# Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2022-afr-2/be5991bc-4946-4579-a29e-306146b3b2c9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2022-afr-2/be5991bc-4946-4579-a29e-306146b3b2c9)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

                                       2022(2)

                                                                         PUNTE: 150

                                                                             TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye en 2 bladsye met data.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                     2                                    DBE/2022(2)
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL
         VIER afdelings beantwoord.

2.       Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
         eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
         eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

3.       Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend van die
         Delphi-programmeringstaal is. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik
         word om die vrae te beantwoord.

4.       Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
         vraag gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word.

5.       Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
         nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word
         nie.

6.       Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
         werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
         wat in die vraestel verskyn nie.

7.       Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
         ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
         hierdie roetines gebruik NIE.

8.       Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
         datastrukture verskaf word.

9.       Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
         jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
         toegeken is.

10.      Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
         wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.

11.      Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
         klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op alle drukstukke verskyn.
         Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word.

12.      Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
         geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
         dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
         jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                         3                                      DBE/2022(2)
                                              SS/NSS

13.      Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
         disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
         lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.

         Doen die volgende:

            Dubbelklik op die volgende uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord beskerm is:
             DataAFRJunieRugSteun2022.exe.
            Klik op die 'Extract'-knoppie.
            Sleutel die volgende wagwoord in: #locust*1

         Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids ('folder')
         DataAFRJunieRugSteun2022 beskikbaar wees:

         Vraag 1:
         By.txt
         Vraag1_P.dpr
         Vraag1_P.dproj
         Vraag1_P.res
         Vraag1_U.dfm
         Vraag1_U.pas

         Vraag 2:
         ConnectDB_U.pas
         InsekMuseum.mdb
         InsekMuseum - Copy.mdb
         Vraag2_P.dpr
         Vraag2_P.dproj
         Vraag2_P.res
         Vraag2_U.dfm
         Vraag2_U.pas

         Vraag 3:
         Inspeksie_U.pas
         Resultate.txt
         Vraag3_P.dpr
         Vraag3_P.dproj
         Vraag3_P.res
         Vraag3_U.dfm
         Vraag3_U.pas

         Vraag 4:
         butterfly.jpg
         caterpillar.jpg
         dragonfly.jpg
         ladybug.jpg
         Vraag4_P.dpr
         Vraag4_P.dproj
         Vraag4_P.res
         Vraag4_U.dfm
         Vraag4_U.pas

 Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                   4                                   DBE/2022(2)
                                           SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Doen die volgende:

      Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
       Vraag1_U.pas-lêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

       Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):

      Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos in VRAAG 1.1 tot
       VRAAG 1.5 wat volg, beskryf is.

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      5                                      DBE/2022(2)
                                          SS/NSS

1.1      Knoppie [1.1 – Deel bestuur]
         'n Groep universiteitsvriende wil beurte maak om 'n afstand van 2 356,85 km
         na hulle bestemming te bestuur. 'n Konstante veranderlike rAFSTAND is
         verklaar om die waarde van 2356.85 te stoor.
         Die gebruiker moet die getal vriende in die spnV1_1-spin-redigeer('spin edit')-
         komponent selekteer.
         Skryf kode om die volgende te doen:
             Onttrek die getal vriende wat uit die spnV1_1-spin-redigeer('spin edit')-
              komponent geselekteer is.
             Bereken die getal kilometer wat elke vriend sal bestuur indien die getal
              kilometer wat afgelê gaan word, gelykop tussen die vriende verdeel word.
              Gebruik die konstante veranderlike rAFSTAND wat verskaf is, in die
              berekening.
             Gebruik die etiket ('label') lblV1_1 om die getal kilometer te vertoon wat
              elke vriend sal bestuur, tot die naaste heelgetal afgerond.
         Voorbeeld van afvoer as die getal vriende wat geselekteer is, 4 is:

                                                                                                    (4)
1.2      Knoppie [1.2 – Gelukkige nommer]

         'n Persoon kan gratis toegang tot 'n uitstalling kry as hulle kaartjienommer 'n
         perfekte vierkant is. 'n Nommer is 'n perfekte vierkant as die vierkantswortel
         van die nommer 'n heelgetal is.

         Skryf kode om die volgende te doen:
             Ken 'n ewekansige waarde binne die reikwydte van 1 tot 20 (ingesluit) as
              die kaartjienommer aan die veranderlike iKaartjieNommer wat verskaf is
              toe.
             Vertoon die kaartjienommer in die redigeerblokkie ('edit box') edtV1_2.
             Toets of die kaartjienommer 'n perfekte vierkant is of nie.
              As die nommer 'n perfekte vierkant is, doen die volgende:
              o Verander die kleur van die redigeerblokkie edtV1_2 na groen.
              o Vertoon die boodskap 'Gratis kaartjie' in die edtV1_2Kaartjie-
                  redigeerblokkie.
              As die nommer NIE 'n perfekte vierkant is NIE, doen die volgende:
              o Verander die kleur van die redigeerblokkie edtV1_2 na wit.
              o Vertoon die boodskap 'Nie gratis nie' in die edtV1_2Kaartjie-
                  redigeerblokkie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                     6                                    DBE/2022(2)
                                         SS/NSS

         Voorbeeld van afvoer as die waarde van 9 as die kaartjienommer gegenereer
         is:

         Voorbeeld van afvoer as die waarde van 15 as die kaartjienommer
         gegenereer is:

                                                                                                 (8)

1.3      Knoppie [1.3 – Vertoon insek]

         'n Prentjie is met gebruik van verskillende karakters saamgestel om 'n
         byagtige figuur te vorm. Die reëls met karakters is in die tekslêer By.txt wat
         verskaf is, gestoor.

         Skryf kode om die inhoud van die tekslêer By.txt in die redV1_3-'rich edit',
         met 'n huts('hash')-karakter (#) aan die begin van elke reël te vertoon.

         LET WEL: GEEN punte sal vir die gebruik van die 'LoadFromFile'-funksie
                  toegeken word NIE.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                 (8)

1.4      Knoppie [1.4 – Skakel om]

         Suid-Afrikaners wat oorsee reis, moet gewoonlik Suid-Afrikaanse rand na
         ander buitelandse geldeenhede omskakel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      7                                   DBE/2022(2)
                                          SS/NSS

         Die gebruiker moet die volgende doen:

             Gebruik die redigeerblokkie edtV1_4_1 om die bedrag in te sleutel wat in
              Suid-Afrikaanse rand omgeskakel moet word.
             Gebruik die radiogroep ('radio group') rgpV1_4 om die buitelandse
              geldeenheid te selekteer waarin die bedrag omgeskakel moet word.

         Skryf kode om die volgende te doen:
             Verklaar geskikte veranderlikes om die bedrag wat ingesleutel is, die
              wisselkoers en die bedrag wat omgeskakel is, te stoor.
             Onttrek die bedrag wat ingesleutel is, uit die redigeerblokkie edtV1_4_1.
             Bepaal die wisselkoers deur die volgende tabel te gebruik:

                          BUITELANDSE                  WISSELKOERS VAN
                          GELDEENHEID              EEN SUID-AFRIKAANSE RAND
                     Euro                                     16.90
                     Dollar                                   15.35
                     Pond                                     20.42
                     Jen                                       0.13
                     Roepee                                    0.20

             Skakel die bedrag wat ingesleutel is, om na die buitelandse geldeenheid
              wat geselekteer is.
             Vertoon die omgeskakelde bedrag op die paneel pnlV1_4, tot twee
              desimale plekke geformatteer.
             Die vertoon moet die geldeenheid van die opsie wat in die radiogroep
              ('radio group') geselekteer is, insluit.

         Voorbeeld van afvoer as 'n bedrag van 100 Suid-Afrikaanse rand ingesleutel
         is en dollar ($) geselekteer is (linkerkant) en roepee geselekteer is (regter-
         kant).

                                                                                                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                     8                                   DBE/2022(2)
                                             SS/NSS

1.5          Knoppie [1.5 – Wagwoord]

             'n Sterk wagwoord moet ten minste een spesiale karakter (! @ # $ %) insluit
             en moet uit meer as agt karakters bestaan.

             'n Toevoerblokkie ('input box') moet gebruik word om 'n wagwoord in te
             sleutel.

             Skryf kode om die volgende te doen:

                 Stoor die wagwoord wat in die toevoerblokkie ingesleutel is, in 'n
                  veranderlike.
                 Toets of die wagwoord 'n sterk wagwoord is of nie.
                 As die wagwoord nie 'n sterk wagwoord is nie, vertoon 'n geskikte
                  boodskap en hou aan om die gebruiker te vra om 'n ander wagwoord in te
                  sleutel totdat 'n sterk wagwoord ingesleutel is.

             Voorbeeld van toevoer en afvoer as 'n swak wagwoord ingesleutel is:

             Voorbeeld van toevoer en afvoer as 'n sterk wagwoord ingesleutel is:

                                                                                                    (10)

      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
       in.
      Stoor jou program.
      Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             40

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                   9                                  DBE/2022(2)
                                           SS/NSS

AFDELING B
VRAAG 2: SQL EN DATABASISPROGRAMMERING

'n Insektarium is 'n plek waar 'n versameling insekte aangehou en uitgestal word. Die
insektarium by 'n plaaslike museum het 'n databasis met die naam
InsekMuseum.mdb ontwikkel, wat inligting oor verskillende insekte bevat en ook die
kamers waarin hulle uitgestal word. Die databasis bevat twee tabelle met die name
tblUitstalKamers en tblInsekte. Die bestuurder by die insektarium het jou hulp nodig
met die onttrek van inligting uit die databasis en die onderhoud daarvan.

Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor die ontwerp
van die InsekMuseum.mdb-databasis en die inhoud daarvan.
Doen die volgende:
     Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2-
      lêergids oop.
     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
      Vraag2_U.pas-eenheidlêer in.
     Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
      Die inhoud van die tabelle word vertoon soos wat hieronder met die seleksie van
      Oortjieblad ('Tab sheet') Vraag 2.2 – Delphi-kode getoon word.

     Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling wat in VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.
     Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om
      VRAAG 2.2 te beantwoord.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                  10                                     DBE/2022(2)
                                           SS/NSS

LET WEL:
     Die 'Herstel databasis'-knoppie ('Restore database') word verskaf om die data wat
      in die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
     Kode word verskaf om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.
      Moet NIE enige van die kode wat verskaf is, verander NIE.
     TWEE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
      hieronder beskryf word.

         Veranderlike     Datatipe              Beskrywing
         tblUitstalKamers TADOTable             Verwys na die tabel tblUitstalKamers
         tblInsekte       TADOTable             Verwys na die tabel tblInsekte

2.1         Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 – SQL]

            Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1:

            LET WEL: Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die
                     navrae te vertoon, word verskaf. Die SQL-stellings wat aan die
                     veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5
                     toegeken is, is onvolledig.

            Voltooi die SQL-stellings om die take wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5
            hieronder beskryf word, uit te voer.

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                      11                                    DBE/2022(2)
                                           SS/NSS

         2.1.1     Knoppie [2.1.1 – Lys van insekte]

                   Vertoon al die besonderhede van die insekte in die tblInsekte-tabel,
                   in stygende ('ascending') volgorde volgens habitat en in dalende
                   ('descending') volgorde volgens die gewig van die insekte gesorteer.

                   Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:

                                                                                                   (3)

         2.1.2     Knoppie [2.1.2 – Giftige soutwater-insekte]

                   Vertoon die insekkode en wetenskaplike naam van al die giftige
                   insekte wat in sout water lewe, in die tblInsekte-tabel.

                   Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                   (4)

         2.1.3     Knoppie [2.1.3 – Insekte vir geselekteerde habitat]

                   Die gebruiker moet 'n habitat uit die cmbV2_1_3-kombinasielys
                   ('combo box') selekteer. Vertoon die InsekKode-veld en
                   WetenskaplikeNaam-veld van al die insekte in die habitat wat deur
                   die gebruiker geselekteer is.

                   Kode is verskaf om die geselekteerde habitat te onttrek ('extract') en
                   in 'n veranderlike met die naam sHabitat te stoor.

                   Voorbeeld van afvoer as 'Woestyn' as habitat geselekteer is:

                                                                                                   (4)

         2.1.4     Knoppie [2.1.4 – Totale gewig van insekte]

                   Vertoon die UitstalKamerID en die totale gewig van die insekte in
                   elke kamer slegs as die totale gewig meer as een kilogram is.

                   Gebruik Totale Gewig as die naam van die berekende veld vir die
                   totale gewig van die insekte.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                      12                                     DBE/2022(2)
                                            SS/NSS

                    Voorbeeld van afvoer:

                                                                                                     (9)
          2.1.5     Knoppie [2.1.5 – Verwyder insekte]
                    Uitstalkamer EX08 gaan opgeknap word en al die insek-uitstallings
                    moet uit hierdie kamer na 'n stoorplek verskuif word.

                    Verwyder al die rekords       in   die   tblInsekte-tabel   waar    die
                    ExhibitRoomID EX08 is.

                    Kode is verskaf om 'n boodskap te vertoon wat aandui dat die inhoud
                    van die databasis verander is.                                                   (3)

2.2       Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 – Delphi-kode]
         Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.2:

          LET WEL:
             Gebruik slegs Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1                     en
              VRAAG 2.2.2 te beantwoord.
             GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                         13                                  DBE/2022(2)
                                              SS/NSS

         2.2.1     Knoppie [2.2.1 – Maksimum uitstallings]

                   Uitstallings word soms na ander kamers verskuif wat beteken dat die
                   maksimum getal uitstallings wat in 'n uitstalkamer toegelaat word, kan
                   verander.

                   In hierdie geval moet die gebruiker die UitstalKamerID van die
                   kamer uit die tblUitstalKamers-tabel in die dbgrid (dbgKamers)
                   selekteer en die aangepaste maksimum getal uitstallings in die
                   edtV2_2_1-redigeerblokkie ('edit box') insleutel.

                   Kode is verskaf om die aangepaste maksimum getal uitstallings uit
                   die edtV2_2_1-komponent te onttrek ('extract') en te stoor.

                   Skryf kode om die maksimum getal uitstallings in die geselekteerde
                   uitstalkamer te verander na die waarde wat ingesleutel is.

                   Voorbeeld van die resultaat as die uitstalkamer met die kode EX01
                   geselekteer is en 'n waarde van 60 ingesleutel is:

                   Die maksimum getal uitstallings wat voor die verandering in
                   kamer EX01 toegelaat word:

                   Die maksimum getal uitstallings wat na die verandering in
                   kamer EX01 toegelaat word:

                                                                                                    (4)

         2.2.2     Knoppie [2.2.2 – Lewendige uitstallings]

                   'n Verslag wat die kode en gewig vertoon van die insekte in elke
                   kamer wat lewendige uitstallings akkommodeer, is aangevra. Die
                   totale getal insekte tans in elk van hierdie kamers en die getal plekke
                   wat nog vir meer insekte oor is, moet ook bereken en vertoon word.

                   Skryf kode om die volgende te doen:

                   Doen die volgende vir elke kamer met lewendige uitstallings:

                         Vertoon die UitstalKamerID van die kamer as 'n opskrif in die
                          'rich edit'-komponent redV2_2_2.
                         Vertoon die InsekKode en Gewig van al die insekte in die kamer.
                         Bepaal en vertoon die totale getal insekte in die kamer.
                         Bepaal en vertoon die getal plekke wat nog oor is om meer
                          insekte in die kamer te akkommodeer.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                    14                                  DBE/2022(2)
                                             SS/NSS

                       Voorbeeld van afvoer van die eerste kamer in die tblInsekte-tabel
                       wat lewendige insek-uitstallings akkommodeer:

                                                                                                   (13)

     Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
     Stoor jou program.
     Druk die kode indien dit vereis word.

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              40

    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                  15                                   DBE/2022(2)
                                           SS/NSS

AFDELING C

VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING

Suid-Afrika is die tuiste van sprinkaanspesies wat gereeld swerms vorm en skade aan
oeste aanrig. 'n Betroubare inspeksiestelsel is opgestel om te bepaal of dit nodig is dat
'n plaas waar 'n uitbreking van sprinkane aangemeld is, onmiddellik behandel moet
word of nie.

Die onvolledige program wat verskaf is, moet voltooi word en gebruik word om te
bepaal of 'n geïdentifiseerde swerm sprinkane 'n gevaar inhou en behandeling vereis,
of nie.

Doen die volgende:

      Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.
      Maak die onvolledige objekklas Inspeksie_U.pas oop.
      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
       Vraag3_U.pas-lêer en die Inspeksie_U.pas-lêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.

Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

      Voltooi die kode soos gespesifiseer in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 wat volg.

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                       16                                     DBE/2022(2)
                                             SS/NSS

3.1       Die onvolledige objekklas (TInspeksie) wat verskaf is, bevat kode vir die
          verklaring van vier attribute wat gebruik word om 'n Inspeksie-objek en
          -metodes te beskryf.

          Die volgende is in die objekklas verskaf:

               Die verklaring van die volgende attribute vir 'n TInspection-objek:
              Attribuut            Beskrywing
              fPlaasNaam           Die naam van 'n plaas
              fInspeksieDatum      Die datum van die inspeksie (dd/mm/jjjj)
              fPlaasGrootte        Die totale grootte van die plaas in hektaar gemeet
              fSprinkaanStadium    Die huidige ontwikkelingstadium van 'n sprinkaan (eier,
                                   nimf, voetganger of volwasse sprinkaan)

               'n Voltooide konstruktor met die naam 'Create'
               'n Voltooide toString-metode wat die besonderhede van 'n inspeksie in die
                volgende formaat vertoon:
                Naam van plaas: <Plaasnaam>
                Inspeksiedatum: <Inspeksiedatum>
                Grootte van plaas: <Plaasgrootte> hektaar
                Sprinkaanstadium: <Ontwikkelingstadium van sprinkaan>

          Voltooi die kode in die objekklas soos in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.4
          hieronder beskryf word.

          3.1.1     Skryf 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam
                    getPlaasNaam wat die naam van die plaas sal terugstuur.                          (2)

          3.1.2     Skryf 'n metode met die naam berekenPDoderBenodig om die
                    hoeveelheid plaagdoder wat nodig is om die plaas te behandel, in liter
                    te bereken en terug te stuur. Die terugstuurwaarde moet tot die naaste
                    heelgetalwaarde afgerond word.

                    LET WEL: 'n Liter plaagdoder word gebruik om 'n maksimum van
                             0,85 hektaar te behandel.                                               (3)

          3.1.3     Die ontwikkelingstadium van die sprinkaan dui die tydsduur van die
                    uitbreking in weke aan.

                    Gebruik die inligting in die tabel hieronder en skryf 'n metode met die
                    naam bepaalTydsduur om die tydsduur van die uitbreking te bepaal
                    en 'n string terugstuur wat die tydsduur van die uitbreking beskryf.

                           Sprinkaan se stadium                      Tydsduur
                             van ontwikkeling                    van die uitbreking
                      Nimf                               Minder as 2 weke
                      Voetganger                         2 tot 8 weke
                      Volwassene                         Meer as 8 weke                              (7)

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                        17                                      DBE/2022(2)
                                              SS/NSS

          3.1.4     Skryf 'n metode met die naam behandelingBenodig wat die grootte
                    van die area op die plaas wat besmet is, in hektaar as 'n parameter
                    ontvang.
                    Stuur die string 'Behandeling benodig' terug as EEN van die volgende
                    voorwaardes nagekom is:
                          Die ontwikkelingstadium van die sprinkaan is 'Volwasse'.
                           OF
                          Die area wat besmet is, is meer as 25% van die totale grootte van
                           die plaas.
                    Stuur die string 'Behandeling nie benodig nie' terug as geen van die
                    voorwaardes hierbo nagekom is nie.                                                  (7)
3.2       'n Onvolledige program, Vraag3_P, is in die Vraag 3-lêergids verskaf. Die
          program bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar 'n
          objekveranderlike met die naam objInspeksie.
          Skryf kode om die take wat in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.4 beskryf word, uit
          te voer.
          3.2.1     Knoppie [3.2.1 – Instansieer en vertoon besonderhede van objek]
                    Kode is verskaf om die naam van die plaas, inspeksiedatum en die
                    grootte van die plaas uit die relevante redigeerblokkies te onttrek
                    ('extract').
                    Skryf kode om die volgende te doen:
                          Onttrek die ontwikkelingstadium van die sprinkane uit die
                           kombinasielys ('combo box') cmbV3_1.
                          Instansieer 'n nuwe inspeksie-objek ('inspection object').
                          Gebruik die toString-metode om die besonderhede van die objek
                           in die 'rich edit' redV3 te vertoon.
                    Voorbeeld van toevoer:

                                                                                                        (5)
           3.2.2      Knoppie [3.2.2 – Tydsduur van uitbreking]
                      Skryf kode om die relevante metode te roep om die tydsduur van die
                      uitbreking te bepaal en die resultaat in die 'rich edit' redQ3 te vertoon.
                      Voorbeeld van afvoer as die ontwikkelingstadium van die sprinkane
                      'voetganger' is:

                                                                                                        (3)

 Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                        18                                   DBE/2022(2)
                                             SS/NSS

          3.2.3      Knoppie [3.2.3 – Hoeveelheid plaagdoder]

                     Skryf kode om die relevante metode te roep om die liter plaagdoder
                     te bepaal wat benodig word om die besmette area te behandel en die
                     resultaat in die 'rich edit' redV3 te vertoon.

                     Voorbeeld van afvoer met die besonderhede van die plaas, die
                     uitbreking en die hoeveelheid plaagdoder wat benodig word:

                                                                                                    (4)

          3.2.4      Knoppie [3.2.4 – Skryf na lêer]

                     Die gebruiker moet die grootte van die besmette area op die plaas in
                     hektaar in die edtV3_2_4-redigeerblokkie insleutel.

                     Die grootte van die besmette area van die plaas sal gebruik word om
                     te bepaal of die plaas behandeling benodig of nie. Die uitslag van die
                     inspeksie moet in die volgende formaat by die data gevoeg word wat
                     in die tekslêer Resultate.txt wat verskaf is, gestoor is:

                     <Naam van plaas>
                     <Behandeling benodig/nie benodig nie>

                     Inhoud van die tekslêer Resultate.txt wat verskaf is:
                     Nottingham
                     Behandeling benodig
                     Clarens-plaas
                     Behandeling nie benodig nie

                     Kode is verskaf om die grootte van die besmette area van die plaas in
                     hektaar uit die edt V3_2_4-redigeerblokkie te onttrek.

                     Skryf kode om die volgende te doen:
                         Maak die tekslêer Resultate.txt oop om nuwe inligting by te voeg.
                         Roep die behandelingBenodig-metode en gebruik die grootte
                          van die besmette area as 'n argument om te bepaal of die plaas
                          behandeling benodig of nie.
                         Skryf die volgende inligting na die tekslêer:
                          o Die naam van die plaas
                          o Of behandeling benodig word of nie
                         Gebruik 'n dialoogblokkie om aan te dui dat die inligting na die
                          lêer geskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                       19                                    DBE/2022(2)
                                                SS/NSS

                         Voorbeeld van boodskap wat vertoon moet word:

                         Voorbeeld van die inhoud van die tekslêer Resultate.txt nadat die
                         inligting by die lêer gevoeg is:

                         Voorbeeld van 'n ander inspeksie wat met die volgende inligting
                         uitgevoer is:

                         Voorbeeld van die inhoud van die tekslêer Resultate.txt nadat die
                         inspeksie voltooi is en 5 hektaar as die besmette area ingesleutel is:

                                                                                                        (9)

      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en
       die vormklas in.
      Stoor jou program.
      Druk die kode in die objekklas en vormklas indien dit vereis word.

                                                                      TOTAAL AFDELING C:                40

    Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                  20                                  DBE/2022(2)
                                           SS/NSS

AFDELING D

VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING

Die Insek-lo-pedia hou hulle jaarlikse vasvrakompetisie. Jy is gevra om die organisasie
te help deur 'n elektroniese meervoudigekeuse-program te ontwikkel.

Doen die volgende:

      Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.
      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
       Vraag4_U.pas-lêer in.
      Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.

Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):

Die volgende kode is verskaf:

      'n Skikking arrVraagAntw wat uit tien vrae met vier meervoudigekeuse-antwoorde
       elk bestaan

       Die formaat van die elemente in die skikking word hieronder gegee.

          ((<Vraag1>, <antwoord1>, <*antwoord2>, <antwoord3>, <antwoord4>),
          ((<Vraag2>, <*antwoord1>, <antwoord2>, <antwoord3>, <antwoord4>),
          ...)

       Die korrekte antwoord op 'n vraag word met 'n asterisk (*) as die eerste karakter
       aangedui.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                     21                                    DBE/2022(2)
                                              SS/NSS

       Voorbeeld van die gegewe kode vir die eerste drie vrae en moontlike antwoorde
       word hieronder gegee.

       arrVraagAntw: array [1..10, 1..5] of String = (
        (''n Ruspe is die .......... stadium van ''n skoenlapper.',
        'papie-', '*larwe-', 'volwasse', 'baba-'),
        ('Een van die ontwikkelingstadiums van ''n sprinkaan is ''n ..........',
       '*voetganger', 'larwe', 'stapper', 'vlieër'),
        ('Die meeste insekte haal deur hulle .......... asem.',
        'vel', 'kieue', 'longe', '*lugbuisies'),
        ..........

      Twee globale veranderlikes iTel en iTelling is verklaar en na nul geïnisialiseer:

          iTel: Integer = 0;
          iTelling: Integer = 0;

Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4 soos beskryf in VRAAG 4.1 tot
VRAAG 4.3 word.
4.1          Knoppie [4.1 – Vertoon vraag]
             Vrae en antwoorde uit die arrVraagAntw-skikking moet in volgorde van
             Vraag 1 tot Vraag 10 vertoon word, een vraag op 'n slag met die klik van
             btnV4_1.

             Skryf kode om die volgende te doen:

                 Gebruik die iTel-veranderlike om die nommer van die vraag in die paneel
                  pnlV4 te vertoon.
                 Vertoon die ooreenstemmende vraag uit die skikking arrVraagAntw in die
                  'rich edit' redV4.
                 Vertoon die vier moontlike antwoorde in die lysblokkie ('list box') lsbV4.
                  Die asterisk-karakter wat die korrekte antwoord aandui, moet NIE vertoon
                  word NIE.
             Kode is verskaf om die volgende te doen:
                 Maak die lysblokkie lsbV4 aktief nadat die 'Vertoon vraag'-knoppie geklik
                  is.
                 Maak die btnV4_1-knoppie onaktief nadat al tien die vrae vertoon is.

             Voorbeeld van afvoer vir die eerste vraag in die arrVraagAntw-skikking:

                                                                                                      (7)

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                      22                                    DBE/2022(2)
                                            SS/NSS

4.2       Knoppie [4.2 – Verskaf antwoord]

          Daar word van die gebruiker verwag om 'n antwoord uit die lysblokkie lsbV4 te
          selekteer sodra 'n vraag en moontlike antwoorde vertoon word.

          Skryf kode om die volgende te doen:
              As die Dien antwoord in-knoppie geklik word sonder dat 'n antwoord uit
               die lsbV4-lysblokkie geselekteer is, doen die volgende:
               o    Gebruik 'n ShowMessage-dialoogblokkie om die boodskap te vertoon:
                    'Geen antwoord is verskaf nie! Geen punte nie.'
               o    Ken die waarde van 5 aan die 'ItemIndex' van die lsbV4-lysblokkie toe.
              As 'n antwoord geselekteer en ingedien is, doen die volgende:
               o    Verkry die geselekteerde antwoord uit die lysblokkie lsbV4.
               o    Toets of die geselekteerde antwoord korrek is of nie.
               o    Gebruik 'n vertoon boodskap-dialoogblokkie om 'n geskikte boodskap
                    te vertoon.
               o    As die antwoord korrek is, inkrementeer die telling deur die waarde
                    van 1.
              Nadat al die vrae beantwoord is, gebruik 'n ShowMessage-dialoogblokkie
               om die finale telling te vertoon.

          Kode is verskaf om die lysblokkie lsbV4 onaktief te maak nadat 'n antwoord
          geselekteer is.

          Voorbeeld van afvoer as die eerste vraag korrek beantwoord is:

          Voorbeeld van afvoer as die eerste vraag nie korrek beantwoord is nie:

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
 Inligtingstegnologie/V1                     23                                    DBE/2022(2)
                                           SS/NSS

          Voorbeeld van afvoer as die Verskaf antwoord-knoppie geklik is sonder dat 'n
          antwoord geselekteer is:

          Voorbeeld van afvoer van die finale telling sodra al die vrae beantwoord is:

                                                                                                   (10)

4.3       Knoppie [4.3 – Skommel antwoorde]
          Die skommel van antwoorde is nodig om deelnemers toe te laat om dieselfde
          vrae weer te probeer beantwoord.

          Kode is verskaf om die knoppie btnV4_1 aktief te maak om toe te laat dat die
          vrae weer vertoon word nadat die antwoorde geskommel is.
          Skryf kode om die volgende te doen:
              Ruil die opsies wat as antwoorde op elke vraag voorsien is ewekansig om
               in die skikking arrVraagAntw.
              Stel die iTel-veranderlike op nul.
              Gebruik 'n ShowMessage-dialoogblokkie om 'n boodskap te vertoon wat
               aandui dat die antwoorde geskommel is.
          Voorbeeld van afvoer van die oorspronklike antwoorde vir Vraag 1:

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
    Inligtingstegnologie/V1                 24                                DBE/2022(2)
                                          SS/NSS

             Voorbeeld van afvoer van moontlike antwoorde vir Vraag 1 nadat die
             antwoorde geskommel is:

                                                                                            (12)

      Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
       in.
      Stoor jou program.
      Druk die kode indien dit vereis word.

                                                              TOTAAL AFDELING D:            30
                                                                  GROOTTOTAAL:              150

    Kopiereg voorbehou

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                       1                                    DBE/2022(2)
                                           SS/NSS

                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

DATABASISINLIGTING VIR VRAAG 2:

Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:

Tabel: tblUitstalKamers

Hierdie tabel bevat die besonderhede van die kamers waar die insekte uitgestal word.

Veldnaam                  Datatipe       Beskrywing
UitstalKamerID            Text (5)       Unieke ID vir elke uitstalkamer
MaksUitstallings          Number         Die maksimum getal insekte wat in 'n kamer
                                         geakkommodeer kan word
Kategorie         Text (30)              Die kategorie van insekte in die kamer
LewendeVoorbeelde Boolean                'n Waarde van 'true' wat aandui of die voorbeeld
                                         in die kamer lewendig is of nie

Voorbeeld van die eerste agt rekords van die tblUitstalKamers-tabel:

Tabel: tblInsekte

Hierdie tabel bevat die inligting van die insekte.

Veldnaam                  Datatipe     Beskrywing
InsekKode                 Text (5)     Unieke kode vir elke insek
WetenskaplikeNaam         Text (24)    Wetenskaplike naam van die insek
Giftig                    Boolean      Boolese waarde wat aandui of die insek giftig is of
                                       nie
Gewig                     Number       Gewig van die insek in gram
Habitat                   Text (11)    Die habitat van elke insek (sand, vars water,
                                       woestyn, berg, sout water, boswêreld, boord)
UitstalKamerID            Text (5)     Unieke ID wat die kamer aandui waarin die insek
                                       uitgestal sal word

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1                    2                                DBE/2022(2)
                                        SS/NSS

Voorbeeld van die eerste tien rekords van die tblInsekte-tabel:

LET WEL:

   Konneksiekode is verskaf.
   Die databasis is met 'n wagwoord beskerm, dus sal jy nie direkte toegang tot die
    databasis kan verkry nie.

Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit ('referential
integrity') bestaan tussen die twee tabelle in die databasis:

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2019-afr/6881c007-0025-4f7b-b5e7-02d3eb15ab1a) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2018-eng/f20968e6-cad1-4344-a27e-a4710f8d6ccc) — Information Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
