vraag 2:
          ConnectDB_U.dcu
          ConnectDB_U.pas
          KwekeryDB.mdb
          KwekeryDB_Rugsteun.mdb
          Vraag2_P.dpr
          Vraag2_P.dproj
          Vraag2_P.res
          Vraag2_U.dfm
          Vraag2_U.pas

          Vraag 3:
          Logboek.txt
          ster.png
          VakLeerling_U.pas
          Vraag3_P.dpr
          Vraag3_P.dproj
          Vraag3_P.res
          Vraag3_U.dfm
          Vraag3_U.pas

          Vraag 4:
          Vraag4_P.dpr
          Vraag4_P.dproj
          Vraag4_P.res
          Vraag4_U.dfm
          Vraag4_U.pas
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       4                                  DBE/2019
                                           SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

     Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Vraag1_U.pas-lêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die gebruikerskoppelvlak vertoon VIER
      afdelings met die byskrifte VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4. Die program het tans geen
      funksionaliteit nie.

Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 1 te voltooi,
soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 beskryf is.

1.1        Knoppie [1.1 - Ewekansige getal]

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Genereer 'n ewekansige getal in die reeks 100–120 (inklusief).
              Vertoon die ewekansige getal in die edtEwekansGetal-redigeerblokkie.

           Voorbeeld van afvoer as die ewekansige getal wat gegenereer is, 108 is:

                                                                                               (4)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         5                                  DBE/2019
                                             SS/NSS

1.2        Knoppie [1.2 - Bereken minute]

           Baie leerders neem aan 'n skooldans deel. Die organiseerders moet bepaal
           hoe lank dit sal neem om al die deelnemers voor te stel. Die tyd wat toegeken
           word om elke deelnemer voor te stel, sal van die totale getal deelnemers
           afhang. Die volgende kriteria sal gebruik word:

               Getal deelnemers                    Getal minute per deelnemer
               Minder as of gelyk aan 20                        2.5 minute
               Meer as 20 en minder as of gelyk                 2.3 minute
               aan 50
               Meer as 50                                      2.0 minute

           Die gebruiker moet die getal deelnemers in die edtDeelnemers-
           redigeerblokkie insleutel. Skryf kode om die volgende te doen:

                Onttrek ('extract') die getal deelnemers uit die edtDeelnemers-
                 redigeerblokkie.
                Bereken die totale getal minute wat nodig sal wees om AL die deelnemers
                 voor te stel. Vertoon die waarde in die edtMinute-redigeerblokkie tot
                 TWEE desimale plekke.
                Rond die berekende getal minute na bo af en vertoon die resultaat in die
                 edtMinAfgerond-redigeerblokkie.

                 Gebruik die volgende toetsdata:

                  Getal deelnemers          Minute             Minute wat afgerond is
                            13                   32.50                   33
                            21                   48.30                   49
                            50                  115.00                  115
                            51                  102.00                  102

           Voorbeeld van afvoer as die getal deelnemers 17 is:

                                                                                                 (13)

1.3        Knoppie [1.3 - Bereken fakulteit]

           Die fakulteit van 'n getal is die produk van die vermenigvuldiging van al die
           heelgetalle vanaf 1 tot by die getal, bv.

           Die fakulteit van 4 = 1 x 2 x 3 x 4
                                = 24

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        6                                      DBE/2019
                                            SS/NSS

           Die faktoriaal van 6 = 1 x 2 x 3 x 4 x 5 x 6
                                = 720

           Die gebruiker moet 'n getal uit die spnGetal-spin-redigeerblokkie ('spin edit
           box') selekteer.

           Skryf kode om die getal uit die spnGetal-spin-redigeerblokkie te onttrek, die
           fakulteit te bereken en die resultaat in die edtFakulteit-redigeerblokkie te
           vertoon.

           Voorbeeld van afvoer as die getal 5 geselekteer is:

                                                                                                    (7)

1.4        Knoppie [1.4 – Woorde agterstevoor]

           Die karakters van die woorde in 'n sin moet vir enkripsiedoeleindes van agter
           na voor in die sin voorkom. Die gebruiker moet 'n sin in die edtSin-
           redigeerblokkie insleutel.

           Skryf kode om die volgende te doen:

              Onttrek die sin uit die edtSin-redigeerblokkie.
              Plaas die karakters agterstevoor in ELKE woord in die sin.
              Vertoon die resultaat in die edtAgterstevoor-redigeerblokkie.

           Voorbeeld van toevoer en afvoer:

                                                                                                    (16)

     Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      programlêer ingesleutel is.
     Stoor jou program.
     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     7                                  DBE/2019
                                         SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING

PJB Grootmaat Tuinsentrum verskaf plante aan 'n aantal kwekerye. Wanneer 'n
kwotasie vir 'n bestelling gegee word, word die getal plante wat aangevra word, vir
beskikbaarheid nagegaan.
Die databasis KwekeryDB van PJB Grootmaat Tuinsentrum bevat twee tabelle,
naamlik tblPlante en tblBestellings.

Die bladsye met data wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, verskaf
inligting oor die ontwerp van die databasis en voorbeelde van die inhoud van die
tabelle.

Doen die volgende:
   Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2-
    lêergids oop.
   Voeg jou eksamennommer as kommentaar by in die eerste reël van die
    Vraag2_U.pas-eenheidlêer.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

LET WEL:        As die kompileerder 'n foutboodskap ten opsigte van die gegewe
                CurrencyString-stelling toon, verwyder die stelling.
Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       8                                   DBE/2019
                                           SS/NSS

     Voer die volgende instruksies uit om die kode vir elke afdeling, soos in VRAAG 2.1
      en VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.
     Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om
      VRAAG 2.2 te beantwoord.

LET WEL:

     Die 'Herstel databasis'-knoppie word verskaf om die data wat in die databasis
      voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
     Die inhoud van die databasis word met 'n wagwoord beskerm. Jy sal dus nie in
      staat wees om met Microsoft Access toegang tot die inhoud van die databasis te
      verkry nie.
     Kode is verskaf om die GGK('GUI')-komponente aan die databasis te koppel.
     MOENIE enige van die kode wat verskaf is, verander NIE.
     TWEE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
      hieronder beskryf word.

    Veranderlike           Datatipe          Beskrywing
    tblPlante              TADOTable         Verwys na die tabel tblPlante
    tblBestellings         TADOTable         Verwys na die tabel tblBestellings

2.1        Tabelblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 - SQL]

           In hierdie afdeling mag jy SLEGS SQL-stellings gebruik om VRAAG 2.1.1 tot
           VRAAG 2.1.5 te beantwoord.

           Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te
           vertoon, word verskaf. Die SQL-stellings is onvolledig.

           Die volgende GGK ('GUI') word vertoon:

           Doen die volgende:

           Sleutel die SQL-stellings vir VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 in wat
           onderskeidelik aan die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en
           sSQL5 toegeken is.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          9                                 DBE/2019
                                              SS/NSS

          2.1.1       Knoppie [2.1.1 - Lys van rose]

                      Vertoon al die besonderhede van die plante in die Roos-kategorie in
                      die tblPlante-tabel.

                      Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                                  (3)

          2.1.2       Knoppie [2.1.2 - Pienk rose en blomme]

                      Vertoon die PlantKode-, Kategorie-, Kleur- en GrootteVanPot-velde
                      uit die tblPlante-tabel vir al die plante in die Blom- en Roos-
                      kategorieë wat enige tipe pienk kleur het.

                      Voorbeeld van afvoer van die laaste vyf rekords:

                                                                                                 (6)

          2.1.3       Knoppie [2.1.3 - Gemiddelde prys per kategorie]

                      Gebruik data uit die tblPlante-tabel om die gemiddelde prys van
                      plante per kategorie te bepaal deur GemiddeldePrys as die nuwe
                      veldnaam vir die berekende veld te gebruik. Die gemiddelde prys
                      moet in geldeenheidformaat ('currency format') vertoon word.

                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         10                                DBE/2019
                                              SS/NSS

          2.1.4       Knoppie [2.1.4 - Vertoon inligting vir faktuurnommer F2]

                      Die faktuurnommer sal dieselfde vir al die items van 'n spesifieke
                      bestelling wees.

                      Vertoon die FaktuurNom-, Beskrywing- en GetalBestel-velde van al
                      die items wat in die tblBestellings-tabel vir faktuurnommer F2
                      bestel is.

                      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                (5)

          2.1.5       Knoppie [2.1.5 - Dateer items op wat afgelewer is]

                      Die getal items wat afgelewer is, verskil soms van die getal items
                      wat bestel is in die tabel tblBestellings.

                      Sodra 'n uitstaande aflewering gedoen is, moet die gebruiker die
                      itemnommer (ItemNom) vir die aflewering wat gedoen is, insleutel.
                      Skryf 'n SQL-stelling vir die veranderlike sSQL5 om die
                      GetalAfgelewer-veld te verander sodat dit dieselfde waarde as die
                      GetalBestel-veld bevat.

                      LET WEL:     Kode is verskaf om die gebruiker te vra om die
                                   itemnommer in te sleutel.

                      Voorbeeld van afvoer vir itemnommer 6 voordat die rekord verander
                      is:

                      Voorbeeld van afvoer vir itemnommer 6 nadat die rekord verander
                      is:

                                                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         11                                  DBE/2019
                                              SS/NSS

2.2       Tabelblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 - Delphi-kode]

          Gebruik slegs programmeringskode in hierdie afdeling om VRAAG 2.2.1 tot
          VRAAG 2.2.2 te beantwoord.

          GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.

          Die GGK ('GUI') vir VRAAG 2.2 word hieronder getoon.

          LET WEL:        Die veranderlikes iGetalBestel en sPlantKode word as globale
                          veranderlikes verskaf. Die inhoud van hierdie veranderlikes
                          moet in VRAAG 2.2.1 gebruik word om die beskikbaarheid van
                          voorraad te kontroleer en in VRAAG 2.2.2 om die bestelling te
                          plaas.

          2.2.1       Knoppie [2.2.1 - Kontroleer voorraad]

                      Die voorraad wat beskikbaar is, moet gekontroleer word voordat 'n
                      bestelling geplaas kan word.

                      Die gebruiker moet die volgende doen:

                         Selekteer 'n kategorie uit die Kategorie-kombinasieblokkie
                          ('combo box').

                      Kode word verskaf om die kombinasieblokkie (cmbPlantkode) wat
                      die plantkode bevat wat met die geselekteerde kategorie
                      geassosieer word, te vul.

                         Selekteer 'n plantkode uit die cmbPlantkode-kombinasieblokkie.
                         Sleutel die getal plante wat bestel moet word, in die
                          redigeerblokkie in wat verskaf is.

                      Kode word verskaf om:

                         Die plantkode wat uit die cmbPlantkode-kombinasieblokkie
                          geselekteer is, te onttrek
                         Die getal plante wat uit die edtGetalPlante-redigeerblokkie
                          ingesleutel is, te onttrek

                      Skryf kode om te bepaal of daar genoeg voorraad is, of nie.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         12                                   DBE/2019
                                              SS/NSS

                         As daar genoeg voorraad is, vertoon die plantkode, kleur, getal
                          plante wat bestel is en die prys van die geselekteerde item in die
                          redVertoon-afvoerarea en maak die btnV2_2_2-knoppie aktief.

                         As daar NIE genoeg voorraad beskikbaar is NIE:
                          o    Vertoon 'n boodskap wat die getal plante in voorraad toon.
                          o    Vra die gebruiker of hy of sy wil voortgaan om die bestelling
                               vir die beskikbare voorraad te plaas.
                          o    As die gebruiker die bestelling wil plaas:
                               - Vertoon die plantkode, kleur, getal plante wat bestel is
                                   en die prys van die geselekteerde item in die
                                   redVertoon-afvoerarea.
                               - Maak die btnV2_2_2-knoppie aktief.
                          o    As die gebruiker NIE die bestelling wil plaas NIE:
                               - Vertoon die boodskap 'Bestelling gekanselleer' in die
                                   redVertoon-afvoerarea.
                               - Maak die btnV2_2_2-knoppie onaktief.

                      Voorbeeld van afvoer as 'n versoek vir 125 plante met kode
                      DIP002#M uit die Kruiper-kategorie ingesleutel is:

                      Voorbeeld van afvoer as 'n versoek vir 225 plante met kode
                      DIP002#M uit die Kruiper-kategorie ingesleutel is met slegs 183
                      plante met hierdie kode wat beskikbaar is:

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         13                                   DBE/2019
                                              SS/NSS

                      Voorbeeld van die afvoer as 'n versoek vir 225 plante met die kode
                      DIP002#M uit die Kruiper-kategorie ingesleutel is en die gebruiker
                      wil NIE die bestelling plaas NIE:

                                                                                                   (11)

          2.2.2       Knoppie [2.2.2 - Plaas 'n bestelling]

                      'n Bestelling moet in die tblBestellings-tabel geplaas word deur die
                      volgende inligting te gebruik:

                         Die faktuurnommer vir hierdie bestelling in die tblBestellings-
                          tabel moet F2 wees.
                         Die plantkode en getal plante wat bestel is, moet verkry word van
                          die twee globale veranderlikes wat inligting bevat wat in
                          VRAAG 2.2.1 gespesifiseer is.
                         Die GetalAfgelewer-veld moet op 0 gestel word omdat die
                          aflewering nog nie gedoen is nie.

                      Voorbeeld van afvoer as 'n bestelling vir 125 plante met plantkode
                      DIP002#M geplaas is:

                                                                                                   (6)

              Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël
               van die programlêer ingesleutel is.
              Stoor jou program.
              Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word.

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      14                                     DBE/2019
                                           SS/NSS

AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING

Ster Kwekery nooi leerders van die plaaslike skole na 'n vrywillige opleidingsprogram
as deel van 'n gemeenskapsinisiatief uit. Leerders wat as vakleerlinge gebruik word,
moet opleidingsessies bywoon om hulle in staat te stel om klante met navrae en die
verkoop van plante te help.

Doen die volgende:

     Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.
     Maak die onvolledige objekklas VakLeerling_U.pas oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
      Vraag3_U.pas-lêer en die VakLeerling_U.pas-lêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) wat vertoon sal word:

Die program sal die getal ure van die opleiding en die waarde van die verkope wat
gemaak is, gebruik om te bepaal of die vakleerling vir 'n bonus kwalifiseer, of nie.

Voltooi die kode vir die VakLeerling_U-objekklas soos gespesifiseer in VRAAG 3.1 en
vir die Vraag3_U-vormklas in VRAAG 3.2.

3.1       Die onvolledige objekklas (TVakLeerling) wat verskaf is, bevat kode vir die
          volgende:

             Verklarings van vier attribute wat 'n VakLeerling-objek beskryf
             'n Konstruktor Create-metode
             'n Onvoltooide toString-metode
             Twee     toegangsmetodes        ('accessor     methods'):   getNaam      en
              getVakLeerlingID

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                          15                                   DBE/2019
                                               SS/NSS

          Die attribute vir die VakLeerling-objek is soos volg verklaar:

          Name van attribute           Beskrywing
          fVakLeerlingID               Unieke nommer om die vakleerling te identifiseer
          fNaam                        Vakleerling se naam en van
          fUre                         Getal ure opleiding wat die vakleerling bygewoon het
          fVerkope                     Bedrag van die verkope deur die vakleerling

          3.1.1       Die getal ure opleiding wat deur die vakleerling bygewoon is en die
                      bedrag van die verkope wat gedoen is, kan vermeerder word.

                      (a)    Skryf kode vir 'n metode met die naam opdateerUre wat 'n
                             waarde as 'n parameter ontvang. Vergroot die ure-attribuut
                             deur die parameterwaarde wat ontvang is, te gebruik.                   (4)

                      (b)    Skryf kode vir 'n metode met die naam opdateerVerkope wat
                             'n waarde as 'n parameter ontvang. Vergroot die verkope-
                             attribuut deur die parameterwaarde wat ontvang is, te gebruik.         (2)

          3.1.2       Skryf kode vir 'n metode met die naam kwalifiseerVirBonus.
                      Die metode moet 'n Boolese waarde TRUE terugstuur as die
                      vakleerling vir 'n bonus kwalifiseer of FALSE as die vakleerling nie
                      vir 'n bonus kwalifiseer nie.

                      'n Vakleerling kwalifiseer vir 'n bonus as die volgende voorwaardes
                      nagekom word:

                           Ten minste 15 uur se opleiding is bygewoon.
                           Die bedrag van die verkope is ten minste R 1 200.00.                    (5)

          3.1.3       Skryf kode om die toString-metode wat verskaf is, te voltooi om 'n
                      string in die volgende formaat terug te stuur:

                      <naam en van van die vakleerling> (<die vakleerling
                      se ID>) het <getal uur se opleiding wat bygewoon is>
                      uur se opleiding bygewoon en het plante ter waarde van <waarde
                      van die plante wat verkoop is, geformatteer volgens
                      geldeenheid en tot twee desimale plekke> verkoop.

                      Voorbeeld van afvoer wanneer die toString-metode geroep word:

                                                                                                    (4)

3.2       Die onvolledige eenheid Vraag3_U is verskaf wat kode bevat vir die objekklas
          om toeganklik te wees. 'n Objekveranderlike met die naam objVakLeerling is
          verklaar.

          'n Tekslêer met die naam Logboek.txt bevat die loginskrywings van al die
          opleiding- en verkoopsaktiwiteite van die vakleerlinge.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        16                                   DBE/2019
                                             SS/NSS

          Elke loginskrywing bevat inligting van 'n vakleerling in die volgende formaat:
          <vakleerling se ID>;<karakter O of V wat opleiding of 'n
          verkoopstransaksie wat gedoen is, aandui>#<numeriese
          waarde wat die getal uur van opleiding of die waarde van
          die verkope wat gedoen is, aandui>

          Voorbeeld van die eerste vier inskrywings in die tekslêer:
          12;O#0.98
          15;V#182.00
          13;V#118.00
          10;O#1.96

          Die eerste twee teksreëls kan soos volg geïnterpreteer word:
              12;O#0.98 – Vakleerling met ID-nommer 12 het 0.98 uur se opleiding
               bygewoon
              15;V#182.00 – Vakleerling met ID-nommer 15 het verkope ter waarde van
               R 182.00 gedoen
          Volg die instruksies hieronder om die oplossing te kodeer:

          3.2.1       Knoppie [3.2.1 - Klik om voort te gaan]

                      Die gebruiker moet die naam van 'n vakleerling uit die
                      cmbVakLeerling-kombinasieblokkie selekteer. Kode word verskaf
                      om die volgende te doen:
                         Onttrek die naam uit die kombinasieblokkie.
                         Ken 'n ID-nommer aan die geselekteerde vakleerling toe deur die
                          veranderlikes sNaam en iVakLeerlingID te gebruik.
                      Skryf kode om die volgende te doen:
                         Gebruik die veranderlikes wat verskaf is (sNaam                en
                          iVakLeerlingID) en instansieer die objVakLeerling-objek.
                         Stel die btnV3_2_2-knoppie om sigbaar te wees.                          (4)
                      Voorbeeld van die GGK as Kody Shaw as vakleerling geselekteer is
                      en die 'Klik om voort te gaan'-knoppie geklik is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         17                                    DBE/2019
                                              SS/NSS

          3.2.2       Knoppie [3.2.2 - Verwerk logboekdata]

                      Skryf kode om die volgende te doen:

                         Toets of die Logboek.txt-tekslêer bestaan, of nie. As die lêer
                          NIE bestaan NIE, vertoon 'n geskikte boodskap en sluit die
                          program af.

                         As die tekslêer bestaan, soek in elke teksreël vir die
                          geselekteerde vakleerling se ID.

                          As die vakleerling se ID gevind is, doen die volgende:

                          o    Onttrek die tipe inskrywing (O of V) en die waarde wat die
                               getal uur se opleiding of die bedrag van die verkope uit die
                               teksreël aandui.
                          o    Gebruik die opdateerUre- of die opdateerVerkope-metode
                               om die vakleerling se ure of verkope op te dateer, gebaseer
                               op die tipe inskrywing (O of V).

                          Sodra al die data uit die tekslêer verwerk is, doen die volgende:

                          o    Maak die afvoerarea skoon.
                          o    Vertoon die vakleerling se inligting in die afvoerarea deur
                               die toString-metode te gebruik.
                          o    Stel die btnV3_2_3-knoppie om sigbaar te wees.

                          As die vakleerling se ID-nommer NIE in die tekslêer gevind kon
                          word NIE, vertoon die boodskap 'Die vakleerling is nie
                          geregistreer nie.' in die afvoerarea.

                      Voorbeeld van afvoer as vakleerling Kody Shaw geselekteer is en
                      die logboekdata verwerk is:

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         18                                  DBE/2019
                                              SS/NSS

                     Voorbeeld van afvoer as vakleerling Lindiwe Dlamini geselekteer is
                     en die logboekdata verwerk is:

                                                                                                  (18)
         3.2.3       Knoppie [3.2.3 - Kwalifiseer vir 'n bonus?]

                     Skryf kode om die volgende te doen:

                         Bepaal of die vakleerling vir 'n bonus kwalifiseer deur die
                          kwalifiseerVirBonus-metode te gebruik.
                         Vertoon 'n geskikte boodskap in die afvoerarea wat aandui of die
                          vakleerling vir 'n bonus kwalifiseer, of nie.

                     Voorbeeld van afvoer vir vakleerling Kody Shaw:

                     Kody Shaw (10) het 65.66 uur se opleiding bygewoon
                     en het plante ter waarde van R 1 405.00 verkoop.
                     Die vakleerling kwalifiseer vir 'n bonus.

                     Voorbeeld van afvoer vir vakleerling Tyrone Kemsley:

                     Tyrone Kemsley (12) het 65.66 uur se opleiding
                     bygewoon en het plante ter waarde van R 1 078.00
                     verkoop.
                     Die vakleerling kwalifiseer NIE vir 'n bonus NIE.                            (3)

   Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    objekklas en vormklas ingesleutel is.
   Stoor al die lêers.
   Druk die kode van die objekklas en die vormklas indien dit vereis word.

                                                                   TOTAAL AFDELING C:             40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    19                                   DBE/2019
                                         SS/NSS

AFDELING D

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

SCENARIO

Die bome by die kwekery is volgens die tipes Sitrus, Bladwissellend, Neut en Tropies
gekategoriseer.

Doen die volgende:

   Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.
   Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
    Vraag4_U.pas-lêer in.
   Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Die GGK hieronder word vertoon.

Die program bevat kode van die volgende vir die verklaring:

   'n Skikking met die naam arrTipes wat die vier tipes bome by die kwekery bevat:

           arrTipes: array [1..4] of String = (
                                     'Sitrus',
                                     'Bladwissellend',
                                     'Neut',
                                     'Tropies');

   'n Eendimensionele skikking met die naam arrLys wat 'n lys van 24 bome wat by
    die kwekery beskikbaar is, bevat.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       20                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

      Die formaat van die kode in die skikking wat elke boom verteenwoordig, is soos
      volg:
              <naam van boom>#<eerste letter van tipe boom>
         arrLys:      array [1..24] of String = (
                      'Lemoen#S','Haselneut#N','Appel#B',
                      'Piesang#T','Pekanneut#N','Peer#B',
                      'Suurlemoen#S','Papaja#T','Kiwi#T',
                      'Appelkoos#B','Pomelo#S','Okkerneut#N',
                      'Lemmetjie#S','Mango#T','Perske#B',
                      'Kasjoeneut#N','Amandel#N','Nartjie#S',
                      'Avokado#T','Kersie#B','Pruim#B',
                      'Makadamia#N','Koemkwat#S','Koejawel#T');

      Die eerste twee inskrywings in die arrLys-skikking kan soos volg verduidelik word:

      Lemoen#S beteken dat die boom se naam Lemoen en die tipe boom Sitrus is.
      Haselneut#N beteken dat die boom se naam Haselneut en die tipe boom Neute is.

     'n Tweedimensionele skikking met die naam arrBome en twee heelgetal-
      veranderlikes wat die getal rye en kolomme van die arrBome-skikking bevat:

         arrBome: array [1..4, 1..6] of String;
         iTipes: integer = 4;
         iNom: integer = 6;

LET WEL:
     MOENIE die kode wat verskaf is, verander NIE.
     Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in jou
      oplossing toegepas word.

Voltooi die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 4, soos beskryf in VRAAG 4.1 tot
VRAAG 4.3.

4.1        Knoppie [4.1 – Verdeel volgens tipe]

           Die data in die arrLys-skikking moet in die tweedimensionele skikking
           arrBome per ry volgens die tipes bome gestoor word, bv. die data van die
           sitrusbome moet in ry 1 gestoor word, die bladwisselende bome in ry 2, die
           neutbome in ry 3 en die tropiese bome in ry 4.

           Gebruik die arrTipes-skikking om die waarde van die ry waar die data van die
           boom in die arrBome-skikking gestoor moet word te bepaal, bv. as die
           datastring 'Lemoen#S' is, is die tipe boom 'Sitrus' en die datastring
           'Lemoen#S' moet in ry 1 gestoor word. As die datastring 'Haselneut#N' is, is
           die boom van tipe 'Neut' en die datastring moet in ry 3 gestoor word, en so
           aan.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       21                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

          Skryf kode om die volgende te doen:
              Stoor die data van elke boom in die arrLys-skikking in die korrekte posisie
               in die tweedimensionele skikking arrBome.
              Maak die knoppies btnV4_2 en btnV4_3 aktief.                                   (11)

4.2       Knoppie [4.2 - Vertoon]

          Skryf kode om die tipes bome te vertoon wat in die arrTipes-skikking
          voorkom en die bome wat met die tipes bome uit die arrBome-skikking
          ooreenstem.

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (7)

4.3       Knoppie [4.3 – Sorteer alfabeties]

          Die bome in die arrBome-skikking moet alfabeties volgens tipe boom
          gesorteer word, bv. sitrusbome sal soos volg in ry 1 van die arrBome-
          skikking voorkom:

          Koemkwat        Lemmetjie     Lemoen     Nartjie     Pomelo     Suurlemoen

          Skryf kode om die volgende te doen:

              Verwyder die laaste twee karakters van elke element in die arrBome-
               skikking.
              Sorteer die arrBome-skikking alfabeties per tipe boom.
              Voer die kode in die knoppie btnV4_2 uit om die lys bome te vertoon
               nadat dit gesorteer is.

          Voorbeeld van afvoer:

                                                                                              (12)

     Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      programlêer ingesleutel is.
     Stoor jou program.
     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                 TOTAAL AFDELING D:           30
                                                                     GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       1                                    DBE/2019
                                           SS/NSS

                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

DATABASISINLIGTING VIR VRAAG 2:

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblPlants

Hierdie tabel bevat 'n pryslys van al die voorraad in die PJB Grootmaat Tuinsentrum.

Field name                Data type    Description
Plantkode                 Text (13)    'n Unieke kode wat aan elke plant-item toegeken is
Beskrywing                Text (35)    Die beskrywing van elke plant-item
Kategorie                 Text (12)    Kategorie van die plant-item
GrootteVanPot             Text (4)     Die potgrootte van die plant met S, M, L, XL, XXL en
                                       XXXL aangedui
Kleur                     Text (20)    Kleur van die blomme
Prys                      Currency     Verkoopprys van die plant
InVoorraad                Integer      Getal plante in voorraad

Voorbeeld van data van die eerste tien rekords:

Tabel: tblBestellings

Hierdie tabel bevat die rekords van bestellings wat geplaas is.

Field name            Data type        Description
ItemNom               AutoNumber       'n Unieke getal wat aan 'n item in 'n bestelling
                                       toegeken is
FaktuurNom            Text (3)         Elke bestelling kry 'n faktuurnommer. 'n Bestelling
                                       kan veelvuldige items bevat.
Plantkode             Text (13)        Die kode van die plant wat bestel is – vreemde
                                       sleutel
GetalBestel           Integer          Getal plante van 'n spesifieke item wat bestel is
GetalAfgelewer        Integer          Getal plante van 'n spesifieke item wat afgelewer is

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     2                               DBE/2019
                                         SS/NSS

Voorbeeld van data van die eerste tien rekords:

Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit bestaan tussen die
twee tabelle in die databasis:

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P1 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2019-memo-afr/f015da31-32a4-4cf4-8538-1574817c4090) — Information Technology · Memo · 2019 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2019-english/13baa4c0-c4fc-48ad-be32-a39f4775b286) — Information Technology · QP · 2019 · Eng
- [Information Technology P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2019-afr/0d13fffc-578b-4fce-954d-57bc720bc513) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-eng/f20968e6-cad1-4344-a27e-a4710f8d6ccc) — Information Technology · QP · 2018 · Eng
- [Information Technology P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-june-july-2015-afr-2/99bccf2f-17ab-41f3-b2cd-41e24e170d07) — Information Technology · QP · 2015 · Afr
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2019-english/e1bbda31-02cd-4390-8960-747e62fdb1ee) — Information Technology · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
